Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
In 1 Johannes 5:14 sê hy dat God ons verhoor as ons iets vra volgens God se wil. Calvyn se kommentaar op hierdie vers bring meer duidelikheid wanneer hy sê dat as dit aan elkeen van ons toegestaan wou word om te vra net wat ons begeer, sou daar baie swak na ons omgesien word. Dit sou ook die geval wees as God aan ons wense sou toegee. Want ons weet nie wat vir ons goed is nie. Inteendeel, ons brand van slegte en verderflike begeertes. Dus is die geheim van verhoorde gebede daarin dat ons niks sal vra wat strydig is met God se wil nie. Daarom moet ons sy wil ken en gehoorsaam.
MET RYPERD EN MAUSER (12)
Lees reeks by Met Ryperd en Mauser
Dr JP Botha
IN DIE RUSTENBURGSE BOSWÊRELD
’n Paar dae later kry ons Veldkornet kennis om met sy manskappe in die rigting van Middelfontein terug te trek, waar ‘n Engelse troepemag besig was om die omgewing te fynkam en alles wat eetbaar was, te vernietig.
Nadat ons daar aangekom het, ontmoet ons ‘n ander klompie burgers by wie ons toe aansluit. Teen tienuur die môre nader ons die vyandelike kamp, maar besef gou dat ons posisie ongunstig was en trek derhalwe weer terug. Maar ons het dieselfde aand nog weer langs ‘n omweg óm die vyand getrek, met die bedoeling om hulle vroeg die volgende oggend vanuit die teenoorgestelde rigting aan te val.
Ons neem toe ook die kamp sonder versuim onder vuur, maar die Engelse het uitstekende skuilplek in die rante om die kamp gehad, met die gevolg dat ons later maar die aanval moes staak omdat ons nie manne onnodig wou opoffer nie.
Daarna is ons weer terug na ons eie wyk, waar ons verneem dat onderwyl ons weg was, die swartes weer ‘n klompie beeste kom roof het en een van die burgers, Jan du Toit en sy seun, wat besig was om te ploeg, aangeval het.
OORSPRONG VAN DIE BYBEL
Ds A.E. van den Berg
“Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid”(2 Tim.3:16).
Alles wat ons in die NT lees, was nie amptelik Bybel gewees toe dit geskryf is nie. Toe Paulus sy briewe geskryf het, was dit bloot net briewe en niks anders nie; briewe aan sekere mense en gemeentes wat sy raad op daardie stadium nodig gehad het. So ook al die ander briewe soos bv. die Sendbriewe.
Die Evangelies en Handelinge is geskryf as ʼn manier om ongelowiges wat nie van Jesus geweet het nie te evangelieseer. Johannes het weer sy hemelse gesigte met die skrywe van Openbaring met die vervolgde gelowiges gedeel.
Al hierdie individuele skrywes is destyds nie as Skrif beskou nie maar eers jare later nadat Sinodes byeengekom het om die dinge wat oor Jesus en die lewe van die vroeë kerk geskryf is, uit te sorteer en onder leiding van die Heilige Gees te besluit watter daarvan as met gesag vir die geloof sou wees.
WANNEER ESKOM GROET
Wanneer Eskom totaal ineenstort moet ons weet dat absolute anargie en chaos binne twee dae sal volg. Niemand sal volkome gereed wees vir die toestand wat op ons sal neerdaal nie maar u kan voorsorg tref om so veilig as moontlik te wees, so paraat as kan kom met wapens om u self mee te verdedig, en genoeg opgebergde voedsel om vir 'n paar weke tot maande aan die lewe te bly. Dit geld ook vir skoon water.
Kyk na die video by die skakel hieronder om die erns van die saak te begryp.
https://lovinglifetv.com/is-eskom-about-to-fail-if-so-what-next-for-south-africa/
AFGUNS PAS NIE BY GELOWIGES
Hannes Ollewagen
Titus 3:1-11
“Want ons was ook vroeër onverstandig, ongehoorsaam, op ‘n dwaalweg, verslaaf aan allerhande begeerlikhede en singenot; ons het in boosheid en afguns gelewe; ons was haatlik en het mekaar gehaat.” (:3).
Geliefdes, in hierdie brief van Paulus aan Titus praat Paulus van die lewe voor die bekering. En hy maak melding van verskeie booshede wat nie by ‘n gelowige tuishoort nie. Hy praat van die begeerlikhede van die vlees, sinsgenot, liefdeloosheid (haat) en maak dan ook spesifiek van afguns melding. Hierdie lelike eienskap, afguns, word pertinent by die naam genoem. Dit is derhalwe nie sommer iets nietig of onbenullig nie.
Wanneer ons in Galásiërs 5 van die vrug van die Gees teenoor die werke van die vlees lees, word hierdie eienskap – afguns – weer pertinent by die naam genoem. “...afguns, moord, dronkenskap, brassery en dergelike dinge, waarvan ek julle vooraf sê, soos ek al vroeër gesê het, dat die wat sulke dinge doen, die koninkryk van God nie sal beërwe nie.”
MET RYPERD EN MAUSER (11)
Lees reeks by Met Ryperd en Mauser
Dr JP Botha
DIE VROUELAER
"Dog as ‘n man se broek al baie sleg was, was dit seker vir hom geregverdig om ‘n voordelige ruil met ‘n gevangene te maak, want net die volgende dag het dié al weer ‘n splinternuwe uitrusting ontvang. Ons moes noodgedwonge maar ons krygsgevangenes laat loop en dit was soms al te prettig om ‘n Kakie in ‘n ou gelapte broek met ‘n gehawende grootrand hoed te sien wegstap. Gewoonlik het hy self ook daaroor gelag."
Die wyk van veldkornet Roelf van Tonder, waaraan ek ook behoort het, het in die Rustenburgse distrik aan die grens tussen die blankes en die swartes gelê. Rooftogte en diefstal het dikwels plaasgevind, veral gedurende die oorlogsjare. Ook het die swartes nie geskroom om te moor ten einde hul strooptogte te laat slaag nie.
Daarom het ons klompie onder Van Tonder bevele ontvang om in hierdie buurt te bly om die huisgesinne so veel as moontlik teen die swartes se aanvalle te beskerm.
STUDIE- HANDLEIDING – JAKOBUS 3
’n Studiehandleiding vir die Bybelboek Jakobus in die Nuwe Testament
Anita Joubert
Die brief van Jakobus
Jakobus 3:1-12 Beheersing van die tong
In die vroeë Kerk was die rol van ’n leermeester van baie groot belang en hulle is ook met groot agting behandel. Die Griekse woord wat Jakobus hier gebruik vir leermeesters, is didaskaloi. Dit is dieselfde woord waarvandaan ons Afrikaanse woord, “didaktiek”, wat “lerende onderwys”, beteken, afgelei is. In 1 Korintiërs 12:28 noem Paulus diegene wat onderrig gee, as een van die lys van sommige ledemate wat God aan sy gemeente, die liggaam van Christus, gegee het. Die apostels en die profete het altyd rondgereis en het nooit lank in een gemeente gebly nie. Die mense wat onderrig gegee het, het in die gemeente gebly en ’n baie belangrike werk gedoen om die nuwe bekeerlinge te leer en op te voed in die Christelike geloof.
MET RYPERD EN MAUSER (10)
Lees reeks by: Met Ryperd en Mauser
Dr JP Botha
DIE BEGIN VAN ONS VLIEËNDE KOMMANDO’S
Frans du Toit was toe ook noodgedwonge verplig om saam met sy Engelse vriende in die kamp, in die skuilings vir die Boere se koeëls weg te kruip. Sy huis was maar ongeveer vyf kilometer van die kamp af geleë en ek het gewens ek kon hom - en veral sy vrou - weer ontmoet om haar my perde en geweer te wys waarmee ek nou weer lustig teen hulle vriende veg. Ongelukkig kon ek nie die geleentheid kry nie deurdat ek skielik saam met veldkornet Van Tonder in die middel van die nag die kamp moes verlaat om hulp te gaan verleen aan president Steyn en generaal De Wet, wat deur ‘n vyandelike oormag gedwing is om noordwaarts te vlug.
Ons klompie onder veldkornet Van Tonder het die President en generaal De Wet by Olifantsnek ontmoet. Daarna is ons oor die nek in die rigting van Magaliesburg, totdat ons kontak met die Vrystaatse agterhoede op Middelfontein gemaak het.
MODERNE PROFETE
Ds. A.E. van den Berg
“Geliefdes, glo nie elke gees nie, maar stel die geeste op die proef of hulle uit God is, want baie valse profete het in die wêreld uitgegaan”(1 Joh.4:1).
Charismate hou dikwels kerkkampe om mense te leer hoe om te profeteer. Dis ʼn ernstige dwaling want die Bybel sê duidelik dat profesie ʼn gawe van God is. Mense leer dit nie aan nie. God gee dit aan wie Hy wil.
Charismate glo dit vir geen oomblik nie en glo dat dit wel aangeleer kan word. Hulle glo dat God op so ʼn wyse boodskappe aan die moderne profete gee om aan mense mee te deel. Getalle neem ten opsigte hiervan oorhand toe! Jesus waarsku in Mt.24 teen die valse profete van die laaste dae en sê dat daar baie van hulle gaan wees met baie volgelinge wêreldwyd. Satan werk onder hulle!
HET ONS VOLK NOG ENIGE KENNIS?
Hannes Ollewagen
Jes. 1:1-31
“’n Os ken sy besitter en 'n esel die krip van sy eienaar, maar Israel het geen kennis nie, my volk verstaan nie.” (:3)
Geliefdes, hierdie is nie ‘n geïsoleerde geval waar God sy volk oor hul gebrekkige kennis aanspreek nie. Luister gerus na die woorde van die HERE uit Jesaja 5:13. “Daarom gaan my volk in ballingskap weens gebrek aan kennis ...”. En die profeet Hoséa getuig ook hiervan. “My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis;...” (Hos. 4:6).
Hierdie gebrekkige kennis waaroor die HERE sy volk aanspreek, is nie ‘n gebrek aan kennis oor ekonomiese sake, politiek, onderwys of dergelikse sake nie. Dit spreek ons aan oor ‘n gebrek aan kennis van Hom. En hierdie woorde is vir ons volk nog nét so van toepassing as wat dit vir die volk van Israel in die dae van Jesaja en Hoséa was. Die HERE het vandag steeds ‘n behae daarin dat ons ‘n ware kennis van Hom moet hê. “Want Ek het 'n behae in liefde en nie in offerande nie, en in kennis van God meer as in brandoffers.” (Hos. 6:6).
GRIEP TERUG, "GEJABDES" ERG SIEK
Dit is kostelik hoe die gewone griepvirus vir 2 jaar vakansie gaan hou het en nou weer terug is. Maar hierdie keer is hy nie so genadig as in die verlede nie, minstens nie met die mense wat die gifinspuiting gekry het. Hulle immuniteit is mos deur die inspuiting afgebreek, dus land hulle in groot getalle in hospitale. In Australië is daar dubbel soveel grieppasiënte in hospitale as wat daar met covid lê.
En steeds word ons wysgemaak dat die aappokke lewensgevaarlik is. Nee wat, wees gerus, u behoort dit nie eers aan te steek nie behalwe as u dalk homoseksuele gewoontes het, of letterlik met iemand wat dit het, se blasie-vloeistof in aanraking was.
Kyk na die video by die skakel hieronder om meer daaroor te wete te kom:
https://lovinglifetv.com/the-truth-about-the-flu-monkeypox-and-covid-19/
DIESEL-ENJIN-OLIE ONVERKRYGBAAR
Ons is almal bewus van die poging van die globaliste van die Nuwe Wêreldorde om 'n voedselskaarste te skep presies soos in OPenbaring 6 aangedui. Een van die mees suksesvolle pogings sal sekerlik die nuutste een wees om die produksie van diesel-enjin-olie te stop - iets wat hulle beoog om binne die volgende weke uit te voer.
Die meeste groot trokke wat voedsel vervoer gebruik diesel; hulle het dus diesel-olie vir die enjins nodig. Die plan is om vir minstens 'n jaar geen diesel-enjin-olie te vervaardig nie.
Kyk na die video by die skakel hieronder en neem gerus die raad aan om bitter vinnig 'n voorraad daarvan bymekaar te maak vir gebruik in krisistye.
GEEN MASKERS - HOE LANK?
Baie mense is seker verlig oor die herroepping van die staat van rampspoed met betrekking tot die dra van maskers, samekomste en toegang tot Suid-Afrika. Dit beteken geen maskers hoef gedra te word nie, mense kan weer in onbeperkte getalle bymekaar kom, en dat enigiemand wat Suid-Afrika binnekom nie meer die gifinspuiting vooraf hoef te kry nie.
Dit alles klink baie positief en mens kan maar net hoop dat dit nie 'n ompad is tot groter inperkings nie. Niks, maar niks, keer hierdie onbevoegde, skelm regering om oor 'n maand bekend te maak dat die wegneem van maskers veroorsaak het dat 'n virus, of dit nou covid of aappokke of wat ookal is, 'n "pandemie" meegebring het nie. En dan, en dan, sal daar strenger maatreëls as ooit tevore wees...
Maar geniet hierdie (kort) periode van normaliteit solank as dit hou! En kyk na die video by die skakel hieronder om te bevestig waarvan ons praat.
STUDIE- HANDLEIDING – JAKOBUS 2:14-26
’n Studiehandleiding vir die Bybelboek Jakobus in die Nuwe Testament
Anita Joubert
Die brief van Jakobus
Jakobus 2:14-26 Glo en doen
Wanneer ons hierdie gedeelte lees kan dit maklik gebeur dat ons dink Jakobus en Paulus mekaar weerspreek. Paulus sê telkemale baie duidelik dat ons uit genade gered is (Efes. 2:8). Ons moet egter raaksien dat Jakobus se klem dieselfde is as wat ons dwarsdeur die hele Nuwe Testament kry. Johannes die Doper het geleer dat mense die egtheid van hulle bekering moet wys deur hulle dade (Matt. 3:8; Luk. 3:8). Jesus het self gepreek dat mense se lewens só die lig moet laat skyn deur hulle dade, dat ander wat dit sien, aan God al die eer sal gee (Matt. 5:16). Hierdie klem ontbreek geensins by Paulus self nie. Daar was min van die Bybelskrywers wat soveel klem geplaas het op die etiese aspek van ons Christenskap. Hy het altyd die belangrikheid van ons Christendade as deel van ons Christelike lewe beklemtoon. “Hy sal elkeen vergeld volgens sy dade” (Rom. 2:6). “Elkeen van ons sal dus oor homself aan God rekenskap moet gee” (Rom. 14:12). “God sal elkeen beloon volgens sy werk” (1 Kor. 3:8). “…sodat elkeen kan ontvang volgens wat hy tydens sy aardse lewe gedoen het, of dit nou goed was of kwaad” (2 Kor. 5:10).
VOEDSELPLAN OM ANTICHRIS TE DIEN
Sintetiese vleis- en suiwel-alternatiewe is GMO-gemorskos op steroïede
Hier staan ons nou op die vooraand van sintetiese voedsel vir die hele wêreld – dis nou indien die Nuwe Wêreldorde se ryk base hulle sin kry. Suid-Afrika sal vermoedelik nog lank daarteen veg en moontlik nooit heeltemal onderwerp word aan hierdie satansplan nie maar daar is lande waar dit reeds beproef word onder andere Singapoer wat reeds gekweekte vleis vir kommersiële verkoop goedgekeur het. Tot dusver is dit 'n verlore onderneming. Soos berig deur die Daily Mail, word die fetale (fetusse) beesserum (FSB) wat gebruik word om die “vleis” te kweek, verkoop vir $1 000 per liter, so, gekweekte vleis sal teen $200 000 per pond moet verkoop om net gelyk te breek.
In die VSA en ‘n paar ander lande het 'n ander soort beesvleisalternatief wat nie 'n fortuin kos om te maak nie, die mark oorgeneem, naamlik “plantgebaseerde” vleisvervangers onder name Impossible Burger en Beyond Meat. Ongelukkig vir hierdie maatskappye is daar tydens hofsake bewys dat dit nie plantaardig is nie.
OM IN DIE WAARHEID TE LEEF
Hannes Ollewagen
Joh. 1:15-34
“Want die wet is deur Moses gegee; die genade en waarheid het deur Jesus Christus gekom.” (:17).
Geliefdes, ons lees in Psalm 25 van die pragtige versoek wat Dawid aan God rig. “Dalet. HERE, maak my u weë bekend; want U is die God van my heil. U verwag ek die hele dag. He. Lei my in u waarheid en leer my, want U is die God van my heil. U verwag ek die hele dag.” (:4&5). Ja, uit hierdie versoek besef ons opnuut waarom hierdie man ‘n man na aan God se hart was. Ons besef weer waarom God hom so innig liefgehad het. Hierdie man, hoewel nie sonder sonde nie, het in opregtheid begeer om in die weë van die HERE te leef. Hy het met opregtheid begeer om die waarheid te ken omdat hy hierin wou leef. Dit word vir ons in Ps. 26:3 bevestig. “...want u goedertierenheid is voor my oë, en ek wandel in u waarheid.”
MET RYPERD EN MAUSER (9)
Lees reeks by: Met Ryperd en Mauser
Dr JP Botha
DIE ENGELSE VLUG NA MAFEKING
"Ons was nog aan die skiet toe kom generaal De La Rey weer op ons af met sy sambok. Koos Swanepoel het nog nie van hierdie gewoonte van die Generaal geweet nie, met die gevolg dat hy te stadig was om genoeg ruimte tussen hom en die sambok te maak."
Hiervandaan is ons verder na Swartruggens. Op die terrein waar die NG-kerk later gebou is, het ons ‘n Engelse kamp aangetref. Teen hierdie tyd het ons al weer vir enige vyand kans gesien, want ons getal weerbare manne is aansienlik versterk deur die Maricokommando. Veldkornet Van Heerden, ook uit die distrik Rustenburg, se klompie burgers was ook weer bymekaar. Ons het van hulle ook ‘n klompie perde gekry.
STUDIE- HANDLEIDING – JAKOBUS 2
’n Studiehandleiding vir die Bybelboek Jakobus in die Nuwe Testament
Anita Joubert
Die brief van Jakobus
Jakobus 2
Jakobus 2:1-13 Moenie volgens die uiterlike oordeel nie
Die Nuwe Lewende Vertaling stel vers 1 so mooi en sê dat ons nie kan bely dat ons in die Here Jesus glo, en dan ander mense sommer so op die uiterlike beoordeel nie. Jesus het vir ons die regte voorbeeld gestel en selfs die Fariseërs het dit erken. (Luk. 20:21; Mark. 12:14; Matt. 22:16). Petrus het ook hierdie les geleer toe hy die gesig gesien het van die doek met die rein en die onrein diere in Handelinge 10. In Handelinge 10:34 erken hy dat hy tóé eers begryp het dat God geen onderskeid maak nie, maar uit alle volke mense aanneem wat Hom vereer en doen wat reg is. Hierdie waarheid het Paulus ook voortdurend op die harte van sy lesers gedruk (Rom. 2:11; Efes. 6:9; Kol. 3:25).
WEGRAPING
Ds. A.E. van den Berg
“... En baie valse profete sal opstaan en baie mense mislei” (Mt.24:11).
Dwaalleer neem ontstellend onder volksgenote toe. Mense eet leuens vir soetkoek op omdat hulle geestelik honger is, maar op die verkeerde plekke na geestelike voedsel gaan soek en in die slagyster van fabels trap. “...want daar sal 'n tyd wees wanneer hulle die gesonde leer nie sal verdra nie .... en die oor sal afkeer van die waarheid en hulle sal wend tot fabels” (2 Tim.4:3,4).
God gee vir ons die waarheid in sy Woord. Om dwaalleer te glo, is om met God te spot. “Moenie dwaal nie; God laat Hom nie bespot nie...” (Gal.6:7). Een van die dwalings wat die meeste mense mislei, is die leer van die Wegraping. Dit leer in werklikheid twee wederkomste. Met die eerste vertoef Jesus in die lug terwyl Hy sekere gelowiges oppluk om hul die groot verdrukking te spaar. Later kom Hy vir ʼn finale keer as Regter aarde toe.
Klink hierdie eerste wederkoms en die wegraping reg? Beslis nie! Ongelukkig glo duisende volksgenote dit omdat hulle met tweedehandse kennis tevrede is. Hulle lees en bestudeer nie self die Bybel nie en aanvaar sondermeer oor wat ander daaroor sê. Dit laat mense baie leuens en fabels soos die wegraping glo. Dit staan glad nie eens in die Bybel nie!
DIE S.A. POLISIE...
...beskerming of bedreiging?
Ds. A.E van den Berg
“Want die owerhede is geen voorwerp van vrees by die goeie dade nie, maar by die slegte...” (Rom.13:3)
1. God en wetgewing
Omdat God reg en geregtigheid liefhet, het Hy wette gegee en regspraak ingestel:
“Geregtigheid, geregtigheid moet jy najaag, dat jy kan lewe en die land in besit kan neem wat die Here jou God jou sal gee” (Deutr.16:20).
“Die Rots — volkome is sy werk; want al sy weë is strafgerigte; 'n God van trou en sonder onreg; regverdig en reg is Hy” (Deutr:32:4).
“Doen reg aan die swakke en die wees; gee aan die ellendige en die arme sy reg. Red die swakke en behoeftige, bevry hulle uit die hand van die goddelose mense” (Ps.82:3,4).