Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Heiligmaking is 'n oefenprogram wat die hele res van jou lewe duur. Maar wat beteken dit om heilig te leef voor God? Dit is om afgesonder te wees van die wêreld, en al meer na die beeld van Jesus te verander. En dit is nie 'n straf nie; inteendeel, dis 'n vryheid wat jy met blydskap beleef omdat jy Hom liefhet!
NOG ‘N PANDEMIE!
Pasop: ABV-siekte (Alles Behalwe Vaksiene) maak nou oral mense dood!
Daar is 'n aaklige nuwe siekte wat mense nou oral laat sterf. Dit word ABV (Alles Behalwe Vaksiene) genoem, en jy sal hoor dat die korporatiewe media dit min of meer so noem wanneer hulle probeer om die gifinspuiting se stygende sterftes met allerhande ander verduidelikings, siektes en toestande te bedek.
Koue storte word nou geblameer vir hartaanvalle wat deur covid-inspuitings (en die daaropvolgende dodelike bloedklonte) veroorsaak word. Die Times in Indië berig dat koue storte jou skielik hartprobleme kan gee. Intussen sê Duitsland vir sy burgers om meer koue storte te neem weens die ineenstorting van energievoorrade uit Rusland. Die Guardian berig nou, "Duitse stede stel koue storte op en skakel ligte af te midde van die Russiese gaskrisis." Ironies né!
So, die einste koue storte wat volgens die Times in Indië jou kan doodmaak, word deur die regering in Duitsland voorgeskryf.
Wat tot die gekheid bydra, berig Wales Online dat skielike hartaanvalle en dood ook veroorsaak kan word tydens die oopmaak van hoë rekeninge, deur brandstofpryse en die besef van hoër tariewe wat jy die kragmaatskappy skuld.
So is daar ‘n gekkelys waaronder om te snork, om te slaap met die TV aan, solarstorms, ens, nou die oorsaak is van die vinnig stygende dodesyfer in die wêreld. Selfs uitsonderlinge lang mense sterf nou agv van hulle lengte – terwyl niemand wil praat oor die “inenting” wat hulle pas tevore gehad het nie.
Wat ‘n gekkeparadys!
PLOFBARE SITUASIE IN NATAL
Nog 'n ernstig saak wat die media vir die publiek verbloem het nou in die ope gekom. Daar is groot wrywing tussen die ANC met sy korrupte polisielede, en die Zoeloes en plattelandse swart bevolking in Natal. Die afgelope tyd is daar groot optogte en oproere veral in die Pietermaritzburg-omgewing.
Die saak strek vanaf 2003 toe die regering 5000 hektaar grond aan die bevolking daar gegee het met die idee om 'n trust te stig waaruit 'n paar hotelle, 'n woonbuurt en 'n wildtuin opgerig sou word. Soos die ANC met alles doen, het die saak so gedraai dat die amptelike oorhandiging van die akte eers in 2007 plaasgevind het. Nou is die polisie besig om die grond vir hulself toe te eien en die inwoners voel dat dit diefstal van hulle eiendom is.
Feitlik alle oorloë het oor grondgebied begin. Hierdie een sal nie 'n uitsondering wees nie en is tans 'n baie plofbare situasie wat maklik die sneller kan wees vir die verwagte burgeroorlog in Suid-Afrika. Kyk na die kort video by die skakel hieronder om te besef wat werklik aan die gebeur is, dit wat die media vir ons verswyg.
STUDIE- HANDLEIDING – JAKOBUS 5:7-11
’n Studiehandleiding vir die Bybelboek Jakobus in die Nuwe Testament
Anita Joubert
Jakobus 5:7-11 Volharding
Die vroeë kerk was oortuig daarvan dat Jesus se terugkoms baie naby was, en Jakobus bemoedig sy mense deur te sê dat hulle geduldig moet wag, net soos wat ’n boer geduldig wag vir sy oes. Hy weet dat die oes eers die vroeë reën, en dan ook die laat reën nodig het om ’n goeie oes op te lewer. Die reën was baie belangrik vir ’n boer in Palestina en ons lees dikwels daarvan in die Bybel. (Deut. 11:14; Jer. 5:24; Joël 2:23) Net so, soos wat ’n boer weet dat ’n oes op die regte tyd ’n goeie oes lewer, net so sal Jesus se terugkeer op die regte tyd, ’n goeie oes lewer. Vergelyk Jesus se gelykenis van die onkruid tussen die koring (Matt. 13:29). Terwyl hulle wag, moet hulle die tyd ten beste gebruik om hulle geloof te versterk. Paulus het graag sy lesers aangemoedig om die “tyd uit te koop” (Efes. 5:16; Kol. 4:5).
AFRIKANERS OF BOERE?
Wie is ons, Afrikaners of Boere?
Vir sommige mense is dit deesdae oënskynlik belangrik om te probeer bewys dat die Afrikaanssprekende Blanke bevolking van Suid-Afrika in werklikheid uit twee volkere, naamlik Afrikaners en Boere, bestaan. Vanuit ‘n volkekundige oogpunt is dit natuurlik heeltemal onwaar en in die huidige politieke tydstip van ons volk se geskiedenis totaal onvanpas.
Definisie van ‘n volk
Alvorens die aangeleentheid van naderby bekyk word, moet ons eers probeer bepaal wat ‘n volk is.
‘n Volk is ‘n groep mense wat van ander groepe mense onderskeibaar is op grond van gemeenskaplike faktore soos ras-identiteit, bloedverwantskap, taal, kultuur en geskiedenis.
Daar is ‘n groot verskil tussen die begrippe volk en nasie. ‘n Nasie is ‘n groep mense wat binne die grondgebied van ‘n bepaalde staat woonagtig is en dus onderworpe is aan die gesag van die betrokke regering. Daar is dus nie noodwendig gemeenskaplikheid van ras, taal, kultuur en geskiedenis nie. Daar is dus ‘n Suid-Afrikaanse nasie, maar nie ‘n Suid-Afrikaanse volk nie.
LEEF SINVOL
Ds A.E. van den Berg
Jy het net een lewe; leef sinvol
“Die vrees van die Here is ʼn fontein van die lewe, om van die strikke van die dood af te wyk” (Spr.14:27).
Salomo was bekend vir die uitsonderlike wysheid wat hy van God ontvang het. Wysheid is die uitsonderlike vermoë om tussen reg en verkeerd te onderskei. Salomo kon deur mense se voorgee sien wat hom nie net in sy eie lewe gehelp het nie, maar ook dié van sy onderdane wat met probleme na hom gekom het.
Uit Spreuke en Prediker is dit duidelik dat hy baie van die kortstondigheid van die lewe bewus was en gevolglik die noodsaaklikheid om reg te leef. Vir hom was die sin van die lewe nie noodwendig om probleme op te los nie maar ʼn gawe van God wat geniet moes word. Sy lewe en sy geloof was nie twee dinge nie, maar een. Salomo was lief vir die Here en die Here lief vir Salomo.
God wil hê dat ons die lewe as ʼn gawe uit sy hand moet geniet. Ons doen die lewensreis net een maal en nie weer nie. Dis soos ʼn valskermsprong; jy moet dit die eerste keer regkry. Daar is nie ʼn tweede kans nie! Om reg te leef, is Bybelse leiding onontbeerlik. Daarom het God ons die Bybel gegee om reg te leef.“Leer ons om ons dae so te tel dat ons 'n wyse hart mag bekom!”(Ps.90:12).
HY SIEN TOG ALLES
Hannes Ollewagen
1 Pet. 3:8-22
“Want wie die lewe wil liefhê en goeie dae wil sien, moet sy tong bewaar vir wat verkeerd is, en sy lippe dat hulle geen bedrog spreek nie.Hy moet afwyk van wat verkeerd is, en doen wat goed is; hy moet vrede soek en dit najaag.Want die oë van die Here is op die regverdiges en sy ore tot hulle gebed, maar die aangesig van die Here is teen die kwaaddoeners.” (:10-12).
Geliefdes, wat ‘n raak beskrywing vir die huidige toestand in die wêreld is dit nie om te sê dat die wêreld onderstebo is nie. Dit wat veronderstel is om reg te wees, word as verkeerd afgemaak. Dit wat heeltemal verkeerd en onaarvaarbaar is, word met drukgroepe bevorder en daarvoor word “reg” geskree. Wanneer ‘n persoon byvoorbeeld iemand sou teëgaan wat as ‘n ander geslag identifiseer as dit wat hy of sy geskape is, is die persoon wat so ‘n stelling maak “verkeerd”. Hoe durf iemand so iets sê!? Daar is mos nie biologiese feite waarop so ‘n stelling gegrond is nie?
MET RYPERD EN MAUSER (17)
WEGKRUIPERTJIE OP DIE HOËVELD
(Lees reeks by Met Ryperd en Mauser)
Ons getal burgers onder komdt Van Tonder het aansienlik vermeerder deur die toevoeging van ‘n klompie burgers wat muile ontvang het en ook deur vk Breedt se manne wat by ons aangesluit het.
Hierna het ons kommando’s onder genls De la Rey, Kemp, Celliers en Liebenberg na die Hoëveld beweeg. Die Engelse het die gewoonte gehad om vanaf Oktober tot Mei na die Hoëveld te versit weens die perdesiektegevaar in die boswêreld gedurende hierdie tyd. Alhoewel ons perde beter teen die siekte as dié van die vyand bestand was het ons dit gerade geag om saam met hulle daar te gaan rondboer en om so’n bietjie wegkruipertjie met hulle te speel.
Die Engelse het op Klerksdorp groot magte saamgetrek met die bedoeling om hul laaste blokhuislyn vanaf Klerksdorp oor Lichtenburg en Mafeking te voltooi, om sodoende ons verbinding met die Vrystaat af te sny. Dit was dus noodsaaklik dat ons ook Hoëveld toe versit sodat ons die vyandelike magte aldaar so lastig kon val dat hulle in die uitvoering van hul planne gestrem word.
Ek en ‘n paar van my maters wat goeie perde besit het, is deur komdt Van Tonder aangestel as sy adjudante.
HIPER-SENSITIEF AGV GIFSPUIT...
...EN GIFSPUIT EN AAPPOKKE
U sou seker al gehoor het dat die sogenaamde aappokke wat een van die nuwe plae is wat die Nuwe Wêreldorde op ons pad gestuur het, hoofsaaklik by homoseksuele mans met verskeie seksmaats, aangetref word. Maar wat u seker nog nie gehoor het nie omdat dit die Kabaal pas, is dat minstens 96% van die mans wat die virus opgedoen het, met die mRNS-gifinspuiting “ingeënt” is. Die rede vir hulle siekword is eenvoudig. Die gifinspuiting verswak die mens se immuniteit tot dit byna geen siekte kan teenstaan nie. Oor die tydperk van ‘n paar maande – veral as daar nog “boosters” ook toegedien is – verswak dit so dat selfs die gewone chemiese en biologiese bedreigings in die omgewing wat nooit vir die mens dodelik gevaarlik was nie, nou hul verskyning maak in die vorm van omvattende ekseemuitslag op die vel, pyn in die bene en gewrigte, allergieë en nog meer.
Volgens gepubliseerde navorsing van die Barcelona Institute for Global Health (ISGlobal) word die aappokke-virus deur speeksel, urine en semen oorgedra, dus hoofsaaklik die liggaamsvloeistowwe van ‘n besmette persoon.
LEKKER SLAAP!
Soms mag ons 'n stukkie pragtige musiek in video waardeer...
https://lovinglifetv.com/daily-inspirational-video-28-july-2022-tears-in-heaven/
STUDIE- HANDLEIDING – JAKOBUS 5
’n Studiehandleiding vir die Bybelboek Jakobus in die Nuwe Testament
Anita Joubert
Jakobus 5:1-6 Waarskuwing aan rykes
Dwarsdeur hierdie gedeelte is elke woord wat Jakobus gebruik, baie sorgvuldig gekies om ’n duidelike, visuele prentjie te skep van dit wat hy wil sê. In die eerste drie verse is dit sy doel om die absolute nutteloosheid van aardse rykdom te beklemtoon. Hy sê eintlik aan die rykes dat as hulle geweet het wat hulle aanvang, dan sou hulle huil en kerm as hulle geweet het wat vir hulle wag met die oordeelsdag. Die prentjie is nog meer visueel wanneer ons verstaan dat die Griekse woord wat hy gebruik, ololuzein, is wat ons in Afrikaans “klanknabootsing” noem. Met ander woorde, dit maak die klank na van iemand wat hardop huil en skree en ween uit vrees vir die verskrikking van die dag van die Here (Jes. 13:6; 14:31; 15:2-3; 16:7; 23:1; 23:14; 65:14; Am. 8:3).
MET RYPERD EN MAUSER (16)
BROKKIES UIT ONS KOMMANDOLEWE
(Lees reeks by Met Ryperd en Mauser)
Dit was nou al diep in Oktober 1901.
Nadat ons ‘n paar dae op Kwaggashoek gerus het, ontvang ons berig dat daar ‘n Engelse kamp op Rondawelskraal staan en dat die vyand soos gewoonlik weer besig is om met behulp van hul swart handlangers die graan op die omliggende landerye te verwoes. Die vyand het met sekels die koringare afgekap en maak toe gereed om met die grootpad langs na Groot Marico te trek.
Generaal Kemp gee bevel om hierdie Engelse troep êrens te gaan voorkeer en aan te val. Ons trek die Maricorivier by Koedoesfontein deur en hou al links van die rivier deur die berge tot naby Rietvlei, waar ons die nag slaap. Vroeg die volgende môre was ons bokant Rietvlei, in die rante by Kleinfontein se nek en wag die vyand in.
DURBAN SE CHAOS GISTER
Weet u dat daar gister in Durban in Greystraat massiewe oproer en chaos plaasgevind het? Die spul barbare het skote geskiet en privaat voertuie en winkels beroof sonder dat een polisieman teenwoordig was. Die pad is by elke kruispad vol gemors gegooi wat aan die brand gesteek is. Eers aan die einde van alles het een polisiemotor opgedaag - mens kan nie help om te wonder wat die 4 polisiemanne teen die massas sou kon uitrig nie; dalk kop in een mus? Die hele atmosfeer en klank sou mens aan Dingaan se barbare by Piet Retief-hulle se moord kon laat dink. Was hierdie gebeure deur die hoofstroommedia gedek of was hulle weer van mening dat hulle die bevolking blind moet hou vir die toestand waarin die land verkeer?
Kyk gerus na die uittreksel by die skakel hierbo om te besef hoe vinning die hele land in so toestand kan verander. Is u paraat?!
HYDROGEL MET MIKROSKYFIES IN INSPUITINGS
Die video hierbo is 'n volledige, eerlike aanbieding deur dr Carrie Madej oor presies wat in die gifinspuitings is en wat dit aan die mensdom doen en nog gaan doen. Die persoon wat dit nié met aandag deurgewerk het nie weet nie die helfte van wat werklik met die mensdom gaan gebeur nie. Hierdie visuele aanbieding is met passie gelewer en maklik volgbaar; doen uself 'n guns en maak tyd daarvoor.
Dr. Carrie Madej is ‘n interne geneesheer in McDonough, Georgia in die VSA. Sy is ook opgelei in allopatie en osteopatie en het inentingprosesse vir 20 jaar lank bestudeer. Sy het soos menige ander mediese spesialiste die sogenaamde COVID-19-entstowwe ontleed en besef dit is nie konvensionele entstowwe nie. Die ontwerp is daarop gemik om ons biologie te manipuleer en kan dus die biologie van die hele mensdom verander. As dr Madej korrek is en die mRNA-spuitstof die vermoë bied om nie net ons gene te verander nie, maar ook die deur oopmaak vir nanotegnologie-gedrewe skakeling tussen ons liggame en programmeerbare tegnologie, is ons nie net besig om oor die lyn van transmenslike gebied te stap nie maar tart ons ons Skepper deur sy skepsels hieraan bloot te stel!
Daar is verskeie stowwe in die spuitstof waarvan een ‘n hydrogel is. Sy het dit van nader ondersoek en beskryf dit so:
“Die hydrogel is 'n DARPA-uitvinding wat nanotegnologie en nanobotte (mikroskyfies) insluit. Dit is ‘n 'bio-elektroniese skakelmiddel' waarmee die inentingsmerk met u slimfoon kan skakel. Dit verskaf inligting oor biologiese data soos bloedsuiker, hartklop ens.
"Dit het die potensiaal om byna alles te sien wat in u liggaam aangaan," sê dr Madej. “Dit sal onmiddellike gevolge hê vir ons privaatheid, maar niemand het nog gevra waarheen hierdie inligting gaan nie. Wie sal al hierdie data versamel en daartoe toegang hê? Wie sal verantwoordelik wees om dit te beskerm? Hoe en waarvoor sal dit gebruik word? Ook, as u selfoon inligting van u liggaam kan ontvang, watter inligting kan u liggaam dan ontvang van ander bronne? Kan uitsendings ons bui beïnvloed? Ons gedrag? Ons fisiese funksie? Ons gedagtes of herinneringe?”
In sy Forbes-artikel haal Sahota Kurzweil se boek “The Singularity Is Near: When Humans Transcend Biology” aan, waarin Kurzweil sê:
"Dit sal die hoogtepunt wees van die samesmelting van ons biologiese denke en bestaan met ons tegnologie, wat sal lei tot 'n wêreld wat steeds mens is, maar wat ons biologiese wortels oorskry."
STUDIE- HANDLEIDING – JAKOBUS 4:11-12
’n Studiehandleiding vir die Bybelboek Jakobus in die Nuwe Testament
Anita Joubert
Jakobus 4:11-12 Moenie kwaad praat nie
Die Grieks-Afrikaanse Interliniêre Bybel vertaal vers 11 so: “Broers, moenie slegpraat van mekaar nie.” Die Griekse woord is katalalein. Dit beteken om slegte en lelike dinge van iemand te sê wanneer hy nie teenwoordig is om homself te verdedig nie. Dit is dieselfde woord wat Paulus gebruik in sy brief aan die Romeine wanneer hy ’n lys van ongeregtighede noem waaraan die goddeloses hulleself skuldig maak (Rom. 1:30). Ook Petrus veroordeel hierdie sonde in 1 Petrus 2:1. Mense besef nie altyd dat daar min sondes is, wat so ernstig deur Bybelskrywers veroordeel word, as juis die sonde van onverantwoordelike skinder met kwade bedoelinge. Jakobus veroordeel dit veral om twee fundamentele redes:
- Dit is verbreking van die koninklike wet dat ons mekaar moet liefhê soos wat ons onsself liefhet. Ons kan mekaar mos nie liefhê wanneer ons van mekaar sleg praat nie. Wanneer ’n persoon ’n wet doelbewus verbreek, dan beskou hy homself as verhewe bo die wet. Hy maak dan van homself ’n regter van die wet.
- Om van ons naaste sleg te praat, is om hom te veroordeel. Geen mens het die reg daartoe nie, net God mag oordeel.
Jakobus 4:13-17 Afhanklikheid van God
Die Jode was die groot handeldrywers van die antieke tyd. In die tyd van Jesus en net daarna, is daar baie stede gevestig en die Jode is dikwels gratis burgerskap aangebied omdat die stadstigters geweet het dat hulle geld en handelsvermoëns ’n aanwins vir die stad sou wees. Hulle het dan vir ’n tyd lank daar gaan bly, goed geld gemaak, en dan teruggekeer na Jerusalem. Dit is met hierdie mense wat Jakobus hier praat.
Die onsekerheid van die mens se toekoms was deur alle eeue deel van die mens se gedagtewêreld. Die Spreukeskrywer het gesê: “Moenie roem oor wat jy more verwag nie; jy weet nie wat die dag sal oplewer nie” (Spr. 27:1). Jesus het ’n gelykenis vertel van die ryk, maar dwase man wat vir hom ’n fortuin bymekaar gemaak het, maar vergeet het dat sy lewe van hom af weggeneem kan word (Luk. 12:16-21). Vir Jakobus is die onsekerheid van die lewe ’n motivering om ons algehele afhanklikheid van God te besef. Mense soos Paulus, wat die erns daarvan besef het, het hulle planne in afhanklikheid van God gemaak. Hy skryf aan die Korintiërs: “Maar binnekort sal ek na julle toe kom, as die Here wil, ...” (1 Kor. 4:19). Jakobus sluit in vers 17 af deur in der waarheid te sê dat hy die waarheid nou aan sy lesers voorgelê het, en dat hulle nou gewaarsku is. Hulle sal nooit kan sê dat hulle nie geweet het nie.
EINDELIK DIE WAARHEID OOR COVID-19
Daar is die afgelope twee jaar dikwels gedebatteer of daar werklik 'n Covid-19-virus bestaan het. Of het die Kabaalbende die gewone Coronavirus gebruik om mense bevrees te maak sodat hulle die gifinspuiting met graagte wou neem? Eindelik is hier 'n volkome betroubare bron, dr Richard Fleming, wat onder eed getuig het presies hoe die Covid-19-virus saamgestel is, amper soos 'n motor se onderdele wat met presisie gebou en in die bakwerk geplaas word. Dit kon ook net deur fyn spesialiste gedoen word, maar dit verg 'n professionele wetenskaplike om ander se werk te kan beoordeel, en dit is dr Fleming gewis! Hierdie briljante man met doktorsgrade in meer as een vakgebied is so dikwels deur opponente hoftoe gesleep om sy bevindinge teen te staan, dat hy homself in die regte bekwaam het om homself te kan verdedig want hy kon dit beter en goedkoper doen as om telkens 'n advokaat daarvoor te kry.
Luister na hierdie geloofwaardige verklaring onder eed.
MET RYPERD EN MAUSER (15)
Dr JP Botha
Lees reeks by Met Ryperd en Mauser
NA DIE VRYSTAAT
Toe ons Veldkornet, Roelf van Tonder bespeur dat ons korporaalskappie, wat maar uit vyftien man bestaan het, baie gelukkig is en gereeld ons plig doen, roep hy ons bymekaar en vra of ons kans sien om na die Vrystaat te gaan en daar vir ons ‘n klompie perde te gaan opkoop. Hierdie versoek het by ons algehele byval gevind.
Daarop kry ons verlof om ons perde ‘n paar dae op Koedoesfontein te gaan voer en te laat uitrus, want daar was nog hawer te kry. Intussen het ons die paar stukkies klere wat ons nog besit het, in orde gebring vir die reis en toe laat vat. Die enigste vervoermiddel vir ons kos, klere en komberse was ‘n ligte kar.
Al die plase waarlangs ons getrek het, was sonder uitsondering verlate en deur die vyand geplunder, die woonhuise reeds afgebrand en die landerye verniel. Daar het maar min lewensmiddele oorgeskiet vir die vegtende en vlugtende Boerevolk wat soos wese op eie vaderlandse bodem blootgestel is aan die roofsug van ‘n sogenaamde beskaafde nasie.
Ons is oor Kwaggashoek en Tweebuffelsgeskiet tot op ‘n plaas van kommandant Vermaas waar ook alles verlate was, maar naby aan die woonhuis was ‘n stukkie mooi groen gras waar ons perde die nag in kom wei.
BELYDENIS VAN 'N "VAXXED" JOERNALIS
Luister na die hartroerende erkenning van 'n "vaxxed" joernalis dat diegene wat gekies het om nie met die gifspuit ingespuit te word nie, die regte besluit geneem het, en dat die oorlog teen die "unvaxxed" totaal onregverdig was.
https://lovinglifetv.com/the-vaxxed-belatedly-recognise-that-the-unvaxxed-are-the-heroes-of-the-medical-covid-fraud/
DRINK SUIWER WATER ONGEAG
'n Baie wyse man wat reeds jare lank oorlede is, het by geleentheid gesê dat talle mense die fout maak om hul vas te staar teen die persoon wat die Woord verkondig en dit dan daaraan oordeel. Hy was van mening dat verkondiging van die Woord van Jesus Christus soos 'n waterstroompie is waar die suiwer bergwater van bo afloop en heeltyd deurskynend en helderskoon is, selfs al loop dit deur 'n ou kopbeenskedel wat daar ver onder in die stroom lê (die sondige persoon wat dit verkondig). Die water wat deur daardie kopbeen stroom is ook suiwer en skoon en mag gedrink word.
By die skakel hieronder sal u so 'n kopbeenskedel vind waardeur baie suiwer bergwater geloop het...
https://lovinglifetv.com/daily-inspirational-video-24-july-2022-one-pair-of-hands/
DIE WÊRELD VERGAAN ONDER LEUENS!
Ds A.E. van den Berg
“En omdat hulle dit nie die moeite werd geag het om God in erkentenis te hou nie, het God hulle oorgegee aan ʼn slegte gesindheid om te doen wat nie betaam nie”(Rom.1:28).
Ons leef in ʼn wêreld van leuens, veral dié wat goed op die oor val; die sg. sagte leuens bv. dat jy net gelukkig kan wees as jy dit wat jy wil hê, kry. Dit laat my aan die verhaal van die koning dink wat ʼn ander koning wou straf en besluit het om dit nie met geweld te doen nie, maar hom alles te gee wat hy wou hê. Die man het verveeld geraak en gewens dat daar eerder oorlog met hom gemaak is!
Die wêreld is oorhoops met die bevrediging van menslike begeertes. Let op die TV. Baie van die programme is op die bevrediging van vleeslike dinge ingestel. Mense trou nie, bly saam en laat buite-egtelike verhoudings opwindend lyk.
Dit spel een ding uit: Sonde en bose begeertes het onder die vel van ons mense ingekruip. Satan vang ons met ʼn slap riem deur booshede net so onskuldig soos die vrug in Eden te laat lyk. En ons sê soos Eva: “Kyk hoe mooi lyk die vrug; met so ʼn iets kan daar mos nie fout wees nie!” En kyk hoe siek het dáárdie vrug die mensdom nie gemaak nie – ons ly vandag nog aan gevolge daarvan!
HET U HOM WAARLIK LIEF?
Hannes Ollewagen
Gén. 22:1-24
“Toe roep die Engel van die Here vir die tweede keer na Abraham van die hemel af en sê: Ek sweer by Myself, spreek die Here, omdat jy dit gedoen het en jou seun, jou enigste, nie teruggehou het nie, dat Ek jou ryklik sal seën en jou nageslag grootliks sal vermeerder soos die sterre van die hemel en soos die sand wat aan die seestrand is; en jou nageslag sal die poort van sy vyande in besit neem. En in jou nageslag sal al die nasies van die aarde geseën word, omdat jy na my stem geluister het.” (:15-18).
Geliefdes, hierdie opdrag wat die HERE aan Abraham gee laat my dadelik dink aan ‘n vraag wat Jesus per geleentheid aan Petrus gerig het. “Toe hulle dan klaar was met die môre-ete, vra Jesus vir Simon Petrus: Simon, seun van Jona, het jy My waarlik lief, meer as hulle hier? Hy antwoord Hom: Ja, Here, U weet dat ek U liefhet. ...” (Joh. 21:15). En dan wonder ek vandag of ek en u ook sonder enige twyfel positief op hierdie vraag sou kon antwoord as ons in Petrus se posisie was en hierdie vraag direk aan ons gerig word.