Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Jesus het aan die fariseërs gesê dat Hy barmhartigheid wil sien by mense, nie allerhande offerandes nie. Is ons nie dikwels wreed en veroordelend teenoor ons medemens sonder goeie rede nie? Ons moet onthou dat die oordeel God alleen toekom.
DIE LAASTE STRYD – SOLI DEO GLORIA!
Dit is die jaar 2023. Ons gaan binnekort in Suid-Afrika die stryd van ons lewe stry, een waarvan die Witman van vandag min weet – ‘n stryd wat gekenmerk sal word aan geweld van Swart op Swart sonder enige genade, ‘n stryd met byle, kapmesse, gesteelde vuurwapens en elke barbaarse moordwapen denkbaar, om uit te wis wat voorkom, uiteindelik Swart en Wit.
Die dag het aangebreek dat ons weer, in ons met-bloed-geskrewe-geskiedenis, verplig is om na die wapen te reik ten einde die stryd vir vryheid te hervat, en ons volksaak toe te vertrou aan die Voorsienigheid, wat ons volk wonderbaarlik deur eeue in Suid-Afrika gelei het. Die worstelstryd wat reeds eeue lank duur en begin het toe aan die Hollandse bevolking van Kaap die Goeie Hoop, ’n vreemde oorheerser opgedring is, spoed nou ten einde. Ons het gekom tot die laaste handeling vir die hele Suid-Afrika se gewigvolle drama; ons het by die tyd gekom waar beslis sal word of al die offers wat ons vaders en dié se vaders en selfs ons huidige geslag aan vryheid gebring het, tevergeefs was; of al die bloed van ons volk waarmee elke deel van Suid-Afrika as’t ware oorspoel is, tevergeefs gestort is. Die uur het aangebreek wanneer beslis sal word of Suid-Afrika ’n nuwe tydperk van sy geskiedenis met vryheid sal ingaan, en of ons volk soos die afgelope 27 jr verdruk en uitgedelg sal word in die stryd om vryheid, wat hy eens hoër geag het as alle aardse skatte. Sal Suid-Afrika verder oorheers word deur gewetenlose goudkonings wat handel in die naam van sport? Of sal die laaste steen van oorwinning nou op die gebou wat ons voorouers met soveel moeite en verdriet begin bou het, gesit word?
By die gedagte aan wat ons volk deur God’s hulp reeds gedoen en gely het, bid ons dat ons ook waardig geag mag word om die werk van ons vaders voort te sit en te voltooi, deur ons geliefde land Suid-Afrika, weer in die hande van eerlike, diepgelowige volksgenote te plaas.
Deur die smartvolle geskiedenis van ons verlede pryk ons voorouers se roemryke dade as leidsterre om aan ons nasate die weg te wys na die einddoel van al die opofferings en rondswerwinge van ons geteisterde volk.
Die vrae van die laaste tyd aangaande die naderende burgeroorlog en die stryd teen die geldmag wat hulle kloue diep in ons land ingeslaan het, het hul oorsprong diep in ons verlede en ons geskiedenis. In die lig van die geskiedenis alleen is dit moontlik om die dryfvere van die hede te toets en te beoordeel, en sodoende tot die waarheid te kom waarop ons volk hom kan beroep as finale regverdiging in die stryd wat op hande is. Uit die geskiedenis sal dit voldoende blyk dat die bewerings oor menseregte, beskawing en voorregte waarop die ANC sy handelwyse grond, niks anders is nie as die verbloeming van hul huigelagtige rowersgees wat hom nog gedurigdeur gekenmerk het.
Maak dan nou gereed vir die laaste geveg teen die Swart-oormag wat ons land wil vernietig. Nadat die Here hierdie stryd vir ons geveg het, wag daar die heel laaste steen wat ons op ons gebou moet plaas: Dit sal gebeur wanneer ons met God se genade in die tweede helfte van die stryd, die geldmag totaal verslane uit ons land verjaag het.
Mag elke Afrikaner-nasionalis hom betyds geestelik en fisies gereed maak vir die finale slag wat vir ons wag. En wanneer ons weer vry is in ons eie land, onthou:
SOLI DEO GLORIA – AAN GOD ALLEEN DIE EER!