NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Lees vooraf Matt 24 : 1-31 oor die tekens van die eindtyd. "En leer van die vyeboom hierdie gelykenis: Wanneer sy tak al sag word en sy blare uitbot, weet julle dat die somer naby is. So weet julle ook, wanneer julle al hierdie dinge sien, dat dit naby is, voor die deur."

WAAROM ONS KERSFEES OP 25 DESEMBER VIER

Is 25 Desember werklik die geboortedag van Jesus of kom dit uit die heidendom soos sommige kritici beweer?   Die antwoord op beide die vrae is nee; 25 Desember is nie die werklike geboortedag van Jesus nie.  Dit kom egter nie uit die heidendom nie.   Wat wel waar is, is dat 25 Desember sedert die vierde eeu nC die Christelike kerk se feesdag is waarop Jesus se geboorte gevier word.   Let wel: sy geboorte en nie sy geboortedag nie!

Dat Jesus se geboorte op of naby aan 25 Desember geskied het, is ’n baie sterk moontlikheid.   Die vroeë kerk het aan die hand van ou Joodse geskrifte die tyd van Sagaria se diensbeurt in die tempel uitgewerk.  Dit was glo in September van daardie jaar.  In daardie tyd het ’n engel aan hom verskyn en van Johannes (die Doper) se komende geboorte verwittig.    Werk dit ’n bietjie uit - Elizabeth was ses maande swanger toe ’n engel Maria oor Jesus se komende geboorte ingelig het.   Dit was dus in Maart.   Die kerk het hierdie datum op 25 Maart bereken.   Die geboorte van Jesus was nege maande later – 25 Desember.

Daar is talle besware teen hierdie datum.   Desember is winter in die Noordelike Halfrond en herders sou kwansuis nie tydens die koue in die veld wees nie.   Dis moontlik.  Tog moet daar rekening gehou word dat skape die heel jaar by die tempel geslag is, hoofsaaklik skape wat in Betlehem (naby Jerusalem) aangehou is.   Daarom kon dit in Desember gewees het.

Uit ou geskrifte is dit duidelik dat Kersfees nie in die vroeë kerk gevier is nie.  Dit het eers in 386 nC ’n vaste datum in die kerk geword, waarna 25 Desember oral byval gevind het. Veertien eeue later het kritici met bewerings voor die dag gekom dat Kersfees ’n heidense oorsprong het en die Roomse Kerk die skuldige een was wat ’n heidense fees verchristelik het.  Daar is hoegenaamd geen bewyse vir so ’n aantyging nie.  Gevolglik hou dit nie water nie.

Kersfeesdag kom wel na aan die winter-sonstilstand wat deur die Romeine op 26 Desember gevier is nadat dit deur ’n weeklange fees van 16-23 Desember voorafgegaan is.   In die vroeë kerklike geskrifte is daar geen aanduiding dat die kerk ’n datum van die heidene geleen of dat Kersfees die heidense fees vervang het nie.

Die kerk was egter bewus van hierdie heidense fees, maar het geglo dat die herdenking van Jesus se geboorte op 25 Desember nie blote toeval was nie, maar deur God so beskik is.   En daar was ’n goeie rede voor.  In die Noordelike halfrond het die son dan gedraai en somer-toe begin beweeg.  Die heidene het dan ’n sonfees ter ere van die onoorwinlike son gevier. Maar Wie is die ware onoorwinlike?   Jesus Christus, onse Here!   Hy is ook die Lig wat in die donker verskyn het; die Son van geregtigheid wat opgekom het.   Dit was vir die gelowiges ’n goddelike bevestiging van ’n wonderlike waarheid.

Die presiese datum van Jesus se geboorte maak regtig nie saak nie.  Christene herdenk nie sy geboortedag nie, maar sy geboorte as sulks.   Nie die dag nie, maar die wondergebeure waarvan die teksvers melding maak. “En terwyl hulle daar was, is die dae vervul dat sy moes baar”.

Die vraag is nie of ons Kersfees mag vier nie, maar hoe gelowiges dit moet vier.  Kersfees is ’n tyd van welwillendheid; ’n tyd van gee.  God het gegee; ons moet ook gee.  Daarom gee ons geskenke.  Ongelukkig het dit wat heilig is ’n handelsfees geword - mense word met hoë pryse uitgebuit.  Om te voorkom dat Kersfees heidene aanstoot gee, word eerder van die Festive Season gepraat.

Kersfees gaan oor God se liefde. “Want so lief het God die wêreld gehad dat Hy sy enigste Seun gegee het….” (Joh.3:16).   Dit wat God in Christus kom doen het, is die ewige maatstaf van wat liefde is.  Vier Jesus se geboorte deur liefde te bewys. Ons het mekaar lief omdat ons God liefhet.   Daarom is dit lekker om as familie by mekaar te kom en iets spesiaal vir mekaar te doen. Kersfees is die geleentheid vir getuienis van Christus se geboorte wêreldwyd. Daarom bly Christene dit wêreldwyd vier.   Almal moet weet dat die Verlosser gebore is.

Dit is ook hiermee ons wens dat Geloftelandlesers hierdie Kersfees rondom Christus sal vier, omring van geliefdes wat saam die vreugde van Christus se geboorte en ons redding deel. 

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld Onskuldige bloed: Britse oorlogsmisdade 1899-1902, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2451 gaste aanlyn