Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Die hoofroeping van 'n burgerlike regering in 'n sogenoemde christenland is om die openbare godsdiens in stand te hou en te beskerm. En vir sover as wat die staat orde handhaaf moet ons onderdanig wees aan so 'n menslike verordening. Maar wanneer die staat van ons verwag om God ongehoorsaam te wees, mag ons dit nie doen nie. As die staat God se koninkryk hier op aarde nie beskerm nie sal God self 'n einde daaraan maak wanneer dit Hom behaag.
GELOFTEFEESREDE (1)
Aangesien ons gister heelwat op Gelofteland aangebied het, plaas ons vandag eers die twee feesredes vir diegene wat graag meer oor die gebeure by Bloedrivier wil weet.
Geloftefeesrede gelewer deur Mnr. Hendrik De Wet
Geagte Volksgenote en Vriende,
16 Desember 1838 – Geloftedag – dié dag wat 'n siel aan die Afrikanervolk gegee het, want dit was daar in die kleine laer by Bloedrivier, waar hierdie Volk gebore is, daar waar die geskiedenis die mees beslissende moment van die Volk, wat moes kom, bepaal het. Daar in daardie kleine laer, was daar 'n gees van afwagting en spanning – want buite die laer het die vyand gewag – 15 000 Zoeloes wat die 470 Voortrekkers wou oorrompel en verdelg.
Dit is dan in oomblikke soos hierdie – oomblikke waarin mense wat nie bereid is om die band met die verlede te breek nie – bymekaar kom om te ‘deel’ dit wat 'n Volk bymekaar moet hou, naamlik geloof in sy geskiedenis.
'n Volk wat nié bereid is om te leer uit die lesse wat uit sy geskiedenis na vore kom nie; 'n Volk wat hom skaam oor sy verlede, wat sy geskiedenis minag en verwerp om soos die Liberalis van ons tyd ‘sonder die sogenaamde bagasie van die verlede’ die toekoms in te gaan, is 'n Volk wat bestem is vir die ashoop van die geskiedenis.
Hoe graag ons as Afrikanervolk nie vandag onder ander omstandighede hierdie feesdag wou herdenk nie? Maar, helaas, hierdie eens stoere en trotse Boervolk lê verstrooid – soos kaf, deur die wind verstrooi, want in elke uithoek van die aarde sal jy hulle vind, in diens van vreeemdes, gesig om hulle vermoëns te verkwansel vir wat hulle vreemde base ookal bereid mag wees om te betaal. Die meerderheid, wat in hulle land hulle Gelofteland – agtergebly het, moet in Hartseer en Smart elke dag aanskou hoe die nuwe regeerders ons geliefde Vaderland omploeg tot 'n derde wêreldse hool.
Voortdurend worstel baie van ons met die problematiek van ons tyd en veral op hierdie dag, Geloftedag, wonder ons in diepe bepeinsing – Hoe groot is die verlange vandag by die Volk – as sou, die ‘wil tot stryd’ en die ‘besinning tot geloof’, soos in die laer by Bloedrivier – maar net weereens oor hom vaardig sou raak.
Vir baie mense het hierdie dag verskillende waardes. – vir sommige is dit die dag waarop volksvreemde en politieke dwaalleer verkondig moet word, vir menige Afrikaner het hierdie Sabbat 'n dag van sport en ontspanning geword, baie gaan doodeenvoudig voort met hulle daaglikse werksaamhede, asof daar hoegenaamd geen wonderwerk plaasgevind het nie. 'n Wonderwerk wat die toekomspad van die Geloftevolk moet bestraal, sodat daar voortdurend hoop en sin sal wees vir geslagte wat moet kom.
As ons dan vanoggend hier bymekaar is, dan doen ons dit nie bloot om 'n oorwinning oor die vyand te herdenk nie, ons doen dit nie om maar net eenvoudig ons eie gewetes met 'n valse gerustheid te besweer nie! Nee, Geagte Volksgenoot, ons is vanoggend hier bymekaar om ons skuld aan God te betaal. Die Heilige Skrif leer ons – in Nahum 1:15: “Vier jou feesdae o Juda – betaal jou geloftes.”
Maar, helaas, Geagte Gelofteganger, moet daar vanoggend kommer in ons gemoed bestaan as ons kennis neem van daardie Skrifgedeelte – betaal jou geloftes – deur ál die verandering heen, het van Riebeeckdag uiteindelik Stigtingsdag geword, totdat niemand eintlik meer geweet het waaroor dit werklik gaan nie en selfs die niksseggende sgn. Stigtingsdag, eventueel van die Afrikanervolk se kalender verdwyn het. Daarom moet van Riebeeckdag werklik uit die vergetelheid ontruk word om te besef dat die Volk nie meer sy Gelofteskuld betaal nie!
Ek wil graag die laaste gedeelte van hierdie gelofte, wat deur Jan van Riebeeck tydens volksplanting aan die kaap gemaak is, aan u voorhou. – “dat die 6de April tot eer van God met danksegging gevier sal word en vir altyd tot 'n blywende dank en biddag ingestel sal word, sodat daardeur die weldade van die Here, wat aan ons bewys is, deur ons nakomelinge nooit vergeet mag word nie, maar altyd tot die eer van God in gedagtenis en herinnering gehou sal word.
Beskamend moet hierdie Volk hulle vandag op Geloftedag die vraag afvra: “Wat het ons, as Christenvolk, met 6 April, van Riebeeckdag gemaak? Het hierdie stofwolk, wat deur die gejaag na materiële welvaart, oor ons land opgestyg het, die Geloftevolk só verblind, só verdoof, dat hulle nie meer wil kennis neem van wie hulle is en waarvandaan hulle kom nie?
Is dit gepas om vandag op 16 Desember, ook oor van Riebeeckdag te praat? Dan wil ek vandag in alle beskeidenheid aan hierdie vergadering dit stel, dat dit juis die tyd en die plek is om daaroor te praat, want die parallelle wat daar bestaan, is deur God daargestel en mag nie deur ons verontagsaam word nie.
Gedurende 1488 het die Portugees Bartholoméus Dias die eerste skeepskaptein geword om langs die Wes- sowel as die Ooskus van die latere Suid-Afrika verby te vaar. Nege jaar later het sy landsgenoot Vasco da Gama die prestasie geëwenaar en selfs Indië bereik. Ons moet kennis neem van hierdie gebeure, want hierin lê opgesluit die Raadsplan van ons Hemels Vader. Vir 150 jaar het die Portugese by die Kaap verbygevaar op hulle seereise na die verre Ooste. Vir 150 jaar het God dit toegelaat dat die Portugese by die Kaap verbyvaar na hulle bestemming, maar in Sy alwyse Raadsplan het hy die Kaap van Storms gereserveer en eenkant gehou, want Hy het 'n Plan gehad. Die Portugese wat die draers van die Rooms Katolieke geloof was, het Hy toegelaat om hulle in Angola en Mosambiek te vestig, maar hier aan die Suidpunt van die kontinent, moes tot stand kom 'n Blanke Christenvolk - die bakermat van 'n Volk wat Hyself met Sy hand sou uitverkies. Daarom sê C.J. Langenhoven: “die Here XVII wou 'n Verversingstasie, maar God wou 'n Nasie!”
Kan u sien, geagte Feesganger, hoe die hand van God soos 'n goue draad, deur die geskiedenis van die Afrikanervolk loop?
13 Mei 1961 - Die formele totstandkoming van ons eie Republiek.
27 April 1994 – Die beëindiging van Blanke regering in ons Vaderland.
Groot en belangrike datums in die geskiedenis van die Afrikanervolk, maar as daar werklik twee datums is, wat in hierdie Volk se geheue ingebrand en verewig behoort te word, is dit
6 April 1952 en
16 Desember 1838.
Sonder bogenoemde datums, sou die Afrikaner nié hierdie bakens in sy geskiedenis gehad het nie. Bakens wat sy totale bestaan omvou en vir elke geslag moet dien as skakel met 'n Hemelse Vader as ewige anker van hierdie klein volkie. Die vraag kan selfs gevra word: Sou daar 'n Afrikanervolk sonder hierdie twee datums gewees het?
Dan is dit vandag ongelukkig só dat die akademici en ander geleerde menere, probeer om die Boervolk te oortuig dat ons nou maar vir eens en vir altyd ons geskiedenis moet losmaak van ons godsdiens – ‘dit hoort nie bymekaar nie’, word daar gesê. Twee jaar gelede sê 'n liberale predikant by Bloedrivier tydens sy Feesrede aldaar: “dat daar 'n tyd in elke Volk se bestaan kom, dat 'n Volk hom moet skaam.” Laat ons vanoggend op Geloftedag baie eerlik met mekaar wees; as hierdie stoere Boervolk hom sal skaam oor sy verlede – of dit nou 'n verlede van Apartheid is en of dit 'n verlede van onwettige grondbesit is of watter absurde aantyging ookal gemaak word – dié dag as ons, ons gaan skaam oor ons verlede, daardie dag sal die God van Bloedrivier Hom ook skaam vir die Afrikanervolk, want alreeds op 16 Desember 1838, is u en ek onlosmaaklik ingeweef in hierdie tafereel van God. Ons kan ons plig ontduik deur ons rug op Geloftedag te draai, ons kan deur flou verskonings onsself probeer verontskuldig en in gebreke bly om hierdie Sabbat in ere te hou, ons kan emigreer, ons Boerevanne en name verander, MAAR ons kan nooit die verantwoordelikheid wat HY op u en my skouers geplaas het, ongedaan maak nie. Deur sulke optrede sal alleen maar die skuldlas en die straf vergroot – want hierdie Afrikanervolk het die wonder van Bloedrivier vergeet – hulle het hul erflating, hierdie Beloofde Land met die trek van een enkele kruisie, weggeteken en oorhandig aan die magte van die duisternis.
Is daar vandag berou by die Volk, berou omdat hulle die land wat deur God aan hulle toegesê is, verkwansel het vir die vleispotte van Egipte?
Die Geloftevolk het gestruikel en geval, hulle Heilige Feesdae het hulle verruil vir die Kodessas van ons Tyd. Samesprekings, onderhandelings – verdrae word gesluit met hulle vir wie die God van Bloedrivier 'n onaanvaarbare begrip steeds bly. Hulle wat verkies om die dolosse te gooi en die voorvadergeeste te aanbid, met hulle word daar ooreenkomste aangegaan. Die Afrikanervolk val oormekaar om hulle ter wille te wees.
Waarom sluimer en slaap die Boerevolk? Onwillekeurig wil mens saam met die Psalmdigter – met 'n Dawid uitroep: HERE, sou ek dié nie haat wat vir U haat, en 'n afsku hê van die wat teen U opstaan nie? Ek haat hulle met 'n volkome haat; vyande is hulle vir my! (Ps 139:21-22)
Hoelank nog sal hierdie Geloftevolk huiwer? Hoelank sal hulle nog aarsel, voordat ons weer die aangesig van God sal soek – hoe groot is die Behoefte, die Nood by die Volk om in hulle tienduisende, honderdduisende, weer by Monumentkoppie byeen te kom vir 'n dag van verootmoediging om laag te gaan buig voor die aangesig van onse God, om ons sondes as Volk, voor Hom te bely, sodat ons weer genade mag vind voor Sy aangesig en Hy ons Land en ons Volk sal herstel? Dié Land is só siek – hierdie Beloofde Land van ons – Boeddha tempels word gebou, dit het 'n hool van die mees afskuwelikste dinge geword. – 'n week of twee gelede het die hoogste juridiese gesag in hierdie land, huwelike tussen mense van dieselfde geslag, gewettig. Amper uitdagend laat hulle die tergende vraag in ons midde hang.
Wat gaan die kerke met daardie uitspraak maak?
Elke dag word hierdie vreemde vlag oor ons Land gehys.
Elke dag vergader die Boervolk in die hoogste Raadsale van ons land om te konfereer om grense af te breek, want daar móét brûe gebou word.
Vergader hulle onder 'n grondwet van 'n Heidense gepeupel waarin die Oppergesag van ons Drie-enige God nie eens erken word nie! Daarom ontspring daar oraloor dobbelhuise, onsedelikheid, bandeloosheid word goedgepraat – selfs verdedig, want ons leef mos in 'n land van ‘Menseregte’ waarin almal nou kan maak en breek, soos hulle goed dink!
Wat 'n hartseer dag het dit nie geword nie, Volksgenoot? Saam met 'n Jeremia kan ons vandag klaag oor hierdie jammerlike toestand wat daar heers! Saam met 'n Jeremia wil mens uitroep: “Raak dit julle nie, julle almal wat met die pad verbygaan? Aanskou en kyk of daar 'n smart is, soos my smart, wat Hy my aangedoen het, waarmee die Here my bedroef het op die dag van Sy toorngloed.” (Klaagliedere 1:12)
in hierdie ellendige en bedenklike toestand, juig die vyand, want die Afrikanervolk lê verstrooid, op haas elke denkbare terrein het die verdeeldheid sy tol geeïs – Polities word daar gewedywer om meer stemme te monster, sodat meer mense verteenwoordiging in die ANC parlement kan kry – Kerklik moet gemeentes afskaal en saamsmelt, want die eens gevestigde gemeentes is besig om te kwyn en te verdwyn. Oral is daar vir dié wat wil kennis neem, die sigbare tekens dat die moraal van die Volk besig is om te daal. Oomblikke van benouing, ongekend in die geskiedenis van hierdie eens stoere Boerevolk. Oomblikke waarin die oorblyfsel met verwondering gadeslaan, dit wat besig is om te gebeur.
Veral op 16 Desember word emosies opgejaag – word hierdie Geloftedag deur beroeps politici en geestelike ‘leiers’ misbruik om deur die verdraaiing van die Heilige Skrif, hulle soms verskuilde agendas te bereik, maar as ons as oorblyfsel vanoggend stil raak voor ons Skepper, kom die woorde van die Hemelse Vader deur sy profeet in Jer 2:13 “Want my volk het twee verkeerde dinge gedoen: My, die fontein van lewende water, het hulle verlaat om vir hulle reënbakke uit te kap, gebarste reënbakke wat geen water hou nie.”
Sekerlik is die woorde van 'n I.D. du Plessis in hierdie tydsgewrig waarin ons Volk hom bevind van toepassing as hy sê: “Die droogte is in ons, dis verarming van binne wat ons so verniel.”
Send Heer die reën van u erbarming en drenk die dorheid van ons Volk se siel. Die boom is afgekap – sy pragtige takke lê teen die grond. Met trane van ongeloof staar ons verslae en stom, want dit het voor ons oë gebeur. Dis waar – soveel inspanning en moeite is alles tot niet.
Ja, die boom is afgekap, maar tog lewe sy wortels, want die wortels lê langs die stroom van Bloedrivier. Laat ons nie in hierdie krisisuur van ons Volk se bestaan in moedeloosheid en kleingeloof hierdie edel STRYD gewonne gee nie!
Selfs die mismoedig Job sien in die afgekapte Boom 'n verwagting, want in Job 14:7-9 lees ons: “7 Want vir 'n boom is daar verwagting: as dit afgekap word, loop dit weer uit en sy loot ontbreek nie.
8 As sy wortel oud word in die aarde en sy stam sterf in die stof--
9 van die reuk van die water spruit dit weer uit, en dit maak 'n tak soos 'n jong plantjie.”
Vir die Christen-Afrikaner kan daar op Geloftedag nie 'n meer bemoedigende woord wees, as juis dié woorde uit Job nie!
Aan die einde van die tweede Vryheidsoorlog, het die Bittereinders na 'n verlore Stryd, huiswaarts gekeer, daar het op hul alleen maar gewag Jan F Cilliers se graf in die gras, 'n vallende traan – Dis Al! Dit wat hy agter gelaat het, was alles vernietig. Tog het die Bittereinder volhard in sy geloof, want saam het hulle gesê: “Gewond, maar onoorwonne!”
My bede aan hierdie kleine vergadering is dat ook ons binnekort saam sal kan sê: “Gewond, maar onoorwonne!” onoorwonne, geagte Volksgenoot, want ons het 'n geheim – ons het 'n wonderwerk wat ons deel, want ons het 'n Gelofte wat ons onlosmaaklik verbind aan daardie kleine laer by Bloedrivier! Dit is daardie wonderwerk wat die Volk se verbeelding in hierdie krisisuur moet aangryp – dit is daardie wete dat ons God leef! Soos die kneg van 'n Elísa wil ons ook soms wanhoop in oomblikke van kleingeloof, want ons sien die menigte omsingel hierdie laer van die Afrikanervolk, dan maak geloof plek vir paniek en net soos die profeet Elísa se dienaar, roep ons uit: “Ag my heer, hoe sal ons maak?” Maar dan kom daardie bedaarde en gerusstellende antwoord van die man van God: “Vrees nie, want dié wat by ons is, is meer as dié wat by hulle is!” en Elísa het gebid en gesê: Here, open tog sy oë dat hy kan sien!” En die Here het die oë van die dienaar geopen dat hy kon sien en meteens was die berg vol perde en waens van vuur – rondom Elísa.
Vir my persoonlik, 'n wonderlike gedeelte uit die Heilige Skrif – 'n gedeelte wat tot ons spreek om ons te verseker Bloedrivier is nie 'n mite of 'n verdigsel uit ons geskiedenis nie, maar 'n wonderwerk soos by Datan, toe die Arameërs Elísa en sy dienaar wou vang.
Ek wil met u vanoggend baie kortliks stilstaan by die slag van Bloedrivier, sodat ons kan besef hoe groot die wonder werklik was. Veertig jaar na die Slag van Bloedrivier, vind die grootste geveg wat daar tot op datum in militêre annale opgeteken was, plaas tussen blankes en Suid-Afrika inboorlinge by 'n plek met die naam Isandlwana iewers in Natal. 20 000 Zoeloes het opgeruk teen 1500 goed toegeruste soldate van die Britse mag. Hierdie Britse soldate was met moderne Martini Henry gewere toegerus wat 20 keer vinniger as die Sanna kon skiet en 10 keer verder dodelik kon tref. Hulle het beskik oor die mees moderne swaar kanonne – 7 lb. Armstrongs met 'n trefkrag van etlike myle. Daar was selfs masjiengewere en tog gebeur die onbegryplike. Van die 1500 Britse soldate, sterf 1350. wat kon 470 Voortrekkers met hul ‘ou Sannas’ en twee simpel kannonnetjies, waarmee die kinders soms gespeel het en met stukkies afvalyster beswaarlik 100 tree ver kon skiet, vermag? Voeg hierby die moontlikheid dat die oggend van 16 Desember 1838 weereens met swaar miswolke en reën gepaard kon gaan – soos die vorige paar dae. Die Sannas sou geweier het om te skiet, want die nat kruit sou nie ontsteek het nie.
Weens die Sanna se kort reikafstand, moes daar so vinnige moontlik gevuur en gelaai word. Sommige voorlaaiers het dan ook so warm geword, dat die kruit in hulle ontplof het. Vlugvoetige en ervare Zoeloe krygers, wat in hulle massas aanstorm op die laer. Kakebeenwaentjies wat eenvoudig met geweld oopgebreek kon word en hierdie Zoeloe krygers toegang tot die laer en die diere sou gee. Weet u wat sou gebeur as die Zoeloes die 900 osse en die 500 perde met hulle kort steekassegaaie kon bykom? Wat maak 'n bees as hy bloed ruik? Daardie 900 osse sou die laer aan stukke gehardloop het en die perde agterna. Niemand sou gespaar gebly het nie. Dit sou 'n tweede Bloukrans en Moordspruit gewees het, waar die bloeddorstigheid van die swart barbaar geen perke geken het nie, kinderhofies vergruis teen die ossewawiel, babas aan die bors van hulle moeders, met assegaaie deurboor.
Saterdag 15 Desember het die son agter 'n digte sluier van 'n swaar mis oor die Ncomevlakte weggesak. Dit was 'n maanlose nag en uiters donker – die meer as honderd lanterns wat met sweepstokke bokant die waens vasgemaak was, het heen en weer gewieg in die mis. Die dowwe ligte in die mis, het die Zoeloemagte bevrees gemaak en hulle laat dink dat dit moontlik toordery kon wees. Daarom het die Zoeloe bevelvoerders besluit om te wat tot ligdag, sodat die geeste wat in die nag oor die laer waak, die wyk sou neem.
die volgende oggend, Sondag 16 Desember, het 'n eienaardige geluid uit die laer gekom. Dit was nog pikdonker, maar 'n massakoor van 400 man, sing hulle Geloftepsalms. In hierdie amfiteater, deur God aan die koor gegee, tussen die Gelato koppe en die Nqutu heuwels, sweef hierdie mannekoor se stemme saam met die digte mis, ver weg oor die heuwels van Zoeloeland, tot aan die voetbank van God. In daardie stikdonker nag, midde in 'n see van heidendom, is daar een klein kolletjies, soos van 'n brandglas, een klein liggie van die Christendom, die kulminasie van God se Raadsplan – die vestiging van 'n Blanke Christenvolk hier aan die Suidpunt van Afrika: Die geboorte van die Afrikanervolk!
Tog was daar 'n voorwaarde! Onse Hemelse Vader wou daardie Volk in wording, vir ewig aan hom bind – daarom is die Gelofte daardie Sondagoggend van die 16de Desember vir die laaste keer herhaal – in die donker nag! 'n Gelofte wat die Volk vir ewig moes bind!
J.G. Bantjes, die persoonlike sekretaris van Andries Pretorius, teken in sy dag boek aan: Sondag die 16 de Desember was of dit vir ons gebore was. – die lug was oop en die weer helder skoon. Vier keer het die Zoeloes die laer storm geloop, vier keer het die Voortrekkers hierdie stormlope afgeweer, totdat Andries Pretorius vir die derde keer 'n perdekommando uitgestuur het in 'n poging om die Zoeloes van agter af aan te val, terwyl die 2 kannonnetjies Dingaan se mag aan die voorkant uitmekaar geskiet het. So veel so, dat selfs Andries Pretorius met 100 man aan die geveg buite die laer deelgeneem het. Blindelings het die magtige Zoeloemag begin vlug – sommige het in die water van die Neomerivier probeer skuil, waar die lopers van die sannas hulle bloed met water laat meng het. F.P. van Gas, 'n ooggetuie, het vertel dat hy 'n paar dae na die slag, myle onderkant die plek waar die laer gestaan het, deur die rivier moes gaan – dae na die slag was die water nog steeds met bloed gemeng. 'n Ander ooggetuie, J.H. Hattingh, vertel dat die Zoeloes tot vandag toe nie van die Bloedrivier se water drink nie.
470 man teen 'n Swart oormag van 15 000 Zoeloes! 'n Zoeloe historikus, Credo Mutwa, sê dat volgens oorlewering daar 10 000 Zoeloes daardie dag gesterf het. In die laer was daar slegs 3 gewondes. Inderdaad 'n oorwinning deur God aan die Voortrekkers gegee!
Daarom moet daar jaarliks op Geloftedag vanuit die gegewe van daardie tyd gekyk word na die toestand waarvoor die Afrikanervolk te staan gekom het, moet daar bestek opgeneem word van die gevare wat die Volk bedreig. Dan moet daar kennis geneem word van hierdie betreurenswaardige sindroom, wat besig is om in ons Volk se gemoedere te groei, hierdie sindroom van “dis nou té laat, niks kan meer gedoen word nie!” dan verkeer hierdie Volk van ons in 'n bestaanskrisis en is hy gereed om sy eie ondergang te bewerk, dan raak die opsie van assimilasie en uiteindelike verbastering 'n aanvaarbare realiteit, MAAR deur verbastering gaan die beeld van so 'n Volk se skoonheid verlore en sterf die gene in sy bloed, wat die draers was van die adel waaruit hy stam. Dan sal die Afrikanervolk se hoogste ideale om aan sy roeping getrou hierdie land van ons 'n Witmansland – Gelofteland te hou, saam met daardie basterbloed in die warm welsand van Afrika verdwyn. Dan sal hierdie fakkel – hierdie lig van die Christendom, wat brandend aan ons oorhandig is om in hierdie donker kontinent te skyn, finaal gedoof word, want die Afrikanervolk, hierdie stoere Boerevolk, sal daar NIE MEER WEES NIE!
NEE, ons moet terug – en terug beteken in hierdie mooiste van alle tale, omdraai na 'n bestemming waar ons alreeds was. Terug – Weg van die gebarste reënbakke wat geen water hou nie -= Omdraai na daardie kleine laer by Bloedrivier – daar waar die Afrikanervolk gebore is. Daar, binne die laer, sal on smart en teëspoed deur geloof in ons God weer die bindingsfaktor word, sal ons as Afrikanerdom weereens sy aan sy vir ons vryheid stry.
Agter ons lê die spore van die kakebeenwa onuitwisbaar afgedruk in die gemoedere van die rasegte Volksgenoot. Die Voortrekkers het hulle offers gebring – hulle het die roepstem gehoor!
Wat is u antwoord op 16 Desember, as die woorde van 'n D.F. Malan uit die verlede tot ons roep en hierdie vraag in ons midde laat:
Afrikaner, Quo Vadis – waar gaan jy heen?