Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
So het ek dan ingesien dat daar niks beters onder hulle is nie as om bly te wees en om goed te doen in die lewe – Prediker 3:12
OPROEP TOT GELOFTE-ONDERHOUDING
As gevolg van ons as volk se versuim om ons geloftes te betaal word die werke van ons hande verwoes. Die afgelope jare van sogenaamde demokrasie het tot gevolg dat ons fisies en geestelik aangeval en gedood word. Derduisende Blankes is al gruwelik vermoor; ons handewerk verkrummel voor ons oë – ons paaie verval tot sinkgate; ons riviere is omskep in rioolslote; ondergrondse water word vergiftig deur onbeheerde mynbou-aktiwiteite; ons word kinderloos as gevolg van volksvreemde onderwys; ons kerke keer die een na die ander die rug op Skrifgefundeerde apartheid ten gunste van veelgodery; ons dorpe en stede is oorgeneem deur onbevoegde amptenare wat dit in bankrotskappe gedompel het, bedrog word tot op die hoogste vlak van regeringsinstansies aangetref, oopgevlek en oor die hoof gesien.
So kan mens aangaan en klaaglied op klaaglied aanhef. Die klagstaat kan egter nie voor die deur van die huidige regering gelê word nie. Hulle is nie toerekeningsvatbaar nie aangesien hulle soos die heidense nasies van ouds dien as instrument om ons te tugtig ter bekering van ons verkeerde weë en nalatighede.
GOD ‘HEELTEMAL WEGGELAAT’ UIT WEGSPRINGWET
‘n Mislukte grondwet sal noodwendig ‘n voldonge mislukte staat voortbring.
Dit is die gevolgtrekking as daar van vroegste kritiek teen die beoogde veranderings aan die land se grondwetlike bedeling kennis geneem word.
Een van die kritici was ‘n Christelike belange-organisasie, Signpost, onder leiding van Edward Cain – Cain wat sy kantoor in Arcadia, Pretoria gehad het en ‘n inligtingstuk, Signposts, uitgegee het waarin hy kritiek, veral wat die kommunistiese trekke van die nuwe grondwetlike bedeling vir die land wat toe besig was om vorm in die Wêreldhandelsentrum in Kempton Park aan te neem, uitgespreek het.
TUSSEN DIE TWEE TESTAMENTE
Ds A.E. van den Berg
“Maar toe die volheid van die tyd gekom het, het God sy Seun uitgestuur, gebore uit ’n vrou, gebore onder die wet” (Gal.4:4).
Het jy al gewonder wat in die tyd tussen die Ou- en Nuwe Testament in Israel gebeur het? Die OT eindig met Maleagi 4 en die daaropvolgende hoofstuk (Mt.1) . Dit plaas ons onmiddellik in die NT met ʼn tydsgaping van 400 jaar. Wat het in hierdie tyd in Palestina, soos Israel toe bekend gestaan het, gebeur?
Toe Maleagi geskryf is, was Israel ʼn verenigde volk en terug op eie bodem. Die Tienstammeryk van Israel is in 732vC na Assirië en die Tweestamme ryk van Juda in 607vC na Babel weggevoer. Toe die Perse later wêreldheersers geword het, is die Bondsvolk teen ongeveer 537vC toegelaat om na Palestina terug te keer en die tempel en stadsmure van Jerusalem te herbou.
DR VERWOERD OOR APARTHEID
Min mense kon ‘n saak so goed stel soos dr Hendrik Verwoerd. En dit was deurentyd so na aan die waarheid as kon kom. Hieronder volg ‘n lieflike waarheidstelling om aan mense wat nie die begrip ‘apartheid’ verstaan het nie, in praktyk uit te lê.
“Sê nou ek boer met mielies en jy boer met beeste. As jou beeste in die nag kom en my mielies opvreet, is daar mos moeilikheid, groot moeilikheid. Die mielies is weg en die beeste word vet. Nou is ons kwaaivriende. Maar as ons nou ooreenkom om 'n heining tussenin te sit kan ek mos voortgaan met my mielieplantery en jy met jou beeste, want hulle kan nie meer in die nag oorkom nie. Dan gee ek jou van my mielies vir voer, en jy gee vir my melk en ek koop by jou vleis. Dan is ons goeie bure en almal is tevrede. So is apartheid: leef en laat leef. "
Satan het geweet as hy nie hierdie man laat vermoor nie, geen geldmag of liberalis ons Suid-Afrika met al sy ondergrondse rykdomme en sy christenvolk sou kon onderkry en oorneem nie. Daarom moes dr Hendrik Frensch Verwoerd op 6 September 1966 om 2:15 sterf.
Tans is Satan koning van die aarde, maar nie meer vir lank nie – die Here se koms is naby; die Woord van God getuig daarvan: ons mag die tekens sien, en dit wys vir ons dat Jesus se koms naby is. Sorg dat u gereed is daarvoor!
GELDMAG MAAK TRILJOENE MET GMS
Die ANC-regime is tans besig om met die geldmagte te onderhandel om slegs geneties gemodifiseerde saad (GMS) in Suid-Afrika toe te laat. Dit word onder 'n aantreklike vaandel van voorspoed en uitbreiding voorgehou maar waarvan die uiteinde presies die teenoorgestelde sal wees, soos talle boere in ander lande waaronder die VSA kan getuig.
Die geneties gemodifiseerde (GM) saadmark verwys na die bedryf wat betrokke is by die produksie, verspreiding en verkoop van geneties gemodifiseerde sade. Geneties gemodifiseerde sade word geskep deur die proses van genetiese ingenieurswese, waar spesifieke gene in die DNA van die saad ingevoeg of gemodifiseer word om gewenste eienskappe te verbeter. Dit is die lokval wat die Geldmag stel want watter boer wil nie graag sy oeseienskappe en opbrengste verbeter nie!
Hierdie gewysigde eienskappe kan inderdaad verbeterde weerstand teen plae, siektes en omgewingstoestande, verhoogde opbrengspotensiaal, verhoogde voedingsinhoud en verdraagsaamheid teen onkruiddoders insluit. Maar die doel van geneties gemodifiseerde sade is nie om landbou-uitdagings aan te spreek en oplossings te verskaf wat kan help om produktiwiteit te verhoog, oesverliese te verminder en algehele oeskwaliteit te verbeter nie, maar om tonne geld te maak. Dit gebeur wanneer die gemodifiseerde saad nie kan herproduseer nie en daar elke oesseisoen nuwe saad by die geldmaggedrewe organisasies aangekoop moet word.
Die mark vir geneties gemodifiseerde sade het natuurlik die afgelope paar jaar aansienlik gegroei. Die Geldmag beweer hierdie groei kan toegeskryf word aan verskeie faktore, insluitend die toenemende wêreldbevolking, wat gelei het tot 'n groter vraag na voedsel en landbouprodukte – komende van dieselfde magsugtige monde wat die wêreldbevolking feitlik totaal wil uitwis! Geneties gemodifiseerde sade bied glo die potensiaal om oesopbrengste te verhoog en in die groeiende voedselvraag te voorsien maar ook alle organiese groei te vernietig. Mag die twee stoele waarop hierdie maatskappye sit spoedig en skielik uitmekaar skuif!
Lys van topmaatskappye in die mark vir geneties gemodifiseerde saad is:
• Bayer CropScience.
• Monsanto
• BASF SE.
• Syngenta.
• DowDuPont.
• R. Simplot Co.
• JK Agri Genetics Ltd.
• Maharashtra Hybrid Seed Company (MAHYCO)
• Calyxt Inc. en vele ander
IS ONS LEWENS VRUGTEVOL?
Hannes Ollewagen
Markus 4:1-20
“En hulle by wie in die dorings gesaai word – dit is hulle wat die woord hoor, en die sorge van hierdie wêreld en die verleiding van die rykdom en die begeerlikhede in verband met die ander dinge kom in en verstik die woord, en dit word onvrugbaar. En dit is hulle by wie in die goeie grond gesaai is – hulle wat die woord hoor en aanneem en vrugte dra: een dertig- en een sestig- en een honderdvoudig.” (:18-20).
Hierdie jaar staan alweer op sy kop. Asof in ’n oogwink is nog ’n jaar verby. Ek is seker dat ieder en elk van ons seker aan die einde van elke jaar begeer dat die komende jaar net effe rustiger kan wees. Daar is dan net soveel dinge wat ons nog graag wil doen, maar gewoon nie tyd voor vind nie. En hoe gepas is hierdie gelykenis van Christus dan nie juis in só ’n tyd nie. Christus vertel hier van ’n saaier wat uitgaan om te saai. En daar is ’n deel van die saad wat langs die pad val, daar is ’n deel wat op rotsagtige plek val, ’n ander deel wat tussen die dorings val. Daar is dan ook eindelik ’n deel van die saad wat in die goeie grond val en hierdie is ook die enigste wat vrug oplewer.
BLANKE SELFMOORD!
...OF BLANKE ONBAATSUGTIGHEID?
Die ergste maatskaplike werk is waar ons gevra word om lewens te red wat dit nie werd is nie! - Ralph Waldo Emerson
Die Blankedom is bekend vir sy onbaatsugtigheid. Weens sy hoofsaaklik Christelike inslag het die leuse "leef en laat leef" vastrapplek in die Blanke se denke gekry. Om aan andere te doen wat jy aan jouself gedoen wil hê, bestaan as amperse vanselfsprekende beginsel by feitlik alle Blankes. Die vraag vandag is egter of hierdie uitgangspunt nie juis die ondergang van die Blanke gaan beteken nie, en daarby, of dit enigsins nog met redelikheid toegepas word.
Wêreldwyd is Blankes besig om die aftog te blaas en word hulle onbaatsugtigheid of mededeelsaamheid eenvoudig met minagting begroet. Terwyl immigrante uit veral Afrika instroom in Europa word Europeërs verkwalik dat hulle nie meer doen om hierdie onwettige immigrante in hulle lande te verwelkom nie!
FILM OOR NAPOLEON
Napoleon-rolprent net nog ‘n aanslag op helde van weleer
Dr Danie Theron
Die rolprent oor Napoleon Bonaparte wat tans in Ster Kinekorteaters vertoon word is myns insiens uiters swak. Dit laat mens met absoluut geen boodskap nie selfs al was dit die kennelike doel van Scott Ridley om Napoleon as 'n swakkeling en ‘n lafaard uit te beeld. Joaquin Phoenix is baie swak in die hoofrol; dalk met opset. Hy laat my trouens herinner aan sy rol in die Gladiator. Daar het hy sy lafaard-rol met oortuiging vertolk.
Napoleon was dalk die grootste veldheer wat daar ooit was. In elk geval is hy minstens in dieselfde kategorie as Alexander die Grote.
WIE IS KONING IN JOU LEWE ?
Ds A.E. van den Berg
“En toe Jesus te Betlehem gebore is... het daar wyse manne uit die Ooste in Jerusalem aangekom en gesê: Waar is die Koning van die Jode wat gebore is?...”(Mt.2:1,2).
Met Jesus se geboorte was Herodes die koning. Hy was nie ʼn Jood nie maar ʼn Edomiet (Esau se nageslag) wat vier jaar later in Jerigo oorlede is - 69 jaar oud. Omdat Herodes net op eie eer ingestel was, het hy verskeie groot bouprojekte soos die vergroting van die tempel geloods sodat mense hom nie sou vergeet nie. Ironies genoeg word hy eerder vir sy wreedheid met die slagting van seuntjies net ná Jesus se geboorte onthou.
Dit was alles te wyte aan ʼn besoek van drie wyse manne uit die Ooste se vraag na waar die koning van die Jode gebore is. Was Herodes dan nie die koning nie? Hy was ontsteld omdat niemand hom oor so ʼn geboorte ingelig het nie. Niemand van die godsdiensleiers het iets geweet nie, slegs heidense sterrekykers.
CHRISTIAAN RUDOLPH DE WET VERTEL…
Toe die oorlog in 1914 tussen Engeland en Duitsland uitbreek, het ons dit as die aangewese geleentheid gesien om ons verlore onafhanklikheid te herwin op 'n tydstip wanneer Engeland al sy aandag in die oorlog aan sy vyande sou bestee. Ag, hoe maklik sou ons nie daarin geslaag het nie, maar ... min het ons geweet dat ons toe nie meer bondgenote gehad het in die persone van ons Eerste Minister en sy Minister van Verdediging nie. Generaal Louis Botha en generaal Jan Smuts, bittereinders van die Tweede Vryheidsoorlog, wat saam met my en al die ander die heroïese stryd teen Groot-Brittanje vir die behoud van ons onafhanklikheid gevoer het, het hulle Boereharte vir Engelse harte verruil en Suid-Afrika as bondgenoot van Engeland in die stryd laat toetree.
Die rebellie wat toe as protes daarteen plaasgevind het, was feitlik uit die staanspoor tot mislukking gedoem. Ek moes uiteindelik, met nog net ses man by my, aan Botha se troepe oorgee.
DIE GROEN BEDROGSPUL
Hoe elektriese voertuie die omgewing benadeel in plaas van dit red
In 2032 sal Indië 'n miljard ton steenkool benodig, deels om elektriese voertuie (EV's) in stedelike gebiede te laai deur middel van krag wat deur termiese aanlegte opgewek word.
Vyf Indiese stede, insluitend die hoofstad, Nieu-Delhi, is konsekwent in die wêreld se top tien van die ergste lugbesoedelde stede. Voertuiguitlaatgasse is beduidende bydraers; Delhi alleen het ongeveer vier miljoen motors – geen wonder dat die regering van Indië EV's op groot skaal bevorder nie. Terwyl Indië se teiken 'n 30% markaandeel van EV's teen 2030 is, is die aandeel tans slegs 1,1%.
Ongeveer 27,4 miljoen EV's het vanaf Julie 2023 op Indiese paaie gery, volgens die 'Vahan4'-portaal van die Ministerie van Pad, Vervoer en Hoofweë. Om sy doelwit teen 2070 te bereik om kweekhuisgasvrystellings (GHG) te verminder, brei Indië sy EV-mark uit. Die hoop in Nieu-Delhi is byvoorbeeld dat 'n toename in die aantal groennommerplaatvoertuie 'n dag sal inlui dat die lug weer asemhaalbaar sal word.
ONS MOET SY WOORD GEHOORSAAM
Hannes Ollewagen
Deut. 18:15-22
“'n Profeet sal Ek vir hulle verwek uit die midde van hulle broers, soos jy is, en Ek sal my woorde in sy mond lê, en Hy sal aan hulle sê alles wat Ek Hom beveel. En die man wat nie luister na my woorde wat Hy in my Naam spreek nie, van hom sal Ek self rekenskap afeis.” (:18&19).
In die gelese gedeelte gee God aan sy volk, deur Moses, ’n kosbare belofte wat ook aan ’n opdrag gekoppel is. Hy beloof aan die volk ’n Profeet en beveel hulle om na Hom te luister. Ons moet onthou dat ’n profeet nie alleen wonderwerke doen en ’n buitengewone insig (deur God gegee) in die toekoms het nie. ’n Profeet is ’n dienskneg van God en ook ’n boodskapper van God. ’n Profeet moet ook die volk in die wil en weë van die HERE onderrig. Dink maar aan Moses se lewe. God het deur hom baie wonderwerke verrig en aan hom baie sake wat nog in die verre toekoms gelê het, geopenbaar. Maar God het ook deur hom aan die volk sy wil en weë bekend gemaak. “En Moses antwoord sy skoonvader: Omdat die volk na my kom om God te raadpleeg. As hulle ’n saak het, kom hulle na my; en dan moet ek regspreek tussen die partye en die insettinge van God en sy wette bekend maak.” (Ex. 18:15&16).
ISRAEL, DIE MEDIA EN APARTHEID
Dit val op hoe dikwels die beskuldiging teen Israel geslinger word dat dit ’n apartheidstaat sou wees en dat sy politiek ooreenstem met die beleid wat in Suid-Afrika gevolg is in die era van afsonderlike ontwikkeling. Daarmee word die nega-tiewe beeld wat oor dekades sedert 1948 oor Suid-Afrika opgewek is direk op Israel geprojekteer, en benut die media sodoende die negatiewe emosionele kapitaal daarvan. Uiteraard is die hele poging vals, wanneer dit maar net vlugtig ontleed word. Selfs die ANC en die Arabiese joernaliste gebruik hierdie taal. Kom ons kyk na enkele teenstrydighede in hierdie verband.
Drie eeue se ontwikkeling in Suid-Afrika
Die vestigingspatroon van volke (en dus ook die rasse) in Suid-Afrika het oor ’n tydperk van 300 jaar ’n bepaalde neerslag gevind in min of meer duidelik afsonderlike gebiede, met hartlande vir die swart stamme/volke en ’n bepaalde gebied wat deur blankes beset is op ’n verskillende wyse as wat Jode in Israel hul gebied bekom het. Die gebiede waar blankes hulself in Suid-Afrika gevestig het was grootliks onbewoon of baie yl bewoon deur inheemse volke. Baie van die blankes se gebiede is deur ooreenkomste met swart volke gereël.
BLOEDSONDES
Ds A.E. van den Berg
Bestaan daar iets soos bloedsondes?
“ ...... die seun sal nie die ongeregtigheid van die vader help dra nie, en die vader sal nie die ongeregtigheid van die seun help dra nie; die geregtigheid van die regverdige sal op hom wees, en die goddeloosheid van die goddelose sal op hom wees” (Eseg.18:20).
Talle mense glo dat daar so ʼn iets soos bloedsondes is. Dis oorgeërfde sondes wat kinders vir die sondes van hul voorouers aanspreeklik hou. Nee, God dra nie sondestraf van die een geslag na die volgende een oor nie. “Die liefde is lankmoedig en vriendelik; die liefde is nie jaloers nie; die liefde praat nie groot nie, is nie opgeblase nie,handel nie onwelvoeglik nie, soek nie sy eie belang nie, word nie verbitterd nie, reken die kwaad nie toe nie” (1 Kor.13:4,5),
Waar kom mense aan die idee van bloedsondes? Hulle grond dit nie op die Bybel nie, maar eie ervarings. Meer as 2,500 jaar gelede was daar al vrae oor bloedsondes en in Eseg.18 opgeteken met God wat self tot die debat toetree om dit af te wys.
Die Jode het bloedsondes as God se straf op ergerlike sondes beskou waarvoor nasate moes boet. Dit was onwaar. Mense kan miskien hul ouers verwyt vir dinge wat in hul lewe skeef loop, maar dis nie bloedsondes nie.
NAVORSING WYS NUWE KANKERS IS AGV GIFSPUIT
As die Illuminati (internasionale geldmag) gedink het hulle briljante metode om die wêreldbevolking van ongeveer 7 miljard tot 500,000 miljoen uit te wis, (letterlik te vermoor) ‘n geheim en misterie sou bly, het hulle hulself deeglik misgis. Dit het duidelik geword aan die feit dat die tipe siektes wat hulle deur die gifinspuiting wou laat plaasvind, nie siektes is wat normaalweg by jongmense en kinders aangetref word nie. Toe die dodesyfers van kinders van rondom 15-40 jaar oud, skielik die hoogte inskiet kort ná die Covid-19-inspuitings begin toegedien is, was dit duidelik dat iets baie ernstig met die prentjie verkeerd is. Indien slegs ouer mense aan hierdie siektes gesterf het, sou dit langer geneem het vóór reggeaarde dokters en wetenskaplikes begin ondersoek instel het.
Een van die mense wat dit sy erns gemaak het om die waarheid oor dié siektes se oorsprong te ontdek, is Edward Dowd, 'n voormalige Wall Street-verskansingsfondsbestuurder en skrywer van " 'Cause Unknown': The Epidemic of Sudden Deaths in 2021 and 2022." Dowd het ook ‘n verslag van 45 bladsye oor hierdie onderwerp opgestel en heelwat onkoloë daarmee ontstel. Hierdie verslag het baie dekades se sterftedata skerp omgekeer.
WAAROM VSA ISRAEL GEBRUIK (3)
Strategiese Waterweë: Die Ben Gurion-kanaalprojek
Die VSA soek oorheersing oor strategiese internasionale waterweë
Die Ben Gurion-kanaalprojek was aanvanklik 'n "geheime" (geklassifiseerde) Amerikaanse projek wat in 1963 geformuleer is deur die Lawrence Livermore National Laboratory LLNG, 'n strategiese dinkskrum (met fokus op kernstraling) in kontrak met die Amerikaanse departement van energie. Die LLNG-projek is geformuleer in reaksie op die nasionalisering van die Suez-kanaal in Julie 1956 deur president Gamal Abdel Nasser (1956-1970). Die bedoeling daarvan was om die Suez-kanaal te omseil.
Die Ben Gurion-kanaalprojek word tans beskou as 'n middel om die kanale van internasionale maritieme handel te beheer tot nadeel van die mense van die Midde-Ooste. Dit poog ook om China se maritieme kommoditeitshandel te destabiliseer.
In die konteks van die breër VSA-geleide Midde-Ooste-oorlog, is die Ben Gurion-kanaalprojek deel van Amerika se militêre agenda. Dit stem ooreen met Netanyahu se “Plan om Palestina van die kaart af te vee”.
ONS DOEL
Hannes Ollewagen
1 Pet. 2:1-10
“Maar julle is ‘n uitverkore geslag, ’n koninklike priesterdom, ’n heilige volk, ’n volk as eiendom verkry, om te verkondig die deugde van Hom wat julle uit die duisternis geroep het tot sy wonderbare lig,” (:9).
Dit is bykans ondenkbaar dat die einde van hierdie jaar alweer in sig is. Asof in ’n oogwink is dit verby. “Die dae van ons jare – daarin is sewentig jaar, of as ons baie sterk is, tagtig jaar; en die uitnemendste daarvan is moeite en verdriet; want gou gaan dit verby, en ons vlieg daarheen.” (Ps. 90:10). Dit is dalk ook ’n goeie tyd om te besin oor dit wat ons met hierdie kosbare tyd van ons maak. En ewe belangrik is dit om te besin oor dit wat ons veronderstel is om met hierdie kosbare gawe naamlik tyd te doen.
BEPROEWING IS GOED VIR JOU
Ds A.E. van den berg
“Ag, dit louter vreugde my broeders, wanneer julle in allerhande versoekings val… sodat julle volmaak en sonder gebrek kan wees…” (Jak.1:2,4).
Aan die ooskus van Amerika is daar ’n plek, Cape Cod, waar beroepsvissers ’n geurige tipe van salm vang. Fynproewers bestempel hierdie salm as die beste ter wêreld. Dis dan ook een van die gunsteling geregte op die spyskaart van die Withuis. Nogtans was daar een probleem – kokke kon die salm nooit dieselfde laat smaak as by die kus nie. Dit was baie lekkerder by die kus.
Iemand kry toe ’n blink dog baie duur plan – in plaas van die salm bevrore Washington toe te vervoer, is die visse lewendig in vragmotors met seewater tenks agterop van Cape Cod na die hoofstad vervoer. Maar wat ’n teleurstelling – die smaak het nie verbeter nie! Waar kon die fout lê?
DIE VERNIETIGING VAN JERUSALEM
Dr Danie Theron
“… en Jerusalem sal vertrap word deur die nasies totdat die tye van die nasies vervul is.”
(Lukas 21:24)
Die profesie oor die vernietiging van Jerusalem word in die Bybel in besonderhede beskryf. Ons lees daarvan in talle Ou Testamentiese boeke (dus deur God voorspel), en dan in besonderhede in drie van die Evangelies (deur Jesus voorspel). Die vierde Evangelis, Johannes, beskryf dit in Openbaring.
Dit is ‘n gebeurtenis wat die Christen aangryp, veral as die gebeure, soos deur die Joodse geskiedskrywer (Flavius) Josefusin “War of the Jews” opgeteken, gelees word. Dis eers by die lees van presies wat in 70 n.C. gebeur het dat mens opnuut besef Jesus het, soos elke keer as Hy gepraat het, geen rede vir twyfel gelaat nie. Hy het bedoel wat Hy gesê het. Dit was ‘n inderdaad ‘n algehele verwoesting.
WAAROM VSA ISRAEL MISBRUIK (2)
Israel waarvan Jerusalem die hoofstad is, is voortdurend in oorlog. Waarom? Glog tog maar vir Jesus wanneer Hy huilend die stad op 'n donkie inry en sê: "As jy tog maar geweet het, ja, ook in hierdie dag van jou, die dinge wat tot jou vrede dien! Maar nou is dit vir jou oë bedek. Want daar sal dae oor jou kom dat jou vyande 'n skans rondom jou sal opwerp en jou omsingel en jou van alle kante insluit. En hulle sal jou en jou kinders in jou teen die grond verpletter; en hulle sal in jou nie een klip op die ander laat bly nie, omdat jy die gunstige tyd toe God jou besoek het, nie opgemerk het nie." - Luk 19.
Kom ons kyk eers na watter lande die meeste aardgas het. Rusland, Iran en Qatar besit 54,1 persent van die wêreld se reserwes vloeibare aardgas.
-Rusland 24,3%,
-Iran 17,3%,
-Qatar, 12,5 % (in vennootskap met Iran)
versus
-5.3% vir die VSA
Ons sien dus wat die VSA graag by Rusland en Iran sou wou kry.