Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Gebruik jou tyd reg. Soos Job met groot ontsag aan God sê in Job 14:4: "Die mens se dae is vasgestel, U het die getal van sy jare bepaal, U het dit neergelê, en hy kan dit nie oorskry nie."
WIE IS DIE INTELLEKTUELE PROSTITUTE?
Die afgelope paar jaar het ons deeglik kennis gemaak met die ergste vorm van leuens en die wêreldwye verspreiding daarvan. Die Wêreldgeldmag het met die satan, vader van die leuen, daarin geslaag om met nogal deursigtige leuens oor die korona-virus, die hele wêreldbevolking op hol te jaag. En hulle is nog nie klaar daarmee nie want die suksesse sover sal hulle noop om dit baie verder te neem. Hulle sataniese smagting na mag en geld kan net nie ophou nie maar hulle sukses hang hoofsaaklik af van ‘n paar ander instansies waarvan die media een van die grootste aandeelhouers is.
Ons praat dikwels oor die hoofstroommedia, die pers wat sekerlik die heel grootste aandeel aan die verwording van die wêreld het en van vroegste tye af dit gehad het. Sonder die media sou die Geldmag, die Kommunisme, die Evolusieleër en elke ander dwaling wat deur die satan aarde toe gebring is, geen kans op verspreiding van hierdie aard gehad het nie.
DIE LEUEN OOR KLIMAATSVERANDERING
In 2017 het die Verenigde Nasies ‘n konferensie oor globale verwarming gehou onder die vaandel van die International Panel on Climate Change (IPCC) in Suid-Korea. Die groot vraagstuk was hoe om die globale temperatuurstyging stop te sit. Die media blaas natuurlik paniek aan met berigte in hierdie verband.
So word aangevoer dat ons ‘n katastrofe tegemoet gaan indien CO2 (koolstofdioksied) uitlate nie dringend verminder en selfs stopgesit word nie. Biljoene is reeds bestee aan konferensies, ondersoek en modelle om hierdie vraagstuk op te los. Maar wat is die waarheid?
Sekere “kundiges” het aangevoer dat globale verwarming met minstens 1,5 grade Celcius verminder sal moet word in die volgende 12 jaar. Teen 2050 mag daar geen CO2 uitlate meer wees nie. Dit beteken geen voertuie wat met brandstof-enjin aangedrewe is nie, geen steenkool-aanlegte nie, ensovoorts.
ONS LEWENSLIG
Hannes Ollewagen
Jes. 2:1-22
“Kom, huis van Jakob, en laat ons wandel in die lig van die Here!” (:5)
Hoe gepas is hierdie uitnodiging by monde van die profeet Jesaja nie ook vir ons volk vandag nie. Die profeet rig hierdie wekroep tot sy volk in ’n tyd waarin God se grimmigheid a.g.v. hul ongeregtigheid oor hul uitgestort word. Die volk Israel het in die tyd van Jesaja, soos ons eie volk vandag, in sy eiesinnigheid en navolging van sy afgode so ver van die Lig beweeg dat hulle in die duisternis verdwaal geraak het.
Hierdie verskynsel is in ons tyd ook baie duidelik waarneembaar. Ons kan self sien hoedat mense meer en meer sukkel om tussen reg en verkeerd te onderskei. Inteendeel, ons sien selfs al hoedat mense baie dinge wat ’n paar dekades gelede as heeltemal verkeerd en onaanvaarbaar beskou is vandag gewoon as heeltemal aanvaarbaar en selfs as “reg” beskou. Die rede hiervoor is eenvoudig – die afwesigheid van die ware Lig in die mens van ons tyd se lewe maak dat hulle nie meer kan sien nie. “Maar as ons evangelie dan nog bedek is, is dit bedek in die wat verlore gaan, naamlik die ongelowiges in wie die god van hierdie wêreld die sinne verblind het, sodat die verligting van die evangelie van die heerlikheid van Christus, wat die beeld van God is, op hulle nie sou skyn nie.” (2 Kor. 4:3&4).
OPENBARING OOR KERNOORLOG
Die afgelope tyd word daar baie gepraat oor ‘n derde wêreldoorlog asook die besef dat dit ‘n kernoorlog sal wees. Te veel lande besit tans groot hoeveelhede kernwapens om te wil glo dat ‘n volgende oorlog nié ‘n kernoorlog sal wees nie.
Ons lees in die Bybel uit Openbaring 8 en 9 oor ‘n kernoorlog wat sal plaasvind. Die Bybel het heelwat te sê oor die einde van die wêreld en die voorspelling van ‘n oorlog in hoofstuk 8 en 9 toon groot ooreenkoms met hoe ‘n kernontploffing verloop. As voorbeeld lees ons in Openbaring 8 vers 10:
En die derde engel het geblaas, en *’n groot ster wat soos ’n fakkel brand, het uit die hemel geval, en dit het geval op ’n derde van *die riviere en op die waterfonteine.
Die bom wat op Hirosjima gegooi is, het nie op die grond ontplof nie. Dit het 510 meter bokant die stad ontplof. Dit kan dus lyk soos ‘n groot brandende fakkel wat uit die hemel val. En waar dit val maak dit ‘n groot gat in die grond en die rook van die ontploffing wat opstyg vergelyk so reg met die beskrywing in Openbaring 9:
KULTUUR- DAGBOEK 11 MAART
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die dorp Somerset-Oos (Oos-Kaap) word in 1825 gestig.
Casparus Petrus Hoogenhout, Afrikaanse digter, skrywer, Afrikaanse taalstryder en medestigter van die GRA, is in 1843 in Amsterdam in Nederland gebore.
De Zuid Afrikaan publiseer in 1910 die Taalbond se jaarverslag, waarin hulde gebring word aan die nagedagtenis van JH Hofmeyr. Dit lei tot die die totstandkoming van die Onze Jan Taalbondpryse.
Siener - Nicolaas Pieter Johannes Janse van Rensburg, boer, heldersiende Christen en vertroueling van genls De la Rey, De Wet, Kemp en pres Steyn, is in 1926 op sy familieplaas Rietkuil naby Wolmaransstad in die Wes-Transvaal, oorlede.
VERKRY DIE EWIGE LEWE
Ds A.E. van den Berg
“Hy wat die Seun het, het die lewe; wie die Seun van God nie het nie, het nie die lewe nie” (1Joh.5:12).
TV berigte is deesdae vol oorlogsberigte. Die verwoeste infrastrukture en menselyding ontroer enige mens. Wat sou gebeur indien ʼn bom hierdie gebou nou sou tref en ons is almal dood? Waarheen gaan ons siele? Na die ewige heerlikheid of na die ewige verderf?
Dit bring ons by die vraag: Wat laat sekere mense ewige heerlikheid en ander ewige droefheid na hul dood ervaar? Wat bepaal dit? Is dit dalk getroue kerkgang? As dit so is, is ons almal in die paradys. Ongelukkig werk dinge nie so nie. Om die ewige saligheid (paradys) te betree, moet jy ʼn toegangskaartjie hê, iets waarvan die teksvers praat – jy moet Jesus hê.
Hoe gebeur dit? Deur die bekering. Die bekering plaas jou in ʼn saligmakende verhouding met Jesus en verander onsekerheid oor die lewe ná die dood na sekerheid en ʼn vreugdevolle, ewige eindbestemming.
MENSLIKE BREIN WORD ONS SLAGVELD
"Die brein is en sal die 21ste eeu se slagveld wees. Einde van die storie."
Dit was die woorde waarmee DARPA-neuroloog en hoof van die neuro-etiekstudieprogram by Georgetown Universiteit, Washington DC, dr. James Giordano, sy toespraak by West Point NY Militêre Akademie begin het.
DARPA staan vir Defense Advanced Research Projects Agency, 'n Pentagon-denktenk.
Dr. Giordano het gepraat oor hoe gerigte energie ‘n wapen word. Individue se brein kan geteiken word deur mikrogolwe, die tipe soos 5G en binnekort 6G, waarvan jy antennas soos paddastoele oor die hele wêreld sien groei. Hulle vertel ons dit is om jou internet, en steeds meer gesofistikeerde rekenaars en slimfone vinniger te maak, met meer uitreikvermoë – en om digitalisering te help bevorder. Dit kan alles tot 'n mate ook waar wees, maar die werklike rede agter hierdie mikrogolftorings is om JOU, die individu, te teiken. Maar waarom?
KABAAL WIL ONS BREIN BEHEER
Op 9 Desember 2023 het die Europese Parlement 'n persverklaring gepubliseer, waarin verklaar is dat dit 'n politieke ooreenkoms met die Raad van die Europese Unie bereik het oor 'n wetsontwerp om te verseker dat Kunsmatige Intelligensie (KI) in Europa veilig is en fundamentele regte en demokrasie respekteer. Die toekomstige wetsontwerp is veronderstel om "KI-stelsels wat menslike gedrag manipuleer om hul vrye wil te omseil", te verbied.
Volgens die persverklaring het die afgevaardigdes ook "ooreengekom" oor "duidelike verpligtinge" met betrekking tot "KI-stelsels wat gebruik word om die uitslag van verkiesings en kiesersgedrag te beïnvloed" . Niemand het oor daardie kwessies uitgebrei nie. In 'n antwoord op die petisie van verskeie verteenwoordigers en lede van die wêreldmenseregte-organisasies, het die voorsitter van die Komitee vir Petisies van die Europese Parlement, Dolors Montserrat, die voorbereide dokument van die EP aangehaal:
VERGEWE MEKAAR!
Hannes Ollewagen
Matt. 18:15-35
“Daarop roep sy heer hom en sê vir hom: Jou slegte dienskneg, al daardie skuld het ek jou kwytgeskeld, omdat jy my gesmeek het; moes jy nie jou mededienskneg ook barmhartig wees soos ek jou ook barmhartig gewees het nie? En sy heer het hom in toorn oorgegee aan die pynigers totdat hy sou betaal het alles wat hy hom skuldig was. So sal ook my hemelse Vader aan julle doen as julle nie elkeen sy broeder van harte sy oortredinge vergewe nie.” (:32-35).
Ons leer alreeds uit die lewens van Adam en Eva se kinders dat die mens in sy vleeslike aard daartoe geneig is om ’n ander onreg aan te doen. “En Kain het met sy broer Abel gepraat; en toe hulle in die veld was, het Kain teen sy broer Abel opgestaan en hom doodgeslaan.” (Gén. 4:8). En ons dink ook aan Jakob wat vir Esau bedrieg het, Josef se broers wat hom verkoop het, Saul wat vir Dawid agtervolg en probeer doodmaak het en so kan ons met die lys aangaan. En omdat God nie met hierdie natuur van die mens onbekend is nie het Hy aan ons sy volmaakte wet en gebooie gegee om ons te leer om in die lewe reg te handel. Ten spyte van ons beste pogings om God te gehoorsaam, sal elke een van ons egter steeds in ons lewe God se gebooie oortree en teen ons naaste (en ook teen God in die proses) sondig. “...want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God,” (Rom. 3:23).
NOG ‘N GATES-PLAN OM WÊRELDBEVOLKING TE VERMINDER
Briljant, dit moet mens toegee, is nog een van Bill Gates en sy bende se planne om mense te laat sterf om sodoende hulle uiteindelike doelwit van 500,000 oorlewendes op hierdie planeet te probeer bereik. Onder die vaandel van “lewens red” is vyf miljard geen-gemodifiseerde muskiete in 2023 in Brasilië losgelaat – soos gewoonlik gefinansier deur die Bill en Melinda Gates Stigting. Dit klink dalk soos die uitgangspunt vir 'n gruwelfliek, of 'n Bybelse plaag. Maar die VN se Wêreldmuskietprogram het werklik vyf miljard muskiete in Brasilië vrygelaat “in die hoop dat hulle sal help om lewens te red.”
Die vrystelling van 5 miljard manlike geen-geredigeerde muskiete was bedoel om die aantal muskiete in Brasilië te “VERMINDER”. Die onderliggende logika was dat hierdie muskiete met normale vroulike muskiete sou paar “met die oog daarop om verdere voortplanting te ondermyn en die aantal normale muskiete aansienlik te verminder.”
Wat egter nou gebeur het, is presies die teenoorgestelde. Die aantal muskiete het toegeneem! WAAROM?
BITTEREINDERS IN BED MET NEIL DE BEER
WAAROM ONS VYAND ONS BY DIE STEMBUS WIL KRY
Tydens 'n informele kuier van 'n groep jongmense by Majuba gedurende die pas afgelope Majuba-naweek, is die duistere verbintenis van Francois van der Merwe van die Bittereinder-organisasie en Neil de Beer aan die lig gebring. Die vraag moet gestel word: Waarom is die Bittereinders wat jong, konserwatiewe Afrikaners verteenwoordig, enigsins betrokke by die aartsliberalis en voormalige lid van die ANC, Neil de Beer en hul militêre vleuel Umkhonto weSizwe (MK)? Hierdie verraderlike vebintenis is deur Dirk Joubert, jeugleier van die Afrikaner Nasionalistiese Beweging tydens hierdie gesprek uitgewys. Hier volg die Mediaverklaring wat deur die ANB uitgereik is oor hierdie gebeure:
Mediaverklaring deur ANB namens die ANB Jeug, oor Bittereinders se val en betrokkenheid by stemme-politiek:
‘n Man het die ANB teengestaan en uitgeroep dat die ANB altyd iets te sê het oor ander organisasies en dat die ANB ander organisasies en persone verdag wil maak. Die feit van die saak is egter dat wanneer feite en kommer bestaan, sal die ANB dit ontbloot en bekend maak. Solank ‘n party, organisasie of persoon homself by die waarheid hou, sal die ANB geen belang daarin hê om negatief oor so ‘n party, organisasie of persoon te berig nie, want dan staan hulle saam in dieselfde stryd vir vryheid. Enige party, organisasie of persoon wat homself dus nie by die waarheid skaar nie, is teen die Afrikaner se vryheidstryd.
DIE BYBEL EN DOODSTRAF
Ds A.E. van den Berg
“Want die owerhede is geen voorwerp van vrees by die goeie dade nie, maar by die slegte…want hy is ’n dienaar van God, jou ten goede, maar as jy kwaad dien, vrees dan, want hy dra die swaard nie verniet nie, want hy is ’n dienaar van God, ’n wreker om die een wat kwaad doen, te straf” (Rom.13:3,4).
ʼn Eerbare regering skuld sy burgers ʼn goeie saambestaan. Daarvoor is wette nodig, ook die doodstraf. Die doodstraf is nie onmenslik soos wat liberaliste verkondig nie maar duidelik in lyn met God se Woord!
In Gen.9:6 gee God ʼn basiese uitspraak daaroor: “Hy wat die bloed van ’n mens vergiet, sy bloed sal deur die mens vergiet word; want God het die mens na sy beeld gemaak”. God motiveer dit selfs; iets wat geen ander godsdiens doen nie.
Die mens is deur die wil van God geskape. Moord is dus ’n vergryp teen God. Hy het die mens aangestel om oor sy skepping te heers en sy heerlikheid te weerkaats: “Maar elkeen wat sy woord bewaar, in hom het die liefde van God waarlik volmaak geword…. Hy wie sê dat hy in Hom bly, behoort self ook so te wandel soos Hy gewandel het” (1 Joh.2:5,6).
Om die beeld van God te vertoon, het God aan die mens die gawe van die lewe gegee. Alleenlik Hy het die reg om dit weg te neem. Job sê: “… Die Here het gegee en die Here het geneem; die Naam van die Here sy geloof!” (Job.1:21). Geen mens durf dit wegneem nie.
SAL ONS BY HOM SKUIL?
Hannes Ollewagen
Nah. 1:1-15
“Die Here is goed, 'n toevlug in die dag van benoudheid, en Hy ken die wat by Hom skuil.” (:7).
Ons word in hierdie gedeelte deur die profeet Nahum aan twee kante van God bekend gestel. Die kant van God se toorn en wraak teenoor sy vyande en andersyds die barmhartigheid, lankmoedigheid en goedheid teenoor sy volk. Die een kant van God is so deel van sy wese as die ander kant. Ons kan nie, soos talle mense deesdae probeer doen, vir God besluit dat ons van sy liefdevolle kant hou, maar nie van die eienskappe van sy grimmigheid en woede nie.
U kan gerus die Woord van God deeglik gaan bestudeer. U sal vind dat God nêrens vir ons in sy Woord te kenne dat ons die vryheid het om te besluit wat die eienskappe in Hom waarvan ons hou en die eienskappe waarvan ons nie hou, is nie. Hy openbaar Homself wel aan ons deur die Skrif en bied ons daardeur die geleentheid om Hom te leer ken. En wanneer ons Hom na behore ken, sal ons ook verstaan dat ons aan die regte kant van God in ons lewens moet staan. ’n Ontkenning van sy grimmigheid en toorn gaan daardie eienskappe van Hom nie laat weggaan nie en nog minder gaan ons kommentaar of opinie hieroor enigiets daaraan verander.
VORSTER EN VD BERGH SE AANDEEL…
…AAN DIE MOORD OP DR HENDRIK FRENSCH VERWOERD
Sedert die Nasionale Party in 1948 aan bewind gekom het, is 'n republiek in die vooruitsig gestel. Net 'n jaar tevore het dr Verwoerd as redakteur van Die Transvaler die Britse koningsgesin se besoek aan Suid-Afrika geïgnoreer. Hy was lankal die Britse kroon vyandiggesind. Vroeg in die vyftigerjare het hy Minister van Naturellesake geword en in navolging van wat hy in Duitsland leer ken het, het dr Verwoerd beleidsrigtings ingestel wat hom die titel van apartheidsargitek van Suid-Afrika besorg het. In 1958 het hy Eerste Minister geword en die lang stryd om die republikeinse ideaal te verwesenlik, is op 31 Mei 1961 gewen.
Intussen is die hoof van die Franse spioenasiediens, genl Jacquer, in Mei 1961 deur die Suid-Afrikaanse veiligheidshoof, Hendrik van den Bergh, in Parys besoek. Kommunisme was die twee se onderwerp van bespreking toe hulle tydens 'n aandete oor 'n nuwe doeltreffende ondervragingsmetode gepraat het. Hipnose, het genl Jacquer gesê, kan verbasende resultate lewer. Mense kan geprogrammeer word om 'n verskeidenheid dade, ook moord, te pleeg. Hulle sal dormant bly totdat sekere kodewoorde, gewoonlik in 'n vol sin, hulle aktiveer. Ná hulle taak afgehandel is, kan die mense die gebeurtenis en hul rol daarin glad nie onthou nie. Van den Bergh het opregte belangstelling getoon maar wat die Fransman nie geweet het nie, is dat Van den Bergh reeds dié tegniek met sukses toegepas het.
WIE WAS BOSS? (6)
DIE SMIT-MOORDE (SLOT)
"Ek is Deon Preuyt van BOSS," sê 'n man en wys sy identiteitskaart aan 'n lid van die uniformtak by die hek waar hy voorgekeer word.
"Wie wil jy sien?"
"Wie is in bevel?"
"Dis kolonel Verwey, CE Smit en kaptein Nicholson."
Maar uiteindelik is Preuyt toe saam met speurder Glen Edwards na Robert Smit se kantoor waar hulle die ondersoek voortgesit het. Afgesonder van die groot lessenaar en 'n paar gemakstoele, het die ruim kantoor die gewone grys staatskabinette, 'n tweede tafel en stoele en 'n muurhorlosie gehuisves. Teen die agterste muur was geraamde sertifikate en toekennings. Aan die symure was NP-plakkate. Anders as in die studeerkamer van Smit se huurhuis was die boeke, dokumente en lêers op hierdie lessenaar netjies gerangskik. Alles het in orde gelyk.
WIE WAS BOSS ?(5)
DIE SMIT-MOORDE (3)
Robert Smit het in die verkiesing vir Springs gestaan en daarom 'n tydelike kantoor in Springs gehad. Die NP het 'n huis in Wezdalaan gehuur tot ná die stemdag waar Robert en Jeanne-Cora tydelik ingetrek het terwyl hulle kinders in Pretoria gebly het met familielede wat by hulle kom bly het vir hierdie tyd. Jeanne-Cora het Robert op alle moontlike maniere ondersteun, ook om voltooide dokumente en verslae te tik want sy was die enigste mens wat hy met vertroulike inligting kon vertrou.
Robert het vir die eerste maal begin vrees vir die gevolge van die lywige verslag wat hy moes opstel in opdrag van Vorster. Soos wat die verslag vorm aangeneem het, het die feite 'n realiteit geword. Skielik het die lewelose bladsye verander in prominente politici, eggenotes, pa's en mans wat alles kon verloor, selfs lank tronktoe gestuur kon word. Die onthullings sou die NP-regering in algehele chaos dompel en sy oorlewingskrag tot die uiterste beproef. Smit het begin vrees nie net vir sy eie veiligheid nie maar ook vir dié van sy vrou.
By sy huurhuis het die deurklokkie gelui. Jeanne-Cora het na die muurhorlosie gekyk en besef dat die besoeker te vroeg is.
IETS OM AAN TE DINK (1)
Gesindheid
Denke is die beheerkamer van ʼn mens se optrede waar mooi of slegte gesindhede gekweek word. Slegte gesindhede veroorsaak swak menseverhoudings. Hoe jy teenoor mense optree, bepaal hul gesindheid teenoor jou. Gevolglik kan jou gesindheid jou beste vriend of gevaarlikste vyand wees.
Met ’n positiewe gesindheid bereik ʼn mens altyd baie meer in die lewe. Negatiewe gesindhede en emosionele bagasie veroorsaak gedurig swak menseverhoudings.
Ons gesindheid teenoor mense weerspieël ons gedagtewêreld. Moenie vergeet dat ʼn mooi gesig verrimpel en ʼn liggaam verval met die tyd, maar ʼn mooi gesindheid bly vir altyd mooi!
WIE WAS BOSS? (4)
DIE SMIT-MOORDE (2)
Terwyl Robert Smit oppad terug van Switserland is skakel Hendrik van den Bergh vir Eschel Rhoodie in Amerika en vra dat hy op die eerste vlug na Johannesburg klim, waartoe Rhoodie dadelik instem.
Intussen het Smit die Vrydag tuis opgedaag en met sy motorbestuurder gereël om hom die volgende oggend om agtuur te kom oplaai om na John Vorster te gaan. By Vorster is daar met die deur in die huis geval.
"Die meeste dinge is so helder soos daglig maar daar is nog 'n paar kwessies wat bevestig moet word," het Smit aan Vorster gesê.
"Met ander woorde, daar is nog bietjie speurwerk wat gedoen moet word?"
WIE WAS BOSS? (3)
DIE SMIT-MOORDE (1)
Dit was 'n lang dag vir Robert Smit in die NP-kantoor in Springs. Die Eerste Minister, John Vorster het daarby nog 'n verrassingsbesoek aan die kantoor gebring. Smit was besig met 'n aardskuddende verslag wat Saterdag gereed moes wees, 'n taak wat hy aanvanklik as 'n uitdaging beskou het. Hy dink weer terug aan daardie dag toe Vorster hom geskakel en gevra het om hom te kom sien. Die ekonoom het dadelik ingestem om die volgende oggend daar te wees – min wetende van die taak wat Vorster hom wil gee en wat presies nog alles op hom wag...
Oppad na Vorster daardie oggend het Smit nog sit en dink aan die slinkse maniere wat hy in die departement van finansies al moes help bedink om produkte van militêre belang in die buiteland in die hande te kry. 'n Bank is altyd gebruik om die groot bedrae geld na die buiteland oor te plaas. Weens die 'sensitiewe' aard van die transaksies was die 'koper' en die 'verkoper' meesal die enigste twee wat geweet het wat die werklike waarde van die goedere was. Smit was in baie gevalle die tussenganger tussen die departement van finansies en die ander rolspelers. Die evaluering, monitering en ouditering van die buitengewone transaksies was enige bankier se nagmerrie. Sommige transies het mense soos PW Botha, Connie Mulder, Eschel Rhoodie en Hendrik van den Berg betrek. Smit se vaardighede is soms tot die uiterste beproef om op die hoogte van die 'verbeeldingryke' transaksies te bly.
WANDEL MET GOD ONDER ALLE OMSTANDIGHEDE
DS A.E.VAN DEN BERG
“En Henog het met God gewandel; en hy was daar nie meer nie, want God het hom weggeneem” (Gen.5:24).
Ek stap graag deur begraafplase, lees van die grafskrifte en wonder hoe die betrokke persoon dood is. In Sept.1995 was ek bevoorreg om in een van die oudste grafte in die wêreld te staan; dié van Toetankamon in die vallei van die konings in Egipte. Dis meer as 3200 jaar oud. Toetankamon was slegs 9 toe hy Farao geword het en is op 19 oorlede. Wat sy graf so besonders maak, was dat dit eeue lank ongeskonde bewaar gebly het.
Ek verplaas u in die gees na 1922 in Egipte. Die argeoloog Howard Carter soek toe al vir meer as 10 jaar na die graf van Toetankamon in die vallei van die konings. Net toe hy wou tou opgooi, ontdek hy dit met die gebalsemde liggaam van die jongman met waardevolle skatte – edelgesteentes, goud, meubels ens.