Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Here, gee dat ons kinders verby ons as ouers sal kyk en saam met ons 'n hemelse Vader sal raaksien wat 'n Herder is vir sy kudde en hulle lei na waters waar rus is.
ONS NUWE LEIERS SAL WEES...
...manne en vrou wie se harte in die bloed van Jesus gewas is
Mense wat hul as leiers voorgedoen het, het ons of verraai of hakskene gewys toe die poppe begin dans. Ons het ʼn bitter slegte ding oorgekom! Maar laat ons eerlik wees - ons het ʼn belangrike les geleer: Moet op prinse nie vertrou nie! Ons het geglo dat mense - politici en kerkleiers - ons uit die penarie sou red. Toe gebeur die teenoorgestelde. En dit het ons vryheid gekos.
“En die kinders van Israel het gedoen wat verkeerd was in die oë van die Here: hulle het die Baäls gedien en die Here, die God van hulle vaders, verlaat… Maar wanneer hulle dan in groot benoudheid raak, verwek die Here rigters wat hulle verlos uit die hand van hulle berowers” - Rig. 2:10,15,16
God gebruik soms onwaardige mense as kragtige instrumente in sy diens. Ja, Hy slaan reguit houe met krom stokke, soos in die tyd van die Rigters gebeur het. Ná die dood van Josua het Israel onverskillig teenoor hul verlede geword en geestelik verval. Op daardie stadium was al die mense wat saam met Moses uit Egipte getrek het, feitlik almal dood. Die wonder van God se ingryping, die volksbevryding en die gedagtes aan die grootse belewenis met God in die woestyn, het so goed as verdwyn!
DIEP IN DIE SKULD
Hannes Ollewagen
Rom. 13:8-14
“WEES aan niemand iets skuldig nie, behalwe om mekaar lief te hê; want hy wat 'n ander liefhet, het die wet vervul.” (:8).
Dit is ooglopend dat die wêreld op ‘n slegte plek is. En baie slim mense het baie slim stories oor wat die rede hiervoor kan wees. Die antwoord is myns insiens eintlik baie eenvoudig: ‘n gebrek aan liefde in die hart van die mens. Die HERE het hiedie toestand al lank vantevore in sy Woord aan ons voorspel en ook die rede vir die ontstaan van hierdie probleem duidelik uitgespel. “MAAR weet dit, dat daar in die laaste dae swaar tye sal kom. Want die mense sal liefhebbers van hulleself wees, geldgieriges, grootpraters, trotsaards, lasteraars, ongehoorsaam aan hulle ouers, ondankbaar, onheilig, sonder natuurlike liefde, onversoenlik, kwaadsprekers, bandeloos, wreed, sonder liefde vir die goeie,” (2 Tim. 3:3).
WÊRELDOORLOG III (7)
DIE TEKENS VAN DIE NADERENDE SLAG VAN ARMAGEDDON
John White
Lees reeks by WÊRELDOORLOG III
DIE BIOLOGIESE TEKENS
Toe die dissipels Jesus uitvra oor die tekens van sy wederkoms en die einde van die tyd, het Hy met verwysing na die mens se gebruik van voedsel en drank gesê: "...daar sal hongersnode wees.. . op verskillende plekke" (Mattheus 24:7). In Openbaring 6:5,6 ('n teks wat in 'n hoofartikel deur die Toronto Star gebruik is om op die toename van hongersnood dwarsoor die wêreld te wys) lees ons: "En toe Hy die derde seël oopgemaak het, hoor ek die derde lewende wese sê: Kom kyk! En ek het gesien en kyk, daar was 'n swart perd; en hy wat daarop sit het 'n skaal in sy hand. En ek het 'n stem tussen die vier lewende wesens hoor sê: 'n Rantsoen koring vir 'n penning en drie rantsoene gars vir 'n penning; en moenie die olie en die wyn beskadig nie".
Die swart perd is simbolies van hongersnood.
WÊRELDOORLOG III (6)
DIE TEKENS VAN DIE NADERENDE SLAG VAN ARMAGEDDON
John White
Lees reeks by WÊRELDOORLOG III
DIE EKOLOGIESE TEKENS
Die meeste van ons het tot en met die begin van die sewentigerjare nooit werklik bewustelik die woord ekologie gehoor nie. En toe skielik het dit gelyk asof ons die woord sien of hoor elke keer as ons 'n koerant optel of 'n radio aanskakel. Die woord is op groot kennisgewings langs die pad gedruk, het deel uitgemaak van die leerplanne in onderwysinrigtings van die kindertuin af tot by universiteite by die toekenning van doktorsgrade, en dit het voorgekom op die agendas van omtrent elke vergadering. Dit het gelyk asof alles en almal betrokke is by die "ekologiekrisis", tot omstreeks 1973 toe die hele begrip van die toneel verdwyn het en moes plek maak vir die "energiekrisis".
Terwyl die kwessie van ekologie die botoon gevoer het, het ons geleer dat dit 'n afdeling van die biologie is wat handel oor die verhouding van lewende organismes tot hulle omgewing en tot mekaar.
LEER OM GOED TE DOEN
Hannes Ollewagen
Jes. 1:1-31
“Was julle, reinig julle, neem die boosheid van julle handelinge voor my oë weg, hou op om kwaad te doen, leer om goed te doen, soek die reg, beteuel die verdrukker, doen reg aan die wees, verdedig die saak van die weduwee.” (:16&17).
Dit is ineteressant dat die HERE aan sy volk deur die mond van Jesaja twee opdragte gee in hierdie verse waaruit ons oordenking kom. Die HERE beveel sy volk enersyds om op te hou kwaaddoen. En andersyds word aan hulle nog ‘n opdrag gegee en dit is om goed te doen.
Hierdie opdrag laat my dink aan die vergelyking van Christus waarvan ons in Matt. 5:13 lees.
“JULLE is die sout van die aarde, maar as die sout laf geword het, waarmee sal dit gesout word? ...” Sout word gebruik om voedsel te preserveer, m.a.w. om te keer dat dit nie sleg word nie, maar dan het sout ook nog ‘n kosbare eienskap en dit is dat dit kos smaaklik maak.
ONS WORDENDE WOESTENY
Hier volg Stuart Cloete se woorde in sy gesprek met die Goewerneur-Generaal van die eertydse Belgiese Kongo in sy boek ‘The African Giant’:
" ‘Your Excellency, what would happen if the white man left the Congo? How long would it last?’
'A few years' he said, 'because we have built well. The buildings will stand'.
'And then?' I said.
'Then, monsieur, the forest will return'.
This is the classic reply all over the continent. There is no other answer".
Suid-Afrika het dieselfde pad gestap nadat die ANC die land onwettig geneem het – onthou, FW de Klerk het in die 1992 referendum nie die volk gevra of hulle ‘n swart regering wil hê nie; hy het gevra of die Nasionale Party kan voortgaan met onderhandelinge met die ANC en belowe dat hy na die volk terug sal kom daaroor, wat hy toe nie gedoen het nie, en op ‘n onwettige wyse die land aan die ANC gegee het.
WÊRELDOORLOG III (5)
TEKENS VAN DIE NADERENDE SLAG VAN ARMAGEDDON
John White
Lees reeks by WÊRELDOORLOG III
DIE GEOFISIESE TEKENS
"'n Aardbewing is een van die maniere waarop Hy ons tot berou wil dwing, soos die geval was met die tronkbewaarder in Filippi (Handelinge 16:16 -40) ...begin 'n mens besef die tyd het gekom waarin aardbewings verwoesting op hierdie aarde gaan aanrig soos daar nog nooit gesien is nie."
Jesus se dissipels het aan Hom gevra: "... wat is die teken van u koms en van die voleinding van die wêreld?" (Mattheus 24:3). Jesus het geantwoord dat daar onder meer "aardbewings op verskillende plekke" sal wees (Mattheus 24:7).
Die afgelope jare het daar meer noodlottige aardbewings voorgekom as ooit tevore in die geskiedenis. Ons weet wat die afgelope tyd in die Ooste gebeur het, hoe Japan kort-kort deur natuurrampe getref word. Ons kyk ook in hierdie aflewering na hoeveel rampe reeds in die sewentigerjare die aarde getref het.
Afgesien van Jesus Christus wat vir ewig leef, is Mao Tse-tung deur meer mense as enige ander persoon voor hom aanbid. Hy het homself skepper, bevryder en verlosser genoem. ('n Biljoen lewende en gestorwe Chinese het hom messias, heer en ewige son genoem.
BEKENDSTELLING VAN DIE HEILIGE GEES
Ds A.E. van den Berg
“Almal is met die Heilige Gees vervul en hulle het in ander tale begin praat soos die Heilige Gees dit aan hulle gegee het ..... en hulle was almal verbaas en .... sê vir mekaar: Is almal wat daar spreek dan nie Galileërs nie? En hoe hoor ons hulle, elkeen in ons eie taal waarin ons gebore is?” (Hand 2:4,7,8).
Gelowiges verskil dikwels van mening. Een ding waaroor almal wel saamstem, is dat daar ʼn God in die hemel is. Maar hoe weet ons dit? Het iemand Hom toevallig ontdek? Nee, Hy het Hom aan die mens bekend gestel. Was dit nie daarvoor nie, het ons God nooit geken nie.
Ongelukkig is daar baie afgodery in die wêreld en dit neem toe. Met dwaalleer soek die mens na ʼn god. In egte godsdiens gebeur die teenoorgestelde; God soek die mens. As Hy nie na ons soek nie, sal ons Hom nooit vind nie.
God het Hom egter as ʼn Drie-eenheid bekend gemaak; drie persone in een wese; Vader, Seun en Heilige Gees. Dis nie ʼn drie godedom soos wat die Jehova Getuies leer nie, maar ʼn Drie-eenheid wat aan die hand van ʼn baie eenvoudige voorbeeld verduidelik kan word nl. dié van water. As water baie warm gemaak word, verander dit in stoom. As dit baie koud gemaak word, verander dit in ys. Dit bly water. So is die Drie-eenheid – drie Openbaringspersone maar een wese.
LEER VAN HOM WAT HEILSAAM IS
Hannes Ollewagen
Jes. 48:1-22
“So sê die Here, jou Verlosser, die Heilige van Israel: Ek is die Here jou God, wat jou leer wat heilsaam is, wat jou lei op die weg wat jy moet gaan.” (:17).
Luister na die pragtige woorde van die Psalmdigter uit Ps. 119:7. “Ek sal U loof in opregtheid van hart as ek u regverdige verordeninge leer.” Wanneer die Psalmdigter die verordeninge van die HERE ondersoek en dit leer, word sy hart met vreugde oor die regverdigheid en die heilsaamheid daarvan vervul. Hy kan insien dat hierdie insettinge en verordeninge van die HERE vir die mens goed is en dat die mens heil daarin sal vind om hierdie insettinge en verordeninge te leer en daarin te leef.
Wanneer ons kennis van God en sy wette, insettinge en verordeninge toeneem, sien ons die regverdigheid daarvan raak. En ons sien ook die liefdevolle Vaderhart van God daarin raak, geliefdes. Ja, ‘n deeglike ondersoek en begrip hiervan bring ons tot die besef dat dit nie net ‘n klomp reëls is wat God uitgedink het om die mens daarmee te bemoei nie, maar dat die onderhouding van hierdie insettinge, wette en gebooie van God vir die mens heilsaam is. Die onderhouding hiervan bevorder deugdes soos eerlikheid, hardwerkendheid, nederigheid, lankmoedigheid, meegevoel, liefde en omgee om maar ‘n paar te noem. En hierdie is alles deugdes wat vir die mens goed is. Dit is deugdes wat tot ‘n goeie verhouding met die mense rondom ons lei en ‘n onmisbare bydrae sal lewer. Die onderhouding hiervan waak oor die heil van die mens.
LEES WEER EXODUS 20
Wonder ons soms waarom ons as 'n volk van die Here, nie rustig en in vrede kan saamleef nie, waarom ons voortdurend rusie met mekaar soek, mekaar verraai, verneder en vernietig? Daar is net een grondslag waar dit verkeerd geloop het: Jesus het die wetgeleerde op sy vraag wat die "groot gebod in die wet is" só geantwoord: Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart, jou hele siel en met jou hele verstand. En die tweede wat gelyk hieraan staan: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.
Ons verskeurde ou volkie weet nie meer wat naasteliefde beteken nie. En as ons die tweede gebod nie eers kan onderhou nie moet ons onsself nie bluf en dink dat ons die eerste gebod nakom en God so liefhet as wat Hy ons beveel nie.
Die Here sê in Exodus 20 dat Hy ‘n jaloerse God is wat die misdaad van ons voorvaders tot in die vierde geslag sal wreek van diegene wat Hom haat. Maar Hy sê ook daar dat Hy barmhartigheid aan almal wat Hom liefhet sal bewys – as ons sy Gebooie onderhou Waaraan meet God ons liefde vir Hom? Hyself sê Hy sal weet dat ons Hom liefhet as ons sy Gebooie onderhou.
Ken ons nog die Gebooie, en leef ons dit uit? Dit wil voorkom asof die meeste volksgenote elke Gebod van God verontagsaam.
En dan wil ons nog aanspraak maak op die voorregte vir 'n volk van God! Nie voordat ons terugkeer, om vergifnis pleit vir ons dwalinge en AL sy gebooie gehoorsaam nie. En nie soos ons dit WIL verstaan nie, maar presies soos dit daar geskryf staan.
30 JR NA AMY BIEHL
VERWARDE BUITELANDERS
Amy Biehl 26.4.67 - 25.8.93
Amy Biehl was ʼn 26 jarige anti-apartheid aktivis en Amerikaanse nagraadse uitruilstudent wat aan die Universiteit van Weskaapland stem-registrasieprogramme vir swartes vir die 1994 veelrassige verkiesing help voorberei het. Sy was ʼn geesdriftige aktivis vir die swart saak en sterk negrofilisties.
Ongelukkig het haar ideaal van ʼn beter nuwe bedeling aan die suidpunt van Afrika uit fokus met die werklikheid geraak en haar ʼn fatale sprong laat maak wat haar lewe gekos het. Haar motor is nie lank na haar aankoms in Suid-Afrika nie in Augustus 1993 in Gugulethu (naby Kaapstad) deur ʼn swart gepeupel van nagenoeg 100 voorgekeer en met klippe bestook. Daarna is sy uit haar motor gepluk en onder ʼn gedreun van “one settler, onebullet" doodgesteek.
Sy was oppad om drie van haar swart vriende by hul huise te gaan aflaai. Die vriende het op die bloeddorstiges geskreeu om haar uit te los omdat sy ʼn comrade was. Dit was tevergeefs want sy was blank!
WÊRELDOORLOG III (4)
TEKENS VAN DIE NADERENDE SLAG VAN ARMAGEDDON
John White
Lees reeks by WÊRELDOORLOG III
DIE ASTROFISIESE TEKENS
Die mens wou nog altyd vlieg en uiteindelik in die ruimte vaar. Aan die einde van die twintigste eeu het die mens nie net reeds biljoene kilometer per jaar gevlieg nie, maar het hy ook na ruimtelaboratoriums, en selfs na die maan gereis.
Wat dwing die mens om bykans 150 biljoen rand te bestee om vir 'n paar dosyn mense retoerkaartjies na die maan te koop en miskien selfs so veel as 'n triljoen rand om een mens op Mars te laat land?
Een van die beroemste skrywers van wetenskapfiksie was Ray Bradbury. Tydens een van Walter Cronkite se CBS-programme het Bradbury beweerdaar bestaan by hom nie die minste twyfel dat die hele ruimtewedloop veroorsaak is deur die mens se begeerte om eendag nog vir hom 'n tuiste tussen die sterre te maak nie.
Die onwedergebore mens het hierdie universele drang, maar hy kan dit nie definieer nie. Die Christen kan wel.
KANKER MBT SUIKER EN VET
‘n Tyd gelede het ‘n referaat van die MD Anderson Kankersentrum inTexas ‘n paar interessante misverstande in verband met kanker opgeklaar.
In die onlangse afgelope jare is talle diëte, onder andere ketogeniese diëte, geprys vir hul vermoë om kanker te voorkom en te behandel. (Ketogeniese diëte is gebaseer op ‘n hoë proteïn- en ‘n lae koolhidraat-inname.) Hierdie begrip blyk uiteindelik een van die misverstande te wees.
“Sommige van die idees rondom glukosevoeding waar kanker teenwoordig is, spruit uit twee basiese misverstande,” sê Dinkov,’n navorser van die betrokke onderwerp. "Een van die misverstande is dat kanker, 'n bose sel, geneties gemuteer is en dat jou enigste kans op oorlewing is om al daardie selle dood te maak, want hulle sal nie vanself weggaan nie.
“Eerstens is dit nie waar nie. Spontane remissies van kanker is deesdae welbekend; dit wissel wel na gelang van die soort kanker. Prostaatkanker byvoorbeeld, het 'n redelik hoë tempo van spontane remissie en hoë genesingsyfers.”
WÊRELDOORLOG III (3)
TEKENS VAN DIE NADERENDE SLAG VAN ARMAGEDDON
John White
Lees reeks by WÊRELDOORLOG III
DIE TEGNOLOGIESE TEKENS
Jakobus het geprofeteer dat daar "in die laaste dae" materiële hebsug, miskien te midde van tegnologiese wonders, sal wees, maar dat die oordeel van God beslis daaroor sal gaan voordat Christus terugkeer na die aarde om sy Koninkryk hier te verstig. "Kom nou, julle rykes, ween en huil oor die ellendes wat oor julle kom. Julle rykdom is bedorwe, en julle klere is deur die motte verniel. Julle goud en silwer is verroes en hulle roes sal tot 'n getuienis teen julle wees en sal soos 'n vuur julle vlees verteer. Julle het skatte vergader in die laaste dae" (Jakobus 5:1 —3).
Veral die Weste en die Midde-Ooste is vandag ryk weens die geweldige tegnologiese vooruitgang. Die Wall Street Journal, 'n gerespekteerde Amerikaanse finansiële tydskrif, het jare gelede reeds verwys na die Amerikaanse droom "dat tegnologie 'alle' probleme kan oplos". Kolonel Frank Borman het beweer: "Ek glo nou dat die mens tegnies enigiets kan doen wat hy wil." Hierdie houding het daartoe gelei dat Prins Philip jare gelede in 'n toespraak verwys het na die "hoëpriesters van die wetenskap" en gesê het die mens moet weer sy geloof op God rig want Hy het ons van al hierdie wonderlike dinge voorsien. Doen ons dit nie, sal hierdie dinge omdraai en ons vernietig.
Die vraag of die mens van die een en twintigste eeu se wetenskaplike prestasies retrogressief of progressief is, is een van die mens se grootste probleme.
GLO JY AAN, OF IN JESUS?
Ds A.E. van den Berg
“En Jesus sê vir die Jode wat in Hom geglo het: As julle in my woord bly, is julle waarlik my dissipels” (Joh.8:31).
In Jesus se tyd was daar drie groepe Jode. Die grootste een het uit hulle wat Hom gehaat het, bestaan. In Joh.15:25 haal Jesus Ps.35:19 aan: “… Hulle het My sonder oorsaak gehaat”. Dis hulle wat uitgeroep het: “Kruisig Hom! Kruisig Hom!”
Die tweede groep was kleiner en het wel aan Jesus, maar nie in Hom geglo nie. By hulle dood was hulle net so verlore as diegene wat Jesus gehaat het. Die derde groep was die kleinste. Hulle het in Jesus geglo en hul siele is gered.
Hierdie drie groepe bestaan steeds, maar nie meer onder die Jode nie, wel onder die ganse mensdom. Daar is eerstens diegene wat Jesus openlik haat soos die Sataniste, heidense gelowe, kommuniste ens. en meer as ’n biljoen sterk.
Die tweede groep is ook groot en glo slegs aan Jesus, maar nie in Hom nie en gaan selfs kerktoe. Die derde groep is baie klein – hulle wat in Jesus glo. As iemand aan een van die eerste twee groepe behoort, is hul siele verlore. Slegs die derde groep beërwe die ewige geluksaligheid. Wie derhalwe slegs aan Jesus, maar nie in Hom glo nie, is vir ewig verlore!
WÊRELDOORLOG III (2)
TEKENS VAN DIE NADERENDE SLAG VAN ARMAGEDDON
John White
Lees reeks by WÊRELDOORLOG III
DIE FISIESE TEKENS
Ons hoor die afgelope tyd in die nuus van die stryd tussen Rusland en Oekraïne, ook dat 'n Boeing in die Oekraïne afgeskiet is waarin 298 mense gesterf het waarvan die gevolge wêreldwyd onberekenbaar kan wees. Daar is roeringe in Amerika en Japan wat ondubbelsinnig in die rigting van nog 'n wêreldoorlog afstuur. Israel is konstant in oorlog. Dit is dus 'n goeie tyd om weer te besin oor die naderende tekens van Wêreldoorlog III .JESUS self het gesê dat die mens uiteindelik so 'n laagtepunt sal bereik dat hy in die hande van bose leiers sal verval wat, verdoof en betower deur Satan, hom reguit met die pad na Armageddon sal laat voortmarsjeer. In hierdie reeks word in elke aflewering die verskillende tekens van 'n naderkomende wêreldoorlog bespreek.
'n Geslag of twee gelede, toe ek op vyftienjarige ouderdom my lewe aan Christus begin wy het en vir die eerste keer die dwingende begeerte ondervind het om uit te gaan en persoonlik my geloof met andere te deel, was die eerste mens wat ek genader het 'n welsprekende agnostikus. Hy was 'n militante teenstander van die Bybelse Christendom. Hy het my Bybel uit my hand geruk, dit met geoefende vertoon by 2 Petrus 3:10,11 oopgeslaan en met 'n omgekrulde lip en 'n sardoniese glinstering in sy oë die volgende stukkie gelees: "Die dag van die Here sal kom soos 'n dief in die nag, waarin die hemele met 'n gedruis sal verbygaan en die elemente sal brand en vergaan, en die aarde en die werke wat daarop is, sal verbrand". Hy het die Bybel toegeklap, skuinsweg na sy waarderende gehoor geloer en my heeltemal verstom en verneder toe hy sê: "Ou seun, weet jy dan nie dat die enigste vuur oksidasie is nie en dat dit hoegenaamd nie in staat is om daardie soort verwoesting aan te rig nie? As jy in staat is om vir my vuur te wys wat dit kan doen, roep my weer. Miskien sal ek dan 'gered' word!"
WÊRELDOORLOG III (1)
TEKENS VAN DIE NADERENDE SLAG VAN ARMAGEDDON
John White
DIE APOKALIPTIESE TEKENS
Lees reeks by WÊRELDOORLOG III
Ons hoor die afgelope tyd in die nuus van die stryd tussen Rusland en Oekraïne, ook dat 'n Boeing in die Oekraïne afgeskiet is waarin 298 mense gesterf het waarvan die gevolge wêreldwyd onberekenbaar kan wees. Daar is ook roeringe in Amerika en Japan wat ondubbelsinnig in die rigting van nog 'n wêreldoorlog afstuur. Dit is dus 'n goeie tyd om weer te besin oor die naderende tekens van Wêreldoorlog III, 'n gebeure wat deur geen mens gekeer sal kan word nie want so is dit van die begin af deur Satan se lis beplan. JESUS self het gesê dat die mens uiteindelik so 'n laagtepunt sal bereik dat hy in die hande van bose leiers sal verval wat, verdoof en betower deur Satan, hom reguit met die pad na Armageddon sal laat voortmarsjeer. In hierdie reeks word in elke aflewering dan die verskillende tekens van 'n naderkomende wêreldoorlog bespreek.
Op 14 Julie 1976 was die Amerikaanse,televisiediens, CBS, besig om verslag te lewer van die kongres van die Demokratiese Party waartydens Jimmy Carter aangewys is as die amptelike presidentskandidaat. Terwyl die name van die aanwesiges aangeteken is, het Walter Cronkite die verrigtinge skielik onderbreek met 'n aanhaling uit die gewyde lied 'When the call is called up yonder':
When the trumpet of the Lord shall sound
And the time shall be no more,
And the morning breaks eternal, bright and fair;
When the saved of earth shall gather
To their home beyond the skies,
And the roll is called up yonder, I'll be there.
Daar was beslis 'n tikkie nostalgie in Cronkite se verwysing; dit het 'n mens se gedagtes onwillekeurig jare teruggevoer, na die begrafnis van wylepres. John F. Kennedy — 'n voorganger van Carter.
HEMELVAART
HY WAT OPGENEEM IS
Ds A.E. van den Berg
“En nadat Hy dit gesê het, is Hy opgeneem terwyl hulle dit sien; en ʼn wolk het Hom voor hulle oë weggeneem” (Hand.1:9).
Ek wonder hoeveel volksgenote komende Donderdag aan Jesus se hemelvaart sal dink? Ek meen dat dit by die meerderheid gaan uitwaai. Toe Suid-Afrika ʼn Christen-grondwet gehad het, was hierdie dag ʼn godsdienstige vakansiedag. Ná die magprysgawe in 1994 is dit afgeskaf.
Goeie Vrydag en opstanding-Sondag is vir gelowiges belangrik. Jesus se aardse bediening het egter nie hier opgehou nie. Ná sy opstanding het Hy vir 40 dae lank sy dissipels oor God se koninkryk onderrig en daarna ten hemel gevaar.
Die kruis en die leë graf was die hart van die Evangelie wat deur die dissipels versprei is. Paulus skryf : “Broeders, ek maak julle die evangelie bekend ... dat Christus vir ons sondes gesterf het volgens die Skrifte; en dat Hy begrawe is, en dat Hy die op die derde dag opgewek is volgens die Skrifte” (1 Kor.15:1-4).
ONS ‘GELYKHEID’ WYS HOE ONGELYK ONS IS!
Vooruitgang in die wêreld het nie plaasgevind omdat almal gelyk is nie, maar juis omdat sommige bereid was om deur harde werk geleenthede te benut om vooruitgang moontlik te maak, terwyl ander net toegekyk en die vrugte daarvan geniet het.
Ons beleef vandag dat onderskeid uitgeskakel moet word. Dat almal kwansuis “gelyk” is. Die massamens kan nie ongelykheid verdra nie. Die sosiale demokrasie wil hierdie onderskeid afskaf. U sien, om na beter te streef, beteken om jou moue op te rol, inspanning en dikwels slapelose nagte. Dit is van hierdie “werk” wat die sosialis en die meeste van die “gelykes” nie hou nie.
Mense is nie “vry en gelyk” geskape nie. Gelykheid van geleenthede bewys baie gou hoe ongelyk die uitslag is juis omdat mense verskil. ‘n Gemeenskap word ondergrawe deur diegene wat verskille wil wegpraat en gelykheid as uitkoms beoog. Die ironie is dat die gelykheidskrywers hulle uitgee as vegters vir geregtigheid. Shakespeare het ‘onderskeid’ die “ladder to all high designs” genoem – die leer wat mense met ideale en hardwerkendheid klim en hulle uiteindelik by sukses bring.
VERTROU OP DIE HERE!
Hannes Ollewagen
Spr. 3:1-35
“Vertrou op die Here met jou hele hart en steun nie op jou eie insig nie.” (:5).
Ons ontvang hierdie vers as ‘n opdrag uit die Woord van die HERE – die opdrag dat ons op die HERE moet vertrou. Dit beteken derhalwe dat indien ons nie op die HERE vertrou nie ons aan sy Woord ongehoorsaam is.
Dit is seker vir die meeste van ons nie maklik om te vertrou nie. Dink maar aan hoeveel mense u ken. En hoeveel van al hierdie mense wat u ken, vertrou u? Dit is maar ‘n baie klein handjievol. U het ook nie sommer lukraak besluit dat u hierdie persoon en daardie persoon sal begin vertrou nie. Die handjievol mense wat u vertroue gewen het, is mense wat u gedurende u lewe goed leer ken het. En ‘n deeglike kennis van hierdie mense het daartoe gelei dat hul eindelik u vertroue gewin het. Dit is onverskillig, en nie eintlik moontlik nie, om iemand te vertrou sonder om die persoon werklik te ken. Ons moet tog met sekerheid ‘n persoon se karakter ken om te kan besluit of die persoon as betroubaar geag kan word, al dan nie. Daarom dat Dawid dan ook in Psalm 9:11 stel dat diegene wat die HERE ken op Hom sal vertrou. Dawid stel dus dat enige mens wat God werklik ken, sal weet dat Hy vertrou kan word. “En hulle wat u Naam ken, sal op U vertrou, omdat U die wat U soek, nie verlaat nie, o Here!”