NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Nog in die gees van Kersfees so op die 2e Kersdag, onthou ons dat die koms van die Seun van God die waterskeiding is tussen verterende droefheid en onomkeerbare vernuwing – ongeag wat mense jou aandoen, jy kán 'n vrolike hart hê.

‘n GOD VAN VREDE

Hannes Ollewagen

Jesaja 53:1-12

“Maar Hy is ter wille van ons oortredinge deurboor, ter wille van ons ongeregtighede is Hy verbrysel; die straf wat vir ons die vrede aanbring, was op Hom, en deur sy wonde het daar vir ons genesing gekom.” (:5).

Luister tog mooi na die woorde uit hierdie vers. Die aandagtige aanhoor hiervan bring by ons die besef tuis dat ons as mense nie verstaan wat liefde is nie. Dit waarna ons uit ons teksgedeelte van vanoggend luister, is liefde. ‘n Liefde so sterk en groot dat Hy bereid was om ter wille van ons oortredinge deurboor te word. ‘n Liefde só sterk dat Hy ter wille van ons ongeregtighede verbrysel is. Hy was bereid om die smart, hoon, veragting, pyn en vernedering ter wille van ons te verdra! Maar as ons sê dat Hy dit ter wille van ons gedoen het, beteken dit wat? Beteken dit dat Hy hierdie pyn, marteling en vernedering ondergaan het sodat al ons sondes (hetsy daar by ons berou is of nie) net vanself vergewe is sodat ons die lewe (in ongebondheid en met roekeloosheid) kan “geniet”?

Nee! Nee! Die Woord van die HERE is tog duidelik daaroor. Hy het hierdie marteling, vernedering en pyn ondergaan en sodoende die straf van ons sondes op Hom geneem. En waarom? Sodat dit vir ons die vrede kan aanbring! En die vrede waarvan ons praat is nie ‘n vrede met die ongeregtigheid nie, maar vrede met God. Hy het al hierdie opoffering gebring sodat Hy as Middelaar tussen ons en die Vader vrede kon maak.

Ons hoor tog gedurig van vrede. Vrede, vrede, vrede. Iets waarvan ons baie hoor, maar min sien. Maar wat is vrede dan? Vrede is dat twee of meer partye in ‘n goeie en gesonde verhouding teenoor mekaar staan. Dit is dan ook God se wil dat ons in vrede met ons naaste, maar ook in vrede met Hom sal leef. Daarom dat ons Hom ‘n God van vrede noem. “...want God is nie 'n God van wanorde nie, maar van vrede, soos in al die gemeentes van die heiliges.” (1 Kor. 14:33). Dit is m.a.w. sy Wil dat ons in goeie verhouding teenoor ons naaste staan, maar ook dat ons in ‘n goeie verhouding teenoor Hom staan. Daarom dat Hy aan ons die opdrag gee om vrede te soek en dit na te jaag. “Samek. Wyk af van wat verkeerd is, en doen wat goed is; soek die vrede en jaag dit na.” (Ps. 34:15). Ons vind hierdie opdrag ook in Rom. 14:19. “Laat ons dan najaag wat tot vrede en onderlinge stigting dien.” En ewe duidelik is hierdie opdrag in Heb. 12:14. “Jaag die vrede na met almal, en die heiligmaking waarsonder niemand die Here sal sien nie;”.

Dit behoort vir ons maklik te wees om te verstaan dat vrede tussen twee partye nie moontlik is wanneer een party gedurig op ‘n wyse optree wat aan die ander party aanstoot gee nie. Die Woord leer aan ons dat God ‘n afksu van die sonde het. “Die wandel van die goddelose is vir die Here 'n gruwel, maar hom wat geregtigheid najaag, het Hy lief.” (Spr. 15:9). Ons kan derhalwe nie verwag om in sonde en ongeregtigheid te leef en God nie daardeur aanstoot te gee nie. En as ons laasgenoemde doen, sal daar nie tussen ons en Hom vrede wees nie. Dit word in Jesaja 57:21 vir ons duidelik uitgespel. “Geen vrede, sê my God, vir die goddelose nie!”

Ek en u behoort dan te wonder of dit enigsins moontlik is dat daar vrede tussen enige mens en God kan wees. Ons is dan almal sondige mense. En ons sondige optrede gee Hom dan aanstoot. En dit is juis wat die wonderlike en liefdevolle werk van onse Here Jesus Christus onderstreep. Hy het nie alleen gekom om die offer vir ons sondes te bring nie, maar ook om ons in die weg van vrede te onderrig. “En jy, kindjie, sal 'n profeet van die Allerhoogste genoem word, want jy sal voor die aangesig van die Here uitgaan om sy weë reg te maak; om kennis van saligheid aan sy volk te gee in die vergifnis van hulle sondes,deur die innige barmhartigheid van onse God waarmee die opgaande Lig uit die hoogte ons besoek het, om te skyn oor die wat in duisternis en doodskaduwee sit, om ons voete na die pad van vrede te rig.” (Luk. 1:76-79). Hy het m.a.w. gekom om ons te leer hoe ons die vredesverhouding tussen onsself en God die Vader te herstel.

Ons leer deur die Woord van die HERE wat die dinge is wat God aanstoot gee. En hieruit kan ons verstaan wat die dinge is wat die vredesverhouding met Hom vertroebel. Die Woord van die HERE leer ons verder dat ‘n ontkenning van ons sondes nie die vrede tussen ons en Hom sal bewerkstellig nie. Maar wanneer ons deur die Woord bewus gemaak word van daardie dinge in ons lewens wat vir God tot aanstoot is en wanneer ons dan hieroor berou het en in ootmoed na Hom gaan met belydenis van ons verkeerheid, is daar vir ons vergifnis. Ja, dan is daar vir ons herstel in ons vredesverhouding met God. Ja, God rig in Jesaja 1:18 duidelik aan ons die uitnodiging om in berou met belydenis na Hom te kom sodat die vredesverhouding tussen ons en Hom herstel kan word. “Kom nou en laat ons die saak uitmaak, sê die Here: al was julle sondes soos skarlaken, dit sal wit word soos sneeu; al was dit rooi soos purper, dit sal word soos wol.” En ook word ons in Job 22:21 hierdie opdrag gegee. “SLUIT tog vriendskap met Hom, sodat jy vrede kan hê; daardeur sal goeie dinge oor jou kom.”

Mag ek en u ons oë op die Woord rig en sy getroue leiding volg wat ons sal lei op die weg waarlangs daar vrede met God onse Vader is. Laat ons na Hom luister en Hom gehoorsaam om daardie dinge wat tussen ons en die Vader skeiding bring uit ons lewens te verwyder. Hy is immers die Een wat die middelmuur (sonde) van skeiding tussen ons en die Vader afbreek. “Want Hy is ons vrede, Hy wat albei een gemaak en die middelmuur van skeiding afgebreek het” (Efés. 2:14).

Laat ons met ywer probeer om daardie dinge wat in ons lewens vir God aanstoot gee raak te sien en dit met opregtheid voor Hom te bely. En mag ons dan ook daarteen stry en dit laat staan. Laat ons met ywer probeer om vlekkeloos en onberispelik voor Hom te leef sodat ons in vrede met Hom mag leef. “Daarom, geliefdes, terwyl julle hierdie dinge verwag, beywer julle dat julle vlekkeloos en onberispelik voor Hom bevind mag word in vrede.” (2 Pet. 3:14).

Opsoek na inligting?

  • ‘n Nuwe boek deur doktor Mike du Toit het op die rak verskyn getiteld:

    ‘N ORGANIESE, EKONOMIESE EN POLITIEKE BESTEL

    VIR ‘N TOEKOMSTIGE AFRIKANERVOLKSTAAT

    Na Du Toit se oordeel het die kapitalisme en demokrasie ernstige tekortkominge en funksioneer dit tot nadeel van alle volkere wat wens om as organiese eenhede met ʼn eie identiteit te bestaan. Hierdie tekortkominge word in die boek uitgewys. Die kapitalisme en demokrasie berus op die liberale lewensbeskouing. As alternatief tot die liberalisme stel Du Toit die organiese lewensbeskouing. Lees alles wat u daaroor wil weet by hierdie skakel NUWE BOEK DEUR DR MIKE DU TOIT

    ______________

    UBUNTU; Herbedink

    Die gonswoord van 'n dekade of wat gelede, nl 'Ubuntu', het 'n mens nuuskierig gemaak. Wat sou die mooiklinkende woord: 'u-bun-tu' wat blykbaar oornag groot handelswaarde ontwikkel het, werklik beteken? Nadat Desmond Tutu in 'n videosnit die betekenis verduidelik het as:'I am because we are' en Bill Clinton daarop probeer verbeter het met: 'I am because you are', kon dit nie anders nie. Dié saak moes ondersoek word.

    Na 'n ompad deur Afrika en selfs die antieke geskiedenis, is weer in die eie tyd, by uitsprake van Mbeki, Tutu, Steve Biko en andere uitgekom. Daarna is na Ubuntu en die wêreldpolitiek gekyk, maar ook na 'n ubuntuplan en ekonomiese seifbeskikking met die oog op oorlewing.

    Die skrywer, Tobie Hart, slaag met hierdie werk om die leser te boei met aktuele inligting wat elkeen raak. Ook die voorblad, met reënboog en standbeeld praat met die leser.

    Die boek, teen R260-00 per harde kopie kan bestel word by: Groep 7 Drukkers Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..         Die boek is ook in Engels beskikbaar as Ubuntu: Re-invented

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 787 gaste aanlyn