Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
In Matthéüs 11:20-24 waarsku die Here Jesus dat mense wat Hom nie as Verlosser aangeneem nadat hulle van Hom gehoor het nie, 'n groter oordeel kan verwag in die hiernamaals as mense wat nooit van Hom gehoor het nie. Het u die voorreg gehad om Hom te leer ken? Gebruik daardie geleentheid om die ewige lewe te verkry.
GESPUITES MAAK ONGESPUITES SIEK
By die skakel hieronder is 'n interessante video wat goeie inligting bevat ivm die oordrag van die sogenaamde inenting se gifstowwe vanaf ingespuite persone na oningespuite persone. Baie van ons weet nie waarom jy soms siekerig voel of 'n aaklige veluitslag kry nie. Intussen is dit omdat jy met 'n ingespuite persoon in aanraking was. Luister gerus na die verskillende fasette daarvan.
STUDIE- HANDLEIDING – JAKOBUS 4:1-10
’n Studiehandleiding vir die Bybelboek Jakobus in die Nuwe Testament
Anita Joubert
Jakobus 4:1-10 Waarskuwing teen wêreldliefde en hoogmoed
Die Nuwe Testament is baie duidelik daaroor dat hierdie oorweldigende begeertes van die mens ’n baie groot gevaar vir ons geestelike lewe is. Jesus het gesê: “Die saad wat tussen die onkruid val, dui op dié wat die woord hoor, maar deur die sorge en die rykdom en die genietinge van die lewe word dit gaandeweg verstik, en dit skiet nie saad nie” (Luk. 8:14). Paulus skryf aan sy geloofskind,Titus:“Vroeër was ons ook onverstandig, ongehoorsaam, op die verkeerde pad, verslaaf aan allerlei begeertes en singenot; ons het ons lewe in kwaadwilligheid en in jaloesie deurgebring; ons was haatlik en het mekaar gehaat” (Tit. 3:3).
Die belangrikste keuse wat elke mens in sy lewe moet neem, is om te kies tussen jou eie genot, of om God te plesier. ’n Wêreld waar mense kies om hulleself bo alles te plesier, word ’n slagveld van barbaarsheid en verdeeldheid.
VERVULLING VAN DIE WET
Hannes Ollewagen
Matt. 5:17-48
“MOENIE dink dat Ek gekom het om die wet of die profete te ontbind nie. Ek het nie gekom om te ontbind nie, maar om te vervul.” (:17).
Geliefdes, die woordeboek verklaar vir ons die betekenis daarvan om te vervul as volg –
- Om iets vol te maak.
- Om iets na te kom.
Die definisies van hierdie woord, “vervul”,maak vir ons‘n kosbare skat oop uit hierdie bergpredikasie van Christus. Hy het nie gekom om die wet of die profete te ontbind nie, maar om te vervul. Hy het derhalwe nie gekom om dit uitmekaar te haal, ongedaan te maak of tot ‘n einde te bring (te ontbind) nie, maar om dit ten volle, volkome na te kom – te vervul. En dit is vir ons volkome duidelik uit die voorbeelde wat Hy self in hierdie bergpredikasie tot ons lering gebruik. Hy neem telkens ‘n wet uit die Ou Testamentiese tyd en verduidelik dat die eise wat Hy vir ons daar stel veel hoër is as die letter van die wet soos in die wet van Moses opgeteken. “Want Ek sê vir julle dat, as julle geregtigheid nie oorvloediger is as dié van die skrifgeleerdes en Fariseërs nie, julle nooit in die koninkryk van die hemele sal ingaan nie.”
BOERE VEG VIR HUL REG!
As ons as Afrikaners enigsins 'n voorbeeld wil kry oor hoe ons die internasionale geldmag moet begin beveg om weer vryheid in ons eie land te verkry, moet ons by die klomp Hollanders gaan kersopsteek. Hulle is tans besig om veld te wen teen die sataniese onderdrukking van die Geldmag deurdat veral die boere wat nou verbied word om kos op die tafel te sit, gesamentlik geweldige fisiese weerstand bied. Mag ons hemelse Vader ons help om ook soveel durf aan die dag te lê, soveel moed te openbaar om te help sorg dat die Geldmag nie finale beheer oor ons hier plaaslik kry en ons so verhonger en verslaaf dat ons nie meer voedsel sal hê om voort te bestaan nie.
Kyk na die video by die skakel hieronder en sien hoe vasberade die Hollandse boere baklei om hul reg om voedsel te produseer voort te sit - en salueer hulle!
https://lovinglifetv.com/klaus-schwab-be-very-afraid-the-99-have-woken-up/
DRAKONIESE PLANNE VIR ELKE LAND
Die Wêreld Gesondheidsorganisasie (WGO) kry dalk diktatoriale magte
Die WGO kan reeds vanaf November 2022, toevallig aan die begin van die griepseisoen vir die Noordelike Halfrond, uitgebreide diktatoriale magte ontvang.
Die Biden-administrasie het reeds op 18 Januarie vanjaar voorstelle ingedien waaronder hierdie uitgebreide magte aan die WGO verleen sal word. Daarvolgens sal die WGO oor die mag beskik om die nasionale soewereiniteit van 194 Verenigde Nasie-lidlande omver te werp en om aan hulle gesondheidsmaatreëls te dikteer. Hierdie drakoniese magte sal deur die internasionale reg afdwingbaar wees.
Onder die nuutverworwe outoriteit sal die WGO ook die mag hê om vaksien-paspoorte in te stel en verpligte inentings af te dwing. ‘n Wêreldwye “vaksien-paspoort/digitale identiteitsprogram” is reeds in ver gevorderde stadium van ontwikkeling.
Die Covid-“pandemie” was duidelik ‘n oefenlopie, en die wêreld kan straks ‘n reeks nuwe uitbrake verwag van virusse waarmee gewetenlose wetenskaplikes eksperimenteer vir hierdie doel.
VOEDSELTEKORTE MET ENKONOMIESE INEENSTORTING OPPAD
In 2010 het die Rockefeller-stigting 'n verslag gepubliseer met die titel "Scenario's vir die toekoms van tegnologie en internasionale ontwikkeling," waarin hulle ook 'n "Lockstep"-scenario uiteengesit het – 'n gekoördineerde globale reaksie op 'n dodelike pandemie. Alhoewel die naam en oorsprong van die Covid-virus verskil, stem die scenario wat in hierdie dokument uiteengesit word ooreen met baie van die besonderhede van ons onlangse verlede.
1. 'n Dodelike virale pandemie.
2. Verwoestende ekonomiese gevolge.
3. Internasionale mobiliteit wat tot stilstand kom.
4. Bankrot nywerhede, staak van toerisme en globale voorsieningskettings.
Hierdie verslag spel basies uit wat die uiteindelike plan is, en dit is om bioterrorisme te gebruik om totale beheer oor die wêreld se hulpbronne, rykdom en mense te neem.
Toe, in April 2020, het die Rockefeller-stigting die witskrif, "National COVID-19 Testing Action Plan," vrygestel wat 'n strategiese raamwerk is wat duidelik bedoel was om deel te word van 'n permanente toesig- en sosiale beheerstruktuur wat persoonlike vryheid ernstig beperk.
MET RYPERD EN MAUSER (14)
Dr JP Botha
Lees reeks by Met Ryperd en Mauser
JAN GANSOOG SE VERBEELDING
Ons Rustenburgers was aan die einde van Mei 1901 nog orals op die plase versprei toe daar ‘n berig van generaal Kemp kom dat daar ‘n groot Engelse mag op Vlakfontein staan. Veldkornet van Tonder kon darem naastenby ‘n honderd man bymekaar kry en ons sluit toe by die Krugersdorpers van kommandant Claassen en die Pretorianers van kommandant Oosthuizen aan, tesame met die orige magte van generaal Kemp.
Na ons die vorige dag so hier en daar met die vyand slaags was en hulle hul bes gedoen het om ons vanaf ‘n veilige afstand met hul kanonne te bestook, kry ons die oggend berig dat die vyand vanaf Vlakfontein met ‘n sterk berede afdeling in ons rigting aankom. Ons neem dadelik posisie in maar die Engelse bly vassteek aan die anderkant van ‘n uitgestrekte vlakte, buite trefafstand van ons kleingeweervuur en begin om ons stellings met twee kanonne te peper.
Ons magte was oor ‘n taamlike groot afstand tussen die rantjies versprei en dit was dus moeilik om presies te weet wat by elkeen van ons afdelings aan die gang was.
Skielik sien ek dat daar aan die regterkant van ons Rustenburgers rook begin opstyg en besef toe dat van ons mense die gras aan die brand gesteek het.
AARD-VERWARMING
’N SET VAN SATAN!
Ds AE van den Berg
Lees reeks by Artikels: Ds Andrè vd Berg
" 'Science has spoken: Global warming is a myth' Twee Amerikaanse chemici het bevind dat die aarde ten spyte van hoë koolstof vlakke nie warmer word nie, maar eerder kouer en dat dit vir plante en diere voordelig is. Meer as 17,000 wetenskaplikes (ook weerkundiges) het hierdie verklaring onderskryf. Die VN het hom nie hieraan gesteur nie. Sedertdien het 32,000 wetenskaplikes ’n soortgelyke verklaring onderteken."
Job.38
Daar word deesdae baie oor aardverwarming gepraat. Baie tyd en geld word aan navorsing, konferensies en bewaringsprojekte spandeer omdat geleerdes vreesaanjaende natuurrampe vir die toekoms voorspel; droogtes en hongersnode wat miljoene mense en diere kan laat sterf. Gevolglik word die bekamping van aardverwarming as ’n wêreldwye uitdaging gesien, omdat net die mens iets daaraan kan doen. Altans so word verkondig
Die mensdom het tot onlangs nog geglo dat God die natuur beheer. Nie meer vandag nie. Ongelowiges glo dat die natuur die mens se verantwoordelikheid is. Ja, die mensdom moet inderdaad reg met God se skepping omgaan. Hy het immers aan hulle ’n kulturele mandaat gegee om namens Hom daaroor te heers. Desondanks is dit God se eiendom: “Die aarde behoort aan die Here en die volheid daarvan, die wêreld en die wat daarop woon” (Ps.24:1).
STUDIE- HANDLEIDING – JAKOBUS 4:1-10
’n Studiehandleiding vir die Bybelboek Jakobus in die Nuwe Testament
Anita Joubert
Jakobus 4:1-10 Waarskuwing teen wêreldliefde en hoogmoed
Die Nuwe Testament is baie duidelik daaroor dat hierdie oorweldigende begeertes van die mens ’n baie groot gevaar vir ons geestelike lewe is. Jesus het gesê: “Die saad wat tussen die onkruid val, dui op dié wat die woord hoor, maar deur die sorge en die rykdom en die genietinge van die lewe word dit gaandeweg verstik, en dit skiet nie saad nie” (Luk. 8:14). Paulus skryf aan sy geloofskind,Titus:“Vroeër was ons ook onverstandig, ongehoorsaam, op die verkeerde pad, verslaaf aan allerlei begeertes en singenot; ons het ons lewe in kwaadwilligheid en in jaloesie deurgebring; ons was haatlik en het mekaar gehaat” (Tit. 3:3).
NOG DOKTERS IN OPSTAND TEEN GIFINSPUITING
Land vir land word mense keelvol vir die deursigte valsheid van hulle regerings. In die video by die skakel hieronder kan u die byeenkoms van mediese dokters in Queensland, Australië, aanhoor en hoe hulle opstaan teen die onreg wat op die Australiese bevolking gebring is. Veral die sterftesyfer wat deur die sogenaamde inentings, ook aan die kinders gedoen is. Die feit dat die regering weier om sterfgevalle te ondersoek is ook op die tafel gebring. Die gevolge van die inspuitings word ernstig bespreek.
Luister na die video indien u in die waarheid belangstel.
https://lovinglifetv.com/queensland-australia-doctors-revolt-against-the-vaccine-media-blackout/
MET RYPERD EN MAUSER (13)
Lees reeks by Met Ryperd en Mauser
Dr JP Botha
OP OU BREEDT SE PLAAS
Op hierdie tydstip het ons klein perdekommando’tjie grotendeels uit jongmanne bestaan wat deur veldkornet Roelf van Tonder uitgesoek is om perde aan toe te ken wanneer daar perde beskikbaar was.
Vk Van Tonder was nie ‘n grootprater nie. As daar besluit word om ‘n Engelse kamp aan te val, kon die Generaal maar gerus wees dat Van Tonder op sy pos sou wees.
Soos reeds vroeër vermeld, was ons veldkornetskap se taak om die grens tussen ons mense en die swartes te bewaak. Dus kon ons nie deelneem aan al die gevegte wat in die Moot of te Hekpoort of op verskeie ander plekke plaasgevind het nie. Telkens het daar in ons eie wyk klein gevegte voorgekom wanneer ons met ‘n verbytrekkende Engelse troepeafdeling slaags raak. Dan probeer ons om hulle só besig te hou dat hulle nie in staat sou wees om patrollies uit te stuur om die omliggende plase kaal te stroop nie. Daar was nog altyd huisgesinne wat daarin geslaag het om die vyand te ontvlug. Hulle het hul toevlug tot die ruie klowe geneem, waar die vyand selde binnegedring het. My verloofde was een van die gelukkiges wat nog veilig rondgevlug het.
SATAN DIE VERLOORDER
Ds A.E. van den Berg
“En die groot draak is neergewerp, die ou slang wat genoem word duiwel en Satan, wat die hele wêreld verlei...” (Openb.12:9).
Hoe lyk Satan? Niemand weet nie. Sommige mense stel hom baie vreemd en selfs komieklik voor – ʼn bokagtige wese met horings, gesplete kloue en ʼn drietandvurk. Sulke voorstellings is nie Bybels nie. Dis hoe talle Middeleeuse kunstenaars hom visueel voorgestel het en die voorstellings byval gevind het.
Satan en sy demone is geeste. Hulle het nie hande, voete of enige ander sigbare menslike kenmerke nie. Dis een van die redes waarom die Bybel nie Satan se voorkoms beskryf nie. Wanneer Paulus na hom as ʼn engel van die lig verwys, praat hy nie sy voorkoms nie maar van sy gevaarlike, veranderende gedaante en optrede waarmee hy mense deur die eeue mislei.
Al wat ons van die Satan weet, is dat hy voor sy val ʼn leier-engel in die hemel by God was. Hoe hy tans lyk, weet niemand nie. Misleiers dra almal maskers waarmee hulle hul boosheid versteek ten einde mense te mislei. Jesus sê: “Die dief kom net om te steel en te slag en te verwoes...” (Joh.10:10).
WAAROM AANBID ONS DIE HERE?
Hannes Ollewagen
Deut. 10:10-22
“Kyk, aan die HERE jou God behoort die hemel, ook die hoogste hemel, die aarde en alles wat daarin is.” (:14).
Geliefdes, wanneer laas het u ‘n bietjie nagedink waarom ons die HERE aanbid en dien? Dit klink dalk na ‘n vreemde vraag, maar hierdie is tog ‘n belangrike vraag om aan onsself te stel. Dalk aanbid u die HERE omdat u maar van kindsbeen af so geleer is. Dit is wat my ouers aan my geleer het om te doen. En dit het nou maar deur die jare heen ‘n gevestigde gewoonte by my geword. Ek lees gereeld Bybel, ek bid en ek gaan elke Sondag kerk toe. Dalk is hier van ons wat met alle eerlikheid moet erken dat dit lekker is om te dink aan ‘n Almagtige God by Wie geen ding onmoontlik is nie. Hy is ‘n God van wonderwerke en dit is lekker om só ‘n God te aanbid aan Wie ek my hartbegeertes kan stel. Ek wil graag goeie dinge van Hom ontvang. En dit bied boonop vir my ‘n mate van gerustheid om te weet dat daar darem Een is tot Wie ek kan bid wanneer ek in benoudheid of gevaar beland – Een wat uit die nood kan red.
ENTSTOF SONDER PROEWE NOU WETTIG
Op 28 Junie het die FDA se Advieskomitee vir entstowwe twee nuwe COVID-19 “inentings” vir die Wuhan-stam en die Omicron-variant goedgekeur.
By die vergadering is die vervaardigers (Moderna, Pfizer en Novavax) gevra wat hul produksietydlyne is en al drie het gesê as hulle nie enige kliniese data hoef te verskaf nie, kan hulle dit onmiddellik gereed hê. En klaarblyklik het niemand 'n probleem daarmee gehad nie!
Die beleidsvraag was of herformuleerde COVID-19-inspuitings as nuwe molekulêre entiteite (wat hulle is) behandel sal word, in welke geval hulle aan formele hersiening onderwerp moet word in plaas van kliniese proewe heeltemal oor te slaan. As jy iemand vra of herformuleerde mRNA 'n nuwe molekulêre entiteit verteenwoordig, is dit natuurlik so, so dit sal formele regulatoriese hersiening vereis.
Maar wat die FDA toe eerder gedoen het, was om die beleidsvraag te vermom en deur te smokkel as 'n stemming oor herformuleerde 'versterkers' vir die herfs.
HUIDIGE WêRELDTOESTAND
Hier volg 'n kort video waarin die huidige wêreldtoestande genoem word, soos die tekort aan olie, ook vliegtuie se enjinolie, wat sal meebring dat daar mettertyd nie meer vlugte beskikbaar sal wees nie. Daar word ook die bewering gemaak dat die Derde Wêreldoorlog reeds begin het.
https://www.facebook.com/1183141242/videos/pcb.10229369710525572/403158001852106
SO VERMOOR HUL ONS KINDERS
U sal hierdie soort berigte nooit, maar nooit in die hoofstroomnuus sien nie. Die rede is eenvoudig: die inhoud is so skandelik dat dit verberg moet word. ‘n Voorbeeld is dié van ‘n twee maande oue baba wie se verslag uit die VAERS-stelsel geneem is. (VAERS is die US Vaccine Adverse Eve Reporting System). Die verslag lui: "'n 2-maande-oue manlike pasiënt het bnt162b2 (PFIZER-BioNTech COVID-19 VACCINE) lotnommer: EL 739 ontvang, via 'n ongespesifiseerde toedieningsroete op 02 Feb 2021 teen enkel dosis vir COVID-19 immunisering. Pasiënt is inenting toegedien, waargeneem vir 15 minute, het die kliniek verlaat en het een uur later op 02 Feb 2021 teruggekeer met voorkoms: vel koud, klam, borspyn, hartstilstand – saaknommer 1015467".
Hoe het dit gebeur dat 'n 2 maande oue baba die mRNA-entstof ontvang? Hierdie entstowwe het nog nie EUA (Emergency Use Authorization) verkry vir goedgekeurde gebruik by kinders van vyf jaar en jonger, deur die FDA of enige ander regulerende owerheid nie, en selfs al sou dit, sal die EUA volgens ooreenkoms slegs babas van 6 maande en ouer insluit.
Was hierdie baba 'n deelnemer aan Pfizer-BioNTech se kliniese proewe, wat kamstig doeltreffendheid en veiligheid onder babas toets?
CELE SE SOGKREET
Die ware Beki Cele het weer eens na vore gekom tydens 'n byeenkoms waar die groep Action Society teenwoordig was. Die leier van die gemeenskapsaksiegroep, Ian Cameron, het in sy toespraak gepleit dat minister Cele die realiteit van die misdaadtoestand moet besef maar Cele het presies gereageer soos wanneer jy weet jy is 'n leeglêvark en jou dan so gedra deur op jou opponent te skree en die hele saak te verpolitiseer met die sogenaamde arme agtergeblewenes van apartheid. Maar die ergste is die brutaliteit waarmee die swart polisie Cameron uit die saal verwyder het, dit nadat hy soos 'n opgevoede persoon die feite aan die minister gestel het en dié hom verskree het. Ian Cameron, ons opgevoedes haal ons hoede vir jou af, jy verdien die grootste medalje, en ons bid dat jou hofsaak teen die vark geslaagd en regverdig sal eindig!
Kyk na die video van gedeeltes van die gebeure by die skakel hieronder:
https://lovinglifetv.com/police-minister-monkeypox-cele-once-again-brings-the-saps-into-disrepute/
STUDIE- HANDLEIDING – JAKOBUS 3:13-18
’n Studiehandleiding vir die Bybelboek Jakobus in die Nuwe Testament
Anita Joubert
Jakobus 3:13-18 Hemelse wysheid teenoor aardse en demoniese wysheid
In verse 13 tot 18 gaan Jakobus weer terug na die begin van die hoofstuk toe hy gesê het dat hulle nie moet probeer om almal leermeesters te wil wees nie, want iemand wat ander leer, sal swaarder geoordeel word. So ’n persoon moet met liefde en genade leef. Hy sal dan aan ander kan wys wat die beherende krag is waaruit hy leef. Wanneer hy voortgedryf word deur bitterheid, selfsugtigheid en ambisie, dan is sy optrede vals en stem nie ooreen met die waarheid wat hy bely nie.
Volgens Barclay staan daar in vers 14 twee versoekinge uit waarteen leermeesters moet waak:
GELDMAG SE PLAN VIR VOEDSELTEKORT
Ons moet ons nie laat vertel dat die voedseltekorte wat nou in Amerika en ‘n paar ander lande begin het die gevolg is van klimaatsverandering en die konflik tussen Rusland en Oekraïne nie. Reeds in Julie 2020 het die Rockefeller-stigting dit voorspel. U weet seker dat die Rokkefeller-familie deel van die Wêreldgeldmag of te wel die Kabaal is – die satanskinders wat tans besig is om die wêreldbevolking met groot spoed te verminder deur middel van die gifinspuiting.
Onthou, COVID is op 11 Maart 2020 tot 'n pandemie verklaar, so, teen die tyd dat die Rockefeller-verslag gepubliseer is, het die pandemie net vier maande bestaan, en hoewel sekere hoë-risikogroepe wel voedselonsekerheid ervaar het soos kinders wie se primêre maaltyd 'n skoolmiddagete is, was wydverspreide voedseltekorte, in terme van leë rakke, nie algemeen of besonder ernstig in die VSA nie.
'Reset the Table' is deel van The Great Reset. Die betrokke dokument, getiteld "Reset the Table: Meeting the Moment to Transform the U.S. Food System," gepubliseer deur die Rockefeller Foundation op 28 Julie 2020, beskryf hoe die COVID-pandemie “...die ergste honger- en voedingkrisis ooit” in die VSA sou veroorsaak en dan na elke land sal uitbrei.
MOOI SKOOT ORANIA!
Geluk aan Orania met die groot skuif om van Eskom weg te breek. Dit wil gedoen wees om meer as R10 miljoen rand bymekaar te kry uit so 'n klein gemeenskap om hulself van krag te voorsien. Terwyl Eskom weer fase 6 betree het en die moontlikheid baie sterk is dat hulle heeltemal in duie kan stort, was dit 'n wyse en dapper besluit wat Orania geneem het om op hulle eie kragvoete te staan.
Kyk na die video by die skakel hieronder en sien hoe lyk hulle kragnetwerk: