NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Nêrens word ons verbied om te lag of versadig te wees of nuwe besittings by die ou besittings van ons voorvaders te voeg of om wyn te drink nie. Dit is weliswaar so; maar waar daar 'n oorvloed is waarin jy jou aan plesier oorgee en waarin jy kan verswelg, waarin jy jou verstand en hart met die genietinge van hierdie wêreld beskonke kan maak en altyd na nuwes kan hyg – sulke dinge is ver van die regmatige gebruik van die gawes van God.

DIE ANTICHRIS (1/3)

Ds A.E. van die Berg

En hulle het die draak aanbid wat die dier mag gegee het, en die dier aanbid en gesê: Wie is aan die dier gelyk? Wie kan teen hom oorlog voer?” (Open.13:4).

Gelowiges verskil soms oor geloofsake van mekaar. Een saak waaroor almal wel saamstem, is dat Jesus aan die einde van die tyd weer kom: “En as Ek gegaan en vir julle plek berei het, kom Ek weer en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is” (Joh.14:3). Net voordat dit gebeur, gaan 'n geweldenaar verskyn nl. die Antichris as die sigbare gestalte van Satan op aarde.

God is 'n Drie-eenheid; Vader, Seun en Heilige Gees. Satan boots dit met 'n bose trio na – die Satan, Antichris en valse profeet. Al drie is teenstanders. Satan staan God teen, die Antichris staan Jesus teen en die valse profeet die Heilige Gees teen.  

Satan is van die begin af in stryd met God en die uitslag al eeue lank aan ons bekend. “En Ek sal vyandskap stel tussen jou en die vrou, en tussen jou saad en haar saad. Hy sal jou die kop vermorsel, en jy sal hom in die hakskeen byt” (Gen.3:15).

Hierdie vyandskap loop soos 'n draad deur die geskiedenis en eindig met Jesus se wederkoms. Voordat dit gebeur, gaan die Antichris die lewe vir gelowiges ondraaglik maak. Dit gaan egter nie vir baie lank duur nie waarna Jesus hom eens en vir altyd sal vernietig “ .... hy wat die Here met die asem van sy mond sal verdelg en deur die verskyning van sy wederkoms tot niet sal maak” (2 Thess.2:8).

In Open..13 stel Johannes sy lesers aan twee rolspelers voor. Hulle tree tot en met hoofstuk 20 as handlangers van Satan op. Hulle word diere genoem omdat hulle nie na die beeld van God geskape is en dus oor geen heerlikheid beskik nie. Die see waaruit die eerste dier (die Antichris) opkom, is die simbool van die woonplek van Satan. Die Antichris beskik oor wêreldwye oppergesag en boots Jesus se dood en opstanding na. Hy verskyn stuksgewys; eers met 10 horings (simbool van sy mag) en daarna met sewe koppe (simbool van sy Satansgesag). Die 10 heerserskrone op sy kop is die simbool van sy gewaande wêreldheerskappy.

Dat daar spesifiek na sy horings verwys word, simboliseer sy strydlustigheid. Hy heers met geweld en word as die skadu-generaal van Satan se leër deur 'n propaganda-meester bygestaan –die valse profeet. Hierdie booswig sorg dat Satan wêreldwyd deur die Antichris aanbid word. Wie die Antichris aanbid, aanbid Satan!

In Open..13:3 skryf Johannes dat dit lyk asof een van sy koppe dodelik verwond is. Die Griekse woord vir verwond is dieselfde woord wat in Open.5:6 vir die Lam wat geslag is, gebruik word en 'n spottende nabootsing van Jesus se lyding en sterwe. Daarna sê Johannes dat die dodelike wond genees het; dieselfde uitdrukking wat in Open.2:8 vir Jesus wat dood was en weer lewend geword het word hier gebruik. Weer 'n nabootsing van Jesus se dood en opstanding. Soos wat gelowiges hulle oor Jesus se opstanding verwonder het, sal mense hulle aan die Antichris se herstel verwonder en hom daarna vuriger aanbid.

Satan dra 'n masker. Soos wat hy hom as 'n slang in die tuin van Eden vermom het, vermom hy hom aan die einde as 'n mens en boots Jesus as God se sigbare gestalte op aarde na.   Soos wat Jesus met die gesag wat Hy van God ontvang het, kragtig opgetree het, kry die Antichris sy krag van Satan om sterk op te tree: “En hulle het die draak aanbid wat die dier mag gegee het, en die dier aanbid en gesê: Wie is aan die dier gelyk? Wie kan teen hom oorlog voer?” (Open.13:4).

Paulus skryf aan die Thessalonisense oor twee dinge wat voor die wederkoms van Jesus gaan gebeur: “ ...want eers moet die afval kom en die mens van sonde geopenbaar word, die seun van die verderf, die teëstander wat hom verhef bo al wat God genoem word of voorwerp van aanbidding is” (2 Thess.2:3).

Eerstens vind 'n groot godsdiens verval plaas waar mense Bybelse waarhede verwerp. Tweedens sal die Antichris met groot mag verskyn. Paulus toon in 2 Thess.2 van sy kenmerke aan. Die Antichris sal 'n werklike mens wees om die opstand teen God te verpersoonlik. Hy is Satan se nabootsing van Jesus. Hy is egter vir die hel bestem en sal met God se finale oordeel met mag daarin gewerp word (Open.20:15).

Die Antichris gaan alle ware aanbidding teenstaan, in 'n nuwe tempel sit en voorgee om God te wees.   Die valse profeet help hom daarmee deur die Evangelie van verlossing met 'n valse een te vervang en miljoene mense wêreldwyd mislei. Sy optrede stem met die wil van Satan ooreen. Hy gaan die mensdom met 'n magsvertoon van allerlei opspraakwekkende tekens en wonders mislei.

Die regering van die Antichris sal ongenaakbaar en sonder sedelike standaarde wees. Hy sal vir 'n simboliese 42 maande lank regeer en teen die uitverkorenes van God oorlog voer omdat hulle iets het wat hy nooit sal hê nie nl. heiligheid. Hy weet dat hy nie die ewige dood gaan vryspring nie: “En die dier is gevange geneem, en saam met hom die valse profeet wat die tekens in sy teenwoordigheid gedoen het, waarmee hy hulle mislei het wat die merk van die dier ontvang en sy beeld aanbid het. Lewend is die twee gewerp in die vuurpoel wat met swawel brand” (Open.19:20).

Johannes sien in Open.13 dat die Antichris uit die see opkom. Behalwe dat die see die simboliese woonplek van Satan is, is dit ook die simbool van volke: “En Hy sê vir my: Die waters wat jy gesien het ... is volke en menigtes en nasies en tale” (Open.17:15). Die Bybel gebruik dikwels die beeld van bruisende waters as 'n simbool vir onstuimige volke – mensemassas wat teen God saamspan.

Die optrede van die Antichris word deur misleiding gekenmerk (Open.13:14).   Mense word maklik deur tekens en wonders betower. Satan gaan dit tot sy voordeel gebruik.   Dit gaan waarskynlik geleidelik wees sodat mense nie onraad bemerk nie. 'n Mens raak makliker aan veranderings gewoond as dit geleidelik ingewerk word.

Uit Lukas se waarskuwing in Hand.20:29,30 is dit duidelik dat daar alreeds afvallige godsdiens-sisteme in die vroeë kerk werksaam was.   Paulus was ook daarvan bewus: “Want die verborgenheid van die ongeregtigheid is al aan die werk, net totdat hy wat nou teëhou, uit die weg geruim is....” (2 Thess.2:7). Die verwarring wat in die gemeente in Thessalonika ontstaan het, was juis aan misleiding te wyte. Dwaalleraars het gemeentelede met allerlei leuens anders oor die dinge van God laat dink.

Johannes skryf in sy eerste Sendbrief: “Kinders, dit is die laaste uur; en soos julle gehoor het dat die Antichris kom, bestaan daar ook nou baie antichriste, waaruit ons weet dat dit die laaste uur is. Wie is die leuenaar, behalwe hy wat ontken dat Jesus die Christus is? Dit is die Antichris wat die Vader en die Seun loën” (1 Joh.2:18,22).

Afvalligheid bereik onder die Antichris 'n hoogtepunt. Die Babelse verwarring wat tans op die plaaslike kerklike terrein heers, is baie duidelik die begin hiervan. Die Bybel waarsku dat feitlik alle mense die rug op die waarheid gaan draai en dat God hulle sal laat begaan: “...omdat hulle die liefde tot die waarheid nie aangeneem het om gered te word nie. En daarom sal God hulle die krag van die dwaling stuur, om die leuen te glo” (2 Tess.2:11).

Wat is gelowiges se enigste verweer teen hierdie misleiding? 'n Bewustelike begeerte en soeke na die waarheid. Wie die waarheid liefhet, sal nie deur die ellende van die wetteloosheid van die laaste tyd oorval en toe-geploeg word nie. Hulle sal vasstaan totdat hulle Jesus op die wolke sien kom!

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 5433 gaste aanlyn