Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Alles wat jou hand vind om te doen, doen dit met jou mag, want daar is geen werk of oorleg of kennis of wysheid in die doderyk waar jy heengaan nie – Prediker 9:10
WGO SE VERWOESTENDE PLAN VIR 2025
Ons onthou nog hoe watter rol die Wêreldgesondheidsorganisasie tydens die sogenaamde Covid-pandemie gespeel het om daarvan die “sukses” te maak wat dit was. Hulle het oa vaste opdragte aan elke land se regering gegee om saam met te werk met hul korrupsie. Dit was net die begin – hulle het hul daarmee diep ingegrawe om die hele wêreld te probeer oorheers, daarom gaan ons nog baie van hulle hoor.
Hoe meer geld lande bestee het om aan die WGO se riglyne vir die “versagting” van COVID-19 te voldoen, hoe meer mense het gesterf. Intussen het baie lande in Afrika 'n COVID-19-sterftesyfer van minder as 1% gehad want vir hulle was dit ʼn gewone griep met geen gifinentings daarna nie. Eerder as om te erken dat in die westerse wêreld miljoene mense gesterf het aan die sogenaamde inenting, gebruik die WGO hierdie laer sterftesyfers om hulle verskriklike bedrog te verdoesel . Aangesien die mees boosaardige bepalings van hulle planne effektief deur die WGO verswyg is, is dit nodig om presies te verstaan wat daarin vervat is sodat ons kan voorberei daarvoor.
GESKIEDENIS VAN DIE PANDEMIE-VERDRAG
Aangesien die WGO nodig gehad het om te kyk hoe individuele lande se dokters medisyne beoefen, het dit vereis om die normale demokratiese proses te omseil aangesien die groeiende bevolking van baie nasies die WGO se opdragte sou verwerp. Aangesien verdrae nasionale wetgewing kan vervang, het die WGO gekies om elke nasie te dwing om 'n verdrag aan te neem wat groot magte aan die WGO verleen.
WERK JULLE HEIL UIT...
Werk julle eie heil uit met vrees en bewing
(Filippense 2:1)
Hierdie Woord is dikwels deur dr H F Verwoerd aangehaal tydens sy bewindstyd in die jare sestig, die Goue Dekade van Afrikanerskap en Blankeskap – toenemende voorspoed en rustigheid vir Wit, Swart en Gekleurd.
Op 31 Mei 1961 is die vryheidstryd teen Britse imperialisme staatkundig in triomf beëindig toe die Republiek van Suid-Afrika totstand gekom het. Terselfdertyd het die stryd om ekonomiese voortbestaan van die Afrikaner wat in 1902 begin het, 'n hoogtepunt bereik. Die stryd op daardie twee terreine was tasbaar en gevolglik in dié sin meer haalbaar as die derde strydperk om voortbestaan as volk, as 'n betreklik klein Blanke volkie op Donker-Afrika-bodem. Hierdie strydperk was nie so ooglopend sigbaar as die ander twee strydperke (staatkundig en ekonomies) nie, maar virtueel van aard en gevolglik moeiliker om as strydperk aan die bevolking te "verkoop“. Ongelukkig ook en veral aan die Afrikanervolk wat op 31 Mei 1961 skielik voor 'n bedekte in plaas van 'n tasbare en sigbare stryd te staan gekom het.
TAKHARE EN JOINERS BOEK
TAKHARE EN JOINERS is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale, stories wat die Britse monargie wegsteek, nuwe data oor gesneuwelde burgers en joinerkorpse tydens die AB-Oorlog.
Mense wat die boek wil bekom, sal ook ‘n ecxell lys deur webmail van 7300 Boere ontvang wat tydens die Anglo-boere oorlog gesneuwel het en inligting oor waar hulle gedood was, datum en hoe hulle gedood was. Daar is ook foto’s van baie van die gesneuweldes. Mense kan Gustav by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. kontak.
MAAK MY VOETSTAPPE VAS IN U WOORD
Hannes Ollewagen
Ps. 119:129-136
“Maak my voetstappe vas in u woord, en laat geen ongeregtigheid oor my heers nie.” (:133).
Die woorde van die Psalmdigter laat my dink aan die woorde van koning Asaf in Psalm 73:2&3. “Maar wat my aangaan, my voete het amper gestruikel, my voetstappe het byna uitgegly. Want ek was afgunstig op die onsinniges toe ek die voorspoed van die goddelose mense sien.” Koning Asaf erken dat hy byna in hierdie saak gestruikel het. Hy het byna die weë van die HERE verlaat omdat hy na die goddelose rondom hom gekyk en mense gesien het met wie dit heel voorspoedig gaan terwyl hulle buite die weë van die HERE wandel. Inteendeel, dit het vir Asaf gelyk het asof dit met diesulkes selfs beter gaan as met hulle wat in die wet van die HERE wandel. Genadiglik het die HERE koning Asaf egter van hierdie struikeling gered en het hy betyds tot sy sinne gekom. “Want kyk, die wat hulle ver van U af hou, vergaan; U roei almal uit wat van U afhoereer. Maar wat my aangaan, dit is vir my goed om naby God te wees; in die Here Here het ek my toevlug gestel, om al u werke te vertel.” (Ps. 73:27&28).
ZELENSKY DIE NAR
Die Oekraïense president Vladimir Zelensky het blykbaar kontak met die werklikheid verloor, so glo ‘n hele paar mense nadat die Oekraïnse president God beskryf het as Kiëf se "bondgenoot" in die konflik met Moskou.
Sondag, terwyl Ortodokse Christene Paasfees gevier het, het Zelensky 'n video uitgereik waarin hy Moskou daarvan beskuldig dat hy "al die gebooie oortree" en beweer dat "God dit weet."
"Ons glo [dat] God ... 'n chevron dra met 'n Oekraïense vlag op sy skouer," het die president gesê, met verwysing na die Almagtige as Kiëf se "bondgenoot", wat die Oekraïne se oorwinning in die voortdurende stryd sou waarborg.
Zelensky se God’s-lasterlike uitlatings het gekom te midde van die voortgesette terugtrekking van die Oekraïense weermag in Donbass, te midde van 'n voortdurende Russiese offensief. Vroeër Sondag het die Russiese ministerie van verdediging bevestig dat Moskou se magte beheer oor die dorpie Ocheretino in die noorde van die Donetsk Volksrepubliek oorgeneem het – 'n belangrike logistieke spilpunt vir Kiëf se troepe.
LOSPRYS VIR JOU SIEL?
Ds A.E. van den Berg
Watter losprys is daar vir jou siel?
“Want wat baat dit 'n mens as hy die hele wêreld win, maar aan sy siel skade ly? Of wat sal 'n mens gee as losprys vir sy siel?” (Mt.16:26).
By geleentheid kom ʼn vrou in ʼn plattelandse dorpie by ʼn bank om geld te trek en deur die teller gevra om haarself te identifiseer. Sy maak haar handsak oop, haal ʼn spieëltjie uit, kyk daarin en sê: “Jip, dis ek”! Dis maar net ʼn grappie, maar is dit wat jy in ʼn spieël sien, werklik jy? Jy is soos ʼn lelie – ʼn blom en ʼn bol. Die blom is sigbaar maar nie die bol nie. Die blom gaan dood en nie die bol nie.
So is die mens ook - liggaam en siel. “Toe vorm die Here God ’n menslike liggaam uit die stof van die aarde. Nadat Hy die asem van die lewe daarin geblaas het, het dit ’n lewende wese, die mens, geword” (Gen.2:7). In Openb.6:9 skryf Johannes: “Toe die Lam die vyfde seël oopmaak, het ek onder die altaar die siele gesien van die mense wat doodgemaak is omdat hulle aan die woord van God en aan die getuienis van Jesus vasgehou het. ” Almal mense waarvan die blom vergaan het maar nie die bol nie.
LEIDING VAN DIE HEILIGE GEES (3)
JESUS LEI DEUR SY VOORBEELD
(Lees reeks by Leiding van die Heilige Gees)
J.A. Loubser
Ons almal het leiding nodig in groot en klein sake. In hierdie proses is die wyse waarop Jesus leiding aan sy dissipels gegee het van die grootste belang. Hy was vir hulle die Voorbeeld in woord en in daad. Sommer met die aanvang van sy bediening het die mense besef dat sy leiding heel anders as die leiding van die Fariseërs en die wetgeleerdes was. Hulle kon Jesus se uitnodiging in Matt 11:29 heelhartig beaam:
"Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus kry vir julle gemoed."
Die Switserse teoloog Eduard Schweizer het die leiding van Jesus voorgestel met 'n besondere beeld. In die Europese winters is dit dikwels moeilik vir mense om na 'n swaar sneeuval by hulle voordeure uit te kom. Soms is dit vir klein kinders 'n onbegonne taak. Eers as een van hulle ouers uitgegaan het na die voorhekkie, kon die kinders agernakom en in die diep voetspore loop wat hulle ouers in die sneeu gemaak het. Só het die dissipels destyds vir Jesus gevolg op die nuwe weg wat Hy vir hulle gebaan het.
VERPLEEGSTER KOM UIT MET DIE WAARHEID
Hospitale het tydens die sg COVID-pandemie pasiënte uitgebuit en selfs vermoor ter wille van finansiering. Talle mense is op ventilators dood omdat suurstof in hulle longe inforseer is wat die longe laat plat val het.
Van korrupsie met die toetsing tot dood agv ventilators en verkeerde medikasie, leuens op die doodsertifikaat tot diskriminasie teen die ongeënte verpleegpersoneel – dit is wat die verpleegster in die hospitaal sien gebeur het.
Luister na haar verdoemende aanbieding van mense-kaping op CHD.TV by hierdie skakel:
https://www.globalresearch.ca/video-covid-nurse-whistleblower/5855999
BLOED,SWEET EN TRANE
Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Natal, die Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word. Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente, sendelinge van die London Missionary Society en London-gebaseerde anti-Boergesinde filantropiese societies soos die Aborigenes Protection society in samewerking met Dingaan en Umzilikaats beplan en uitgevoer was. Ou Voortrekker dagboeke en skrywers soos Preller en Bird bevestig dat hulle daarvan bewus was.
Die boek verskaf name van die trekkers in die verskeie trekgroepe, name van mans, vroue en kinders wat by Bloukrans en Weenen vermoor was, asook wie aan die verskeie gevegte by Vegkop, Italeni, Veglaer, Bloedrivier, Ulundi en Kongella geveg of gesterf het. Daar is ook heelwat foto’s van die trekkers wat by Bloedrivier geveg het. Mense wat belangstel om die boek te koop, kontak Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

LEIDING VAN DIE HEILIGE GEES (2)
GOD LEI DEUR TEKENS, MAAR WEES VERSIGTIG!
J.A. Loubser
" Dit het beslis nie om Gideon se eie belang gegaan nie. In hierdie opsig verskil dit baie van die tekens wat mense vandag soek."
Wanneer mense leiding soek, is hulle dikwels op die uitkyk vir tekens as aanduiding van die regte of verkeerde besluite.
God lei mense deur tekens aan hulle te gee. Dit is immers 'n integrale deel van die Ou Testament se boodskap. Die tekens word soms gegee op versoek (soos in die geval van Moses se kiere, en Gideon se wol) of God gee dit vanself (soos Noag se reënboog en die bloed op die deurkosyne met die eerste pasga). Die Goddelike tekens bevestig enersyds die woorde van die profete, maar dit maak andersyds ook die boodskap sigbaar.
Ook Gideon, van wie ons in Rigters 6 lees, het 'n teken gesoek – en gekry. Dit was te verwagte dat die varsgeskeerde wol wat hy die nag buite op die harde dorsvloer gelaat het laaste droog sou word in die sonlig. Dit het egter eerste droog geword – presies soos Gideon van God gevra het! Hy kon nie anders as om dit as 'n teken van Bo te sien nie.
ONS KOERSLOSE VOLK
Prof JJ Pienaar
Die Afrikanervolk was nog nooit so verward, so onseker van homself, so koersloos, so oningelig, so verdeeld en so roepingsverduister as vandag nie. So 'n verwarde en verdeelde huis (huis beteken ook volk, vgl Eségiël 43:10) kan nie stand hou nie en dit is presies wat vandag met ons volk gebeur. Die toestand van verdeeldheid gaan van kwaad tot erger en ons volk wil nie hoor wat die Woord van die Here vir ons sê nie:
"Maar Jesus het hulle gedagtes geken en vir hulle gesê: Elke koninkryk wat teen homself verdeeld is, word verwoes; en elke stad of huis wat teen homself verdeeld is, sal nie bly staan nie."
Matt 12:25. Só belangrik word hierdie waarskuwing geag dat Markus (3:25) en Lukas (11:17) dit herhaal.
Kyk ons byvoorbeeld na die vorige parlementêre verkiesing dan word bogenoemde aanklag teen ons volk as waar bewys. Baie sogenaamde Afrikaners het hulle met die Demokratiese Alliansie vereenselwig. Tussen die DA en die ANC is daar geen beginselverskille nie – ons heil lê beslis nie by die DA nie, hulle is uitgesproke globaliste.
In daardie verkiesing is daar weer 'n kloof geslaan tussen stemmers en nie-stemmers. Dit is nie vir die doel van hierdie beredenering nodig om hierdie verskille verder op die spits te dryf en die reedsbestaande wonde nog bloediger te maak nie. Ook hierdie verskeurdheid, so glo ons, gaan in die nabye toekoms oorbrug word.
Dan is daar werklikwaar sogenaamde Afrikaners wat vir ander partye soos oa COPE en die ACDP gestem het. 'n Duidelike bewys van die identiteitsverduistering wat daar bestaan.
GETALLE IN DIE BYBEL
Gustav Norval
Getal 2 en veelvulde daarvan
Twee word een (man en vrou), Yashua en sy bruid, die ou- en die nuwe aarde, die ou hemel en die nuwe, die ou Jerusalem en die nuwe Jerusalem, lig en duisternis, goed en kwaad, 2 tablette waarop die wet geskrywe staan, 2 testamente, tweede koms van Yashua, 2 getuies, vroeë en die laat reëns, Abraham, Isak en Josef het elk 2 seuns gehad.
Getal 22: 22 hoofstukke in Openbaring, 22 letters in die Hebreeuse alphabet, die woord “Wysheid” kom 220 x in die Bybel voor.
Getal 2000: die ark moes 2000 el vooruit gedra word en Hosea 6:2 en Lukas 13: 32 verwys waarskynlik beide na ‘n 2000 jaar periode tussen die eerste en tweede koms van Yashua.
Getal 3 en veelvulde daarvan
Die Drie-eenheid, 3 seuns van Noag, 3 aardsengele, 3 items in die ark (Hebr 9:4), Jona se 3 dae in die buik van die vis, Daniël het 3x per dag gebid, Yashua is 3x versoek in die woestyn, YHSH het 3 maal in die tuin van Getsemané gebid voor sy kruisiging, 3 hoofdissipels (Petrus, Johannes, Jakobus), 3 tale op die vloekpaal (Joh 19:20), opstanding op die derde dag, Petrus verloën Yashua 3 keer, Yashua die weg-waarheid-lewe (Joh 14:6), 3 hemele (2 Kor 12:2), Lasarus was 3 dae dood, in 3 dae die tempel weer opbou (Joh 13:19), 3 vloekpale op Golgota en 3 uur duisternis, die 3 komponente van Adamiete (liggaam, siel en gees), 3 getuies in hemel en op aarde (1 Joh 7:8), die 3 dimensies van die skepping, elk met sy 3 onderdele:
NOG "DEATHVAX™" GEVOLGE
Ons het nog lank nie die einde van die COVID-19 ellendes gesien nie. Baie van die simptome van daardie gifinspuitings begin nou eers name kry. En intussen lag die sataniese Internasionale Geldmag heerlik oor al die ontdekkings wat nou eers deur die “useless eaters” gemaak word.
Van die duisende newe-effekte wat Pfizer gelys het in sy vertroulike verslag van nadelige gevolge, wat by die Amerikaanse voedsel- en dwelmadministrasie ingedien is, het die GCoVS gefokus op 13 AESI's, siektes wat in drie primêre kategorieë val: neurologies, hematologies (bloedverwant) en kardiovaskulêre toestande.
Voorts blyk dit uit toenemende data dat demensie een van die ernstiger newe-effekte van die COVID-mRNS-inspuiting is, en erger nog, hierdie voorheen onoordraagbare siekte kan nou "aansteeklik" wees deur middel van prions.
Wat is prions?
LEIDING VAN DIE HEILIGE GEES (1)
'N BELOFTE VAN LEIDING
J.A. Loubser
"Gewoonlik is 'n mens blind vir jou eie sluheid. 'n Mens kan byvoorbaat aanvaar dat daar in jou godsdiensbeoefening sekere bewuste en onbewuste motiewe aanwesig is waaragter jou eie belange en eie ambisies verskuil word."
Elkeen van ons kom een of ander tyd in ons lewe by vurke in ons lewenspad waar ons kritieke besluite moet neem wat ons toekoms ingrypend kan beïnvloed. Dit is veral dan dat 'n gelowige opnuut die groot vraag vra: Kan God my leiding gee in hierdie beslissing? Moontlik het jy op hierdie tydstip van jou lewe 'n besondere behoefte om meer te leer oor die leiding van die Heilige Gees. Ons gaan in die volgende veertien aflewerings in hierdie reeks uitvind hoe God my lei, ook hoe Hy volke lei, en hoe ek kan weet wat die wil van God vir my en my volk is in hierdie spesifieke situasie waarin ons ons nou bevind.
Dit kan gebeur dat 'n mens jouself as 'n Christen beskou en nog steeds onbewus is van die persoonlike leiding van die Here. Jy kan alreeds baie jare as gelowige probeer leef en nog steeds vind dat die dinge waaroor ons hier gesels vreemd is. Moontlik het jy wel enkele kere in jou lewe ervaar dat die Here baie naby jou is. As mens vir die meeste gelowiges vra, sal hulle erken dat daar die een of ander goddelike plan met hulle lewens was. As hulle terugkyk op die verloop van hulle lewenspad sal hulle toegee dat dit beplan is buite hulle eie vermoëns.
WAT IS DIE MENS?
Hannes Ollewagen
Heb. 2:1-18
“...maar iemand het êrens getuig en gesê: Wat is die mens, dat U aan hom dink, of die mensekind, dat U hom besoek?U het hom 'n weinig minder as die engele gemaak; met heerlikheid en eer het U hom gekroon en hom oor die werke van u hande aangestel.” (:6&7).
Die skrywer herinner ons aan die bekende Psalm 8 waarin koning Dawid van dieselfde saak spreek. “...wat is die mens dat U aan hom dink, en die mensekind dat U hom besoek? U het hom ’n weinig minder gemaak as ’n goddelike wese en hom met eer en heerlikheid gekroon. U laat hom heers oor die werke van u hande; U het alles onder sy voete gestel:” (:5-7). Dit is vir ons uit hierdie gedeeltes duidelik dat God aan die mens ’n besonderse plek in sy skepping gegee het. God het die mens as heerser oor die werk van sy Hande aangestel. “En God het gesê: Laat Ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis, en laat hulle heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en die vee en oor die hele aarde en oor al die diere wat op die aarde kruip.” (Gén. 1:26). Wat ’n groot verantwoordelikheid is nie op die mens gelê nie!
SA SE SMELTKROES
Dit is interessant hoe Siener van Rensburg dinge wat nou besig is om te gebeur, gesien het. Siener het dikwels van die smeltkroes gepraat – wanneer hier groot chaos en geweld uitbreek. Ons besef dat die komende verkiesing groot anargie kan veroorsaak. Die ANC het die hulp van Rusland gevra en die Russiese taakmag WAGNER het reeds in Suid-Afrika aangekom. Die vrees wat die ANC koester is nie ongegrond nie – daar was reeds talle dreigemente van opposisiepartye dat hulle die verkiesing sal ontwrig.
DIE AFRIKANER-VERKLARING - DIE ANB SE REAKSIE
Die liberaliste kla oor sy mislukte NSA, wil nie erken dat hy dit oor homself gebring het nie, maar wil steeds die Afrikanervolk daarin gevange hou met sy sogenaamde Afrikaner verklaring. Daarin wil hy die skyn wek dat die Afrikaner se toekoms slegs as ‘n kultuurgroep in ‘n gemengde goddelose samelewing bestaan. Die Afrikaner Nasionalitiese Beweging roep egter die Afrikanervolk op tot nugtere toetrede tot die weg tot ware vryheid om God te dien binne ons volksverband in ons vaderland. Verwerp hierdie bestel wat met verraad uit eie kring op ons afgedwing is. Hierdie hele land is óns land. Daarom verwerp ons die totale bestel en neem ons nié aan sy verkiesings deel nie.
Tog interessant hoedat die liberaliste nou, dertig jaar na die oorgawe van mag, ontgogel is deur die harde werklikheid. Die werklikheid van Swart oor Wit dominansie. Die ontnugtering noudat hul onrealistiese verwagtinge van vrede, gelykberegtiging en rasse-harmonie ná die weggee van die politieke mag, maar net nie wil realiseer nie – ten spyte van die verloop van drie lange dekades. Hulle drome van die utopie van die Nuwe Suid-Afrika lê aan skerwe.
PENTAGON STUUR NUWE MILITÊRE VOORRADE NA DIE OEKRAÏNE
Soos wat mens kan verwag, stook Biden die oorlog tussen Rusland en die Oekraïne onverpoosd. Pas is daar nog ‘n yslike aflewering gereed waarvan die pakket 'n groot verskeidenheid ammunisie en hardeware bevat.
Die Amerikaanse departement van verdediging het 'n nuwe hulppakket van $1 miljard vir Kiëf belowe. Die aankondiging kom kort nadat president Joe Biden Woensdag 'n wetsontwerp op buitelandse hulp onderteken het wat lank reeds gestaak is, wat $61 miljard vir die Oekraïne insluit.
Die "beduidende nuwe veiligheidsbystand"-pakket dek Oekraïne se "kritieke veiligheids- en verdedigingsbehoeftes," het die Pentagon in 'n verklaring gesê. Die komende aflewering sluit 'n verskeidenheid ammunisie in, naamlik 155 mm en 105 mm artillerie skulpe, sowel as 60 mm mortier rondtes, projektiele vir HIMARS-familie veelvuldige vuurpyllanseerders, sowel as verskeie skouer-gemonteerde anti-tenks lanseerders en handwapen ammunisie.
DIEN HOM MET ’N VOLKOME HART
Hannes Ollewagen
2 Kron. 16:1-14
“En in dié tyd het die siener Hanáni na Asa, die koning van Juda, gekom en aan hom gesê: Omdat u op die koning van Aram gesteun en nie op die HERE u God gesteun het nie, daarom het die leër van die koning van Aram uit u hand vrygeraak. Was die Kusiete en die Líbiërs nie ’n groot leërmag met buitengewoon baie strydwaens en perderuiters nie? En tog het Hy hulle in u hand gegee; omdat u op die HERE gesteun het; want die HERE – sy oë deurloop die hele aarde om diegene kragtig te steun wie se hart onverdeeld op Hom gerig is; hierin het u dwaas gehandel, want van nou af sal daar oorloë teen u wees.” (:7-9).
Die HERE stuur die siener na koning Asa om hom oor ’n saak aan te spreek. Hy moet die boodskap aan die koning bring dat God oor ’n spesifieke saak ontevrede is. En waaroor God ontevrede is, is die feit dat koning Asa sy vertroue nie volkome op God stel nie. Toe Bénhaded teen Juda opgetrek het, het koning Asa hom nie tot God om hulp gewend nie.
WAAR KOM DEESDAE SE ‘TURBO-KANKERS’ VANDAAN?
Vooraanstaande dokters beklemtoon 'n geheimsinnige wêreldwye toename in kankergevalle onder pasiënte onder die ouderdom van 50. Dié ontwikkeling volg op die onlangse aankondiging deur Brittanje se prinses Catherine wat self nou met die siekte gediagnoseer is.
Die oorsaak van die wêreldwye toename, wat na bewering alarm onder wetenskaplikes veroorsaak het, word heftig gedebatteer. Maar terwyl verbeterde diagnostiese metodes, genetiese aanleg, lewenstyl en nog onbekende omgewingsfaktore almal as moontlike redes voorgestel is, word die rolle van sommige ander moontlike invloede in wese geïgnoreer.
Ter illustrasie van die omvang van die probleem, het die jaarlikse kankervoorkomssyfer onder Britse individue tussen 25 en 49 jaar na bewering 162,4 gevalle per 100 000 mense bereik. Dit verteenwoordig 'n toename van 22 persent teenoor die syfer in die 1990's.
Op wêreldvlak het 'n studie wat verlede jaar in die BMJ Oncology-joernaal gepubliseer is, aan die lig gebring dat daar tussen 1990 en 2019 'n toename van 79 persent was in die voorkoms van vroeë-aanvangskanker en 'n 27 persent hoër aantal in vroeë-aanvang kankersterftes.
Kankers wat voorheen gesien is as meer algemeen in ouer hoër ouderdomsgroepe, word toenemend by jonger volwassenes gediagnoseer. Voorbeelde sluit in bors-, kolorektale-, slukderm-, maag- en pankreaskanker.