Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Jy hoef nie ander mense se lig uit te doof sodat jou eie gesien kan word nie. Wees eerder 'n held en steek helder lig in die wêreld aan oral waar jy gaan sodat ander mense ook kan sien.
DIE KERNOORLOG NABY?
Duitsland se Minister van Buitelandse Sake, Annalena Baerbock, het aangekondig: "Ons veg 'n oorlog teen Rusland." Hulle sê dit openlik. Hulle sê letterlik VS/NAVO is in oorlog met Rusland.
Is dit hoe die Bundestag werk? Hoe is dit dat ministers oorlog kan verklaar sonder die ingeligte toestemming van die Duitse volk? En is Engels nou die voorkeurtaal van die Duitse regering? Of beoog Baerbock haar boodskap vir 'n groter gehoor as Duitsland se burokrate? Stel jou voor 'n Amerikaanse parlementslid wat op die vloer staan en met sy kollegas in Duits of Frans praat.
Maria Zakharova, woordvoerder van die Russiese ministerie van Buitelandse Sake se reaksie soos volg: “As ons dit by Merkel se onthullings voeg dat hulle die Oekraïne versterk en nie op die Minsk-ooreenkomste gereken het nie, dan praat ons van 'n oorlog teen Rusland wat vooraf beplan is. Moenie later sê dat ons nie hieroor gewaarsku het nie.”
Die Duitse mense moet regtig ontslae raak van hierdie neokoniese politici, net soos Amerika van hulle hele regering se psigopate ontslae moet raak. Die spul moet bymekaargemaak en verhoor word vir oorlogsmisdade en misdade teen die mensdom. Hoe gouer hoe beter vir almal!!
STILTE VOOR DIE STORM
Dit kom voor asof die sogenaamde pandemie wat reeds in 2020 begin het om die wêreld om te krap, nou bedaar het. Maar as mens dieper ondersoek instel lyk dit eerder nou na die stilte voor die storm.
Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) het in die middel van 2022 begin met die opstel van 'n wêreldwye pandemieverdrag, wat hom die alleenmag sal gee om besluite te neem wat verband hou met globale biosekuriteit, insluitend maar nie beperk nie tot die implementering van 'n wêreldwye entstofpaspoort/digitale identiteit, verpligte inentings, reisbeperkings en gestandaardiseerde mediese sorg.
Dan kan hulle net jou bankrekening sluit wanneer jy iets doen waarvan hulle nie hou nie, soos om te protesteer teen die onreg wat op ons wag wanneer alle vryhede van ons weggeneem is. Inderdaad, in 2022 het die Kanadese regering beslag gelê op die bankrekeninge van mense wat geld aan die vragmotorkonvooi geskenk het, en dit was basies 'n voorskou van die soort mag wat die WGO sou hê.
MUSK, SCHWAB EN SOROS
Dit was deur jare altyd interessant hoe misdaad uitspeel sodat 'n klomp skurke uiteindelik teen mekaar werk wanneer dinge warm word, en gewoonlik agv geen vastigheid, geloof en vertroue, nie in mekaar nie, nog minder in hulle Skepper wat hulle gewoonlik ontken. Dit is dan wanneer die waarheid uitkom. Geniet hierdie video!!!
GELOFTELAND SE DIEET-STEMTELLING
Hierdie was ‘n baie klein navorsingstudie aangesien die meeste lesers klaarblyklik te skaam is om hulle persoonlike omstandighede bekend te maak. Ons het darem 32 antwoorde van dapper lesers gekry. Al is dit min, gee dit ons ‘n redelike duidelikheid dat mense vandag oor die algemeen voel dat groente, vrugte en vleis in hulle dieet welkom en selfs nodig is.
Weet ook dat ons sommige lesers persoonlik genader het om deel te neem; nie almal wou nie, dus volstaan ons by wat ons het. Ons hoef ook nie minderwaardig te voel oor die lae deelnemerstal nie; in Amerika het geregistreerde navorsingstudies soms uit tien tot ses-en-twintig kandidate bestaan; dus is 32 ‘n aanvaarbare getal om dit aanspreeklik te maak.
Die uitslag lyk soos volg:
OMNIVORE het gestem: 84%
KARNIVORE het gestem: 10%
HERBIVORE het gestem: 6%
NOTAS
ONTHOU GELOFTELAND HET GEVRA DAT STEMMERS EN LESERS DIE REDE VIR HUL BESLUITE SAL BYVOEG: natuurlik was daar min wat kommentaar gelewer het waarom hulle so ‘n lewenswyse volg.
RUSLAND VIR VREDE – WESTE SOEK OORLOG!
Ons hoor maar min deesdae van die voortdurende oorlog tussen Rusland en die Oekraïne. Maar ons weet ook dat di e swye net nog ‘n metode is waarmee die geldmag inligting weerhou ter wille van ‘n paar redes waaronder: nie onnodig alarm te maak oor al hulle wandade nie; asook rustige burgers te oorval in hulle slaap.
Die huidige situasie in die Oekraïne toon dat die konflik tussen Rusland en die Weste nie meer as 'n "basteroorlog" gedefinieer kan word nie, maar eerder besig is om 'n ware een te word, het die Russiese Minister van Buitelandse Sake, Sergey Lavrov, gesê.
Lavrov het tydens 'n perskonferensie ná 'n ontmoeting met sy Suid-Afrikaanse eweknie, Naledi Pandor, (glo dit as mens kan!) opgemerk dat hierdie "amper werklike" oorlog iets is wat die Weste "vir 'n lang tyd teen Rusland voorberei het." Ja, almal weet dat die VSA en sy bendelede soos die VK ea, vir jare lank beplan om Rusland met die aarde gelyk te maak.
AVOKADO: HART- EN BREINKOS
Avokado's word gekenmerk as ‘n uitsonderlike vrug, heeltemal anders as enige ander vrug. Dit bevat die hoogste hoeveelheid vet, kalorieë en proteïene van enige vrugte. Dit spog ook met 'n redelike hoeveelheid van onder meer vesel, kalium, magnesium, B-vitamiene (soos folaat), vitamien E en karotenoïede.
Dit is geen wonder dat avokadoverbruik wêreldwyd dramaties toegeneem het nie. Dit is nie net vol voedingstowwe nie, maar die botterige, effens neutagtige geur is moeilik om te weerstaan. Die hoë kalorie- en vetinhoud kan jou egter laat twyfel of avokado's gesond is om gereeld te verbruik. Beter nog, bevat dit enige gesondheidsvoordele? Hou aan lees om te leer wat navorsing te sê het oor die daaglikse verbruik van avokado's.
Jy kan jou ingewande se gesondheid verbeter
REDDING DEUR SY WOORD
Hannes Ollewagen
Ps. 107:1-43
“Toe het hulle die HERE aangeroep in hul benoudheid; uit hul angste het Hy hulle verlos. Hy het sy woord uitgestuur, dat Hy hulle kon gesond maak en hulle uit hul kuile red.” (:19&20).
Ons lees in hierdie Psalm van die volk Israel se benoudheid waarin hulle verkeer het. Ek en u as gelowige Afrikaners assosieer maklik hiermee. Ons ervaar ook op hierdie stadium die werklikheid van ‘n volk wat in benoudheid verkeer. ‘n Volk wat verneder en verdruk word. Ja, ‘n volk wat gedurig slae kry. Wanneer ons ‘n bietjie terugstaan en die toestand van ons volk as ‘n geheel beskou, word ons huidige situasie vir ons in Jesaja 1:5-7 só duidelik gestel. “Waar wil julle nog geslaan word, dat julle voortgaan met af te wyk? Die hele hoof is siek, en die hele hart is krank. Van die voetsool af tot die hoof toe is daar geen heel plek aan nie, maar wonde en kwesplekke en vars houe! Hulle is nie uitgedruk of verbind of met olie versag nie. Julle land is ‘n wildernis, julle stede is met vuur verbrand, vreemdes verteer julle landerye in jul teenwoordigheid, en dit is ‘n wildernis soos by ‘n omkering deur vreemdes.”
WAARHEID OOR “INENTINGS” MAAK SEER
- Die WGO verklaar skielik die naderende einde van die wêreldwye pandemie-noodtoestand.
- Die Duitse regering beëindig nou befondsing vir die Corona-inentingsentrums.
- Inentingswepe soos die viroloog Drosten raak skielik stil.
- Die hoof van die Robert Koch-instituut, Wieler, bedank skielik.
Dit alles is natuurlik nie toevallig nie.
Op 1 Januarie 2023 het 'n lewensbelangrike artikel in die Wall Street Journal verskyn, met verwysing na 'n navorsingstudie wat op 19 Desember 2022 in die voorste wetenskaplike joernaal Nature verskyn het. Die kernboodskap daarvan was: “RNS-entstowwe bevorder 'n ontploffing van koronavirusmutasies by ingeënte mense.” Die kat is dus uit die sak gelaat: COVID het 'n pandemie by die ingeënte geword.
’n “Biologiese tydbom” tik nou in miljoene ingeënte mense – ’n Waterloo vir die toekomstige markte van die farmaseutiese industrie en vir al daardie politici wat die ongegronde inentingspreuke van hierdie bedryf op miljoene mense afgedwing het.
AS ‘N TRONK ‘N TEMPEL WORD
Ds A.E. van den Berg
“En omtrent middernag het Paulus en Silas gebid en lofliedere tot eer van God gesing; en die gevangenes het na hulle geluister” (Hand.16:25).
Paulus was ongeveer 65 jaar oud toe hy in Rome weens sy geloof in Jesus onthoof is. Kort voor sy teregstelling skryf hy aan die plaaslike gemeente om hul geloof in ʼn godvyandige omgewing op te pas. “En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed, sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is” (Rom.12:2).
Gelowiges is anders as ongelowige mense; hulle dink, praat en doen dinge anders. Daarbenewens reageer hulle ook anders as normaalweg soos uit die gebeure in Hand.16 blyk. Dit vertel die verhaal van hoe gelowiges in baie slegte omstandighede met God se krag van ’n tronk ’n tempel gemaak het.
GROOTSTE MOORDPOGING IN GESKIEDENIS BEWYS!
Daar bestaan ‘n hoogsvertroulike Pfizer-verslag oor inligting van wat met persone wat die mRNS-inspuiting ontvang het, gebeur het. Hierdie verslag is pas in die VSA vrygestel onder wetgewing oor vryheid van inligting (FOI).
Die inligting is onstellend, maar bevrydend. Die “entstof” is in die middel van Desember 2020 bekendgestel. Teen die einde van Februarie 2021 het Pfizer reeds meer as 1 200 verslae ontvang van sterftes wat na alle waarskynlikheid deur die entstof veroorsaak is en tienduisende gerapporteerde newe-effekte, insluitend 23 gevalle van spontane aborsies uit 270 swangerskappe en meer as 2 000 verslae van hartafwykings.
Die data van middel Desember 2020 tot einde Februarie 2021 bevestig onomwonde moord en nie manslag nie. Op grond van die getuienis het Pfizer die verantwoordelikheid en geleentheid gehad om die "entstof" onmiddellik te kanselleer en terug te trek maar het dit nie gedoen nie.
STRYD IS LEWE (7)
JA Marais
Lees volledig by Stryd is lewe
Die helde van ‘n volk (3)
In die Afrikanerdom vandag is die grootste band wat ons nog ondergeskik hou, wat ons weerhou van 'n volkome geestelike vryheid, die kommunikasienet van die Engelse wêreld waarin ons nog gevange sit; die kommunikasienet van Amerikaanse en Engelse rolprente wat uit 'n totaal vreemde en dikwels skerp vryandige lewensbeskouing vervaardig is en hier op die Afrikaner afgelaai word. Dit is die kommunikasienet van internasionale nuusagentskappe wat vanuit die Engelse wêreld gevoed word en vanuit daardie omstandigheid die lewe en gebeurtenisse aan ons volk vertolk. Dit is die kommunikasienet van boek en tydskrif, wat nie net die pornografie in die algemeen bevorder nie, maar wat die vreemde lewensbeskouinge in ons huise, in ons skole en in ons universiteite indra. Waar die Afrikaner se grondgebied in 1877 deur die Britse mag beset is, beset hulle nog vandag die Afrikaner se geestesgebied omdat hy in daardie kommunikasienet vasgevang is.
GELOFTELAND SE EPOS-ADRES
Jammer ons het nie die epos-adres in die artikel ingesluit nie. Gebruik asb hierdie epos-adres om u mening na toe te stuur. Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
MENSE IS OMNIVORE
Dr McArdle, anatomis en primatoloog
Mense is omnivore: gebaseer op anatomiese kenmerke en argeologiese rekords
(Ons plaas vandag die derde en laaste van die dieetmenings van dokters/kenners van menslike voeding. U sal onthou die debat gaan oor watter dieet werklik vir die mensdom bedoel is, naamlik herbivoor ((net plante)), omnivoor ((plante en diere)) en karnivoor ((net vleis)). U mag weer die vorige twee artikels wil lees by DIE KARNIVOOR-DIEET en by HOE OM NIE DOOD TE GAAN NIE . Ons vra of u asseblief u mening oor hierdie drie artikels sal stuur aan Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
Ons sal nog 7 dae, dit is tot volgende Woensdag, kans gee dat u u stem kan laat hoor voor ons daarna die publiek se mening bekend maak. Ondersteun asb hierdie poging sodat ons almal kan weet hoe die meerderheid mense in ons land hulle gesondheid en dieet sien – Red).
Wat is 'n omnivoor-dieet?
'n Omnivoor-dieet wat gesonde, heilsame kos bevat, bied voordele van beide vleis en plante. Maer vleis verskaf proteïene, B-vitamiene, vitamien E en minerale insluitend magnesium, yster en sink. Daarbenewens kan die vitamiene en minerale wat in plantvoedsel voor kom, help om teen vetsug te waak en toestande soos hartsiektes, beroerte, nierstene, beenverlies, diabetes en kanker te bekamp. Verder het die "American Journal of Clinical Nutrition" oor een van hulle talle studies berig dat deelnemers wat 'n omnivoor-dieet gevolg het en aan kragoefeninge deelgeneem het, meer vetvrye spiermassa gekry het as vegetariërs wat aan dieselfde oefeninge deelgeneem het.
STRYD IS LEWE (6)
JA Marais
Lees volledig by Stryd is lewe
Die helde van ‘n volk (2)
Dit was die toestand in Kaapland. Maar op daardie tydstip het benoorde Kaapland die Republiek van Transvaal en die Vrystaat bestaan waar Hollands die amptelike taal was. Die Konvensies van Sandrivier en Bloemfontein het aan Transvaal en die Vrystaat ‘n al groter losgemaaktheid van Brittanje gegee. Die Britse mag het gevoel dat sake besig was om in ‘n verkeerde rigting te ontwikkel en daar is begin om toenemend druk op Transvaal en die Vrystaat uit te oefen om hulle onafhanklikheid ongedaan te maak.
Dit is nie so ‘n unieke situasie wat destyds geheers het nie. Ons het vandag ‘n soortgelyke toestand.
VRA ONS NA SÝ LEIDING?
Hannes Ollewagen
Ps. 25:1-22
“Jod. Hy sal die ootmoediges lei in die reg en die ootmoediges sy weg leer. Mem. Wie tog is die man wat die Here vrees? Hy sal hom leer aangaande die weg wat hy moet kies.” (:9&12).
Ons lees in verse 3 en 4 van hierdie Psalm hoedat Dawid God vra om Hom in sy weë en waarheid te lei en te onderrig. “Dalet. Here, maak my u weë bekend; leer my u paaie. He. Lei my in u waarheid en leer my, want U is die God van my heil. U verwag ek die hele dag.” Dit is dan ook opvallend wanneer ons later in hierdie Psalm lees dat daar bepaalde eienskappe by ‘n mens teenwoordig is wat na God se leiding soek. Dit is duidelik dat die HERE aan die ootmoediges sy weg leer. En dat Hy leiding bied aan ‘n man met Godsvrees in sy hart. Luister gerus na die woorde van God uit Ps. 32:8&9 wat hierdie waarheid vir ons bevestig. “Ek wil jou onderrig en jou leer aangaande die weg wat jy moet gaan; Ek wil raad gee; my oog sal op jou wees.Wees nie soos 'n perd, soos 'n muilesel wat geen verstand het nie, wat 'n mens moet tem met toom en teuel as sy tuig, anders kom hy nie naby jou nie.” Hierin bevestig die HERE vir ons twee dinge. Die eerste is dat dit in sy liefdevolle Vaderhart is om aan ons raad en leiding in hierdie lewe te wil gee. En ten tweede is dat ons hierdie leiding alleen met die regte gesindheid sal ontvang en volg.
EINDDOEL VAN DIE GELOOF
Ds A. E. Van den Berg
“...en die einddoel van julle geloof, die saligheid van julle siele verkry” (1 Pet.1:9).
Dink u die volgende toneel in; ʼn Joodse konsentrasiekamp tydens die Tweede Wêreldoorlog. Voor die staaldeure van ʼn Nazi gaskamer staan ’n ry mense en wag hul beurt af om te sterf. Agter in die ry staan’n ou rabbi, ’n waardige figuur en bid hardop: “Here, hoor ons in ons nood en help ons!”
Soldate lag hom uit en die ry beweeg vorentoe. Mense bid al hoe dringender; ’n jammerlike geroep tot God om in hul aangesig van die dood in te gryp: “Here, stuur tog U engel om ons te verlos. Laat die vlamme van U oordeel op die aarde val en hierdie bose mense verdelg!” bid die rabbi. Die soldate lag harder.
COVID - LEUENS EN BEDROG
Tog jammer dat die Amerikaanse kongres eers ‘n party-verandering moes ondergaan voordat vooraanstaande medici vanoor die wêreld eindelik die moed aan die dag lê om hul sê te sê oor die kunsmatige “pandemie” en sy gepaardgaande verpligte behandelings-regimes (wat meer mense doodgemaak het as wat dit gered het). Ook oor die sogenaamde vaksien wat ontwerp is – wat nou duidelik blyk geen sukses te hê in òf die verspreiding òf voorkoming van die virusssiekte nie.
Daarbenewens is ook ‘n klomp geraamtes opgediep nadat Elon Musk Twitter oorgekoop het – verstommende inligting oor leuens, toesmeerdery, samespanninge en die stilmaak van opponerende standpunte kom nou aan die lig. Alternatiewe behandelingsmetodes is gediskrediteer terwyl enige nugter stemme téén die toediening van die “vaksien” eenvoudig doodgeswyg is deurdat daardie profiele geblok of gesensor is. Nee, ál standpunte wat op Twitter toegelaat is, is dié wat die amptelike beleid ondersteun het – sonder dat daar enige wetenskaplike gronde voor bestaan het – maar dit het groot geldbelange gedien en is daarom die enigste wat toegelaat is om te verskyn.
NOG “PANDEMIES” OPPAD
Die uitdrukking “stilte voor die storm” het meriete. Op hierdie stadium is daar ‘n rustigheid veral in Suid-Afrika, maar is dit baie duidelik dat "bio-sekuriteit" die gekose manier is waardeur die globalistiese kabaal van voorneme is om sy eenwêreldregering in te lei. Die WGO werk nou hard daaraan om alleenmag oor pandemie-reaksie wêreldwyd te verseker deur sy internasionale pandemie-verdrag wat, indien geïmplementeer, die soewereiniteit van lidlande sal uitwis.
Die WGO se pandemie-verdrag is basies die poort na 'n globale, totalitêre regime. Maar om daardie krag te verseker, sal hulle meer pandemies nodig hê. COVID-19 alleen was nie genoeg om almal aan boord te kry met 'n gesentraliseerde pandemie-reaksie-eenheid nie, en hulle het dit waarskynlik van die begin af geweet.
Dus, die rede waarom ons seker kan wees dat daar bykomende pandemies sal wees, (of dit nou vervaardig word met vrees alleen of 'n werklike biowapen wat vir hierdie einste doel geskep is) is omdat die oornameplan, oftewel The Great Reset, gebaseer is op die veronderstelling dat ons globale bio-sekuriteitstoesig en 'n gesentraliseerde reaksie nodig het.
DIE TEÏSTIESE EVOLUSIE
ʼn Satansknuppel
Ds. A.E van den Berg
Die evolusieleer bots lynreg met die Bybelse leer van die oorsprong van alles wat op die aarde leef. Daarom durf gelowiges geen goeie woord daarvoor hê nie. Nogtans huldig talle mense wat hulself gelowig noem hierdie leer en glo dat hulle godsdiensoortuigings by die bevindinge van die moderne wetenskap, insluitende biologiese evolusie aansluit.
Hul siening word teïstiese evolusie genoem en as ʼn versoeningsbenadering tussen die Christengeloof en evolusie beskou. |Voorstanders daarvan glo dat die aarde en van sy diere miljoene jare oud is en met ʼn oerknal (Big Bang) begin het. Hulle glo wel dat God bestaan maar dat Hy juis evolusie as meganisme gebruik het om sy skeppingsproses te begin en te voltooi. Evolusie komplimenteer dus die geloof!
Die leer van die evolusieteorie is musiek in die ore van ateïste wat dit as ʼn knuppel gebruik om die geloof in God en sy Woord te probeer vernietig. Die skeppingsverhaal van Genesis is en bly egter vir hulle ʼn hindernis. As dit nie in die Bybel was nie, kon die evolusieleer sonder teenstand aanvaar word.