Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Swak volksleiers probeer altyd om eerbare burgers in die modderpoel van onreg te versmoor. Hulle word gedwing om parasiet-kulture te huisves wie se behoeftes groter is as hul vermoë om dit te bevredig. Mense word gedwing om voorregte waarvoor hulle hard gewerk het met ander te deel wat feitlik niks gedoen het. Dit laat ‘n gewoonte om iets vir niks te verwag ontstaan.
AAN DIE VOETE VAN JESUS
Ds A.E. van den Berg
“ .... en sy het sy voete begin natmaak met haar trane en hulle afgedroog met die hare van haar hoof; en sy het sy voete gesoen en met salf gesalf” (Luk.7:38)
By geleentheid loop ʼn man by ʼn klomp verveelde seuntjies verby en vra: “Waarom speel julle nie?” Een antwoord: “Ons wil graag oorlog-oorlog speel, maar ons kan nie” antwoord hy mismoedig. “Waarom nie?” vra die man verbaas. “Omdat elkeen van ons die generaal wil wees”, kom die antwoord.
Dit onderstreep een van die grootste probleme van die tyd – selfverheffing en ʼn grootheidswaan wat die eie-ek-koning in die lewe laat kraai, weg van Jesus af. Daarenteen bring niks jou so na aan Jesus as nederige onderdanigheid nie. Johannes die Doper sê: “Hy moet meer word, maar ek minder” (Joh.3:30).
Ongelukkig ontbreek nederigheid dikwels by mense wat Christus bely. Dan gebeur dit dat God iemand wat nie eens ʼn kerkganger is nie, gebruik om hulle te beskaam. So het die Barmhartige Samaritaan kerkmense kom wys hoe naasteliefde in die praktyk lyk.
LAAT ONS HOM MET VOLHARDING VOLG
Hannes Ollewagen
Jos. 14:1-15.
”Daarom het Hebron die erfdeel geword van Kaleb, die seun van Jefúnne, die Kenissiet, tot vandag toe, omdat hy volgehou het om die Here, die God van Israel, te volg.” (:14).
Ons lees in Núm. 13 waar die HERE aan Moses die opdrag gee om twaalf spioene te stuur om die land Kanaän te gaan verken. Hierdie is die land wat God aan die volk Israel beloof het. Ons onthou dat een van hierdie spioene bekommerd was oor die mag van die vyand wat hulle sal moet trotseer om die land te verower. Daarenteen was daar net twee van die spioene, Josua en Kaleb, wat posi?ef oor die inneming van hierdie beloofde land was. Hierdie twee manne se fokus was op die Almagtige God gerig en nie op die gevaar van die dreigende vyand nie. En die gevolg hiervan was dat net hierdie twee manne wie se oog op God gerig was en wie se geloof in Hom gesetel was dan die beloofde land gesien het. “Maar so waar as Ek leef en die hele aarde van die Here se heerlikheid vol sal word, al die manne wat my heerlikheid en my tekens gesien het wat Ek in Egipte en in die woestyn gedoen het, en My nou al een maal versoek het en na my stem nie geluister het nie, hulle sal die land nie sien wat Ek aan hulle vaders met 'n eed beloof het nie, ja, almal wat My verag het, sal dit nie sien nie. Maar my kneg Kaleb, omdat 'n ander gees in hom was en hy volhard het om My te volg — hom sal Ek bring in die land waarin hy gekom het, en sy geslag sal dit in besit neem.” (Núm. 14:21-24).
GELDMAG SE VOLGENDE BOSE PLAN
NET ZERO – EUGENIKA VAN MENS EN DIER
Die mensdom het die afgelope paar jaar bekend geraak met ‘n paar nuwe terme soos die “Nuwe Wêreldorde”, “The Great Reset” en ‘n paar ander. Ons sal binnekort ook kennis maak met “Net Zero”.
“Net Zero” is 'n diaboliese agenda wat deur die kabaliste verkoop word as 'n “reddingsformule” vir die mensdom en die aarde. Dit kom voor asof die term gekies is om die aarde te beskryf wanneer niks meer oorgebly het nie, en volgens die geldmag se verwagting teen 2050 behaal is.
Hoe wil hulle daarin slaag? En wat word dan van hulle self?
SA GEWAARSKU VIR APRIL-MEI
By die skakel hierbo kan u die video van Roger Teale sien en luister. Hy, 'n Christen-Amerikaner, was in 1988 asook in 1994 in Suid-Afrika. Hierdie video is opgeneem tydens sy 1994 besoek toe God wou hê dat hy die Christene in Suid-Afrika moes kom waarsku teen wat in hulle toekoms hier sal gebeur. Aan hom is geopenbaar dat ons hele land sal brand terwyl die ergste anargie ooit uitbreek. Hy het sy gehoor in Durban gesmeek om die eerste brand te stig deur dit wat in ons huise verkeerd is voor God, uit te gooi en aan die brand te steek want dit is al wanneer God ons sal spaar. As ons dan in ons huise bly terwyl die satan buite woed en alles wat voor kom verskeur, sal God met ons in ons gereinigde wonings wees en die vyand verby laat gaan. Maar indien ons nie gehoor gee aan die reiniging van ons eie huis en haard nie, sal ons saam met die wêreldlinge in die brande en aan die hand van woedende vyande omkom.
As u na die video luister, sal u hoor hoe Teale meer as een maal beklemtoon dat daardie verwoesting in April-Mei sal plaasvind. Dit was April 1994 toe hy hier was, dus het hy nie van daardie jaar gepraat nie maar van êrens in die toekoms. Is daardie jaar 2023 terwyl die duiwel reeds los rondloop en Malema se opsweping nou hoogtepunt begin bereik?
Teale sou sy boodskap ook in Johannesburg en ander plekke lewer maar dieselfde aand nog het die vyande van God op hom toegesak en onmiddellik teruggestuur na Amerika. Dit alleen vertel vir ons dat die satan 'n stokkie daarvoor gesteek het omdat hy nie wou hê dat meer mense hiervan moes kennis neem nie. En DIT vertel vir ons dat ons hierdie gebeure ernstig moet opneem, alles wat in ons lewensgang nog nie met God se gebooie strook nie, moet uitwerp uit ons lewens en baie opreg moet smeek vir genade. Johanna Brandt het oa gesê dat indien ons (die Christene) genoeg en opreg hieroor bid sal die wolke minder donker wees. Siener het gesê dat vir diegene (Christene) wat weet waaroor dit gaan (dus laat staan en bely het) dit nie so angswekkend sal wees as vir die ander nie.
Teale het beklemtoon dat hierdie gebeure 'n strafgerig van God is; dit het Johanna en Siener ook gesê. En hierdie mense het ook gesê dat dit so skielik sal plaasvind dat niemand dit verwag nie - die Malema-episode het soveel aandag so lank voor die tyd geniet dat dit kwalik onder die gesig se voorwaardes kwalifiseer.
As Teale reg is oor die maand(e) waarin dit sal plaasvind (April-Mei) is die moontlikheid baie groot dat dit hierdie jaar is want alle tekens dui daarop. Matt 24 leer ons dat ons na die tekens moet kyk al kan ons nie die tyd weet nie. En ons was al 'n paar keer verkeerd met die tyd, maar nooit met die tekens nie!
ONS MOET GOD SE VYANDE HAAT!
“Dink vir een oomblik waar Suid-Afrika vandag sou gewees het indien die Agabs van ons land die Benhadads betyds verdelg het!”
God gee aan gelowiges duidelike opdragte in sy Woord. Sommige daarvan is relatief maklik terwyl ander weer baie moeilik is. Sy opdrag om jou vyand lief te hê, is seker een van die allermoeilikstes. In Matt.5:44 hoor ons Jesus sê: “Julle moet julle vyande liefhê; seën die wat hulle vervloek, doen goed aan die wat julle haat, en bid vir hulle wat julle beledig en julle vervolg”.
Die vraag is of ons alle vyande ongekwalifiseerd moet liefhê? Indien wel, weerspreek die Bybel hom! In Ps.139:21,22 lees ons die volgende woorde: “Here, sou ek nie diè haat wat U haat, en ‘n afsku hê van die wat teen U opstaan nie? Ek haat hulle met ‘n volkome haat; vyande is hulle vir my”. Weerspreek die Bybel hom hier? Nee. Die Bybel moet net reg verstaan word.
ONS GEBEDE
Hannes Ollewagen
Spr. 15:1-33
“Die offer van die goddelose is vir die HERE ‘n gruwel, maar die gebed van die opregtes is Hom welgevallig.” (:8).
Ek het mense al meermale ‘n ding hoor sê wat hulle duidelik nie mooi oordink het nie.
Wanneer daar gepraat word oor iemand wat in baie moeilike omstandighede verkeer, hoor ‘n mens maklik die volgende – “Al wat ons nou kan doen, is om vir die persoon te bid.” En die probleem hierin is dat dit gewoonlik só gestel word dat dit nou werklik die laaste opsie is wat oorbly. Indien daar m.a.w. nog ander metodes was om die persoon te probeer help, sou ons dit ook eers wou probeer alvorens ons vir iemand begin bid. Hierdie ingesteldheid is baie verkeerd. Die vertrekpunt behoort te wees om mekaar in gebed aan God op te dra. Ek kan nie aan ‘n enkele ding dink wat ek self beter vir iemand kan doen as wat God hulle daarmee sal kan help nie. Derhalwe is daar in my lewe absoluut niks beter wat ek vir ‘n ander kan doen as om hulle in gebed tot die troon van ons Almagtige Vader te bring nie.
‘N ONVERWAGSE WEDERKOMS
Ds A.E. van den Berg
“En net soos die dae van Noag was, so sal ook die koms van die Seun van die mens wees” (Mt.24:37).
Die mensdom word al hoe boser. Skokkende misdaadstatistiek van Suid-Afrika sedert 1994 vertel die boosheid van die mens – iets wat duisende jare gelede so erg toegeneem het dat God besluit het om, op agtmense na, ʼn einde aan die mensdom te maak.
“Toe die HERE sien dat die boosheid van die mens op die aarde groot was ... het dit die HERE berou dat Hy die mens op die aarde gemaak het... En God sê vir Noag: Die einde van alle vlees het volgens my besluit gekom; ... En kyk, Ek gaan hulle saam met die aarde verdelg ... Ék bring 'n watervloed oor die aarde, om van onder die hemel te verdelg alle vlees waar 'n lewensgees in is. Alles wat op die aarde is, sal wegsterwe” (Gen.6).
Mense het destyds geglo dat God hul boosheid nie sal straf nie en daarmee volhard – tot op ʼn dag! God laat boosheid nie onbepaald sy gang gaan nie. Hy tree op sy tyd op: “Die HERE is in sy heilige paleis; die troon van die HERE is in die hemel; sy oë sien, sy ooglede toets die mensekinders” (Ps.11:4). “Kyk, die Bewaarder van Israel sluimer of slaap nie” (Ps.121:4).
WAT HET HIERDIE LANDE IN GEMEEN?
Daar word tans ‘n gerug rondgestuur dat Tunisië in Noord-Afrika, Kenia in Oos-Afrika en Nigierië in Wes-Afrika, ook op Maandag 20 Maart 2023 in beplande opstande teen hulle regerings gaan protesteer, net soos Suid-Afrika in die suide van Afrika se klaarblyklike plan is. Dit klink na ‘n te groot toeval want alhoewel almal Afrika-lande, is dié lande in die vier windrigtings, ver uitmekaar en gesamentlike beplanning baie onwaarskynlik. Ons sal natuurlik nie voor die tyd weet of enigiets daarvan waar is nie maar dit laat ‘n mens dink aan nog ‘n gesig wat Siener gesien het, dat wanneer ons eindelik die 2e oorlog in ons land teen die geldmag gevoer en hulle uit die land verdryf het, ons ‘n baie groter land gaan terugkry as waar ons oorspronklike grense getrek was. Dit is nie onmoontlik nie dat lande wat wel aan Suid-Afrika strek, deur selfvernietiging vorentoe by ons ingelyf kan word. Maar die tyd sal ons leer hoe hierdie gesig tot realiteit sal kom.
Dit bly egter interessant om te weet waarom hierdie lande wel probleme met hulle regerings het. Dit mag dalk vir ons baie na Suid-Afrika lyk...
Kom ons kyk eers na die onrus in Tunisië. Hulle het die afgelope tyd aansienlike agteruitgang in vryheid van uitdrukking en die pers ervaar. Die owerhede het aktiviste, joernaliste, politieke teenstanders en sosialemediagebruikers geteister, gearresteer en vervolg vir spraakoortredings, insluitend vir kritiek op president Saied, die veiligheidsmagte en die weermag. Daar is tans ‘n gewelddadige verhouding tussen die jeug en die veiligheidsmagte.
MAANDAG - REWOLUSIE OF OORLOG??
Met spanning wat geleidelik momentum opbou onderwyl gewelddadigheid en onrus landwyd aan die toeneem is, wonder mens wat op ons wag Maandag die 20e Maart.
Malema is oormoedig vol bravade en dreig in die publiek alle besighede wat dit sou waag om oop te maak dat hulle geplunder sal word. Hy sê: “...this is the beginning of a revolution”. Terselfdertyd waarsku Bheki Cele van die polisie dat geen intimidasie geduld sal word nie en beloof hy “business as usual” vir daardie Maandag. Hy beweer dat die Weermag ook op hoë gereedskapsgrondslag geplaas is om die polisie te ondersteun.
Die Jode en kommuniste wat agter die EFF se beplande staking sit het natuurlik noukeurige beplanning gedoen om die hoogs moontlike doeltreffendheid daaraan te gee. Daarom dan dat die hele aksie rondom ‘n langnaweek beplan is sodat dit moet lyk asof die EFF groter sukses het met die wegbly-van-die-werk aksie as wat aan hulle toegeskryf kan word – bloot vanweë die luie werkers wat tog te dankbaar is om ‘n ekstra dag by die naweek te voeg. Die groot wegroep vir hul protesaksie: “Ramaphosa must go”.
TATOEËRING IS SONDE
Wat sê die Bybel oor tatoeëring? “Julle mag ook ter wille van ʼn dooie geen snye in julle vlees maak nie en geen ingeprikte tekening in julle vel maak nie. Ek is die Here” (Lev.19:28).
Niks vernietig ʼn volk se gees soos bose, volksvreemde gebruike wat posvat nie. Baie mense, veral sportlui en verhoogkunstenaars, laat hulle tatoeëer; mense wat as rolmodelle beskou word. Die ergste is dat baie van hulle lewens so verrot is, dat dit eerder ʼn waarskuwing moet wees oor hoe daar nie geleef moet word nie!
Tatoeëring is ʼn bewustelike ontering van die mens se liggaam as tempel van God. Dis ʼn baie ou heidengebruik. Daar is selfs mummies met tatoeëermerke gevind. In Assirië, Egipte en Babilon het slawe-eienaars bv. ink onder die vel van hul slawe laat inwerk om, soos ʼn brandmerk, eienaarskap aan te dui. Nie net slawe nie, maar ook eertydse misdadigers is met merke getatoeëer.
MALEMA SE BLOEDRIVIER – 20 MAART
Almal in hierdie land (en talle oorsee) het reeds kennis geneem van die dreigemente van Malema en sy bende om vanaf Maandag 20 Maart die land op sy knieë te bring. Dit is nie die eerste maal wat ons gedreig word nie. Maar meesal het daar in die verlede nie totale onrus ontstaan nie en daarom is baie mense hierdie keer geneig om dit af te maak as net nog ‘n dreigement. Daar is egter spesifieke redes waarom hierdie keer anders as die voriges is. Ons wil graag ‘n kort oorsig daaroor gee.
Daar het ‘n paar dinge in die verlede gebeur waarmee God ons wou waarsku oor wat vir ons wag. Een belangrike een daarvan is gebeure wat God vir Siener van Rensburg asook Johanna Brandt in hul geestesoë laat sien afspeel het. En ons Vader in die hemel het ook aan hulle die opdrag gegee om daardie gebeure wat nou in ons tyd afspeel, aan ons oor te vertel. Daarvoor het hy verskeie persone gebruik, onder andere Siener se dogter asook ‘n hele klompie skrywers wat deur die geloof hierdie dinge ter pen neergelê het. Ons is bevoorreg dat Hy ons so voorberei het daarop.
GENADEDOOD
Genadedood is ʼn misleidende benaming. Dit moet eerder selfdood of lewensbeëindiging genoem word. Ongelukkig het mense gewoond geraak aan lelike dinge wat in mooi papier toegedraai is soos regstellende aksie en swart bemagtiging. Vir die doel van dié onderwerp volstaan ek egter by genadedood omdat dit die meer bekende benaming is.
Genadedood (Grieks: Eutanasie) is die doelbewuste optrede om ʼn persoon so pynloos as moontlik te laat sterf; die verkorting van ʼn sterwensproses wat onherroeplik tot die dood lei. Dit word ook geassisteerde dood genoem omdat iemand wat erge lyding ervaar met behulp van ʼn professionele persoon selfmoord pleeg. Dit word hoofsaaklik in gevalle waar iemand aan ʼn ongeneeslike siekte ly en erge pyn verduur, uitgevoer. Die behoefte om so ʼn mens se pyn te verlig, is dan so sterk dat dit die natuurlike drang om die lewe te behou, geheel oorskadu.
AFRIFORUM - VYAND VAN...
...AFRIKANER-NASIONALISME
"AfriForum het die ideologie van wit nasionalisme nog altyd verwerp en sal voortgaan om dit te doen ...”
"Die politiek in Suid-Afrika is tans baie deurmekaar en konsepte soos nasionalisme, liberalisme, konserwatisme, Sosialisme en Kommunisme word op allerlei verwarrende maniere aan die publiek voorgestel in die media en deur politici. Maar daar sal 'n dag kom wanneer al die ander '-ismes' en konsepte sal vervaag en irrelevant sal word. Wanneer dit gebeur, sal die keuse vir Afrikaners eenvoudig wees - hulle sal moet kies tussen Afrikaner-nasionalisme of Kommunisme. Niks anders sal relevant of ter sprake wees nie..."
Met hierdie woorde het die Afrikanervolk se grootste politieke profeet van die 20ste eeu, Jaap Marais, kort voor sy dood 'n situasie voorspel wat waarskynlik binnekort in Suid-Afrika sal realiseer.
Afrikaners word wysgemaak dat daar selfs teenoor liberalisme nog opsies na die regterkant van die spektrum is. Die "konserwatiewes" van ouds het met die laaste verkiesing duisende ontgogelde Afrikaners, wat die afgelope 20 jaar by die liberale DA gaan inkruip het, weer in hul geledere terugverwelkom. Heel ironies het hierdie natuurlike verskuiwing van denke en stemme alles te make met rassepolitiek, terwyl daar deur diebreinspoel-mediamasjien van die liberaliste gepropageer word dat rasse-politiek uitgewis moet word in Suid-Afrika. lntussen het die "konserwatiewes" ook oor die afgelope 25 jaar 'n gedaanteverwisseling ondergaan. Die rede vir hulle bestaan is eintlik hul versugting na 'n "volkstaat", soos hulle in 1994 verkondig het.
NASIONALISME - WAT BEHELS DIT?
Almal praat van Nasionalisme, party daarvoor, meeste daarteen ... Maar wat beteken die woord nou eintlik? Mnr. Marthinus Erasmus van die Afrikaner Nasionalistiese Beweging (ANB) wys ons op die doel, die krag van die woord 'Nasionalisme'.
Miskien staan die begrip NASIONALIS vir baie vandag nog in noue verband met die Nasionale Party van die jare voor 1994. Die "nasionaliste", so het ons hulle genoem, het bestaan uit die misleiers en die misleides wat ons land en ons volk uitverkoop het aan goddelose gewetenlose geweldenaars, wat sedert hulle aan bewind gekom het, afgebreek en geplunder het en hulself op ongekende wyses verryk het.
Aan die destydse "nasionaliste" , wat op onnoembare slinkse wyses al van vóór die moord op Dr. Verwoerd af te werk gegaan het, het ons die tragiese haglike toestand, waarin ons vaderland vandag verkeer, te danke. Dit was die verloopte voorloper "nasionaliste" van die Nasionale Party (1966-1994), wat doelbewus ons land op 'n gewisse afgrond afgestuur het, terwyl hulle vir hulself in die buiteland 'n weelderige lewe voorsien het.
MOENIE KWAADSPREEK NIE
Hannes Ollewagen
1 Pet. 2:1-10
“LÊ dan af alle boosheid en alle bedrog en geveinsdheid en afguns en alle kwaadpratery;” (:1).
In hierdie brief van Petrus word ons as gelowige kinders van God daarop gewys dat ons moet werk maak daarvan om alle boosheid af te lê. Dit is geen nuwe leer nie. Die Woord van God is duidelik oor die heiligmaking, die aflegging van sonde, die strewe daarna om aan die beeld van God gelyk te raak. En al bly ons sondige mense wat in die vlees nie volmaak kan wees nie, onthef dit ons nie van die verantwoordelikheid om deur die krag van die Heilige Gees in ons lewens die sonde met krag, ywer en mening te beveg en te probeer weerstaan nie. “Julle het nog nie ten bloede toe weerstand gebied in julle stryd teen die sonde nie.” (Heb. 12:4).
AFRIKANER OF BOER?
Orals hoor mens deesdae "Ek is 'n Boer, nie 'n Afrikaner nie!" Maar is daar werklik 'n verskil tussen die twee? Is dit nie maar net nog 'n geskepte wig wat deur die vyand gebruik word om ons volkie uitmekaar te dryf nie?
Mev. CJH Vorster van die Afrikaner Nasionalistiese Beweging gee vir ons 'n klein kykie in hoe ons voorsate die ding gesien het, en beantwoord daarmee kundig en briljant hierdie groot geskilpunt.
Kom ons gesels oor die Boer...
Wie en wat is ... die Boer?
Daar is mense wat vandag voorgee dat die volksname Boer, Voortrekker, Vryburger uitgedien is. Volgens hulle is Boere, Voortrekkers en Vryburgers bebaarde vreemdelinge, wat aan waardes vasgehou het wat nie meer vandag geld nie.
En dan is daar mense wat voorgee dat 'n Boer iets anders is as ... 'n Afrikaner.
In die eerste uitgawe van die Afrikaanse Patriot, op 15 Januarie 1876, skryf ds. SJ Du Toit dat daar drie soorte Afrikaners is: Afrikaners met Engelse harte, Afrikaners met Hollandse harte en Afrikaners met Afrikaanse harte.
"Die laaste noem ons Regte Afrikaners, en hulle roep ons op om aan ons kant te kom staan... vir ons taal, ons nasie en ons land."
MAG ONS DIE REGERING TEENSTAAN?
Daniël is ’n baie belangrike boek vir die gelowiges van die eindtyd. Ons wat vandag leef sien reeds die tekens van die eindtyd. Soos wat gelowiges in die tyd van Daniël geleef het, sal dit ook aan die einde wees. Daar sal vervolging van staatsweë se kant wees en ons sal moet sterk staan in ons Christelike oortuigings. Ons hoef nie bang te wees nie want daar sal ook Goddelike ingrypings wees soos in die tyd van Daniël en sy drie vriende!
Die Bybel het ook talle ander voorbeelde van gelowiges wat ter wille van God burgerlik ongehoorsaam was. In Ex.1 het die Farao twee Hebreeuse vroedvroue opdrag gegee om alle manlike babas dood te maak. Hulle het geweier: “Maar die vroedvroue het God gevrees en nie gedoen soos die koning van Egipte aan hulle gesê het nie, maar die seuntjies laat lewe” (:17). En God het hulle geseën: ” Maar God het aan die vroedvroue weldadigheid bewys.… En omdat die vroedvroue God gevrees het, het Hy huisgesinne aan hulle geskenk” (:22,21).
KEN ONS HOM VAN HARTE?
Hannes Ollewagen
Jeremia 24:1-10
“En Ek sal hulle 'n hart gee om My te ken, dat Ek die Here is; en hulle sal vir My 'n volk wees, en Ek sal vir hulle 'n God wees, want hulle sal na My terugkeer met hul hele hart.” (:10).
Die HERE praat hier van twee belangrike dinge wat saam werk – ‘n hart om Hom te ken. Ons lees oor kennis van Hom, maar ook ‘n liefde vir Hom wat daarmee saamgaan. Ons lees nie alleen dat Hy aan sy volk kennis sal gee nie, maar dat Hy hierdie kennis in ‘n hart sal lê wat Hom ken. Hulle sal derhalwe nie alleen kennis van Hom hê nie, maar ook sal hulle ‘n liefde vir Hom hê.
Kom ons luister weer na die welbekende woorde van Christus uit Matt. 22. “Meester, wat is die groot gebod in die wet? En Jesus antwoord hom: Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand. Dit is die eerste en groot gebod.” (:36-38).
1e VERGOEDING VIR PFIZER-STERFTES
“Taiwan ken vergoeding toe aan 9 COVID-entstofsterftes”
Taiwan News het hierdie storie op 27 Februarie 2023 gepubliseer. Alhoewel daar baie gevalle van kindersterftes as gevolg van COVID-19 mRNS-entstowwe bekend is, is hierdie vergoeding die eerste wat deur ‘n regering uitbetaal is. In hierdie kort artikel is al die sterftes deur Pfizer, wat behoorlik onder die wêreldbevolking gemaai het, veroorsaak! Ons maak hier melding van slegs ‘n paar gevalle uit die 6,5 miljoen sterftes oor die wêreld wat deur die sogenaamde inenting veroorsaak is.
Een van die 9 families wat vergoed is, is dié van ‘n vyfjarige meisie wat gesterf het aan miokarditis nadat sy ‘n 2e Pfizer COVID-19 mRNS-inspuiting ontvang het. Die meisie het haar bewussyn drie dae later verloor en 'n hart-ultraklankskandering het sistoliese funksie getoon wat dui op fulminante miokarditis.
’n Geregtelike doodsondersoek het limfositiese infiltrasie in haar miokardiale vesels gevind. Met inagneming van die volgorde van gebeure, het die komitee ingestem om die meisie se familie die hoogste vergoedingsbedrag vir dié tragiese gebeure aan te bied naamlik NT$3.5 miljoen (USD $114,829).
DIE DOODSTRAF
Die mens is na die beeld van God geskape. Gevolglik is moord ’n vergryp teen God. Gen.9:6 gee die mees basiese uitspraak oor moord: “Hy wat die bloed van ’n mens vergiet, sy bloed sal deur die mens vergiet word; want God het die mens na sy beeld gemaak”. Wie daarmee verskil, kritiseer uiteraard die Skrif. God motiveer self die doodstraf; iets wat geen ander godsdiens doen nie.
Om die beeld van God te vertoon, het God aan die mens lewe gegee. Net Hy het die reg om dit te neem. Job sê: “… Die Here het gegee en die Here het geneem; die Naam van die Here sy geloof!” (Job.1:21). Geen mens durf dit wegneem nie.
Die bepaling van Gen.9:6 is lank voor die ontstaan van Israel gegee wat sê dat God die doodstraf vir alle mense van alle tye gebied het. Toe Israel dit later as wetstoepassing aanvaar het, is dit slegs uitgebrei. Daar was 21 oortredings waarvoor die doodstraf opgelê kon word en in vier basiese groepe verdeel: