Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Elkeen van ons wil graag 'n groot en edel taak hier op aarde aanpak, maar dit is ons belangrikste plig om klein takies te voltooi asof hulle groot en edel is.
BROKKIES UIT DIE BOEK: POENA (8)
Geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
Minder as twee honderd meter weg van die koppie se kant, is daar ‘n plek wat minder steil is en met ‘n paar grawe grond en ‘n paar skoppe na groterige klippe wat uitsteek, nog groteres wat met ‘n grouyster of koevoet, uitgelig en afgerol word, kan hulle afry.
Met die Toyota bakkie agter die Land Cruiser gehaak, ry hulle tot in die bodem van die spruit. Jasper rem net betyds, sodat hy nie in die spaarwiel agter-aan die Land Cruiser vasry nie. Die riverbedding is ongelyk, met net sandkolle hier en daar. Boomwortels, stompe, groot klippe, jong rotse en vernouings maak die gang stadig. Die walle is gelukkig hoog genoeg dat hulle nie bang is hulle word gesien nie, selfs nie die hoë Volkswagen Syncro nie. Nadat hulle net meer as veertig minute lank gery het, wys Hannie vir Paul om stil te hou.
“Wat gaan aan?”
1837: RETIEFMANIFES
KULTUURDAGBOEK 22 JANUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Op hierdie dag in 1837 is een van die waardevolste dokumente in ons land se geskiedenis voltooi. Dit is die Retiefmanifes wat namens die emigranteboere in Hollands geskryf is, en waarin die leuens aangaande die Groot Trek, en die oorsake van en doel met die Trek vir die buitewêreld uiteengesit word. Dit is volledig in die Graham's Town Journal van 2 Februarie 1837 in Engels weergegee nadat uitdruklik om sodanige publisiteit gevra is. Al sou Piet Retief slegs hierdie skryfdaad verrig het, sou hy nog steeds histories hoog aangeslaan gewees het. Dit is immers 'n eietydse dokument wat deur 'n baie betrokke en geloofwaardige getuienis opgestel is.
Retief beweer hierin dat allerlei berigte versprei is om die Trekkers by vriend en vyand in onguns te bring. Sy Manifes moet die beeld van die Voortrekkers herstel en almal laat besef dat die Christengelowige nie sommer sy band met sy geboortegrond breek as daar nie besonder oortuigende redes daarvoor bestaan nie. Die Manifes moet ook lig werp op die voornemens ten opsigte van inboorlingstamme. Hy skryf dan verder min of meer soos volg:
BROKKIES UIT DIE BOEK: POENA (7)
083 444 7672)
Noudat hulle naby is, kan Paul die malende klompies mense sien wat naby die dorp kom. Hulle hou op ‘n afstand, wat Paul maar net kan dink buite skootafstand is. Iemand onder in die plekkie hou die spul weg van hulle af.
Terwyl Paul en Hannie sit en kyk na die klein dorpie voor hulle, gee die Land Cruiser ‘n sluk, loop weer, luier onegalig en vrek dan. Al die paneelliggies kom aan en Paul draai die sleutel. Die enjin wil vat, maar uiteindelik hou hy op, bang om die battery dood te karring. Hy klim uit en loop na die ander voertuie, wat naby hom tot stilstand kom.
“Wat nou, Paul?”
1918: SANTAM KRY NAAM
KULTUURDAGBOEK 21 JANUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Op 'n vergadering van 5 Desember 1917 in die ou Royal Hotel in Kaapstad beplan sewe manne die Afrikaner se daadwerklike toetrede tot die ekonomiese stryd en word daar besluit om 'n Afrikaanse maatskappy te stig wat alle vorme van trustwerk en versekering kan hanteer. Die betrokkenes was mnr CG Fichardt (voorsitter), WA Hofmeyr, CR Louw, PA Malan, FH Dormehl, AFJ Bennning en A MacDonald (sekretaris).
'n Voorlopige direksie word gekies en hulle aanvaar op 21 Januarie 1918 die naam Suid-Afrikaanse Nasionale Trust- en Assuransiemaatskappij Beperk (SANTAM).
'n Week later verskyn 'n gedrukte prospektus, en 200 000 aandele van R2 elk word aangebied.
TRUMP HET OORLEEF!
(Hierdie artikel is nie noodwendig die mening van die webtuiste nie maar bring mee pas gebeure inligting wat wereldwyd opspraak sal maak binne die volgende ure)
President Donald Trump se inhuldigingstoespraak was een van die bestes wat in baie jare gehoor is en Trump het homself vandag in alle opsigte oortref!
Dit was 'n oratoriese meesterstuk en die retoriek het mens aan president Abraham Lincoln herinner.
So 'n toespraak verg voorbereiding en dit was beslis die geval. So uit die vuis uit!
Soos die Amerikaners hoop die Afrikaner ook dat Amerika 'n pad van vrede en stabiliteit sal loop en ook die regering in hierdie land van ons tot orde sal roep.
Na alles die afgelope jare, veral die artikels van Mike King, is daar hoop dat die wêreld ten goede sal verander.
"God save America?" Mag die Here se wil en seën ook elke dag deur Trump vir Amerika en die ganse mensdom afgevra word in hulle werk en hulle wandel. Die hoop beskaam nie. Tyd sal leer...
DIE NUWE ERFSONDE
Anton Barnard
Een van die sentrale leerstellings van die Christelike geloof is dat die mensdom inherent boos is, en nie tot enige goed in staat is sonder eksterne hulp nie. Dit is maklik om hiermee saam te stem, veral as jy in ‘n gewelddadige land soos Suid-Afrika woon, waar 20000 mense jaarliks vermoor word en 60000 verkragtings aangemeld word, met die ware verkragtingsyfer waarskynlik vier of vyf keer groter as slegs 60000. Mens hoef ook net na kleintjies op die kleuterskool se speelgrond te kyk, en te sien hoe gemeen hulle met mekaar kan wees, om te begin vermoed dat die konsep van die erfsonde nie so ver van die kol is nie. Niemand hoef daardie kleintjies te leer om gemeen te wees nie. Dit kom van binne. Dis deel van die mensdom se aard.
BROKKIES UIT DIE BOEK: POENA (6)
Geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
‘n Onnatuurlike gevoel van rus, vrede en veiligheid het die afgelope tyd oor hulle gekom. Natuurlik het hulle konflik sover moontlik vermy en die paar mense wat hulle in die verte gesien het, het vinniger weggehardloop as wat Paul en sy mense nader gekom het. Dis hartseer as elke beweging potensiële gevaar inhou en Hannie ervaar dit so.
Nie een van hulle groep beweeg verder as tien meter van die voertuie af nie en geen kind ‘n treë as ‘n grootmens nie saamloop nie. Hulle het ook geleer dat hulle nie langer as twee dae op dieselfde plek moet bly nie en as dit nie was dat doodsgevaar om elke hoek en draai geneig het nie, sou die hele rit ‘n groot avontuur kon wees, met natuurskoon en wildlewe wat lyk asof dit uit die bosse gekruip het, waar dit die afgelope jare geskuil het. Die mak vee, soos beeste, skape en selfs perde bly op ‘n afstand en veral die Afrikaner- en Brahmaanbeeste word wild.
1831: GENL PJ JOUBERT
KULTUURDAGBOEK 20 JANUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Petrus Jacobus Joubert is op hierdie dag in 1831 op Damaskus naby Prins Albert gebore en was naas Paul Kruger die gewidste figuur in die Zuid-Afrikaansche (Transvaalse) Republiek. As kind het hy Retief se trekgeselskap met die Voortrekkers vergesel maar op 16-jarige leeftyd het hy na Transvaal getrek en hom, ná sy huwelik met Hendrina Johanna Susanna Botha op 2 April 1851, op Rusfontein in die distrik Wakkerstroom gevestig.
In die openbare lewe het hy vinnig opgang gemaak. In 1855 was hy veldkornet, in 1865 Volksraadslid ('n amp waartoe hy reeds in 1860 verkies is maar nie kon aanvaar nie omdat hy nog nie 30 jaar oud was nie); in 1873 voorsitter van die Volksraad en in 1875 selfs waarnemende staatspresident tydens pres TF Burgers se afwesigheid in Europa.
MOENIE TERUGVAL NIE!
Ds A.E van den Berg
“...julle is egter nie in die vlees nie, maar in die Gees... (Rom 8:9).
Ons land wemel van dwaallering. Messiaanse Jode is een van hulle wat baie veld onder ons regse volksgenote wen. Hulle glo dat die geloof in Jesus nie genoegsaam vir die ewige heerlikheid is nie, maar dat die Wet van Moses ook onderhou moet word. Hulle sê dat hierdie Wet nie met die kruisdood van Jesus opgeskort is nie maar eerder vernuwe is. Gevolglik moet die NT slegs vanuit 'n OT oog verstaan word. Hulle beskou die Tien Gebooie as die fondament om die Bybel te verstaan en sê dat Jesus met die Christendom nie 'n nuwe godsdiens gevestig het nie.
Die Bybel leer anders. Net soos wat die dood 'n huwelik beëindig, het Jesus die wet opgeskort. Paulus skryf in hierdie verband van Jesus: “...en die skuldbrief teen ons, wat met sy insettinge ons vyandig was, uitgedelg en weggeruim het deur dit aan die kruis vas te nael”(Kol.2:14).
1563: HEIDELBERGSE KATEGISMUS
KULTUURDAGBOEK 19 JANUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Op hierdie datum verskyn die eerste uitgawe van die Heidelbergse Kategismus. Die Kategismus het sy amptelike vorm gekry toe dit in die Kerkorde vir die Palts, wat die Keurvors op 15 November 1563 uitgevaardig het, opgeneem is.
Die vrae wat daarin voorkom is die eerste keer in die Latynse vertaling, wat reeds voor 3 April 1563 verskyn het, genommer. 'n Kort begrip is met die oog op die skoolkinders in 1576 uitgegee.
1916: ONDERWYS- KOLLEGE OUDTSHOORN
KULTUURDAGBOEK 19 JANUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die Onderwyserskollege Oudtshoorn het gegroei uit 'n afdeling vir die opleiding van kwekelingonderwyseresse aan die plaaslike Hoër Meisieskool. Op 19 Januarie 1916 het dit 'n onafhanklike inrigting geword met mej Colquhoun as eerste permanente hoof.
Die was die beskeie begin van 'n onafhanklike opleidingskool wat in die loop van meer as 60 jaar tot 'n groot onderwyserskollege gegroei het.
1874: HUGENOTE- SEMINARIE
KULTUURDAGBOEK 19 JANUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Ds Andrew Murray, wat in 1871 predikant van Wellington geword het, het 'n besondere belangstelling in die onderwys van die jeug geopenbaar. Deur sy toedoen het die Hugenote-seminarie in die dorp verrys wat op 19 Januarie 1874 formeel geopen is met plek vir 40 koshuisgangers.
Hy het as voorbeeld 'n Amerikaanse meisieskool, die Mount Holyoke Seminary, geneem en ook twee dames van die Verenigde State laat kom om in die skool behulpsaam te wees. Jong meisies uit verskillende dele van Suid-Afrika het na die skool gegaan, wat volslae Engels georiënteerd was. Dit is te begryp dat die vestiging van hierdie skool in die onmiddellike nabyheid van die kwaaiste voorstanders van Afrikaans spoedig venynige kritiek uitgelok het.
“NAASTE" EN LIBERALISME
Ons volk word al vir baie jare as’t ware onder die mite van: Jy moet alle mense liefhê, toegeploeg. Waar kom mense daaraan? Baie mense glo dat die Woord van God gelowiges oproep om alle mense deur die bank, lief te hê. God se vyande durf ek, uit eerbied vir Hom, nie liefhê nie.
Wie is my naaste? “Naaste” is nie ‘n statiese begrip nie, dit verskil van geval tot geval. Jy kan selfs in ‘n situasie kom dat ‘n wildvreemde jou naaste word soos in die gelykenis van die Barmhartige Samaritaan. Dis egter nie die reël nie.
Die vraag na wie jou naaste is, is ook nie ‘n moeilike vraag nie. Volg maar net die trappe van vergelyking: Naby, nader, naaste. Alle mense is nie ewe naby aan ons nie. Daar is mense wat nader aan jou as ander is. Niemand verwag bv. van my om ‘n ander man se vrou en kinders liewer te hê as my eie nie. God staan bo-aan my lys van verskuldigde liefde. Maar wat die aardse betref, staan my gesin bo aan. Daarna volg my geloofsgenote d.w.s my geestelike broers en susters. Dan volg my volksgenote en daarna die ander. Gesin, kerk, volk.
1869: JAMES MURRAY LOUW: OPRIGTER 1e CNO-SKOOL
KULTUURDAGBOEK 18 JANUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
James Murray Louw is op hierdie dag in 1869 op Murraysburg gebore. Hy was een van die elf kinders van ds AA Louw en Jemima Murray, dogter van ds Andrey Murray senior. Bekend is ook sy broers AA, stigter van die Masjonalandse Sending, ds AF van Stellenbosch, en die sakeman, CR.
As geagte leraar van die uitgestrekte Nederduitse Hervormde of Gereformeerde Kerk van Boksburg waar hy 41 jaar bly tot sy dood op 21 November 1939, help hy om aan hierdie kerkverband beslag te gee.
BROKKIES UIT DIE BOEK: POENA (5)
083 444 7672)
Daar is min dinge wat vir so ‘n groot anti-klimaks sorg as wanneer jy fisies en geestelik reggemaak het vir ‘n geveg en dit vind nie plaas nie. En net so maak dit nie saak hoe gehard of gesout jy is nie, maak nie saak hoeveel maal jy al voorheen in kontak met die vyand was nie, daar is altyd iets soos ‘n dwaalkoeël, ‘n skerp of stomp voorwerp wat jy nie voor begroot het nie, wanneer die geveg wel losbreek.
Diek het die rook van ver af gesien en daarheen afgedraai. Elkeen het hulle wapens weereens nagegaan en hulleself gestaal vir die geskietery wat onafwendbaar sou volg. Die riemtelegramme het hulle egter vooruitgeloop en as die Jeep naby genoeg is dat hulle dit kan eien en die voertuie wat agterna kom, spat die mense wat die padblokkade beman alle kante toe. Hulle los alles net so – die brandende buitebande, die klippe, stompe, maar ook hulle sakke met klere en ander karige besittings. As Diek-hulle naby genoeg kom, is elkeen van die makkers buite skootafstand.
1837: SLAG BY MOSEGA
KULTUURDAGBOEK 17 JANUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Ná die mislukte aanval op die Voortrekkerlaer by Vegkop het die Matebeles duisende stuks vee van die Trekkers weggevoer. Drie maande later het Hendrik Potgieter en Gerrit Maritz met 'n strafekspedisie van 107 man, en gesteun deur 'n aantal Basters en Barolongs, Silkaats op 'n verrassende wyse in sy kraal by Mosega aan die Mariko-rivier oorval, duisend stuks vee gebuit en die Matebele verder noordwaarts verdryf.
DERDEWÊRELDMENSE
"Hierdie tipe van selfvernietigende verwoesting is so eie aan die derdewêreldmens se psige. Hulle dra die gene van hul eie ondergang in hul om. Die beskawing is ‘n bitter dun vernislagie oor die meeste van hulle en kraak baie gou onder druk waarna die rou barbaar te voorskyn kom."
1.1 Botsende beskawings
Die befaamde Amerikaanse politieke wetenskaplike Samuel Huntington het ‘n paar jaar gelede gewaarsku dat konflikte in die toekoms nie soseer tussen lande nie, maar eerder tussen botsende beskawings gaan plaasvind. Beskawing is daardie bepaalde wyse waarvolgens mense en volke kragtens ‘n eie ingeburgerde waardesisteem dink en dinge doen. Huntington was doodreg. Neem Suid-Afrika as voorbeeld waar eerste- en derdewêreldbeskawings daagliks bots.
1.2 Geen onvermydelike toestand nie
Miljoene mense glo dat om 'derdewêrelds' te wees ‘n soort noodlotsvonnis is waaronder sommiges lewenslank gebuk moet gaan. Nee, dis geen onvermydelike toestand nie, maar eerder 'n sieklike mentaliteit wat mense laat glo dat hulle onder geen verpligting is om werk van dieselfde gehalte as die res van die wêreld te lewer nie. Dis vir baie ‘n gerieflike bos waaragter hulle hul traagheid en luiheid verskuil.
BROKKIES UIT DIE BOEK: POENA (4)
083 444 7672
“Ons kan nie vir altyd swerf nie. Een of ander tyd sal ons uit kos en brandstof raak, of onsself in ‘n massa vasloop wat groter is as wat ons kan hanteer.”
“Dit is so. Die probleem is waar sal ons so ‘n plek kry? By jou pa-hulle is dit relatief veilig, maar ek is nie so seker iemand gaan nie een of ander tyd daardie bamboese aan die brand gesteek kry nie. Wat dan?”
“Jong, my pa is ‘n uitgeslape ou kalant. Hy gaan hom nie so maklik laat vang nie. Jy is reg, die bamboesbos, al is dit groen en vol sap, is nie ondeurdringbaar nie en kan sekerlik uiteindelik aan die brand gesteek word, maar dit gaan nie so eenvoudig wees nie.”
1896: 1e AFRIKAANSE TAALKONGRES
KULTUURDAGBOEK 16 JANUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Op 14 Augustus 1895 is op die twintigste Jaarfees van die Genootskap van Regte Afrikaners besluit om 'n eerste Afrikaanse taalkongres te reël wat op 15 en 16 Januarie 1896 in die Paarlse stadhuis gehou is om saam te val met die twintigste verjaardag van Die Patriot. Ongeveer 100 verteenwoordigers uit alle dele van die land het vergader onder voorsitterskap van ds SJ du Toit. Prof Cachet het as eerste spreker die beginsel van 'Ons skryf soos ons praat' onderskryf, en voorgestel dat 'n tydskrif uitgegee word om die beweging te bevorder.
Talle sprekers spreek hulle op hierdie kongres uit ten gunste van Afrikaans as spreek- en skryftaal en uit hulle getuienis kan die vreugde van 'n eie taal gelees word, soos mnr P Scholtz dit saamvat: In Hollands voel hy hom nes in 'n pak klere wat te groot is; in Afrikaans voel hy tuis.
BROKKIES UIT DIE BOEK: POENA (3)
Geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
“Daar voor brand iets,” kraak die walkie-talkie.
“Ek sien dit. Wakker wees manne, ons ry nou in moontlike gevaar in.”
Die brug oor die N4 by Tambotielaan is aan al vier kante versper. Onder die brug is ‘n vragmotor skuins oor die pad na die Ooste toe getrek en aan die brand gesteek. Die ander kant is met motors toegemaak wat omgegooi is. Tussen-in, op die middelmannetjie, brand konkas en bande. Die dik, olierige rook trek in dik kolomme die lug in, waar dit deur die wind geskep word en oor die woonbuurt waai. In die gloed van die vure beweeg honderde figure. Daar is ‘n vreemde magsbewustheid in die afbrand van goed wat jy nie self kan maak nie. Sommige dans nog rond en swaai wapens in die lug, maar ander is al uitgeput van die dag se getoyi-toyi en sit-lê maar net rond. Stukke plastiek, papier, karton en leë plastiekbottels lê verstrooi tussen hulle.