Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Langenhoven het goeie raad oor hoogmoed en nederigheid: jy mag maar hoogmoedig wees onder jou meerdere maar jy moet nederig wees onder jou mindere; só sal jy minstens nie jou eie waardigheid of ander s'n kwes nie. Hy herinner ons ook dat nederigheid nooit kan val nie...
MOTORBESTUURDERS IN SUID-AFRIKA
TAFELGESPREK
’n Studie wat onderneem is deur ’n groep kundiges in Australië het bevind dat Suid-Afrikaners se motorbestuurders as die swakste ter wêreld beskou kan word. Die organisasie is CMA, wat staan vir Compare the Markets Australia. Hulle het statistiek ontleed wat volgens die geslag van bestuurders gegroepeer is. Daarvolgens lewer Suid-Afrika 34,9 noodlottige sterftes per 100 000 vir manlike bestuurders op en 9,9 noodlottige sterftes per 100 000 vir vroulike bestuurders. Vergelyk dit met Brittanje, wat volgens die opname die veiligste bestuurders het. Daar is die syfers vir manlike bestuurders 4,8 per 100 000 vir manlike bestuurders en 1,6 per 100 000 vir vroulike bestuurders.
Interessante inligting is dat die nasionale spoedbeperking in Brittanje 112 km per uur en in beboude gebiede onder 50 km per uur is.
ZONDO OOR KORRUPSIE EN STAATSKAPING
Toe die skokkende toestande in die land hoofstuk vir hoofstuk in die getuienis voor die Zondo-kommissie aan die lig kom, het kritiese waarnemers besef dat die omvang daarvan so groot is dat die een-man Zondo-kommissie omskep behoort te word in ’n permanente liggaam wat onder ’n paneel van regters moes staan. So ’n liggaam moes ondersteun word deur geskikte opgeleide personeel. So pas het regter Zondo hierdie gedagte self geopper. Volgens hom is daar regverdiging vir ’n permanente liggaam om korrupsie in die openbare sektor en die staat te ondersoek.
GEESTELIKE LOUHEID
Ds A.E. van den Berg
“Ek ken jou werke, dat jy nie koud is en ook nie warm nie. Was jy tog maar koud of warm! Maar nou, omdat jy lou is en nie koud of warm nie, sal Ek jou uit my mond spuug”(Openb.3:15,16).
Laodicea was ʼn stad in Klein Asië (vandag Turkye) wat op die kruispunt van twee hoofhandelsroetes aangelê was. Die een roete het vanaf Rome ooswaarts na Klein Asië en die ander een na Egipte deur Damaskus geloop. Die twee hoofpaaie het talle vertakkings na ander gebiede van die Romeinse ryk met kleiner stede en dorpe gehad. Laodicea was egterdie grootste stad en weens die ligging daarvan suksesvol handel gedryf en die rykste stad in Klein-Asië geword.
Hierdie stad het drie hoofindustrieë gehad. Eerstens ʼn gewilde materiaalbedryf wat oa ʼn glinsterende swart wolmateriaal gemaak het wat mense van heinde en verre met baie geld na die stad laat stroom het.
Die tweede industrie was ʼn aptekersbedryf wat ʼn wonderoogsalf genaamd Kolluron gemaak en baie aftrek gekry het. In die woestynagtige gebied van die Romeinse ryk was oogprobleme baie algemeen wat mense na die stad vir hierdie oogsalf laat stroom het.
DIE WARE EVANGELIE?
Hannes Ollewagen
Luk. 3:1-20
“Hy het dan ook met baie ander vermaninge die evangelie aan die volk verkondig.” (:18).
Daar is aan die meeste dinge op aarde altyd voordele en nadele verbonde. Die voordeel van voertuie is dat ons soveel makliker by ons geliefdes kan uitkom. Die nadeel hiervan is dat ons nou so maklik hierheen en daarheen rits dat ons al minder tyd maak om by ons geliefdes uit te kom. Die voordeel van selfone is dat ons soveel makliker met ons geliefdes kan kommunikeer, die nadeel is dat dit ook vir soveel ander doeleindes gebruik word dat ons meer tyd op hierdie toestelle as saam met ons geliefdes deurbring wat tot slegter menseverhoudings aanleiding gee. Die voordeel van tegnologie en internet is dat ons soveel makliker tot ’n bykans opbeperkte hoeveelheid inligting toegang het. Die nadeel hiervan is dat nie al hierdie inligting vir ons goed is nie omdat ons maklik hierdeur mislei kan word.
DISFUNKSIONELE REGERING DIE PROBLEEM
TAFELGESPREK
Die Afrikanervolk lewe in ’n land waarin staatsbestuur, die bestuur van provinsiale sake en munisipale dienste, ernstig verval het en wesenlik disfunksioneel geraak het. Dit is ’n werklikheid wat daagliks in politieke kommentaar en nuusberigte onderstreep word. Van die hubris en uitspattige jubeling oor die Nuwe Suid-Afrika vanaf 1994-2000 het daar niks oorgebly nie. Vir die Afrikaners was die “rewolusie” onder die De Klerk-regime net slegte nuus. Vir die winsjagters, kansvatters en nuwe politieke elite in Suid-Afrika was dit die geleentheid om op elke moontlike wyse persoonlike rykdom na te jaag. Dit het deure geopen vir die koalisie tussen die ANC en sy bondgenote om die staatskas en die staat se aanskaffingsprosesse as ’n bron tot hul eie voordeel aan te wend. Kreatiewe tenderbedrog en reuse begrotingskandale het binne enkele jare die nuus oorheers. Jaarlikse ouditverslae het wanbesteding en wangedrag op alle vlakke van die regering aan die lig gebring. Die eerste groot gebeure in hierdie verhaal was die wapenskandaal wat reeds onder Nelson Mandela en Thabo Mbeki uitgebroei het. Die regsprosesse daaromheen is nog steeds nie afgehandel nie.
WAT HOU ONS TOEKOMS IN?
Ons lees in die Bybel uit Openbaring 8 en 9 oor ‘n kernoorlog wat sal plaasvind. Die Bybel het heelwat te sê oor die einde van die wêreld en die voorspelling van ‘n oorlog in hoofstuk 8 en 9 toon groot ooreenkoms met hoe ‘n kernontploffing verloop. As voorbeeld lees ons in Openbaring 8 vers 10:
En die derde engel het geblaas, en *’n groot ster wat soos ’n
fakkel brand, het uit die hemel geval, en dit het geval op ’n derde van *die riviere en op die waterfonteine.
Die bom wat op Hirosjima gegooi is, het nie op die grond ontplof nie. Dit het 510 meter bokant die stad ontplof. Dit kan dus lyk soos ‘n groot brandende fakkel wat uit die hemel val. En waar dit val maak dit ‘n groot gat in die grond en die rook van die ontploffing wat opstyg vergelyk so reg met die beskrywing in Openbaring 9:
1 EN toe die vyfde engel blaas, sien ek *’n ster wat uit die
hemel op die aarde geval het, en aan hom is *die sleutel van
*die put van die afgrond gegee.
2 En hy het die put van die afgrond oopgemaak, en daar het rook opgekom uit die put soos rook van ’n groot oond, en die son en die lug is deur die rook van die put verduister.
In ‘n kernontploffing word een derde van die gesamentlike energie in die vorm van hitte vrygestel. In Hirosjima het hierdie hitte vuurbolle met ‘n deursnit van 400 meter elk gevorm. In 'n baie groot kernontploffing sal die rook en hitte die son, lig en lug verduister. Wetenskaplikes noem dit “skemerte op middaghoogte” – die opeenhoping van donker stofdeeltjies wat lig absorbeer en weerkaats. Hierdie verskynsel het die verduistering van die son se lig tot gevolg.
E-SIGARETTE ONTLEED
Terwyl baie onder die indruk verkeer dat e-sigarette of “vaping” veiliger is as om tradisionele brandbare sigarette te rook, is daar baie bewyse daarteen. Ongelukkig bereik hierdie inligting nie die massas nie, en tieners raak by die duisende daaraan verslaaf wanneer hulle in massas damp.
Toe die FDA ( Food and Drug Administration) die eerste keer in 2016 die gesag om e-sigarette te reguleer bevestig het, het baie mense aanvaar dat dié agentskap vinnig ontslae sou raak van dampe met geure soos suikerspin, gombere en “Froot Loops” wat by kinders aanklank vind.
In plaas daarvan het die FDA toegelaat dat alle e-sigarette wat reeds op die mark was, net so bly, terwyl hul vervaardigers aansoek gedoen het vir goedkeuring om dit te bemark. Sewe jaar later het “vaping” 'n $8,2 miljard-industrie geword, en vervaardigers oorstroom die mark met duisende produkte – die meeste onwettige verkope – wat baie meer verslawend kan wees as enige ware sigaret.
4 Julie 2023
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Winston Churchill het gesê: Ons maak ‘n bestaan uit wat ons ontvang, maar ons skep ‘n lewe deur wat ons gee.
ALZHEIMERS ÍS TOE OMKEERBAAR!
Hierdie artikel is vol wetenskaplike inligting en mag vir die persoon sonder intensiewe mediese kennis moeilik om te verstaan voor kom. Tog wil ons aanbeveel dat enigeen dit deur lees en bo-oor die onverstaanbare mediese terme lees want aan die einde maak alles steeds in so ‘n mate sin sodat mens kan besef daar is werklik nuwe deurbraak om Alzheimer se siekte te voorkom en selfs om te swaai. Dr. Dale Bredesen, 'n neuroloog wat spesialiseer in die behandeling van Alzheimers, het 'n referaat gepubliseer wat handel oor die voorkoming en behandeling van die tragiese toestand van Alzheimers en is daarmee in ‘n onderhoud aangehaal. Die wonderlike is dat deur gebruik te maak van 36 gesonde leefstylpersone, kon dr Bredesen in ‘n noukeurig gekontroleerde navorsing- en genesingspoging Alzheimer se siekte in 9 uit 10 van sy pasiënte omkeer.
Dit het die gebruik van oefening, ketogeniese dieet, optimalisering van vitamien D en ander hormone, vermeerdering van slaap, meditasie, ontgifting en die totale uitskakeling van glutien en verwerkte voedsel ingesluit.
GOED BEGIN MAAR SLEG GEËINDIG
Ds A.E. van den Berg
“Maar die Gees van die Here het van Saul gewyk...”(1 Sam.16:14).
Ek het op skool nie in sport uitgeblink nie. As daar vir atletiek geoefen moes word, het ek maar noodgedwonge aan die langafstand deelgeneem; vier keer om die rugbyveld. Aan die einde van die eerste rondte was daar niemand voor my nie. Aan die einde van die laaste rondte was daar niemand agter my nie!
Die Bybel praat ook van mense wat goed begin maar sleg geëindig het; mense soos Saul wat deur goeie dinge omring was, maar God se hand gelos en ʼn tragiese dood gesterf het. Hy het voorbeelde van goeie lewens gehad. Hy het vir Samuel as ʼn man van gebed geken. So ook vir Dawid; ʼn geseënde man na aan God se hart. Sy eie seun Jonathan; ʼn toonbeeld van geloof en broederliefde.
Ongelukkig was nie een van hierdie deugde in Saul se lewe teenwoordig nie. Sy lewe was soos die spreekwoordelike klip deur ʼn tregter en een van die mees tragiese figure in die OuTestament en dit ʼn koning wat ʼn voorbeeld moes wees!
GOED BEGIN...
...MAAR SLEG GEËINDIG
Ds A.E.van den Berg
“Maar die Gees van die Here het van Saul gewyk...”(1 Sam.16:14).
Ek het op skool nie in sport uitgeblink nie. As daar vir atletiek geoefen moes word, het ek maar noodgedwonge aan die langafstand deelgeneem; vier keer om die rugbyveld. Aan die einde van die eerste rondte was daar niemand voor my nie. Aan die einde van die laaste rondte was daar niemand agter my nie!
Die Bybel praat ook van mense wat goed begin maar sleg geëindig het; mense soos Saul wat deur goeie dinge omring was, maar God se hand gelos en ʼn tragiese dood gesterf het. Hy het voorbeelde van goeie lewens gehad. Hy het vir Samuel as ʼn man van gebed geken. So ook vir Dawid; ʼn geseënde man na aan God se hart. Sy eie seun Jonathan; ʼn toonbeeld van geloof en broederliefde.
VOLSTRUISE BLY GRAWE…
Dit is insiggewend om te hoor dat dit nie net in Suid-Afrika is waar die klomp volstruise hulle koppe al dieper in die sand druk nie. Dit is nou die mense wat nie vinnig genoeg die sogenaamde Covid-inenting kon ontvang nie waarvan talle nog aanvullende inspuitings bly kry het. Dr Emmanuel Garcia van Nieu-Seeland het ‘n artikel geskryf waarin hy sy ervaring van die Nieu-Seelanders oordra waarmee ons hier goed kan identifiseer.
Dr. Garcia is 'n Philadelphia-gebore psigo-analis en psigiater wat in 2006 na Nieu-Seeland geëmigreer het. Hy het artikels geskryf wat wissel van verkennings van psigo-analitiese tegniek, die sielkunde van kreatiwiteit in musiek (Mahler, Rachmaninoff, Scriabin, Delius) en politiek. Hy is ook 'n digter, romanskrywer en teaterregisseur. Hy het in 2021 uit die psigiatriese praktyk getree nadat hy in die openbare sektor in Nieu-Seeland gewerk het. Besoek hom gerus by https://newzealanddoc.substack.com/ waar daar baie insiggewende artikels is.
Dr Garcia skryf:
JAN SPIES
Die uitklophou
Ek gaan kuier eenkeer by ’n vriend van my op hulle plaas en een môre ry ons in dorp toe vir ’n bietjie besigheid. En daar loop ons in die straat vir oom Kootjie Krimp en nog ’n paar ander kêrels raak, en hulle staan en praat oor iemand wat ’n paar dae tevore ’n ander ou ’n behoorlike opstopper gegee het.
Maar dit was na oom Kootjie se smaak nie so ’n wafferse hou nie.
“Nee-wat, kêrels, as julle wil hoor van ’n goeie hou, kan ek julle daarvan vertel,” sê hy.
Hier volg dan nou my gebrekkige navertel van sy storie.
Innie depressiejare werk ek saam met ’n klomp anner man met die pik en die graaf op die spoorweë. En ons bou die spoorlyn Rustenburg toe. Daar was ’n ou soort van spoortjie, maar om daar toe so baie los hande was, steek hulle ons daar in om ’n behoorlike ding te maak.
KOELBLOEDIGE PERDEBUITERY
Hierdie verhaal kom uit die boek Oorlogsavonture van genl. Wynand Malan, deur H.J.C. Pieterse.
Genl. De Wet se hooflaer het 'n paar dae by Schoemansdrif aan die Vaalrivier vertoef. Van hier uit het ons, d.w.s. sommige van Theron se verkenners, enkele hoogs avontuurlike uitstappies gedoen. Die eerste het so gekom.
In die buurt van Parys lê daar 'n rant, en die Engelse, wat aan die een kant van die rant gekampeer het, skiet sommer daar dwarsoor heen met hul kanonne. Dit was in daardie dae toe hul vernielsug en brandlus geen perk of paal geken het nie. Dis te begryp dat so 'n blinde bombardeerdery op die ou einde nie goed sou afloop nie. Toevallig is 'n huis getref. Die bom bars in die eetkamer en 'n twaalfjarige dogtertjie verloor die lewe.
Die burgers was diep geskok. Ons verontwaardiging was groot. Sulke laakbare strydmetodes moes 'n einde kry. Die Engelse generaal, of wie ook al verantwoordelik was vir hierdie gruweldaad, moes gestraf word. Hy moes voor 'n burgerkrygsraad gedaag en veroordeel word. So het ek oor die saak gevoel. Maar hoe om 'n Britse generaal voor 'n Boerekrygsraad te laat verskyn, was natuurlik geheel en al 'n ander saak. Nietemin, as 'n mens opgewonde en verontwaardig is, neem jy meestal vreemde en onverantwoordelike besluite.
PADKAART NA DIE NUWE JERUSALEM
Ds A.E. van den Berg
“Kyk, die tabernakel van God is by die mense, en Hy sal by hulle woon, en hulle sal sy volk wees; en God self sal by hulle wees as hulle God”(Openb.21:3).
Jare gelede was ʼn padkaart noodsaaklik om ʼn onbekende bestemming te bereik. Vandag word ʼn GPS gebruik wat selfs ook die verkeerde pad kan aandui. Die Bybel is God se GPS wat vir gelowiges die pad na die ewige eindbestemming aandui en telkens teen verkeerde paaie waarsku.
Wie by hierdie GPS hou, reis tot by die Nuwe Jerusalem. Dis nie ʼn maklike reis nie. Ons is sondaars en lief om van die verkeerde paaie te neem. Sommige paaie lyk oënskynlik goed maar laat mense die pad na die Nuwe Jerusalem byster raak en gereeld verongeluk. Salomo skryf: “Daar is 'n weg wat vir 'n mens reg lyk, maar die einde daarvan is weë van die dood” (Spr.14:12).
Daarom is dit uiters belangrik om God se GPS-aanduidings te volg soos oral in die Bybel opgeteken is:“U woord is 'n lamp vir my voet en 'n lig vir my pad” (Ps.119:105). Ongelukkig maak sonde mense blind vir God se GPS en skep ʼn begeerte om moontlike opwinding op die afdraaipaaie te gaan soek.
ONS BLYDSKAP EN KRAG
Hannes Ollewagen
Háb. 3:1-19
“Alhoewel die vyeboom nie sal bloei en aan die wingerdstokke geen vrug sal wees nie, die drag van die olyfboom sal teleurstel en die saailande geen voedsel oplewer nie, die kleinvee uit die kraal verdwyn en geen beeste in die stalle sal wees nie – nogtans sal ek jubel in die HERE, ek sal juig in die God van my heil. Die HERE Here is my sterkte, en Hy maak my voete soos dié van herte, en Hy laat my tree op my hoogtes. …” (:17-19).
Ons weet dat Job saam met die profeet Hábakuk met reg kon sê dat hulle hoop in die lewe op die HERE was. Hulle het nie hul hoop op verganklike dinge, rykdom of voorspoed gestel nie, maar op die HERE. Ja, nadat Job al sy besittings en bykans ook al sy geliefdes verloor het, het Hy steeds op die HERE gehoop.
“Toe staan Job op en skeur sy mantel, en hy het sy hoof geskeer en in aanbidding op die grond geval en gesê: Naak het ek uit my moeder se skoot gekom, en naak sal ek daarheen terugkeer. Die HERE het gegee, en die HERE het geneem: die Naam van die HERE sy geloofd! By dit alles het Job nie gesondig en aan God niks ongerymds toegeskrywe nie.” (Job. 1:20-22). Job het die HERE nie aanbid vir wat Hy vir hom kon doen nie, maar vir Wie Hy is. Daarvan getuig sy optrede waarvan ons in Job 2:9&10 lees. “Toe sê sy vrou vir hom: Volhard jy nog in jou vroomheid? Seën God, en sterf! Maar hy antwoord haar: Soos ‘n dwaas praat, praat jy! Die goeie sou ons van God aanneem, en nie ook die slegte aanneem nie? By dit alles het Job nie gesondig met sy lippe nie.”
AFRIKA SE SKANDEMAKERS
U sal weet van die skandemakers wat onlangs met ‘n sogenaamde 10-punt vredesplan na Oekraïne en Rusland toe wou gaan. President Zelensky van die Oekraïne het hom nie aan die vredesplan gesteur nie en sy eie eise gestel. In Pole waar hulle geland het, dit is nou Ramaphosa, sowat honderd ekstra veiligheidspersoneellede – nie almal verklaard nie – , taakmaglede, bomdeskundiges, joernaliste, van die weermag se spesiale magte en ‘n aantal ander Afrika-staatshoofde, was die skandes nog erger. Hulle papierwerk vir die reis was onvoldoende en die vliegtuig waarmee hulle gereis het, was propvol wapens en ammunisie wat nie aan die Poolse regering verklaar is nie. Daarom moes die vliegtuig sowat 26 uur lank op die aanloopbaan staan voor die veiligheidsmense en joernaliste die vliegtuig kon verlaat. Natuurlik is die Poolse regering vir rassiste uitgeskel maar die president van Pole, mnr. Andrzej Duda, het vas bly staan en geen reël gebuig om die Suid-Afrikaners te pas nie.
‘n Brief is namens die groter lugvaartgemeenskap van Suid-Afrika aan die Poolse president deur ene mnr. Duncan Gillespie geskryf waarin hy die president bedank en ‘n paar sake uitklaar:
“Baie dankie dat u die regte ding gedoen het om internasionale wette en konvensies toe te pas op die gehuurde Suid-Afrikaanse Lugdiensvlug wat per kontrak aan ons regering verhuur is, en wat moedswillige verontagsaming en onkunde van internasionale regulasies getoon het in die vervoer van onverklaarde passasiers, asook militêre wapens en ammunisie.
ONS GOD VAN ORDE
Ds Andrè vd Berg
“En Hy het uit een bloed al die nasies van die mensdom gemaak om oor die hele aarde te woon, terwyl Hy vooraf bepaalde tye en die grense van hul woonplek vasgestel het” (Hand.17:26)
In 1 Kor.14:33 skryf Paulus dat God nie ’n God van wanorde is nie, maar van orde. Alles wat met Hom verbind is, word aan ordelikheid gekenmerk; veral die kerk: “Laat alles welvoeglik en ordelik toegaan” (:40). Dit onderskei gelowiges van heidene wie se godsdiens onordelik is omdat dit in diens van die Satan staan en hy die teenpool van God is. God is orde; Satan is wanorde.
Oral waar God heers, is daar orde. Waar Hy nie heers nie, heers wanorde soos in Suid-Afrika. Toe die land ’n Christelike grondwet gehad het, was daar orde. Toe dit afgebreek is, was wanorde onafwendbaar.
God is ’n God van orde. Let op hoe planmatig en ordelik die skepping verloop het. Op die eerste dag het God dag vannag geskei en op die tweede het Hy die hemel en die aarde geskep. Op die derde dag plante en bome ens. Die refrein lui telkens: “En God het gesê: Laat dit so en so wees… en dit was so”. Dis die marsmusiek van God se orde.
ONS LAND KWYN WEG...
...die HERE het 'n regsaak met die inwoners van die land, omdat daar geen trou en geen liefde en geen kennis van God in die land is nie.
Hulle sweer en lieg en moor en steel en pleeg owerspel; hulle breek in, sodat bloedbad aan bloedbad raak.
Daarom treur die land, en alles wat daarop woon kwyn weg; die wilde diere van die veld en die voëls van die hemel, ja, ook die visse van die see kom om – Hoséa 4.
ONS GAAN TEN GRONDE AGV 'N GEBREK AAN BYBELKENNIS
Speel jy die lotto? Of doen jy besigheid op Sondae? Of dalk bly jy sommer saam met iemand sonder om God se seën in 'n huwelik te verkry het; of glo jy dat homoseksuele geregverdig voor ons HERE staan? Dalk dink jy dat aborsie nie verkeerd is nie? Die 'deugniete' in jou land wat al hierdie sondes gewettig het en wat jou hierdie afgode laat aanbid moet met die swaard doodgeslaan word, sê God, sodat jy weer sy Gebooie sal hou en Hom dien en Hy sy toorn van jou en jou volk sal wil afwend – Deut 13.