NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Wonder jy of God nog van jou bewus is in jou pyn en lyding? Augustinus het hierdie trooswoorde vir jou: God het één Seun sonder sonde, maar God het géén seuns sonder lyding nie. Al God se kinders hier op aarde word deur lyding beproef, maar ons sink nie soos die godloses daardeur nie want ons loop op die water van dankbaarheid teenoor Hom wat ons bo hou.

DIE GAWES WAT ONS ONTVANG

Hannes Ollewagen

Ex. 31:1-11

“Kyk, Ek het Besáleël die seun van Uri, die seun van Hur, van die stam van Juda, by sy naam geroep; en Ek het hom vervul met die Gees van God, met wysheid en verstand en kennis en bekwaamheid vir allerhande werk, om kunstige planne uit te dink, om dit uit te voer in goud en silwer en koper,en deur snywerk in stene wat ingelê moet word, en deur houtsnywerk; om werksaam te wees in allerhande werk. En kyk, Ek het hom Ohóliab bygegee, die seun van Ahísamag, van die stam van Dan. En in die hart van elkeen wat kunsvaardig is, het Ek wysheid gegee, dat hulle alles wat ek jou beveel het, kan maak:” (:2-6).

Ons lees hier van die opdrag wat God aan Moses gegee het om die tent van samekoms en die daarby behorende items te maak. Maar uit hierdie opdrag en gedeelte word die waarheid van Rom. 11:36 onderstreep. “Want uit Hom en deur Hom en tot Hom is alle dinge. Syne is die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.” Saam met die opdrag wat God aan Moses gee, skenk Hy hom ook die manne met die nodige verstand, kennis, bekwaamheid en vaardigheid om die werk te verrig. En hierdie manne wat hierdie verstand, kennis, bekwaamheid en vaardigheid besit, het dit ook nie uit hulself nie – dit is ‘n gawe van God. Jakobus 1:17 vat dit vir ons mooi saam. “Elke goeie geskenk en elke volmaakte gawe daal van bo af neer, van die Vader van die ligte, by wie daar geen verandering of skaduwee van omkering is nie.”

Wanneer ons die Woord van die HERE noukeurig bestudeer, sien ons dat ons reeds in die lewe van Abraham in hierdie saak onderrig word. Abraham het ‘n opdrag van God ontvang. Ja, Abraham het ‘n ontsettende moeilike opdrag van die HERE ontvang. Hierdie vriend van God, Abraham, het egter vir God goed genoeg geken om te weet dat Hy nie onredelik is nie. Hy het geweet en getuig dat God vir Abraham met die nodige middele sou toerus om hierdie opdrag uit te voer. “En Abraham antwoord: God sal vir Homself die lam vir 'n brandoffer voorsien, my seun. ...” (Gén. 22:8).

Ons word deur hierdie voorbeelde herinner aan die feit dat God aan elkeen van ons die nodige gawes skenk om Hom na behore te dien, geliefdes. Die gelykenis uit Matt. 25:14-30 wat handel oor die talente wat aan verskillende diensknegte gegee is, skerp ook hierdie saak verder by ons in. En die boodskap hieruit is baie duidelik – God verwag dat ons die gawes wat ons van Hom ontvang het moet gebruik, geliefdes. Maar ons moet dit op só ‘n wyse gebruik dat ons eendag aan Hom rekenskap daarvan kan gee.

Ons toekoms lyk nie baie rooskleurig nie. En speel die sake waarvan ons tot dusver gepraat het nie ‘n groter rol hierin as wat ons dink nie? Is al die verval, agteruitgang, tot niet gaan, swaarkry en dergelike dinge volkome toe te skryf aan ‘n onbevoegde en korrupte regering? Ek dink nie so nie. Natuurlik staan hierdie goddelose regering sentraal hierin en is die verwoesting en ellende wat deur hulle veroorsaak word ongetwyfeld ontstellend. Maar ons moet versigtig wees om nie so gemaklik daarmee te raak om die vinger in ‘n ander rigting uit te steek dat ons nooit meer selfondersoek doen nie. Die kern van hierdie probleme is in selfsug eerder as ‘n stelsel of regering gewortel, geliefdes. Ja, want was dit nie uit selfsug dat soveel mense dekades gelede so ‘n onbesonne besluit by die stembus gemaak het nie? En is hierdie regeringsamptenare wat soveel verval en agteruitgang veroorsaak nie die toonbeelde van selfsug nie?

Wanorde en ook gemene optrede is aan die orde van die dag. En luister hoe mooi die Woord in Jak. 3:16 ons aandag op die kern van die probleem vestig. “...want waar afguns en selfsug is, daar is wanorde en allerhande gemene dade.” Ons sien hoeveel van vandag se mense eerder sal leeglê omdat hulle uit selfsug nie bereid is om enigiets te doen waarin die voordeel nie uitsluitlik vir hulself is nie. Ons sien ‘n regstelsel waarin ongeregtigheid dikwels die bo-toon voer omdat mense meer behep is met hul eie finansiële voordeel as om geregtigheid te bewerk. Ons sien ‘n samelewing wat homself soveel skade met sy eie selfsug berokken.

Geliefdes, ons kyk terug na vorige geslagte wat uit baie min besittings tog op onselfsugtige wyse van hul karige besittings afgestaan het en hul gawes op onselfsugtige wyse benut het. En hierdie mense het skole, kerke, universititeite en reuse ondernemings gevestig wat vir soveel ander geleenthede en ‘n heenkome gebied het. En dan kyk ons na die huidige geslag wat in selfsug net eie belang nastreef en hierdie selfde skole, kerke, universiteite en reuse ondernemings in totale wanorde laat verval en ten gronde laat gaan.

Wanneer ons die wet van die HERE noukeurig bestudeer, sien ons dat bykans elke wet van God ons belet om selfsugtig op te tree. Jy moet die HERE bo enigiets liefhê (ja, meer as jouself). Jy moet jou naaste liefhê soos jouself – moenie selfsugtig wees nie. Alles gaan nie net oor jouself nie. “Julle moet nie elkeen na sy eie belange omsien nie, maar elkeen ook na die ander s'n.” (Fil. 2:4). Jy moet die Sabbat heilig en op hierdie dag rus. Maar só moet ook jou dienskneg en diensmaagd rus soos jy. Dit is verkeerd, dit is selfsugtig om hierdie mense nie ook die nodige rus te gun nie. Jy mag nie steel, egbreuk pleeg en moor nie, want dit is selfsugtig om ‘n ander skade te berokke om jou eie begeertes te bevredig.  

Ek glo dat dit nodig is vir elke een van ons om vanoggend hierdie vermaning aan te hoor, geliefdes. Hierdie vermaning wat ons opnuut sal laat besin oor die gawes wat ons van die HERE ontvang het en dat Hy van ons verwag om dit nie op selfsugtige wyse uitsluitlik tot ons eie voordeel te gebruik nie. Mag ons daaraan dink dat elke goeie gawe wat ons gesondheid, verstand, vermoëns en vaardighede insluit, gawes is wat ons uit die Hand van die HERE ontvang het. En mag ons daarna streef om Hom na behore daarmee te dien en só sy Naam te verheerlik.

Amen.

Opsoek na inligting?

  • ‘n Nuwe boek deur doktor Mike du Toit het op die rak verskyn getiteld:

    ‘N ORGANIESE, EKONOMIESE EN POLITIEKE BESTEL

    VIR ‘N TOEKOMSTIGE AFRIKANERVOLKSTAAT

    Na Du Toit se oordeel het die kapitalisme en demokrasie ernstige tekortkominge en funksioneer dit tot nadeel van alle volkere wat wens om as organiese eenhede met ʼn eie identiteit te bestaan. Hierdie tekortkominge word in die boek uitgewys. Die kapitalisme en demokrasie berus op die liberale lewensbeskouing. As alternatief tot die liberalisme stel Du Toit die organiese lewensbeskouing. Lees alles wat u daaroor wil weet by hierdie skakel NUWE BOEK DEUR DR MIKE DU TOIT

    ______________

    UBUNTU; Herbedink

    Die gonswoord van 'n dekade of wat gelede, nl 'Ubuntu', het 'n mens nuuskierig gemaak. Wat sou die mooiklinkende woord: 'u-bun-tu' wat blykbaar oornag groot handelswaarde ontwikkel het, werklik beteken? Nadat Desmond Tutu in 'n videosnit die betekenis verduidelik het as:'I am because we are' en Bill Clinton daarop probeer verbeter het met: 'I am because you are', kon dit nie anders nie. Dié saak moes ondersoek word.

    Na 'n ompad deur Afrika en selfs die antieke geskiedenis, is weer in die eie tyd, by uitsprake van Mbeki, Tutu, Steve Biko en andere uitgekom. Daarna is na Ubuntu en die wêreldpolitiek gekyk, maar ook na 'n ubuntuplan en ekonomiese seifbeskikking met die oog op oorlewing.

    Die skrywer, Tobie Hart, slaag met hierdie werk om die leser te boei met aktuele inligting wat elkeen raak. Ook die voorblad, met reënboog en standbeeld praat met die leser.

    Die boek, teen R260-00 per harde kopie kan bestel word by: Groep 7 Drukkers Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..         Die boek is ook in Engels beskikbaar as Ubuntu: Re-invented

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1241 gaste aanlyn