Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Hoe meer kindervingerafdrukke daar op kerkbanke is, hoe minder vingerafdrukke sal daar op polisie-rekords wees!
LOOF DIE HERE!
HOE GOED IS DIT OM DIE HERE TE LOOF!
Hannes Ollewagen
Ps. 92:1-16
“Dit is goed om die Here te loof en tot eer van u Naam te psalmsing, o Allerhoogste, om in die môre u goedertierenheid te verkondig en u getrouheid in die nagte;” (:2&3).
“Hoe groot is u werke, o Here; baie diep is u gedagtes!” (:6).
Die Psalmdigter herinner ons in hierdie gedeelte aan ‘n belangrike saak. Ons word daaraan herinner dat dit nie alleen nodig is om God te loof nie, maar ook dat dit goed is om God te loof.
Ons leef in ‘n land met ‘n goddelose en mens-gerigte grondwet. Die fokus is deurgaans op die mens en daarom sal selfsug en eiewaan in só ‘n samelewing deurentyd toeneem. Die fokus is alleen op dit wat vir mý (volgens eie oordeel) goed is, dit wat vir mý lekker is, dit wat vir mý gerieflik is en dit wat ék wil en sal, ongeag wat die gevolge daarvan op die samelewing rondom my sal wees. Dit is natuurlik glad nie goed nie – nie vir myself of vir diegene rondom my nie.
DIE SINDROOM VAN NASIONALISME
C J Langenhoven het gesê die verskil tussen die persoon en die volk is dat die persoon terugkyk en ’n wiegie sien en vorentoe ’n graf. Maar by ’n volk is dit omgekeerd. Hy kyk terug en sien ’n graf en vorentoe sien hy ’n wiegie.
In ’n tyd soos die waarin ons nou leef, is daar baie verwarring en teenstrydighede. Daar word geknaag aan mense se geloof, getorring aan hulle opvattings, gepluk aan hulle beginsels.
Vir ons wat geloof het in die bestemming van die Afrikanervolk in Afrika is dit goed om in ’n tyd van onsekerhede te kyk na die grondslae van ons volksbestaan en die lewensbeskouing van waaruit ons gegroei het.
In Suid-Afrika is Afrikanernasionalisme ’n mag wat opgewek kan word en baie planne van vyande in die war kan stuur, want Afrikanernasionalisme is die skeppende, drywende mag wat hierdie land gemaak het tot die sterkste staat in Afrika.
LAAI REG AF
Moenie verkeerd aflaai nie!
Ds A.E. van den Berg
“En hy het die silwerstukke in die tempel neergegooi en weggeloop en homself gaan ophang” (Mt.27:5).
Min Nuwe Testamentiese persone se optrede slaan jou so dronk soos dié van Judas. Hoe het hy by die dissipelkring beland? Waarom het Jesus as God alwetend dit nie verhoed nie? Hy het mos geweet dat Judas Hom sou verraai! Hy het, maar God se plan moes deur Judas werk. Dit verskoon egter nie sy verraad nie. Elke mens is vir sy eie keuses verantwoordelik. Judas moes kies en het verkeerd gekies.
Judas was egter nooit op die voorrand soos die ander dissipels is nie. Hy het ʼn lae profiel gehandhaaf. Ander dissipels nie. Dink aan Petrus met die belydenis: “U is die Christus, die Seun van die lewende God” (Mt.16:16).
Ons hoor ook duidelike geloofsuitsprake van Johannes, Jakobus en Thomas maar niks van Judas nie! Al wat ons van hom weet, is dat hy die beursie gedra het – die penningmeester van die kring. Hy was, soos later duidelik aan die lig gekom het, baie lief vir geld.
DIE AFRIKANERVOLK SE GELOOFSERFENIS
Hierdie artikel deur MJ Erasmus is geneem uit die Afrikaner Nasionalistiese beweging se Nuusbrief van Maart 2023.
Wanneer ons besin oor die geloofserfenis van ons Afrikanervolk is ons met een van die mees heilige onderwerpe besig wat daar maar kan wees. ‘n Vaste ingewortelde geloofsoortuiging en onwrikbare geloofsvertroue, in die Drie-enige God wat Homself in die Bybel, sy onfeilbare, gesagvolle en onveranderlike Woord, openbaar, was die grondslag waarop ons volk gebou is en die wortel waaruit ons volk gegroei het. Dít is die fondament van die Afrikanervolk. Dié geloofsfondament, wat so duidelik uit die wordingsgeskiedenis van ons volk aanwysbaar is, en wat so baie van ons dapper voorgeslagte en volkshelde hul lewens deur besiel het, het dié merkteken van die ware Boer/Afrikaner geword.
Die dankbare wete dat die HÉRE ons ‘n volk gemaak het, dat Hý aan ons ‘n vrye Vaderland en soete Moedertaal geskenk het, om te alle tye te koester en beskerm, het die basiese lewensopvatting van die deursnee Afrikaner geword. Die eer van God en ‘n opregte dankbaarheidslewe vir die genadige verlossing in Christus, het die rigtingwyser vir ons daaglikse lewens geword. Die suiwer geloofswortels, van geslag na geslag van ouers en grootouers aan kinders en kindskinders oorgedra, het die wese van ons Volksidentiteit geword.
DIE BYBEL OF DIE C14-TEORIE?
Ds A.E van den Berg
Die moderne mens het met verloop van tyd sy eertydse vaste vertroue in die Woord van God na die wetenskap en derhalwe menslike intellek verskuif. Dis geglo dat daar verby die era van godsdiens absolutisme gegroei is.
Willard Libby, vader van die koolstofdateringsteorie in 1952 (ook C14genoem), was een van hulle. Volgens hierdie teorie kan die ouderdom van materie wat koolstof bevat, oënskynlik korrek gedateer word. Ten spyte daarvan dat dit ʼn hipotese is, het hy ʼn Nobelprys vir sy “ontdekking”ontvang.
Sy teorie weerspreek die Bybelse verhaal van die skepping en stel dit as ʼn feit dat die aarde eerder miljoene jare oud is. Dis onsin. Luk.3:23-38 beskryf 77 geslagte van Adam tot by Christus wat ongeveer 4000 jaar oorspan. Jesus het ongeveer 2000 jaar gelede geleef. Gevolglik is Adam ongeveer 6000 jaar gelede geskape. In Jesus se eie woorde was Adam aan die begin van die skepping geskape (Mt.19:4; Mark.10:6) en is die skepping derhalwe niks ouer as 6000 jaar nie.
GEE BIETJIE KREDIET JONG!
Oom Klaas van die Afrikaner Volksparty het homself hierdie keer oortref met 'n vermaning aan ons volk hoe om respek teenoor die verdienstelikes te betoon. U kan nog meer van sy artikels lees by www.afrikanervolksparty.org. Hy skryf:
Om iemand ‘n bobbejaan te noem is ‘n ernstige belediging, veral as dit op ‘n anderskleurige gemik is. Dit is ook teen die wet. (Crimin Injurea). Die sensitiwiteit het te doen met velkleur wat as rassisties beskou word, en onherstelbare emosionele skade tot gevolg kan hê by swaksinniges.
In die volksmond word daar na iemand verwys as, jou bobbejaan, as hy ‘n dwase daad gepleeg het.
Om hom deur middel van vergelyking of metafoor met bobbejane te vergelyk is ook nie regverdig teenoor bobbejane nie. Ten spyte daarvan dat Suid-Afrika as die “Cradle of Mankind” beskou word omdat Homo Naledie hier ontdek is, beteken nie dat ons familie is nie, maar dat daar wel ooreenkomste bestaan. Somtyds is dit skokkend
in sekere gemeenskappe.
Bobbejane urineer ook op straat. Hulle dra nie broeke nie maar sou dit ook moes aftrek in die openbaar vir wat gedoen wil word as die broek afgetrek word! Hulle eet ook met die hand en wil nie werk nie. Hulle het ook geen grense nie. Wat bobbejane nie doen nie, is die volgende:
Hulle spoeg nie op straat nie. Hulle rook nie dagga nie. Hulle kaap nie motors nie. Hulle brand nie geboue af nie. Hulle betoog nie. Hulle pleeg nie tenderbedrog nie. Hulle pleeg nie moord nie. Hulle het geen aandeel in staatskapings nie. Hulle stem nie vir despote nie. Hulle is nie rassisties nie. Hulle onteien ook nie jou grond nie. Hulle haat ook nie Afrikaners nie.
Gegewe die voorafgaande, moet mens dit vermy om iemand ‘n bobbejaan te noem Dit is lelik en onvanpas. Kom ons gee ‘n bietjie krediet waar dit van toepassing is.
Heil die leser.
KLAAS WAARSEGGER
HUWELIKSVREUGDE (1)
Ds A.E. van den Berg
Inleiding
God eis van ons as gelowiges om aan Satan geen vatplek te gee nie, allermins nie in ons huwelik nie. Ongelukkig luister baie mense nie na God se raad nie en as dinge in hul huwelik skeefloop, raak hulle so maklik sinies daaroor.
Ek verluister my soms aan al die dinge wat mense oor die huwelik kwytraak. Die kruks van die saak is dat dit van groot hartseer in hul lewens getuig. En die ergste is dat hulle dit oor hulself bring. Huweliksmart is gewoonlik selfopgelegde smart. Desondanks kla mense steen en been oor die swaar lewenskruise wat hulle moet dra asof God hulle straf terwyl hierdie kruise niks anders as die maaksel van hul eie hande is nie.
Nie alle mislukte huwelike eindig in die skeihof nie. Baie mense leef maar daarmee saam totdat die dood hulle van hul hel op aarde verlos. Baie mense wat finansieel sterk staan, ervaar brandarm huwelike. Vir my is daar geen groter rykdom as goeie gesondheid en‘n voortreflike huweliksmaat nie!
STREK UIT NA WAT VOOR IS
Hannes Ollewagen
Fil. 3:1-21
“Maar een ding: ek vergeet die dinge wat agter is en strek my uit na wat voor is, en jaag na die doel om die prys te verkry van die hoë roeping van God in Christus Jesus.” (:14).
Hierdie woorde van Paulus klink so amper na ‘n weerspreking in die Woord van God. Dit klink bykans asof Paulus dit hier stel dat ons die geskiedenis en die verlede in sy geheel agter ons moet sit en nie daarna terugkyk nie. En dit sou in teenstelling wees met soveel gedeeltes uit die Woord van God wat ons vermaan om die geskiedenis gedurig in herinnering te roep aangesien die geskiedenis ‘n duidelik hoorbare getuienis van God se wonderdade en almag uitbasuin!
Dit is allermins nie die boodskap in hierdie vers nie! Wanneer ons dit in konteks van die Woord in die geheel plaas, is die boodskap hiervan duidelik. Wanneer ons as mense waarlik tot bekering in God kom, behoort daardie dag, daardie besluit, daardie verbintenis aan God vir ons ‘n nuwe begin te wees. Ja, dit is die begin van ‘n nuwe lewe met nuwe begeertes, ‘n nuwe uitkyk en ‘n nuwe strewe waarin ek nie meer verlang na die vleeslike begeertes van my lewe voor die bekering nie. Die lewe voor my bekering het vir my waardeloos geraak en ek laat dit agter my en verlang nie meer na die begeertes van ‘n sondige lewe waarin my eie begeertes bo die wil van God seëvier nie. “Daarom, as iemand in Christus is, is hy ‘n nuwe skepsel; die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword.” (2 Kor. 5:17).
JESUS HET UIT DIE DOOD OPGESTAAN
Ds A.E. van den Berg
“En as Christus nie opgewek is nie, dan is ons prediking vergeefs en vergeefs ook julle geloof 1(1 Kor.15:14).
Ek is seker dat nie een van ons Jesus se opstanding uit die dood bevraagteken nie. Ons bely Sondae dat sy opstanding uit die dode ʼn onbetwisbare geloofsfeit en ʼn kernwaarheid van die Christendom is. Met dié belydenis hoop gelowiges nie dat Jesus uit die dood opgestaan het nie, hulle glo en weet dit van harte.
Ongelukkig glo almal dit nie. Selfs op kerklike terrein is daar talle ontspoorde teoloë wat nie glo aan ʼn fisiese opstanding van Jesus uit die dood nie en leer hulle hul studente dat die opstanding eerder vergeestelik en baie anders verstaan moet word as wat die Bybel sê. Dis skokkende dwaalleer!
Desondanks tree die betrokke kerkverbande nie daarteen op nie terwyl sulke dosente tugwaardig is. Tug word nie net op ergerlike lewenswandel toegepas nie maar ook op dwaalleer. Dit word leertug genoem. Leertug wil verhoed dat die onkruid van dwaalleer in gesonde beddings beland en wortel skiet. Indien ʼn kerk dit nie doen nie, is dit nie suiwer nie en behoort ʼn lidmaat sonder enige gewetenswroeging daardie kerk te verlaat soos wat ek in 1987 gedoen het.
DRIE GOEIE-VRYDAG FOTO’S
Ds A.E. van den Berg
“En nadat hulle Hom bespot het, trek hulle Hom die mantel uit en trek Hom sy klere aan en lei Hom weg om gekruisig te word.” (Mt.27:31).
Die kruis van Jesus Christus staan sentraal in die geskiedenis van die mensdom. Die tragiese gebeure van die kruisiging maak gelowiges telkens baie hartseer. Desondanks verbly die hoop wat die redding daarvan gebring het elke gelowige omdat dit die verskil tussen ʼn ewige heerlikheid en ʼn ewige verdoemenis maak.
Van die kruis kan ʼn mens sê: Dis maar net ʼn stuk hout. Sommige soos bv. die Roomse Kerk verafgod dit, ander soos die Sataniste verbrand dit weer terwyl baie mense dit as ʼn amulet om die nek hang, maar selde in die hart!
Die mensdom het al alles probeer om die krag en die effek wat die kruis van Jesus verbeeld uit te wis maar kon na 2000 jaar nog nie daarin slaag nie. Mense neem wêreldwyd kennis van die kruis. Of dit Boeddhiste, Moslems of Hindoes is, hulle neem almal kennis van die kruis omdat dit aan ʼn gekruisigde Timmerman behoort wat gesê het dat Hy God op aarde is. Die kruis is nie ʼn bedrogspul nie, maar ʼn ewige werklikheid.
DAG- EN NAG-EWENING EN PAASFEES
RONDOM 21 MAART OP DIE DAG VAN DAG- EN NAG-EWENING IS DIT PRESIES EWE LANK DWARSOOR DIE WÊRELD
WAT HET DIT MET PAASFEES TE MAKE?
’n Dag- en nag-ewening, soms net ’n nagewening genoem (Latyn: aequinoctium, "gelyke nag"), is wanneer die son loodreg bo die ewenaar skyn. Daar is twee nagewenings elke jaar, op of rondom 21 Maart en 22 September. Omdat hulle in die Suidelike Halfrond onderskeidelik die begin van die herfs en lente aandui, word hulle ook soms die herfs-nagewening en lente-nagewening genoem. In die Noordelike Halfrond werk dit andersom: die Maart-ewening is die begin van die lente en die September-ewening die begin van die herfs.
Met die dag- en nag-ewenings is die lengte van die dag en nag oral op die aarde ewe lank en kom die son presies in die ooste op.
’n Uitsondering hierop is by die Noord- en Suidpool: daar kom die son met een ewening op en sak hy met die volgende ewening..
Nou sal jy wonder wat op aarde het die ewenings met Paasfees te make. Daar is 'n interessante verbintenis.
JODE WEET NIKS VAN SA!
Op die webwerf van die Afrikaner Volksparty verskyn daar op 18 Maart 2023 ‘n bespreking oor ‘n artikel van ‘n Jodin, Judy Siegel Itzkovich, ‘n destydse joernalis van die koerant ‘The Jerusalem Post’.
Die opskrif van die koerantartikel is “LEGENDARIESE JOODSE HELDE VAN SWART REGERING IN SUID AFRIKA”. Itzkovich beskryf dus hierdie Joodse onderkruipers wat Afrikanergesag in Suid Afrika oor baie jare ondermyn het, tereg soos die AVP dit verwoord, as legendariese helde. Maar klaarblyklik is Itzkovich se oordeel en selfs meer… ten slegste aangetas.
Sy skryf: “Die African National Congress (ANC) is in 1963 deur 'n groep Jode gestig. Die ANC is gestig deur Lionel Bernstein, Bob Hepple, Dennis Goldberg, Arthur Goldreich, Hazel Goldreich en James Kantor, met 'n paar Afrika-frontmanne Nelson Mandela, Walter Sisulu, Govan Mbeki (vader) van Thabo Mbeki), Raymond Mhlaba en Ahmed Kathrada.”
As sy maar net die basiese moeite gedoen het om te gaan google vir die ware feite nie, dan sou sy onder andere ook op Gelofteland die volgende kon lees:
Die ANC is op 8 Januarie 1912 in Bloemfontein gestig (nie in 1963 nie!)
SUID-AFRIKA TOT STILSTAND?
Hierdie artikel kom uit die jongste Nuusbrief van die Afrikaner Nasionalistiese Beweging.
Tydens die afgelope drie jaar word Suid-Afrika al meer gedryf na ‘n politieke en ekonomiese ramp. Onluste word al hoe meer ‘n vorm van georganiseerde terrorisme. Sprake van rewolusies en voorspellings daarvan word al meer in die openbaar genoem. “We are not going to start at 8 in the morning, the 20th starts at 12 at midnight, by the time the people wake up, everything is happening.” – Julius Malema, EFF leier wat die nasionale stilstand vir 20 Maart 2023 aankondig.
Die EFF het in 2022 baie sulke toetslopies in Johannesburg gehad, maar dit was nie deur ’n groot aantal ondersteuners bygewoon nie. Met die 20 Maart 2023-opstand, wou die EFF die hele land tot ‘n nasionale stilstand dwing, briewe is by besighede deur EFF lede afgelewer wat vereis dat besighede nie op die 20e Maart funksioneer nie. Die doel van die opstand, volgens die EFF, was om Cyril Ramaphosa uit die leierstoel te kry, om beurtkrag te stop, en om die leë beloftes van die ANC aan te spreek.
Ramaphosa se onlangse oorwinning in die ANC verkiesing/ herstrukturering is egter nie toevallig nie, veral nie met die geweldige vuur waarin hy homself bevind met Eskom-probleme en die Phala-Phala skandaal nie. Net voor die verkiesings in 2022 is Ramaphosa na die VS vir ‘n besoek aan Joe Biden. The Star skryf: “The highly placed sources believe that Ramaphosa may have travelled to the US to seek a favor from Biden and the CIA to help him win the much-contested election.”
OM 'N LAND TE PLUNDER!
In Suid-Afrika is daar letterlik duisende Derdewêreldmense wat met belastingbetalersgeld in poste aangestel is waarvoor hulle nie bevoeg of opgewasse is nie. Nie net ontvang hulle oordadige vergoeding uit die staatskas nie, maar wil die onthutste blankes boonop vertel waarop hulle eintlik geregtig is! Miljoene mense glo om Derdewêrelds te wees is ‘n soort noodlotvonnis waaronder sommige lewenslank gebuk moet gaan. Nee, dis geen onvermydelike toestand nie maar eerder 'n sieklike mentaliteit wat mense laat glo dat hulle onder geen verpligting is om werk van dieselfde gehalte as die res van die wêreld te lewer nie. Dis vir baie ‘n gerieflike bos waaragter hulle hul traagheid en luiheid verskuil.
Dit is Derdewêrelds as ‘n regering regstellende aksie as ‘n knuppel gebruik om ekonomies-voorspoedige mense mee plat te slaan. Dis Derdewêrelds om van ander te verwag om skouer aan die wiel te sit, maar self nie litte te roer nie. Derdewêrelds is 'n geestesarmoede en ‘n selfopgelegde vonnis. Die Derdewêreldmens se geestesarmoedige lewensingesteldheid veroorsaak dat hy altyd in armoede en ellende sal bly leef.
Die Derdewêreldmens verwerp so dikwels dit wat tot sy voordeel strek, maar omhels terselfdertyd dit wat vir hom en sy land nadelig is. Hy is ‘n jaloerse, hebsugtige mens wat altyd verontreg voel. Daarbenewens neem hy nooit verantwoordelikheid nie en gee uiterlike faktore die skuld vir sy ellende, veral kolonialisme en apartheid.
EEN GOD, EEN WEG VAN WAARHEID
Hannes Ollewagen
1 Tim. 2:1-8
“Want dit is goed en aangenaam voor God, ons Verlosser, wat wil hê dat alle mense gered word en tot kennis van die waarheid kom. Want daar is een God en een Middelaar tussen God en die mense, die mens Christus Jesus,” (:3-5).
Lees baie mooi wat in hierdie brief aan Timótheüs geskryf word. Dit is ten eerste die wil van God dat alle mense gered word. En ten tweede is dit die wil van God dat alle mense tot kennis van die waarheid kom, want dit is juis deur die kennis van die waarheid dat die mens gered word.
Daar is dan seker ook baie mense in ons tyd wat hierop soos Pilatus wil vra – “Pilatus sê vir Hom: Wat is waarheid? …” (Joh. 18:38). Die antwoord op Pilatus se vraag kan myns insiens uitstekend uit 2 Sam. 7:28 beantwoord word. “En nou, Here Here, U is God en u woorde is waarheid; …”. Só eenvoudig.
Die Woord van God is waarheid. Waarheid is nie die opvattinge van slim teoloeë nie. En daarmee sê ek nie vir een oomblik dat daar nie plek is vir voorgangers in die geloof wat uit liefde en met opregtheid die Woord van God verkondig nie. Daar is ongetwyfeld mense wat geweldig baie tyd met opregtheid afstaan om God se Woord te bestudeer en in gebed met Hom te praat.
WRANGE VRUGTE VAN ONGELOOF
Ds A.E. vd Berg
“Die dwaas sê in sy hart: Daar is geen God nie. Sleg, afskuwelik maak hulle hul dade; daar is niemand wat goed doen nie” (Ps.14:1)
Wanneer jy in die veld stap en die spoor van ʼn wilde dier sien, weet jy dat daardie wildsoort in die omgewing is. Jy sien dit aan sy spore. Hoe jammer dat daar mense is wat die hand van God wat so duidelik op die heelal afgedruk is, nie raaksien nie, mense wat net soos ateïste God se bestaan minag.
Hulle glo dat hulle van niks afkomstig is en ná hulle dood na niks terugkeer nie. Hulle leef net vir die hier en die nou en voel benewens hulself, vir niks en niemand verantwoordelik nie. Hulle verwag niks ná die dood nie; beslis ook nie ʼn goddelike oordeel en straf vir verkeerde dade nie.
Benewens Paulus se bekende woorde aan die Korintiërs oor elkeen wat voor die regterstoel van God gaan verskyn, skryf Dawid eeue tevore: “Gee hulle na hul dade en na die boosheid van hul handelinge; gee hulle na die werk van hul hande; vergeld hulle na hulle dade” (Ps.28:4).
DIE NUWE “NEW START” – OORLOG OP ONS DRUMPEL
In 2010 het Rusland en Amerika ‘n ooreenkoms aangegaan onder die titel “New START”. In die "New START”-verdrag word die aantal strategiese kernplofkoppe wat deur Rusland en die VSA ontplooi word beperk tot 1 550. Dit beperk ook die twee nasies tot 800 ontplooide en nie-ontplooide interkontinentale ballistiese missiel (ICBM) lanseerders, duikboot-gelanseerde ballistiese missiel (SLBM) lanseerders en kernkrag-bekwame swaar bomwerpers, asook tot 700 ICBMs, SLBMs en strategiese bomwerpers wat toegerus is om kernwapens dra. Dit klink baie ingewikkeld maar die kern van hierdie artikel gaan oor die onbetroubaarheid van die VSA.
Rusland het sy deelname aan die “New START”-verdrag – die laaste oorblywende kernkragooreenkoms met Washington – in Februarie vanjaar opgeskort omdat die Weste versoeke om kernkragfasiliteite te inspekteer geweier het al is dit ingevolge die verdrag toegelaat.
Rusland het die VSA in kennis gestel van sy besluit om deelname aan die "New START"-verdrag in beide mondelinge en skriftelike vorm op te skort, maar Moskou het tot dusver geen sodanige kennisgewing van Washington terug ontvang nie.
HET ENGELAND ‘N GRONDWET?
Vir interessantheid: dit kan voor kom of Engeland nie werklik ‘n grondwet het nie aangesien hulle wette en reëls nie in een geskrewe dokument gekodifiseer is nie. Die grondwet van die Verenigde Koninkryk is saamgestel uit die wette en reëls wat die instellings van die staat skep. Dit word ook bepaal deur die verhoudings tussen daardie instellings en die staat. Daar word graag gesê dat die verhouding tussen die staat en die individu ook ‘n rol daarin speel maar dit is net ‘n front om die bevolking gemaklik te maak.
PRINS VAN DIE DONKER
Die man wat homself deesdae graag Koning Charles III van Engeland noem, het weer eens sy swak karakter teenoor sy volk gewys. Waar hy voorheen bekend was as ‘n voorstander van organiese boerdery en daarom soms selfs "Green King Charles" genoem is, het hy pas sy ondersteuners geskok en teleurgestel deur op 23 Maart 2023 toe te stem tot wetgewing van bio-tegnologiese ontwikkeling om die gene van diere en plante te verander. Die klaarblyklike doel hiermee is om nuwe gemanipuleerde spesies en bio-tegnologie-'voedsel' te skep.
Met hierdie stap het Charles 'n openlike daad van verraad gepleeg in die oë van alle bona-fide boere, en natuurlik in veral dié van organiese boere. Die maatskappy en wetgewing daaragter is “Die Genetiese Tegnologie Precision Breeding Act 2023”.
TRANSGENDER-ATLETE WORD VROUE-SPORT VERBIED
Lord Sebastian Coe; jou naam moet ons onthou!
Dié man, president van Wêreldatletiek, het besluit dat geen transgender-mense vanaf 1 April meer aan vrouesportkompetisies kan deelneem nie. Geen atleet wat deur manlike puberteit gegaan het, sal toegelaat word om aan vroue se baan- en velditems deel te neem nie, ongeag hul huidige hormonale vlakke. Alle transgender-atlete wat deur manlike puberteit is, is uitgesluit van vroulike wêreldranglyskompetisies ná 31 Maart vanjaar. Coe het aangevoer dat "testosteroon die sleutelbepaler in prestasie is" terwyl hy belowe het om "die integriteit en toekoms van vrouesport te beskerm."
Trans-deelname aan vrouesport bly 'n omstrede onderwerp, veral vanweë die prestasies deur sommige trans-atlete soos die Amerikaanse swemmer Lia Thomas en die Nieu-Seelandse gewigopteller Laurel Hubbard, wat albei in hul onderskeie sportsoorte uitgeblink het.
Coe sê dat die Raad samesprekings gevoer het met belanghebbendes, insluitend 40 nasionale federasies, die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK) en transgroepe oor hoe om transgender-atlete in te sluit. Die meerderheid het saamgestem dat trans-atlete nie aan vroue-items moet deelneem nie.