NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Ek is 'n oumens wat baie bekommernisse geken het, maar die meeste van hulle het nooit gerealiseer nie. Nou besef ek dat bekommernis 'n vyand van die lewe is, 'n vorm van ateïsme, want dit veronderstel ongeloof in die bestuur van God in my lewe. En nou laai ek my bekommernisse by God af en weier om dit môre weer op te laai.

DIE BYBEL WAARSKU OOR DOBBEL

Christene in Suid-Afrika: Hoor wat die Bybel oor dobbelpraktyke !

                Anita Joubert

       Die Here het onlangs vir my die opdrag gegee om hierdie boodskap uit te stuur. Ek wou egter eers seker maak dat ek die regte doen, en daarom het ek vir ʼn bevestiging gevra. Meer helder en duidelik as wat Hy dit vir my gegee het, kon ek nie voor vra nie.

       Hierdie boodskap is bedoel vir elkeen in hierdie land wat homself  ʼn volgeling van die Here Jesus Christus noem, en dink dat daar niks mee verkeerd is om so ʼn bietjie te dobbel of om die Lotto te speel nie. Dit is só – en dit is baie hartseer – dat mense dikwels dinge uit onkunde doen. Die Here sê in Hosea 4:6 dat sy volk te gronde gaan weens ʼn gebrek aan kennis. Dit is die 1953-Afrikaanse Vertaling. Die 1983-Vertaling stel dit so: “My volk gaan onder omdat hulle nie aan My toegewy is nie.” As ons toegewyd aan die Here lewe, dan lees ons die Bybel en weet en glo wat daarin staan.

       Hoor vandag wat die lewende God van dobbel sê:  “Maar julle wat die Here verlaat, wat my heilige berg vergeet, wat ʼn tafel dek vir die geluksgodin en die mengsel inskink vir die godin van die noodlot, Ek sal julle bestem vir die swaard, en julle almal buig om geslag te word . . .” Die 1983-Vertaling gebruik die name van die twee afgode, Gad en Meni. In vers 12 sê die Here: “Ek, die Here, gaan julle straf met die dood, julle sal almal inmekaar sak en doodgesteek word, omdat julle nie geluister het toe Ek geroep het nie.”

       Gad en Meni is twee Babiloniese afgode wat met geluk en die noodlot geassosieer word. In die Griekse afgodediens is daar ook die geluksgodin met die naam Tyche (Taikéé), en die Romeine se geluksgodin is Fortuna. Al hierdie volke het geglo dat deur hierdie afgode te vereer, dit vir hulle geluk sou bring, en dit is presies wat gedoen word elke keer wanneer aan hierdie dobbelpraktyke meegedoen word – die tafel word gedek om hierdie geluksgode te vereer.

       Daar was onlangs op Kyknet ʼn program wat oor plaasmoorde gehandel het. Dit is absoluut skrikwekkend om die wreedheid te sien waarmee die mense vermoor word. Die vermoordes se bloed is die hele huis vol en in sommige gevalle loop dit selfs teen die mure af. Ek het met ontsettende afgryse daarna gesit en kyk en die Here het hierdie teksvers letterlik in my ore laat weerklink. Ons dien ʼn God van liefde en genade, een van sy sewe Name, beteken “Die Here voorsien” (Gen 22:14). Wanneer ʼn volk egter onder sy beskermende hand uitbeweeg en willens en wetens afgode vereer, dan dra hul die gevolge daarvan.

       Dr Willie Marais was ʼn bekende prediker in die N.G. Kerk vanaf ongeveer 1950 tot in die laat 1990’s. Hy het verskeie boeke geskryf, onder andere ook ʼn verhaal oor sy eie lewe, met die titel: “ ʼn Man van God gestuur.” Dr Willie vertel daarin dat hy as jong predikant, toe Zimbabwe nog Rhodesië was, koerantuitknipsels gebêre het van al die persone wat die destydse Rhodesian Sweepstakes gewen het. Feitlik elke een van daardie mense het aan ʼn vreemde, onnatuurlike oorsaak gesterf. Hy vertel ook in sy boek, dat hy die predikant was van die gemeente waar John Vorster, tydens sy ampstermyn, ʼn lidmaat was. Hy het hom dus goed geken en toe dr. Willie gehoor het van die Bonus Obligasies wat deur die Regering ingestel sou word, het hy hom gebel en gesmeek om dit nie toe te laat nie. Vorster se antwoord aan hom was: “Jammer Doktor, maar die Kabinet het klaar besluit.” Dr. Willie vertel dat die woord van die Here wat hy daardie dag aan Vorster moes oordra, was soos volg: “God het dan ook klaar oor Suid-Afrika besluit”. Wat ʼn hartseer dag! Ons dra al vir 29 jaar die gevolge daarvan in hierdie land. Hoe lank wil ons nog daarmee aanhou? Vir diegene wat nie weet wat die Bonus Obligasies was nie – dit was ʼn manier waarop die Nasionale Regering landsburgers aangemoedig het om geld in die Regering te belê, deur Bonus Obligasies te koop. Dit het presies soos loterykaartjies gewerk en van tyd tot tyd is daar gelukkige nommers getrek en sogenaamde bonusse is uitbetaal. Duisende ou mense en naïewe landsburgers het hulle beleggings gaan onttrek en daarin belê, want die Regering bedoel dit dan tog só goed...

       Vir al die predikers wat oor hierdie dinge tjoepstil gebly het, sê die Here: “Ellende wag vir julle, herders deur wie my skape uit my kudde doodgemaak en verstrooi word. Julle het my skape nie opgepas nie, en daarom gaan Ek julle straf” (Jer. 23:1-4).

        Lank gelede was ons vir ʼn klomp jare lidmate van ʼn groot, bekende gemeente in Pretoria. Toe daar in ʼn stadium reëlings getref is vir ʼn kerkbasaar, het die reëlingskomitee besluit om ook deur middel van so ʼn proses van kaartjieverkope met gelukkige nommers, heel interessant saamgestel, ʼn groot klomp geld te probeer insamel. Ek het natuurlik ernstig beswaar gemaak by die Kerkraad, en omdat ekself ʼn Kerkraadslid was, kon hulle my nie sommer net ignoreer nie, en die hele projek is toe geskrap. Die Sondagoggend na die basaar, het een van die predikante,  nie die leierpredikant vir wie ons groot respek gehad het nie, ʼn hele preek gepreek oor Spreuke 27:15-16:

       “Die gedrup uit ʼn dak wat lek op ʼn reëndag, so is ʼn vrou wat aanhou kyf. Wie haar probeer keer, kan net so wel die wind probeer keer of olie met sy hand probeer vashou.”

       Mens kan jou net voorstel watse sinlose preek daaroor gepreek kan word, en niemand in daardie kerkdiens, waar daar bykans ʼn  duisend lidmate gesit het, behalwe ons gesin, het geweet waaroor dit gaan nie. Ek was daardie dag so hartseer om te dink dat iemand, aan wie só ʼn kosbare geleentheid gegee is om aan soveel mense geestelike voedsel te gee, dit só misbruik, net omdat hy nie sy sin gekry het nie.

       Petrus skryf in 1 Petrus 5:2: “Pas die kudde van God wat aan julle toevertrou is, goed op.” In hoofstuk 4:17 sê hy dat die oordeel by die huis van die Here gaan begin.

       Ons moet nooit vergeet dat Satan ons as gelowiges dag en nag by God aankla nie (Op. 12:10). In Sagaria 3:1-2 sien ons ook dat Satan vir die hoëpriester Jesua, aangekla het. Paulus skryf in Romeine 8:33 dat Jesus vír ons pleit en die Hebreërskrywer sê dat ons met vrymoedigheid na die genadetroon van God toe gaan, omdat ons ʼn Hoëpriester het wat vir ons intree by God. Die vraag is net: kan ons met vrymoedigheid gaan, as ons willens en wetens aanhou om afgode te dien, en dit nadat die Here Jesus die hoogste prys denkbaar, sy lewe, gegee het om vir ons redding te betaal?

       My smeekgebed is dat elke Christen in hierdie land, sal hoor wat die Here sê. Ons het by die punt gekom waar ons die keuse sal moet maak, en ek moet dieselfde vraag vra wat Elia vir die Israeliete by die Karmelberg gevra het: “Hoe lank gaan julle nog hink op twee gedagtes? As julle die Here, die lewende God wil volg, doen dit! As julle egter afgode wil dien en vereer, doen dit!” Maar weet net dat julle die gevolge gaan dra. God is ʼn God van liefde, maar Hy is ook heilig en regverdig. Hy haat sonde en Hy eis onverdeelde trou aan Hom. God het Suid-Afrika besonder lief, en Hy het ʼn baie besondere plan met hierdie land nou in die eindtyd, maar of dit gaan realiseer, is ons keuse. Net soos wat Hy niemand dwing om tot bekering te kom nie en aan elke mens ʼn vrye wil gegee het, net so sal ons moet besluit of ons gaan voortgaan om die dobbelbase in Suid-Afrika verder te verryk.

Opsoek na inligting?

  • ‘n Nuwe boek deur doktor Mike du Toit het op die rak verskyn getiteld:

    ‘N ORGANIESE, EKONOMIESE EN POLITIEKE BESTEL

    VIR ‘N TOEKOMSTIGE AFRIKANERVOLKSTAAT

    Na Du Toit se oordeel het die kapitalisme en demokrasie ernstige tekortkominge en funksioneer dit tot nadeel van alle volkere wat wens om as organiese eenhede met ʼn eie identiteit te bestaan. Hierdie tekortkominge word in die boek uitgewys. Die kapitalisme en demokrasie berus op die liberale lewensbeskouing. As alternatief tot die liberalisme stel Du Toit die organiese lewensbeskouing. Lees alles wat u daaroor wil weet by hierdie skakel NUWE BOEK DEUR DR MIKE DU TOIT

    ______________

    UBUNTU; Herbedink

    Die gonswoord van 'n dekade of wat gelede, nl 'Ubuntu', het 'n mens nuuskierig gemaak. Wat sou die mooiklinkende woord: 'u-bun-tu' wat blykbaar oornag groot handelswaarde ontwikkel het, werklik beteken? Nadat Desmond Tutu in 'n videosnit die betekenis verduidelik het as:'I am because we are' en Bill Clinton daarop probeer verbeter het met: 'I am because you are', kon dit nie anders nie. Dié saak moes ondersoek word.

    Na 'n ompad deur Afrika en selfs die antieke geskiedenis, is weer in die eie tyd, by uitsprake van Mbeki, Tutu, Steve Biko en andere uitgekom. Daarna is na Ubuntu en die wêreldpolitiek gekyk, maar ook na 'n ubuntuplan en ekonomiese seifbeskikking met die oog op oorlewing.

    Die skrywer, Tobie Hart, slaag met hierdie werk om die leser te boei met aktuele inligting wat elkeen raak. Ook die voorblad, met reënboog en standbeeld praat met die leser.

    Die boek, teen R260-00 per harde kopie kan bestel word by: Groep 7 Drukkers Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..         Die boek is ook in Engels beskikbaar as Ubuntu: Re-invented

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 846 gaste aanlyn