NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Dankie Almagtige Vader, dat ek nie my brandstof van mense hoef te kry nie maar dit direk by U deur u liefde ontvang. U liefde dra my, maak my kragtig, soveel so dat ek dit ook aan my medemens kan uitdeel.

MENSLIKE BREIN WORD ONS SLAGVELD

"Die brein is en sal die 21ste eeu se slagveld wees. Einde van die storie."

Dit was die woorde waarmee DARPA-neuroloog en hoof van die neuro-etiekstudieprogram by Georgetown Universiteit, Washington DC, dr. James Giordano, sy toespraak by West Point NY Militêre Akademie begin het.

DARPA staan vir Defense Advanced Research Projects Agency, 'n Pentagon-denktenk.

Dr. Giordano het gepraat oor hoe gerigte energie ‘n wapen word. Individue se brein kan geteiken word deur mikrogolwe, die tipe soos 5G en binnekort 6G, waarvan jy antennas soos paddastoele oor die hele wêreld sien groei. Hulle vertel ons dit is om jou internet, en steeds meer gesofistikeerde rekenaars en slimfone vinniger te maak, met meer uitreikvermoë – en om digitalisering te help bevorder. Dit kan alles tot 'n mate ook waar wees, maar die werklike rede agter hierdie mikrogolftorings is om JOU, die individu, te teiken.  Maar waarom?

Uit ander bronne weet ons dat die Vierde Industriële Revolusie in volle implementering is. Klaus Schwab, ewig uitvoerende hoof van die Wêreld Ekonomiese Forum (WEF), het sy boek, “Shaping the Fourth Industrial Revolution”, reeds in 2018 gepubliseer. Daarin skryf hy oa oor Die Internet van Dinge; Data-etiek; Kunsmatige Intelligensie en Robotika; en 'n spesiale hoofstuk oor "Die verandering van die mens".

In hierdie hoofstuk spreek Schwab biotegnologieë, neurotegnologieë en transhumanisme aan – presies die wetenskap waarvan dr Giordano by die West Point Militêre Akademie gepraat het, en wat nou in volle implementering is.

As ons die kolletjies verbind, besef ons dat die "Brain as the Battlefield of the Future" NOU is en dat ons ver vooruit gewaarsku is. Volgens dr. Giordano het die wetenskap van neurotegnologie sowat 40 jaar gelede begin en hy, Giordano, is al vir minstens 35 jaar deel daarvan.

Die Doodkultus het mense lank voor die tyd gewaarsku oor wat sou kom. Maar waarom is dit dat ons nooit kennis neem van sulke waarskuwings nie? Omdat ons nie in soveel ingeboude boosheid in die mensdom glo nie? Of, omdat ons nie ons “gemaksone” wil verlaat nie, ons distopiese siening van 'n “veilige wêreld”? Beide is waar en hulle weet dit. As ons nie hierdie grens tussen gemak en werklikheid breek nie is ons gedoem.

"As jy geteiken word, is daar feitlik niks wat jy kan doen nie," sê William Binney, voormalige NSA Tegniese Direkteur en fluitjieblaser. Die NSA is die Amerikaanse nasionale veiligheidsagentskap, een van 15 Amerikaanse intelligensie-agentskappe.

‘n Voorbeeld hiervan deur Barry Trower, voormalige MI5-mikrogolfwetenskaplike en fluitjieblaser: “As jy wil hê dat 'n looddemonstreerder moet ophou demonstreer, teiken jy sy brein met ultra-kortgolwe. Ons ken hulle nou as 5G. Jy maak hulle depressief, so hulle wil nie meer demonstreer nie; jy gee hulle selfmoordneigings en die probleem is opgelos. Jy doen dit soveel keer as wat jy wil en skep 'n atmosfeer van depressie.”

Trower voeg by dat laevlak-mikrogolwe allerhande kankers kan veroorsaak en brei verder uit dat die Britse regering, plus basies al die Anglosaksiese regerings, die afgelope sowat 40 jaar vir hul mense gelieg het, nie net oor hulle ideaal om die mensdom feitlik uit te roei nie, maar miskien nog belangriker om nie die bose doelwit van totale beheer en verknegting wat hulle beplan het, bekend te laat word nie. Vandag sien ons geleidelik wat hierdie plan behels.

Deur Elektroniese Telepatie, volgens Trower, is hulle in staat om die brein te monitor. As tegnologie op 'n stadium voorsien het dat skaars sigbare skyfie-inplantings in die brein nodig was om elektronies toegang tot individue se denke te kon verkry – vandaar die hoogs magnetiese grafeenoksied in baie van die Covid-inspuitings – is dit dalk nie meer nodig nie.

Met ander woorde, ons is almal kwesbaar – ingespuit of te nie – deur die wêreldwye dekking van 5G-kortgolwe. En die ergste is dat ons dalk nie eers agterkom wanneer dit ons “tref” nie.

Geestesmanipulasies kan baie vorme aanneem. Een daarvan is dat mense fisies stemme hoor – dit is nie dat mense hulle dit verbeel nie, hulle kan fisies stemme hoor... dit kan enigiets wees, enigiets wat jy wil hoor, of bang is om te hoor, engele-stemme of diaboliese stemme – om die woorde van verskeie neurowetenskaplikes te herhaal.

Hierdie tegnologie is moontlik toegepas op die Amerikaanse ambassadepersoneel in Havana – die sogenaamde Havana-sindroom van 2016. Dit kan 'n groep idiopatiese simptome wees. Die simptome wissel tussen pyn en ‘n gesing in die ore, tot kognitiewe disfunksie. Die Havana-sindroom is glo nou ook deur Amerikaanse ambassadepersoneel in China aangemeld.

DARPA het in 2011 / 2012 'n paar kontrakte met die Universiteit van Kalifornië gesluit vir wat genoem word "elektroniese telepatie" – om die brein van mense op afstand te kan monitor en te bepaal wat hulle dink.

Volgens 'n aparte kontrak moes die universiteit ondersoek instel na die instuur van seine na die brein van 'n persoon, letterlik vir hulle boodskappe stuur wat beveel wat hulle moet dink en doen. Dit is waar die tegnologie vandag is. Dit kan gebruik word in jou privaat lewe, sowel as jou professionele lewe. Dit beteken, reeds vandag, kan hulle jou laat doen en optree soos wat hulle wil. Hulle kan jou 'n moordenaar of 'n bedrieër maak of bloot net gehoorsaam aan bevele wat mag volg.

Om mee af te sluit: Wat jy moet weet is dat die brein die 21ste eeu se slagveld is en sal wees. Waarom doen hulle dit? Hulle, synde die "monsters", wat nie juis mense genoem kan word nie? Om terreur en konstante vrees te skep, om jou gewoond te maak aan terreur en geweld, en nog baie erger dinge oppad as hulle hul sin kry. En ons gee net gehoor, raak depressief en passief, in plaas daarvan om in eenstemmigheid te rebelleer en die klein getal wat oor ons meerderheid wil heers duiwel toe te stuur waar hulle hoort!

Raak ingelig, stop die passiwiteit en begin vir jouself dink sonder om te luister na die valse media en regerings – as ons almal dit saam doen is hulle magteloos teen ons! Dis al wat gedoen hoef te word.

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2698 gaste aanlyn