NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Wil jy 'n sterk volk sien? Sorg dat die gesins- en familielewe moraal en moreel sterk is. Nou mag ons vra waarom ons volk vandag in hierdie verknegte, moreel en moraal verdrukte toestand is...

BASIESE BEGINSELS VAN SELFVERDEDIGING

deur Jeff Cooper


Voorwoord

In ons verwarde samelewing loop daar ongeveer een uit elke sestig persone rond met misdadige neigings, wat nie sal skroom om vreedsame, onskuldige mense aan te rand wanneer vir hulle 'n gunstige geleentheid daartoe opdaag nie.  Ons gaan van die standpunt af uit dat waar sulke mense deur misdadigers en rowers aangeval word, besit hulle minstens die reg op selfverdediging, alhoewel dit selfs in sekere regskringe betwis word en die slagoffers van die aanrandings aangeraai word om maar te probeer om te ontsnap.  Dit mag wetsgehoorsaam klink, maar baie slagoffers van aanvalle wat nie 'n poging aangewend het om weerstand te bied en hulself te verdedig nie, moes al met hul lewens daarvoor boet.

Die misdadiger kan alleen met sy aanval slaag as sy slagoffer 'n lafhard is.  'n Slagoffer wat met mening terugveg, stuur gewoonlik die boosdoener se planne in die war.  Die persoon mag miskien nie heeltemal ongeskonde daarvan afkom nie, maar indien hy nie teruggeveg het nie, kon hy miskien nog ernstiger beserings opgedoen het of selfs sy lewe verloor het.  Deur terug te veg, behou hy tog ook sy waardigheid en selfrespek.

In 'n ondersoek na 'n reeks gruweldade van ons tyd waar verskeie mense vermoor is, het aan die lig gekom dat die meeste slagoffers deur hulle ontstellende onbekwaamheid en vrees feitlik vir hul eie dood verantwoordelik was.  "Moet hulle tog nie kwaad maak nie, Martha, anders maak hulle ons seer."

Alle persone wat aangeval word, is nie lafhartig nie, maar is só onvoorbereid op die aanval en word só onkant gevang dat hy nie weet wat om te doen nie en staan dan besluiteloos en verslae. Ons behoort almal onsself te bekwaam in gevegstegnieke soos Judo, Karate, pistoolskiet en ander.  In hierdie kort verhandeling bepaal ons ons egter uitsluitlik by die verskillende beginsels wat by selfverdediging van toepassing is.


Wees wakker en waaksaam

Dit is die eerste beginsel van selfverdediging.  'n Militêre bevelvoerder kan vir nederlae vergewe word, maar nie wanneer hy die onderspit gedelf het omdat die vyand hom verras het nie.  Om te alle tye wakker en waaksaam te wees, is een van die belangrikste beginsels van selfverdediging wat persone wat aangeval word, moet toepas om te verhoed dat hulle in die proses nie die onderspit delf nie.  Waaksaamheid is by sommige mense 'n ingebore eienskap, maar ons almal kan dit ontwikkel en verskerp.  As ons besef en aanvaar dat die doodgewone, vreedsame omgewing waarin ons elke dag beweeg, ook gevaar kan inhou, sal ons waarneming en sintuie daardeur verskerp word.

Die fyn waarnemer weet altyd wat agter sy rug aangaan en gee spesiale aandag aan enigiets wat nie na die normale toedrag van sake lyk nie.  Erich Hartmann, die Duitse baasvegvlieënier van die Tweede Wêreldoorlog, het 351 oorwinnings op sy kerfstok.  Hy het gesê die feit dat hy oorleef het, was te danke aan 'n baie sensitiewe "agterkant van sy nek" en omdat 80% van sy slagoffers nie geweet het dat hy saam met hulle in dieselfde lug was nie!

Dieselfde beginsel wat by gevegsvlugte in die lug van toepassing is, geld ook by selfverdediging op die grond.  Baie slagoffers van gewelddadige misdade is deur die boosdoeners verras.  Mense wat vooraf op hul hoede is, weerstaan gewoonlik die aanslag suksesvol, terwyl die ander wat verras word, verloor.

Teken gevalle aan waar iemand u ongesiens genader het, asook gevalle waar u 'n vriend of familielid gewaar het, voordat hy van u bewus geword het.  So oefen 'n mens die gewoonte in om oplettend te wees, selfs  so oplettend dat jy 'n spoedlokval betyds gewaar en nie daarin beland nie.  Die misdadigers stel ook vir ons lokvalle wat ons betyds moet gewaar en vermy.

U kat of hond is goeie voorbeelde van huisdiere wat nie maklik verras word nie.  Dit is nie net alleen aan hulle uitstekende gehoor te danke nie, maar ook omdat hulle nie gedurig verstrooid met ontoepaslike gedagtes besig is nie.  Hulle bekommer hulle nie oor werk, voorkoms of belastings nie en stel hul fisiese sekuriteit eerste.  Ons moet ook so maak.  Mense wat daarteen  beswaar maak om so voortdurend bedag op moontlike gevaar te wees, vergeet dat ons in 'n woeste wêreld leef waar jy feitlik enige oomblik deur 'n aanvaller verras kan word.

Enigiets wat vir u buitengewoon voorkom, mag dalk 'n gevaarteken wees.  Bejeen enige onbekende persoon wat u woning nader, met agterdog.  Meesal is so 'n persoon skadeloos, maar ingeval hy nie is nie, sal hy u nie onverhoeds vang nie.  Sommige gevaartekens is vir 'n oplettende persoon maklik herkenbaar, soos wanneer 'n onbekende motor in die straat voor of naby jou huis of besigheid stilhou en die insittendes nie uitklim nie.  Wees op jou hoede vir 'n motor wat al agter jou aanry op 'n konstante afstand van jou eie voertuig af, ongeag teen watter snelheid julle beweeg.  Indien dit gebeur dat 'n groepie persone wat staan en praat, skielik swyg as jy by hulle verbystap, is alles nie pluis nie.  As u so oplettend is om iemand te gewaar wat besig is om u huis dop te hou en skielik haastig word as u op hom afkom, is dit gerade om nader ondersoek in te stel, ook as u ontdek dat 'n persoon u persoonlik dophou..

'n Algemene skelmstreek van misdadigers is om onder valse voorwendsels toegang tot huise, persele en geboue te verkry.  Die persoon wat homself aanmeld, is nie altyd die beweerde munisipale amptenaar, versekeringsman of familie van u bediende nie.  In sulke gevalle moet u wakker loop.

Op straat moet u nie toelaat dat iemand opsigtelik te naby aan u kom nie en op u hoede wees dat hy nie u regterhand vasgryp nie.  Let fyn op.  Gaan nooit onbekende geboue of plekke onverhoeds binne sonder om die nodige versigtigheid aan die dag te lê nie.  Loop wyd om straathoeke of hoeke in gange van geboue en gebruik die weerkaatsing van vensters om te sien wie en wat agter u aankom.  As u op straat moet staan en wag, sorg dan dat u rugkant altyd beskut is deur 'n muur, 'n motor of iets dergeliks.  Hierdie maatreëls moet ingeoefende, vaste gewoontes by u word, sodat u nooit onverhoeds betrap word nie.

Dis alleen niksvermoedende, onoordeelkundige en verstrooide persone wat 'n deur oopmaak sonder om te weet wie aangeklop het.  Sorg dat u deur 'n loergaatjie het.  Gewoonlik meld misdadigers nie by ons voordeure aan nie, maar daar kan buitengewone uitsonderings wees.

Daar kan nog veel meer onveilige situasies as die bogenoemde voorkom, wat deur 'n wakker waarnemer betyds herken moet word, sodat hy voorbereid kan wees om hom teen misdadige aanvalle te verdedig.  Wees dus te alle tye waaksaam.

Wees vasberade en beslis

Dit is die tweede beginsel van selfverdediging.  Dit is moeilik vir 'n gewone, vreedsame huislike persoon om skielik met gewelddadige beslistheid op te tree wanneer hy deur 'n skurk aangeval word.  Ons is nie gewoond aan geweld en noodtoestande nie en dit kos byna bomenslike inspanning en wilskrag om ons van vredeliewende kuikens na woeste valke te verander.  Beslistheid kan net soos waaksaamheid 'n aangebore eienskap wees, maar dit kan ook doelbewus aangewakker en verskerp word.  Tydens formele oorlogvoering word elke soldaat maklik opgesweep om vasberade en beslis op te tree, maar in die privaat lewe is dit by selfverdediging moeiliker.

Wanneer u deur 'n kwaadwillige persoon aangerand word, hang u lewe daarvan af of u die korrekte teenaksie kies en dit met beslistheid en sonder enige weifeling toepas en deurvoer.  In die hitte van die stryd kan nie besluitloos opgetree word nie, want daar is geen tyd om te verspil nie.  Om te weifel kan u dood meebring.  Die teenaksie wat u vir die geweldenaar se aanval kies, is belangrik, deurdat dit die geskikste een onder die betrokke omstandighede moet wees, maar die fermheid en energie waarmee u dit uitvoer, is van veel groter belang.

Die korrekte metode van verdediging is gewoonlik om aan te val, hoewel dit strydig is met ons normale beskaafde optrede.  'n Persoon moet hom dus doelbewus in die abnormale omstandighede indink en dit as 't ware teoreties inoefen, totdat hy seker is dat hy in 'n noodtoestand nie sal huiwer om dadelik aanvallend op te tree nie.  Die wet laat toe dat u soveel geweld gebruik as wat nodig is om u self of u gesinslede of 'n ander persoon van 'n kwaaddoener se aanvalle te red.  U mag hom egter nie agtervolg met die doel om hom dood te maak nie, tensy u daarvan oortuig is dat die persoon aan 'n baie ernstige misdaad skuldig is en dat die enigste maatreël om sy ontsnapping te voorkom, is om hom te skiet.  So sê die Strafproseswet.

U mag geen onnodige geweld gebruik nie, maar as iemand probeer om u dood te maak, mag u hom dood as daar geen ander uitkoms is nie.  Die gereg sal in hierdie geval redelik teen u optree, mits u kan bewys dat u lewe bedreig is, dat die aanvaller doelbewus probeer het om u dood te maak of te vermink, dat hy in staat was om dit te doen en dat die enigste uitweg om u eie lewe te red, was om hom dood te maak.  Dit geld ook vir verkragting, wat as 'n baie ernstige liggaamlike aanval gereken word.

Onthou dan om wanneer u aangeval word, onmiddellik op die doeltreffendste aksieplan te besluit en dit blitssnel met al u krag uit te voer.  Hy wat weifel is verlore.  Slaan dadelik toe.  Wees beslis!


Wees aggressief

Dit is die derde beginsel van selfverdediging, maar ons neem nooit die voortou hier met geweld nie.  Die aanvaller sal altyd probeer om die eerste hou te slaan, waarna ons hom in eie munt mag terugbetaal.  Die beste verdediging is aanval en as dit enigsins moontlik is, moet u die aanrander se aanval neutraliseer met 'n ontploffende teenaanval.

Daar mag faktore hier teenwoordig wees wat u teenaanval bemoeilik, soos 'n swaar, sterk, rats en goedgewapende lummel, maar u aggressiewe teenaanval mag selfs vir hom ontsenu.  Onlangs het 'n boef in Amerika agt persone aangeval en oorrompel.  Indien een of meer van hulle aggressief met mag en geweld teruggeveg het, kon hulle met hul getalsoorwig die bordjies verhang het.

In die dierewêreld is daar mooi voorbeelde van hoe die swakkere dikwels die sterkere met 'n vertoning van brawade so ontsenu dat hy die aftog blaas, soos 'n poedel wat 'n wolfhond van sy eiendom of van sy kos af wegjaag, of 'n kwaai kat wat 'n groot hond laat vlug, of 'n kraai wat 'n arend verwilder.

Aggressiwiteit gaan gepaard met 'n onskatbare morele voordeel in enige gevegsituasie, hetsy aanvallend of verdedigend.  Bloot die feit dat 'n aanvaller nooit enige aggressiwiteit by sy prooi verwag nie, kan hom totaal ontsenu en verwar.

Indien 'n gewapende persoon, wat goed opgelei en vaardig is, aangeval word, kan hy met 'n kragtige handwapen 'n hele seksie geweerskutters wat lomp en onbeplan aanval, op kort afstand deur sy aggressiewe optrede verwoes.  Ons behoort sulke militêre bedrewenheid aan te leer.  Iemand wat 'n wapen besit, is nie noodwending bedrewe in die hantering daarvan nie.  'n Klavier in die huis tower nie al die huisgenote om in musikante nie.

In 1971 het 'n leerling van Jeff Cooper in Amerika na 'n partytjie effens aangeklam by sy huis aangekom en is deur vier gewapende mans aangeval.  Toe hulle op hom begin skiet, het hy 'n aggressiewe sarsie van 22 skote binne 20 sekondes op hulle gelos, wat hulle paniekbevange laat weghardloop het.  Sy ontploffende reaksie op die aanval het beslis sy lewe gered.

'n Aggressiewe reaksie word uit verontwaardiging gebore.  Lees die koeramte; kyk na die nuus.  Misdadigers het geen reg om op onskuldige mense toe te sak en u met gewelddadigheid te konfronteer nie.  U weersin in hulle optrede moet u tot woede aanspoor.  U reaksie moet nie een van vrees wees nie, maar van woede.  Hierdie twee emosies loop maklik deurmekaar.

Gedurende 'n aanval moet u alle gedagtes aan gevaar hokslaan en bly konsentreer op die vernietiging van u vyand.  Woede stel u in staat om dit te doen.  'n Klein bejaarde dame het 'n grypdief op loop gejaag deur hom met haar vuis en handsak deur die gesig te slaan, want sy was woedend!

Wat ons hier verkondig sal seker nie die goedkeuring van sekere sosiologiese kringe wegdra nie.  Ons stel egter oorlewing eerste.  Daarna kan oor morele en etiese norme gesels word.

As dit ooit gebeur dat u aangeval word, sal WAAKSAAMHEID u reeds 'n klein waarskuwing gegee het. BESLISTHEID sal die korrekte aksieplan aandui en dit sal beslis 'n TEENAANVAL wees wat uitgevoer moet word met alles tot u beskikking.  Wees verontwaardig; wees woedend; wees aggressief!


Slaan vinnig terug

Die vierde beginsel is spoed, wat absoluut noodsaaklik is vir suksesvolle selfverdediging en gevegstegnieke.  Spoed was nodig in die Sesdaagse Oorlog en is ook van belang in skermoefeninge en boksgevegte.  Die gebrek aan spoed was een van die Amerikaners se struikelblokke in Viëtnam, wat tot hul nederlaag bygedra het.  Napoleon het gesê:  "Ek mag 'n geveg verloor, maar nooit 'n minuut nie."  In selfverdediging kan ons ook dalk sê: "Ek mag hierdie geveg verloor, maar ek sal nie hierdie sekonde verloor nie."  Groot krag is van geen nut as dit nie vinnig aangewend word nie.  In die Wilde Weste hoor 'n mens dikwels: "Doen aan ander wat hulle aan jou wil doen, maar doen dit eerste!"

Hierdie lesing gaan oor selfverdediging.  Ons durf nie iemand platslaan as ons dink dat hy ons gaan aanval nie, maar op die oomblik wat ons besef dat hy ons ernstige leed gaan berokken, moet ons vinnig te werk gaan.  As hy op ons skiet, moet hy uitgewis word voordat hy weer 'n skoot kan inkry.  As hy tyd mors met dreigemente, kan ons die eerste hou inkry.

In die selfverdedigingsproses moet ons altyd onthou dat ons lewe gewoonlik op die spel is.  Daarom kan ons nie bekostig om in die proses sportiewe reëls toe te pas nie.  Wees vinnig en vuil!  "Be fast - not fair!"  Geen skeidsregter sal teen u kant kies nie.

Die perfekte geveg of verdedigingsaksie is oor voordat die verloorder besef het wat aangaan.  Die ideale verdediging is 'n teenaanval wat slaag voordat die aanvaller besef dat hy meer afgebyt het as wat hy kan kou.  Daarom moet u onmiddellik  reageer as u aangeval word.  Wees blitsvinnig.

Wees kalm en akkuraat

Dit is die vyfde beginsel, wat ook beteken dat u moet kophou, want as u u selfbeheersing tydens 'n dodelike aanval kwytraak, sal u waarskynlik nie oorleef om later verskonings te maak nie.  Moet dus nie eens aan verskonings dink nie.  Hou net kop!  Beheerste woede sal nie u doeltreffendheid benadeel nie.  Die misdadiger ken gewoonlik nie selfbeheersing nie.  Gebruik dus joue tot sy nadeel.  Wees versigtig as jy jou hande in 'n teenaanval gebruik, want 'n vuishou teen sy harde skedel sal gewis jou hand ernstig beseer.  'n Vinger in sy oog is makliker, veiliger en meer doeltreffend.

As u voorwerpe of wapens wil gebruik, doen dit om die meeste skade aan hom aan te rig sonder dat u self beseer word.  Die punte van sambrele, kieries en vuurysters is gewoonlik meer geskik om mee te steek as om mee te slaan.  Die punt moet na die gesig, keel of krop van die maag gemik word en kalm en berekenend met alle mag ingestamp word.

Die beste verdedigingswapen is 'n swaar kaliber pistool of rewolwer, alhoewel 'n haelgeweer met tuisverdediging nog beter kan wees indien daar vooraf voldoende waarskuwing was.  Indien u betyds 'n vuurwapen kan bekom om 'n aanval af te weer, moet u onthou dat die wapen slegs so doeltreffend kan wees soos u vermoë om kalm te bly en akkuraat te skiet.  'n Aanrander is meesal 'n swak skut, maar nie altyd nie.

As 'n opgeleide polisieman 'n misdadiger sesmaal misskiet oor 'n afstand van vier meter, is dit nie oor onbekwaamheid nie, maar weens sy gebrek aan konsentrasie omdat hy onder druk kop verloor.  Die vermoë om onder druk kalm te bly, is binne enige mens se bereik wat met wilskrag daaraan werk.  "Bokkoors" is dieselfde soort verskynsel as "menskoors", maar dit kan beheer word.  Bly dus kalm en as u moet skiet, skiet dan akkuraat!


Wees meedoënloos

By hierdie sesde beginsel van selfverdediging moet ons onthou dat die skurk wat 'n wederregtelike aanval op 'n ander persoon loods, geen simpatie of konsiderasie verdien nie.  Alhoewel ons gewaarsku word teen "oor-reaksie" tydens die geveg, ag ons steeds die lewe van die persoon wat aangeval word, kosbaarder as dié van die wrede, wettelose skurk.  Sy aanval moet onmiddellik geheel en al beëindig word.

Ons probeer nie besin waarom hy hierdie kriminele daad pleeg nie en vra nie na sy ideologiese en psigologiese motivering daarvan nie of na sy sosiale agtergrond nie, maar probeer met alle geweld verseker dat jy tydens hierdie aanval aan die lewe bly.  Jou aanvaller moet vir sy lewe vrees.  Moet niks terughou nie.  Hou meedoënloos aan tot sy aanval stopgesit is, maar moenie daarna nog voortgaan om hom verder toe te takel nie.  Tref egter die nodige maatreëls om te verseker dat hy nie sy aanval weer kan hervat nie.  Onthou dat 'n gewapende persoon, en meer bepaald iemand met 'n vuurwapen of mes, gevaarlik is so lank as wat hy by sy bewussyn is.  Moet niks waag of huiwer nie.  Sit hom uit!

As u u hande moet gebruik, moet u dit doen met al die krag wat u het.  'n Halfhartige houtjie sal hom net woedend en meer vasberade maak om u te beseer en om die lewe te bring.  Slaan hom so hard as wat u kan.  Dieselfde geld ook vir die gebruik van u vuurwapen.  As u moet skiet, doen dit behoorlik.  Skiet na die middel van sy lyf. Ons kan sonder misdadigers klaarkom.

Ons hoor dikwels selfs van polisiewoordvoerders dat jy wanneer jy aangeval word, nie moet weerstand bied nie, want dit mag kwansuis die aanvaller meer opgewonde maak en tot groter geweld aanspoor.  Ons sal hierdie aansporing tot lafhartigheid maar liewer verontagsaam, as die woorde "eer" en "moed" nog vir ons enige betekenis het. Hoeveel keer is mense nie al vermoor omdat hulle geen weerstand gebied het nie!

Daar is ook 'n ander baie gewigtige rede waarom slagoffers van gewelddadige aanvalle dit tog nooit passief moet verduur nie.  Die wet en wetstoepassers in vandag se ruggraatlose en toegeeflike wêreld tree meesal tandeloos op wanneer voorkoming van of straf vir gewelddadige aanvalle ter sprake is, sodat misdadigers al hul vrees vir die polisie of die howe verloor het.  Die plig om misdaad te bekamp, rus nou feitlik uitsluitlik op die slagoffers self, wat só meedoënloos op hul aanvallers moet terugslaan, dat dié geleer moet word om hul slagoffers te vrees, as hulle dan nie meer enige vrees vir die howe of polisie het nie.

'n Misdadiger of terroris wat u aanval en ongeskonde daarmee wegkom, sal mos terugkeer en dit weer herhaal.  As u aan hom toegee, stel u u eie lewe - en dié van ander - in gevaar.  Die vertroeteling van moordenaars, geweldenaars en misdadige terroriste, noodsaak ons om nie meer hul straf aan die howe oor te laat nie en daarvan te vergeet wanneer jou lewe in gevaar is.  As jy deur 'n dodelike aanval bedreig word, moet jy nie groothartig probeer wees nie.  Wees hard en meedoënloos.


Verras en verwar hom

Hierdie sewende beginsel van selfverdediging is eintlik die eerste beginsel van offensiewe gevegstegniek.  Die voordeel om die eerste hou in te kry is 'n luukse een waarmee ons aanvaller gewoonlik spog.  Daar kan dus eintlik geen strategiese verrassing in selfverdediging wees nie, maar die verdediger is wel tot taktiese verrassing in staat.  Deur te doen wat die aanvaller die minste verwag, kan hy totaal verwar word.  Hy verwag gewoonlik nie 'n onmiddellike, hewige teenaanval nie en as dit met groot aggressiwiteit geskied, is dit vir hom so 'n groot verrassing dat dit hom heeltemal onkant betrap.

Die onverwagte is verwarrend en 'n verwarde en gefrustreerde misdadiger se gedagtes is tydelik in 'n warboel en gee die verdediger geleentheid om die bordjies te verhang.  In al die gevalle waarmee ek die afgelope twintig jaar te doen gehad het waar mense hulself suksesvol in hewige persoonlike aanvalle verdedig het, was die aanvaller totaal verwar omdat sy prooi nie toegegee het nie.  Die spoed, krag, doelmatigheid en aggressiwiteit van die teenaanvalle het baie verskil, maar net die feit dat daar 'n teenaanval geloods is, het die verdediger van sukses verseker.  Die misdadiger verwag nie dat sy prooi sal terugveg nie.  Mag hy nooit u as prooi kies nie, maar indien wel, verras en verwar hom en hou aan veg tot u wen!


Slot

Hierdie kort verhandeling moet 'n baie belangrike doel dien.  Die moderne mediese wetenskap en die politieke verslapping van toestromingsbeheermaatreëls, het 'n toestand geskep van oorbevolking, verveeldheid, werkloosheid, politieke onrus, ensovoorts, en saam met die groot bevolkingsaanwas het persoonlike veiligheid onrusbarend verminder.

Voor die Tweede Wêreldoorlog kon 'n mens betreklik veilig in stedelike strate rondslenter.  Dames kon dit alleen in parke of op straat waag.  'n Mens kon ook met veiligheid iemand langs die paaie om hulp vra en 'n vreemdeling wat aan jou deur geklop het, kon jy sonder vrees binnenooi.  Hierdie toestand is egter verby.  Die probleem van persoonlike gevaar is nou baie groter.

Die polisiemag doen wat hulle kan, maar hulle kan ons nie oral en te alle tye beskerm nie.  Soms kan hulle beswaarlik hulself beskerm.  Ek praat van Amerika.  U fisiese veiligheid is dus u eie, persoonlike taak, soos dit eintlik maar altyd  was.

Die basiese beginsels van selfverdediging wat hierin beskryf is, is die vrug van deeglike studie, onderhoudvoering en persoonlike ondervinding.  Die toepassing daarvan tydens aanrandings kan u lewe red.  Dis egter onmoontlik om sukses in alle gevalle te waarborg, maar u kanse op sukses word deur die toepassing daarvan grootliks vermeerder.  Ek is oortuig daarvan dat indien die slagoffers van die twee dosyn of meer afgryslike gruweldade wat landwye berugtheid in die afgelope jare verwerf het, hierdie verhandeling kon gelees het en ter harte geneem het wat hier geskryf is, sou hulle nou nog geleef het. 'n Aantal misdadigers wat nou  vonnisse uitdien of nog op vrye voet is, sou nie meer geleef het om die belastingbetaler se geld te mors nie.

Generaal George Patton het aan sy offisiere gesê: "Moenie julle oor julle flanke bekommer nie; laat die vyand hom oor sy flanke bekommer." Die gemeenskap moet ophou om hom oor misdadigers te bekommer.  Laat die misdadiger oor die gemeenskap bekommerd wees en dit nie meer waag om iemand aan te val nie, omdat hy vrees dat hy self die onderspit sal delf.

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld Onskuldige bloed: Britse oorlogsmisdade 1899-1902, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1743 gaste aanlyn