Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Ons weet dat 'n testament deur 'n persoon opgestel word wanneer hy nog leef, en dat dit eers in werking tree wanneer die testamentmaker te sterwe kom. Ook in die Bybel het sterfte met bloed 'n verband; daarom het ook die 1e Testament (die OT) met bloed gepaard gegaan toe diere geoffer is en hulle bloed vir mense as boetedoening moes dien. Die Nuwe Testament het ook met bloed gepaard gegaan toe Christus se bloed vir ons gevloei het. En die erfenis wat ons uit sy Testament ontvang, die ewige lewe, is die grootste nalatenskap wat enigiemand kan erf!
NOG ‘N BRILJANTE MAN VERMOOR
Dr Andreas Noack, 'n bekende wetenskaplike en kenner van geaktiveerde koolstof in Duitsland, het nanostrukture in die COVID-19-“entstowwe” ontdek wat nie biologies afbreekbaar is nie en dat dit mense van binne soos skeermeslemmetjies sny, daarom bloei hulle inwendig dood. Slegs vier dae ná die bekendmaking van sy inligting is hy wreed vermoor.
Noack het die ontdekking gemaak terwyl hy die entstowwe vir die teenwoordigheid van grafeenoksied met behulp van mikro-raman-spektroskopie (die studie van interaksie tussen energie en materie) bestudeer het. Deur frekwensies het hy ontdek dat die entstowwe nie grafeenoksied bevat nie, maar eerder grafeenhidroksied.
Elke struktuur is 50nm (nano meter) lank en 0.1nm dik. Hulle is so klein dat hulle nie in 'n lykskouing of op 'n petriskottel opgespoor kan word nie en kan die beste beskryf word as mikroskopiese skeermeslemmetjies.
DIÉ WAARHEID ‘N TRAGIESE IRONIE
Wat kan goed wees aan wêreldhonger? Baie, volgens 'n artikel geskryf deur die nou afgetrede professor in politieke wetenskap van die Universiteit van Hawaii, George Kent. Die artikel is die eerste keer in 2008 bekend gestel en het vir meer as 'n dekade grootliks ongemerk gebly, al is dit, vreemd genoeg, op die Verenigde Nasies se webwerf gepubliseer.
Dit was eers toe die artikel weer op Twitter verskyn het dat dit viraal geraak het – en dit is toe onmiddellik deur die VN verwyder. In reaksie hierop het die UN Chronicle getwiet:
“Hierdie artikel het 14 jaar gelede in die UN Chronicle verskyn as poging tot ‘n satire en was nooit bedoel om letterlik opgeneem te word nie. Ons is bewus gemaak van die mislukking daarvan, selfs as ‘n satire, en het dit van ons webwerf verwyder.”
HOF MOEDIG MOORD OP BOERE AAN
Die uitspraak in die hofsaak van Petrus Sitho teen Cyril Ramaphosa oor die gebruik van die woorde "Kill a Boer; Kill a Farmer" moedig inderdaad moordenaars aan om nou met die hof se toestemming soveel boere/Boere as moontlik te vermoor. Daar was 'n oproep op Ramaphosa om by die hofsaak teenwoordig te wees maar niemand kon hom op 25 Augustus opspoor nie. Die saak kon anders gedraai het indien hy daar was om vrae te antwoord. Ook was daar geen prokureur of regter met genoeg kennis om die Sitho-saak te lei nie. Dit kom van Sitho self, en hy vra nou die hulp van geswore regskenners om hom te help aangesien hy nie die saak gaan laat vaar nie.
By die skakel hieronder kan u die video kyk oor die verloop van sake.
AFRIFORUM NOGEENS DEURSIGTIG
Weer het Afriforum/Solidariteit gewys dat hulle 'n frontorganisasie is wat nie vir die Afrikaner staan nie. Die wyse waarop hulle die hofsaak wat hulle teen Malema aanhangig gemaak het om die haatspraak "Kill a Boer, kill a Farmer" onwettig te laat verklaar, het duidelik gewys dat dit net 'n advertensieveldtog vir hulself was asook vir Ernst Roets se boek met dieselfde titel. Dat hulle kon aansoek doen dat die woorde "Kill a Boer, kill a Farmer" nooit weer genoem of gehoor mag word nie terwyl Roets se boek dieselfde titel het, toon ook 'n ondeurdenktheid van formaat. Intussen het Malema wat nie eers sy skoolloopbaan kon voltooi nie met die patetiese advokaat van Afriforum gemors! Geen wonder die uitspraak was in Malema se guns nie. Vir meer besonderhede, kyk gerus na die video by die skakel hieronder.
RESPEK – SKAARS, MAAR KOSBARE EIENSKAP
Hannes Ollewagen
1 Sam. 26:1-25
“Maar Dawid sê vir Abísai: Bring hom nie om nie, want wie slaan sy hand aan die gesalfde van die Here en bly ongestraf?” (:9).
“Mag die Here my bewaar dat ek my hand aan die gesalfde van die Here sou slaan! …” (:11).
Geliefdes, ons kry in hierdie gelese gedeelte te doen met koning Dawid wat op ‘n besonderse wyse optree. Hy is op ‘n stadium in sy lewe waar die verwagting van koningskap oor Israel vir hom wink. Maar benewens hierdie vooruitsig beland Dawid ook in ‘n situasie waar hy vir Saul met gemak kan verslaan. Hy kan nie alleen die persoon wat tussen hom en die koningskap staan verslaan nie. Hy het ook die geleentheid om ontslae te raak van hierdie man, Saul, wat hom uit jaloesie gedurig agternasit en sonder enige geldige rede probeer doodmaak. “ Verder sê hy: Waarom agtervolg my heer sy dienaar tog? Want wat het ek gedoen? Of watter kwaad is daar by my?” (:18).
INSEKTE MET GIF ONS VOORLAND?
Daar word vertel dat minstens 80% van die wêreldlande reeds 'n dieet volg waarby insekte ingesluit is. Daar word ook verkondig dat dit uiters goeie voedingswaarde besit. Dit alles mag waar wees want in lande soos Suid-Korea is vleis skaars en onbetaalbaar duur. Daarom is dit slegs oosterse en dikwels arm lande wat insekte vir beter voeding in hulle dieet insluit. Nou kom die weste en implimenteer insekte as totale plaasvervanger vir die vleis van diere. Hulle oortref die ooste by verre mbt die aantreklikheid van die produkte en dit word so geformuleer dat mens omtrent enigiets daarbinne kan voeg sonder dat iemand dit besef. Maar daar is een groot verskil tussen oos en wes! Hierdie saak word nou deur die Nuwe Wêreldorde gedryf, daarom bevat hierdie insekprodukte nie net insekte nie maar ook 'n paar ander bestanddele soos grafeenoksied wat in die covid "entstof" gebruik word om die wêreldbevolking tot 500 000 miljoen te verminder, dws, die uitwis van ongeveer 7 miljard mense, 'n proses wat reeds goed opdreef is met sover 'n paar miljoen mense wat wêreldwyd só vermoor is. Mag Suid-Afrika sterkstaan teen hierdie sataniese poging wat in Amerika reeds hulle tienerspore betree. Vir fyner besonderhede, kyk na die video by die skakel hieronder.
DE KLERK, RETIEF, DINGAAN EN RAMAPHOSA...
DIE WARE STORIE AGTER RETIEF SE BESOEK AAN DINGAAN
Daniel Lötter
In 1971 het dr L Oberholzer ‘n klompie historiese gegewens opgeteken oor die moord op Piet Retief en sy manne op 6 Februarie 1838 .
Wat Retief destyds nooit besef het nie, was dat sy lot verseël was nog lank voor sy eerste besoek aan Dingaan. Inderdaad, nog voordat die Trekkers die Drakensberge oorgesteek het, het die tyding van die Slag van Mosega en die nederlaag van Mzilikazi reeds Dingaan se ore bereik. Hy was toe alreeds nie bereid om hierdie magtige “wit towenaars” in sy gebied te laat nesskop nie. Of Retief dus gery het om te onderhandel, of gery het om te gaan oorlog maak – moeilikheid was in die sterre vir hom voorspel.
Retief se eerste besoek aan Dingaan was dus blote protokol. En die ontvangs was nie hartlik nie, want Dingaan het hom daarvan beskuldig dat die Trekkers sy vee gesteel het. Nadat Retief hom oortuig het dat dit Sikonjella was, het die twee ooreen gekom dat Retief die gesteelde vee SAAM met Sikonjella self sou terugbring. Hierna vertrek Piet Retief eers na die Engelse handelspos by Port Natal. Halfpad daarheen staan hulle ‘n nag oor by die sendingstasie van eerwaarde Champion, wat Retief ernstig waarsku teen Dingaan se verraderlike planne. Sy eie bediendes het hom kom waarsku dat die koning ‘n slagting van die wittes beplan.
NUREMBERG TOE EN NOU
In die video by die skakel hieronder vertel Vera Sharav, 'n slagoffer van die destydse slagting waarop die Nurembergverhore plaasgevind het, meer oor die Nurembergkode. Vergelyking tussen toe en nou in die huidige toestand waar miljoene mense met die gifinspuiting vermoor word, is opvallend dieselfde. Sy bevestig dat die Nurembergkode steeds vasstaan en dat die Kabaal 'n onwettige massamoord op die mensdom uitvoer, 'n totale sataniese, misdaad teen die mensdom. Sy waarsku ook oor die dinge wat teen die mensdom beplan word. Dit is 'n video wat gekyk moet word!
VAL VAN DIE KABAAL
Die leuens en misdade van die Kabaal word stuk vir stuk dwarsdeur die wêreld ontbloot. Sommige doen groot moeite om die waarheid oor die covid-plandemie aan die lig te bring. By die skakel hieronder kan u na 'n belangrike episode in 'n kosbare reeks hieroor kyk. Vergewis uself van die feite en kom tot die besef hoe belangrik dit is om self inligting daaroor te versprei. Ons, die 99% het al die mag oor die 1% Kabaal indien ons saamstaan en die waarheid laat seëvier; dit is die enigste metode wat kan werk om weer vry te word van die sataniese magte wat ons wil oorneem en vernietig. Onthou, hulle maak staat op ons onkunde om sukses te bereik; laat ons nie ons Goddelike plig versuim deur oningelig te wees nie, hierdie is 'n oorlog tussen Lig en Duisternis!
https://www.onenewspage.com/video/20220817/14784211/The-Sequel-To-The-Fall-Of-The-Cabal.htm
AS GLOBALISTE GOD SPEEL
Min mense weet hoe groot die aanslag van die globaliste op die planeet aarde is. Nie net wil hulle die mensdom uitroei nie maar loods 'n geweldige aanslag op die planeet en sy elemente, dit alles in die naam van wetenskap. Die video by die skakel hieronder bevat uiters leersame inligting oor hoe omvangryk hulle aanslag is.
https://www.brighteon.com/78f2882d-2c23-4b18-877f-4a5a65d4fb38
DIE GROOT ONTWAKING!
U het hopelik na die vorige video gekyk DIE GROOTSTE MOORDTOG OOIT! By die skakel hieronder is die opvolg daarop wat, indien u nog nie verstaan wat regtig die afgelope twee jaar besig is om te gebeur nie, moontlik die ontwaking sal meebring. Moet dit nie mis indien u 'n ingeligte persoon wil wees nie.
DIE GROOTSTE MOORDTOG OOIT!
Talle van ons vriende en familielede het die afgelope twee jaar in hospitale gesterf - kwansuis aan Covid 19, dit terwyl die griepsterftesyfer nooit hoër as 'n normale griepseisoen was nie; daar is net so baie gelieg oor wie regtig 'n virus onderlede gehad het. 'n Groot persentasie van die "gevalle" was motorongelukke en talle ander siektes maar waarvan die oorledene se doodsertifikaat "Covid 19" aangedui het. En wanneer die persoon nie sou sterf aan sy beserings of siekte nie, is daar in hospitale seker gemaak dat hy sterf - dit vir 30 sikkels silwer vanaf die Geldmag.
Bitter min daaroor is ooit deur die hoofstroommedia berig want hulle kon nie waag om dié sensitiewe saak aan te raak nie; daar sou te veel navrae daaroor ontstaan. Nietemin het sekere dokters en verpleegsters besluit om die saak te ontbloot. Hulle staan vandag bekend as fluitjieblasers, en sommige is as gevolg hiervan ook vermoor. Kyk na die video by die skakel hieronder om uself te vergewis wat werklik in hospitale aan die gebeur was.
https://lovinglifetv.com/g0031u-part-twenty-two-new-world-order-the-financial-incentive-and-power/
STUDIE- HANDLEIDING – 1 PETRUS 1:1-2
’n Studiehandleiding vir die Bybelboek Petrus in die Nuwe Testament
Anita Joubert
1 Petrus 1:1-2 Inleidend
Dit gebeur dikwels in die Nuwe Testament dat die grootheid van ’n gedeelte nie met die eerste oogopslag sigbaar is nie. Die diepte van wat regtig gesê word, lê dikwels in die oortuigings wat agter die woorde skuil. So is dit ook in hierdie gedeelte. Dit is duidelik dat die brief geskryf is vir nie-Jode. Wat hier uitstaan, is dat woorde en begrippe wat voorheen oorspronklik net op Jode van toepassing was, die uitverkore volk, nou ook gebruik word om die nie-Jode te beskryf. Die nie-Jode het voorheen geglo dat hulle buite die genade van God is. Die Jode het geglo dat God net vir Israel, van al die nasies in die wêreld, lief was. Hulle het graag gesê dat die heidene bedoel is om brandstof vir die hel te wees.
DIE SALIGE EINDE
Ds A.E. van den Berg
“Wie oorwin, Ek sal hom 'n pilaar in die tempel van my God maak, en hy sal daar nooit weer uitgaan nie; en Ek sal op hom die Naam van my God skrywe en die naam van die stad van my God, van die nuwe Jerusalem, wat uit die hemel van my God neerdaal, en my nuwe Naam” (Openb.3:12).
Die benaming Nuwe Jerusalem word tweemaal in die Bybel vir die simboliese stad van die gelowiges in die hiernamaals gebruik. Dis na die oordeelsdag die ewige tuiste van alle gelowiges en nie die hemel soos wat baie dink nie. Die hemel is die uitsluitlike woonplek van God en sy engele. Jesus sê self: “En niemand het opgevaar in die hemel nie, behalwe Hy wat uit die hemel neergedaal het, naamlik die Seun van die mens wat in die hemel is” (Joh.3:13).
As van Henog en Elia gesê word dat hulle in die hemel opgeneem is, word na die Paradys as die wagkamer na die Nuwe Jerusalem verwys. Jesus sê vir die misdadiger aan die kruis op Golgota: ” .... Voorwaar Ek sê vir jou, vandag sal jy saam met My in die Paradys wees.” (Luk.23:43).
AS ONS MET HOM STERF
Hannes Ollewagen
2 Tim. 2:1-13
“…want as ons met Hom gesterf het, sal ons ook met Hom lewe.” (:11).
Geliefdes, is daar vir ‘n gelowige, opregte kind van God enige groter voorreg of vreugde as om mét Hom te kan lewe? Ons moet tog nie die denkfout maak dat hierdie voorreg eers vir ons ná ons aardse dood wag nie. Nee, hierdie voorreg, en ook die verantwoordelikheid van ‘n lewe saam met Christus is reeds hier op aarde ons deel. Dit sal natuurlik na volmaking oorgaan nadat ons aardse tentwoning afgebreek en ons met ‘n verheerlikte liggaam oorklee is. Maar dit beteken nie dat ons reeds op aarde geen deel hieraan het nie, geliefdes. “Nie dat ek dit al verkry het of al volmaak is nie, maar ek jaag daarna of ek dit ook kan gryp, omdat ek ook deur Christus Jesus gegryp is.” (Fil. 3:12).
MIDDELBURG OPPAD NA BLOEDBAD
Met betrekking tot ons vorige berig vanoggend oor die sporadiese uitbreek van geweld in ons land: Die koerant, The Middelburg Observer, het vandag met ‘n ROOI WAARSKUWING berig dat stakende munisipale werknemers met vuurwapens in Walter Sisulustraat in die sakekern opgeruk en vullis in die straat gegooi het terwyl hulle skote links en regs afgevuur het.
Die geweld het gister uitgebreek toe stakende werkers op die sekuriteitsinstansie, PPP begin skiet het en dié teruggeskiet het. Een werknemer het aan sy beserings beswyk. Nog een is steeds in 'n kritieke toestand.
Die geweld het gister uitgebreek ná ’n krisisvergadering wat nie daarin geslaag het om ’n oplossing vir die voortslepende arbeidsonrus te vind nie. Werknemers was glovan mening dat 'n skikking bereik sou word vir hulle eis van 'n Vlak 5 munisipale opgradering. Werknemers sê die staking sal voortduur totdat daar aan hul eise voldoen word. Die “eis” klink maar flou; dit is nie juis ‘n saak waaraan munisipale werkers hulle steur nie en die vermoede is dat dit net ‘n front is om te deel in die onrus wat reeds plek-plek in die land‘n aanvang geneem het.
Daar is geen woord van die munisipaliteit oor wat die volgende stappe sal wees om die geweld hok te slaan nie. Daar gaan dus geen stappe geneem word om die geweld te stop nie terwyl talle onskuldige persone se voertuie met klipgooi en brand verinnerweer word.
Sal hierdie die groot sneller wees vir die lank verwagte burgeroorlog in ons land?
SWART-OP-SWART-GEWELD BEGIN
Daar word reeds jare lank voorspel dat die verwagte burgeroorlog in Suid-Afrika begin sal word met swart-op-swart-geweld. Mnr Jaap Marais, leier van die Herstigte Nasionale Party, is in 2000 oorlede. Hy was die eerste persoon wat die insig gehad het om te sien wat n Suid-Afrika aan die ontwikkel was en het talle kere gewaarsku dat daar 'n dag sal kom dat die swartes in die land mekaar sal begin aanval en dat die swart geweld vinnig sal oorspoel na die blankes. Daarom is daar telkens vermaan om paraat en voorbereid te wees. Dit wil lyk asof ons naby aan die uitbreek van daardie oorlog is waar brandstigting die botoon sal voer. By die skakel hieronder sien u reeds die eerste tekens van plaaslike swart volke wat 'volksvreemdelinge' verjaag en hulle wonings afbrand.
MET RYPERD EN MAUSER (21)
Dr JP Botha
VREDE ( Slothoofstuk)
Ons was nog hard besig om brood en beskuit te bak om ons weer vir die verdere stryd toe te rus - want ons het geensins vermoed dat die Oorlog se einde reeds aangebreek het nie - toe ons aan die begin van Mei 1902 na Rietvlei opgeroep word, waar al die ander kommando’s onder generaal De la Rey vergader was.
Ons moes toe stem of ons by vredesonderhandelinge gewillig sou wees om die onafhanklikheid van die Republiek prys te gee en of ons nog bereid is om vir hierdie saak die stryd voort te sit. Die Engelse was glo onder die indruk dat ons burgers lank tevore reeds onvoorwaardelik sou oorgegee het as ons offisiere ons nie so aangemoedig het nie.
Die burgers wat gewillig was om die stryd te beëindig deur onvoorwaardelike oorgawe, word toe gevra om net so te bly staan waar hulle was en dié manne wat nog kans sien om onder die haglike omstandighede die onafhanklikheid van ons dierbaar Vaderland met die wapen teen die invaller te beskerm, word versoek om oor te skuif na die anderkant. Daar het nie ‘n enkel burger bly staan nie.
STUDIE- HANDLEIDING – 1 PETRUS
’n Studiehandleiding vir die Bybelboek Petrus in die Nuwe Testament
Anita Joubert
Inleiding tot 1 Petrus
Van al die sendbriewe van die apostels, is 1 Petrus die mees bekende en geliefde brief en dit is ook deur die eeue, die meeste gelees. Die verwagting van Jesus se wederkoms is op die voorgrond van Petrus se gedagtes in hierdie brief. Vir hom is dit die motief waarom Christene standvastig moet lewe, en met volharding en deursettingsvermoë die swaarkry moet verdra.
Dit is ook betekenisvol om daarop te let dat dít wat Petrus sê in 1 Petrus, is presies dieselfde leerstellinge wat ons vind in die eerste hoofstukke van Handelinge. Dit is dus presies dít wat die vroeë Kerk aan die lidmate geleer het. Die vroeë Kerk se lering was op vyf hoofgedagtes as boublokke gebaseer:
MET RYPERD EN MAUSER (20)
Dr JP Botha
DEUR DIE BLOKHUISLINIE
Hier by die soutpan het ons ‘n paar dae stil gelê om ons perde ‘n bietjie te laat rus en om ons verstrooide burgers weer bymekaar te kry. Die blokhuislinie tussen Lichtenburg en Mafeking lê nog voor, want ons Rustenburgers moes nou weer vir die duur van die winter na ons wyk teruggaan.
Ons het op elkeen van die muilkarre ‘n gewonde burger gelaai want ons ambulans was maar klein. Ek is toegelaat om in die ambulans te ry omdat my perd te kreupel was om my gewig te dra en aan die hand gehou moes word.
Toe ons van die soutpan af vertrek, waarvandaan ons ook ‘n paar vragte sout saamgeneem het, wou Lewies Taljaard, wat ‘n rukkie vantevore ons kar by Brakspruit in die steek gelaat het, nie die gewonde Jan Opperman oplaai nie. Hy laat hom toe onder ‘n boom lê en ry voort. Ons was al ‘n hele entjie weg toe kommandant Van Tonder dit te hore kom. Hy draai toe om en steek Taljaard onder die sambok en jaag hom terug tot by Jan.