Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Dwase leiers word maklik deur hul gevoelens en nie deur hul verstand nie gelei. ‘n Wyse leier daarenteen dink met sy verstand. Hy neem dikwels meer blaam as wat hy verdien en minder eer as wat hom toekom.
STRYD IS LEWE (3)
JA Marais
Lees volledig by Stryd is lewe
'n Bloedlose verowering
Dit is ‘n nuwe idioom waarin die stryd vandag gevoer word, 'n idioom waarteen ons ons eie idioom sal moet slyp totdat dit 'n blink swaard is.
Die toestand waarin ons vandag verkeer, kan seker op verskillende maniere beskryf word, maar hoe jy ook al daarna kyk, dit is ‘n proses van bloedlose verowering waarmee ons te doen het. Oor hoe ver die proses gevorder het, kan wel geredeneer word, rnaar dat dit wel ver gevorder het, moet ons ook aanvaar.
Nou kan u dadelik vir my vra, as u saamstem dat daar 'n proses van verowering aan die gang is, wie die veroweraar is, want dit is tog net so 'n wesenlike deel van die hele saak. Daaroor moet 'n mens ook volkome duidelikheid kry.
'n Mens kan seker by verskeie punte in ons resente geskiedenis begin om hierdie vraag te probeer beantwoord en jy sal altyd by dieselfde antwoord uitkom. Tog is die datum 24 Oktober 1974 vir ons van groot belang wanneer jy die huidige situasie wil beoordeel. Dit is op hierdie dag dat Suid-Afrika se Ambassadeur by die Verenigde Volke, mnr. Pik Botha, in die Veiligheidsraad opgestaan en feitlik vir die VVO gesê het ons vra om verskoning dat ons anders as die res van die wêreld is, ons vra om verskoning omdat ons in Suid-Afrika 'n toestand het waarin diskriminasie tussen Blank en Nieblank bestaan, maar ons gee die versekering dat ons daarvandaan sal wegbeweeg met al die middele tot ons beskikking.
Wat mnr. Pik Botha daardie dag aan die Veiligheidsraad gesê het, is dat Suid-Afrika altyd in die ongelyk was. Die buitewêreld het nog altyd gelyk gehad; ons was verkeerd. Daarom kom ons by na die Verenigde Volke om verskoning te vra en gee dan die versekering dat die foute reggestel sal word.
Wat daarna gebeur het, is welbekend. So 'n twaalf, dertien dae nadat hy sy verskoning aan die Veiligheidsraad gaan aanbied het, het die Algemene Vergadering 'n voltallige sitting gehou en in plaas daarvan dat hy sy dankbaarheid betuig dat die Suid-Afrikaanse Regering nou bereid is om sy fout te erken en die onderneming gegee het om dit reg te stel, word Suid-Afrika se sittingsreg in die Algemene Vergadering hom ontneem.
Nou moet ook in gedagte gehou word dat waar mnr. Pik Botha nog persoonlik sy erkennings in die Veiligheidsraad twaalf dae tevore gemaak het, hy heeltemal van die belangrike sitting van die Algemene Vergadering weggebly het. Hy het die bespreking glad nie bygewoon nie. In die Pretoria News van 13 November 1974 het Suid-Afrika se vernedering onder die volgende opskrif verskyn: "Blacks cheered when SA delegation ordered out." Die inleidende paragraaf van die berig het gelui: "The South African delegation heard the clapping only from afar. Knowing they would have been prevented from speaking, the delegation listened to the dramatic debate on the loudspeakers linking the Assembly chamber with the mission's offices a block from the United Nation building."
Mnr. Pik Botha het die veiligheid van sy kantoor opgesoek terwyl Suid-Afrika in die Algemene Vergadering absoluut verteenwoordigend gestaan het.
Die Pretoria News se berig lui dan voorts: "For the more militant among the Blacks it was the most stunning triumph they have scored in their long battle to force South Africa to abandon its racial policy."
Hierdie daad het terselfdertyd sy weerklank in die Suid-Arikaanse Parlement gehad toe mnr. Vorster in die Senaat verklaar het dat Suid-Afrika by die kruispad aangeland het en dat hy moet kies tussen oorlog en vrede. Syns insiens is die prys van oorlog te hoog, te hoog vir Suid-Afrika.
Hierdie daad was in die werklikste sin van die woord die Suid-Afrikaanse Regering se kapitulasie, sy betuiging dat hy nie die stryd teen die magte van buite gaan voortsit nie. In plaas daarvan het mnr. Vorster uitgevaar in Afrika in en daar gaan probeer vriende maak, sonder dat dit hom enigiets in die sak gebring het.
Sowel mnr. Vorster as mnr. Pik Botha het by daardie geleentheid aangedui dat Suid-Afrika sy binnelandse beleid gaan verander. Dit was die eis van die VVO en van die Swart state van Afrika, en as ons nou praat van die veroweringsproses wat aan die gang is, moet besef word dat dit die basis is waarop dit geskied. Die vredesvoorwaardes wat die VVO gestel het nl. dat ons Suidwes-Afrika en Rhodesië moet prysgee en diskriminasie in Suid-Afrika moet laat vaar, is wat nou tot uitvoer gebring word. Die belofte wat mnr. Pik Botha by die VVO gemaak het — dat ons sal wegbeweeg van diskriminasie — het net een betekenis: die hele apartheidstruktuur in Suid-Afrika moet verdwyn.
Gepaard hiermee word by die Swartes binne Suid-Afrika verwagtinge van al hoe meer toegewings geskep. Van Soweto en Mamelodi en die ander Swart woongebiede om die Blanke stede moet stadstate gemaak word. By die Swartes word al hoe meer die verwagting van volkome gelykstelling op sosiale gebied, op ekonomiese gebied en op opvoedkundige gebied geskep.
Wanneer hierdie bloedlose veroweringsproses in oënskou geneem word, is daar ook een ander belangrike feit wat nooit uit die oog verloor moet word nie. Jare lank word ons onder die indruk gebring van die ontsettende bedreiging van buite. Die wêreld het ontvlam in morele verontwaardiging oor die binnelandse beleid van Suid-Afrika en die Blanke bevolking word wysgemaak dat die wêreld in so 'n gemoedstoestand is dat ons met geweld gedwing gaan word om hierdie beleid prys te gee.
Terwyl dit aan die gang is en ons aandag na buite gerig word, vind die ondermyning van binne plaas, word daar ter wille van die getalsterkte in ons verdediging van die buitelandse bedreiging 'n verrottende element ingelaat. Dit word gedoen omdat die waan bestaan dat jy daardeur jou getalle versterk en dus beter bewapen is om die bedreiging van buite die hoof te bied. Daardeur word die grenslyne tussen die vyand van binne en jou beskerming al meer vervaag. Die liberalis wat in die Afrikanervolk is — of hy aan die universiteit, die kerk of die politiek verbonde is — kry toegang tot jou geledere onder die voorwendsel dat almal moet saamstaan teen die buitelandse bedreiging. Daarom moet die buitelandse bedreiging altyd baie aktueel gehou word, sodat die toestand van insypeling en ondermyning van binne kan voortgaan.
Dit is in hoë mate waarmee ons vandag te doen het. Laat my toe om u te herinner dat ons in die vorige eeu te doen gekry het met die internasionale geldmag wat Suid-Afrika, en by name Transvaal, se rykdom wou inpalm. Met die oog daarop is 'n toestand van vyandigheid in die Britse wêreld, wat toe die dominante komponent van die wêreld was, teen die Afrikanerdom geskep. Toe is ook gesê dat as die toestand binnelands nie verander nie, as die stemreg nie aan die uitlanders gegee word nie, daar oorlog sou kom. Die dreigement van buite is volgehou en binnelands het die Reform Committee, met behulp van die koerante, die ondermyning verrig waardeur hulle eintlik die verowering wou bewerkstellig as hulle pres. Kruger genoeg bang kon maak. Kruger het hulle motiewe begryp en hy was nie bang om die vyand oorlog aan te sê om sy volk se selfrespek te behou nie.
Vandag gaan dit wesenlik om dieselfde dinge. Die mense wat vandag die rykdomme van Suid-Afrika beheer, veral mineraalrykdomme, is mnr. Harry Oppenheimer en sy vennote. Laat my toe om u te herinner wat hierdie man op 1 Augustus 1970 gesê het toe hy, vyf en sewentig jaar ná die rampspoedige Jameson-inval, 'n gedenklesing by die Rhodes Universiteit op Grahamstad gelewer het.
"Rhodes," verklaar mnr. Oppenheimer, "was nogtans nie verkeerd, deur te dink dat die Transvaalse Republiek van Kruger nooit deel kon vorm van 'n moderne, verenigde Afrika tensy dit grondig verander word nie. As daar 'n blanke gemeenskap was, so selfvoldaan, so agterdogtig vreemde invloede dat hulle selfs teen groot materiël koste geweier het om saam te werk aan die bou van 'n verenigde moderne land, dan moes die gemeenskap vernietig word. Soos Rhodes die saak gesien het, het die gemeenskap homself hardkoppig en dwaaslik gestel as 'n versperring in die weg van die noodwendige evolusionêre vooruitgang van die geskiedenis. Suid-Afrika moet kies: vooruit as 'n moderne verenigde nasie in tred met die res van die mensdom, of terug in die laer ten einde homself, so goed hy kan, te verdedig teen die veranderde lewens- en denkwyse van die buitewêreld in ‘n poging om die afsondelike identiteit en tradisies van sy stamme en nasies onveranderd te hou."
Dan gaan mnr. Oppenheimer voort: "Cecil John Rhodes was reg om die Boerevolk van Transvaal te probeer vernietig. Rhodes het net te gou en op die verkeerde manier te werk gegaan deur deel te hê aan die Jameson-inval. Rhodes het sy antwoord op Suid-Afrika deur mag afgedwing en daarom mis luk."
Dieselfde antwoord wat Rhodes met geweld op Suid-Afrika wou afdwing maar toe misluk het, word nou weer op Suid-Afrika afgedruk, maar op 'n ander manier. Dit is deur bloedlose verowering. Die fout wat Oppenheimer sê Rhodes gemaak het deur geweld te gebruik, moet nie herhaal word nie. Dit is die beste bevestiging dat die dreigement van buite nie bedoel is om uitgevoer te word nie. En daarom moet ons ook altyd in gedagte hou dat die groot vyand nie die man is wat van buite dreig nie — hy is wel daar — maar die gevaarlike een is die een hier in ons midde. As dit besef word, sal die aanslag teen Suid-Afrika ook beter begryp word en die middele daarteen ook doeltreffender wees. In hierdie toestand wat aan die gang is en wat reeds ver gevorder het, sal ons te doen kry met 'n verlies van politieke mag van die Afrikaner. Politieke mag in die hande van 'n regering is 'n belangrike faktor, maar dit is nie al nie. Dit is die politieke aansien en invloed van die mense in die magsposisies wat deurslaggewend is. Die Afrikaner wat die politieke mag deur die Nasionale Party verwerf het, het nie soseer sy groot uitwerking gehad deur die wyse waarop hy die politieke mag beoefen het nie, maar deur die aansien en invloed wat hy op die hele land en die buitewêreld gehad het as gevolg van die posisie van mag wat hy beklee het.
Dit is in die aftakeling van hierdie invloed en aansien en gesag waar die grootste gevaar vir ons lê. Daaruit kom die toestand van stygende verwagting by die Swarte, 'n stygende aggressie teen die Witman, 'n stygende aanmatiging van die buiteland om al meer te eis en, na gelang daarvan, 'n gevoel wat by die volk geskep word dat hy steeds magteloser staan teenoor die eise wat aan hom gestel word. Dit is veral die geval op die gebied van rassevermenging, wat uiteraard die volk se hele morele gevoel moet aantas.
Oor een feit moet geen twyfel bestaan nie: die Afrikanervolk se opvatting van rasseskeiding het 'n sterk morele basis. Sy hele benadering tot die verskynsel van die Swarte het daarin gesetel dat as hy gaan vermeng, sou hy sy hele kultuurerfenis, sy hele godsdiens, sy hele sedelike basis uiteindelik moet prysgee. Dit was nie net ter behoud van sy veiligheid nie, maar ter wile van hierdie onsigbare en ontasbare dinge dat die Afrikaner hom gestel het op die distansiëring tussen hom en die Nieblanke.
Vir die Blanke is daar net een van twee keuses: hy sal of vinniger en vinniger in die proses van verowering deur vermenging ingesuig word, of hy sal hom op al groter distansiëring van die Nieblanke moet stel om daardeur sy verset teen die oorheersing te toon. Dit is inderdaad in die werklikste sin van die woord die voortsetting van ons hele vryheidstryd wat ons in die geskiedenis gevoer het. Moenie dink dit is ‘n nuwe stryd nie. Dit gaan teen 'n mag wat wesenlik dieselfde komponente het wat dit vroeër gehad het. Die metodes mag miskien verskil. Dit is nie meer die metodes van oorlog en geweld van Rhodes en die Britse Ryk wat vandag geld nie, maar 'n subtiele en deurdagte metode van bloedlose verowering.
Dit is 'n nuwe idioom waarin die stryd vandag gestry word, 'n idioom waarteen ons ons eie idioom sal moet slyp totdat dit 'n blink swaard is. Dit sal van ons, soos van ons voorouers in 'n vorige stryd, inspanning verg om kennis en begrip van hierdie toestand te kry, van ons vyand se krag, van ons eie krag, om te bereik wat ons voorouers bereik het: om ons los te veg uit hierdie drukgang waarin ons gedryf word.