Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Keer my asseblief HERE dat ek te vinnig leef; help my om eilande van stilte te skep waarin ek die skoonheid van elkedagse dingetjies kan inneem: die helder sonskyn, of die wolke, die groen gras en bome, die mooi voëlklanke...
JODE SE SWART MAG TEEN BLANKE BELANGE (1)
“No black man becomes a millionaire without friendship in the Jewish community.” - Minister Louis Farrakhan
In reaksie op 'n Amerikaanse basketbalspeler wat 'n onlangse film op Amazon vir die publiek aanbeveel het om te kyk – From Hebrews to Negroes, - het die Joodse CHEKA, ook bekend as die Anti-Defamation League, (ADL) – Anti-laster Liga – die speler Kyrie Irving se kop op 'n skottel geëis, wat daartoe gelei het dat die NBA (National Basket Assosiation) – Nasionale Basketbalvereniging – hom vir vyf wedstryde geskors het. Daar is ook 'n sespuntplan uitgereik wat hy moes nakom voordat Adam Silver, die Jood wat aan die hoof van die NBA was, hom sou toelaat om na die liga terug te keer.
Na veral die Tweede Wereldoorlog het die Joodse Mag 'n metode waarin die Swart Mag as stormram teen Blanke belange aangewend is, behendig ingespan. Is die nuwe verwikkelinge dalk 'n keerpunt?
VSA-VERKIESING WEER ‘N KLUG
Daar word tans ernstig besin oor die 2022-middeltermynverkiesing in Amerika. Sommige beweer dis alweer ‘n gesteelde verkiesing soos wat met die Trump/Biden-verkiesing gebeur het. Maar oor die algemeen kom die boodskap sterk deur dat die nuwe Kongres ‘n blote aanhangsel van Wall Straat is.
Die verkiesing het ‘n skerp boodskap aan die Amerikaanse volk gebring. Dat die Republikeinse en Demokratiese Partye slegs marionette vir miljardêrs en multinasionale korporasies is, is baie opsigtelik. Al wat die Biden-regime sover gedoen het was om 'n poppespel vir die publiek op te voer met gevolge wat al meer téén die burgers as vir hulle uitspeel. Daar is geen teken meer van enige besorgdheid oor die bevolking van Amerika nie, en die Grondwet en die oppergesag van die Reg is opsigtelik in 'n vlak graf begrawe.
SOOS KLEI IN SY HAND
Hannes Ollewagen
Jer. 18:1-23
“En die voorwerp wat hy besig was om te maak, het misluk – soos dit gaan met klei in die hand van die pottebakker – maar hy het daaruit weer ‘n ander voorwerp gemaak soos dit in die oë van die pottebakker reg was om dit te maak. Toe het die woord van die HERE tot my gekom en gesê: Sal ek nie soos hierdie pottebakker met julle kan maak nie, o huis van Israel? spreek die HERE. Kyk, soos klei in die hand van die pottebakker, so is julle in my hand, o huis van Israel!” (:4-6).
Jeremia gaan in opdrag van die HERE na die huis van die pottebakker. Hy sien dat hierdie pottebakker besig is om ‘n werk op die pottebakkerswiel te maak en neem die man se werk waar. En Jeremia sien hoedat hierdie werk misluk. ‘n Teleurstelling. Maar die pottebakker staak nie sy werk nie. Die pottebakker gooi nie die klei na eenkant en storm in ergernis uit nie. Die pottebakker gaan sit nie op ‘n hopie en kry homself die res van die dag jammer nie. Die pottebakker ken sy lees. Dit is hoe dit gaan. Die klei werk nie altyd saam nie. Maar die oplossing is dan om die mislukte werk van voor te begin en te probeer om ‘n ander voorwerp daaruit te maak soos wat dit in die pottebakker se oë reg is. Ja, die pottebakker weet presies wat om met hierdie misvormde stuk klei, hierdie mislukte voorwerp te doen.
GOEIE LEWENS RED GEEN MENS
Ds A.E. van den Berg
“... Menere, wat moet ek doen om gered te word?Toe sê hulle: Glo in die Here Jesus Christus en jy sal gered word....” (Hand.16:30,31).
“En ek het die dode, klein en groot, voor God sien staan, en die boeke is geopen; en 'n ander boek, die boek van die lewe, is geopen... En as dit bevind is dat iemand nie opgeskryf was in die boek van die lewe nie, is hy in die poel van vuur gewerp” (Openb.20:12,15).
Omdat die lewe relatief kort is, smag elke eerbare mens na ʼn goeie lewe wat met goeie dade gevul is. Goeie dade verskaf lewensvreugde maar slegte dade nie, vra maar vir enige gevangene! Goeie dade maak die lewe vir onsself sowel as vir ander mense beter, ongeag of ons ’n vragmotor of ʼn besigheid bestuur.
Maar, wat is die heel beste ding wat jy vir jouself kan doen? Om sekerheid van ʼn ewige saligheid na jou dood te verkry terwyl jy leef. Hoe kry jy dit? Moet jy iets doen om hierdie saligheid te beërwe? Die tronkbewaarder van Filippi vra: “Menere, wat moet ek doen om gered te word?”
ONS IS LIEFDE AAN MEKAAR VERSKULDIG
Hannes Ollewagen
Rom. 13:8-14
“WEES aan niemand iets skuldig nie, behalwe om mekaar lief te hê; want hy wat 'n ander liefhet, het die wet vervul.Want dít: Jy mag nie egbreek nie, jy mag nie doodslaan nie, jy mag nie steel nie, jy mag geen valse getuienis gee nie, jy mag nie begeer nie, en watter ander gebod ook al, word in hierdie woord saamgevat: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.Die liefde doen die naaste geen kwaad nie; daarom is die liefde die vervulling van die wet.” (:8-10).
Ek dink dat die meeste van ons nie daarvan hou om aan ‘n ander iets te skuld nie. Dit is vir die meeste van ons hinderlik. Dit is iets waaraan ons gereeld dink. Daar kan so maklik iets onvoorsiens gebeur en dan kan ek nie die skuld betaal nie. En wat ‘n verleentheid sal dit nie wees nie! Hoe sal ek weer die ander party in die oë kan kyk? Ons word dan ook uit Rom. 13:8 aangeraai om nie aan ‘n ander iets te skuld nie, want dit kan so maklik verhoudings versuur wanneer ons nie hierdie skuld kan betaal nie. Daar word egter ‘n enkel uitsondering in Romeine 13 gemaak. En hierdie uitsondering is dat ons liefde aan mekaar verskuldig is. En wanneer ons mooi daaroor dink, besef ons dat verhoudings ook baie skade ly wanneer ons nie hierdie skuld (van liefde) aan mekaar betaal nie.
AFRIKANERVOLK, VAN WÁÁR; EN WAARHEEN?
Wat het geword van die Afrikaner se volksbewussyn? Is ons weer terug by die kwelvraag wat vader Kestell byna ‘n eeu gelede opgehaal het, toe hy opgemerk het hoe die Afirkanerkind al hoe verder van sy volk se kultuur en geskiedenis gedryf is? Wat staan die Afrikaner te doen om weer die nasionalistiese volksbewussyn by die volgende geslag wakker te maak of op te skerp?
Mnr. Christi Hough gee meer perspektief hieroor in hierdie artikel.
Psalm 127 - “As die HERE die huis nie bou nie, tevergeefs werk die wat daaraan bou.”
Wie is die Boere-Afrikanervolk --algemeen verwys na as die Afrikanervolk? Dis 'n blanke bevolkingsgroep aan die suidpunt van Afrika wat saamgesnoer word deur hul:
* Protestantse Christelike geloof in een ware Drie-enige God
* Liefdevolle instandhouding van hul taal --Afrikaans
* Eendragtige nasionalistiese vryheidstrewe na 'n eie Vaderland
OORLOGVERKLARING
Nehawu het Dinsdag werkers buite die PSCBC (Staatsdiens Koördinerende Bedingingsraad) toegespreek en gesê vakbondleiers sal vergader om 'n pad vorentoe te beplan vir stakingsaksies, wat voortgesette middagete-optogte, wegbly, optogte en uiteindelik 'n nasionale stilstand van openbare dienste sal insluit.
"Ons gaan nie na 'n piekniek nie, ons gaan oorlog toe," het vakbondleiers gesê. "Ons kan nie stop nie, ons gaan vir 'n groot oorlog – groter as wat nog ooit in die staatsdiens gesien is."
“Deur die land is die werkers gereed. Hulle het gedink dat ons môre 'n staking aankondig – maar ons moet dit noukeurig doen – ons moet dit behoorlik doen. Ons moet seker maak dat wanneer ons begin ... ons hard slaan en dat die werkgewer die woede en die pyn van die werker voel.”
Vakbondleiers het gesê dat werkers sal voortgaan met middagete-optogte totdat verdere opdaterings, besonderhede en optogbevele gegee word vir "wanneer staak ons, wanneer ons wegbly en wanneer ons 'n nasionale stilstand doen."
SIT JOU SONDE VOOR CHRISTUS NEER!
Gedagtesyne aan die jaarlikse Hervormingstyd wat pas afgesluit het waarin Martin Luther destyds in 1517 sy 95 stellings aan die Roomse Kerkdeur vasgespyker het en so uiteindelik die groot deurbraak vir ons Protestantisme bewerkstellig het weg van die leuens van die Roomse Kerk, plaas ons hierdie kort gedagte van hom:
Martin Luther het by geleentheid gewaarsku dat elke mens self die keuse moet maak oor wie sy sonde moet dra: jy dra óf die sonde op jou eie skouers óf jy het dit aan Christus, die Lam van God gegee. As jy self jou sonde dra, is jy verlore, maar as dit op Christus rus, sal jy gered word.
DINK REG, LEEF REG
Ds A.E. van den Berg
“… en elke gedagte gevange neem tot die gehoorsaamheid aan Christus”
(2 Kor.10:5).
Die lewe is wat ons gedagtes daarvan maak. Dis belangrik om te weet wat gedagtes is en hoe dit werk want dan dink ʼn mens baie anders oor die lewe. Geleerdes het vasgestel dat gedagtes meer as net blote breinflitse is. Gedagtes het ʼn fisiese struktuur met ʼn chemiese uitwerking op die liggaam.
Meer as 90% van alle sielkundige probleme ontstaan in die gedagtewêreld. Ons geestelike gesondheid word deur hoe ons dink bepaal. As ons die aard van ons gedagtes verstaan, kan ons ʼn greep daarop kry en die Heilige Gees toelaat om dit ten volle te beheer.
Geleerdes sê dat die mens se brein soos ʼn woud met baie bome lyk waarop ʼn sagte chemiese reën neersif. Hierdie bome word senuselle genoem en staan dig op mekaar; 100 biljoen in elke brein! Elkeen van hulle het ongeveer 100 triljoen verbindingsrade. Indien dit losgemaak en ʼn tou daarvan gemaak kon word, sou dit maan toe en terug gespan kon word. En dit in elke brein!
JAAP MARAIS, DIE ONVERSKROKKENE
Dr Danie Theron
“A man’s method of argument is a truer index in his beliefs than his explicit profession of beliefs … Therefore, it is of first importance whether a leader has the courage to define…”
Richards Weaver, The Ethics of Rhethoric
Dit is gepas dat ons in 2022, 100 jaar na Jaap Marais se geboorte en 22 jaar na sy afsterwe, oor sy rol in ons volk se politiek besin. Die afstand wat tyd bring, bring groter objektiwiteit in ons beoordeling.
Met voormelde in gedagte plaas ek Jaap Marais steeds in dieselfde kategorie van volksleiers as Paul Kruger en Hendrik Verwoerd. Waarom dan so?
U sien, daar was veral een kwaliteit wat Jaap Marais gehad het wat hom, soos Kruger en Verwoerd, van die res onderskei het. Hy was te eniger tyd netso onverskrokke. Hy het eenvoudig vir niks teruggedeins nie. Ek dink nie ons besef aldag hoe belangrik daardie kenmerk is nie.
ENTSTOF VERWOES DIE HART VAN ALLE ONTVANGERS...
...en veroorsaak miokarditis by 1 uit 27, deur nuutste navorsing bevind.
DEUR WILL JONES
Nuwe bewyse het na vore gekom dat die mRNA COVID-19-entstowwe deur die bank die harte van alle entstofontvangers ernstig beskadig.
Die jongste bewyse kom uit navorsing in Switserland, wat verhoogde troponienvlakke gevind het – wat hartbesering aandui – by alle ingeënte mense, en hoë vlakke wat met subkliniese miokarditis geassosieer word toon.
Die amptelike standpunt oor verhoogde hartbeserings en sterftes, indien dit ooit erken word, is dat dit glo deur die virus veroorsaak word as 'n post-Covid-toestand eerder as die entstowwe.
Die kennersgroep HART (Health Advisory and Recovery Team) het egter na Australië as 'n "kontrolegroep" oor hierdie vraag gewys. HART merk op dat selfs al het Australië nie beduidende Covid gehad nie (slegs 30 000 aangemelde infeksies en 910 sterftes) voor middel 2021, het dit steeds 'n neiging in oortollige nie-Covid-sterftes wat in Junie 2021 begin het. HART merk op dat Australië “nie Covid-19 as rede gehad het om hierdie styging in sterftes en hospitaaldruk vanaf lente 2021 te blameer nie”.
OM SY NAAM TE KEN
Hannes Ollewagen
Joh. 17:1-26
“En Ek het u Naam aan hulle bekend gemaak en sal dit bekend maak, sodat die liefde waarmee U My liefgehad het, in hulle kan wees, en Ek in hulle.” (:26).
Ons weet dat daar ‘n verskil daarin is om van iemand te weet en om iemand te ken. ‘n Mens weet dalk van baie mense, maar jy ken heelwat minder mense. So weet die meeste van ons van bekende mense en wêreldleiers, maar ons ken nie regtig hierdie mense nie. Ons kan uit hul optrede afleidings van hulle maak, maar persoonlik weet ons nie eintlik iets van hulle nie. En hierdie is myns insiens van ons samelewing ook teenoor God die waarheid, geliefdes. Daar is dalk baie mense wat van Hom weet, maar baie, baie minder mense wat Hom ken.
Ek wil vra dat u mooi dink aan die woorde van Christus in Johannes 1:26. Christus stel dat Hy die Vader, God, se Naam aan sy dissipels bekend gemaak het. En ‘n mens maak mos ‘n ander se naam aan iemand bekend wanneer jy mense aan mekaar voorstel – wanneer mense mekaar ontmoet, leer ken.
DIE ANTICHRIS (4)
Ds A.E. van den Berg
“Moenie in dieselfde juk trek saam met ongelowiges nie, want watter deelge-nootskap het die geregtigheid met die ongeregtigheid, en watter gemeenskap het die lig met die duisternis? Daarom, gaan onder hulle uit en sonder julle af.... en raak nie aan wat onrein is nie....”(2 Kor.6:14,17).
Die Bybel waarsku ons dat die mensdom kort voor die wederkoms van Jesus ernstig mislei gaan word. Mense gaan leuens vir die waarheid en die waarheid vir leuens aansien, waarna geestelike afvalligheid as God se straf orkaansterkte in kerke gaan bereik. “En daarom sal God hulle die krag van die dwaling stuur, om die leuen te glo, sodat almal geoordeel kan word wat die waarheid nie geglo het nie, maar behae gehad het in die ongeregtigheid” (2 Thess.2:11,12).
Spore van dié laaste afvalligheid is reeds in kerke sigbaar. Teoloë bevraagteken toenemend sekere grondwaarhede van die Skrif en ontvang selfs toekennings vir hul dwalings! Hierdie misleiers word nie tot verantwoording opgeroep en leertug op hulle toegepas nie. En so beweeg hoofstroomkerke al hoe verder weg van die geseënde uitroepteken dat Jesus die enigste Verlosser is – na ʼn vraagteken of Hy werklik die enigste Verlosser is?
RAS-INSTINK
deur Antropoloog
Wat is Ras-Instink?
Ras-instink is die instinkte wat deur ʼn geneties verwante groep mense oorgeërf word. Dié tipe instink is dus nie die produk van individuele ervaring of kondisionering nie. Die tipe herinneringe wat by ras-instinkte ter sprake is, is ook nie herinneringe van spesifieke gebeure nie, maar wel die kollektief oorgeërfde versameling herinneringe van ʼn geneties verwante groep mense wat maak dat individue van die groep op ʼn sekere manier op sekere stimuli reageer.
Richard Semon
Die besef dat daar so iets soos ʼn ras-instink bestaan, kan teruggevoer word na die Duitse dierkundige en ewolusionêre bioloog Richard Wolfgang Semon (1859 – 1918). Hy het net soos Lamarck geglo dat die verkreë eienskappe van ʼn individu na sy nageslag oorgedra kan word.
DIE GROOT KLEIN JAKKALSIE…
Ons hoor deesdae al meer hoe ons mooi taal verwronge en verniel word. Mens hoor bykans nooit meer een sin wat nie vol Engelse en verdraaide Afrikaanse woorde is nie – dit by oud en jonk, en almal Afrikaners! Maar hiervoor is daar 'n spesifieke rede en ons volksvyande sit vierkantig hieragter: verdeeldheid in 'n volk het dikwels in ons geskiedenis ook ons taal op meer as een manier skade aangedoen; daarby het ons volksvyande die insig om te weet as hulle ons taal van ons vervreem, vernietig hulle ons identiteit, so verloor ons ons trots, en só is ons 'n oorwonne volk met geen toekoms. Die teenoorgestelde ook waar: deur alle tye wanneer sterk nasionalisme sigbaar was het dit Afrikaans op meer as een manier bevoordeel. En tans toon ons allesbehalwe 'n sterk nasionalisme en trots op ons eie.
In ons geskiedenis is talle voorbeelde van tye van verdeeldheid onder volksgenote wat tot die verwaarlosing van Afrikaans gelei het. Een daarvan is "De goddelose inval van Duits-Zuidwest", soos genl CF Beyers dit op 29 Oktober 1914 genoem het toe die Louis Botha-regering met die Suidwes-veldtog begin het. Baie Afrikaners was net so omgekrap oor hierdie besluit wat die regering op 10 Augustus 1914 geneem het om die Britte ter wille te wees. Die ontevredenheid was verstaanbaar want dit was maar twaalf jaar ná die Vrede van Vereeniging. Die ellende wat die Britte aan Afrikaners op eie bodem kom aanrig het in die Tweede Vryheidsoorlog van 1899 tot 1902 was selfs in ander lande met groot afkeur bespreek, soos in Holland waar die Gereformeerde leier, Abraham Kuyper, se woorde soos volg was: "Met afschuw herinnerden zij zich wat Engeland de Afrikaner Boeren hadden aangedaan."
DIE ANTICHRIS 3
Ds A.E. van den Berg
“Want baie verleiers het in die wêreld ingekom: die wat nie bely dat Jesus Christus in die vleesgekom het nie. Dit is die verleier en die Antichris”(2 Joh.7).
“... Gaan uit haar uit, my volk, sodat julle nie gemeenskap met haar sondes mag hê en van haar plae ontvang nie” (Openb.18:5).
Eeue gelede het mense in Babel ʼn toring begin bou en daarmee die godvyandige ideologie van wêreld-eenheid afgeskop. God het dit met ʼn spraakverwarring gekeer omdat Hy die mensdom apart geplaas het. Moses skryf: “Toe die Allerhoogste aan die nasies 'n erfdeel gegee het, toe Hy die mensekinders van mekaar geskei het, het Hy die grense van die volke vasgestel ...” (Deut.32:8). Paulus herhaal hierdie Skrifwaarheid in Athene: “En Hy het uit een bloed al die nasies van die mensdom gemaak om oor die hele aarde te woon, terwyl Hy vooraf bepaalde tye en die grense van hulle woonplek vasgestel het” (Hand.17:26).
VEROOTMOEDIG! GOD KOM ONS VOLK VERLOS
Adriaan Snyman vertel:
Ek en my vrou is die aand genooi na ‘n geselligheid vir die viering van mnr. PW Botha se 85ste verjaarsdag op 10 Januarie 2001 te Wilderness.
Nadat die heildronk ingestel is, het een van die gaste, ‘n Engelssprekende persoon gevra of hy ‘n gebed vir mnr. Botha kan doen. (Ek het later verneem sy naam is Sandy Gush en dat hy ‘n narkotiseur by die George-hospitaal is).
Onder sy gebed vra hy toe vir God om die Boervolk wat Hy so baie, baie liefhet by te staan en te beskerm in die tyd wat voorlê. Ná sy gebed is tee bedien en ek stap toe oor na Sandy en wou by hom weet wat hy daarmee bedoel het toe hy gevra het dat God die Boervolk wat Hy so baie, baie liefhet, moet bystaan en beskerm?
Toe vertel hy aan my die volgende verhaal:
SIEN ONS DIE WAARHEID?
Hannes Ollewagen
1 Kon. 20:38-42
“Toe vertrek die profeet en gaan die koning op die pad voorstaan; daarby maak hy homself onkenbaar met 'n verband oor sy oë. En terwyl die koning verbygaan, roep hy na die koning en sê: U dienaar het uitgetrek in die geveg; en daar kom iemand eenkant toe en bring 'n man na my en sê: Bewaak hierdie man; as hy ooit gemis word, sal jou lewe in die plek van sy lewe wees, of jy sal 'n talent silwer moet betaal. Maar onderwyl u dienaar hier en daar besig was, het hy verdwyn. Toe sê die koning van Israel vir hom: So is jou vonnis: jy het dit self bepaal. Daarop neem hy gou die verband van sy oë af weg en die koning van Israel herken hom, dat hy een van die profete was. En hy sê vir hom: So spreek die Here: Omdat jy die man wat deur my banvloek getref was, uit die hand laat gaan het, daarom sal jou siel in die plek van sy siel en jou volk in die plek van sy volk wees. En die koning van Israel het na sy huis getrek, verbitterd en toornig, en hy het in Samaría aangekom.”
RUSSE BEREI VOOR VIR WOIII
RUSSE KANSELLEER SELFS NUWEJAARVIERING
Die Russe het besluit om die komende Oujaar- en Nuwejaarvieringe te kanselleer. Dit kom na aanleiding van die voortslepende oorlog tussen Moskou en Kiev, en veral die voorbereiding van moontlike uitgebreide oorlog teen lande soos Amerika.
Fondse wat vir die wintervakansiefeeste gereserveer word, gaan gebruik word om soldate en hul gesinne te ondersteun. Plaaslike amptenare sal verkies om die fondse toe te wys aan mense wat by die Russiese Weermag aansluit as deel van die voortgesette mobilisering. Die mans sal glo beter toegerus word as wat dit verwag word onder gewone voorsieningstandaarde.
Op 21 September het die Russiese president Vladimir Poetin 'n gedeeltelike mobilisering verklaar, met die doel om sowat 200 000 reserviste te werf om deel te neem aan die voortslepende militêre konflik met die Oekraïne, wat einde Februarie begin het. Meer as 300 000 soldate het teen 4 Oktober by die Russiese weermag aangesluit as deel van die mobiliseringspoging.
Die Russiese ministerie van verdediging het dit sedertdien duidelik gemaak dat die mobilisering vir diegene wat in die weermag gedien het en wat vorige gevegservaring gehad het, sowel as die nodige spesialisasies wat nodig is in die voorste linie, voorkeur sal kry. Daar word egter streng maatreëls toegepas om manlike burgers tussen 18 en 60 binne die land te hou te midde van duisende Russe wat die land begin verlaat nadat hulle besef het die Derde Wêreldoorlog is onafwendbaar.
BEDINK DIE DINGE DAARBO
Hannes Ollewagen
Matt. 16:13-23
“Van toe af het Jesus begin om sy dissipels te toon dat Hy na Jerusalem moes gaan en veel van die ouderlinge en owerpriesters en skrifgeleerdes moes ly, en gedood en op die derde dag opgewek word. Toe neem Petrus Hom opsy en begin Hom bestraf en sê: Mag God dit verhoed, Here, dit sal U nooit oorkom nie! Maar Hy het omgedraai en vir Petrus gesê: Gaan weg agter My, Satan! Jy is vir My ‘n struikelblok, omdat jy nie die dinge van God bedink nie, maar die dinge van die mense.” (:21
Die Woorde van onse Here Jesus Christus teenoor Petrus was baie sterk. Die aanspreekvorm wat Christus teenoor Petrus gebruik in hierdie situasie val ‘n mens beslis op. Dit is dalk selfs iets waaroor baie van ons wonder. Petrus is dan ‘n dissipel van Jesus – hoe noem hy hom Satan?