NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Besef u dat Jesus se opstanding belangriker is as enige ander dag, selfs Kersfees? Enigiemand kan gebore word, en enigiemand kan sterf, maar niemand anders ooit het weer opgestaan en ons plek in die hemel gaan voorberei nie. Daarom behoort ons dit met groot blydskap te vier.

GELOOF OF EWOLUSIONISME?

Ds A.E. van den Berg

Dit moet julle veral weet, dat daar aan die einde van die dae spotters sal kom wat volgens hulle eie begeerlikhede wandel”(2 Pet.3:3).

Die moderne mensdom het met verloop van tyd hul eertydse vaste vertroue in die Bybel na dié van die mens se intellek verskuif. Daar is geglo dat daar by die era van volstrekte godsdiens-aannames verbygegroei is en die mens dinge self kon uitpluis.

Dit was die begin van talle wetenskaplike mites soos bv. dat die aarde miljoene jare oud is. Die ateïs Charles Darwin was die vader daarvan en die teorie is ewolusionisme genoem waarvolgens oerdiere 220 miljoen jaar gelede op die aarde begin verskyn en teen 65 miljoen jaar later almal uitgesterf het. Dis niks anders as ʼn verbeeldingsvlug met ‘n verskuilde agenda nie!

Die Bybel gee vir ons ʼn baie duidelike tydsraamwerk van etlike duisende jare se geskiedenis waarbinne die oerdiere ook val:“En God het die wilde diere van die aarde gemaak volgens hulle soorte en die vee volgens hulle soorte en al die diere wat op die grond kruip, volgens hulle soorte” (Gen.1:25).

Volgens die ewolusieteorie het oerdiere voor die mens op die aarde verskyn en later weens ʼn katastrofiese gebeure almal uitgesterf. Dit kon glo die gevolg van die inpak van ʼn asteroïde gewees het.

Die gevolg is twee denkrigtings. Daar is eerstens diegene wat die Bybel as die uitgangspunt van alle kennis beskou. Dis die Christen wêreldbeskouing. Dan is daar tweedens diegene wat menslike denke as die grondslag van alle kennis huldig. Dit word die sekulêre wêreldbeskouing genoem en geen kompromie tussen hierdie twee beskouings is moontlik nie.

Ongelowiges bevorder die sekulêre wêreldbeskouing en loop hulle telkens in hipoteses (onbewese stellings) vas. Die Christen wêreldbeskouing het nie hierdie probleem nie omdat hulle reg begin; by God en nie by die mens nie: Salomo sê: “Die vrees van die Here is die beginsel van die kennis” (Spr.1:7).

Wie ʼn sekulêre wêreldbeskouing huldig, het geen geskrewe rekords van dit waarin hulle glo nie. Met ʼn Bybelse wêreldbeskouing het mense nie hierdie probleem nie omdat hulle ʼn gesaghebbende Ooggetuie van alle gebeure in die geskiedenis het – God self en sy Woord wat Hy gegee het.  

Die Bybel handel nie net oor godsdiens nie, maar is ook die geskiedenisboek van die heelal. Dit vertel van dinge wat reg aan die begin van die skepping gebeur het en wat tot aan die einde nog gaan gebeur. Die Bybel begin by die begin – by die sondeval en hoe die dood as gevolg daarvan vir die eerste keer in die wêreld gekom het. Nie daarvóór nie maar eers daarná.

Die Bybel vertel hoe die aarde deur water verwoes is, hoe verskillende tale ontstaan het en hoe God in Jesus mens geword het, gekruisig is, opgestaan en opgevaar het. Dit sluit met die koms van die nuwe hemel en die nuwe aarde af.

God het alle diere, ook oerdiere, op die sesde skeppingsdag geskep en volgens Bybelse berekenings ongeveer 6,000 tot 7,000 jaar gelede. Die mens is opdrag gegee om oor al die diere op die aarde te heers:“.... Wees vrugbaar en vermeer-der en vul die aarde, onderwerp dit en heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en oor al die diere wat op die aarde kruip” (Gen.1:28).

God het die hele skepping vooraf beplan en volgens sy wil uitgevoer:“Want in ses dae het die Here die hemel en die aarde gemaak, die see en alles wat daarin is ... “ (Ex.20:11).“Alle dinge het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het nie een ding ontstaan wat ontstaan het nie” (Joh.1:3).

God het alle diere soort vir soort geskape, ook die dinosourusse. Fossiele wat later ontdek is, kom almal uit die sondvloed. Diere wat in water versink en die beendere deur lae moddersilt bedek word, versteen met die tyd. Fossiele van oerdiere is dus niks ouer as 4,500 jaar nie.

Alles dui daarop dat hulle a.g.v. ʼn reuse vloed toegeval is – die sondvloed.“In dié dae was die reuse op die aarde....” (Gen.6:2). Let daarop dat dinosourus-fossiele hoofsaaklik op plekke gevind is waar geen mense op daardie stadium was nie. God het hulle weggeneem voordat mense hulle daar sou vestig.

God het die oerdiere op die sesde dag saam met al die ander diere gemaak. Dus was die oerdiere dieselfde tyd as mense op die aarde en nie voor hulle nie. Hulle kon nie voor die skepping van die mens daar gewees het nie omdat die dood eers na die sondeval ʼn werklikheid geword het:

“Daarom, soos deur een mens die sonde in die wêreld ingekom het en deur die sonde die dood, en so die dood tot alle mense deurgedring het, omdat almal gesondig het “ (Rom.5:12). “Want die loon van die sonde is die dood,...” (Rom.6:23). Gevolglik kon daar geen dood en derhalwe geen oerdiersterftes voor die sondeval gewees het nie.

Ongelukkig het die ewolusie-hipotese vrugbare grond onder ongelowiges gevind en word dit vandag wyd en syd in skole en onderriginstellings geleer. Dit berokken die geloof oneindige skade want as mense die geskiedenis van die Bybel nie meer glo nie, waarom dan die sedelike lesse en die pad na verlossing?

Wie die ewolusie-hipotese aanhang, verwerp die Bybelse verslag van die mensegeskiedenis. Willard Libby, die ontwerper van die koolstofdateringsteorie (C14), was een van hulle. Volgens hierdie teorie kan die ouderdom van materie wat koolstof bevat, korrek gedateer word. Ten spyte daarvan dat dit ʼn hipotese is, het hy selfs ʼn Nobelprys vir sy “ontdekking” ontvang!

Libby se teorie weerspreek die Bybelse verhaal van die skepping en stel dit as ʼn feit dat die aarde miljoene jare oud is. Dis onsin. Luk.3:23-38 beskryf 77 geslagte van Adam tot by Christus wat ongeveer 4000 jaar oorspan. Jesus het ongeveer 2000 jaar gelede geleef. Gevolglik is Adam ongeveer 6000 jaar gelede geskape. In Jesus se eie woorde was Adam aan die begin geskape (Mt.19:4) en is die skepping derhalwe niks ouer as sowat 6000 jaar nie.  

Die sondvloed het ongeveer 1600 jaar na die skepping plaasgevind en die aarde vir bykans ʼn jaar met water bedek. Dit as sulks maak die C14 teorie ʼn leuen. Daar is, ironies genoeg, talle gevalle van lewende materie wat aan C14 onderwerp is en getoon het dat dit duisende jare gelede dood is.

Dr. Michael Cavé, ʼn Franse wetenskaplike, het bv. in 1970 ʼn lewende slak aan die C14 toets onderwerp. Die toets het bevind dat dit al 3000 jaar gelede dood is. Dis om van te lag! Desondanks word die evolusieteorie en C14-aanhangsel wêreldwyd as ʼn tipe van wetenskaplike evangelie gehuldig.

Nee, die Bybel is die enigste bron van objektiewe feite. Die wêreld van Bybelse feite is groter as dié van menslike misgissings. Om feite met verbeelding te vermeng, kan miskien nog verdra word, maar nie om verbeelding met feite te probeer bewys nie!

Die bespotting van God en sy heilige werke neem skerp toe want die wederkoms is naby. Satan het min tyd oor. Pasop vir misleiers! Dit moet julle veral weet, dat daar aan die einde van die dae spotters sal kom wat volgens hulle eie begeerlikhede wandel”.

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 3099 gaste aanlyn