NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Geloof is nie die gevolg of die rede vir die uitverkiesing nie, maar die BEWYS daarvan dat ons weet God het ons uitverkies tot die ewige lewe.

HOE HET JESUS GELYK?

Ds A.E. van den Berg

“ .... Hy het geen gestalte of heerlikheid gehad, dat ons Hom sou aansien nie, en geen voorkoms, dat ons Hom sou begeer nie”(Jes.53:2). 

Het jy al gewonder hoe Jesus gelyk het? Kunstenaars het deur die eeue slegs uitbeeldings van Hom gemaak omdat niemand weet hoe Hy op die aarde gelyk het nie.   Het Hy lang hare gehad en ʼn lang wit kleed gedra soos wat dikwels uitgebeeld word|? Het Hy ʼn baard gedra of anders as die Jode van sy tyd gelyk?   Niemand weet nie.

Een van die oudstes voorstellings van Jesus is ʼn mosaïek in ʼn kerk in Rome wat uit 410nC dateer. Dit het egter eeue geneem om ʼn standaard uitbeelding van Jesus te vestig. Die meeste van hierdie voorstellings toon etniese eienskappe van die kultuur waarin dit geskep is. ʼn Ethiopiese voorstelling van Jesus toon Hom bv. as ʼn donkerkleurige aan.

Die voorstelling van Jesus met ʼn vol baard en lang hare het teen 300 nC vorm begin aanneem en was teen die sesde eeu ʼn redelike standaard voorstelling. Die heel oudste afbeelding van Jesus kom egter uit Sirië en dateer uit 235nC. Dit beeld Jesus weer as ʼn jong baardlose persoon met aristokratiese gelaatstrekke.

Talle vroeë voorstellings van Jesus beeld Hom as ʼn baba in sy moeder se arms uit.   Dis almal Rooms en dui op die Babiloniese karakter van die Roomse Kerk. So ook die stralekrans bokant die kop wat die songod simboliseer.

Die Jode het geen afbeeldings van God in hul tempels of sinagoges toegelaat nie. Die tweede gebod het dit verbied. Dit was ook vir die vroeë Christenkerk taboe totdat die Roomse Kerk die kerktoneel met duisende beelde, fresko’s en skilderye besmet het.  

Kerkvaders soos Irenaeus, Clemens van Alexandria en Eusebius van Cesarea het in die vroeë kerk sterk standpunt teen enige afbeeldings van Jesus ingeneem. Tydens die Sinode van Elvira (306nC) is daar ook besluit dat geen skilderye of beelde van watter aard in kerke aangebring mag word nie.

Die Roomse Kerk was die eerste oortreders van hierdie beeldeverbod waarna afbeeldinge van Jesus oorhand toegeneem het. Daarom was die Hervorming ʼn vars bries in ʼn baie bedompige kamer en Protestante se teenstand teen hierdie afbeeldings ʼn regstellende optrede in kerkgeledere.

Die Nuwe Testament sê niks oor Jesus se voorkoms nie.   Voorstellings van Hom met lang hare is geensins korrek nie omdat die Jode van sy tyd nie lang hare gedra het nie.   Paulus skryf: Of leer ook die natuur self julle nie dat as ’n man lang hare dra, dit vir hom’n oneer is nie” (1 Kor.11:14). Die Bybel sê ook dat Jesus ʼn skrynwerker van beroep was en lang hare dus in die pad van so ʼn man se werk sou wees.

Jesus moes betreklik sterk gewees het omdat skrynwerk goeie liggaamskrag geverg het. Hy was beslis nie effe verfynd soos wat sommige kunstenaars Hom voorstel nie. Skrynwerkers het destyds nie net met hout gewerk nie maar ook met klip. Hulle het oor geen kraggereedskap beskik nie en moes alles met primitiewe handgereedkap en liggaamskrag gedoen het.

Die hout waarmee destyds gewerk is, was ook baie anders as dié van vandag. Dit was baie growwer en moes met handgereedskap in werkbare formaat opgesaag word. Dit moes ook vooraf ontbas en tydsaam afgeskuur word.   Skrynwerkers het dikwels meer met klip as met hout gewerk. Hierdie klippe was groot en is met beitels in die verlangse vorms afgewerk.   Gevolglik het dit elke deel van fisiese inspanning geverg. Jesus sou dit net kon doen indien Hy die nodige liggaamsvermoëns gehad het.

Daarbenewens het Jesus nie anders as die Jode van sy tyd gelyk nie. Die Evangelies meld dat Hy telkens tussen die skare verdwyn het en dat die kerklui wat na Hom gesoek het, Hom nie kon kry nie omdat Hy soos die mense van sy tyd gelyk het. Indien Hy lang hare en ʼn vloeiende wit kleed gedra het, sou Hy baie meer opsigtelik gewees het.  

Maar hy wat gesond geword het, het nie geweet wie dit was nie; want Jesus het Hom verwyder, omdat daar ’n skare op die plek was” (Joh.5:13).

“ ...en hulle het opgestaan en Hom uit die stad uitgedryf en Hom gebring tot op die rand van die berg ... om Hom van die krans af te gooi. Maar Hy het tussen hulle deur geloop en weggegaan” (Luk.4:29,30).

“.... toe het Hy ook opgegaan na die fees, nie openlik nie, maar in die geheim. En die Jode het Hom op die fees gesoek en gesê: Waar is Hy?” (Joh.7:10,11).

“En die pasga van die Jode was naby; en baie het uit dié landstreek na Jerusalem opgegaan voor die pasga om hulle te reinig.   En hulle het Jesus gesoek; en terwyl hulle in die tempel staan, sê hulle vir mekaar: Wat dink julle, sal Hy nie na die fees kom nie?” (Joh.11:55,56).

Jesus het soos die meeste Jode van daardie tyd waarskynlik ʼn baard gedra. Dit het Hom allermins opsigtelik tussen ʼn skare gemaak. Jesaja profeteer dat Jesus sonder fisiese aansien sou wees.

“ ... Hy het geen gestalte of heerlikheid gehad, dat ons Hom sou aansien nie, en geen voorkoms, dat ons Hom sou begeer nie” (Jes.53:2).

Die woord begeer beteken hier dat Hy nie opvallend aantreklik was nie. Hy sou by baie van vandag se vooraanstaande evangeliste met hul glansvoorkoms afgesteek het!   Hy het soos ʼn doodgewone Jood gelyk. Daarom sê die Bybel niks oor sy voorkoms nie want dit was onbelangrik.

Alhoewel ons nie weet hoe Jesus op die aarde gelyk het nie, weet ons wel hoe Hy in die hemel lyk. Johannes het soos ʼn dooie aan sy voete neergeval:

Toe draai ek my om, om te sien watter stem met my gespreek het; en toe ek my omgedraai het, sien ek sewe goue kandelaars, en tussen die sewe kandelaars Een soos die Seun van die mens met ’n kleed aan wat tot op die voete hang, en gegord om die bors met ’n goue gordel. Sy hoof en hare was wit soos wit wol, soos sneeu, en sy oë soos ’n vuurvlam, en sy voete soos blink koper wat gloei soos in ’n oond, en sy stem soos die stem van baie waters. En in sy regterhand het Hy sewe sterre gehou, en ’n skerp tweesnydende swaard het uit sy mond uitgegaan, en sy aangesig was soos die son wat skyn in sy krag. En toe ek Hom sien, val ek soos ’n dooie aan sy voete; en Hy het sy regterhand op my gelê en vir my gesê: Moenie vrees nie; Ek is die eerste en die laaste en die lewende; en Ek was dood en kyk, Ek leef tot in alle ewigheid. Amen. En Ek het die sleutels van die doderyk en van die dood” (Openb.1:12-18).

Dit sluit by Paulus se beskrywing van Hom aan: “En toe hy op sy reis naby Damaskus kom, omstraal hom skielik ’n lig van die hemel af; en hy val op die grond en hoor ’n stem vir hom sê: Saul, Saul, waarom vervolg jy My? En hy sê: Wie is U, Here? En die Here antwoord: Ek is Jesus wat jy vervolg” (Hand.9).

Dit maak nie saak hoe Jesus op die aarde gelyk het nie. Al wat saak maak, is dat daar wel ʼn dag gaan aanbreek dat almal Hom gaan sien – of as Verlosser of as Regter! “En ek het ’n groot wit troon gesien en Hom wat daarop sit, voor wie se aangesig die aarde en die hemel weggevlug het; en daar is geen plek vir hulle gevind nie. En ek het die dode, klein en groot, voor God sien staan, en die boeke is geopen.... En die dode is geoordeel na wat in die boeke geskryf is, volgens hulle werke” (Openb.20:11.12).   Die vraag is nie hoe Jesus gelyk het nie maar hoe jy vir Hom lyk? Skoongewas in sy bloed of vuil van sonde?

Opsoek na inligting?

  • ‘n Nuwe boek deur doktor Mike du Toit het op die rak verskyn getiteld:

    ‘N ORGANIESE, EKONOMIESE EN POLITIEKE BESTEL

    VIR ‘N TOEKOMSTIGE AFRIKANERVOLKSTAAT

    Na Du Toit se oordeel het die kapitalisme en demokrasie ernstige tekortkominge en funksioneer dit tot nadeel van alle volkere wat wens om as organiese eenhede met ʼn eie identiteit te bestaan. Hierdie tekortkominge word in die boek uitgewys. Die kapitalisme en demokrasie berus op die liberale lewensbeskouing. As alternatief tot die liberalisme stel Du Toit die organiese lewensbeskouing. Lees alles wat u daaroor wil weet by hierdie skakel NUWE BOEK DEUR DR MIKE DU TOIT

    ______________

    UBUNTU; Herbedink

    Die gonswoord van 'n dekade of wat gelede, nl 'Ubuntu', het 'n mens nuuskierig gemaak. Wat sou die mooiklinkende woord: 'u-bun-tu' wat blykbaar oornag groot handelswaarde ontwikkel het, werklik beteken? Nadat Desmond Tutu in 'n videosnit die betekenis verduidelik het as:'I am because we are' en Bill Clinton daarop probeer verbeter het met: 'I am because you are', kon dit nie anders nie. Dié saak moes ondersoek word.

    Na 'n ompad deur Afrika en selfs die antieke geskiedenis, is weer in die eie tyd, by uitsprake van Mbeki, Tutu, Steve Biko en andere uitgekom. Daarna is na Ubuntu en die wêreldpolitiek gekyk, maar ook na 'n ubuntuplan en ekonomiese seifbeskikking met die oog op oorlewing.

    Die skrywer, Tobie Hart, slaag met hierdie werk om die leser te boei met aktuele inligting wat elkeen raak. Ook die voorblad, met reënboog en standbeeld praat met die leser.

    Die boek, teen R260-00 per harde kopie kan bestel word by: Groep 7 Drukkers Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..         Die boek is ook in Engels beskikbaar as Ubuntu: Re-invented

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 749 gaste aanlyn