Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Mense verrig geen boosheid so gelate as wanneer dit uit godsdienstige oortuiging gedoen word nie. Kyk maar net na die afwaartse spiraal die afgelope 20 jaar omdat kerke gehelp het om van die Christen grondwet aan die suidpunt van Afrika ontslae te raak!
STRYD IS LEWE (1)
JA Marais
Lees volledig by Stryd is lewe
Nasie en ras
Die Afrikanervolk het nie net die reg om te diskrimineer ten einde te beskerm wat hy het en wat hy is nie — Vaderland, Afrikanerskap, Christenskap, Witmanskap — maar ook die plig teenoor dié wat vooruitgegaan en 'n Blank Suid-Afrika nagelaat het, en ook vir dié wat later sal kom.
Die mens word nie as enkeling gebore nie, maar as lid van ‘n volk, en sy gebondenheid aan die volk is nie 'n kwessie van keuse nie. As lid van 'n gesin en 'n familie is hy, deur bloedverwantskap, ras, tradisie, sentiment, gebruike, taal, godsdiens en geskiedenis, onvoorwaardelik ingebind in 'n verlede en 'n toekomsverwagting wat hy met al die lede van sy volk deel. Dit bepaal sy identiteit. En hierop rus sy voorkeur om te assosieer met dié wat soos hy is.
CHRISTUS HET ONS LOSGEKOOP!
Hannes Ollewagen
Gal. 3:1-29
“Christus het ons losgekoop van die vloek van die wet deur vir ons 'n vloek te word — want daar is geskrywe: Vervloek is elkeen wat aan 'n hout hang — “ (:13).
Wanneer ons Lukas 16:17 lees kan dit voorkom asof daar ‘n weerspreking in die Woord van God is. “Maar dit is makliker dat die hemel en die aarde verbygaan as dat een tittel van die wet sou val.” Terwyl dit uit hierdie gedeelte duidelik is dat nie die geringste van die wet van God sou verval nie word daar weer in Galasiërs 3 gestel dat Christus ons van die vloek van die wet vrygemaak het. En wat meer is, is dat ons in Gal. 5:4 die volgende lees: “Julle wat geregverdig wil wees deur die wet, is losgemaak van Christus; julle het van die genade verval.” Dit klink dan amper uit laasgenoemde asof dit verkeerd sou wees om die wet van God te onderhou? En dit in teenstelling met Christus se stelling in Lukas 16 wat vir ons bevestig dat die wet van God nooit irrelevant sal raak nie.
KORTNUUS
Weet u dat Nieu-Seeland pas nuwe wetgewing uitgebring het wat hulle owerheid toelaat om kinders van ouers weg te neem wat nie die gifinspuiting wou neem nie? Watter onmenslike ding om te doen! Daarmee bevestig die globaliste weer ‘n keer hoe ernstig hulle met hul duiwelsplanne is.
In Brittanje gaan dit nie veel beter nie; een van die provinsies, Oxfordshire, het besluit om hulle inwoners in sones toe te sluit kwansuis as gevolg van klimaatsveranderingredes. Dit weet ons, is ‘n verskoning vir ‘n kriminele daad. Oxfordshire County Council sê hulle doen dit om “die planeet te red van aardverwarming”! Verbeel jou dit! Hulle beplan ook om elektroniese hekke op sleutelplekke te plaas sodat inwoners binne hulle eie woongebiede moet bly.
DEMONIESE BESETTING
Wat sê die Bybel oor om demonies besete te wees? Kan mense vandag nog besete wees met bose geeste, en indien wel wat is die simptome?
Die Bybel gee voorbeelde van mense wat met bose geeste besete was, of wat beinvloed was deur bose geeste. Van hierdie voorbeelde is dit moontlik om die simptome van demoniese invloed te bepaal en ons kan ook sien hoe bose geeste mense kan beset. Hier is ‘n paar Bybelverse: Matteus 9:32-33; 12:22; 17:18; Markus 5:1-20; 7:26-30; Lukas 4:33-36; 22:3; Handelinge 16:16-18. In sommige van hierdie verse sien ons dat demoniese besetting fisiese siektes veroorsaak soos byvoorbeeld die onvermoë om te praat, epileptiese simptome, blindheid ens. In ander gevalle veroorsaak dit dat mense euwel doen soos byvoorbeeld in die geval van Judas. In Handelinge 16:16-18 voorsien die bose gees die slavin die vermoë om dinge te weet wat sy nie behoort te weet nie. Die man van Gadarenes wat besete was met baie bose geeste (legioen) het bomenslike krag gehad en het kaal tussen grafstene gebly. Koning Saul was ook deur ‘n bose gees gepla toe hy teen God gerebelleer het (1 Sameul 16:14-15; 18:10-11; 19:9-10) en dit het hom depresief gemaak met ‘n begeerte om Dawid dood te maak.
HOE HET JESUS GELYK?
Ds A.E. van den Berg
“ .... Hy het geen gestalte of heerlikheid gehad, dat ons Hom sou aansien nie, en geen voorkoms, dat ons Hom sou begeer nie”(Jes.53:2).
Het jy al gewonder hoe Jesus gelyk het? Kunstenaars het deur die eeue slegs uitbeeldings van Hom gemaak omdat niemand weet hoe Hy op die aarde gelyk het nie. Het Hy lang hare gehad en ʼn lang wit kleed gedra soos wat dikwels uitgebeeld word|? Het Hy ʼn baard gedra of anders as die Jode van sy tyd gelyk? Niemand weet nie.
Een van die oudstes voorstellings van Jesus is ʼn mosaïek in ʼn kerk in Rome wat uit 410nC dateer. Dit het egter eeue geneem om ʼn standaard uitbeelding van Jesus te vestig. Die meeste van hierdie voorstellings toon etniese eienskappe van die kultuur waarin dit geskep is. ʼn Ethiopiese voorstelling van Jesus toon Hom bv. as ʼn donkerkleurige aan.
Die voorstelling van Jesus met ʼn vol baard en lang hare het teen 300 nC vorm begin aanneem en was teen die sesde eeu ʼn redelike standaard voorstelling. Die heel oudste afbeelding van Jesus kom egter uit Sirië en dateer uit 235nC. Dit beeld Jesus weer as ʼn jong baardlose persoon met aristokratiese gelaatstrekke.
OM TE VERSOEN OF NIE? (2)
Ds A.E. van den Berg
Gelofterede 2022
Inleiding
Die meeste SA kalenders dui 16 Desember as Versoeningsdag aan; ʼn openbare vakansiedag wat soos die dag van die nag van die werklike Geloftedagverskil. Ongelukkig glo baie mense dat “Versoeningsdag”Geloftedag vervang het. Nee, dit het nie. Versoeningsdag is iets vreemd, onverteerbaar en steek soos ʼn visgraat in behoudende volksgenote se kele vas. En so sal dit bly totdat Geloftedag in ere herstel is en weer eens op al ons land se kalenders pryk.
Die ANC sou met hul ideologiese haat vir ons volk en taal Geloftedag graag in geheel wou skrap, maar het dit uit vrees vir teenstand nie gedoen nie omdat hulle goed onthou wat by Bloedrivier met getalle gebeur het! Gevolglik is net die datum behou maar die naam en inhoud van ʼn vertikale versoening met God na ʼn kunsmatige horisontale versoening met heidene afgetakel.
Hierdie kunsmatige versoening was ʼn klug soos baie duidelik uit die optrede van die omstrede Waarheid- en Versoeningskommissie geblyk het. Hul versoening was kunsmatig en eenrigtingverkeer; van blank na nie-blank en nie anders om nie. Dit was niks anders nie as ʼn heksejagkommissie wat as ʼn politieke knuppel gebruik is om ons Boerevolk met belastingbetalersgeld, wye mediadekking en kartonne vol sneesdoekies by te kom!
GELOFTEFEESREDE (1)
Aangesien ons gister heelwat op Gelofteland aangebied het, plaas ons vandag eers die twee feesredes vir diegene wat graag meer oor die gebeure by Bloedrivier wil weet.
Geloftefeesrede gelewer deur Mnr. Hendrik De Wet
Geagte Volksgenote en Vriende,
16 Desember 1838 – Geloftedag – dié dag wat 'n siel aan die Afrikanervolk gegee het, want dit was daar in die kleine laer by Bloedrivier, waar hierdie Volk gebore is, daar waar die geskiedenis die mees beslissende moment van die Volk, wat moes kom, bepaal het. Daar in daardie kleine laer, was daar 'n gees van afwagting en spanning – want buite die laer het die vyand gewag – 15 000 Zoeloes wat die 470 Voortrekkers wou oorrompel en verdelg.
Dit is dan in oomblikke soos hierdie – oomblikke waarin mense wat nie bereid is om die band met die verlede te breek nie – bymekaar kom om te ‘deel’ dit wat 'n Volk bymekaar moet hou, naamlik geloof in sy geskiedenis.
'n Volk wat nié bereid is om te leer uit die lesse wat uit sy geskiedenis na vore kom nie; 'n Volk wat hom skaam oor sy verlede, wat sy geskiedenis minag en verwerp om soos die Liberalis van ons tyd ‘sonder die sogenaamde bagasie van die verlede’ die toekoms in te gaan, is 'n Volk wat bestem is vir die ashoop van die geskiedenis.
GELOFTEDIENS 2022-12-16
Ds A.E. van den Berg
“Daarop sê die dissipel — die een vir wie Jesus liefgehad het — aan Petrus: Dit is die Here! .......“(Joh.21:7).
Al leef gelowiges as kinders van die lig, word dit soms so donker in hul lewe dat dit voel asof hulle nooit weer die lig sal sien nie. Dan gebeur iets wat die krisis omkeer, die lig weer laat skyn en hulle laat besef dat God ingegryp het.
In die tyd van die Rigters het Israel van God afvallig geraak en Hy het hulle gestraf. “Maar toe die kinders van Israel gedoen het wat verkeerd was in die oë van die Here, het die Here hulle oorgegee in die hand van die Mideaniete, sewe jaar lank” (Rigt.6:1).
Na sewe jaar het, het God vir Gideon geroep om Israel te verlos. Hy kon slegs 32,000 teenoor die Mideaniete se 135,000 man monster. Die verhaal eindig met Gideon wat met slegs 300 man die oorwinning behaal het. Vir elke Israeliet was daar 450 vyande en Israel het geweet dat dit die hand van God was!
Uit ʼn militêre oogpunt was die situasie hopeloos, maar nie met God se ingryping nie. Wat by die mens onmoontlik blyk te wees, is vir God moontlik. Die mens wik maar God beskik want Hy het die hele wêreld in sy hande.
Jare later in die tyd van Hiskia is Jerusalem deur die Assiriërs, destydse wêreldheersers, beleer. Vir drie jaar lank het 185,000 vegters die stad beleer. Niemand kon in of uitgaan nie. Geen volk was teen hulle opgewasse nie.
Gevolglik het die voedsel- en watervoorrade min en die oorlewingskrisis daagliks bedenkliker geword. Dan bid Hiskia tot God om redding: “O, Here, neig u oor en luister. Open u oë Here, en kyk....” Net Hy kon help.
Vroeg die volgende oggend merk die inwoners iets vreemd op. Hulle was so gewoond aan die Assiriërs se vroeë oggend krygsrumoer maar nou was daar geen geluid nie. Het die vyand pad gegee? En so stuur hulle verspieders om te gaan kyk. Al 185,000 krygers was nog steeds daar, maar almal dood! Wat het gebeur? “En in dieselfde nag het die engel van die Here uitgetrek en in die laer van die Assiriërs honderd-vyf-en-tagtigduisend verslaan...” (2 Kon.19:35).
Die gebeure in Joh.21 speel ʼn paar dae na die opstanding plaas. Jesus het op daardie stadium toe al aan talle van die dissipels verskyn. Die verskyning aan Thomas was van die aangrypendste. Daarna het Jesus by die See van Galilea, ongeveer 160 km, noord van Jerusalem opgedaag, waarskynlik deur die Gees daarheen verplaas soos wat ʼn paar jaar later met Filippus gebeur het toe hy na die doop van die Ethiopiese hofdienaar deur die Gees na Asdod weggevoer is.
Jesus het die dissipels by hul werkplek aangetref. Hulle was beroepsvissers en die See van Galilea hul oesland. Sewe name word genoem, waarskynlik die aantal bemanningslede wat nodig was om ʼn boot en nette te hanteer.
Die See van Galilea neem ʼn besondere plek in die Evangelies in omdat dit ook die plek was waar Jesus sy werwingswerk gedoen het. “En terwyl Jesus langs die see van Galilea loop, sien Hy twee broers, Simon wat genoem word Petrus, en Andréas, sy broer, besig om 'n net in die see uit te gooi; want hulle was vissers. En Hy sê vir hulle: Kom agter My aan, en Ek sal julle vissers van mense maak. En hulle het dadelik die nette laat staan en Hom gevolg” (Mt.4:18-20).
Die gebeure in Joh.21 sou Jesus se laaste keer aan die oewer van die See van Galilea wees. Sy dissipels was die hele nag vol hoop en verwagting vir ʼn goeie vangs op die water, maar helaas ʼn teleurstelling – geen vis nie.
Teen dagbreek was hulle al teenaan die kant - ongeveer 100 meter. Dis toe dat hulle Iemand op die oewer sien staan. Hy was honger en het kos gesoek. Toe hulle vir hom sê dat hulle niks gevang het nie, het Hy hulle gesê om die net aan die regterkant uit te gooi. So gesê so gedaan en die verrassing – 153 knewels!
Die verslae dissipels het besef dat ʼn wonderwerk voor hulle oë afspeel en Johannes wat uiter: “Dit is die Here”. Dit wat gebeur het, was buite menslike vermoë en net vir die Here moontlik! Hulle het uiteraard Jesus se wonderwerke geken, veral aan die oewer soos die twee keer spysiging van duisende mense.
Daar gebeur soms skynbaar onmoontlike dinge in die lewe wat ʼn mens laat besef dat dit net van die Here af kan kom. Wie sou een sent op die Voorrekkers by Bloedrivier vir ʼn oorwinning wou verwed? Die oormag was te groot – 407 Voortrekkers teenoor 12,000 barbare - 30 teen 1. En tog het dit gebeur. Hoe is dit moontlik? God wat op ʼn gelofte aan Hom geantwoord het!
“Welgeluksalig is die nasie wie se God die Here is....” (Ps.33:12).God beskerm diegene by wie hy Hom skaar. Wat in 1838 gebeur het, was nie God wat Hom by blankes geskaar het nie maar by gelowiges teen ongelowiges.
Jesus sê vir die lam man by die bad van Bethesda om op te staan want sy geloof het hom gered. Ja, geloof red! Met die Bloedrivier-oorwinning sê God: “Gaan voort met jul strewe na vryheid. Julle geloof het julle gered”.
Die Here het die Voortrekkers dieselfde les geleer as wat Gideon en Hiskia geleer het – moenie vir getalle terugdeins nie; vertrou eerder op God. Ná die Slag van Bloedrivier kon die Voorrekkers ook soos Johannes by die See van Galilea sê: Dis die Here! Dit kon nie mensehande gewees het nie, maar ʼn kragtige, reddende ingryping van Bo.
Waar staan ons Boerevolk tans? Voor ʼn nuwe Bloedrivier soos God vir Siener van Rensburg laat sien het; hierdie keer teen ʼn nog groter vyandelike oormag. Vir die Voortrekkers was dit maklik om die vyand te eien – aan hul verkleur. Vandag is dit nie so eenvoudig nie want baie volksgenote bevind hulle in die linie van die volksvyand, mense wat van Geloftedag Versoeningsdag maak.
Die Bybel is duidelik – jy skort nie beloftes aan God op nie. Jy versoen jou ook nie met die magte van die duisternis nie. Goddank dat iemand destyds nie vir Sarel Cilliers van die kanonwa gestamp en geëis het dat daar eerder met die barbare versoen moet word nie! Dis nie hoe daar met die vyande van God omgegaan word nie. Die Bybel sê vernietig hulle! Cilliers het reg opgetree!
Ons staan aan die vooraand van ʼn tweede Bloedrivier. ʼn Keuse sal gemak moet word; veg of versoen met die vyand. Daar is geen plek vir draadsitters nie. Jy is vír of téén die vyand.
Die God van Gideon, Hiskia en al die ander geloofshelde wat hul God en volk liefgehad het, is dieselfde God as vandag. En wanneer Hy aan die suidpunt van Afrika die redding bring, gaan mense verstom sê: Dis die Here!
Hou op om jou oor die toekoms te kwel. Vergeet die ANC, PAC, SAKP, Blanke volksverraaiers of watter ander knievallige instansie ook al. Vergeet dit in die Naam van die Here! Ons God is gister, vandag en more dieselfde as die Een aan die See van Galilea. Moet dit nooit vergeet nie!
ONS AFSPRAAK MORE MET GOD
Jeanette Koekemoer
Die Gelofte
“ My broeders en mede-landgenote, hier staan ons voor die Heilige God van Hemel en aarde om ’n gelofte aan Hom te doen, dat, as Hy ons sal beskerm, en ons vyand in ons hand gee, ons die dag en datum elke jaar as ’n verjaardag en dankdag soos ’n Sabbat tot sy eer sal deurbring; en dat ons ’n huis tot sy eer sal oprig, waar dit Hom behaag, en dat ons ook aan ons kinders sal sê dat hulle daarin met ons moet deel, tot nagedagtenis ook vir ons opkomende geslagte, want die eer van sy Naam sal daardeur verheerlik word, deur die roem en die eer van oorwinning aan Hom te gee. Amen”.
Dié herdenking wat ons more op 16 Desember vier is steeds die nakom van 'n afspraak met God en of ons alleen is of ‘n Geloftefees bywoon, die aflê van die Gelofte bly noodsaaklik vir elke kind van die Here.
Die Slag van Bloedrivier was nie sodanig die botsing tussen wit en swart nie as wat dit die verheffingsuur van 'n wordende volk was wat sy hoogste bestaansreg en voortbestaansgeleentheid in die hand van God geplaas het.
Volgens Wet nr 3 van 1910 was 16 Desember as openbare vakansiedag bevestig, en sedert 1952 is dit as Geloftedag bekend, hoewel dit intussen ook die lelike naam Dingaansdag, en ook Dankdag, Wendag, Retiefdag, Voortrekkerdag en nog ander name genoem is.
Na aanleiding van die militêre sukses op hierdie dag teen die Zoeloes, het Geloftedag sedert 1838 'n besondere plek in die Afrikaner se volkslewe beklee. By honderde oorde word elke jaar feeste van uiteenlopende aard aangebied. Al daardie groepe vorm saam 'n ontsaglike Gelofteskaar.
ONS MOET VRUG DRA
Hannes Ollewagen
Matt. 3:1-12
“Maar die byl lê ook al teen die wortel van die bome. Elke boom wat geen goeie vrugte dra nie, word uitgekap en in die vuur gegooi.” (:10).
Geliefdes, die Woord van die HERE is oor hierdie saak duidelik – Hy verwag dat ons in ons lewens vrug dra. Hierdie opdrag is ‘n bietjie teenstrydig met die hedendaagse dwaalleer wat leer dat ons geloofsverantwoordelikheid sommer net ‘n maklike takie is wat vinnig afgehandel word. Dit klink bietjie anders as die verkondiging dat as ek bely het dat ek in Christus glo my verantwoordelikheid in my verhouding met God afgehandel is. Dit klink asof die HERE meer as dit van my verwag.
Ons lees in Génesis 1:11 dat God die bome van die veld as een van die eerste dinge geskape het nadat die see en die waters van mekaar geskei is. “En God het gesê: Laat die aarde voortbring grasspruitjies, plante wat saad gee en bome wat volgens hulle soorte, vrugte dra, ... “. Hierdie plante en bome sou as voedsel vir die mens dien. Hiersonder sou die mens nie behoorlik versorg wees nie en sou die mens gebrek ly. En juis daarom het God hierdie bome geskape met die bevel dat hulle moet vrug oplewer.
EERBIEDIG GOD SE NAAM
Ds. A.E. van den Berg
“Só moet julle dan bid: Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word”(Mt.6:9).
“Jy mag die Naam van die HERE jou God nie ydellik gebruik nie, want die HERE sal die een wat sy Naam ydellik gebruik, nie ongestraf laat bly nie” (Ex.20:7).
Die Roomse Kerk bid onbeskaamd tot Maria en noem haar Onse Dame. Een van hul katedrale is dan ook na haar vernoem nl. die Notre Dame (onse dame). Miljoene lidmate aanbid haar as die aardse moeder van Jesus. Dis die grootste misgissing in menseheugenis! Die Roomse Maria is nie die aardse moeder van Jesus nie maar kom uit die Babiloniese afgodsdiens en is niks anders nie as ʼn herlewing van die godin Semiramis. Sy het net van naam verander(Maria) en is eeue gelede in die kerk ingevoer om die Evangelie van verlossing te neutraliseer.
Gelowiges bid nie tot ʼn mens nie; alleenlik tot God en Hom alleen. Jesus hou in sy Bergrede die Onse Vader as modelgebed voor wat hemelsbreed van die Roomse Onse Moeder verskil. Onse Vader, onse moeder!
KORTNUUS
Sjina koop tans die wêreld se GOUD-voorraad op ter voorbereiding van ‘n nuwe wêreldreserwe-geldeenheid.
In die eerste kwartaal van vanjaar het sentrale banke regoor die wêreld 87,7 ton goud gekoop. Dit het gestyg tot 186 ton vir die tweede kwartaal, en in die derde kwartaal is 'n yslike 399,3 ton aangekoop. ’n Skokkende 300 ton goud is deur Sjina alleen gekoop.
Dit beteken Sjina koop die wêreld se beskikbare goudvoorraad op teen 'n tempo wat al die ander lande op die planeet in die skadu plaas. Terwyl die Verenigde State van Amerika triljoene dollars in "mal geld" druk en probeer om met Rusland oorlog te voer deur sy gevolmagtigde staat Oekraïne, is Sjina besig om goud in werklik verstommende hoeveelhede bymekaar te maak.
Intussen berei BRICS-lande voor om hul nuwe globale reserwe-geldeenheid bekend te stel wat dollar-oorheersing sal uitdaag en wêreldwye afhanklikheid van die SWIFT-stelsel sal beëindig.
Dit beteken die dollar se dae is getel en seker dan ook die rand, want Suid-Afrika is een van die BRICS-lande: Brazilië, Rusland, Indië, Sjina and Suid-Afrika.
IS HOMO- SEKSUALITEIT ‘N SONDE?
AUSNTWOORDWAT SÊ DIE BYBEL?
Die Bybel vertel voortdurend aan ons dat homoseksuele aktiwiteit ‘n sonde is (Genesis 19:1-13; Levitikus 18:22; Romeine 1:26-27; 1Korinthiërs 6:10). Romeine 1:26-27 leer ons spesifiek dat homoseksualiteit ‘n resultaat is van ontkenning van en ongehoorsaamheid aan God. Wanneer iemand volhard in sonde en in ongeloof, vertel die Bybel aan ons dat God “hulle oorgee” aan selfs meer bose en verworwe vorme van sonde om hulle te wys op die nutteloosheid en hopeloosheid van ‘n lewe verwyderd van God. 1 Korinthiërs 6:10 kondig aan dat homoseksuele “oortreders” nie die koninkryk van God sal beërwe nie.
‘n Mens met homoseksuele begeertes word nie met begeertes en al deur God geskape nie. Die Bybel vertel ons dat ‘n mens homoseksueel word as gevolg van sonde (Romeine 1:24-27), en uiteindelik op grond van eie keuse. Iemand mag dalk gebore word met ‘n groter geneigdheid t.o.v. homoseksualiteit, nes daar mense gebore word met ‘n groter geneigdheid t.o.v. geweld en ander sondes. Dit verskoon egter niemand om vir die sonde in te gee deur hulle eie sondige begeertes te kies nie. Indien iemand gebore word met ‘n groter geneigdheid tot drif/woede, regverdig dit hulle dan om hulself oor te gee aan hierdie begeertes? Natuurlik nie! Presies dieselfde is waar vir sover dit homoseksualiteit aanbetref.
WIE OF WAT IS DIE NEPHILIM?
Die Nephilim (“gevallenes, reuse”) was die afstammelinge van seksuele verhoudings tussen die seuns van God en dogters van mense in Genesis 6:1-4. Daar word baie gedebatteer oor die identiteit van die “seuns van God.” Dit is ons opinie dat die “seuns van God” gevalle engele (demone) was, wat met vroue uit die menslike geslag gemeenskap gehad het of mans uit die menslike geslag wat deur demone beset was, wat met vroue uit die menslike geslag geslagsgemeenskap beoefen het. Hierdie verbintenisse het aanleiding gegee tot die nasate, die Nephilim, wat “die sterk mense van die outyd, die manne van naam” was (Gen 6:4).
NUWE VIRUS-NAVORSING (SLOT)
Alhoewel knoffel sedert antieke tye vir sy medisinale doeleindes gebruik is, het die verkenning van sy aktiewe bestanddele eers onlangs begin.
Die doel van spesifiek hierdie navorsing was om die potensiële antivirale effekte van knoffel en sy OSC's op te som en uit te lig met die fokus op onderliggende werkingsmeganismes.
Die OSC's (die aktiewe organiese swaelverbindings) van knoffel wat die belangrikste bioaktiewe bestanddele is, is ook verantwoordelik vir die skerp reuk daarvan. Meer as dertig swaelbevattende verbindings wat aan hoof chemiese klasse behoort, kom in knoffel voor. Alliin is die swaelverbinding wat die meeste voorkom in vars en droë knoffel. Alliin kan vinnig omskakel in allisien wanneer vars knoffel gekap, fyngemaak, gekneus of gekou word.
NUWE VIRUS-NAVORSING
Die sogenaamde pandemie met Covid-19 het darem ook sy goeie kant gewys: daar is sowaar nog edel mense wat graag die leuens vir die behandeling daarvan wil ontbloot en ‘n virus op ‘n natuurlike wyse op sy plek sit. Daar is ná die aanvang van die Covid-sage deeglike navorsing by die National Library of Medicine in Amerika gedoen oor verskeie natuurlike middele wat die meeste virusse baie gou uit die weg sou ruim. In hierdie artikel bespreek ons die antivirale potensiaal van knoffel (Allium sativum) en sy organiese swaelverbindings
Knoffel (Allium sativum L.) is 'n algemene kruie wat wêreldwyd gebruik word as funksionele voedsel en tradisionele middel vir die voorkoming van aansteeklike siektes sedert antieke tyd. Daar is bevind dat knoffel en sy aktiewe organiese swaelverbindings (OSC's) 'n aantal virusinfeksies in pre-kliniese en kliniese ondersoeke kan verlig.
Die doel van hierdie navorsing was om sistematies pre-kliniese en kliniese ondersoeke oor antivirale effekte van knoffel en sy OSC's te beskryf en op te som, asook om onlangse bevindings oor die meganismes wat hierdie antivirale aksies onderlê, verder te ontleed.
Pre-kliniese data het getoon dat knoffel en sy OSC's potensiële antivirale aktiwiteit teen verskillende mens-, dier- en plantpatogeniese virusse het deur virale toegang tot gasheerselle te blokkeer, virale RNS-polimerase, omgekeerde transkripsie, DNS-sintese en die onmiddellik-vroeë geen 1 (IEG1) te inhibeer.
GOD HET DIT BEVEEL
HY HET DIT SO VERORDEN EN INGESTEL
Hannes Ollewagen
Deut. 11:1-32
“DAAROM moet jy die Here jou God liefhê en altyd sy ordening, sy insettinge sowel as sy verordeninge en sy gebooie onderhou.” (:1).
“Onderhou dan sorgvuldiglik al die insettinge en die verordeninge wat ek julle vandag voorhou.” (:32).
Luister na die woorde van die Psalmdigter uit Psalm 119:5&6. “Ú het u bevele gegee om dit trou te onderhou. Ag, was my weë maar vas om u insettinge te onderhou!” Die Psalmdigter maak melding van die bevele en die insettinge van die HERE. En so lees ons in Deuteronómium 11 ook van die ordening, insettinge sowel as verordeninge en gebooie van die HERE. Wanneer ons praat van gehoorsaamheid aan die HERE is die omvang veel meer as die Tien Gebooie. Bo en behalwe die Tien Gebooie uit Exodus 20 en Deuteronómium 5 leer die Woord van die HERE ons van insettinge en verordeninge wat deur God self ingestel is en dat die mens hom hieraan moet onderwerp. Die mens moet hierdie insettinge en verordening van die HERE sorgvuldig en getrou onderhou en daarin leef. “Ek is die Here julle God; wandel in my insettinge en onderhou my verordeninge en doen dit.” (Eség. 20:19).
PLEIT DAT GOD SELF SA KOM REGEER
https://www.youtube.com/watch?v=E_fPyew8WiQ
In Sjina gaan dit tans woes. Die regering hou aan om miljoene mense in hulle huise toe te sluit op elke moontlike wyse. 'n Brand het onlangs in 'n wooneenheid uitgebreek waar die mense dus nie kon uitkom nie. Nadat die brandweer die brand geblus het, is daar gesien dat 10 mense wreed doodgebrand het, waaronder 'n klein kindjie.
Die opstand van die massas word ook duidelik in die video by die skakel hierbo bevestig. Weet dat Sjina die rolmodel vir die Wereldgeldmag is. Soos Fauci self gesê het: "Ons moes lankal gedoen het wat Sjina nou doen". Daar wag dus hel op lande wat onder die mag van die Geldmag gaan buig.
Het u al besef dat dit net die Here Jesus Christus is wat ons hier in Suid-Afrika kan red van hierdie sataniese tirannie? En dan ook net indien ons as 'n verskeurde volk individueel en as 'n volk weer bymekaar wil kom om hierdie belydenis en smeekbede in opregheid voor Hom te lê.
Kom ons pleit op ons knieë dat God ons verskeurde volk betyds op hulle knieë sal bring sodat ons in ootmoed kan staatmaak op sy beskerming wanneer Hy hierdie land kom reinig van al die afgode, en Self die Regering van Suid-Afrika sal wees!
RAMAPHOSA MAG BEDANK
Gister het IOL berig dat President Cyril Ramaphosa sy kabinet ingelig het dat dit die laaste keer is dat hy met hulle sal vergader.
Hy sou gisteraand die land toespreek maar het laat weet dat hy nog besig is om die verslag deur te werk en nie gisteraand gereed was nie.
Die vermoede is dat Ramaphosa sy bedanking sal aankondig wanneer hy wel met die land praat. Bill Gates het sy bes probeer om Ramaphosa af te raai om te bedank maar die feit dat dit bekend geword het dat Ramaphosa se groot klomp dollars wat onder sy matras en in sy meubels gevind is, van Pfizer gekom het, mag dalk Gates se saak kortwie. Dit maak dan ook sin dat Pfizer die groot kontrak gekry het om die meeste inspuitings aan Suid-Afrika te kon bied. So word die regering gereeld omgekoop met buitelandse geld wat reguit gatsakke toe gaan.
David Mabuza, adjunkpresident, sal glo die leisels oorneem indien Ramaphosa bedank.
KERKHERVORMING
Ds A.E. van den Berg
Daar vind ʼn groot kerkhervorming plaas.
Siener sien ʼn kerkhervorming saam met dié van die politiek plaasvind. Dit gaan net so ingrypend soos tydens die bondsvolk se terugkeer uit die Babiloniese ballingskap wees. Talle vooraanstaande kerke het ʼn Judas-rol in ʼn kwesbare tyd gespeel, hul rug op die Boerevolk gedraai en klakkeloos agter die volksvyand aangeloop.
Hierdie kerke het geen profetiese visie openbaar toe hulle hul na hartelus uit die wasgoedmandjie van die liberalisme geklee het nie. Hulle wat veronderstel was om wagte op die volk se mure te wees, het geen oog verroer om die heiden-magte te keer nie en selfs die stadspoort vir hulle oopgemaak. Daarna het hulle van ons volksgenote verwag om in ʼn beswyming van berou oor die sogenaamde onreg van apartheid te gaan.