Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Ons moet leer dat daar in ons lewe baie dinge is wat ons netso aan die Here moet oorlaat. Sy geregtigheid waarborg dat Hy dit eindeloos beter sal hanteer as ons. Dit sal baie spanning van ons wegneem. "...Aan My kom die wraak toe, Ek sal vergeld, spreek die Here" (Rom 12).
DIE LYDENSWEG
Gustav Norval
Paulus skryf in Hebr. 10:32 as volg: “maar onthou die vorige dae waarin julle toe julle verlig geword het, ‘n groot lydingsworsteling deurgestaan het”. Daarmee bedoel Paulus dat lyding ‘n bekeerling se voorland is. Lusifer en sy gevalle engele teiken diegene wat in geloofsgehoorsaamheid wandel en hoe groter gevaar ‘n bekeerde vir die bose inhou, des te feller die fisieke en geestelike aanslag wat ons kan verwag. Paulus het die satan se fisieke aanslag ervaar soos hy in 2 Kor. 12 noem, en dit is so dat die bose magte ook bekeerdes se denke telepaties teiken deur allerlei bose gedagtes oor te sein. Die satan hardloop soos ‘n brullende leeu rond om gelowiges te probeer verslind (1 Petr. 5:8). Die Woord leer dat ons nie verontrus moet word tydens verdrukking nie, aangesien ons as gelowiges hiervoor bestem is (1 Tes. 3:3).
Ons moet ly t.w.v. die Evangelie (2 Tim. 1:8) en ons moet deur verdrukking worstel soos ‘n goeie krygsman van ons Messiah (2 Tes.2:3). Die Woord leer ons verder dat almal wat Godvrugtig wil lewe, vervolg sal word (2 Tim. 3:12 ; 2 Tim. 3:5) en dat ons deur baie verdrukkinge moet gaan om in die koninkryk in te kom (Hand. 14:22). Daar wag nog die groot verdrukking aan die eindtyd, waardeur gelowiges moet worstel om waardig bevind te word vir ons Vader se koninkryk (1 Tes. 1:5).
BLY WEG VAN STEMBUS!!
Met die verkiesing wat vandag plaasvind is spanninge besig om op te bou.
Ten eerste is die spanning in Swart geledere duidelik tasbaar, veral in Natal – waar voormalige bondgenote wat almal eens saamgetrek was in die ANC nou mekaar se kele wil afsny. Dit herinner sterk aan die woorde van wyle meneer Jaap Marais wat voorspel het dat die bestel nie sal staande bly nie, dat daar ‘n ineenstorting sal plaasvind wat met geweld gepaard sal gaan en dat dit sal begin as Swart-op-Swart geweld. Die politieke geweld daar in Natal is besig om kommerwekkende afmetings aan te neem soos wat leiers en ondersteuners van die ANC, EFF en die voormalige ANC-president, Jacob Zuma (nou by MK) mekaar die stryd aansê. Dit sal na alle verwagting in intensiteit toeneem soos ons die verkiesing nader.
Met die hoogs vlambare en uiters onstabiele situasie in ons land is dit natuurlik raadsaam om die nodige voorbereidings te tref ten einde gereed te wees om huis en haard te beskerm. Daar is ‘n hoë moontlikheid dat geweld en selfs pandemonium rondom die verkiesing of kort daarna kan uitbars.
Tweedens is daar die groot stryd om die dwarstrekkerige, konserwatiewe Afrikaner by die stemmery betrek te kry. Hierdie groepering van beginselvaste Afrikaners is duidelik ‘n groot kopseer vir die magte in beheer. Dit maak die liberalis doodsbenoud dat so ‘n groot proporsie beginselvaste Afrikaners hul nie laat intrek en besmet met die klad van die mislukte bedeling wat hulle veroorsaak het nie.
Lees mens wat Flip Buys – ywerige medewerker aan die totstandkoming van die veelrassige NSA te sê het – dan begryp mens hul dilemma. Hulle is mede-verantwoordelik vir hierdie gemors. Maar dié wat dit van meet af aan teëgestaan en beveg het, en steeds nie daaraan deelneem nie is vir hulle doring in die vlees. Hulle is die gewete wat hul deurgaans herinner aan hul growwe oordeelsfoute en gewoon blatante verraad. Daarom ywer hulle vervaard om almal by die NSA se demokratiese proses te betrek sodat almal eindelik medepligtiges aan hul mislukte eksperiment sal wees.
Buys skryf:
‘N LlEFDESDRIEHOEK VAN DIE GROOT TREK
Te midde van al die ellende van 1838 was daar soms kans vir 'n bietjie skinder oor 'n liefdesgeskiedenis waarby die heldhaftige Marthinus Oosthuizen betrokke was. Dit is een van Suid-Afrika se groot liefdesverhale, soos oorvertel deur Theo Gerdener.
Oosthuizen was afkomstig uit die distrik Uitenhage. Sy ouers was veeboere en het ook rasegte honde en perde geteel. Toe hy vyftien was, het hy by 'n kerkdiens kennis gemaak met die veertienjarige Aletta Rudolph. Teen die tyd dat die Trek begin het, was hulle kêrel en nooi. Die Oosthuizens is in 1836 saam met die Maritz-trek, maar die Rudolphs het nog geen trekplanne gehad nie. Toe die twee jong mense afskeid neem, was dit blykbaar vir goed.
KAN ENTSTOF SKADE VEROORSAAK? (3)
Dr Gustav Norval
Teen die middel 1970’s was die farmafirmas bewus van die aapvirus-besmetting, maar hulle was ook onder die indruk dat die aapvirusse geen probleme vir die mens ingehou het nie. Die US Bureau of Biologics (BOB) het die polio-entstofvervaardiger Lederle, vervolgens toegelaat om soveel as 100 aap-virusse per milliliter in hul entstowwe toe te laat! Wat ‘n onnosele daad waarvoor miljoene mense later met hul lewens sou boet! In 1976 het ene McGrath van die BOB, Lederle se ou entstowwe met ‘n elektronmikroskoop ondersoek en aangetoon dat daar na raming tussen 1,000 en 100,000 virusse per milliliter polio-entstof teenwoordig was! Om alles te kroon, het party virusse soos die kankervormende Oncorna-retrovirusse gelyk!
BARBAARSE METODES
WAAROM DIE KAMPE VIR VROUE IN DIE ENGELSE OORLOG BEGIN IS
Onder die Britte wat die "verskroeide aarde-beleid" veroordeel het, was daar sir Henry Campbell Bannerman, leier van die Liberale Party. Hy het op 14 Junie 1901 in 'n toespraak enkele woorde gebruik wat histories geword het: "A phrase often used is that 'war is war', but when one comes to ask about it one is told that no war is going on, that it is not war. When is a war not a war? When it is carried on by methods of barbarism in South Africa."
Behalwe deur verwoesting het die Britte 'n tweede maatreël toegepas - dié keer teen die vegtendes. Hulle het begin met groot dryfjagte of drives (die Boere het dit soms "krale" genoem) om al die kommando's te probeer vang.
WAARHEID EN LEUEN
Ds A.E. van den Berg
“.... as die woord van die profeet uitkom, sal die profeet bekend word wat die Here waarlik gestuur het” (Jer.28:9).
Jare gelede was die kerk en die plaaslike teater op ʼn Amerikaanse plattelandse dorpie reg oor mekaar. Toe die tyd vir die Pinksterbidure aanbreek, het die leraar ʼn reeks opwekkingspreke voorberei om sy gemeente meer betrokke by die kerk te kry. Dienste is oral geadverteer – plakkate, strooibiljette ens. Die eerste aand was daar baie mense in die kerk, die volgende aand minder en toe nog minder totdat net drie die laaste aand opgedaag het. Wat was fout?
Daardie selfde week het ʼn vermaaklikheidskunstenaar ʼn paar opvoerings in die teater gehad en net een plakkaat opgesit. Daar was elke aand meer mense as die vorige aand en die teater was met die laaste vertoning stampvol. Toe die dominee die kunstenaar daarna raakloop, vra hy hom hoe hy dit met slegs een plakkaat reggekry het? Hy sê: “Jy verkondig net fiksie en kyk hoe stroom die mense na jou! Ek verkondig die waarheid en kyk na die swak opkomste!” . Die akteur se antwoord het hom uitgeboul: “Ek verkondig fiksie asof dit die waarheid is, maar jy verkondig die waarheid asof dit fiksie is”.
SA KERNWAPENS VOOR 1994 OORGAWE (1)
Die ou NP-leiers by monde van FW de Klerk en Pik Botha het by herhaling gesê hulle nie 'n ander keuse gehad het as om Suid-Afrika (sonder mandaat van die volk) aan 'n swart kommunistiese owerheid te oorhandig nie. Hulle verweer was dat Suid-Afrika onder geweldige druk van die buitewêreld was en dat Suid-Afrika onregeerbaar sou word deur al die binnelandse onrus en opstande van die swart volkere – onrus wat deur die buiteland gestook is in die hoop dat die land onregeerbaar sou word.
Dat Suid-Afrika weerloos gestaan het in hierdie situasies is só ver van die waarheid verwyder dat daar net een gevolgtrekking uit te make is: die verraderlike ou NP-leiers het vir totaal ander redes as vir die veiligheid van Suid-Afrika hierdie land weggegee. Suid-Afrika was op daardie tydstip een van die weerbaarste lande ter wêreld. In hierdie artikel en opvolgende aflewerings sal die leser homself vergewis van die leuens wat aan die burgers van Suid-Afrika opgedis is oor die sogenaamde weerloosheid van die land in die laaste jare vóór 1994. Vóór 1994, voor die kernwapens skadeloos gestel is, was Suid-Afrika só weerbaar soos nog nooit tevore nie. Dit laat mens nogal dink waarom die land deur verraad op sy knieë gebring moes word...
GELOOF, GELOOF, GELOOF!
Hannes Ollewagen
Joh. 3:1-21
“Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.” (:16).
Hoe pragtig is hierdie baie bekende gedeelte uit God se Woord nie. En hoe hartseer is dit nie dat hierdie gedeelte ook waarskynlik een van die meer bekende gedeeltes uit God se Woord is omdat dit een van daardie verse is wat menigmaal deur dwaalleraars in hul kettery uit verband aangehaal word. Maar ons mag nie hierdie kosbare skat in God se Woord verswyg of verberg bloot omdat daar sommige is wat dit moedswillig verdraai nie. Dit is hulle skandelike en skaamtelose optrede en handeling met hierdie skat wat verwerplik is en nie die skat self nie.
DIE TRANSGENDER OPSTAND
Ds A.E. van den Berg
Die transgenderdebakel waarvan soveel ophef gemaak word, is godsonterend en stuit gevolglik ware gelowiges teen die bors. Omdat hul uiterlike identiteit nie met hul innerlike identiteit ooreenstem nie ervaar transgender persone in werklikheid ʼn verskriklike identiteitskrisis al steek hulle dit weg. Hulle glo dat indien ʼn man dink dat hy eintlik ʼn vrou is, hy wel een sal wees en andersom. Die keuse lê vir hulle by die betrokke persoon self, so glo hulle.
Wat ʼn misgissing! Manlike chromosome kan nie met die beste wil ter wêreld in vroulike hormone verander nie. Uiterlike voorkomsverandering verander niks aan die biologiese samestelling van ʼn mens nie. Sielkunde keer nooit biologie om nie!
ONDERWERPING AAN HIERDIE OWERHEID
In hierdie tyd waarin ons leef is dit opnuut ‘n aktuele vraag tot welke mate hierdie Godsveragtende regime gehoorsaam moet word.
Die owerheid se taak is om losbandigheid hok te slaan sodat alles ordelik kan verloop. Die owerheid moet orde handhaaf, boosdoeners straf, en deugsames en die heilige Woordbediening beskerm.
In Romeine 13 lees ons dat elke mens hom moet onderwerp aan die magte wat oor hom gestel is omdat daardie magte deur God ingestel is. Daarby word gesê dat verset teen die owerheid onder die oordeel van God sal staan.
So lees ons ook in 1 Tim 2:2 dat dankseggings en gebede gedoen moet word:
“...vir konings en almal wat hooggeplaas is, sodat ons ‘n rustige en stil lewe kan lei in alle godsvrug en waardigheid”.
Die owerheid moet dus alle afgodery en vals godsdienste teëgaan en uitroei, die ryk van die antichris vernietig en die koninkryk van Jesus Christus bevorder deur steun te verleen dat die evangelie orals verkondig word.
MAG U WIL GESKIED!
Al hoor ons nie oor die omgekoopte media hoe sleg dit met ons volk gaan nie, dit gebeur elke dag dat daar 60 plus mense in ons land vermoor word waarvan 'n onbekende aantal Blankes en boere is. In hierdie dae hoort ons voortdurend op ons knieë te staan en pleit vir God se genade oor ons.
Ons boere, hul gesinne en ons hele volk bloei,
ons kinders word verkrag en vermoor,
ons kultuur en ons taal word vernietig.
Dit wat aan ons toevertrou is, word vertrap.
Ons mense, noem hulle Boere, noem hulle Afrikaners,
noem hulle wat jy wil,
het 'n baie ryk geskiedenis hier aan die suidpunt van Afrika.
Die een goue draad wat deur hierdie geskiedenis loop,
die een element wat nog altyd teenwoordig was in al ons suksesse,
is die genade van die Almagtige Skepper.
Kom ons draai na ons Almagtige God vir leiding, hulp en beskerming.
Kom ons bid en glo dat Hy dinge wat vir ons onmoontllik is, wil verander.
Ons Vader in die Hemel,
Skepper van alle dinge,
ons staan as volk voor u,
stukkend en verward.
Vergewe ons ons foute en gryp U in,
U is Beskikker oor alle dinge,
U beveel en dit geskied,
U is die Almagtige.
Neem U die leiding,
gee ons helderheid van verstand,
vul ons met die waarheid en wysheid uit u Woord
om te besef wat ons moet doen
en red ons van ons eie agendas.
Mag u wil geskied.
Amen
Dankie dat jy 'n paar sekondes opgeoffer het vir jou mense.
Daar is geen groter geskenk aan 'n volk
as om daardie volk in gebed op te dra
voor die Almagtige Skepper van hemel en aarde nie.
ONSKULDIGE BLOED
Gustav Norval
Deur al die milennia met al sy geweld en oorloë, is baie miljoene Europese mense sonder oorsaak gedood. Die Britse empire was gebou op die bloed en trane van onskuldige Boere. Van Queen tot Kakiesoldaat, van lord en sir tot uitlander, wat Oom Paul se regering omvêr wou gooi, van geldmagnaat en mynbaas tot smous en joernalis, hulle het onskuldige bloed aan hul hande gehad. Die bloed van 30,000 kinders onder 16 jaar oud, 5000 vrouens, 7200 gesneuwelde-, vermoorde-, tereggestelde mans en 1100 geinterneerde burgers is op hul rekening. Die smaad van ontelbare Boere wat beroof, geplunder, gewond, beswadder, gemolesteer en verag, rus op hul hoofde.
Laat ons kennis neem van wat die Woord verder sê oor diegene wat onskuldige bloed vergiet:
*vir die goddelose geld Psalm 94 vers 5: “...hulle maak die weduwee en die vreemdeling dood en vermoor die wese” en vers 21: “...hulle bestorm die lewe van die regverdige en veroordeel onskuldige bloed.”
• Maar hul oë en hart was net op hul onregverdige wins en op onskuldige bloed om dit te vergiet en op verdrukking en afpersing om dit uit te voer (Jer 22: 17).
CHRISTUS IS DIE BLINK MORESTER
- Ds A.E. van den Berg
“…..Ek is die wortel en geslag van Dawid, die blink môrester” (Openb.22:16)
Die môrester is die helderste ster van almal en flikker of verdof nie soos ander sterre nie. Dis altyd ’n soliede lig. Daarom het die ou Grieke dit die koningin van die nag genoem en as ’n lus vir die oog bewonder. Die Grieks vir môrester is fosforo, die woord waarvan fosfor afgelei is. Fosfor glim altyd in die donker. Net so blink die môrester in die donker om te sê dat die son gaan opkom.
Die teksvers sê dat Christus die blink môrester is omdat Hy dieselfde uitwerking op die mens se siel het as die môrester op die natuur. Hy verlig donkerte en is ’n soliede Lig wat gelowiges gebruik om in ander se lewens te skyn. Hulle is egter nie soliede ligte nie, maar skyn en verdwyn. Daar is net een soliede Lig: “Jesus Christus is gister en vandag dieselfde en tot in ewigheid” (Heb.13:8).
Soos wat die môrester vreugde in die natuur bring, bring Jesus dit in siele. “Die volk wat in duisternis wandel, het ’n groot lig gesien; die wat woon in die land van die doodskaduwee, oor hulle het ’n lig geskyn” (Jes.9:1). Hierdie doodskaduwee is die sonde-duisternis en doodsvonnis, tensy deur die bloed van Jesus vrygespreek, en is daar vir sondaars geen wonderliker woord as vryspraak nie.
KAN ENTSTOF SKADE VEROORSAAK? (2)
Dr Gustav Norval
Polio-entstowwe
In die vroeë 1950’s het die gevreesde Mahoney-poliovirus wêreldwyd toegeslaan en talle slagoffers geëis. In 1955 was 76,000 gevalle net in Noord-Amerika en Europa aangemeld, waarvan 2,000 gesterf het vanweë asemhalingsnood en 16,000 oorlewendes sou vir die res van hul lewe in rolstoele of met krukke oor die weg moes kom. Baie kon nie vanself asemhaal nie en was genoodsaak om etlike maande of jare in kunsmatige longmasjiene deur te bring. Professore Jonas Salk en Sabin het gou vorendag gekom met twee tipes polio-entstowwe en die farmaseute Merck, Sharp & Dome (MSD) en Cutter Laboratories (California) het die entstowwe op groot skaal vervaardig en verkoop. Ene Hilleman van die Merck firma het poliovirusse vir beide Salk se formalien-gedode poliovirus-entstof (wat per inspuiting toegedien was) en Sabin se lewendige poliovirus-entstof (vir orale toediening) op rhesus-aap nierweefsel-kulture gekweek.
BOIKOT DIE VERKIESING!
Die verkiesing is voor die deur. ‘n Beduidende getal Afrikaners het sedert 1994 nie gaan kruisie trek nie en sal dit ook nie met hierdie verkiesing doen nie. En omdat hierdie groepering van nie-stemmers gaandeweg groter raak, word elke moontlike truuk getrek om die Afrikaner by die stembus te kry. U sien, as die kerngroep van die ekonomie sy rug draai op die demokratiese proses, skep dit eintlik ‘n konstitusionele krisis. Want ‘n nasie waarvan een kleur wegbly/ontbreek kan kwalik nog ‘n “reënboognasie” genoem word.
Maar ja, dié utopie van ‘n NSA met vrede en harmonie tussen al wat kleur en geur is, het net nooit werklikheid geword nie. Dit kán ook nie, dit het nêrens in die wêreld geslaag nie, hoe sou dit hier kon werk?!
Nie net is daar ‘n groot getalle-ongelykheid nie, daar is ook diepliggende kultuur-, geloofs- en beskawingsverskille wat tussen die rasse bestaan. Die uitwissing daarvan is nie deur 30 jaar se bevoordeling van Swart; en diskriminasie teen Blank bewerkstellig nie en sal ook nie gebeur in die eeue wat kom nie.
Mnr. Jaap Marais sê in Waarheid en Werklikheid:
Die sentrale probleem van die Suid-Afrikaanse staatkunde is dat ras en kleur nie maar net ‘nuanses van pigmentasie’ binne een nasie is nie, maar dui op diepgaande historiese en nog dieper genetiese verskille, wat saam sosiale, kulturele en godsdienstige afstand skep wat onoorbrugbaar is.
Ook sê Statistiek-SA se sensusopname van 2022: “Black South Africans remain the dominant population group at 81,4%.
Dit beteken dat uit elke 10 mense wat gaan stem, 8 Swart is. Dis nie te moeilik om ‘n berekening van die uitslag te maak nie... Wat ons wel met sekerheid kan sê, is dat ás die ANC se meerderheid tot onder 50% daal soos wat uit alle oorde en veral deur die Joodsbeheerde media met groot trompetgeskal voorspel word, dan is dit vanweë die onderhandelde uitslag wat lank voor stemdag reeds bereik is, nie vanweë getelde stemme nie.
KAN ENTSTOF SKADE VEROORSAAK? (1)
Dr Gustav Norval
Moet ons ons kinders laat inent met ‘n reeks inspuitings?
Dit is nie verpligtend vir skoolttoelating nie maar dit is van kardinale belang dat ouers ‘n ingeligte keuse moet kan maak en nie inenting toelaat net omdat die onderwyser of die Dept van Gesondheid of die apteker mense beïnvloed daartoe nie. Daarom het dr Gustav Norval, ‘n afgetrede patoloog, ‘n uitgebreide antwoord nẚ vele navorsing beskikbaar gestel in ‘n boek. Die artikels (wat nou in ‘n reeks hier op Gelofteland volg) , is uitgehaal uit sy boek “Massamoord”. Dit is veral belangrik vir voornemende ouers, voordat hulle hul kinders blootstel aan entstof-geïnduseerde toestande soos outisme, ADHD ea. met bitter ongewensde gevolge. ‘n Ander moontlikheid is dat mense wat belangstel dr Norval direk kan kontak by sy e-posadres Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. , dan kan hy die inligting direk aan u e-pos.
Farmafirmas wat entstowwe maak gee toe dat gevalle van entstofskade wel hier en daar voorkom, maar volgens hulle is entstowwe oor die algemeen voordelig en kan enstowwe die uitbreek van epidemies voorkom. Die paar kinders wat deur entstowwe beskadig word, is volgens hulle ‘n geringe prys om te betaal om die bevolking as geheel teen ‘n spesiefieke siekte of siektes te beskerm. Die houding word weërspieël in die volgende uitlatings m.b.t. maselentstof: “If there is a risk, it will affect far fewer children than those ravaged by measles without the vaccine” en die volgende: “FDA workshop officials indicated they were justified in administering new and unproven vaccines by claiming it is unethical to withhold them.” Verder: “Those who believe that there is no such thing as society, only individuals, won’t be convinced it was worth taking a tiny risk of harming their individual child just to prevent a future general epidemic” (New Scientist:Febr.2001, afgekort as NS in die artikel ).
BEYWER JULLE OM VLEKKELOOS TE WEES
Hannes Ollewagen
2 Pet. 3:1-18
“Maar ons verwag volgens sy belofte nuwe hemele en ’n nuwe aarde waarin geregtigheid woon. Daarom, geliefdes, terwyl julle hierdie dinge verwag, beywer julle dat julle vlekkeloos en onberispelik voor Hom bevind mag word in vrede.” (:13&14).
Hierdie opdrag van onse Here Jesus Christus behoort ons vir ’n oomblik te laat stil raak en te besin waarvoor ons in ons lewens ywer. Sy opdrag in hierdie verband is ondubbelsinnig en duidelik – ons behoort te ywer om ons lewens van sonde en ongeregtigheid te reinig.
Geliefdes, dit is natuurlik algemene kennis dat geen mens sonder sonde is nie. Hiervan getuig Paulus ook duidelik in sy brief aan die Romeine. “...want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God,” (Rom. 3:23). En hy bevestig hierdie getuienis ook in Rom. 5:12. “DAAROM, soos deur een mens die sonde in die wêreld ingekom het en deur die sonde die dood, en so die dood tot alle mense deurgedring het, omdat almal gesondig het – “. En saam met Paulus getuig koning Dawid ook hiervan in Ps. 51:7. “Kyk, in ongeregtigheid is ek gebore, en in sonde het my moeder my ontvang.” Ons moet egter daarteen waak om nie hierdie ellendige toestand van ons sondigheid as ons lot te aanvaar nie, want God gee aan ons die opdrag tot die teendeel. Ons moet in Christus hierdie droewige toestand van ons sondigheid ontvlug na ’n geheiligde lewe in Hom.
KOALISIE-POLITIEK
Bertus Radford bewys in 'n artikel wat in die Nuusblad van die Afrikaner Nasionalistiese Beweging verskyn het die futuliteit daarvan om aan die regime se demokratiese proses deel te neem. Kies weer reg deur steeds weg te bly van die stembus!
Professor Koos Malan van Sakeliga en Bennie van Zyl van TLUSA het op 6 Maart, tydens die fokusprogram van Pretoria FM, hul lot bekla wat betref die opposisie in die stadsrade, maar in die besonder koalisievorming. Volgens Malan is die “koalisies ’n klaaglike mislukking weens die baasspelerigheid van die DA” nadat Van Zyl ’n ellelange treurmare gelewer het rakende die huidige stadsrade wat nie die mas opkom nie, maar veral die koalisies, tot die verdriet van hul kieserskorps. Van Zyl het met ’n tipiese à la Bennie van Zyl die prent probeer inkleur en aan die einde uitgekom met die gedagte dat “gekyk moet word na iets anders”. Malan het dadelik gereageer met die woorde: “Ek gaan stem en diegene wat nie stem nie is aan die swart kant,” wat die Afrikaner by ’n baie belangrike en aktuele punt bring met die verkiesing wat ophande is.
PROGRESSIEWE LIBERALISME
Daar bestaan basies 2 politieke denkrigtings. Dit is die teenoorstaande gedagte-rigtings van konserwatisme teenoor liberalisme. Dit verteenwoordig twee onversoenbare pole aangesien die uitgangspunte van elkeen van hierdie twee ideologieë radikaal verskil.
Die konserwatisme is gegrond in die huldiging van tradisionele norme en waardes, dit handhaaf die beproefde weë wat deur die meule van die tyd as deugsaam en waar bewys is. Dit vind sy krag in samebinding, nasionalisme, volksverbondenheid en patriotisme. Die konserwatiewe denker stel altyd die groter belang van sy groep bo eie gewin. Hy heg hoë waarde aan die gesin, die geloof, die land, die volk.
Daarteenoor is die liberalistiese denkwyse gebaseer op die geloof in individuele vryhede en regte. Die woord “liberalisme” is ontleen aan die Latynse woord “liber” wat vryheid beteken. Daar is by die liberale denker ‘n ewige drang na die wegbreek van reëls en norme, selfs al is dit bloot net ter wille van verandering, en gewoonlik as ‘n daad van rebellie (of met ‘n sterk element daarvan teenwoordig). Diesentrale gedagte is die vryheid van die individu, welke strewe gestel word bo enige ander belang. Die individu word as’t ware tot ‘n godheid verhef. Die mens beklee dan die sentrale plek in sy eie bestaan, in plaas van God. Dit is humanisme – die verafgoding van die mens en sy regte.
DIE ONVERGEEFLIKE SONDE
DIE ONVERGEEFLIKE SONDE
Ds Andrè van den Berg
Die Bybel is vol ernstige waarskuwings. Een wat egter bo al die ander waarskuwings uitstaan, is die onvergeeflike sonde. Maar wat is dit presies? In Mt.12 sê Christus dat dit lastering teen die Heilige Gees is. Markus en Lukas skryf ook daarvan in onderskeidelik 3:28-30 en 12:10.
Mattheus en Markus se uitsprake hieroor moet egter in ʼn ander verband as Lukas s’n gesien word. In Matteus en Markus gaan dit oor die Joodse kerklui wat Jesus daarvan beskuldig het dat Hy al sy wonders deur die mag van die Satan verrig het. In Lukas gaan dit egter oor die openlike verloëning van Christus tydens vervolging.
Die sonde teen die Heilige Gees gaan dus nie bloot daaroor om Jesus se werk aan Satan toe te dig nie. In al drie die Skrifgedeeltes is dit sonde wat teen Jesus self gerig is. Nogtans noem Christus dit lastering teen die Heilige Gees.
Johannes praat ook in sy Sendbrief van ʼn onvergeeflike sonde: “As iemand sy broeder ʼn sonde sien doen wat nie tot die dood is nie, moet hy bid, en Hy sal hom die lewe gee – vir die wat nie ʼn sonde tot die dood doen nie. Daar is ʼn sonde tot die dood; daarvoor sê ek nie dat hy moet bid nie” (1 Joh.5:16). Johannes brei nie verder hierop uit nie wat ons laat vermoed dat die gelowiges presies geweet het waarvan hy praat omdat die vroeë kerk hieroor gepraat en gelowiges gewaarsku het.