NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Jy is gedurig in jou Skepper se lewe; Hy vergeet nooit van jou nie al besef jy dit nie altyd nie. Hy is nooit te besig met al die ander mense se probleme om aan jóu aandag te skenk nie. Nou is die vraag: is Hy gedurig in jóu gedagtes? Of is jý te besig met ander mense om Hom die tyd te gee wat Hom toekom?

DAG VAN REKENSKAP IS HIER!

Dr Danie Theron

"As 'n vyandige mag daarop uit is om jou te oorwin, en al sy hulpbronne en kragte vir dié doel inspan, verkeer hy in 'n staat van oorlog met jou; en jy -- tensy jy aan oorgawe dink -- verkeer in oorlog met hom. Verder -- tensy jy verraad bedink -- sal jou doel, soos syne, wees om die oorwinning te behaal. Nie 'vrede' nie, maar oorwinning.”  Barry Goldwater                                                                                                                                       

Terwyl kommentaar instroom oor die "onverwagte" besluit in die parlement oor grondonteiening, en liberaliste hakkel, stotter en stamel met verskonings oor hulle held Ramaphosa wat hulle dan nou so liederlik in die steek gelaat het, moet een ding nou vir die Afrikaner baie duidelik wees: Die 1996-grondwet en die versekerings daar rondom was 'n klug. Dit het nasionaliste van meet af geweet en gesê. Hulle is destyds uitgelag daaroor. Die euforie van die "wonderwerk" van 1994 is nou hopelik verby want dit staan nou soos 'n paal bo water: Die voorgenome onteiening sonder vergoeding-besluit van die ANC en die EFF is 'n oorlogsverklaring!

Terwyl die Afrikaner nog eiendomsreg gehad het, kon hy nog voortstu om 'n bestaan te maak in 'n land wat hom hoe later, hoe meer, vyandig geword het. Met 'n titel-akte in die hand kon baie dinge nog vermag word. Boonop het dit vir swart hordes voedsel in hulle borde gegee, alhoewel meeste gedink het hulle was in elk geval "geregtig" daarop. Dit het ook dít wat van beleggersvertroue oorgebly het, tot 'n sekere mate behoue laat bly. Ook dit is nou in sy peetjie. Wat oorbly is vir die Anglo-Amerikaanse geldmagte om deur middel van Kommunisme nou vir eens en altyd beheer oor ons land en sy rykdomme te verkry.

Wat mense dalk nie besef nie is dat onteiening in elke kommunistiese land plaasvind. Die leuen wat egter deur die Kommuniste verdoesel word is dat die land dan aan grondhonger massas gegee sal word. Dit sal nie gebeur nie. Die staat sal die grond besit en individue sal bloot 'n tydelike verblyfreg op daardie grond hê wat hom of haar enige tyd ontneem kan word. Dis hoe sosialisme werk.

Richard Pipes skryf in Property and Freedom:

            ... the vast majority of today's citizens have no inkling to what they owe their          liberty and their prosperity, namely a long and successful struggle for rights of   which the right to property is the most fundamental.

Eindomsreg spruit voort uit politieke vryheid. Die Afrikaner het sy politieke vryheid verloor in 1994 en om nou ook sy eiendomsreg te verloor, is 'n noodwendige gevolg daarvan. Dus, die boer se titel-akte was in elke geval in gedrang sedert 1994. Dit is die gevolg van die Nasionale Party van Meyer en De Klerk se papbroekigheid om te kruip voor die vyand. Deur nou ook sy eiendomsreg te ontneem, word nog 'n deurslaggewnde slag teen die Afrikaner se vryheid geslaan.

Alexis de Tocqueville het reeds in sy Democracy in America gewaarsku teen die toedrag van sake wat gaan heers met die ontneming van die individu se vryheid:

            The modern world faces dangers to liberty previously unknown... [Their rulers]      will deprive their peoples of liberty by gratifying their desires and then exploit their dependence on such generosity... The will of the man is not shattered, but softened, bent and guided; men are seldom forced by it to act, but they            are constantly restrained from acting; such a power does not destroy but it            prevents existence, it does not tyrannize but it compresses, enervates,         extinguishes and stupefies a people, till each nation is reduced to be nothing             better than a flock of timid and industrious animals, of which the government          is the shepherd.

Dalk moet daar nog baie water in die see loop voor die Grondwet gewysig gaan word, alhoewel die tweederde meerderheid reeds daar is, maar intussen skep dit onder meer onsekerheid in die landbou- en eiendomsektor en veral die pryse van plase. So word beleggersvertroue verder geskaad, word die massas verder tot wetteloosheid en die besetting van plase met gepaardgaande moord en rooftogte aangemoedig en veroorsaak dit 'n mismoedigheid onder talle Blankes wat hulle hoop op (die media-geïnstigeerde leuen) van 'n "beter lewe vir elkeen" geplaas het.

Wat staan ons dus te doen? Die Switserse filosoof Jean Lavater het gesê dat die lafaard nie kan insien dat sy grootste veiligheid in onverskrokkenheid lê nie. Enige party of organisasie wat nou nog, na al die leuens van die ANC (bestuur deur die magte van geld), steeds glo in onderhandeling met die vyand, moet finaal die rug gekeer word. Die ANC is stap vir stap besig om van die Afrikaners slawe te maak. Wil ons net 'n beter vorm van slawerny beding as ons onderhandel? Die Blanke-hater Malema het klaar begin om die Blankes te paai, en eerder as om weerstand te bied, gaan baie Blankes daarin berus dat hy "darem nog 'n huis sal hê om in te bly". Dit sal fataal wees. Die skrif is tog duidelik aan die muur. Hoeveel keer is ons gewaarsku om agterdogtig te wees teen elke daad van betuiging van die vyand?

Ons sal ons rusbanke vir die strate moet verruil. Ons sal optogte moet hou en versetskrifte moet opstel. Ons lydelike verset moet nou momentum kry.

Ons moet besef dat eiendomsreg niks beteken sonder politieke vryheid nie. Daarom: volg dan daardie nasionalistiese leier wat nie wil onderhandel met die vyand oor 'n volkstaat nie, want 'n leier wat onderhandel met die vyand wat hom wil vernietig, bedink verraad en ontbreek aan moed en onverskrokkenheid. Ja vermy die vrede van dood wat in elke onderhandelaar se planne skuil en volg daardie leier wat bereid is om nou in die bresse te tree vir ons volk se vryheid.

Die vyand het nie respek vir die Afrikaner nie omdat die Afrikaner nie meer bereid is om homself te betuig en so trou te wees aan sy roeping om homself te verwesenlik nie. Die Afrikaner se dag het aangebreek om homself te betuig; hy sal daardie dag nie langer kan uitstel nie. Want die "vrede" wat ons so graag wil "bewaak", is helaas 'n vrede van dood.

As ons dan eiendomsreg van grond wil hê, besef dan dat dit slegs gewaarborg is in 'n vrye soewereine Afrikanerstaat!

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld Onskuldige bloed: Britse oorlogsmisdade 1899-1902, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1418 gaste aanlyn