Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Hoe lyk die mense wat in ewigheid nie sal wankel nie, wat die reg het om op God te vertrou en hulself kinders van God te noem? Dawid skryf in Psalm 15 presies wie hulle is:
- Dit is mense wat nie onreg bewerk nie
- Hulle lieg en belaster, beskinder, besteel en bespot nie ander mense nie
- Dis daardie mens wat kinders van die Here met respek behandel
- Dis die mens wat vas staan by sy beloftes
- Dis hy wat nie woekerwins en dobbelgeld gebruik nie
- En dit is die mens wat geen omkoopgeskenk tot nadeel van ander neem nie
Durf ons sê dat die huidige SA-regime kinders van God is en nie sal wankel nie?... Hulle ineenstorting kom so seker as God leef.
DIE KARNIVOOR-DIEET
U sal onthou dat ons verlede Woensdag ‘n artikel van dr Michael Greger geplaas het wat handel oor die noodsaak om ‘n plantgebaseerde dieet te volg. Vandag plaas ons ‘n artikel oor Jordan Peterson wat ‘n karnivoor-dieet aanbeveel. Ons sal volgende Woensdag ‘n artikel plaas oor ‘n dokter wat dink die middeweg tussen hierdie twee dieet-lewenswyses is die veiligste.
Die idee met hierdie plasings is om vas te stel wat ons lesers van hierdie lewensstyle dink. Ons het reeds baie interessante terugvoer van talle lesers ontvang oor die plantgebaseerde lewensstyl. Die meeste van hulle was daarteen en voel mense moet nie net van plante alleen leef nie.
U word hartlik uitgenooi om u siening na Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. te pos. U kan steeds op artikel 1 HOE OM NIE DOOD TE GAAN NIE en nou ook op artikel 2 reageer. Wanneer ons artikel 3 geplaas het sal ons nog 7 dae grasie gee vir reaksie van ons lesers, waarna ons die uitslag bekend sal maak oor hoeveel lesers vir ‘n plantaardige lewensstyl (herbivoor) stem; en hoeveel vir ‘n diere-dieet (karnivoor) stem; en hoeveel vir ‘n vermenging van die twee (omnivoor) stem. Dit sal baie interessant wees om te sien watter invloed produsente, die media, die medici en u eie ervaring gehad het om u tot daardie spesifieke insig te bring.
Indien u wel u standpunt met ons wil deel, verstrek asseblief die rede in u e-pos waarom u daardie lewensstyl ondersteun.
Ten slotte: Gelofteland stem met geen een van die 3 artikels se inhoud noodwendig saam of daarteen nie; ons enigste funksie as inligtingsvoertuig is om gebeure en kennis bekend te maak waarvan u as leser self die inhoud moet lees en oordeel. Ons sal steeds graag u mening daaroor wil hoor – RED.
STRYD IS LEWE (5)
JA Marais
Lees volledig by Stryd is lewe
Die helde van ‘n volk
Die helde van ‘n volk kom altyd uit stryd. ‘n Volk se helde kom nooit uit die geledere van die vredemakers, uit die paaiers, uit die swigters, uit die mooipraters, uit die soebatters, uit die verskoningmakers nie. ‘n Volk se helde kom altyd uit die kringe van daardie mense wat bereid is om te veg vir wat hulle glo reg is.
Die stigting van die Genootskap van Regte Afrikaners was ‘n daad van groot betekenis in die Afrikaner se geskiedenis. Dit was ‘n daad wat klein was in sy onmiddellikheid, maar wat met die loop van jare tot een van die magtigste werklikhede van ons tyd gegroei het. In dankbare terugskouing staan ‘n mens verbaas oor die omvang van die resultate van hierdie klein daad in Augustus 1875, maar terselfdertyd dring die gebeurtenis ook vrae aan jou op wat beantwoord moet word om daardie geskiedenis sinvol te begryp en daaruit vorentoe te kyk.
OORLOG DUUR VOORT
Hier in Suid-Afrika hoor ons steeds nie veel van die oorlog tussen die Oekraïene en Rusland nie terwyl dinge daar al warmer word. Die hoofstroommedia kry dit steeds reg om die meerderheid Suid-Afrikaners aan die neus te lei net waar hulle wil. Maar daar sal ‘n dag kom wanneer hulle dinge nie meer kan wegsteek en verdraai nie...
Rusland se ministerie van verdediging het bekend gemaak dat meer as 600 van Kiëf se troepe uitgeskakel is in 'n Russiese missielaanval in die Oekraïens-beheerde stad Kramatorsk in die Donbass. Die bombardement Sondag was 'n "vergeldingsoperasie" wat uitgevoer is in reaksie op "'n kriminele aanval" deur die Oekraïne op 'n tydelike behuisingsgebied wat Russiese dienspligtiges in die stad Makeyevka in die Donetsk Volksrepubliek (DPR) op Nuwejaarsaand akkommodeer het.
DODELIKE NUWE MOORDENAAR
Kankersyfers het sedert die bekendstelling van die COVID-inspuitings dramaties toegeneem en is een van die top drie hoofoorsake van voortydige dood onder jonger volwassenes – 'n neiging wat op sy beurt alle mense se lewensverwagting laat afneem.
In 2019 was die gemiddelde lewensduur van bv Amerikaners van alle rasse byna 78,8 jaar. Teen die einde van 2021 het dit tot 76,42 gedaal – 'n verlies van byna drie jaar wat 'n verstommende afname is. Die hoofoorsake van sterftes in 2021 was hartsiektes en kanker, en dit was hoër in 2021 as in 2020. Beide hierdie hartsiektes en kanker is newe-effekte van die COVID-inspuitings.
Op 26 November 2022 het The Daily Skeptic 'n brief aan die redakteur van The BMJ gepubliseer, geskryf deur dr. Angus Dalgleish, professor in onkologie aan die St. George's Universiteit van Londen, waarin gewaarsku word dat COVID-versterkers aggressiewe verspreiding van kankers kan veroorsaak:
“Die grootste rede om alle entstofprogramme te staak is die kankerontploffing. As 'n praktiserende onkoloog sien ek mense met 'n stabiele siekte vinnig vorder nadat hulle gedwing is om 'n versterker te kry, gewoonlik sodat hulle kan reis. Selfs binne my eie persoonlike kontakte sien ek B-sel-gebaseerde siekte ná die versterkers”.
HÝ IS DIE REGVERDIGE
Hannes Ollewagen
Job 4:12-21
“Sou 'n sterfling regverdig wees voor God? Of 'n man rein wees voor sy Maker?Kyk, in sy dienaars stel Hy geen vertroue nie, en by sy engele ontdek Hy dwaling.” (:17&18).
Daar is ‘n bekende gesegde in die Ingelse taal wat stel: “Two wrongs don’t make a right.” En hierdie stelling het my laat dink aan dit wat in die lewe van onse Here Jesus Christus gebeur het. Is dit dan nie dat die onreg (“wrong”) wat Hom aangedoen is juis die onreg (“wrong”) wat ons doen “reg” gemaak het nie? Of was dit juis die reg wat Hy gedoen het wat die onreg wat ons doen reg gemaak het?
DIE MITE VAN MILJOENE JARE...
... en dinosourusse
Ds. A.E van den Berg
Inleiding
Toe die moderne wetenskap ongeveer 200 jaar gelede aan die gang begin kom het, is duisende mense deur die mite van ʼn aarde wat miljoene jare oud is, meegevoer. Dit was die gevolg van ʼn tuin wat deur die ateïs Charles Darwin omgespit is om sy ongeloofsgemanipuleerde saad in te saai. Die wrange vrugte wat dit voortgebring het, word kortweg ewolusionisme genoem.
Volgens die Darwin-teorie het dinosourusse ongeveer 220 miljoen jaar gelede op die aarde begin verskyn en teen 65 miljoen jaar uitgesterf. Mense wat deur die verhale van dinosourusse meegevoer is, het vas geglo dat die aarde miljoene jare oud is. Dis ʼn leuen. Die Bybel gee ʼn duidelike tydsraamwerk van duisende jare se geskiedenis waarbinne die dinosourusse ook val:
“En God het gesê: Laat die aarde lewende wesens voortbring volgens hulle soorte: vee, kruipende diere en wilde diere van die aarde volgens hulle soorte. En dit was so. En God het die wilde diere van die aarde gemaak volgens hulle soorte en die vee volgens hulle soorte en al die diere wat op die grond kruip, volgens hulle soorte. Toe sien God dat dit goed was” (Gen.1:24-25).
GORDELROOS AGV COVID-SPUIT
In 'n onlangse gevallestudie wat in die Journal of Cutaneous Immunology and Allergy gepubliseer is, word die aanhoudende voorkoms van post-covidspuit-gordelroos of te wel herpes zoster, bespreek. Dit is 'n infeksie wat in die vel veroorsaak word deur die varicella zoster-virus, geassosieer met die teenwoordigheid van die proteïen in die covid-inspuiting. Soos deur die navorsers verduidelik:
“Sedert die veldtog van inenting teen covid-19 begin het, is 'n wye verskeidenheid van nadelige effekte op die vel ná inenting wêreldwyd gedokumenteer. Varicella zoster virus (VZV) heraktivering was na bewering die mees algemene kutane reaksie na toediening van mRNS covid-19-entstowwe, veral BNT162b2.
“'n Pasiënt, wat vir maande lank veluitslag gehad het ná die BNT162b2-inenting, is ondersoek vir die VZV-virus asook enige teenwoordigheid van entstof-afgeleide piekproteïen. Opvallend was dat die entstof-gekodeerde piekproteïen van die covid-19-virus duidelik gesien is in die vesikulêre keratinosiete en endoteelselle in die dermis.”
HOE OM NIE DOOD TE GAAN NIE
Dr. Michael Greger
WAAROM DIE NUWE BOTTERGIER?
“Botter is terug”. "Beëindig die oorlog teen botter". "Botter: Die nuwe gesondheidskos"... Dit is oral in die media. Wat gaan aan met botter?
Reeds aan die einde van 2008 het die wêreldwye suiwelbedryf 'n vergadering in Mexikostad gehou en planne gemaak om "die negatiewe impak van melkvet deur reguleerders en mediese professionele persone te neutraliseer". Daarna het hulle wetenskaplikes gevind wat saam met hulle sou werk en instansies wat hulle van befondsing sou voorsien om "navorsing" uit te voer wat die publiek die verband tussen versadigde vet en siekte nie sou laat glo nie. En sedert die begin van 2009 het ons artikels gesien en mediaberigte gehoor wat gebaseer is op baie wankelrige wetenskap wat die voordele van versadigde diervette bevorder.
Vroeg in 2014 het navorsers data van verskeie van die swak navorsingswerke gekombineer, en 'n referaat is gepubliseer wat berig dat geen beduidende verband tussen versadigde vet en hartsiektes gevind is nie.
ONTHOU U VERANTWOORDELIK- HEID
Hannes Ollewagen
Matt. 6:19-34
“Daarom moet julle jul nie kwel en sê: Wat sal ons eet, of wat sal ons drink, of wat sal ons aantrek nie? Want na al hierdie dinge soek die heidene; want julle hemelse Vader weet dat julle al hierdie dinge nodig het. Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word. Kwel julle dus nie oor môre nie, want môre sal hom oor sy eie dinge kwel. Elke dag het genoeg aan sy eie kwaad.” (:31-34).
Wanneer ons na die media kyk, word daar ‘n somber prentjie vir die volgende kalenderjaar geskep. Dit is die nasionale kragnetwerk wat dreig om in duie te stort. Rentekoerse lyk onheilspellend. Die styging in voedselpryse lyk onrusbarend. En wêreldwyd dreig ‘n ekonomiese resessie. So kan ons met die lys aangaan. Dit is dan natuurlik ook te verstane dat ons oor baie van hierdie dinge, en die impak wat dit op ons en ons geliefdes se lewens sal hê, bekommerd raak. Ons moet egter nie vergeet dat die Woord van die HERE ons ook in hierdie verband onderrig en leiding gee nie.
GELDMAG SOEK SA SE RYKDOMME
"'n Sterk Blanke onafhanklike regering in Suid-Afrika soos dié van dr HF Verwoerd, wat beskik het oor die grootste goudreserwes in die wêreld en naas die Sowjetunie die grootste reserwes van strategiese bodemrykdomme besit, het daardeur noodwendig 'n hoofhinderpaal vir die beplande wêrelddiktatuur geword en moes hy vermoor word sodat Johan Vorster, wat reeds deur die Geldmag onderrig was, kon saamwerk totdat ‘n swart regering sou oorneem wat dit uiteraard baie maklik vir die Geldmag sou maak om Suid-Afrika te dreineer van sy rykdomme."
Suid-Afrika en die Sowjetunie beskik oor die grootste voorrade aan minerale rykdom wat daar in die wêreld te vinde is. Die olierykdom van die Arabiere sou in die 2lste eeu vervang kon deur die minerale rykdom van die Suid-Afrikaanse subkontinent.
Suid-Afrika beskik oor die wêreld se grootste afsettings van platina, chroom, mangaan, vanadium, vloeispaat, andalusiet en groot hoeveelhede van antimoon, asbes, lood, diamante, ystererts, mika, steenkool, koper, nikkel, fosfa titaan, uranium, vermikuliet, sink en sirkonium.
Dr HF Verwoerd 1963
"As ons ooit sou moes veg vir ons voortbestaan en ons vaderland, laat geen mens en geen staat daaroor twyfel hê dat ons dit sal doen nie. Dit is ons land, ons erfenis, waarmee al ons verwagtings en ons verlangens diep verbonde is en waarin ons onder leiding van die Almagtige al die probleme sal oplos op ons eie manier tot almal se voordeel en geluk."
NUWEJAARSDAG
Soos ʼn boom by waterstrome
Ds A.E. van den Berg
“Welgeluksalig is die man wat nie wandel in die raad van die goddelose en nie staan op die weg van die sondaars en nie sit in die kring van die spotters nie; maar sy behae is in die wet van die Here, en hy oordink sy wet dag en nag. En hy sal wees soos 'n boom wat geplant is by waterstrome, wat sy vrugte gee op sy tyd en waarvan die blare nie verwelk nie; en alles wat hy doen, voer hy voorspoedig uit” (Ps.1:1-3).
As ʼn nuwe jaar aanbreek besef jy dat die tyd vlieg. Moses skryf: “Want al ons dae gaan verby deur u grimmigheid, ons bring ons jare deur soos 'n gedagte” (Ps.90:9).Dat tyd vlieg, is sleg. Die goeie is dat jy die loods is en moet soos Moses bid: “Leer ons om ons dae so te tel dat ons 'n wyse hart mag bekom!”
God is ons vlieginstrukteur en wil ons leer om hierdie jaar reg te vlieg want elke mens gaan een of ander tyd ʼn Nuwejaar beleef waarvan hy nooit die Oujaar sal sien nie. En dit kan jy wees! Paulus sê: “Pas dan op dat julle nougeset wandel, nie as onwyse nie, maar as wyse; en koop die tyd uit, omdat die dae boos is”" (Efes.5:15,16).
GOD EN WETENSKAP
Baie gelowiges beweer dat geloof in God en in die Bybel onversoenbaar is met wetenskap. Daar word ook beweer dat die Bybelse beskrywing van die skepping die behoefte aan wetenskaplike teorieë oor hoe en wanneer die wêreld ontstaan het, tot niet maak. Aan die ander kant bestaan die evolusieleer wat ontken dat God die mens geskape het. Al hierdie argumente is op onvolledige data gebaseer.
Wetenskaplikes moet nog die wetenskap wat God in die natuurlike wêreld ingebou het ontdek en ten volle verstaan. Ongelukkig vermaak hulle hulself met teorieë wat nie bewys kan word nie en meesal heeltemal in stryd is met wat die Bybel ons oor die skepping leer. Die evolusiesiening dat die mens van die aap afstam word nou selfs in gesondheidsgesprekke as die waarheid gesien. Erger nog, daarop word aannames gebou wat die mens se dieet en gesondheid glo moet bepaal. Dus word daar deesdae aanbevelings vir mense se lewensstyl tot beter gesondheid gemaak op grond van onvolledige skeppingsdata. Meesal is hierdie aanbevelings totaal in stryd met wat in die Woord van God aan ons verklaar word.
VERRAAIERS EN JOINERS
In enige volk se bestaan is oorlog onvermydelik. Soms is daardie stryd nie van militêre aard – soos wanneer konvensionele oorlog gevoer word nie – maar altyd is dit ‘n oorlewingstryd wat die voortbestaan van volke bepaal.
As Afrikanervolk is ons geensins onbekend met hierdie verskynsel nie. Ons het inderdaad in 1994 reeds vir ‘n derde maal ons vryheid verloor. Daar is ‘n voortdurende aanslag – veral vanuit Brittanje - om die Afrikanervolk se reg om oor homself te regeer van hom te ontneem.
In al hierdie oorlogstryd wat gevoer word, hetsy dit van militêre of politieke aard is, is daar die ewige verskynsel van “joiners”, pasifiste en verraaiers. Hierdie verraderlike verskynsel vind mens in enige stryd en wel vanweë ‘n verskeidenheid redes. Persone wat hul hieraan skuldig maak is gewoonlik:
- selfsugtige, egosentriese individue wat altyd eiebelang voor volksbelang plaas
- lafaards – hulle sien nie kans vir die opofferings wat die stryd eis nie – ons het hulle altyd die meide genoem
- mense wat hulleself ver verwyderd van die kern van ‘n volk bevind; hulle beweeg gewoonlik op die buitenste periferie van die volk waarin hulle gebore is se konsentriese kringe, vanwaar hulle hulself maklik afskil van die volk. Hulle verloën hul volkskap vanweë ‘n gebrek aan ‘n gevoel van nasionalisme
STRYD IS LEWE (4)
JA Marais
Lees volledig by Stryd is lewe
AS DIE WAGTERS SLAAP
Dit is bedroewend as die wagters slaap. Maar dit is doodsgevaarlik as die wagters die rug op die vyand gedraai het en die volk binne die mure bespied en betakel terwyl die vyand deur die hekke kruip.
Ek wens iemand wil ‘n doktorstesis skryf oor die eredoktorsgrade wat die afgelope jare deur Afrikaanse universiteite toegeken is. Sommer so uit my geheue sal ek die name van ‘n halfdosyn of wat geldpraktisyns kan noem wat oornag “Dr” voor hulle naam gekry het.
As dit nou maar ‘n onopsigtelike gebeurtenis in die gewone loop van sake was, sou dit nog nie veel aandag getrek het nie. Maar telkens wanneer een van die toekennings gemaak word, word daaraan ‘n groot rugbaarheid gegee, asof dit vir die betrokke universiteit ‘n groot eer en prestasie is om so ‘n eredoktorsgraad toe te ken. Koerante verkondig die nuus asof die hele samelewing deel in die roem van die universiteit waaraan so ‘n eer te beurt geval het.
STRYD IS LEWE (3)
JA Marais
Lees volledig by Stryd is lewe
'n Bloedlose verowering
Dit is ‘n nuwe idioom waarin die stryd vandag gevoer word, 'n idioom waarteen ons ons eie idioom sal moet slyp totdat dit 'n blink swaard is.
Die toestand waarin ons vandag verkeer, kan seker op verskillende maniere beskryf word, maar hoe jy ook al daarna kyk, dit is ‘n proses van bloedlose verowering waarmee ons te doen het. Oor hoe ver die proses gevorder het, kan wel geredeneer word, rnaar dat dit wel ver gevorder het, moet ons ook aanvaar.
Nou kan u dadelik vir my vra, as u saamstem dat daar 'n proses van verowering aan die gang is, wie die veroweraar is, want dit is tog net so 'n wesenlike deel van die hele saak. Daaroor moet 'n mens ook volkome duidelikheid kry.
DIE GAWES WAT ONS ONTVANG
Hannes Ollewagen
Ex. 31:1-11
“Kyk, Ek het Besáleël die seun van Uri, die seun van Hur, van die stam van Juda, by sy naam geroep; en Ek het hom vervul met die Gees van God, met wysheid en verstand en kennis en bekwaamheid vir allerhande werk, om kunstige planne uit te dink, om dit uit te voer in goud en silwer en koper,en deur snywerk in stene wat ingelê moet word, en deur houtsnywerk; om werksaam te wees in allerhande werk. En kyk, Ek het hom Ohóliab bygegee, die seun van Ahísamag, van die stam van Dan. En in die hart van elkeen wat kunsvaardig is, het Ek wysheid gegee, dat hulle alles wat ek jou beveel het, kan maak:” (:2-6).
Ons lees hier van die opdrag wat God aan Moses gegee het om die tent van samekoms en die daarby behorende items te maak. Maar uit hierdie opdrag en gedeelte word die waarheid van Rom. 11:36 onderstreep. “Want uit Hom en deur Hom en tot Hom is alle dinge. Syne is die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.” Saam met die opdrag wat God aan Moses gee, skenk Hy hom ook die manne met die nodige verstand, kennis, bekwaamheid en vaardigheid om die werk te verrig. En hierdie manne wat hierdie verstand, kennis, bekwaamheid en vaardigheid besit, het dit ook nie uit hulself nie – dit is ‘n gawe van God. Jakobus 1:17 vat dit vir ons mooi saam. “Elke goeie geskenk en elke volmaakte gawe daal van bo af neer, van die Vader van die ligte, by wie daar geen verandering of skaduwee van omkering is nie.”
WAAROM ONS KERSFEES OP 25 DESEMBER VIER
Is 25 Desember werklik die geboortedag van Jesus of kom dit uit die heidendom soos sommige kritici beweer? Die antwoord op beide die vrae is nee; 25 Desember is nie die werklike geboortedag van Jesus nie. Dit kom egter nie uit die heidendom nie. Wat wel waar is, is dat 25 Desember sedert die vierde eeu nC die Christelike kerk se feesdag is waarop Jesus se geboorte gevier word. Let wel: sy geboorte en nie sy geboortedag nie!
Dat Jesus se geboorte op of naby aan 25 Desember geskied het, is ’n baie sterk moontlikheid. Die vroeë kerk het aan die hand van ou Joodse geskrifte die tyd van Sagaria se diensbeurt in die tempel uitgewerk. Dit was glo in September van daardie jaar. In daardie tyd het ’n engel aan hom verskyn en van Johannes (die Doper) se komende geboorte verwittig. Werk dit ’n bietjie uit - Elizabeth was ses maande swanger toe ’n engel Maria oor Jesus se komende geboorte ingelig het. Dit was dus in Maart. Die kerk het hierdie datum op 25 Maart bereken. Die geboorte van Jesus was nege maande later – 25 Desember.
KERSDAG 2022
Ds A.E. van den Berg
“Die Gees van die Here HERE is op My, omdat die Here My gesalf het om ’n blye boodskap te bring aan die ootmoediges; Hy het My gestuur om te verbind die gebrokenes van hart; om vir die gevangenes ’n vrylating uit te roep en vir die geboeides opening van die gevangenis” (Jes.61:1)
Dis vandag Kersfees, ʼn anderse dag as ander Christelike feesdae omdat dit uitsluitlik van vreugde spreek. Tydens Lydenstyd raak ons bedroef as ons aan Jesus se lyding dink, maar Kersfees is vreugde. ’n Mens sou graag van die Kersfees-gees in flesse wou opvang, bewaar en maandeliks een oopmaak.
Dis goed om tydens Kersfees opgewonde soos ’n kind te wees, want ons Verlosser het immers as kind na die aarde gekom. Kersfees moet egter in ’n mens se hart wees. Wie dit nie in sy hart het nie, soek tevergeefs daarna in geskenkpapier toegedraai. Kersfees is ’n hartsaak.
STRYD IS LEWE (2)
JA Marais
Lees volledig by Stryd is lewe
Wie is die bang mense?
Die nasionalisme het nie plek vir papbroeke en vroompraters nie. Wie sy vertolkers wil wees, moet reguit loop, moet duidelik praat, moet bereid wees tot onvriendskap met sy vyand en moet sy man kan staan selfs wanneer hy alleen staan.
Wie is die bang mense in die politiek? Die vraag het glo een aand by die Pretoriase Parlementêre Debatsvereniging opgeduik en tot enkele interessante opmerkings gelei.
Die aanklag van bevreesdheid vir die wêreld daarbuite en vir die toekoms word van toeka se dae of met gereelde tussenposes teen die behoudende Nasionale Afrikanerdom ingebring. Dit is pres. Kruger met venyn aangevryf; dit is met brutaliteit op die rekening van genl. Hertzog geplaas; met growwe beterweterigheid is dit dr. Malan ten kwade gedui; dit is met kille hooghartigheid adv. Strijdom verwyt, en dit met 'n hele vermakerigheid teen dr. Verwoerd ingebring.