Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
As jy nie iets kan sê wat tot die eer van die HERE bydra nie, bly liewer stil. Mense het al dikwels spyt gekry oor hulle woorde maar nie oor hulle stilswye nie.
KAN ENTSTOF SKADE VEROORSAAK? (9)
Dr Gustav Norval
Geelkoorsentstof:
Ook hier was probleme: in die 1960’s was sowat 2 miljoen kinders in Senegal teen geelkoors geënt waarna 240 breinontsteking (ensefalitis) ontwikkel en 25 gesterf het. Tydens die 2e Wêreld Oorlog was Amerikaanse troepe teen geelkoors geënt en die gevolg was 28,000 gevalle van hepatitis, 100 sterftes en lewerskade by talle.
Die “super vaccine”:
Die farmafia is druk besig om ‘n sogenaamde “super bullet” te ontwerp wat lewenslange immuniteit moet verskaf teen alle denkbare kindersiektes onder die son. Hulle beplan sowaar om klein babas met DPT, OPV, Hepatitis-B en MMR alles is een skoot op een dag te gee! (Klink of hulle die mensdom baie vinnig wil uitroei – Red)
* Lymerix vir Lyme se siekte:
Pas op vir die Lymerix Vaccine (SmithKlineBeacham) wat gerig is teen Lyme se gewrigsiekte en wat kroniese gewrigsontsteking in op tot 25% van mense veroorsaak. Volgens Horowtitz (“Death in the Air”) sit 130,000 Amerikaners uit ‘n total van 440,000 wat Lymerix ontvang het nou met kroniese gewrigsprobleme.
Malaria-entstof:
Ene Manuel Patarroyo van die Kolombiaanse Instituut vir Immunologie het op eie houtjie ‘n entstof teen malaria vervaardig, dit op 20,000 mense in Suid-Amerika getoets en uitstekende resultate gekry. Volgens die eerste toetsresultate, het die entstof malaria by 39% volwassenes en in 77% kinders voorkom. Maar sy entstof het die wind van voor gekry en die Britse Medical Research Council (MRC) het vir jare gekeer dat die entstof bemark sou word (NS:Des.1991). En dit terwyl die malariaparasiet toenemend besig is om al hoe meer weerstandig teen konvensionele middels soos klorokwin te word. Volgens die NS:Febr 1992, het die Council die besluit geneem nadat dit geadviseur was deur ‘n “expert group that has asked to remain anonymous.” Alfonso en Bedate van Madrid Universiteit het die MRC aangeval en verklaar dat dit oneties is om hierdie doeltreffende entstof van die publiek te weerhou.
Malaria tas sowat 250 miljoen mense tans aan, waarvan 2 tot 3 miljoen mense jaarliks wêreldwyd sterf en ‘n entstof soos die van Patarroyo dringend nodig maak. Patarroyo het die regte van die entstof aan die WGO gegee en uiteindelik het die WGO dit in 1995 in Gambia getoets. Maar: “the trial was dogged with problems…………. the team made a mistake when coding the vaccine syringes.” As gevolg van die “fout” het die WGO die entstof (genoem SPf66) afgeskiet (NS:Aug.1995). Wie is nou reg: die WGO met sy foutiewe ongeloofwaardige navorsing of die Kolombiaanse navorser wat ‘n belowende patent aan die WGO verkoop het? ‘n Entstof om malaria uit te wis, pas nie in die ontvolkingsagenda nie en die siekte moet eerder lewendig gehou word.
Die tetanusentstof-debakel:
Die tetanus-entstof teen klem-in-die-kaak (Connaught Ldt. Intervex CSl Lab.) was onlangs in die spervuur, nadat dit aan die lig gekom het dat hierdie entstof soos ‘n voorbehoedmiddel werk ! Dit was ‘n stukkie briljante werk, maar ongelukkig vir die WGO en sy boeties van die UNFPA, die UN Development Program/UNDP, die Wêreld Bank, die Population Council en die Rockefeller Foundation, het ‘n verstommende storie op die lappe gekom. Die entstof was ‘n uitvloeisel van die WGO se Special Program for Human Reproduction, waarby $356 miljoen teen 1993 gespandeer was en gesteun was deur die Rockefeller Foundation, UNFPA, UNDP, Population Council, NIH, World bank, Ford Foundation, verskeie universiteite, asook die Britse- en Amerikaanse regerings.
Dit het so gebeur: die WGO-menere het in die 1990’s tetanus-entstof aan miljoene jong vroue tussen 12 en 45 (d.w.s. die reproduktiewe ouderdomsjare) in arm Amerikaanse agterbuurtes en arm lande soos Tanzania, Nigerieë, Meksiko, Nicaragua, Fillipyne ens. toegedien (en dit sonder om die entstof eers lokaal te registreer, soos wat in elke land vereis word), kwansuis omdat hulle die vroue se belange op die hart sou dra. Die WGO het net jong vroue uitgesonder, dit was oënskynlik nie besorg oor seuns, mans of kinders se gesondheid nie. Net jong vroue was gekies vir die naald. Maar toe word dit duidelik dat die vroue sukkel met bloedings en miskrame, het eers die Meksikaanse Comite Pro Vida in 1994 en later die Fillipynse Mediese Vereninging die entstowwe ondersoek en Voilla!: daar was sowaar hCG (‘human choriogonadotropin’) in 20 uit elke 100 ampules van die entstof!. En wat soek hCG van alle dinge in klem-in-die-kaak entstof?
Nou wat is hCG ? Dit is die hormoon wat sorg vir die normale verloop van swangerskap en fetale groei, maar dit kom nie in die bloedstroom voor nie. Wanneer hCG in die bloedstroom ingespuit word (saam met ‘n ander proteïn soos tetanus), dan vorm die vrou antiliggame daarteen wat haar eie hCG vernietig en die vrou kan nie swanger word nie. Sekere menere in die WGO of in die farmafia het hCG in die entsof geplaas wat dan in miljoene vroue se bloedstroom ingespuit is en so was die entstof verander in ‘n lewenslange voorbehoedmiddel! Slinks verby!
Die mootlikheid dat hCG as ‘n voorbehoed ingespuit kon word is reeds in die vroeë 1990’s ondersoek (Scand.Jnl. Immunol., vol.36, 1992) en dus het die WGO presies geweet waarmee hulle besig was. Sekere Katolieke organisasies was natuurlik ook op hul agterpote oor die feit dat die WGO skelmpies besig was om voorbehoeding toe te pas. Miskien is dit juis daarom dat die WGO jong vroue gespuit het in arm lande waar voorbehoeding om geloofsredes afgekeur word.
Maar die WGO was heel verontwaardig oor die aantygings en het natuurlik alles heftig ontken. Maar toe die toetse wys dat hCG sowaar in die tetanus-entstof ampules teenwoordig was, het die WGO skielik sy storie verander en beweer dat die hoeveelheid HCG in die ampules onbeduidend min was. Byna 80% van die Fillipynse vroue wat getoets was, het reeds antiliggaame teen hCG in hul bloed gedra en verder was 25% van swart vroue in Amerikaanse stede en 35% van Indiaanse vroue wat die entstof gekry het, steriel! (google: ‘News Release, Aug. 20, 1999’). Danksy WGO en Kie. se sports. Die media-kartel was ook toepstil oor wat hul maatjies miljoene vroue aangedoen het. Sien ook google: ‘Are new Vaccines Laced with Birth Control Drugs?’ vir meer details oor hierdie siek dog briljante aanslag deur WGO-terroriste op miljoene jong vroue in arm lande. Kan jy glo!
Vervolg…(10)