Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
As jy jou bekeer, Israel (SA?), spreek die HERE, bekeer jou tot My; en as jy jou verfoeisels van my aangesig af verwyder, hoef jy nie rond te swerwe nie – Jeremia 4:1
DIEN DIE HERE MET BLYDSKAP
Hannes Ollewagen
Ps. 100:1-5
“Dien die HERE met blydskap; kom voor sy aangesig met gejubel.” (:2).
Dien die HERE met blydskap. Hierdie voorskrif behels veel meer as net ’n bietjie vrolikheid. Wanneer ons hierdie saak in die Woord van die HERE ondersoek, vind ons dat hierdie blydskap waarmee ons die HERE moet dien ons toewyding vra. Dit vereis dat die HERE vir ons werklik ’n prioriteit moet wees en dat ’n gesonde verhouding met Hom en opregte liefde vir Hom tot gevolg sal hê dat ons vreugde uit ons diensbaarheid aan Hom put. Ons diens aan Hom behoort vir ons nie ’n moeite te wees nie, maar ’n voorreg en ’n vreugde.
1839: VLUG VAN MPANDE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Mpande, halfbroer van Dingaan, het ‘n beslissende rol ter onderwerping van die Zoeloemag in 1840 gespeel. Dit was weens vrees vir Dingaan dat hy ongeveer hierdie datum met 17 000 man en 25 stuks vee suidwaarts uit Zoeloeland oor die Tugela gevlug het.
In onderhandelinge met die Volksraad in Pietermaritzburg hierna, oortuig hy die Raad op 15 Oktober 1839 van sy begeerte om in ‘n gesamentlike aanslag, Dingaan te probeer verslaan.
1914: GENL DE LA REY BETAAL MET SY LEWE
Lees volledig by Kultuurdagboek
'n Dapper Boereheld wat moes sterf omdat sy suiwer ideale nie met sy verraderlike regering s'n ooreengekom het nie. Tog interessant dat genl De la Rey se dood deur die jare afgemaak is as 'n ongeluk. Sy grootste vegprestasie is dat hy die hele oorlog onoorwonne deurgeveg het as ruitergeneraal wat in die besonder welslae behaal het met sy beroemde stormjaagtaktiek, met die skande dat hy elf jaar later deur sy eie lafhartige mense van agter doodgeskiet word - swakkelinge wat die moord dan nog ook afgemaak het as 'n "ongeluk".
Genl. De la Rey het republikein gebly, en dit het hom in stryd met die regering gebring toe dié besluit het om aan die Eerste Wêreldoorlog deel te neem – 'n feit wat eindelik sy lewe gekos het - lees die volledige gebeure by Wie is die skuldiges
Op 15 September reis genl. Jacobus Hercules (Koos) de la Rey en genl. C.F. Beyers per motor na Potchefstroom. Hulle was oppad na Kemp, bevelvoerder van die militêre kamp daar, wat gereed was om teen die Regering op te tree uit weerstand teen die skandelike Botha-regering se deelname aan die Eerste Wêreldoorlog.
1910: EERSTE SA VOLKSRAAD- VERKIESING
KULTUURDAGBOEK 15 SEPTEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die Unie van Suid-Afrika het drie en 'n halwe maand bestaan voordat die eerste Volksraadverkiesing op 15 Septmber 1910 gehou is. Ondanks die Premier, genl Louis Botha, se beleid van konsolidasie, het Engelsman en Afrikaner die verkiesing met wedersydse wantroue tegemoetgegaan.
Terwyl die ultra-Engelse hulle binne die Unionisteparty kon uitleef en die breër lae van albei taalgroepe 'n tuiste in die Suid-Afrikaanse Arbeidersparty kon vind, was daar nog geen sentrale party vir die Afrikaners nie. Die Afrikanerpartye van die verskillende provinsies het egter saamgewerk.
1862: BLOEDSTRAAT, PRETORIA, KRY SY NAAM
KULTUURDAGBOEK 14 SEPTEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Op hierdie dag, 'n Sondagoggend, is Jacobus du Toit, seun van die bekende landdros Af du Toit van Pretoria en die kêrel van Stephina Maria Aletta Schoeman, dogter van kmdt-genl SJ Schoeman, gewond. Die voorval het aan Bloedstraat in Pretoria sy naam besorg waar dit plaasgevind het.
Die jong Du Toit is deur sy moeder met 'n boodskap na mev Stephanus Schoeman gestuur maar oppad daarheen is hy deur burgers onder Jacob Malan voorgekeer. Dit was in die dae van ernstige broedertwis in Transvaal en daar is menigmaal sonder oorleg opgetree.
1795: KAAP DEUR ENGELAND INGENEEM
KULTUURDAGBOEK 14 SEPTEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Na hulle maklike oorwinning by Muizenberg op 7 Augustus 1795, hoofsaaklik vanweë die lafhartige optrede van lt.-kol C.M.W. de Lille en ‘n aantal van sy gereelde soldate, het genl. J.H. Craig op 14 September 1795 die Kaap weer aangeval en dit sonder slag of stoot verower. Op 15 September is ‘n wapenstilstand met die oog op onderhandelings toegestaan, en op 16 September 1795 is ‘n ooreenkoms gesluit, wat onder meer die terugsending van die Nederlandse soldate, die behoud van die Vryburgers se regte, ensovoorts, bepaal het. Roemloos was die wyse waarop die Kaapse volksplanting in die hande van Brittanje oorgegaan het.
MOENIE WEGDRYF NIE!
Ds A.E. van den Berg
"Daarom moet ons des te meer ag gee op wat ons gehoor het, dat ons nie miskien wegdrywe nie" (Hebr 2:1).
Ons weet nie wie Hebreërs geskryf het nie. Al wat seker is, is dat hy 'n diep gelowige was en uiters besorg oor dinge wat in die vroeë kerk verkeerd geloop het. Daarom rig hy die brief aan die Joodse leiers van die jong Christen-kerk en word dit Hebreërs genoem. Hy herinner die kerk aan die twee groot redes vir haar ontstaan (i) om bekeringsboodskappe aan ongelowiges te bring en (ii) om gelowiges geestelik op te bou en dwaaleer te bestry. Die kerk het dus 'n taak na binne en na buite.
1932: UNIVERSITEIT PRETORIA WORD AFRIKAANS
KULTUURDAGBOEK 13 SEPTEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
"Omdat die Afrikaner die vyand van die geldmag, die liberalisme en die kommunisme is moet ook sy taal veral by opgroeiende jongmense in die modder vertrap word en duur dit nie lank voordat die vyand so 'n volk en sy land volkome in sy mag het nie – soos dit in Suid-Afrika gebeur het."
Met die ontstaan van die Transvaalse Universiteitskollege, waaruit die Universiteit van Pretoria in 1930 sou groei, was taal-en mediumkwessies nie ter sprake nie en vir alle praktiese doeleindes was die inrigting eentalig Engels. Dat hierdie inrigting, gesetel in 'n oorwegend Afrikaanse stad veral nadat die Universiteit van die Witwatersrand vanaf 1921 'n suiwer Engelse koers ingeslaan het die belange van die Afrikaner sou dien was haas vanselfsprekend, maar is nie geredelik so aanvaar nie.
Afrikanerambisies waarvan die eerste tekens reeds in die vroeë twintigerjare waarneembaar was, is deur jingo-elemente in en om Pretoria met venyn teengestaan, maar het tog tot die sogenaamde vyftig-vyftig-beleid gelei.
1900: PRESIDENT KRUGER EN KONINGIN WILHELMINA
Lees volledig by Kultuurdagboek
Koningin Wilhelmina van die Nederlande het die goedgesindheid van haar land teenoor die Boererepublieke gedemonstreer toe sy op 13 September 1900 gemagtig het dat die pantserskip Gelderland ter beskikking van Pres. Kruger en sy geselskap vir hul reis na Europa gestel word.
Op 20 Oktober het die Staatspresident in Delagoabaai aan boord van die Gelderland na Marseille vertrek. By sy aankoms in Den Haag het die voorsitters van albei Kamers van die Staten-Generaal op 7 Desember hom ‘n verwelkomingsadres aangebied, en die volgende dag het die Koningin die President ontvang. In haar briefwisseling met koningin Victoria het Wilhelmina haar beywer vir die beëindiging van die militêre optrede van Brittanje teen die Boererepublieke.
1963: EERSTE UITGAWE VAN 'HANDHAAF' VERSKYN
KULTUURDAGBOEK 12 SEPTEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Wanneer ons hier die geskiedenis van die tydskrif Handhaaf uitlig, is dit nie om die beuel van die FAK te blaas nie maar om te toon hoeveel pogings destyds aan die dag gelê is om Afrikanereenheid met gevolglike volksnasionalisme te bewerkstellig, pogings wat vandag meer nodig as ooit geword het indien ons weer volkseenheid wil sien, en pogings waarby ons gerus kan kersopsteek.
Die eerste amptelike tydskrif van die FAK is genoem Handhaaf, en dit kon ongetwyfeld as 'n uitstekende kultuurblad beskou word, enig in sy soort in daardie stadium. Handhaaf het vir hom 'n onmiskenbare plek in die Afrikaanse volkslewe verower.
11 SEPTEMBER 2001
AANVAL OP WÊRELDHANDELSENTRUM EN DIE PENTAGON
Deur Michael Ruppert, 'n voormalige narkotika-ondersoeker van die LAPD en intelligensiekenner.
Dit het 25 jr gelede gebeur.
Die jonger geslag van vandag is nie bewus van die historiese, sosiale en geopolitieke implikasies van die aanval op 11 September 2001 nie.
Die gebeure van 11 September het 'n deurslaggewende rol gespeel in die verandering van die aard van oorloë wat deur die VSA en NAVO gelei is.
Die wêreldwye oorlog teen terrorisme (GWOT) het ontstaan.
1964: STIGTING VAN JUNIOR RAPPORTRYERS
KULTUURDAGBOEK 11 SEPTEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
In 1959 is in Pretoria die eerste Junior Rapportryerskorps gestig. Dit is egter eers op 11 September 1964 dat die Federasie van Junior Rapportryerskorpse tot stand gekom het. Deur die jare is stelselmatig wegbeweeg van die outonomie van korpse, en in 1978 het die federale karakter plek gemaak vir ‘n lede organisasie.
Die ontstaan van die Beweging is te danke aan wyle Hennie Roux, wat die rapportryer gedagte na die inwyding van die Voortrekkermonument in 1949 wou laat voortleef in sosiale klubs of korpse. Die doelstellings van die Junior Rapportryersbeweging kan as volg saamgevat word:
1900: PAUL KRUGER LANDUIT DEUR LOURENCO MARQUES
KULTUURDAGBOEK 11 SEPTEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Op 29 Mei 1900 het Paul Kruger in die ampswoning sy vrou, Gezina, vir die laaste keer gegroet. Dieselfde aand is hy per perdewa na Eerste Fabrieke, waar die trein na Oos-Transvaal gehaal is. Die geselskap wou moontlike onsmaaklikhede op die Pretoriase stasie vermy – daarom die reëling.
Na ‘n kort verblyf op Machadodorp is Kruger na Waterval-Onder, want die koue klimaat het sy neerslagtigheid, verswakte oë en gesondheid verder aangetas. Teen vroeg-Junie het hy weer moed begin skep en sy burgers tot die stryd aangemoedig.
1965: GENOOTSKAP VAN RHODESIESE AFRIKANERS GESTIG
KULTUURDAGBOEK 11 SEPTEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Destyds het Rhodesië 'n goeie heenkome vir Blanke Afrikaners wat toe nog veilig daar kon woon, gebied. Onder bestuur van intelligente Blankes soos Ian Smith het die land ekonomies floreer en het die behoefte aan verskeie organisasies waaraan Blanke Afrikaners kon behoort vergroot. So was een daarvan Die Afrikaanse Kultuurunie van Rhodesië (AKUR) wat tientalle jare lank die Afrikaner se kultuurorganisasies en kerke in Rhodesië saamgesnoer het. Vandag is Zimbabwe ekonomies geknak deur die Swart regime van Mugabe wat 'n skrikbewind daar voer en is daar 'n handjievol Afrikaners oor wat nog nie verwilder is nie.
BROKKIES UIT DIE BOEK BELLA VOS (34)
Geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
Elke reis, maak nie saak hoe lank dit is nie, kom tot ‘n einde. Dis nou as die reisigers weet waarheen hulle op pad is en koers hou. Beide hierdie faktore is uiters belangrik. Wanneer ‘n mens egter in sirkels ry of loop, kom jy soms uit by dieselfde plek waar jy begin het.
Kundiges sal sê ‘n mens se regterbeen gee effens langer treë as jou linker een en sonder ‘n spesifieke koersaanduiding sal die deursnee mens dus in groot linksom sirkels beweeg. Dit het in baie gevalle gebeur dat so ‘n groep uiteindelik by hulle vertrekpunt terugkom na dae of selfs weke se loop.
Kris en sy groep het presies geweet waarheen hulle mik, van moderne stelsels soos GPS en elektroniese kompasse gebruik gemaak en het duisende kilometer afgelê in dieselfde tyd as wat Max en sy groep uiteindelik nie meer as twee honderd kilometer vanaf hulle vertrekpunt was nie.
1948: DUITSE OORLOGWESIES KOM IN PRETORIA AAN
KULTUURDAGBOEK 10 SEPTEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Drie en tagtig na-oorlogse Duitse wesies het op 8 September 1948 in Tafelbaai aangekom en op hierdie dag, in Pretoria. Die gedagte om na 1945 kinders uit Duitsland vir aanneming na Suid-Afrika te bring, het by mev. Nellie Liebenberg ontstaan. Dr. T.E.W. Schumann het die voorstel verder gevoer. Ander betrokkenes deur die jare was die sekretaris Schalk Botha, dr. Chris Neethling, mnr. J.C. Combrink, dr. J.C. Kriek en dr. Vera Bührmann. In Duitsland was dit Wilhelm Käber. Die bedoeling was om geld in te samel en dan soveel en so gou as moontlik Duitse wesies na Suid-Afrika te bring, ten einde die ellende in Duitsland te verlig en om die Afrikanervolk se getalle te vermeerder.
BROKKIES UIT DIE BOEK BELLA VOS (33)
Geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
In 1859 het ene Austin 24 mak Europese hase (konyne) ingevoer Australië toe as ‘n geskenk vir ‘n familielid. Dit was aanvanklik gesien as skadelose, lieftallige diertjies, wat geen negatiewe gevolge vir die reuse land sou inhou nie. Binne ‘n jaar het hierdie klompie hasies aangeteel tot meer as ‘n duisend, waarvan baie vrygelaat is, of ontsnap het.
Na ‘n paar jaar was daar honderde duisende hase, wat meer as gefloreer het op die wydgestrekte Australiese vlaktes. Sonder natuurlike vyande, wat hulle getalle in toom sou hou, soos in hulle tuistreek in Engeland en Europa, waar daar ‘n natuurlike biologiese ewewig deur die eeue ontwikkel het, het hierdie klein soogdiertjies ongebreideld aangeteel, totdat die duisende miljoene tans onbeskryflike skade nie net aan die natuurlike habitat van die wildlewe aanrig nie, maar ook aan aangeplante gewasse.
BROKKIES UIT DIE BOEK BELLA VOS (32)
Mnr Ramaphosa sê ryk lande het ‘n plig om grootskaalse hulp aan arm lande soos Suid-Afrika te gee. Die probleem is egter nie dat SA te min geld het nie, maar dat die Kaders té veel steel en wanbestuur.
Ontwikkelingshulp het in die praktyk grootliks ontaard. Daar word van arm mense in ryk lande gevat, en vir ryk politici in arm lande gegee.
Die pad na voorspoed is nie om te bedel of om ryk lande emosioneel te probeer afpers nie. Lande word nie ryk deur ontwikkelingshulp nie.
1901: DR HF VERWOERD SOU VANDAG VERJAAR
KULTUURDAGBOEK 8 SEPTEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Soos reggeaarde nasionaliste nooit die moord op dr Verwoerd op 6 September vergeet nie, sal hulle ook nie die herdenking van sy geboortedag op 8 September vergeet nie. Daarom bring ons vandag 'n kort uittreksel oor sy lewe met 'n paar fotos van hom, sy gesin en sy lewe om hierdie dag saam te herdenk.
"Pas nadat Mandela en sy terroristebende tronktoe gestuur is in 1964, het sogenaamde vryheidsvegters verklaar dat Mandela dalk nog met 'n swart kommunistiese regering Suid-Afrika eendag sou regeer. Dr Verwoerd se woorde hierop sal nog lank en hard in die aangesig van ons mense se huidige lyding onder hierdie bestel teen die kranse weergalm: 'God verhoed dit!' "
GOD - DIE GROOTSTE GOED!
Hannes Ollewagen
Ps. 16:1-11
“Ek het tot die HERE gesê: U is my Here; vir my is daar geen goed bo U nie.” (:2).
Dawid – ’n man na aan God se hart. Hy was nie sondeloos of volmaak nie. Maar hierdie man was opreg. Sy liefde vir God was nie uit voorgee of alleen die belydenis van sy lippe nie. Sy verhouding met God was opreg en daarbenewens ook vir hom belangrik. Tewens, dit was vir hom dié belangrikste verhouding in sy lewe.
Hier in Psalm 16 lees ons waar Dawid uit eie beweging ’n gedig aan God skryf. Hy wil sy liefdesverklaring aan God neerpen om uiting te gee aan sy diepe liefde wat in hom is vir God. En in hierdie gedig stel Dawid dan duidelik dat daar vir hom in hierdie lewe niks beter as God is nie.