Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Jy hoef nie ander mense se lig uit te doof sodat jou eie gesien kan word nie. Wees eerder 'n held en steek helder lig in die wêreld aan oral waar jy gaan sodat ander mense ook kan sien.
KAN ENTSTOF SKADE VEROORSAAK? (7)
Dr Gustav Norval
Antraks-entstof (BioPort Corp):
Nẚ die groot antraks-brieweskok wat die VSA in 2002 getref het, het die Amerikaanse regering ‘n entstof daarteen vervaardig om Amerikaners te ent as deel van die “War on Terror” veldtog wat daarna losgelaat was. Gelukkig vir die publiek het die House of Representatives Committee on Government Reforms die enstof-program geskraap, omrede toetse aangedui het dat die entstof skadelik is. Maar wie was verantwoordelik vir die antraksbriewe wat aan verskeie lede van die publiek gepos was? Horowitz gee die antwoord: “…the New York Times and Washington Post anthrax mailings most likely derived from drug companies and vaccine makers. The FBI concluded this was not a typical blue collar bioterrorist attack……. The CIA were most implicated” (google: “God’s Medical Malpractice Case Against Vaccine Makers”).
BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM (7)
RAUTEM, geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
(Die storie volg in Afrikaans onder die inligtingstuk)
EXECUTIVE OUTCOMES, SANDLINE and the STASI 
Another individual who has played a considerable role in Project Hammer, was Rolf van Rooyen, who operated a number of business entities including one called ‘Oceantech’ and another called ‘Eastech’ International Bank.
At one time Van Rooyen worked for SA Intelligence and is also believed to have been working for the CIA at the time Project Hammer was in process. Of significance is the fact that Gen. Cocke and Van Rooyen knew each other, although Cocke says he only spoke to him on the phone but never ‘shook hands with him’.
BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM (6)
RAUTEM, geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
(Die storie volg in Afrikaans onder die inligtingstuk)
Dries Verwey and Phil Freeman. You ask then "why" did I think this way? A valid question... It was because I had been witness to the cold menace of Verwey's anger and privy to some of the goods and devices that accompanied him from his D-4 Section, at Security Branch (SB) HQ. In his special room at SB HQ he had silenced weapons of many different types and calibres, poisoned bottles of exotic Portuguese liquor that were popular in Mozambique/Angola at the time, Zambian police officer uniforms and cell keys, and transistor radios that were 'loaded' with deadly explosives that would blow up anyone switching them on. There were also parcel bombs made in seized copies of Mao Tse-Tung's "Little Red Book". These bombs were made with surgical precision, with the "Pentolite" poured into the hollowed out inside in molten form... The way the pages were surgically cut and glued, the placement and affixing of the micro-switch and the 'arming' device, was like looking at the innards of a Swiss timepiece...This was typical handiwork of Phil Freeman, who was a perfectionist. And when Verwey and Freeman had both been at BOSS, they had worked very closely together, as well as in the Security Police, long before the inception of BOSS.
HÝ BEPAAL ONS LOT
Hannes Ollewagen
Jer. 18:1-23
“Sal Ek nie soos hierdie pottebakker met julle kan maak nie, o huis van Israel? Spreek die HERE. Kyk, soos klei in die hand van die pottebakker, so is julle in my hand, o huis van Israel!” (:6).
Ons moes die afgelope paar weke weer deur ’n tyd worstel waarin mense openlik deur politici en die media belieg is. ’n Mens sien uitlatings soos – “Die demokrasie van Suid-Afrika leef” – dit terwyl minder as 40% van mense wat stemgeregtig is wel hul hande hiermee gaan besmet het. En hierdie 40% sluit ’n baie groot groep mense in wat demokrasie beswaarlik sal kan spel en definiëer. Ek maak nie laasgenoemde stelling om kwetsend te wees nie, maar om die blatante en skaamtelose leuens en misleiding van politici te onderstreep. En dan is die hoofstroommedia natuurlik baie, baie gretig om hierdie leuens skaamteloos te propageer en te bevorder. Hierdie mense moet die bevolking oortuig dat die Godloënende demokrasie nie ’n mislukking is nie. En aangesien die oorwig van getuienis hierdie mislukking bewys, is daar nie ’n ander manier om mense te oortuig as om daaroor te lieg nie. En hoe hartseer is dit nie dat daar volksgenote is wat hul steun gaan gee het aan hierdie mense by wie die basiese eienskappe van eerlikheid ontbreek. Wil jy jou toekoms weliswaar in die hande van mense met só min integriteit toevertrou?
BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM (5)
RAUTEM, geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
(Die storie volg in Afrikaans onder die inligtingstuk)
Roy Allen on the Smit murders: "The news of the Smit murders in 1977 was a bolt out of the blue. Both I and my girlfriend were astounded, as we searched for a motive.... Ida had worked for Dr Smit for about 6 to 8 months in the preceding year, when he was the chief of Santam International. They worked from a two person office in the Johannesburg CBD. I had met him on one or two occasions whilst picking Ida up from his offices. He seemed like a very nice guy.
Before this Ida had worked as a secretary to P.W. Botha when he was Minister of Defence. She had a Top Secret clearance from the Military, which made her suitable for employment in such a confidential post with Dr Smit. She was also later to work as the secretary of Fanie Botha, the then Minister of Labor, before going on to work for Prof Wiehahn when he was conducting the inquiry that became known as the "Wiehahn Commission". She never discussed the nature of her work at any of these "jobs" with me, and was fanatically loyal towards her government bosses.
KAN ENTSTOF SKADE VEROORSAAK? (6)
Dr Gustav Norval
Malkoeisiekte-entstof:
Daar is sprake dat malkoeisiekte (Creutzfeld-Jacob siekte) wel deur inenting oordraagbaar is omrede sommige entstowwe op kalfserum gekweek word. Die “Vaccines and Biologicals, Annual Report, 2000” (VBAR 2000) erken dat so ‘n risiko bestaan: “there has been much discussion and regulatory action aimed at minimizing the risk of transmitting Creutzfeld Jacob disease through vaccines and other biologicals.”
Hepatitis-entstof:
Gegee: paar ure na geboorte, dan op 1-2 maande en die derde rondte op 6-12 maande oud.
‘n Enststof teen Hepatitis tipe A (genoem Havrix van GalaxoSmithKlein Co.) het in 2004 op die Amerikaanse mark verskyn en die media het natuurlik Havrix opgehemel: “that keeps you from getting sick” het hulle uitgebasuin. Rerig? Met entstowwe se rekord? Hou in gedagte dat Hepatitis A in 90% van gevalle ‘n simptoomlose siekte is wat vanself sonder behandeling na een of twee maande opklaar, dat 10% gevalle ‘n uiters ligtegraadse simptome ervaar en dat slegs ‘n 0,03% sterftempo voorkom. En as die toestand oor is, is die persoon vir die res van sy lewe daarteen bestand. Het jy dan ‘n entstof nodig teen ‘n siekte wat so lig is? En dan nog vervaardig van HA-virusse wat op mensweefsel van alle dinge gekweek word!: “Each batch of vaccine is made from infected mass of cells which had 1,000 donors.” Nie van een nie maar van duisende donateure!!
BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM (4)
RAUTEM, geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
Kort voor die sluipmoord op Dr. Verwoerd het hy as Eerste Minister, vir Professor Jan Hoek opdrag gegee om ondersoek in te stel na die mag wat die Anglo American, op die Suid Afrikaanse groter ekonomie, en veral op Politieke gebied in Suid Afrika uitgeoefen het. Hy het selfs vir Anglo American verbied om besigheid in die Tuislande te doen, met goeie rede?
Wat Professor Jan Hoek toe opgestel het, het in parlementêre kringe as ‘Die Hoek Verslag’ bekend gestaan. Dr. Verwoerd is egter binne in die Parlement, deur Demitri Tsafendas vermoor nog voor die Hoek Verslag klaar was. Demitrio Stafendas (sic) was ‘n gelyste Kommunis en kon as gevolg van sy ‘Rooi Lêer’ by die Buro van Staatsveiligheid dertien keer agtereenvolgend, nie daarin slaag om die land binne te kom nie. Kort voordat hy Dr. Verwoerd binne in die Parlement met ‘n dolk in die hart doodgesteek het, het hy ten spyte van die genoemde lêer daarin geslaag om die land binne te kom, maar erger nog, hy het werk in die Parlement gekry – as bode!
Toe die ‘Hoek Verslag’ ter tafel gelê is, het slegs John Vorster – die vermoorde Verwoerd se opvolger, Jaap Marais – LV vir Innesdal en latere leier van die HNP, Piet Koornhof, en Dr. Andries Treurnicht – destydse Redakteur van ‘Die Transvaler’ dagblad en latere leier van die Konserwatiewe Party; die Hoek Verslag onder oë gehad. John Vorster het beveel dat die Hoek Verslag vernietig moes word en dat nòg die res van die Parlement nòg die publiek ooit oor die inhoud ingelig moes word.
VERSETLAND - BOEK TE KOOP
VERSETLAND kom uit die pen van die befaamde skrywer, dr Philip Venter. U kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672. Lees hieronder meer daaroor.
Waar Jacobus (Skeermes) Hugo agter die .300 Mannlicher van oorlede Stef lê, met sy eie .308 Mauser en die R6 naby hom, herken hy die mense aan wie Nicodemus hom ’n paar dae gelede voorgestel het. Twee meter aan sy regterkant is ’n baie groot man, ’n kleinneef van Nicodemus self. Hy lê met ’n baie lang, outydse geweer uit die 1870’s, blykbaar ’n Remington. Die rondtes is lank, reguit en kan baie ver skiet. ’n Anachronisme is die moderne teleskoop wat bo-op die loop gemonteer is. Langs hom lê ’n vrou – hy kan nie nou haar naam onthou nie – en nog verder is ’n eks-smokkelaar met ’n dubbelloop .470. Nog verder die klomp Malan-broers, Flip, Jan, Floors, Doors – lyk asof hulle gebore is met ’n geweer in die hande. Hulle lê stil, gemaklik en kalm, soos ou soldate, wat hulle elkeen natuurlik is.
BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM (3)
Michael Young van Goldfields in Brittanje het intussen gesoek na Afrikaners om met die ANC te onderhandel om hulle geldbelange in Suid Afrika te beskerm. Deur bemiddeling van die joernalis Fleur de Villiers ontmoet hy proff Willie Esterhuise en Sampie Terblanche. Op 31 Mei 1989 ontmoet Willie Esterhuyse en Thabo Mbeki in Londen. Die tweede besoek het prof Marinus Wiechers en Willem de Klerk (FW se broer) ingesluit. Ander interessante besoekers aan die ANC was prof Johan Maree (vergesel van sy eggenote Helen Zille; Koos van der Merwe (KP-Parlementslid); en Ebbe Dommisse van Die Burger.
Op 18 Januarie 1989 het PW Botha 'n ligte beroerte. Daar was reeds sprake van 'n vorige beroerte in 1985. 'n Bron binne die Broederbond vertel: "En toe slaan daai ou man remme aan. Ons het 'n paar jaar verloor – drie jaar, meer.
“In die laaste koukusvergadering voor hy uitgeskop is ten gunste van FW de Klerk, sê Botha: "[De Klerk], 'n moeilike tyd wag op jou. Ek kry jou jammer. Jy het magte losgemaak wat jou gaan vernietig!"
Onder die 53-jarige De Klerk het jong voormalige Ruiterwag-lede, nou Broederbond, soos Leon Wessels, Roelf Meyer en Theuns Eloff (Puk-rektor en toe De Klerkstigting) nou take gekry waarvoor hulle nie werklik opgewasse was nie.
ALLES VAN GOD IS HEILIG
Ds A.E. van den Berg
“… Trek jou skoene van jou voete af, want die plek waar jy op staan, is heilige grond” (Ex.3:5).
Die verhaal van Moses is een van die aangrypendste in die Bybel, veral as in gedagte gehou word dat hy 80 jaar oud was toe God hom geroep het om sy volk uit Egipte te lei. Daarbenewens was hy ’n voortvlugtige wat gevlug het omdat hy ’n Egiptenaar wat ’n volksgenoot mishandel het, doodgeslaan het.
Sy roeping begin aan die voet van Horeb, waar hy later die Tien Gebooie ontvang het. Op daardie stadium het Moses die vee van sy skoonvader opgepas toe God uit ’n brandende bos na hom geroep en gesê het: “Trek jou skoene van jou voete af, want die plek waar jy op staan, is heilige grond”.
Wat het dié grond heilig gemaak? Die teenwoordigheid van die heilige God! Heilig beteken opsy sit of afsonder. Moses het nie voor ʼn Egiptiese afgod gestaan nie, maar voor die heilige Skepper-God en dit het die spesifieke grond op daardie oomblik heilig gemaak. Voor die heilige God is alles heilig.
BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM (2)
BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM (1)
RAUTEM, geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
Teen laatmiddag hou drie voertuie voor die hek stil. Twee manne klim uit, loop na die hek toe en lui die klokkie. Nie ‘n lang, aanhoudende lui soos iemand wat op aandag, onmiddelik en duidelik aandring nie, maar soos ‘n gewone besoeker. Skeer staan op, herken die man by die hek en loop om te gaan oopmaak. Arno, Priester en John staan by die vensters, agter die gordyne en teen die muur, met wapens gereed. Hulle sien die hek oopgaan en dan hoe Skeer die man in uniform met die hand groet. Hy en nog ‘n offisier, met ‘n leer aktetas in sy hand, kom nader geloop.
“Julle kan maar uitkom. Die kommissaris wil julle in elk geval ontmoet.”
Nadat die formaliteite agter die rug is, maak die ander reg om te loop.
“Brigadier, ek sal dit waardeer as jou mense kan bly vir die gesprek,” sê hy in baie goeie Afrikaans. Leona kom nou ook in, met ‘n skinkbord koffie en tuisgebakte gemmerkoekies.
“Brigadier Hugo, ek kom agter dat julle baie wonde oopkrap. Ek het verskeie oproepe van mense in hoë poste gekry, wat my gevra het om julle te kom stopsit.”
‘n Gevoel van totale verslaentheid kom oor die groep. As alles hier staak, dan is die dood van Stef en Mac verniet, dan is al die baklei en soek na antwoorde onsinnig.
KAN ENTSTOF SKADE VEROORSAAK? (5)
Dr Gustav Norval
MMR-entstof
Gegee: op 15 maande, 4-6 jaar en dan weer op 11-12 jaar.
In 1960 was 77 Down sindroom kleuters in Engeland deur Dr. Aldius en Professor Butler as proefkonyne vir ‘n entstof teen masels gebruik (google: “Down’s Babies Used in Vaccine Experiments”). ‘n Entstof teen masels het daarna in 1963 op die mark verskyn en toe op groot skaal op 36,000 Britse kinders beproef. In 1988 is die maselentstof saam met pampoentjies- en Duitse masels-entstowwe in die MMR-entstof (Merck & Co.) saamgevoeg. Die entstof bevat neomisien, sorbitol, gelatien en lewendige-maar-verswakte-virusse gekweek op kuiken- en mensfetusweefsel, en is gerig teen die kindersiektes masels, pampoentjies en Duitse masels (Rubella). Vandaar die naam MMR of Measels-Mumps-Rubella.
HY KEN SY EIE
Hannes Ollewagen
2 Tim. 2:14-26
“Ewenwel, die fondament van God staan vas met hierdie seël: Die Here ken die wat syne is; en: Laat elkeen wat die Naam van Christus noem, afstand doen van die ongeregtigheid.” (:19).
Ons kyk vandag na hierdie twee sake waarvan Paulus in sy brief aan Timótheüs skryf. Hierdie twee sake wat deelvorm van die vaste fondament van ons geloof. Dit is ten eerste die wonderlike herinnering en versekering dat God ons ken en ten tweede dat ons van die ongeregtigheid afstand moet doen en naby aan Hom moet leef.
Hoe kosbaar is hierdie waarheid en versekering uit God se Woord nie – die versekering wat Hy ons gee dat Hy diegene ken wat syne is. En dit is so nodig in die wêreld waarin ons leef om aan hierdie kosbare waarheid herinner te word. Ja, ’n wêreld waar soveel mense net soos nog ’n nommer voel. ’n Wêreld wat so met indiviualisme besmet is dat mense voel dat hulle net geken word wanneer ander ’n voordeel uit hul kan trek.
OMGEKOOPTE OU SA REGERING VERANTWOORDELIK VIR DR HF VERWOERD SE MOORD
Hierdie uittreksel is geneem uit die boek RAUTEM geskryf deur dr. Philip Venter. Hy is ‘n bekende skrywer van veelvuldige boeke wat ons binnekort hier op Gelofteland bekend sal stel. Sy kontaknommer is: 083 444 7672 en sy boeke kan dan direk by hom bestel word.
Met hartlike dank aan dr. Philip Venter
Tsafendas is nooit verhoor nie omdat die hooggeregshof in ′n spesiale ondersoek bevind het dat hy as skisofreen nie vir sy dade aanspreeklik gehou kon word nie en ingevolge wetgewing nie verhoor kon word nie. Hy is lewenslank in tronkselle en die Sterkfontein-gestig opgesluit, waar niemand hom te woord kon staan nie, en hy is op 7 Oktober 1999 daar dood. Hy is op die hospitaalterrein in ′n ongemerkte graf begrawe.
In teenstelling daarmee het groot getalle veroordeelde terroriste wat veelvuldige moorde op onskuldige Suid-Afrikaanse burgerlikes gepleeg het, voor die voet amnestie gekry en is uit die tronke vrygelaat. Verskeie van hulle is vir hul bloeddorstigheid en genadeloosheid beloon met hoë poste in die staatsdiens, selfs as offisiere in die polisiediens. Vir Tsafendas, egter, was daar geen amnestie nie. Hy moes sy geheime saam graf toe neem.
ALLES GAAN OOR GELD!
Het u geweet die ANC is vir R150-miljoen verkoop?
Alle verkiesings is korrup en beteken niks. Soos regter Kriegler voorheen gesê het, as mens in ʼn bordeel werk, kan jy nie kuis bly nie, menende die geweldige omkopery en onregmatighede binne alle verkiesings. So was daar weer met betrekking tot die afgelope verkiesing ʼn geheime ooreenkoms gesluit tussen die geldmag en die ANC.
Rupert en die Oppenheimers het R150-miljoen aan die ANC gegee om 6-miljoen stemme aan die DA te verkoop, sodat daar ‘n ANC-DA-koalisie sal ontstaan. Dit is nadat die R100-miljoen skenking aan 'n klein veelpartygroep nie daarin geslaag het om selfs 100 000 stemme gesamentlik te kry nie. Rise Mzansi, Action SA, BOSA en die res van die Oppenheimer-partye het ondanks die groot skenkings sleg verloor in die verkiesings. In die koalisie sal Ramaphosa president van Suid-Afrika wees. Die DA-leier, John Steenhuisen, adjunkpresident.
VOORTEKENS VIR DIE WEDERKOMS
Gustav Norval
Een kwart van die Bybel het te doen met profesie en die meeste hiervan handel oor die laaste dae. Ons is op pad na die groot verdrukking en slegs die verstandiges sal verstaan wanneer sekere voortekens dit aandui (Dan 12:10). Ons moet waak en bid om waardig geag te word om al die dinge wat kom te ontvlug en voor die Seun van die mens te staan (Luk 21:36). Waarop moet ons bedag wees voor die wederkoms?
- Oorloë, geweld, wetteloosheid (Matt 24:6,7, Open 6:7,8) en dit terwyl die regerings “vrede, vrede” skree (1 Thes 5:3) en die 20ste eeu gekenmerk was deur twee wêreldoorloë, veelvuldige streeksoorloë, revolusies, opstande en terroriste-oorloë in Afrika, Asië, Suid-Amerika, Midde Ooste en ander lande.
- Ontaarding van die mens. Hul liefde sal verkoel (Matt 24:12), hulle sal wees soos 2 Tim 3:1-5 aandui: brutaal, verraaiers, krimineel, liefhebbers van genot, ens.
- Droogtes en hongersnood (Matt 24:7). Droogtes en groot brande wat die wêreld beleef loop hand-aan-hand, terwyl droogtes en voedseltekorte politieke stabiliteit bedreig. Die Almagtige sluit die reënsluise omdat sy volk teen Hom sondig (1 Kon 8:35) en voedselrantsoenering vir die eindtyd word in Open 6:5-6 geprofeteer.
DIE DODERYK
Ds A.E. van den Berg
“En ek het ʼn groot wit troon gesien en Hom wat daarop sit... En ek het die dode, klein en groot, voor God sien staan, en die boeke is geopen; en ʼn ander boek, die boek van die lewe, is geopen. En die dode is geoordeel na wat in die boeke geskryf is, volgens hulle werke. En die see het die dode gegee wat daarin was, en die dood en die doderyk het die dode gegee wat daarin was; en hulle is geoordeel, elkeen volgens sy werke”(Open 20:11,12).
Baie mense weet nie werklik wat met die siel na hul dood gebeur nie. Die meeste mense glo dat as jy mooi geleef het, jy hemel toe gaan en as jy sleg geleef het, hel toe. Dis ʼn dodelike misverstand! Die Bybel sê dat daar vir gelowiges ʼn plek van heerlikheid na hul dood is nl. die paradys. Luister na die misdadiger langs Jesus op Golgota: “En hy sê vir Jesus: Dink aan my, Here, wanneer U in u koninkryk kom.En Jesus antwoord hom: Voorwaar Ek sê vir jou, vandag sal jy saam met My in die Paradys wees” (Luk.23:42,43).
KAN ENTSTOF SKADE VEROORSAAK? (4)
Dr Gustav Norval
DPT-entstof
Dit word geggee op 2 maande, dan weer op 4 maande, 6 maande, 15-18 maande en weer op 4-6 jaar.
Die DPT-entstof (SmithKlineBeecham Co.) bestaan uit ‘n mengsel van kinkhoes- (pertussis), witseerkeel- (difteria) en tetanustoksoiëd antigene (DPT= Diptheria-Pertussis-Tetanus) in ‘n mengsel van aluminiumfosfaat, natriumchloried, natriumhidroksied, formalien, soutsuur, skaaprooibloedselle, gliserol, varkpankreas-proteïen en timerosal. Die kinkhoesentstof was in die 1950’s op Britse kleuters getoets en ten spyte van die feit dat 42 babas epilepsie ontwikkel het, was DPT goedgekeur en op groot skaal vervaardig en toegedien. Die kinkhoeskomponent van die eerste DPT-entstof het dooie bakterieë bevat wat verantwoordelik was vir heelwat probleme soos onomkeerbare breinskade en selfs dood (Pediatrics:vol.1{4} 1948), erge neurologiese komplikasies, verstandelike vertraging, selfs verlamming by kinders (Lancet:Maart 1950), asook erge konvulsies (spasmas en sametrekkings) (Jnl. of Pediatrics:47, 1955) en “infantile myoclonic seizures” (Jnl. of Pediatrics:50, 1957). Volgens die NS:Febr.1987 het die eerste kinkhoesentstof (vervaardig deur die Wellcome Foundation) gelei tot gevalle van neurologiese skade soos die geval toe 14-maand-oue Johnnie Kinnear in 1971 teen kinkhoes geënt was: hy het skielik erge onomkeerbare breinskade opgedoen en is ‘n koolkop, inkontinent en kan nie praat nie. Hy moet gevoer, gebad en aangetrek word.
VREES GOD!
Hannes Ollewagen
Spr. 1:7-19
“DIE vrees van die HERE is die beginsel van die kennis; sotte verag wysheid en tug.” (:7).
Ons is almal bekend daarmee dat koning Salomo ’n besonderse wyse man was. “So het koning Salomo dan groter geword as al die konings van die aarde, in rykdom en wysheid.” (1 Kon. 10:23). En deur sy mond het God ook aan sy volk ontsettend baie lewenswysheid geleer. Die eerste ding waarvan ons in Spreuke lees, is wat die grondslag van kennis is. Die vertrekpunt, die fondasie van kennis en wysheid is ’n vrees vir God. “Die vrees van die HERE is die beginsel van die kennis;...” Dit word vir ons ook in Spr. 9:10 bevestig. “Die beginsel van die wysheid is die vrees van die HERE, en kennis van die Heilige is verstand.”