Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
En dink aan ju Skepper in die dae van jou jonkheid voordat die ongelukkige dae kom en die jare aanbreek waarvan jy sal sê: Ek het daar geen behae in nie – Prediker 12.
HOE BID JY?
Bid jy nie dalk verkeerd nie?
Ds A.E. van den Berg
“Julle bid en julle ontvang nie, omdat julle verkeerd bid…”(Jakobus 4:3)
Gebed is om met God te praat. En ons kán, omdat Hy ons na sy beeld geskape het. Dit beteken nie dat ons soos God lyk nie, maar dat Hy vir Hom in die mens ‘n gespreksgenoot geskep het. Die mens is die enigste van God se skeppings wat met Hom kan praat. Daarom behoort dit ’n besondere voorreg te wees om met ons Skepper te kan praat.
Soos wat die maan die seegetye beïnvloed, beïnvloed gebed ons lewe. Hoe sterker ons gebedslewe is, hoe hoër is die geestelike gety in ons lewe en hoe nader leef ons aan God. Die teenoorgestelde is ongelukkig ook waar. Hoe minder gebed, hoe swakker die geestelike lewe.
Daar is geen natuurkrag wat met die krag van gebed kan meeding nie en lê ons grootste krag in gebed. God Drie-enig is ten nouste by gebede betrokke. Die Heilige Gees begeester ons gebede deur versugtinge in ons hart te lê. Jesus neem dit na God se genadetroon wat dit op grond van sy offer aan die kruis aanvaar. Opregte gebede is soos posduiwe wat altyd hul rigting huiswaarts vind – dit kom van die hemel en keer daarheen terug. Geen wonder dat dit soveel krag het nie!
ONS IS DIT AAN ONS KINDERS VERSKULDIG!
"Daar is ’n vrede wat die dood is en daar is ’n oorlog wat die lewe is. Die volk wat nie waardes het nie, wat geen geloof het nie, so ’n volk gee oor, want hy het niks om voor te veg nie en niks om te verdedig nie. So ’n volk word in oneer van die aarde afgevee."
Hierdie diepdeurdenkte woorde van Jaap Marais moet 'n keer goed deur reggeaarde volksgenote oordink word: dan sal ons dalk die erns van ons huidige toestand besef en ophou om die doodsheid waarin ons volksgees verkeer as 'n vredestoestand te sien. Ons sal begin besef dat ons uit hierdie doodsheid moet opstaan juis nie om vrede nie, maar om 'n weerstandsoorlog te voer wat weer vir ons lewe in hierdie land sal bring. Dan sal ons verstaan en weet dat as ons dit nié doen nie, ons reeds oorgegee het, en het ons niks meer om voor te veg nie. En dán moet ons weet dat ons in geheel as 'n volk van hierdie aardbol afgevee gaan word – en ons sal onthou word as die volk wat die kortste bestaan van alle volkere gehad het voordat hy verdwyn het.
Victor Frankl, een van die min oorlewendes uit 'n Russiese tronk het gesê as sy mense geweet het hoé erg dit sou wees, dit wat in die tronke vir hulle gewag het waar hulle een-een gesterf het van onmenslike marteling, dan sou hulle, toe hulle nog IETS gehad het om voor te veg voordat hulle gevange geneem is, selfs al het hulle nie meer wapens gehad nie, dit met stokke, grawe en vuurherdysters beskerm het – selfs tot die dood toe, wat baie genadiger sou wees as die verskriklike lyding in gevangeneskap.
STOP DIE VOLKSMOORD!
Palestynse amptenare het 'n beroep op die nasies van die wêreld gedoen om in te tree en die "doelbewuste volksmoord" op hul mense deur Israel te help voorkom nadat honderde gedood is in die bombardement van 'n hospitaal in Gasa.
Israeliese amptenare blameer die ontploffing op 'n sogenaamde foutiewe vuurpyl wat deur die Islamitiese Jihad-militante groep gelanseer is. 'n Hulpverlener van Israeliese premier Benjamin Netanyahu het egter op X (voorheen Twitter) verklaar dat Israeliese magte op 'n "Hamas-terroristebasis" wat in die hospitaal versteek is, toegeslaan het voordat hulle die twiet kort daarna uitgevee het en nog 'n opdatering geplaas het waarin Hamas blameer word.
Die Christen-beheerde Al-Ahli-hospitaal is Dinsdag in 'n oënskynlike missielaanval vernietig en byna 500 mense het gesterf, volgens die Palestynse ministerie van gesondheid. Die bombardement het plaasgevind te midde van voortdurende Israeliese lugaanvalle op Gasa, en Palestynse amptenare het Israel die skuld gegee daarvoor.
KABAAL ARRESTEER REINER FUELLMICH
Die bekende prokureur, dr. Reiner Fuellmich, stigter van die Internasionale Misdaadondersoekkomitee (ICIC), voorheen die Duitse Corona-kommissie, met die oog op ‘n 2e Neurenberg-verhoor, is verlede Donderdag, 12 Oktober, van Mexikostad na Duitsland gedeporteer om in hegtenis geneem te word vir sogenaamde finansiële onreëlmatighede by aankoms in Frankfurt, op Vrydag, 13 Oktober. Hy is dadelik in voorverhoor-aanhouding geplaas.
Reiner is wêreldwyd bekend en hoog op prys gestel vir sy uitstekende werk, die verdediging van slagoffers van regeringsgeïnduseerde COVID-misdade en ander misdade teen die mensdom, wat deur regerings en regeringsinstellings regoor die wêreld gepleeg word.
Die poging om hom stil te maak, het bitterlik misluk – en die einste Duitse regering, wat menseregte en vryheid van spraak minag en skuldig is aan leuens en die vals inligting deur die media versprei, het nou nog net een uitweg gehad en dit was om Reiner onwettig in hegtenis te neem.
HEILSAME KENNIS
Hannes Ollewagen
Jes. 53:1-12
“…deur sy kennis sal my Kneg, die Regverdige, baie regverdig maak; en Hý sal hulle skuld dra.” (:11).
Luister na hierdie kosbare, kosbare stukkie heilsame kennis uit die profesie van die HERE deur monde van sy kneg, Jesaja: “...deur sy kennis sal my Kneg, die Regverdige, baie regverdig maak;...”. Hoe sal Hy baie tot regverdigheid lei? Deur sy kennis!
Baie min dinge het oor die afgelope paar dekades onveranderd gebly. Ek kan aan Een dink, nl. God. Hy is beslis steeds dieselfde God as tien, twintig, dertig, honderd jaar gelede. “...Hy wat die geslagte roep van die begin af; Ek, die HERE, die Eerste, en by die laaste is Ek dieselfde.” (Jes. 41:4). Maar ek dink dat ek nie met eerlikheid aan iets anders kan dink wat onveranderd gebly het nie. Dit is ongelukkig ook waar wat ons volk se Godsdiensoefening betref. Daar was natuurlik positiewe veranderinge, maar myns insiens was die negatiewe soveel meer. Elke dan en wan moet daar ‘n “nuwe vertaling” van die Woord van God uitgebring word. Waarom? Waarom aan die onfeilbare Woord van God verander? Die flou verskonings van ’n vertaling wat makliker verstaanbaar is en dergelike argumente, is gewoon dit – verskonings.
OPSTANDING VAN DIE VLEES
Ds A.E. van den Berg
“Want ek word van weerskante gedring: ek het verlange om heen te gaan en met Christus te wees, want dit is verreweg die beste” (Fil.1:23).
Toe Paulus hierdie woorde geskryf het, het hy reeds vermoed dat hy tereggestel gaan word. Desondanks was hy nie bang of swaarmoedig nie omdat die dood geen vrees vir gelowiges inhou nie. Paulus sê selfs: “Want vir my is die lewe Christus en die sterwe wins”. Met wins bedoel hy dat die dood ʼn gelowige in ʼn beter posisie plaas in vergelyking met sy aardse lewe. In 1 Kor.15:55 praat hy van die angel wat uit die dood geneem is en dus nie meer gevaarlik is nie.
In die teksvers sê Paulus: “...ek het verlange om heen te gaan en met Christus te wees”. Hy praat nie van doodgaan nie, maar eerder van ʼn adresverandering en gee selfs die adres waarheen hy gaan – na Christus. In Luk23:43 sê Jesus vir ʼn sterwende misdadiger: “Vandag sal jy saam met My in die Paradys wees”.
VERDELINGSLYNE IN AFRIKANERLAND (2)
TAFELGESPREK
Die Instituut vir Kultuur en Geskiedenis (Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. )
Groep 1: Afrikaners met ’n moderne, staatlik-grondwetlike perspektief
Hierdie groep Afrikaners kan beskryf word aan die hand van die volgende:
1. Afrikaners met ’n moderne, staatlik-grondwetlike perspektief aanvaar die nuwe Suid-Afrika as ’n voldonge feit, dit is die “realiteit” waarin hulle besluit het om te leef.
2. In die algemeen word die oorgang na ’n sogenaamde “demokratiese Suid-Afrika” in 1990-1996 deur hierdie Afrikaners positief waardeer.
3. Aanvanklik is die grondwet as ’n werkbare oplossing ondersteun, terwyl kritiek teen die aanvaarde 1996-grondwet gaandeweg by sommiges sterk toegeneem het. Vandag word die 1996-grondwet allerweë met skeptisisme bejeën, hoewel besware op verskillende wyses en om verskillende redes geartikuleer word.
VERDELINGSLYNE IN AFRIKANERLAND (1)
TAFELGESPREK
Die Instituut vir Kultuur en Geskiedenis (Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. )
Vanaf die sestigerjare het die liberale media graag die spot gedryf met kongresse waar Afrikaneridentiteit of die toekoms van die Afrikanervolk ter sprake was. Vandag vind daar nie meer sulke kongresse plaas nie, behalwe by hoë uitsondering; en daar is byna geen mediadekking daarvoor nie. Dit is byna of mens stemme in een koor hoor sê: Wie stel belang in die toekoms van die Afrikanervolk? Sulke gesprekke gebeur tog wel in kleinerige groepies waar die teenwoordigers hulself swak voel, en nie regtig weet watter vrae om aan die orde te stel nie. Kundigheid om sulke besprekings te lei ontbreek gewoonlik, en die afwesigheidskoers van “belanghebbendes” of “rolspelers” is boonop besonder hoog. Dit is alles die gevolg van die afbreek van ons volksgevoel sedert die 1960’s, en veral weens die vernietiging van Afrikanernasionalisme. Die woord Afrikanernasionalisme is dan ook byna heeltemal uit ons woordeskat uitgeskryf. In hierdie bespreking wat as ’n verkennende gesprek beskou moet word, kyk ons na die breë toneel van ons volkslewe; en ons vra: Waar staan Afrikaners vandag in die politieke- en kulturele stryd?
POETIN OOR HAMAS, ISRAEL
“Die lot van die Palestynse mense kan nie buite rekening gelaat word nie”, het die Russiese president Vladimir Poetin Woensdag aan die Russiese Energieweek-forum in Moskou gesê, 'n dag ná sy samesprekings met die Irakse premier Mohammed Shia' Al Sudani. “Moslems in die Midde-Ooste en elders beskou dit wat die Palestyne jare lank verduur het as 'n growwe onreg wat ongelooflik vererger is.”
Die Russiese president het gesê dat 'n Palestynse staat saam met die staat Israel in 1948 geskep moes word, maar dat dit nooit gebeur het nie. "Die Palestynse probleem is in die hart van elke persoon [in die Midde-Ooste] en elke persoon wat Islam praktiseer."
Sy woorde het gekom te midde van die voortdurende konflik rondom die Gaza-strook. 'n Nuwe konflik het egter uitgebreek nadat die Gaza-gebaseerde militante groep Hamas 'n massiewe aanval op Israel geloods en meer as 1 000 mense gesterf het, meestal burgerlikes. Wes-Jerusalem het gereageer met 'n massiewe bombardement teen Gasa, wat die lewens van meer as 800 mense geëis het, volgens die plaaslike gesondheidsbeamptes.
VOLKSMOORD OP DIE PALESTYNE...
...EN HAMAS
Gaza behoort aan Palestina. Palestyne regdeur die Wesoewer, Oos-Jerusalem en Gaza het in hul 2006-verkiesing vir Hamas-leierskap gestem vanweë sy reputasie vir eerlikheid en sy oproep vir internasionale reg as 'n basis vir regverdige vrede. Israel het Hamas dadelik as 'n "terroristiese" entiteit bestempel ten spyte van die feit dat Hamas probeer het om die internasionale reg baie nouer te volg as wat Israel ooit gedoen het.
Wat is Hamas? Hamas, 'n Islamitiese organisasie met 'n militêre vleuel, het die eerste keer in 1987 tot stand gekom. Dit was 'n uitvloeisel van die Moslem Broederskap, 'n Soennitiese Islamitiese groep wat in die laat 1920's in Egipte gestig is.
Die woord "Hamas" is 'n akroniem vir "Harakat Al-Muqawama Al-Islamiyya" – Arabies vir Islamitiese Weerstandsbeweging. Dié groep, soos die meeste Palestynse faksies en politieke partye, beweer dat Israel 'n besettingsmoondheid is en dat Hamas probeer om die Palestynse gebiede te bevry.
DIE STOCKHOLM-VERRAAIERS
Almal het seker al van die Stockholm-sindroom gehoor, maar laat ons net weer duidelikheid daaroor kry. Die Stockholm-sindroom is ʼn sielkundige verskynsel wat ontstaan wanneer mense hulle só met hul vyand vereenselwig, dat hulle dié selfs verdedig. Hierdie benaming is aan ʼn gyselaardrama in 1973 ontleen toe gyselaars tydens ʼn rooftog in Stockholm met die rowers eenstemmig geraak en hulle selfs gehelp het. Sommige persone wat deur booswigte gevang of op een of ander wyse mishandel word en niks aan die situasie kan doen nie, werk saam met die booswigte om die situasie draagliker te maak, maar dit maak nie die saak reg nie.
Dieselfde ding gebeur ook in Suid-Afrika met volksgenote wat soos tjankende honde die hande van hulle kastyders lek. Dit maak egter van hulle volksverraaiers in die eerste graad. Om saam met die korrupte regime te werk of enigsins simpatie met hulle te hê hou geen voordeel vir enige van die lydendes in nie. Inteendeel, ons volk word net verder as die verslane vyand gesien wat by elke moontlike geleentheid verneder moet word. Dit is juis die volk se oënskynlike inskiklikheid wat selfs die moorde op Blankes die hoogte in laat skiet. En met benaminge soos Regstellende aksie en Swart bemagtiging word die hele Blanke volk in die modderpoel van onregskepping versmoor.
STEL DIE DOODSTRAF WEER IN
Ds. A.E van den Berg
Inleiding
Die skrikwekkende toename in plaasmoorde en ander geweldsmisdade eis ʼn spoedige herinstelling van die doodstraf in Suid-Afrika. ʼn Eerbare regering skuld sy burgers immers ʼn vreedsame bestaan wat slegs deur doeltreffende wetgewing moontlik is en die doodstraf noodsaak.
1.Eerste voorskrif
Die eerste Bybelse voorskrif rakende die doodstraf word al so vroeg as in Gen.9:6 gevind:
“Hy wat die bloed van ’n mens vergiet, sy bloed sal deur die mens vergiet word; want God het die mens na sy beeld gemaak”.
God motiveer dit self,iets wat by geen ander godsdiens gevind word nie. Omdat die mens na die beeld van God geskape is, is moord eerstens ’n vergryp teen God self. Hy gee lewe sodat die mense sy Beeld kan vertoon. Hierdie bepaling is lank voor die ontstaan van Israel gegee wat sê dat God dit vir alle tye gebied. Nadat Israel dit later in haar amptelike regeringsbeleid opgeneem het, is dit vollediger omskryf.
2. Doodstrafoortredings
Die wette wat God vir Israel gegee het, het 21 oortredings bevat waarvoor die doodstraf opgelê kon word en in vier basiese groepe verdeel:
DIE BROOD VIR MY BESTEM
Hannes Ollewagen
Spr. 30:1-33
“Twee dinge vra ek van U; onthou dit nie aan my voordat ek sterf nie: Hou valsheid en leuentaal ver van my af; gee my nie armoede of rykdom nie, laat my geniet die brood wat vir my bestem is; dat ek nie, as ek oorversadig geword het, U verloën nie, en sê: Wie is die Here? En dat ek nie, as ek arm geword het, steel en my aan die Naam van my God vergryp nie.” (:7-9).
Hoe mooi is hierdie versoek van Agur nie? Gee my nie te veel nie, maar ook nie te min nie en die kern van die versoek is dat oorvloed of gebrek nie tot oneer van God sal wees nie. En hiermee saam bid Agur dat God ook valsheid en leuentaal ver van hom sal hou. Hy strewe daarna om ’n eerlike en eerbare man te wees. Hierdie is ’n goeie strewe, ’n edele strewe. En ek wil graag dat ons vandag vir ’n oomblik hierdie woorde uit Spreuke 30 mooi in oënskou neem.
BESKERMHEILIGES
Ds A.E. van den Berg
“Daarom dan, terwyl ons so 'n groot wolk van getuies rondom ons het, laat ons ook elke las aflê en die sonde wat ons so maklik omring, en met volharding die wedloop loop wat voor ons lê” (Hebr.12:1).
Protestante het eerbied vir ontslapenes wat voorbeeldige geloofslewens gelei het. Dis ook ʼn Bybelse opdrag: “Maar ons vra julle... erken die wat onder julle arbei en julle voorgangers in die Here is en julle vermaan, en bewys hulle in liefde die hoogste agting ter wille van hulle werk” (1 Thess.5:12,13).
Eerbiediging is egter nie aanbidding soos die afskuwelike ding wat in die Roomse Kerk (RK) gebeur wat sekere dooies tot heiliges verklaar en openlik tot hulle bid nie. In die Twaalf Artikels bely ons die gemeenskap van die heiliges. Dis medegelowiges; mense wat nog leef. Geloofsgemeenskap kan nie met dooies beoefen word nie. Dis alleenlik met lewende mense moontlik.
VYF WOLWE EN EEN SKAAP
ʼn EIETYDSE FRANKENSTEIN-ERVARING
Ds. A.E van den Berg
Frankenstein is ʼn bekende roman wat in 1818 deur die skryfster Mary Shelley geskryf is. Dit vertel van Victor Frankenstein, ʼn jong wetenskaplike, wat met ʼn onortodokse proefneming lewe probeer skep het. Die eindproduk was ʼn monster vir wie hy spoedig vir sy lewe moes vlug.
Dit het ook op staatkundige gebied gebeur dat mense vir die produk van hul eie handewerk moes vlug. Baie mense het bv. geglo dat verteenwoordigende regering die towerwoord vir ʼn utopiese bestaan aan die suidpunt van Afrika sou wees en het soos Victor Frankenstein hul met hart en siel daarvoor beywer.
Groot was die opgewondenheid toe ʼn oudgevangene in 1994 as president van ʼn sg. demokraties verkose Suid-Afrika aangewys is. Ongelukkig het die skip van vryheid wat die hawe met hom agter die stuur verlaat het, buitekant die hawe op die rotse geloop – gatkant eerste!
ANALISE VAN COVID-INSPUITING- BESERINGS EN DOOD
Dr. Anita Baxas
In 'n ontleding verduidelik dr. Anita Baxas, die veelvuldige beserings en sterftes as gevolg van covid-inspuitings wêreldwyd. Na raming het 20 miljoen mense gesterf en nog 2 miljard is beseer wêreldwyd. En dit na slegs 2½ jaar van die gedwonge vals en dodelike covid-inspuitings.
Dr. Baxas redeneer dat piekproteïen, soos enige proteïen vreemd aan die liggaam, die immuunstelsel teenliggaampies daarteen kan laat opbou. Dit kan die skade aan selle verklaar en uiteindelik die weefsels wat hulle vorm, soos die binneste voering van bloedvate, hartspiere, niere, eierstokke, testes en basies enige orgaan wat die piekproteïen bevat.
Dit kan ook inflammasie, miokarditis, vaskulêre komplikasies soos hartaanvalle, beroertes, breinmis, pulmonêre embolisme, skielike verlies van visie, gehoor, ledemaatamputasies tot erektiele disfunksie verklaar – en vele meer siektes wat nie direk met die covid-inspuitings verband hou nie, maar indirek dmv immuungebreke wat deur die inspuitings veroorsaak word.
Uiteindelik kan dit outo-immuun-siektesimptome en 'n verhoogde immuunrespons veroorsaak, wat die immuunstelsel uitput, wat lei tot immuungebrek.
WAT DIE KABAAL IN 2024 VIR ONS BEPLAN
By die skakel hierbo kan u 'n omvattende uittreksel hoor en sien uit 'n onderhoud wat met die bekende, bejaarde en steeds aktiewe skrywer Michel Chossudovsky, gevoer word oor wat die globaliste vir die wêreld in 2024 beplan. Dat hulle ons permanent wil toesluit en dwing om elke "inenting" te neem, is 'n feit. Hoe hulle dit in die praktyk gaan regkry sal ons nog moet sien, maar hulle het voorberei om tot die uiterste te gaan deur middel van regerings wat druk op elke volk en nasie moet uitoefen. Daarom kan ons verwag dat daar 'n vorm van wetgewing sal kom wat mense vreesagtig sal maak - moet asseblief nie hiervoor val nie, ons het die mag solank ons nie bang is en met die vyand saamwerk nie - en diegene wat jou menseregte bedreig deur jou te wil toesluit en dwing om gif in jou lyf te spuit, is jou vyand, wat geen wetlike reg het om dit te doen nie - kom ons beveg hulle met alles wat ons het, solank ons saamstaan!!
Hulle beoog ook om elkeen wat wel die volgende inspuitings ontvang, op hul digitale stelsel te plaas en so beheer te neem van jou banksake en alle besittings. Moenie, asseblief, moenie vir die nuutste foefie val nie, dit sal jou lewe totaal oorneem/verwoes - jy sal niks besit nie as hulle hul sin kry! Kom ons bestry die sataniese pogings hierdie keer met hand en tand, en veral met God aan ons kant, dan SAL ONS OORWIN!!
OORLOG MET SJINA ONVERMYDELIK? Deel III (SLOT)
So, wanneer het dit by ons buitelandse beleidsgenieë opgekom dat die aanhitsing om Sjina se groei te stimuleer uiteindelik Amerikaanse vooruitsigte vir die toekoms kon benadeel?
Dit lyk of iewers rondom 2017 die elite-konsensus wat betrokkenheid ondersteun het, uitmekaar begin val het namate meer en meer mense bewus geword het van die beleid se tekortkominge. Kyk na hierdie opmerkings deur die Financial Times se mederedakteur Martin Wolf wat verduidelik hoe vinnig Westerse elites teen Sjina gedraai het.
Wat gebeur het is dat Westerse beleidmakers en bowenal Amerikaanse beleidmakers besluit het dat die opkoms van Sjina 'n groot strategiese bedreiging is. En dit het verskeie dimensies. Een hiervan is dat links van die middel tot die siening gekom het dat "Wel, hulle gaan nooit 'n demokrasie word soos ons gedink het hulle sou nie, en dit is problematies. Ons hou nie daarvan nie." Maar die groter element – wat die siening van die strategiese gemeenskap en nogal ’n groot deel van die korporatiewe gemeenskap is – is dat “Hierdie mense (Sjina) ’n ernstige bedreiging is. Hulle het ontsaglike hulpbronne, die opbou van verdediging is redelik aansienlik, en hulle is tegnologies vooruit in sommige baie belangrike gebiede, en ons is heeltemal te afhanklik van hulle ...” Hulle sien die interafhanklikheid van Sjina as skrikwekkend, en hierdie paranoia het nou 'n dominante element in Amerikaanse denke geword ... En dit het baie vinnig en wyd oor die hele linie in Amerika verskuif, hoewel ons dit nou ook in Europa sien. 'n Referaat is onlangs deur die Duitse Nywerheidskonfederasie vrygestel wat basies gesê het: "Jy ken die Sjinese tegnologiebeleid; dit is ’n bedreiging vir Duitsland.”
KLATERGOUD-GODSDIENS
Ds A.E. van den Berg
“Beproef alle dinge; behou die goeie. Onthou julle van elke vorm van kwaad”(1 Thess.5:21,22).
Klatergoud is 'n element wat na egte goud lyk, maar in werklikheid waardeloos is. Die woord word meestal in simboliese taal vir iets gebruik wat goed lyk maar nie is nie. Dis ook van godsdiens waar. 1 Thess.5 roep gelowiges tot ʼn aktiewe Bybelse onderskeiding op; iets wat vandag meer as ooit tevore nodig is.
Duisende van ons volksgenote verlaat die waarheid vir die leuen omdat hulle die Bybel nie ken en nie tussen die twee kan onderskei nie. Die Bybel roep gelowiges op om duidelik te onderskei: “Onthou julle van elke vorm van kwaad”. Dis net moontlik as jy die Bybel ernstig bestudeer en op grond van die kennis wat jy daaruit opdoen, tussen eg en vals onderskei.
Toe James Marshall in 1848 goud in Kalifornië ontdek het, is duisende mense daarheen om ʼn fortuin te probeer maak. Talle het egter gou besef dat alles wat na goud lyk nie goud is nie want in rivierlope en groewe was daar ook yster-piriet (klatergoud) wat waardeloos is.
TYD IS KOSBAAR
Hannes Ollewagen
Efés. 5:1-21
“Pas dan op dat julle nougeset wandel, nie as onwyse nie, maar as wyse; en koop die tyd uit, omdat die dae boos is.” (:15&16).
Hierdie opdrag uit Efésiërs is beslis iets waaroor elkeen van ons behoort te besin – “Koop die tyd uit.” Hierdie selfde opdrag word ook in Kol. 4:5 herhaal. “Wandel in wysheid teenoor die wat buite is, en koop die tyd uit.” Hierdie is veral relevant en belangrik in ons tyd waar daar soveel dinge is wat so maklik van ons aandag en tyd besit neem. Daar is allerhande sport en vermaak wat so bekoorlik en aanloklik is, maar hoeveel daarvan is regtig tot ons heil?
Ek merk ’n skadelike ding in ons samelewing op wat oor die afgelope paar jare posgevat het – ons “leef vir naweke”. Daar is natuurlik nie fout daarmee om na ’n week se harde werk en inspanning daarna uit te sien om ’n blaaskans te neem en ’n bietjie uit te span nie. Tewens, God het vir die mens een dag van die week daargestel om van ons arbeid te rus omdat ons dit nodig het.