Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Jy is gedurig in jou Skepper se lewe; Hy vergeet nooit van jou nie al besef jy dit nie altyd nie. Hy is nooit te besig met al die ander mense se probleme om aan jóu aandag te skenk nie. Nou is die vraag: is Hy gedurig in jóu gedagtes? Of is jý te besig met ander mense om Hom die tyd te gee wat Hom toekom?
WAT IS TERRITORIALE INTEGRITEIT
Wat van die territoriale integriteit van Ukraïne?
Dr Danie Theron
In die Internasionale Reg word groot gewag gemaak van die territorial integriteit van state. So bepaal artikel 2(7) van die Handves van die Verenigde Nasies byvoorbeeld dat mag (geweld) nie gebruik mag word teen die territoriale integriteit en politieke onafhanklikheid van state nie.
Wat is territoriale integriteit? Dit is die grense van ‘n staat wat wêreldwyd erken word deur ander state. Om daardie grense te skend word as ‘n daad van aggressie beskou.
Rusland se inval in Ukraïne in Februarie 2022 word deur sommige beskou as ‘n skending van die territoriale integriteit van daardie staat. Rusland op sy beurt weer, steun op die Minsk-verdrae wat in 2014 en 2015 gesluit was ingevolge waarvan die OSCE (Organisasie vir Sekuriteit en Samewerking in Europa) moes toesien dat die regte van die inwoners van die Donbas-republieke (Luhansk en Donestk) met ‘n meerderheid Russies-sprekende inwoners, se menseregte beskerm sou word en selfregering aan die twee republieke gegee sou word. Daaraan is nooit gehoor gegee nie en ondanks Rusland se pleidooie en latere waarskuwings dat dit nie geduld kan word nie, het NATO (onder Amerikaanse druk uiteraard) en Ukraïne eenvoudig voortgegaan om die bepalings van die ooreenkomste te ignoreer. Rusland het dit gesien as ‘n bedreiging vir sy eie territoriale integriteit waar NATO hom sou vestig aan die grense van Rusland.
ARIESE SEKSUELE ETIEK
Geskryf deur Leon Hart
Geredigeer deur Mike du Toit
Die Ariese Missiestelling
Daar is maar net een leerstelling: Volk en Vaderland. Waarvoor ons moet veg, is die voortbestaan en vermeerdering van ons ras en ons volk, die reinhouding van ons bloed en die vryheid en onafhanklikheid van ons vaderland, sodanig so dat die roeping deur die Skepper van die Heelal aan ons volk opgedra, tot vervulling kan bring.
Elke gedagte en elke idee, elke leerstelling en alle kennis moet hierdie doel dien. Vanuit hierdie gesigspunt moet alles ondersoek word en aan die hand van sy doelmatigheid aangewend of verwerp word. Geen teorie mag tot ‘n dodelike leer verstar nie, aangesien alles maar net die Lewe moet dien.
Kort vorm van die Ariese Missiestelling
Ons moet die voortbestaan van ons ras en ‘n toekoms vir Wit kinders verseker.
DERDE WÊRELDOORLOG REEDS BEGIN
ONS LAASTE TWEE PAAIE
Die Derde Wêreldoorlog het reeds begin. Dit word eenvoudig nie vir die publiek gesê nie, want regerings en die omgekoopte media is toegewyd aan hulle geldmeesters om die publiek in die duister te hou. Maar toestande is reeds lank verby die punt van onderhandeling of de-eskalasie tussen Rusland en die weste. Dit veral nadat Rusland gesê het indien hy direk aangeval word is dit vir hom die teken om met kern terug te veg.
Ongelukkig het die waansin van Westerse nasies hierdie konflik geëskaleer tot 'n toestand waar wie ook al kernbomme het, die eerste voordeel sal hê. Die westerse media, wat nou nog heftiger lieg as wat Pravda ooit gedoen het, beweer dit is Poetin wat die eerste met gebruik van kernwapens dreig. Dit is 'n baie gevaarlike ontwikkeling, want as Rusland sulke dreigemente ernstig opneem, sal klassieke spelteorie vereis dat Poetin eerste toeslaan om die verwagte aanval deur die Weste te stuit.
TWAK MET AFRIKANER VERSUS BOER!
Dr Mike du Toit
Vir sommige mense is dit deesdae oënskynlik belangrik om te probeer bewys dat die Afrikaanssprekende Blanke bevolking van Suid-Afrika in werklikheid uit twee volkere, naamlik Afrikaners en Boere, bestaan. Vanuit ‘n volkekundige oogpunt is dit natuurlik heeltemal onwaar en in die huidige politieke tydstip van ons volk se geskiedenis totaal onvanpas.
Definisie van ‘n volk
Alvorens die aangeleentheid van naderby bekyk word, moet ons eers probeer bepaal wat ‘n volk is.
‘n Volk is ‘n groep mense wat van ander groepe mense onderskeibaar is op grond van gemeenskaplike faktore soos ras-identiteit, bloedverwantskap, taal, kultuur en geskiedenis.
BESETENHEID
Ds A.E. van den Berg
“Julle is uit God, my kinders, en het hulle oorwin, omdat Hy wat in julle is, groter is as hy wat in die wêreld is” (1 Joh.4:4).
Besetenheid kom van die woord besit en verwys na ʼn persoon wat nie in beheer van homself is nie, maar deur Satan beheer word. Die Bybel het talle voorbeelde van mense wat besete was en die waarnemingsimptome daarvan. Besetenheid tas soms die sintuie aan: “En terwyl hulle weggaan, bring die mense ʼn stom man wat van die duiwel besete was, na Hom toe. En nadat die duiwel uitgedryf was, het die stomme gepraat...” (Mt.9:31,32). Die bose gees het hierdie man fisies gestrem sodat hy nie kon praat nie.
Mattheus teken ʼn soortgelyke geval op: “Toe het hulle ʼn duiwelbesetene wat blind en stom was, na Hom gebring; en Hy het hom gesond gemaak, sodat die blinde en stomme kon praat en sien” (Mt.12:22). Die bose gees in hom het hom dubbel gestrem - hy kon praat of sien nie; stom en blind.
GEDAGTE VIR DIE NAG
Die Bybel gee baie duidelike riglyne hoe ʼn volk polities gerig moet word. Die eerste vereiste is dat slegs gelowiges gekies moet word om ʼn volk te rig. ‘n Hart gewas in die bloed van Jesus Christus is vir ʼn volk baie meer werd as ʼn ongelowige kop vol akademiese kennis!
WEË VAN DIE HERE
LAAT ONS NA DIE WEË VAN DIE HERE VRA
Hannes Ollewagen
Jer. 10:1-16
“So sê die HERE: Maak julle nie gewend aan die weg van die heidene nie, … “(:2).
Geliefdes, laat u gedagtes saam met my ‘n paar dekades terug gaan. Dink terug aan die leefwyse van ons Afrikanervolk ‘n paar dekades vantevore. Dit was beslis nie ‘n volk sonder foute of sonde nie. Dit was beslis nie ‘n volmaakte volk nie. Maar dit was beslis nie ‘n verdorwe volk nie. Dit was ‘n volk wat nie aan die heidense weë gewoond was nie. Dit was ‘n volk wat na die weë van die HERE gevra het en daarin probeer wandel het.
Ter bevestiging van my standpunt wil ek vir u ‘n paar praktiese voorbeelde uitlig. Onder die Afrikanervolk was ‘n verskynsel van saamblyery heeltemal ongewoon. Dit was absoluut onaanvaarbaar omdat die Woord van die HERE duidelik is rondom die heilige instelling van die huwelik tussen ‘n man en vrou. En daarmee sê ek nie dat daar nie ‘n enkele Afrikanerfamilie was waarin hierdie verskynsel nie plaasgevind het nie. Ek sê egter met stelligheid dat dit nie aanvaarbaar was nie. En so kan u self dink aan ‘n verskynsel soos egskeiding. Die meeste van ons se oupa’s en ouma’s was nog ‘n geslag waarin egskeiding nie ‘n opsie was nie. Hulle kinders het egter aan hierdie verkeerde manier van handel gewoond geraak en vandag is meer as die helfte van laerskoolleerlinge kinders uit gebroke gesinne. Ja, geliefdes en dit was ‘n uitsondelike geval dat iemand op die Sabbat eerder sou besig wees met inkopies of een of ander vorm van vermaak as om met die Woord van die HERE besig te wees, nie waar nie?
GEDAGTE VIR DIE NAG
Al leef gelowiges ook hoe vroom, is hulle steeds sondaars. Deur die bekering word ons van slegs die bindende mag en uiteindelike oordeel van sonde verlos. Dit as sodanig waarborg ons hemelse erfenis wat ons as dankbare, verloste mense met ’n innige begeerte om nie te sondig nie, laat leef.
VSA STORT INEEN
Amerika is gewoonlik eerste met nuwe dinge en ook die grootste, doen alles in oortreffende trap, so spog hulle dikwels self daarmee deur middel van geykte uitdrukkings. Dit is ook nou van toepassing in die haglike toestand van versnellende inflasie en duisende mense wat hulself werkloos en haweloos bevind.
Hiervoor het die Biden-administrasie gesorg toe hulle begin het om vervoerkontrakteurs te verbied om produkte te lewer. Van die eerstes was kunsmis sodat boere nie verder kon plant nie, later ook vars produkte en ander noodsaaklike lewensmiddele tot die meeste kleinhandelaars se rakke feitlik leeg was.
Biden en sy bende is seker die Nuwe Wêreldorde se getrouste groep marionette wat geen steen onaangeroer laat nie om die NWO so gou moontlik aan bewind te help stel. Die wêreldbevolking moet mos uitgewis word tot ‘n maksimum van 500 miljoen en die giftige “inenting” is nie die enigste wyse waarop dit geskied nie; hongersnood en misdaad sal die proses ernstig versnel.
JOHANNA BRANDT VERSUS SIENER (3)
>
>>>
Lees reeks by Johanna Brandt versus Siener
Die regverdige minderheid
(In alle tale en geslagte)
En Jesus sê vir hulle: “ Want van nou af sal daar vyf in een huis verdeeld wees, drie teen twee en twee teen drie. Die vader sal verdeeld wees teen die seun en die seun teen die vader, die moeder teen die dogter en die dogter teen die moeder, die skoonmoeder teen haar skoondogter en die skoondogter teen haar skoonmoeder”. (Lukas 12:52-53).
In die wêreld-smeltkroes waarin ons tans verkeer, en op die vooraand van ’n politieke omwenteling in ons eie land, wat nie meer gekeer kan word nie, wil ons met hierdie publikasie probeer om ’n beknopte, maar tog ook betroubare oorsig te gee van feite in verband met verwikkelinge in die land en wêreld, asook die verwagte gebeurtenisse wat hierop kan volg.
GEDAGTE VIR DIE NAG
Alle mense moet sterf. Maar natuurlike oorsake klink meer aanvaarbaar as onnatuurlike oorsake. Die Afrikanervolk kan net so onnatuurlik uitsterf as waarvan Jesus in Luk 13 waarsku dat die res van die volk net so sal sterf soos dié wat reeds vermoor is as die volk hulle nie wil bekeer nie– dit is die voorwaarde. Die oproep tot bekering wat op dowe ore val maak 'n mens bang. Bid dat ons volk vandag sal terugkeer na ons God sodat ons nie almal onnatuurlik hoef te sterf nie!
DIE METAPOLITIEK
Dr Mike du Toit
Die metapolitiek berus op twee belangrike uitgangspunte.
Uitgangspunt 1
Die eerste uitgangspunt sluit aan by die idee van Antonio Gramsci dat politieke mag op kulturele mag berus. Waar die Klassieke Marxisme die politieke struktuur gesien het as die gevolg van die ekonomiese situasie van ‘n gemeenskap, daar het Gramsci die politieke struktuur gesien as die gevolg van die kulturele waardes en omstandighede van ‘n gemeenskap, waarvan die ekonomie maar een faset is. Politieke mag berus dus op kulturele mag. Om politieke mag te bekom of te behou, moet ons dus eers kulturele mag bekom. Dit beteken dat ons kulturele magsentrums moet skep of bestaande kulturele magsentrums moet infiltreer en tot ons voordeel ontwikkel. Indien dit gebeur dat ons die politieke mag eerste bekom, sal ons dit in elk geval op die lang duur net kan behou deur metapolitieke optrede; met ander woorde deur die magsoorname ideologies, intellektueel, kultureel en moreel te regverdig en te begrond.
Ter wille van helderheid oor wat metapolitiek behels, kan twee voorbeelde uit die geskiedenis voorgehou word.
JOHANNA BRANDT VERSUS SIENER (2)
Lees reeks by Johanna Brandt versus Siener
Die Smeltkroes
Vroeg in Desember 1916 het ’n engel-Boodskapper mev. Johanna Brandt by haar moeder se sterfbed besoek met ’n onheilspellende profesie oor rampe en ellende wat op die bevolking van Suid-Afrika wag, en wat in vervulling sou gaan wanneer daar ’n bloedige oorlog in Europa en die Midde-Ooste woed. Sy is ook deur die engel beveel om nie net haar volksgenote nie, maar ook elke swart stam in Suid-Afrika, elke arbeider, elke huisbediende te waarsku dat wanneer die eerste beroeringe van God se strafgerig plaasvind, hulle (die swartes) hul in geen geval daarmee moet inmeng nie. “Hulle moet weet dat dit die Hand van die Heer is wat oor Suid-Afrika gaan, en dat daar ’n sware oordeel oor hulle sal kom as hulle dink om uit die algemene verwarring wat in die land sal heers, voordeel te trek. Wee die inboorlinge as hulle dink om te moor en te plunder en te verkrag, as die Hand van die Regter oor die witmense gaan!”
GROET SOLANK VIR ESKOM!
Hier is die bewys van die Ramaphosa-bende se komplot met ESKOM. Hy en ander swart superrykes het ‘n maatskappy gestig, die African Rainbow Energy & Power, sodat wanneer Eskom ineenstort, nee, nie ineenstort nie maar van binne genoegsaam gesaboteer is deur hierdie selfde rykes, hulle dan die kragverskaffing sal oorneem in die naam van "skoon enrgie". Joe Biden bevestig in die video by die skakel hieronder hoe die VSA en 'n hele paar ander lande nou met Ramaphosa 'n kontrak geteken het vir energieverskaffing. Nou wonder 'n mens of die Ramaphosabende net aan die buiteland krag wil verskaf en daardeur nog ryker kan word omdat die rand niks beteken nie maar die dollar wel nog waarde het; of gaan Suid-Afrikaners ook uit daardie sonkragnetwerk voordeel trek? Indien wel sal dit sekerlik teen die hoogste prys ooit beskikbaar gestel word!
U kan enige tyd die bewoording African Rainbow Energy & Power google, en u sal gewoonlik die volgende kry:
African Rainbow Energy & Power is controlled by billionaire businessman Patrice Motsepe who is the largest shareholder and its chairman, but the company is a privately-owned, separate entity from Motsepe's listed flagship mining house African Rainbow Minerals (ARM).
Een maal 'n skurk, altyd 'n skurk!
JOHANNA BRANDT VERSUS SIENER (1)
>
>>>>
Elke mens koester inherent die behoefte om te weet wat vorentoe gaan gebeur. Uit die geskrifte van Johanna Brandt en Siener van Rensburg kry ons die geleentheid om in hulle insigte te deel. Wat interessant is, is die talle ooreenkomste in hulle uitsprake nadat die Here hulle met visioene toebedeel het. Dit is dus nodig dat ons, by die lees van Johanna Brandt se politieke vlugskrif, Die Smeltkroes, wat in 1918 verskyn het, en verskeie profetiese uitsprake oor die toekomstige tyd van benoudheid vir die blankes in Suid-Afrika bevat, ook sal kennis neem van Siener van Rensburg se visioene.
In Deuteronomium 19:15 en Matteus 18:16 lees ons “op die verklaring of uit die mond van twee of meer getuies sal ’n saak van krag wees” — m.a.w. wanneer twee mense oor ’n saak saamstem, staan dit bo alle twyfel vas. So kan selfs ’n verdagte misdadiger op grond van slegs twee getuies ter dood veroordeel word (Deut. 17:6). Siener van Rensburg en Johanna Brandt was beide kinders van die Here wat gebruik is om ons wat vandag in hierdie toestande waarvan hulle gepraat het leef, te waarsku maar ook gerus te stel oor die uiteinde daarvan.
GEDAGTE VIR DIE NAG
In hierdie moderne tyd dink ons dat die Bybel se betekenis soos al die ander dinge verander het, maar dit is die een saak wat so vas soos 'n rots staan: die Bybel het vandag nog presies dieselfde betekenis as al die eeue.
Met betrekking tot egskeiding sê Jesus vir sy dissipels: "Wat God saamgevoeg het mag geen mens skei nie". Ook dat die geskeide man en die vrou egbreuk pleeg wanneer hulle weer met iemand anders trou – lees Markus 10. Dit is nie dieselfde as wanneer een van die eggenote gesterf het nie.
Wie dínk ons ís ons om hierdie woorde van Jesus in die wind te strooi asof dit nie meer vandag op ons van toepassing is nie – wat maak óns geslagte so besonders dat óns los en vas mag trou en skei?
STUDIE- HANDLEIDING – 1 PETRUS 1:3-9
’n Studiehandleiding vir die Bybelboek Petrus in die Nuwe Testament
Anita Joubert
1 Petrus 1:3-9 Die lewende hoop en die egte geloof
Dit neem ’n mens lank om die rykheid van hierdie gedeelte werklik te begryp, want daar is min gedeeltes in die Nuwe Testament waar daar meer van die groot fundamentele Christelike waarhede bymekaar kom, as hier. Dit begin met ’n lofprysing aan God, maar dit is ’n lofprysing met ’n verskil. Ons as Christene, anders die Jode, voeg altyd die woorde: “Vader van ons Here Jesus Christus,” by in ons lofprysing. Ons bid nie tot ’n onbekende God op ’n afstand nie, maar ons bid tot dié God na wie ons kan gaan, deur Jesus Christus, met kinderlike vertroue.
Hierdie gedeelte begin ook met die gedagte van ’n nuwe lewe deur God aan ons geskenk. Hierdie gedagte van wedergeboorte sien ons regdeur die Nuwe Testament:
SOUT VAN DIE AARDE
Ds A.E. van den Berg
“Julle is die sout van die aarde, maar as die sout laf geword het, waarmee sal dit gesout word? Dit deug nêrens meer voor as om buite gegooi en deur die mense vertrap te word nie”(Mt.5:13).
In Jesus se tyd was sout klipsout wat van die Dooie See omgewing afkomstig was en het weens onsuiwerhede daarin dikwels ʼn slegte nasmaak gelaat. As dit nat geword en opgelos het, is van die onsuiwerhede vrygestel. Om dit dan weg te gooi, sou die grond waarop dit geval het onbruikbaar maak. Daarom is dit op paaie gegooi en deur mense vasgetrap om dit sodoende hard te maak.
Jesus gebruik die voorbeeld van die onmisbaarheid van sout om gelowiges en derhalwe ook die kerk op hul roeping in die wêreld te wys. Kos sonder sout is smaakloos. So ook die wêreld sonder gelowiges. Soos wat sout mense dors maak, moet gelowiges die wêreld dors vir die waarheid maak. Daarbenewens werk sout ook verrotting teen. So ook gelowiges se sondeverrotting.
Die ware kerk het net een bestanddeel – sout. Die valse kerk het net suiker. Leraars hou Jesus voor as die Een wat almal liefhet, alles vergeef en gruwels verdra. Hulle maak van soutkorrels suikerkorrels.
BRON VAN LEWENDE WATER
Hannes Ollewagen
1 Kor. 10:1-13
“… want hulle het gedrink uit 'n geestelike rots wat gevolg het, en die rots was Christus.” (:4).
Geliefdes, ons almal is wel bewus van die feit dat water vir elke lewende organisme in hierdie skepping ‘n onmisbare hulpbron is. Daarsonder sal ons lewens in ‘n baie kort tydjie heeltemal vergaan. En so was die volk Israel ook in hul reis deur die woestyn onderweg na die beloofde land baie bewus van die belangrikheid van water as ‘n hulpbron. Hulle het dan op ‘n stadium met Moses en Aäron getwis omdat daar vir hulle geen water was nie. En die HERE het aan Moses en Aäron bevel gegee om die rots aan te spreek sodat daar vir die volk water uit sou vloei. “ Neem die staf en laat die vergadering byeenkom, jy en jou broer Aäron, en spreek julle die rots aan voor hulle oë; dan sal hy sy water gee. So moet jy dan vir hulle water uit die rots laat vloei en die vergadering en hulle vee laat drink.” (Núm. 20:8).
STUDIE- HANDLEIDING – 1 PETRUS 1
’n Studiehandleiding vir die Bybelboek Petrus in die Nuwe Testament
Anita Joubert
Die eerste brief van Petrus
1 Petrus 1
1 Petrus 1:1-2 Inleidend
Dit gebeur dikwels in die Nuwe Testament dat die grootheid van ’n gedeelte nie met die eerste oogopslag sigbaar is nie. Die diepte van wat regtig gesê word, lê dikwels in die oortuigings wat agter die woorde skuil. So is dit ook in hierdie gedeelte. Dit is duidelik dat die brief geskryf is vir nie-Jode. Wat hier uitstaan, is dat woorde en begrippe wat voorheen oorspronklik net op Jode van toepassing was, die uitverkore volk, nou ook gebruik word om die nie-Jode te beskryf. Die nie-Jode het voorheen geglo dat hulle buite die genade van God is. Die Jode het geglo dat God net vir Israel, van al die nasies in die wêreld, lief was. Hulle het graag gesê dat die heidene bedoel is om brandstof vir die hel te wees.