Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Daar is nog 'n kwaad wat ons aan mekaar doen wat so deel van ons natuur is, ingebore is, dat ons nie eers besef hoeveel kwaad ons doen nie. Calvyn waarsku teen die saak dat elkeen wil hê dat alle ander mense moet leef volgens sý mening. En hier gaan dit nie om die waarskuwing teen 'n sondige lewenswyse nie; dit is bloot die oplegging van ons eie daaglikse lewensreëls wat ons so graag op ander afdwing. God het ons verskillend geskape en in verskillende omstandighede geplaas – ons het geen reg om ons mening op ander te forseer nie.
GELOFTELAND SE DIEET-STEMTELLING
Hierdie was ‘n baie klein navorsingstudie aangesien die meeste lesers klaarblyklik te skaam is om hulle persoonlike omstandighede bekend te maak. Ons het darem 32 antwoorde van dapper lesers gekry. Al is dit min, gee dit ons ‘n redelike duidelikheid dat mense vandag oor die algemeen voel dat groente, vrugte en vleis in hulle dieet welkom en selfs nodig is.
Weet ook dat ons sommige lesers persoonlik genader het om deel te neem; nie almal wou nie, dus volstaan ons by wat ons het. Ons hoef ook nie minderwaardig te voel oor die lae deelnemerstal nie; in Amerika het geregistreerde navorsingstudies soms uit tien tot ses-en-twintig kandidate bestaan; dus is 32 ‘n aanvaarbare getal om dit aanspreeklik te maak.
Die uitslag lyk soos volg:
OMNIVORE het gestem: 84%
KARNIVORE het gestem: 10%
HERBIVORE het gestem: 6%
NOTAS
ONTHOU GELOFTELAND HET GEVRA DAT STEMMERS EN LESERS DIE REDE VIR HUL BESLUITE SAL BYVOEG: natuurlik was daar min wat kommentaar gelewer het waarom hulle so ‘n lewenswyse volg.
Die eerste waarvan ons melding wil maak, is ‘n karnivoor wat tot in sy sestigerjare ‘n omnivoor-dieet gevolg het. Hy beweer dat hy ‘n paar maande gelede ‘n karnivoor geword het en voel beter as in al sy vorige lewensjare mbt verteringspyne, maag- en spierpyne en dies meer. Hy ry deesdae weer fiets en neem deel aan langafstand- kompetisies wat ‘n groot prestasie vir sy ouderdom is.
Dan was daar een omnivoor wat in sy aanhegsel ingesluit het hoe sy broer in sy veertigerjare aan gebreksiektes oorlede is omdat hy vanaf sy vroeg twintigerjare niks anders as vleis geëet het nie. Sy slukderm het letterlik van sy maag losgeskeur; so ook het ander organe feitlik net gedisintegreer. Die dokters het dit beskryf as die gebreksiektes van die vroeëre skeepsvaarders wat destyds nie vars vrugte en groente aanboord gehad het nie.
Daar was ook ‘n nota van nog ‘n omnivoor wat vertel het dat haar pa ook net vleis kon eet aangesien hy ‘n uitslag op sy vel gekry het indien hy rou vrugte en groente eet, wat hy wel, maar bitter min gedoen het, en ook net as hy ‘n Celestamien-pilletjie byderhand gehad het. Sy glo dat die tekort aan die rou vrugte en groente die rede was waarom hy op 70 aan 2 opvolgende beroertes oorlede is; dokters het per sonars bevestig dat meeste are vanaf sy nek tot in sy lieste feitlik heeltemal toe was. Hierdie observasie is onder leiding van dr Hough in die Eugene Marais Hospitaal gedoen en bevestig.
Die laaste omnivoor wat iets oor sy vrou wou vertel, het bevestig dat sy ook ‘n vleiseter was alhoewel sy soms met iets soos ‘n stysel afgewissel het. Sy is ook oorlede as gevolg van gebreksiektes wat haar ingewande letterlik in flenters gelaat het. Voor haar dood het sy ‘n paar keer totale bloedoortappings gekry maar nietemin is sy nie in een stuk oorlede nie – organe het losgeskeur uit die ingewande.
Nou ja, of ons enigiets uit hierdie stukkie navorsing kon leer is vir elkeen om oor na te dink.
Ons hoor graag weer hoe u hieroor voel. Laat weet gerus by ons e-pos-adres: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.