NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Een ding moet jy nooit doen nie, en dis om oor die verlede te tob.  Jy kan niks aan die verlede doen nie.  Jy kan die horlosie nie terugdraai nie.  Die mens kan alleenlik aan die hede en toekoms iets doen.  Daarom moet jy jou ophou bekommer oor die dinge wat jy nie kan verander nie.

GESLAGS- VERANDERING

Homoseksuele persone is biologies normaal, maar nie sielkundig nie. Hulle glo dat hulle lede van die teenoorgestelde geslag is en per ongeluk in ’n verkeerde liggaam gebore is. Die meeste van hulle bly hul lewe lank so. Enkeles ondergaan ’n geslagsverandering-operasie.   Is dit sonde? Wat sê die Bybel?  

Die Bybel spreek dit nie direk aan nie omdat geslagsverandering destyds ondenkbaar was.   Dit beteken egter nie dat mense vandag self daaroor kan besluit nie.   Die gebruik van hormone en kosmetiese snykunde om geslagtelike eienskappe te verander, is ’n gruwelike sonde wat deesdae oorhand toeneem.

’n Mens word of manlik of vroulik gebore. Die chromosoom-patroon word reeds met bevrugting vasgelê.   Niemand kan daaraan verander nie. Daarom kan ’n man nooit kinders baar of ’n vrou aan prostaatkanker sterf nie.  

Die heersende seksuele opstand is ’n simptoom van die herlewing van die ou dwaling van Gnostisisme. Gnostici het die liggaam as onbelangrik beskou. Slegs die rede was belangrik.   Hulle het geglo dat die rede die geslag bepaal het en nie die liggaam nie. Daarom het homoseksualisme hoogty onder hulle gevier. 

Die Bybel praat anders oor die liggaam en sê dat dit goed is. Daarom het Jesus ook ʼn liggaam gehad: “Want in Hom woon al die volmaaktheid van die Godheid liggaamlik” (Kol.2:9).     Die Bybel sê egter dat die liggaam ná die sondeval onder die vloek van God verkeer.   Luister wat sê God aan Adam en Eva: “Aan die vrou het Hy gesê: Ek sal grootliks vermeerder jou moeite en jou swangerskap; met smart sal jy kinders baar… En aan die mens het Hy gesê: ….vervloek is die aarde om jou ontwil; met moeite sal jy daarvan eet….” (Gen.3:17,18).   Daarbenewens word die mens ook oud en gaan hy dood.   Die loon van die sonde is die dood!

God het in sy algemene genade die mens egter tegemoetgekom en deur die eeue medisyne beskik om hulle te help om verligting van die straf te bring.   Hierdie straf word egter met die wederkoms van Jesus Christus in sy geheel opgehef: “Want ek reken dat die lyding van die teenwoordige tyd nie opweeg teen die heerlikheid wat aan ons geopenbaar sal word nie” (Rom.8:18).   Die feit dat Jesus uit die dood opgestaan het, dui ook daarop dat die liggaam eendag van die vloek van sonde verlos sal word.

God het die mens man en vrou geskape om sy beelddraers te wees. Dit maak die mens enig van sy soort - hy is die enigste in die hele skepping wat God se beeld dra. God skep die mens spesifiek manlik en vroulik.   God se beeld is in hul gehele samestelling sigbaar. Nie eens ʼn liggaamsgebrek verander daaraan nie.   Selfs die ontmande het nie vroulik geword nie, maar steeds manlik gebly.  

Die Ewolusioniste glo nie aan God nie en sien die mens bloot as ’n hoër vorm van dierelewe.   Nee, die mens is nie ’n skepping wat geleidelik tot die beeld van God ontwikkel het nie. Hy is van die begin af anders geskape.   Alhoewel daar baie ooreenstemming met die diereryk is, dra slegs die mens die beeld van God. “...en het ons konings en priesters vir onse God gemaak” (Openb.5:10).

Ongelukkig het die sondeval hierdie verhouding aangetas en verwar Satan mense al eeue lank oor die rol van die man en die vrou in die samelewing. Dit gee aanleiding tot gruwels.   “’n Vrou mag geen mansklere dra nie en ’n man mag geen vroueklere aantrek nie; want almal wat dit doen, is vir die Here jou God ’n gruwel” (Deut.22:5).

Satan probeer dit wat God op natuurlike skei, saamvoeg.   God maak van meet af aan ’n duidelike onderskeid tussen man en vrou: “En God het die mens geskape na sy beeld; …. man en vrou het Hy hulle geskape” (Gen.1:27).   Satan laat dit ontaard deur die mens sy ware aard te laat verloor.  

Die eerste aangetekende ontaarding het onder die Amoriete voorgekom.   Hulle was heidene en vir vergrype soos homoseksualiteit, omgang met diere en vir kinderoffers berug. Dit het die beeld van God gruwelik aangerand en is swaar gestraf: “En as ’n man met ’n manspersoon gemeenskap het soos ’n mens met ’n vrou het, het hulle al twee iets gruwelik gedoen. Hulle moet sekerlik gedood word…” (Lev.20:13).  

Die geloof in Christus hef nie natuurlike onderskeidings op nie.   Die man bly man en vrou bly vrou; duidelik onderskeie dog onderling afhanklik van mekaar.   Dis die natuurlike gang van sake. Waar kom die geslagsverwarring dan vandaan?   Paulus antwoord in Rom.1 hierop - wanneer die natuurlike gang van sake met onnatuurlike verkeer vervang word (homoseksualiteit).   In 2 Kor.6 sê hy dat onnatuurlike verkeer vir God ’n gruwel is. Alles wat onnatuurlik is, word aangeleer. Ook afwykende geslagspatrone - sondige begeertes wat in bewustelike besluite en optredes uiting verkry.

Weens die sonde is daar nie aansporing nodig nie. Alles staan in die teken van opstand teen God.   En dis wat sonde is; opstand teen God.   Dis die begeerte om van God los te kom en die eie lewe te beheer in plaas van dienskneg vir God te wees: “Die konings van die aarde staan gereed en die vorste hou saam raad teen die Here en teen sy Gesalfde sê: Laat ons hulle bande stukkend ruk en hulle toue van ons afwerp” (Ps.2:2.3).

Die sondaar wil seggenskap oor sy eie liggaam hê. Hy wil nie God se Woord en leiding aanvaar nie.   In plaas van baas oor sy eie lewe te word, word hy ’n slaaf van die Satan en verwar slawerny met vryheid. “Want julle het nie ontvang ’n gees van slawerny om weer te vrees nie, maar julle het ontvang die Gees van aanneming tot kinders….” (Rom.8:15).

Let op die verskil tussen wat God in sy Woord sê en dit wat homoseksuele sê : Die Bybel sê: “En God het die mens geskape na sy beeld; …. man en vrou het Hy hulle geskape” (Gen.1:27).   Homoseksuele sê die mens kan self daaroor besluit!   Paulus spreek hul dwaling aan: “Want sy onsigbare dinge kan van die skepping van die wêreld af in sy werke verstaan en duidelik gesien word…. omdat hulle, alhoewel hulle God geken het, Hom nie as God verheerlik of gedank het nie,; maar hulle het dwaas geword…. en hulle onverstandige hart is verduister” . Terwyl hulle voorgee dat hulle wys het, het hulle dwaas geword” (Rom.1:20-22).

Dawid sê in Ps.139:13-16 dat ons bestaan deur God beskik is. Hy het lank voor ons geboorte besluit of ons manlik of vroulik sal wees. En so moet ons tot die dood bly ongeag hoe ons daaroor voel. ʼn Seun wat soos ʼn meisie grootgemaak word, het al haar swakhede maar nie haar innerlike skoonheid nie. ʼn Meisie wat ʼn vrou word, is een van God se mooiste kunswerke.   Maar as sy ʼn man probeer wees, is sy een van die Satan se lelikste skilderye! En om te beweer dat jy in ’n verkeerde liggaam gebore is, is om vir God te sê dat Hy ’n fout gemaak het.   Nee, God maak nie foute nie!

Mense aanbid vandag die liggaam meer as ooit tevore. Baie geld word aan kosmetiese snykunde spandeer net om anders te lyk as wat God hulle gemaak het. En nie net vrouens nie.   Wat van mans wat anaboliese steroïede gebruik?   As mense op die eenvoudige, heilige lewe van ons Here Jesus wil let en sy voorbeeld volg, sal hulle lewe baie meer sin maak!

Die vrugte van geslagtelike opstandigheid is bitter en ontketen baie gruwels.   Uit Deut.22:5 is dit duidelik dat hierdie onnatuurlike gedrag meer as 3500 jaar oud is en toe al ʼn gruwel was. Paulus sê dat die liggaam die tempel van die Heilige Gees is. Hormoonbehandeling en snykundige verminking probeer God se skepping ongedaan maak. Dit maak God kwaad!

Daar is geen Bybelse regverdiging vir homoseksuele mense se aanspraak dat hulle in ’n verkeerde liggaam vasgevang is nie.   Mense word nie so gebore nie, maar so gemaak.   Dis ’n opvoedingsfout. Sulke mense se gedagtes, begeertes en gevoelens is niks anders as sedelose waansinnigheid nie.   Dis ’n leuen waaraan duisende mense verslaaf is en miljoene siele al in die hel laat beland het.  

Satan vang mense in die web van selfmisleiding.   Ongelukkig dra die mediese wetenskap daartoe by dat hierdie waan versterk.   Snykunde kan sondaars ’n liggaam besorg in lyn met hul waansinnigheid.   As ’n homoseksuele mens alreeds vir God ’n gruwel is, hoeveel te meer ’n geslagsverandering-operasie!   Dis ’n super gruwel!

Met ons geslagsverskille eer ons God wat ons spesifiek so gemaak het. “So sê die Here, jou Verlosser en Hy wat jou geformeer het van die moederskoot af…” (Jes.44:24). Vir homoseksuele gaan dit nie oor God se eer nie, maar oor hul eie eer.   Daarbenewens onteer homoseksualisme die heilige instelling van die huwelik.

Mense wat geslagsverandering-operasies ondergaan, weet in hul binneste dat hulle met ’n leuen saamleef.   Innerlik is en bly hulle wat God hul geskape het.   Die man weet hy is ’n man al maak hy ook wat.   So ook die vrou. Satan verblind hul oë.

Hoe raak ’n mens van die sonde van homoseksualisme ontslae?   1 Kor.6:9-11 sê dat die bloed van Jesus en krag van die Heilige Gees genoegsame reiniging bied.   Hierdie bonatuurlike reiniging is genoegsaam om alle sondige leefwyses van die verlede skoon te was.   Net die bekering kan homoseksuele verander!

 As ons daarna streef om God se wil te doen, moet ons die godgegewe geslag en rol wat God vir ons bestem het, aanvaar. Geslagsverandering-operasie is ’n ontheiliging van ’n liggaam wat deur God gemaak is. Geen Christenregering durf dit wat in God se oë verkeerd is, wettig nie. Sonde hou sy eie straf in. God straf nie net homoseksuele enkelinge nie, maar ook gemeenskappe wat hul laat begaan. “...mense wat – al ken hulle die verordeninge van God goed, dat die wat sulke dinge doen, die dood verdien – die dinge nie alleen self doen nie, maar ook hul goedkeuring skenk aan die wat dit doen” (Rom.1:32). Dink maar net wat met Sodom en Gomorra gebeur het!

 Mense wat geslagsverandering-operasies ondergaan het, het gewoonlik met groot sielkundige probleme te kampe.   Die sonde verskaf hul hoogstens tydelike genot, maar geen ware vreugde nie.   Geslagsverandering-operasies los nie die geestes ontwrigting op nie.   Baie mense het al spyt gekry dat hulle dit ondergaan het.   Hulle sit met ’n geskende liggaam en ’n innerlike konflik wat nie saam met die uiterlike skending verdwyn het nie.   Sulke operasies verander slegs die opvallende uiterlike en nie die innerlike nie.   Dis streng gesproke onmoontlik om geslag te verander.

 As sondaars in die verkeerde rigting beweeg, laat God U-draaie toe. ʼn Doodloopstraat is die beste plek vir omdraai. ’n Paar jaar gelede het ’n Amerikaanse vrou die volgende verhaal aan ’n predikant vertel. Sy het na matriek verskeie operasies ondergaan om ’n man te word.   Sy is later selfs getroud. ’n Paar jaar het sy na ʼn egskeiding tot bekering gekom waarna God haar deur sy Woord en Gees oortuig het om haar geskape identiteit terug te neem. Sy het ’n operasie ondergaan, weer ’n vrou geword en sielevrede gevind.   Een enkele besluit het vir haar die verskil tussen hemel en hel gemaak.

 Sondaars word deur die wedergeboorte in Jesus nuut: “Daarom, as iemand in Christus is, is hy ’n nuwe skepsel; die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword” (2 Kor.5:17).   Net die bekering kan ’n homoseksuele mens omkeer om die wil van God te doen: “...om die orige tyd in die vlees nie meer volgens die begeerlikhede van die mens te lewe nie, maar volgens die wil van God” (1 Pet.4:2).   Ware bekering is nooit te laat nie.   Dis al wat ʼn siel genees.   Niemand kan die lewe van vooraf begin nie.   Mense kan deur die bekering wel ʼn ander eindbestemming bereik!

Opsoek na inligting?

  • ‘n Nuwe boek deur doktor Mike du Toit het op die rak verskyn getiteld:

    ‘N ORGANIESE, EKONOMIESE EN POLITIEKE BESTEL

    VIR ‘N TOEKOMSTIGE AFRIKANERVOLKSTAAT

    Na Du Toit se oordeel het die kapitalisme en demokrasie ernstige tekortkominge en funksioneer dit tot nadeel van alle volkere wat wens om as organiese eenhede met ʼn eie identiteit te bestaan. Hierdie tekortkominge word in die boek uitgewys. Die kapitalisme en demokrasie berus op die liberale lewensbeskouing. As alternatief tot die liberalisme stel Du Toit die organiese lewensbeskouing. Lees alles wat u daaroor wil weet by hierdie skakel NUWE BOEK DEUR DR MIKE DU TOIT

    ______________

    UBUNTU; Herbedink

    Die gonswoord van 'n dekade of wat gelede, nl 'Ubuntu', het 'n mens nuuskierig gemaak. Wat sou die mooiklinkende woord: 'u-bun-tu' wat blykbaar oornag groot handelswaarde ontwikkel het, werklik beteken? Nadat Desmond Tutu in 'n videosnit die betekenis verduidelik het as:'I am because we are' en Bill Clinton daarop probeer verbeter het met: 'I am because you are', kon dit nie anders nie. Dié saak moes ondersoek word.

    Na 'n ompad deur Afrika en selfs die antieke geskiedenis, is weer in die eie tyd, by uitsprake van Mbeki, Tutu, Steve Biko en andere uitgekom. Daarna is na Ubuntu en die wêreldpolitiek gekyk, maar ook na 'n ubuntuplan en ekonomiese seifbeskikking met die oog op oorlewing.

    Die skrywer, Tobie Hart, slaag met hierdie werk om die leser te boei met aktuele inligting wat elkeen raak. Ook die voorblad, met reënboog en standbeeld praat met die leser.

    Die boek, teen R260-00 per harde kopie kan bestel word by: Groep 7 Drukkers Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..         Die boek is ook in Engels beskikbaar as Ubuntu: Re-invented

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 890 gaste aanlyn