Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Versoekings is soos ‘n muisvalletjie – altyd makliker in as uit. Een verkeerde stap kan jou van glorie na vernedering laat tuimel. Daarom moet versoekings nooit soos koek nie, maar soos gif hanteer word!
DIE REGTE PERSPEKTIEF
FA Hayek, die Nobelpryswenner, het gesê: "Weens die feit dat mense baie verskillend is, volg dit dat as ons hulle gelyk behandel, die resultaat ongelykheid in hulle werklike posisies is, en dat die enigste manier waarop hulle in 'n gelyke posisie gestel kan word, sal wees om hulle verskillend te behandel".
ONS VERSOEN NIE MET ONS TOESTAND
NASIONALISME...
...’n Kontrak met ons nageslag
Ons grootste probleem is dat die massamedia ons historiese sin wil doodmaak. Hulle wil hê ons moet vloek teen ons voorgeslag. Ons moet in die beskuldigdebank gaan staan weens apartheid. Ons moet aan die wêreld skuld bely dat apartheid ’n sonde was en ons moet ons rug draai op ons helde van die verlede.
Die oomblik as ’n volk losgesny word van sy geskiedenis, as hy sy helde wil onteer, dan is hy magteloos teen elke vyand wat daar in die wêreld is. Daarom dat Edmond Burke gesê het: as jy nie terugkyk na jou voorouers nie, sal jy nooit vooruit kyk na jou nageslag nie.
En dit is waarskynlik die belangrikste rol wat nasionalisme in ’n volk het. Nasionalisme is die kontrak tussen die wat was, die wat is, en die wat na ons sal kom. En dit is daardie kontrak wat die kontinuïteit aan ’n volk gee, wat sy geslagte bind en wat veral deur die geskiedenis en die dade van sy helde aangevuur word – aangevuur tot die aanvaarding van groot uitdagings wat aan ’n volk gestel word.
KIES NOU DIE PAD
Dit was Richard Weaver wat gesê het dat daar nie iets soos internasionale "wortels" met betrekking tot kultuur bestaan nie. Hy het hom sterk uitgespreek oor die verskansing, die beskerming van 'n volk se eie kultuurwaardes wat soos 'n heiligdom bewaar moet bly indien die volk nie verdring en vertrap, vermoor en totaal uitgewis wil word nie. Wanneer die reg van 'n volk se voorkeure in sy kultuurlewe van hom ontneem word soos dit nou met die Afrikanervolk gesteld is sodat daar nie meer een voorkeur vir 'n bepaalde beginsel bestaan nie, dan word dit 'n lewe sonder beginsels en dán verval 'n volk in 'n beginsellose pad na selfvernietiging. Geen wonder daar is onder ons volksgenote soveel gevalle van depressie, selfmoord, en veral volksverraad nie.
Ons volk het volkome kulturele selfmoord gepleeg wat uiteindelik gelei het tot politieke selfmoord, en as ons nie omdraai nie, sal lei na volkome volksmoord. En die mens wat hierdie twee geïntegreerde sake van mekaar wil skei is 'n dwaas. Die wisselwerking tussen politiek en kultuur is vir die onthalwe van 'n staande volk van die grootste belang: verwaarloos hy die een, verloor hy die ander baie gou. Ook beskerm die een die ander en wanneer die regte politieke leiding dáár is word 'n volk se kultuurbasis versterk en behou hy sy mag. So kan alleen 'n volk wat weer vierkantig begin waghou oor sy kulturele sake, vertrou om weer die politieke mag in sy land te bekom en te behou. Selfs sou hy die mag van selfbeskikking deur skielike Genade bekom terwyl sy kulturele waardes in die drein afgespoel is soos nou, sal hy daardie politieke mag vinniger verloor as wat hy dit bekom het.
ONS VRYHEID IN CHRISTUS
Hannes Ollewagen
2 Kor. 3:1-18
“Die Here is die Gees, en waar die Gees van die Here is, daar is vryheid.” (:17).
Die mens het van nature ‘n diep-gewortelde begeerte na vryheid. Dit is seker daarom dat gesprekke wat handel oor vryheid ons maklik sal interesseer. En so val gedeeltes uit die Woord van God wat oor vryheid handel ook vir ons wel ter ore.
Omdat vryheid ‘n saak is wat mense maklik bekoor, is dit ook iets wat baie maklik deur dwalleeraars gebruik word om mense se verbeelding mee aan te gryp.
Dit is m.a.w. iets wat die Satan so maklik, in die hand van sy dienaars, gebruik om mense van die waarheid te beroof. Dit is egter baie belangrik dat ons die vryheid wat die Woord van God aan ons voorhou nie sal interpreteer soos wat dit ons pas nie, maar soos wat die Woord van God dit aan ons voorhou.
DIE GROOTSTE RASSEHATERS IS...
Blankes is oor die algemeen katvoet vir die woord rassisme. As hulle daarvan beskuldig word, slaan baie soos 'n oester toe wat natuurlik soos ‘n skulderkenning lyk. Sulke misplaaste skulderkennings doen ons volk oneindige skade aan want daardeur maak ons sagte teikens van onsself.
Vir die ANC-regime is daar skynbaar geen groter oortreding as rassisme nie en skyn selfs erger as moord, roof of verkragting te wees. Gevolglik neem baie blankes 'n apologetiese houding in van: "Noem my enigiets anders, maar asseblief net nie 'n rassis nie! "
Rassehaat is ‘n feit soos ‘n koei en swartes die skuldigste daaraan. Die ANC-regime is ‘n sprekende voorbeeld hiervan. Eendersyds vind hulle dit skynbaar moeilik om sekere misdadigers wat aan ‘n bepaalde ras behoort te eien. Andersyds vind hulle dit geensins moeilik om rassehaters uit te wys nie, want dié is dan almal blank!
VERSKILLENDE STALLE
Eenheid en vrede in verskillende stalle
Ds A.E. van den Berg
“Ek het nog ander skape wat nie aan hierdie stal behoort nie. Ek moet hulle ook lei, en hulle sal na my stem luister, en dit sal wees een kudde, een herder” (Joh.10:16).
Die AP Kerk het in Junie 1987 weens teologiese ontsporing van die NG Kerk weggebreek, veral oor hul bollemakiesie-slanery oor rassevermenging. Talle leraars is as agente vir verandering ingespan om gemeentelede te oorreed dat rassevermenging werklike liefde vir die naaste is. Rassevermenging is nie ʼn Bybelse opdrag nie. Dis onprakties en bring nêrens ter wêreld vrede en harmonie nie. Die teenoorgestelde gebeur soos misdaadstatistiek aandui.
Waar kom rasseskeiding vandaan? Van God. “Toe die Allerhoogste aan die nasies 'n erfdeel gegee het, toe Hy die mensekinders van mekaar geskei het, het Hy die grense van die volke vasgestel.....” (Deut.32:8). Paulus herhaal hierdie waarheid tydens sy besoek aan in Athene: “En Hy het uit een bloed al die nasies van die mensdom gemaak om oor die hele aarde te woon, terwyl Hy vooraf bepaalde tye en die grense van hulle woonplek vasgestel het” (Hand.17:26).
ELKE ETE... EN NAGMAAL
SO BLOEI JOU KINDERS OM JOU DIS
Marisa Haasbroek
Hulle kou kougom, strooi papiere rond en lawaai in die skool se gange. Dis waaroor onderwysers in die jare-1940's oor hulle leerlinge gekla het. In die jare 2000+ klink die klagtes van onderwysers oor leerlinge heelwat ernstiger: Hulle raak swanger, verkrag medeskoliere, rand mekaar aan en gebruik drank en dwelms.
Die afgelope sestig jaar of wat het die wêreld inderdaad aansienlik verander. Televisie en internet is alledaags. Ons kan nie meer sonder selfone nie. Baie min mense vervaardig vandag meer goedere, die meeste van ons maak ’n bestaan deur ons kennis of kundigheid te verkoop. Ons verwissel baie gereelder van werk as ons ouers en talle van ons moet herhaalde kere totaal van beroep verander net om aan die lewe te bly.
Die instelling waar ’n mens die verandering in die samelewing die duidelikste sien, is by gesinne. Hier is ’n bietjie grootskrik-statistiek:
VERDEELDHEID VAN AFRIKANERS
TAFELGESPREK
Hoe die Afrikaners erg verdeeld geraak het sedert die laat sestigerjare, veral in die onmiddellike jare wat gevolg het op die sluipmoord van die eerste minister van Suid- Afrika, dr HF Verwoerd, word vandag selde meer onder die loep geneem. Tog is dit presies waar die groot omwenteling in die maatskaplike en politieke bestel van Suid-Afrika begin het. Kennis oor die politieke spanning in daardie tydperk (1960-1970) en die optrede van verskillende Afrikanerleiers is ook skraps. Dit ontdek mens in die politieke diskoers onder Afrikaners van vandag. Ons kyk vlugtig na ’n paar bladsye uit die geskiedenis.
Reeds nadat die uitslae van die algemene verkiesing in Suid-Afrika in 1958 bekend geword het, ’n verkiesing waarin die Nasionale Party onder advokaat JG Strijdom die Verenigde Party beslissend verslaan het en nogmaals die NP se meerderheid in die Volksraad opgestoot het, het Amerikaanse ontleders (waaronder die bekende skrywer oor Afrika, Edwin S Munger) besef dat kritiek op die beleid van die Afrikaner-regering van binne die NP sal moet kom. Hulle het ’n belangrike verstelling in Amerika se benadering voorgestel.
ONS HET GOD VERLAAT...
...GOD HET ONS NIE VERLAAT NIE
Waarom voel dit vir baie Afrikaners of hulle van God verlaat is? Het die bose magte dan die oorhand gekry? Wel, as mens sake op sigwaarde beskou sien mens 'n volk wat hopeloosheid en weerloosheid ervaar. Mense wat probeer ontsnap van die werklikheid. Hoe dikwels is die reaksie: "Moet my nie ontstel met die feite" nie? Volksgenote het toeskouers van hulle eie ondergang geword. Waarom is dit so?
Nadat Petrus, die deur-God-geopenbaarde verklaring maak dat Jesus die seun van God is, het Jesus hom verseker dat die poorte van die hel (duisternis) nie die kerk (volk) van God sal oorweldig nie. Maar hoekom wil ons dit nie vandag meer glo nie?
Petrus het pas, nadat hy saam met alle gelowiges een van die kragtigste momente in die Bybel beleef het (Matt 16:16), probeer om Jesus wys te maak dat Hy nie sou sterf soos wat God dit wou nie. Skielik word Petrus deur Jesus as Satan aangespreek juis omdat hy hom verset het teen God se wil! Petrus word in 'n ommesientjie 'n dissipel van Satan. Sy geloof verander dramaties na kleingeloof.
PANIEK OOR INDIË SE VERBOD OP RYSUITVOERE
Indië voer 40 persent van die wêreld se rysvoorraad uit, ‘n hoeveelheid wat rysvoorrade aan miljarde mense verskaf. En Indië het pas sy nie-Basmati-rysuitvoer verbied, wat 'n "ryspaniek" oor die hele Asië ontketen het.
Gekombineer met die koring-uitvoerkrisis in die Oekraïne (as gevolg van wangedrag aan die kant van die VSA en NAVO), staar die wêreld nou skaarste en voedselinflasie in die gesig oor TWEE voedselstapels: Koring en rys.
Intussen verwoes gemanipuleerde droogte (geo-ingenieurswapens) in die Midde-Weste mielie-oeste daar, wat 'n derde oeskrisis skep wat bydra tot die gevaar van wêreldwye hongersnood.
Kry die volledige berig by: https://www.brighteon.com/channels/hrreport
MOOI SO PUTIN! – VERBOD OP “TRANSGENDER-INDUSTRIE”
‘n Mens wil al meer en meer respek vir die man kry. Russiese president Vladimir Poetin het Maandag 'n wetsontwerp onderteken wat seksveranderingsoperasies verbied. Die wetgewing, wat gemik is op strenger regulering van wat LP's as die "transgender-industrie" beskryf, verbied wettige geslagsveranderinge en mediese ingrypings wat met oorgang verband hou, behalwe in geval van ernstige mediese redes.
Toediening van middels en operasies wat met geslagsveranderingsterapie geassosieer word, sal nou slegs toegelaat word in gevalle wat behandeling van geslagsorgaan-deformiteite by kinders vereis. Slegs gelisensieerde klinieke wat aan die Russiese ministerie van gesondheid gekoppel is, kan nou besluite oor sulke behandelings neem en relevante sertifikate uitreik, lui die wetgewing.
Mense kan ook nie meer vryelik van geslag verander op ID’s en ander dokumente nie. Diegene wat dit gedoen het, mag nie kinders ingevolge die nuwe wet aanneem nie. Getroude paartjies kan ook hul huwelike ongeldig laat verklaar indien een van die gades van geslag verander.
VERRAAD VAN SMUTS EN BOTHA…
…OM GENERAALS DE LA REY, BEYERS, DE WET EN KOMMANDANT JOPIE FOURIE TE VERMOOR.
Generaal Maritz se ooreenkoms met die Duitsers
en die Rebellie van 1914
Toe Maritz hierdie ooreenkoms (die oorspronklike is in Afrikaans vertaal en hier onder te lees) met die Duitsers van Suid-Wes-Afrika op 17 Oktober 1914 aangegaan het, was die moontlikheid nog groot dat alle bepalings daarin vervat, aan albei kante uitgevoer kon word, want die rebellie teen Louis Botha se deelname aan die Europese oorlog aan Engelse kant en sy plan om Duits-Suid-Wes te gaan aanval, was besig om sterk weerstand te ontwikkel in die rebellie wat daardeur ontketen is.
Die Unie van Suid-Afrika het met die uitbreek van die Eerste Wêreldoorlog in 1914 reg gehad om uit die maalstroom van oorlogvoerendes te bly, maar Engeland het die Unie gevra om die Duitse hawens aan die weskus en Windhoek te gaan beset en hulle sterk radiosenders buite werking te stel.
Louis Botha het ingewillig en die Volksraad het hom met 92 teen 12 stemme gesteun, totaal onder sy misplaasde Britse invloed en onbewus wat sou volg.
WAAR IS ONS FOKUS?
Hannes Ollewagen
Rom. 4:1-25
“En sonder om te verswak in die geloof het hy, al was hy omtrent honderd jaar oud, nie gelet op sy eie liggaam wat alreeds verstorwe was, en op die verstorwe toestand van die moederskoot van Sara nie.En hy het nie deur ongeloof aan die belofte van God getwyfel nie, maar hy is versterk deur die geloof en het aan God die eer gegeeen was ten volle oortuig dat Hy ook die mag het om te doen wat Hy beloof het.Daarom is dit hom ook tot geregtigheid gereken.” (:19-22).
Hierdie voorbeeld uit Abraham se lewe waaroor Paulus in die brief aan die Romeine skryf, is iets wat ons as gelowiges weet, maar tog so maklik vergeet. Dit is vir ons ’n vermaning, ’n herinnering om ons fokus op God, eerder as op ons probleme te vestig. Ja, in plaas daarvan dat ons die omvang en die grootheid van die probleem van die een kant na die ander moet bedink, behoort ons fokus daarop te wees om die Almag van God te bedink. Ons behoort sy getrouheid te bedink. Ja, ons behoort ons gedagtes op sy Goddelike heerlikheid te vestig.
DIE AFVAL VOOR DIE WEDERKOMS
Ds A.E. van den Berg
“Laat niemand julle op enige manier mislei nie, want eers moet die afval kom en die mens van sonde geopenbaar word...” (2 Thess.2:3).
Die gelese gedeelte handel oor bepaalde dinge wat net voor die wederkoms van Jesus gaan gebeur. Sodra dit begin, moet gelowiges weet dat die einde van die wêreld naby is. Tog is daar in hierdie hoofstuk ʼn paar onduidelikhede. Paulus skryf in vers 10 oor die liefde vir die waarheid, maar dis onduidelik waarna hy spesifiek verwys. In vers 11 skryf hy oor die leuen wat geglo gaan word en weereens nie duidelik waarna hy spesifiek verwys nie. So ook in vers 12 waar hy na die gebrek aan geloof in die waarheid verwys sonder om dit te omskryf.
Die rede hiervoor is dat die waarheid waarvan Paulus hier praat nie noodwendig met die Bybelse leer te doen het en net deur die kerk verstaan sou word nie. Dit gaan hier oor ʼn wêreldwye ontkenning van die mees basiese feit nl. dat daar ʼn God in die hemel is, ‘n saak wat dan ʼn wêreldwye opstand van Gods-ontkenning word. Ons lees al reeds so vroeg as Ps.2 hiervan: “Waarom is daar onrus onder die volke, waarom smee die nasies planne – en dit tevergeefs? Die konings van die aarde is in opstand, die leiers span saam teen die Here en teen sy gesalfde en sê: n Kom ons maak ons vry en gooi hulle juk af!” (Ps.2:1-3). Dit gaan wêreldwyd gebeur!
KIES WEER REG, BLY WEER WEG!
Professor Koos Malan van Sakeliga en Bennie van Zyl van TLU-SA het op 6 Maart, tydens die fokusprogram van Pretoria FM, hul lot bekla wat betref die opposisie in die stadsrade, maar in die besonder koalisievorming.
Volgens Malan is die “koalisies ’n klaaglike mislukking weens die baasspelerigheid van die DA” nadat Van Zyl ’n ellelange treurmare gelewer het rakende die huidige stadsrade wat nie die mas opkom nie, maar veral die koalisies, tot die verdriet van hul kieserskorps. Van Zyl het met ’n tipiese à la Bennie van Zyl die prent probeer inkleur en aan die einde uitgekom met die gedagte dat “gekyk moet word na iets anders”.
Malan het dadelik gereageer met die woorde: “Ek gaan stem en diegene wat nie stem nie is aan die swart kant,” wat die Afrikaner by ’n baie belangrike en aktuele punt bring. Nie-stemmers word gereeld daarvan beskuldig dat ’n wegbly-stem ’n stem vir die ANC is. Hierdie argument verg heelwat dieper ondersoek. Uiteraard is dit verraad. Die ANC-regime, die uitroeper van die verkiesing, is ’n kommunistiese organisasie, gelaai met Kommuniste en in bondgenootskap met die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party (SAKP).
DIE LEUEN OOR “MILJOENE JARE”…
Die ontstellende waarheid is dat ons kinders al jare lank die leuen in die skole leer dat daar geen God is nie en dat die aarde deur ‘n misterieuse slag ontstaan het. Hoe dom kan die satan, vader van die leuen, tog wees om so ‘n onbewese stelling as die waarheid aan te bied!
Dit alles het begin toe die moderne wetenskap ongeveer 200 jaar gelede aan die gang begin kom het en duisende mense deur die leuen van ʼn aarde wat miljoene jare oud is, meegevoer is. Dit was die gevolg van ʼn tuin wat deur die ateïs Charles Darwin omgespit is om sy ongeloofsgemanipuleerde saad in te saai. Die wrange vrugte wat dit voortgebring het, word kortweg ewolusionisme genoem. En wêreldwyd glo die jonger geslagte hierdie leuen wat in almal se kele afforseer word, ook hier in Suid-Afrika waar die staatsskole hulle aan die geldmag se ewolusieleer verbind het. Maar kom ons kyk na werklike feite, nie die onbewese leuens wat die satan mense wil wysmaak nie:
Volgens die Darwin-teorie het dinosourusse ongeveer 220 miljoen jaar gelede op die aarde begin verskyn en teen 65 miljoen jaar uitgesterf. Mense wat deur die verhale van dinosourusse meegevoer is, het vas geglo dat die aarde miljoene jare oud is. Dis ʼn leuen. Die Bybel gee ʼn duidelike tydsraamwerk van duisende jare se geskiedenis waarbinne die dinosourusse ook val:
LAAT ONS DIE NAAM VAN DIE HERE AANROEP
Hannes Ollewagen
Jes. 64:1-12
“En daar was niemand wat u Naam aangeroep het, wat hom beywer het om U aan te kleef nie; want U het u aangesig vir ons verberg en laat ons wegsmelt deur ons ongeregtighede.” (:7).
Die profeet Jesaja maak in hierdie gedeelte melding van ’n baie belangrike saak. Hy verwys na sy volksgenote waaronder daar niemand is wat die Naam van die Here aanroep nie. Daar is niemand van sy volksgenote wat hom daarvoor beywer om die Here aan te kleef nie. En die situasie is in ons volkslewe vandag nie veel anders nie. Alhoewel die woord “niemand” dalk in die letterlike sin ’n té sterk woord is, is die persentasie van die geheel sekerlik weglaatbaar klein. Waar ons vantevore ’n dag aan die HERE afgesonder het wat ons aan Hom kan wy om na sy Woord te luister, sy lof te besing en Hom saam met ander gelowiges te aanbid, het hierdie dag ontaard in een waarin daar verder na geld gejaag word.
KOOP DIE TYD UIT
Ds A.E. van den Berg
“Wandel in wysheid teenoor die wat buite is en koop die tyd uit” (Kol.4:5)
Alexander die Grote is jonk oorlede. Toe hy sterwend was, het hy sy generaals ontbied om sy laaste wense aan te hoor en na sy dood uit te voer. Hulle moes eerstens toesien dat die beste dokters sy kis graf toe dra. Tweedens moes hulle al die skatte wat hy tydens sy lewe bymekaar gemaak het voor die stoet op pad na die begraafplaas op die grond uitgooi. Derdens moes sy hande by die kis uithang vir almal om te sien.
Die rede vir sy ietwat vreemde versoeke was as volg. Eerstens moes die beste dokters sy kis dra sodat almal kon sien dat nie eens een van hulle sy lewe kon red nie. Tweedens moes sy skatte voor die stoet op die grond gegooi word vir almal om te sien dat die dinge wat op aarde verkry is tydens dood op die aarde agterbly. Jy vat niks saam nie. Derdens moes sy hande los uit die kis hang vir almal om te sien dat mens met leë hande aarde toe kom en dit net so verlaat as tyd verby is.
STAATSUITGAWES EN DIE BBP
TAFELGESPREK
Ou koerante lewer dikwels pragtige vergelykende syfers op. In Sake-Beeld van 23 Maart 2015 word ’n oorsig gegee van die RSA se staatsuitgawes teenoor die bruto binnelandse produk (BBP) tussen 2010 en 2015. Hierdie verhouding is ’n erkende aanduiding van hoe gesond die landsekonomie en die bestuur van die staat is. Dit is ’n bekende maatstaf wat maklik deur die gewone burgers verstaan kan word. In die 5 jaar van 2010 tot 2015 het die verhouding van staatsbesteding tot die BBP van ’n vlak van 23% opgekruip na net onder 30%.
Waar staan dit vandag? Tans is staatsbesteding teenoor die BBP op ’n vlak tussen 32 % en 33%, te midde van baie swak groeisyfers. Daar word verwag dat die verhouding steeds sal versleg oor die volgende 5 jaar.
EKONOMIESE BEVRYDING VD AFRIKANERVOLK
TAFELGESPREK
Wanneer bewegings soos die EFF (Black Economic Empowerment) se aggressiewe gedrag beskou word, wonder mens hoeveel Afrikaners dink daaraan dat ons eie volk oor dekades uit hul hardverwerfde welvaart gekul is. Afrikaners het andermaal ekonomiese bevryding nodig, soos in die jare vanaf 1920 tot 1950. Afrikaners beskou nog nie die verslegtende toestand as een wat in terme van “volksbevryding” benader moet word nie. As deel van die blanke ekonomie word Afrikaners op soveel terreine met ekstra belastings geteister. Die verhaal moet nog deeglik nagevors word oor hoe die gewone, hardwerkende blankes teruggedruk is deur die regering se ideologie van radikale ekonomiese rewolusie – deur onder andere regstellende aksie, kapitaalwinsbeslasting, heffings op waterbronne, uitsluiting van kontrakte met die staat, verhoogde inskrywingsgelde by universiteite, die koste van dienste en verhoogde eiendomsbelasting.
Reeds sedert die 1970’s is die blankes se ekonomiese posisie geleidelik afgedruk, aanvanklik op indirekte wyse deur inflasie en stygende persoonlike belasting.