NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Die voordeel van pyn en lyding is dat dit ons leer om meegevoel met ander lydendes te hê.  Wie al pyn en lyding ervaar het, kan nooit ongevoelig teenoor ander se pyn en lyding staan nie.

CHRISTUS IS DIE BLINK MORESTER

  • Ds A.E. van den Berg

“…..Ek is die wortel en geslag van Dawid, die blink môrester” (Openb.22:16)                            

Die môrester is die helderste ster van almal en flikker of verdof nie soos ander sterre nie.   Dis altyd ’n soliede lig. Daarom het die ou Grieke dit die koningin van die nag genoem en as ’n lus vir die oog bewonder. Die Grieks vir môrester is fosforo, die woord waarvan fosfor afgelei is. Fosfor glim altyd in die donker. Net so blink die môrester in die donker om te sê dat die son gaan opkom.

Die teksvers sê dat Christus die blink môrester is omdat Hy dieselfde uitwerking op die mens se siel het as die môrester op die natuur. Hy verlig donkerte en is ’n soliede Lig wat gelowiges gebruik om in ander se lewens te skyn. Hulle is egter nie soliede ligte nie, maar skyn en verdwyn. Daar is net een soliede Lig: “Jesus Christus is gister en vandag dieselfde en tot in ewigheid” (Heb.13:8).

Soos wat die môrester vreugde in die natuur bring, bring Jesus dit in siele. “Die volk wat in duisternis wandel, het ’n groot lig gesien; die wat woon in die land van die doodskaduwee, oor hulle het ’n lig geskyn” (Jes.9:1).   Hierdie doodskaduwee is die sonde-duisternis en doodsvonnis, tensy deur die bloed van Jesus vrygespreek, en is daar vir sondaars geen wonderliker woord as vryspraak nie.

In die OT was dit moeilik om vryspraak te bekom. Min mense kon die wet nakom en was die pad na die paradys as’t ware geslote. Toe Jesus in die volheid van die tyd kom en soos die môrester skyn, het die son van God se geregtigheid opgegaan en is vryspraak deur Jesus se bloed verkry.

Die pad van verlossing het nie meer oor die wet geloop nie, maar oor ’n kruis waar Jesus se liggaam gebreek en sy bloed vir sondaars gestort is. Jesus, die blink Môrester, het God se nuwe pad na die ewige geluksaligheid aangekondig.

Jesus vergestalt een van die wonderlikste beloftes waaraan gelowiges vashou:   Soos wat die môrester in die donker opgaan, sal gelowiges wat sterf, uit die dood opstaan.   Dit sal voor die lewe wyk, soos die donker voor die môrester.  

Die môrester was vir die ou seevaarders van onskatbare waarde.   As die lig van die poolster waarop hulle gevaar het, nie sigbaar was nie, was die lig van die môrester onontbeerlik om koers te hou. Hoe waar is dit nie vir gelowiges op pad na die Nuwe Jerusalem nie!   Niemand kom daar aan indien hy Jesus nie in oog hou nie. “...die oog gevestig op Jesus, die Leidsman en Voleinder van die geloof…”(Heb.12:2).  

Vir seevaarders was sandbanke, rotse en riwwe groot gevaar. In die lig van die sterre, veral die môrester, kon dit snags makliker raakgesien word.   Hoe waar is dit nie ook van ons geestelike lewe nie. As ons die oog op Jesus hou, verlig Hy ons pad. Geloof is egter geen ongeluk-vrywaringspolis nie.   Die lewe sal maar skommel en skud. Desondanks bereik jy jou eindbestemming: “...want Hy sal sy engele aangaande jou bevel gee om jou te bewaar op al jou wee. Hulle sal jou op die hande dra, sodat jy jou voet teen geen klip stamp nie” (Ps.91:11-12).  

Nie alle mense verwelkom die môrester nie. Booswigte bedryf hul boosheid meesal in die donker en kruip daarna weg voordat dit lig is. “Wee hulle wat planne diep verberg vir die Here, wie se werk in duisternis plaasvind; en hulle sê: Wie sien ons en wie ken ons” (Jes.29:15).  

Die môrester is in ’n vaste wentelbaan en kom nie soos ander buiteruimtelike materie soos meteoriete en asteroïede uit sy baan nie. Net so vas soos wat dit staan, so vas staan Jesus by almal wat Hom as Verlosser ken; “En kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld” (Mt.28:20).   “…Ek sal jou nooit begewe en jou nooit verlaat nie.   Daarom kan ons met alle vrymoedigheid sê die Here is vir my ’n Helper en ek sal nie vrees nie; wat sal ’n mens aan my doen?” (Heb.13:5-6).

Kyk hoe wonderlik tree Jesus Christus vir sy kerk in tye van donkerte in!   Hy sit aan die regterhand van God vanwaar Hy sy kerk bewaar. Was dit nie so nie, was ons vandag nie hier nie, maar moontlik deel van die kerklike misleiding wat ons land tot in sy fondamente ruk! Jesus het vir ons lig in duisternis gegee. Net so onomstootlik soos die môrester, so onomstootlik is God se raadsplan. Jesus sê vir Filadelfia: “…Kyk, Ek het voor jou ’n geopende deurgegee en niemand kan dit sluit nie…” (Openb.3:8).  

Die môrester skyn op die helderste net voor die dag breek. So gee die Woord van God ons ook die heerlike versekering dat die sondeduisternis, met Jesus se wederkoms, vir altyd gaan opklaar: “Staan op, word verlig; want jou lig kom en die heerlikheid van die Here gaan oor jou op, want kyk, die duisternis sal die aarde oordek en donkerheid die volke; maar oor jou sal die Here opgaan en sy heerlikheid sal oor jou gesien word. En nasies sal trek na jou lig en konings na jou stralende opgang” (Jes.60:1-3).

Jesus is die Lig van die wêreld. Wie die koers van sy lewensboot op die ewige Môrester rig, kom te midde van alle moontlike storms veilig in die hawe van die Nuwe Jerusalem aan. Jesus is die Padwyser na ons ewige hawe.   In sy Lig sien ons al die gevaartekens betyds raak; die gevaarlike sandbanke en riwwe van sonde en ongeregtigheid. Daarvoor het ons die Bybel en die Heilige Gees wat ons help.

Jesus gee innerlike lig aan gelowiges al word dit ook hoe donker om hulle heen: “En Jesus het weer met hulle gespreek en gesê: Ek is die lig van die wêreld; wie My wil volg, sal sekerlik nie in die duisternis wandel nie, maar sal die lig van die lewe hê” (Joh.8:12).

Laat ons wat in sy Lig wandel dan vir Hom skyn. Ons land het baie donker geword. Daar is bykans geen terrein wat nie deur booshede aangetas is nie.   Die kerklike terrein is myns insiens die hartseerste! Dis asof die hel se magte oor ons eens sonnige land ontketen is. Wat ’n behoefte het ons volk nie aan die lig van Jesus, die blink Môrester nie!

Volg Hom; skyn vir Hom!“En ons het die profetiese woord wat baie vas is, waarop julle tog moet ag gee soos op ’n lamp wat in ’n donker plek skyn, totdat die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte” (2 Pet.1:19).

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld Onskuldige bloed: Britse oorlogsmisdade 1899-1902, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1295 gaste aanlyn