Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Die meeste mense wonder wat die geheim van gelukkig wees is, in die allesdaagse rondom hom. Jy kan nie die vreugde wat jy aan iemand anders gee deur iets mooi aan hom te sê of te doen, beleef sonder om self daardie gelukkige gevoel te ervaar nie – vandaar die spreekwoord dat dit saliger is om te gee as om te ontvang!
AFRIKA KAN SA ‘N LES LEER!
Ds A.E van den Berg
Die beoefening van homoseksualisme is in 32 van Afrika se 54 lande onwettig en met tronk- en selfs die dood strafbaar. Al word homoseksuele gedrag in sommige van die oorblywende 22 lande nie vervolg nie, word daarteen wel gediskrimineer. Talle werkgewers neem bv. nie homoseksuele mense in diens nie.
Sommige van die Afrika-lande wat homoseksualisme tot onlangs strafregtelik vervolg het, het intussen 'n ommeswaai gemaak en dit wetlik goedgekeur. Namibië het in April 2025 die jongste van hierdie omswaaiers geword.
Suid-Afrika het in November 2006 die eerste Afrika-land en die vyfde in die wêreld geword om selfde geslag huwelike te wettig en is tans die mees ondersteunende land vir LGBTQ-regte (lesbians, gays, bisexuals, transgenders and queers) ...) in Afrika (of soos president Jammeh van Gambië dit beskryf: “Leprosy, Gonorrhoea, Bacteria and Tuberculosis”.) In 11 van die Afrika lande is daar wetgewing teen diskriminerende optredes teen LGBTQ. Suid-Afrika is egter die enigste van diè lande waar sulke optredes grondwetlik vervolg kan word.
Malawi is een van die 32 Afrika lande wat geen LGBTQ optredes duld nie. In 2010 is twee homoseksuele Malawiërs tydens hul verlowing partytjie in hegtenis geneem en tronk toe gestuur. In Marokko vrees LGBTQ asiel-soekers vir vervolging en selfs die dood. Daarom waarsku sommige buitelandse toer-ondernemings homoseksuele mense wat na sekere Afrika lande reis om geen erotiese gedrag te vertoon nie.
Van die Afrika lande wat homoseksualiteit verbied, het selfs verskerpte wetgewing daarteen aangeneem. In Nigerië is die tronkstraf vir oortreders bv. na 10 jaar verhoog. In 2023 het Uganda 'n wet aangeneem wat oortreders die doodstraf op die hals kan haal. Keiser Konstantyn het al in die 4de eeu 'n klomp verwyfde priesters in Alexandrië in die openbaar tereg laat stel!.
Burundi was die eerste Afrika-land wat in die 21 ste eeu (2009) homoseksualisme tot 'n misdaad verklaar het. Dis in 2017 deur Tjad en in 2024 deur Mali gevolg. Robert Mugabe het weer so ver gegaan om homoseksualisme as 'n Europese skande te veroordeel wat glo nooit eie aan Afrika was nie maar van Europa af oorgewaai het. Navorsing het egter onweerspreeklik getoon dat homoseksualisme al eeue lank eie aan Afrika-kulture is.
Mugabe het na homoseksueles as “worse than dogs and pigs” verwys. Ironies genoeg is Canaan Banana, die eerste president van Zimbabwe, in 1997 op elf aanklagte van sodomie skuldig bevind!
President Jammeh van Gambië (1996-2019) het tydens sy ampstermyn strenger wetgewing teen homoseksualisme ingestel en gedreig om oortreders te onthoof. Daarna het hy aan oortreders 'n finale ultimatum gegee om sy land te verlaat. Op 27 September 2013 het hy in 'n toespraak aan die Verenigde Volke gesê dat alle vorms van homoseksualisme weersinswekkend is en poog om menslike bestaan te beëindig.
Jammeh het in 2014 homoseksueles goggas genoem wat net soos muskiete wat malaria veroorsaak, uitgeroei moet word. ”As far as I am concerned LGBT can only stand for Leprosy, Gonorrhoea, Bacteria and Tuberculosis. All of which are detrimental to human existence”. Jammeh het hom nie aan die daaropvolgende Westerse kritiek gesteur nie en selfs gedreig om oortreders keelaf te laat sny.
In 2023 het Uganda selfs 'n Anti-Homoseksuele Wet aangeneem wat LGBT aktiviste tronk- en selfs die doodstraf op die hals kan haal en geniet die plaaslike Amerikaanse Pinksterkerke se ondersteuning. In Ethiopië word 'n skuldigbevinding aan sulke dade tot 15 jaar tronkstraf opgelê. Die plaaslike Ortodokse kerk speel ook 'n groot rol om anti-homoseksuele gedrag in die kiem te smoor. 'n Eertydse leier, Abune Paulos, het homoseksualisme as diere gedrag veroordeel wat deeglik gestraf moet word.
Wat 'n voorbeeld is van hierdie Afrika-lande nie vir Suid-Afrika nie! God straf nie net homoseksueles nie, maar ook gemeenskappe wat hierdie gruwels laat begaan.
Paulus skryf: “...mense wat — al ken hulle die verordening van God goed, dat die wat sulke dinge doen, die dood verdien — dié dinge nie alleen self doen nie, maar ook hulle goedkeuring skenk aan die wat dit doen” (Rom.1:32).