Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Almal wonder een of ander tyd wat beteken die begrip liefde tussen mense werklik. 1 Kor 13 vertel dit vir ons en in alledaagse idioom beteken dit: toe ek waardeloos gevoel het, het jy tyd gehad om na my te luister; toe ek nie kon bid nie, het jy saam met my gebid; toe ek bang was, was jy teer met my; toe ek suksesvol was, het jy jou verheug in my prestasies; omdat jy jou eie beperkinge kon aanvaar, het ek geleer om myne te aanvaar; toe ek 'n klankbord nodig gehad het, was jy objektief; toe ek fouteer het, het jy gewag en gehoop ek kom tot myself; toe ek jou seergemaak het, het jy my vergewe; toe ek eensaam was, het jou geloof my ondersteun.
Slotsom: Vanweë jou teenwoordigheid in my lewe, het ek gegroei in my liefde vir Christus: hierin is jou liefde onsterflik.
CHARLES SE ANDER KONINKRYK
Hierdie brief is deur ‘n gevangene in die His Majesty's Prison Belmarsh, aan die nuwe koning van Engeland geskryf; geniet dit saam met ons:
Aan Sy Majesteit Koning Charles III,
Ek het gedink dit is net gepas om 'n opregte uitnodiging aan u te rig om dié belangrike geleentheid, u kroning, te herdenk deur u eie koninkryk binne 'n koninkryk te besoek by His Majesty's Prison Belmarsh.
U sal ongetwyfeld die wyse woorde van ’n bekende dramaturg onthou: “Die kwaliteit van barmhartigheid is nie gespanne nie. Dit val soos sagte reën uit die hemel na onder." Ag, maar wat sou daardie ou van genade weet. 'n Mens kan immers net die maatstaf van 'n samelewing werklik ken aan hoe dit sy gevangenes behandel, en u koninkryk het sekerlik in daardie opsig uitgeblink.
Your Majesty's Prison Belmarsh is geleë op die gesogte adres van One Western Way, Londen, net 'n kort jakkalsjag vanaf die Old Royal Naval College in Greenwich. Hoe heerlik moet dit wees as so 'n gewaardeerde onderneming jou naam het.
SOU GOD SE BLOED OOK KOOK?
Die ritualistiese kroningseremonie wat op 6 Mei plaasgevind het, het al die gewone, goed geoefende promosie-toebehore vertoon wat 'n mens van hierdie skouspel van Britse militêre dissipline verwag.
Charles is Saterdag amptelik by die Westminster Abbey as Koning Charles III gekroon tydens 'n uurlange seremonie onder die Britse koninklikes, politici en internasionale hooggeplaastes. Hy moes twee ede aflê waarvan die eerste die kerklike wetgewing met inhoud uit die Evangelie van God is, naamlik die Kroningseed. Die tweede is die Statutêre Toetreding-verklaringseed. Daarvolgens is Charles verbind om alle woekerwinste by die Joodse banke te verbied en geen nuwe wetsbepalings bo en behalwe die Wet van God soos by wyse van Moses gegee, toe te laat nie.
Maar het die Britse koningshuis hulle al ooit aan die Wet van God of aan menslikheid gesteur? Of aan enige protokolle behalwe dié van Satan? En hoeveel keer het die ou koningin haar seuns se verfoeilike oortredings help toesmeer met groot bedrae omkoopgeld sodat sake tog net nie in die hof eindig nie? Net soos Diana se dood nie ‘n ongeluk was nie maar deur die koningshuis beplan en uitgevoer is, so het die Windsors (dis nie hulle regte van nie, hieroor lieg hulle ook), hulle nog nooit laat keer deur enigiets wat in hulle pad gestaan het om Satan te dien nie. Moordorgies, bloeddrinksessies en Satan-aanbiddingsrituele is vir hulle ‘n bekende tuiste.
DIE DERDE VRYHEIDSOORLOG
WAAROM ONS VOLK DIE DERDE VRYHEIDSOORLOG EN DIE STRYD OM DIE BEHOUD VAN DIE BLANK-BEHEERDE SUIDER-AFRIKAANSE STATE VERLOOR HET
Dr Mike du Toit
Daar bestaan ‘n verskeidenheid van redes waarom ons volk die Derde Vryheidsoorlog en die stryd om die behoud van die Blank-beheerde Suider-Afrikaanse state verloor het. Sedert die sestigerjare het verskeie eksterne invloede op ons volk ingewerk terwyl net so baie interne faktore ‘n nuwe gemoedstoestand by ons volk geskep het.
Die eerste faktor wat ‘n rol gespeel het is ‘n gebrek aan kennis en insig by ons volk. Ons volk het die geskiedenis van die opkoms en verval van beskawings, die Suid-Afrikaanse geskiedenis en die geskiedenis van Afrika, asook wat die politieke stryd van ons vereis, vergeet. Ons mense verstaan nie die rol wat grondgebied, met ander woorde ‘n vaderland, asook die rol van politieke mag, in die lewe van ‘n volk speel nie. Hulle verstaan nie dat politieke mag “heilig” is nie en dat as mens dit verloor het, het mens in werklikheid alles verloor.
ONS IS DIT AAN ONS KINDERS VERSKULDIG!
"Daar is ’n vrede wat die dood is en daar is ’n oorlog wat die lewe is. Die volk wat nie waardes het nie, wat geen geloof het nie, so ’n volk gee oor, want hy het niks om voor te veg nie en niks om te verdedig nie. So ’n volk word in oneer van die aarde afgevee."
Hierdie diepdeurdenkte woorde van Jaap Marais moet 'n keer goed deur reggeaarde volksgenote oordink word: dan sal ons dalk die erns van ons huidige toestand besef en ophou om die doodsheid waarin ons volksgees verkeer as 'n vredestoestand te sien. Ons sal begin besef dat ons uit hierdie doodsheid moet opstaan juis nie om vrede nie, maar om 'n weerstandsoorlog te voer wat weer vir ons lewe in hierdie land sal bring. Dan sal ons verstaan en weet dat as ons dit nié doen nie, ons reeds oorgegee het, en het ons niks meer om voor te veg nie. En dán moet ons weet dat ons in geheel as 'n volk van hierdie aardbol afgevee gaan word – en ons sal onthou word as die volk wat die kortste bestaan van alle volkere gehad het voordat hy verdwyn het!
WEES BARMHARTIG
Hannes Ollewagen
Luk. 6:17-49
“Wees dan barmhartig, soos julle Vader ook barmhartig is.” (:36).
Barmhartigheid is een van die kenmerkende eienskappe van God. Ons lees in Exodus 34:6 van Moses se getuienis hiervan. “En toe die Here by hom verbygaan, het Hy geroep: Here, Here, barmhatige en genadige God, …”. En baie jare later getuig die profeet Joël saam met Moses oor hierdie selfde eienskap van God. “…en bekeer julle tot die Here julle God; want Hy is genadig en barmhartig, lankmoedig en groot van goedertierenheid,…” (Joël 2:13). En natuurlik is daar geen gebrek aan die getuienisse hiervan by koning Dawid nie. Een van hierdie getuienisse vind ons in Ps. 86:15. “Maar U, Here, is 'n barmhartige en genadige God, lankmoedig en groot van goedertierenheid en trou.”
AS ‘N VOLK DIE HERE VERGEET
Ds A.E. van den Berg
“Kan 'n jonkvrou haar versiersel vergeet, 'n bruid haar pronkgordel? Maar my volk het My vergeet, dae sonder getal.” (Jer.2:32).
“Vergeet 'n meisie haar juwele of 'n bruid haar trourok? Tog het my volk My jare gelede al vergeet” (NAV).
Elkeen van ons het al op een of ander stadium iets belangriks vergeet. Miskien ʼn verjaarsdag, huweliksherdenking of wat ook. Ons het dit vergeet. Een ding durf ons nooit vergeet nie; ons afhanklikheid van God. Dit het met ernstige gevolge met Israel in die tyd van Jeremia gebeur. Afhanklikheid van God is soos die naelstring van ʼn ongebore baba aan sy moeder. Jesus sê in sy eerste saligspreking: “Geseënd is dié wat weet hoe afhanklik hulle van God is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemel” (Mt.5:3). Vergeet alles, maar net nie jou afhanklikheid van God nie.
AFRIKA SE WAARDESTELSEL
Agter in die kapel van ‘n Suid-Afrikaanse tronk staan 'n fors swart man met uitdrukkinglose oë. Sy gesig is vol snywonde wat met uiters fyn steke toegewerk is, lank gelede – mediese kunswerke wat defnitief nie die werk van hospitale in Suid-Afrika was nie.
Die kapelaan vra hom of hy van Mosambiek af kom en hy antwoord bevestigend. Hy was eens lid was van Frelimo, die marxistiese terreurbeweging wat die land regeer. Die kapelaan wil weet wat maak hy hier in ‘n Suid Afrikaanse tronk.
“Nee, jy sien pastoor, die ding is so. Ons het mense by vulstasies in Suid Afrika geroof, en soms het ons hulle geskiet.”
“Waarmee?”
“Met AK-47′s’ antwoord hy. “Maar dis nie die fout hoekom ek hier is nie. Die fout is dat een van die mense wat ek geskiet het, gesterf het.”
‘n Marxistiese terroris uit Mosambiek funksioneer in Suid-Afrika deur plekke soos vulstasies met AK-47′s te beroof en onskuldige slagoffers sommer net te skiet. En dit is nie verkeerd of ‘n probleem volgens hom nie, maar normaal. Die fout hoekom hy gevang is, is nie vir terrorisme nie, maar omdat een van sy slagoffers gesterf het.
BASIESE BEGINSELS VAN SELFVERDEDIGING
deur Jeff Cooper
Voorwoord
In ons verwarde samelewing loop daar ongeveer een uit elke sestig persone rond met misdadige neigings, wat nie sal skroom om vreedsame, onskuldige mense aan te rand wanneer vir hulle 'n gunstige geleentheid daartoe opdaag nie. Ons gaan van die standpunt af uit dat waar sulke mense deur misdadigers en rowers aangeval word, besit hulle minstens die reg op selfverdediging, alhoewel dit selfs in sekere regskringe betwis word en die slagoffers van die aanrandings aangeraai word om maar te probeer om te ontsnap. Dit mag wetsgehoorsaam klink, maar baie slagoffers van aanvalle wat nie 'n poging aangewend het om weerstand te bied en hulself te verdedig nie, moes al met hul lewens daarvoor boet.
Die misdadiger kan alleen met sy aanval slaag as sy slagoffer 'n lafhard is. 'n Slagoffer wat met mening terugveg, stuur gewoonlik die boosdoener se planne in die war. Die persoon mag miskien nie heeltemal ongeskonde daarvan afkom nie, maar indien hy nie teruggeveg het nie, kon hy miskien nog ernstiger beserings opgedoen het of selfs sy lewe verloor het. Deur terug te veg, behou hy tog ook sy waardigheid en selfrespek.
HOE MOET ONS STAANDE BLY?
Dit was die skrywer Richard Weaver wat gesê het dat daar nie iets soos internasionale "wortels" met betrekking tot kultuur bestaan nie. Hy het hom sterk uitgespreek oor die beskerming van 'n volk se eie kultuurwaardes wat soos 'n heiligdom bewaar moet bly indien die volk nie verdring en vertrap, vermoor en totaal uitgewis wil word nie. Wanneer die reg van 'n volk op voorkeure in sy kultuurlewe van hom ontneem word soos dit nou met die Afrikanervolk gesteld is sodat daar nie meer een voorkeur vir 'n bepaalde beginsel bestaan nie, dan word dit 'n lewe sonder beginsels en dán verval 'n volk in 'n beginsellose pad na selfvernietiging. Geen wonder daar is onder ons volksgenote soveel gevalle van depressie, selfmoord, en veral volksverraad nie.
Daarby het ons volk volkome kulturele selfmoord gepleeg wat uiteindelik gelei het tot politieke selfmoord, en as ons nie gou omdraai nie, sal lei na volkome volksmoord. Die wisselwerking tussen politiek en kultuur is vir die onthalwe van 'n staande volk van die grootste belang: verwaarloos hy die een, verloor hy die ander baie gou. Ook beskerm die een die ander en wanneer die regte politieke leiding dáár is word 'n volk se kultuurbasis versterk en behou hy sy mag. So is alleen 'n volk wat vierkantig waghou oor sy kulturele sake, in staat om weer die politieke mag in sy land te bekom en te behou. Selfs sou hy die mag van selfbeskikking deur onverwagte genade bekom terwyl sy kulturele waardes in die drein afgespoel het soos nou, sal hy daardie politieke mag vinniger verloor as wat hy dit bekom het.
VALSE PROFETE IN DIE EINDTYD
Ds A.E. van den Berg
“Baie sal in daardie dag vir My sê: Here, Here, het ons nie in u Naam geprofeteer en in u Naam duiwels uitgedrywe en in u Naam baie kragte gedoen nie? En dan sal Ek aan hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk!”(Mt.7:22,23).
Die ware kerk van Christus word sedert haar ontstaan deur valse profete geteister; mense wat voorgee om dienaars van God te wees, maar lieg. Hulle is deur Satan geplant om die boodskap van verlossing in Jesus te verdraai sodat mense nie tot bekering kan kom nie en op die ou einde saam met Satan in die hel gewerp word.
Die Bybel waarsku teen ʼn toename van hulle net voor die wederkoms soos tans wêreldwyd waarneembaar is. Amerikaanse TV-predikers soos Joel Osteen ontvang bv. miljoene dollars met donasies wat hy van meer as 7 miljoen kykers in nagenoeg 100 lande ontvang!
AAN WIE IS HY IETS SKULDIG?
Hannes Ollewagen
Job 41:1-25
“Wie het eerste aan My gegee, dat Ek hom moet vergelde? Wat onder die ganse hemel is, is myne.” (:2)
Hierdie woorde is dalk iets wat ons samelewing met sy menstaliteit van “die wêreld skuld my” , meer gereeld moet hoor. Hierdie verwerplike houding is wêreldwyd onder veral die Westerse beskawing te bespeur. En dit is besig om samelewings te laat verrot. Ons kan dit ook hier naby aan ons sien. Dit is nie alleen die swart volke rondom ons wat hierdie mentaliteit het nie, maar ook onder ons eie volk is dit nie meer ‘n ongewone verskynsel nie.
Daar is myns insiens min gedeeltes wat hierdie verkeerde gedrag so kragtig en duidelik aanspreek as die lewensverhaal van Job. Hierdie man, Job, was ‘n vroom en Godvresende man. En hy was skatryk en baie voorspoedig. En God het toegelaat dat hierdie man van al sy besittings, sy kinders en selfs sy gesondheid gestroop word. Die natuurlike gevolg was dat Job gevra het waarom al hierdie dinge hom oorkom. En dit was nie noodwendig ‘n verkeerde ding om te doen nie, want selfondersoek is nie alleen nodig vir ‘n mens nie, maar noodsaaklik. Job het egter mettertyd sy eie vrome en regverdige lewe met die verkeerde lewe van die goddelose vergelyk en volgens sy oordeel was dit nie reg dat hierdie mense in hul goddeloosheid voorspoedig is terwyl hy in sy Godvresendheid soveel teëspoed moes ervaar nie. En hierin het Job vir God vertoorn.
MAG DIE GODDELOSES NIE MEER WEES NIE!
Wat 'n wonderbaarlike God het ons nie! Dat Hy telkens weer sy volk Israel gered het na elke terugval in die gruwelikste sondes. Soos Ps 106:43 sê: "Hy het hulle baiekeer gered, maar hulle was wederstrewig in hulle voorneme". Ps 106 vertel ook vir ons die twee redes waarom Hy hulle telkens weer uitgered het: Eerstens het Hy hulle verlos om sy Naam ontwil, om sy mag bekend te maak; tweedens het Hy hulle jammer gekry, hulle smekinge aangehoor en berou gekry oor hulle swaarkry.
Wat het die volk Israel dan gesondig? Van die ergste wat in Ps 106 genoem word is dat hulle met die heidene vermeng het in so ‘n mate dat hulle dieselfde afgode as die heidene begin dien het en as gevolg daarvan talle sondes gepleeg het. Die toorn van die HERE het hieroor ontvlam teen sy volk, en Hy het 'n afsku in hulle gekry. Daarom het Hy hulle in die hand van die heidene oorgegee en, sê Ps 106 "...hulle haters het oor hulle geheers, en hulle vyande het hulle verdruk, sodat hulle onder hul hand moes buig."
PRAAT DAN ENGELS…
… AS JY NIE GOEIE AFRIKAANS WIL PRAAT NIE
Ons hoor deesdae al meer hoe ons mooi taal verniel word. Mens hoor bykans nooit meer een sin wat nie vol Engelse en verdraaide Afrikaanse woorde is nie – dit by oud en jonk, en almal Afrikaners! Maar hiervoor is daar 'n spesifieke rede – ons volksvyande sit vierkantig hieragter: verdeeldheid in ons volk het dikwels in ons geskiedenis ook ons taal op meer as een manier skade aangedoen. So is die teenoorgestelde ook waar: wanneer volksnasionalisme aan die orde van die dag was, het dit Afrikaans op meer as een manier bevoordeel. En tans toon ons allesbehalwe 'n passievolle nasionalisme en trots op wat ons eie is.
In ons geskiedenis is talle voorbeelde van tye van verdeeldheid onder volksgenote wat tot die verwaarlosing van Afrikaans gelei het. Een daarvan is "De goddelose inval van Duits-Zuidwest", soos genl CF Beyers dit op 29 Oktober 1914 genoem het toe die Botha-regering met die Suidwes-veldtog begin het. Baie Afrikaners was net so omgekrap oor hierdie besluit wat die regering op 10 Augustus 1914 geneem het om die Britte ter wille te wees. Die ontevredenheid was verstaanbaar want dit was maar twaalf jaar ná die Vrede van Vereeniging. Die ellende wat die Britte aan Afrikaners op eie bodem kom aanrig het in die Tweede Vryheidsoorlog van 1899 tot 1902 was selfs in ander lande met groot afsku bespreek, soos in Holland waar die Gereformeerde leier, Abraham Kuyper, se woorde was: "Met afschuw herinnerden zij zich wat Engeland de Afrikaner Boeren hadden aangedaan."
VÓÓR ONS 'N OORLOG INGAAN...
AANLOOP TOT DIE EERSTE VRYHEIDSOORLOG
Ons almal weet van die Eerste Vryheidsoorlog wat geëindig het met die slag van Majuba. Maar wat het die oorlog vooraf gegaan? En hoe vergelyk daardie tyd se gebeure met 1994 se gebeure?
Toe MW Pretorius bedank uit die Presidentsamp in 1871, het die volk die begeerte gehad om 'n geleerde man as President te kry, want hy moet die Britse argumente op 'n slim manier kan teëstaan. So word Ds. Francois Burgers verkies as President. Maar Burgers was 'n sterk voorstander van liberale godsdiens, vryheid van die individu en internasionale eenheid. Hy begin dadelik met sy "hervormingsbeleid", om die ZAR aanvaarbaar te maak vir die wêreld.
Klink dit nie bekend nie? John Vorster het "Klein Apartheid" om dieselfde rede afgeskaf, om Suid-Afrika aanvaarbaar te maak vir die wêreld. Paul Kruger, 'n Godsman, is oorgesien as moontlike President, want die volk wou die ZAR 'n welgestelde, vooruitstrewende staat maak. Paul Kruger het deur Burgers se wêreldse maniertjies gesien, en hy het geen geheim daarvan gemaak dat Burgers die ondergang van die jong Republiek gaan bewerkstelling nie. Paul Kruger bedank uit die Uitvoerende Raad (landsregering) in 1873 as Kommandant-generaal. Hy het eerder bedank as om deel van Burgers se hervormingsbeleid te word en so die vertroue wat die volk in hom gestel het, te skaad.
WANDEL SOOS HY
Hannes Ollewagen
1 Joh. 2:3-17
“Hy wat sê dat hy in Hom bly, behoort self ook so te wandel soos Hy gewandel het.” (:6)
Hierdie gedeelte uit die Woord van God herinner ons aan die groot verantwoordelikheid wat op ons as God se kinders rus. Die gawe van geloof en van redding wat ons van Hom ontvang kom ook saam met ‘n verantwoordelikheid. ‘n Verantwoordelikheid om ‘n lewe volgens die voorbeeld van Christus na te streef.
Ons almal weet dat, ten spyte van ons beste pogings, niemand van ons hier op aarde aan die heiligheid van Christus gelyk kan word nie. Niemand kan sondeloos leef soos wat Hy dit gedoen het nie. Ons sal steeds sondig. Ons is steeds met swakheid bevange, maar ons kan dit nie as ‘n gerieflike verskoning gebruik om die verantwoordelikheid soos in ons Skrifgedeelte uitgelig te probeer ontwyk nie.
Wanneer ons lank genoeg hierdie verskoning gebruik, sal ons later nie meer berou toon oor ons sondes wat in swakheid begaan is nie, maar dit eerder begin herhaal.
DIE KERK SE DOEL
Ds A.E. van den Berg
Het die kerk nog enige betekenis?
“Want die woord van die kruis is wel dwaasheid vir die wat verlore gaan, maar vir ons wat gered word, is dit die krag van God” (1 Kor.1:18).
“Julle is die sout van die aarde, maar as die sout laf geword het, waarmee sal dit gesout word?” (Mt.5:13).
Kerkgang het vandag so ontstellend afgeneem, dat ʼn mens wonder of die kerk nog enigsins ʼn rol in ʼn gemeenskap te vervul het. Diegene wat hul kerkgang gestaak het, sê gou dat God nie net in kerke gevind word nie. Hy is orals en is ook in die natuur, huise op TV’s en radio-uitsendings te vinde. Om God te ontmoet, kan jy net sowel buite in die natuur gaan loop of in jou huis bly. Dit gaan geen verskil maak nie.
Nee, alhoewel God alomteenwoordig is, roep Hy sy kinders tot gesamentlike aanbidding op: “...en laat ons ons onderlinge byeenkoms nie versuim soos sommige die gewoonte het nie, maar laat ons mekaar vermaan, en dit des te meer namate julle die dag sien nader kom” (Hebr.10:25). Ons bely in die Twaalf Artikels dat ons glo aan die gemeenskap van die gelowiges.
RAMAPHOSA NIE WELKOM BY G7
AS JOU VEL DIK IS, IS DIT DIK...
Daar is sekere mense wat met dik velle gebore is. En niks kan dit verander nie. ‘n Sekere wetenskaplike proffessor het jare gelede hierdie feit selfs op ‘n tasbare manier bewys. Nou het ons dit pas weer gesien toe Ramaphosa gedink het hy gaan nog ‘n keer genooi word om die G7-beraad in Japan by te woon.
Ramaphosa het volkome gereed gesit dat die beraaddatum moet aanbreek; sy span het lankal die datum in sy ‘besige’ skedule ingeskryf. Selfs joernaliste is reeds genooi om dié belangrike president by die beraad te gaan afneem. Maar toe val die bom dat daar hierdie keer nie ‘n uitnodiging vir Ramaphosa gekom het nie. Anders as Kanada, Frankryk, die VK en Duitsland, wat Cyril Ramaphosa as 'n eregas by hul G7-beraad in onderskeidelik 2018, 2019, 2021 en 2022 gehuisves het, het Japan hom nie na volgende maand se G7-beraad in Hiroshima genooi nie.
DIE KWESSIE VAN AFRIKANERSKAP
Vandag is daar gedurig ongegronde bewerings dat slegs die mense wat in 1836-1838 getrek het regtig deel is van ons Afrikaner- of Boerevolk. Die ANB het dit al van te vore veroordeel as onnodige of kwaadwillige skeurmakery.
Die Voortrekkers het die Kaap verlaat omdat hulle onderdruk was deur die Engelse regering en ook in gedurige gevaar verkeer het vanweë die Xhosas se aanvalle op die grens. Maar baie Afrikaners wat in die Kaap agtergebly het, het nie hulle karakter verloor en in die Engelse opgegaan nie. Hulle was op die tydstip wat Transvaal geannekseer is besig met ‘n stryd om die Kaap te bevry van die Engelse oorheersing. Hulle het oorloë gevoer teen die swartes aan die oosgrens in die 1870’s. Hulle het ‘n stryd teen verengelsing van hulle skole gehad.
GAAN U IN SATAN SE OES EINDIG…
…OF IN GOD SE OES?
Wat is die mens dat hy so versleg? Sy gees is ontvanglik vir goed en sleg maar soos die jare aanstap verduister die goed en bly daar net die sleg. Of is dit nuwe slegwees wat op hom toegesak het? Vandag se mens het nie meer die karakter van die mens in die vyftig- en sestigerjare nie; nie eens dié van die sewentigs of tagtigs nie. En die wat nou baie jonk is sal nie eers weet waarvan hier gepraat word nie want hulle het dit nooit geken nie.
Wat nie geken nie? Daar is lyste vol goeie maniere wat uit ‘n goeie karakter voortkom maar kom ons begin by die minste (is dit min?) Wanneer iemand ‘n brief ontvang, is dit opgevoed om ontvangs te erken. Vandag is ons so bevoorreg om hierdie ritueel in minute met digitale ontwikkeling af te handel – destyds was daar darem nog ‘n poskantoor waar mens ‘n brief gepos en die antwoord weer gaan afhaal het al het dit lank geneem maar daar was toe ook iets soos geduld – nog ‘n vreemdeling vir die mens van vandag. Om ontvangs van ‘n skrywe te erken is nie ‘n guns nie maar ‘n noodsaaklikheid.
SWART OPROER - WAT IS ONS PLAN?
Die ANB voorsitter van die Afrikaner Nasionalistiese Beweging (ANB), Carel van der Grijp, gee raad wat om te doen as die swart massas begin saamdrom en afbreek.
Deur die jare in Suid-Afrika het daar ‘n stryd gewoed, tussen die wat “Een mens en een stem” en ‘n belofte van voorspoed gepropageer het, en die ander pool, diegene wat vasgestaan het daarby dat Blank Suid-Afrika aan die Afrikaner behoort. Dat die histories erkende gronde wat aan die Swartman behoort terug moet gaan na die swartman, maar ook dat alle gronde wat histories aan die witman behoort as vaderland van die Afrikaner erken word.
Daardie mense het dan ook die gevare uitgewys as “Een mens een stem” ooit in Suid-Afrika aanvaar sou word: Dat die witman van alles wat heilig is gestroop en fisies uitgemoor sal word. Deur bedrog is die Afrikaner uitgelewer. Die bedrog was deur ‘n strikvraag en ‘n belofte in die referendum van 1992 dat daar aan die kiesers ‘n kans gegun sou word om die onderhandelde ooreenkoms tussen ANC / NP goed of af te keur, min wetend dat dit deur middel van een mens een stem sou geskied…