Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Verhoed dat jou liggaam en gees eenders lyk. Dis nie altyd die plooie op ons gesig wat ons lelik maak nie, maar dié op ons gemoed.
AFRIFORUM - VYAND VAN...
...AFRIKANER-NASIONALISME
"AfriForum het die ideologie van wit nasionalisme nog altyd verwerp en sal voortgaan om dit te doen ...”
"Die politiek in Suid-Afrika is tans baie deurmekaar en konsepte soos nasionalisme, liberalisme, konserwatisme, Sosialisme en Kommunisme word op allerlei verwarrende maniere aan die publiek voorgestel in die media en deur politici. Maar daar sal 'n dag kom wanneer al die ander '-ismes' en konsepte sal vervaag en irrelevant sal word. Wanneer dit gebeur, sal die keuse vir Afrikaners eenvoudig wees - hulle sal moet kies tussen Afrikaner-nasionalisme of Kommunisme. Niks anders sal relevant of ter sprake wees nie..."
Met hierdie woorde het die Afrikanervolk se grootste politieke profeet van die 20ste eeu, Jaap Marais, kort voor sy dood 'n situasie voorspel wat waarskynlik binnekort in Suid-Afrika sal realiseer.
Afrikaners word wysgemaak dat daar selfs teenoor liberalisme nog opsies na die regterkant van die spektrum is. Die "konserwatiewes" van ouds het met die laaste verkiesing duisende ontgogelde Afrikaners, wat die afgelope 20 jaar by die liberale DA gaan inkruip het, weer in hul geledere terugverwelkom. Heel ironies het hierdie natuurlike verskuiwing van denke en stemme alles te make met rassepolitiek, terwyl daar deur diebreinspoel-mediamasjien van die liberaliste gepropageer word dat rasse-politiek uitgewis moet word in Suid-Afrika. lntussen het die "konserwatiewes" ook oor die afgelope 25 jaar 'n gedaanteverwisseling ondergaan. Die rede vir hulle bestaan is eintlik hul versugting na 'n "volkstaat", soos hulle in 1994 verkondig het.
Dit was natuurlik net na daar besluit is om hul generaals se krete van "maak nog net een boer dood en daar is oorlog" te verruil vir onderhandeling met dieterroriste, deelname aan die verkiesing en 'n "Volkstaatraad", waar so 20 van hul leiers vir 'n tyd lank as gaste van die ou terroris en kommunis, Nelson Mandela, so bietjie sous op die soustrein kon geniet. Daardie volkstaat-droom is deesdae eintlik maar 'n stowwerige verslag iewers in die argiewe van die parlement. Die res van die "konserwatiewes" het aanbeweeg.
Deesdae is die volk nie meer so belangrik nie. Hierdie kollektiewe term word so hier en daar nog gebruik, maar die in-ding en polities-korrekte terminologie is deesdae eerder "minderheidsregte" en "menseregte". As daar voorheen by denkende Afrikaners nog enige twyfel was oor die posisie van Solidariteit en AfriForum in die Suid-Afrikaanse samelewing, is dit onteenseglik en baie duidelik uitgespel in 'n beleidsverklarende artikel deur AfriForum se hoof van beleid en aksie, Ernst Roets.
Roets en sy makkers was onder druk van die media en die kommuniste oor sekere van hul aksies, wat die persepsie laat ontstaan het dat hulle eintlik 'n "regse" Afrikaner-organisasie is wat slegs vir die regte van Afrikaners en Blankes veg. Die persepsie is natuurlik eintlik heel verspot, aangesien enige Afrikanernasionalis lankal kon sien dat Solidariteit en AfriForum 'n baie spesifieke rol speel, wat inderdaad help om die geloofwaardigheid van die korrupte bestel in Suid-Afrika staande te hou.
So byvoorbeeld, sal AfriForum baie vinnig inspring om onregte te beveg wat teen Blankes gepleeg word; ook waar die regime se regstelsel mense faal, of waar ander bedenklike organisasies soos die EFF van Julius Malema hul ding doen om die radikaleSwart massas tot konflik met Blankes aan te hits. AfriForum speel die spel egter baie subtiel. Daar mag geensins in enige van hul optredes vingers na hulle gewys word as ’n moontlike rassisties-gedrewe organisasie nie. Hierdie punt word bewys met hul optrede in die saak teen Elana Barkhuizen, die Blanke skooljuffrou in Schweizer-Reneke wat in die moeilikheid beland het oor 'n foto van"klaskamer-apartheid". Toe die ware feite bekend word, het AfriForum en Solidariteit in hul karretjies gespring enWes-Transvaal toe gejaag om tot die juffrou se redding te kom.
In 'n ander geval nie ver daarvandaan nie, moes Pieter Doorewaard en Phillip Schutte egter hul vernederende stryd teen die staat se duidelik skeefgetrekte regstelsel alleen veg, ten spyte daarvan dat 'n blinde man met 'n stok kon aanvoel dat hierdie hofsaak bekook word om van die twee Blanke mans 'n voorbeeld te maak en die persepsies oor Blanke boere se geweld teen Swartes lewend te hou. Hulle is uiteindelik op grond van die twyfelagtige getuienis van een man skuldig bevind aan moord en swaar tronkstrawwe opgelê. Eers nadat die media onthul het dat die einste getuie, wat in die hof al uitgevang is dat hy weersprekend getuig, by verskeie mense gebieg het dat hy in die hof gelieg het, was AfriForum op die wa met 'n groot gejuig en toe het hulle skielik betrokke geraak - met die nodige media-aandag, natuurlik.
Terug by Ernst Roets se artikel wat so drie jaar gelede verskyn het. Daarin maak Roets dit baie duidelik dat AfriForum hulle sonder skroom van Afrikaner-nasionalisme distansieër.Trouens, die titel van sy artikelskree dit reeds uit: "AfriForum se verwerping van Wit nasionalisme".
Roets verklaar dat AfriForum in wese 'n burgerregte-organisasie is wat hom op die beskerming van minderheidsregte toespits. "AfriForum fokus nie op die regte van die 'wit gemeenskap' nie", en verwerp so 'n beskrywing, onder andere op grond van die feit dat lidmaatskap nie tot enige bepaalde rassegroep beperk is nie - en dat AfriForum “baie lede het wat nie wit is nie," gaan Roets voort. Hy skryf verder dat beskerming van die belange van kultuur-, godsdiens¬ en taal-gemeenskappe en aanmoediging van wedersydse erkenning en respek tussen sodanige gemeenskappe in die algemene belang is, maar dat organisering op grond van velkleur "vernietigend vir maatskaplike samehorigheid" is.
Roets sê dan dat hulle nie ’n probleem het om “konserwatief” te wees nie, maar dat AfriForum hulself nie vereenselwig met die “stigma wat deesdae aan konserwatisme geheg word as synde ’n ideologie wat na die verlede hunker, of wat teen verandering gekant is bloot omdat hy verandering nie kan hanteer nie”.
Nouja, dié stemmetjie het ons mos al gehoor. Dit klink darem baie na die “verligtes” tussen John Vorster, PW Botha en FW de Klerk ...
Dan, ter afsluiting van sy artikel, klim Roets kaalvuis in onder Afrikaner-nasionaliste wanneer hy skryf: “Rasgegronde nasionalisme staan in die pad van juis die dinge wat AfriForum wil bereik. Dit is die nastrewing van die dinge wat AfriForum koester, en ook in sy teenkanting teen ’n eendimensionele rasgegronde benadering, dat Afriforum al herhaaldelik stappe gedoen het vir die beskerming van die regte van ander gemeenskappe. Voorbeelde hiervan sluit in AfriForum se veroordeling van wit nasionalistiese groepe en rassistiese kommentaar deur wit nasionaliste ... AfriForum het die ideologie van wit nasionalisme nog altyd verwerp en sal voortgaan om dit te doen ...”
Daar het ons dit.
Afriforum het hulself in die openbaar verklaar as vyand van Afrikanernasionalisme. Regdenkende Afrikaners behoort hulle dus dienooreenkomstig te beoordeel en te hanteer.
As Jaap Marais reg was met sy voorspelling dat Afrikaners se keuse uiteindelik eenvoudig sal wees, is dit tog duidelik dat AfriForum deel is van ’n stelsel wat sonder emosie en met gesonde verstand beoordeel moet word.
(Met dank en erkenning oorgeneem uit die nuutste Nuusbrief van die Afrikaner Nasionalistiese Beweging)