Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
'Groot' sondes kan ons maklik vermy: dit verg nie groot opoffering om nie moord, egbreuk, diefstal, ens , te pleeg nie; dit is die klein jakkalsies wat die wingerde verniel: ons woede-uitbarstings, stilstuipes, ons selfsug, vloek en twis, ens, waaraan ons meestal skuldig is – dus is daar nie werklik 'groot' en 'klein' sondes nie...
KULTUUR- DAGBOEK 7 JUNIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
1. 1990: FW het seker nog nooit gesien wat is 'n noodtoestand nie - dit kom nog! Die einde van 'n sogenaamde noodtoestand word op hierdie dag deur FW de KLerk, (toe staatspresident nadat hy vir PW Botha op 'n liederlike wyse uit die tuig gedwing het) aangekondig. Hierdie 'noodtoestand' was kunsmatig aangebring, daarby oordrewe beklemtoon en in die kele van die volk afforseer om die oorname in 1994 aan 'n swart kommunistiese regering te regverdig. Die sg noodtoestand was glo as gevolg van opstandige, ontevrede swartes wat kwansuis nie deur 'n blanke regering intoom gehou kon word nie. Dit was alles 'n blufspel deur FW en sy geldmagbase om die blankes in Suid-Afrika te laat glo dat hulle geen ander keuse het as om die land aan die swartes persent te gee nie. Dit sal interessant wees om destyds se doelbewuste opgestoke paar opstandjies met vandag se grootskaalse misdaad en stakings onder dieselfde spul kommuniste te vergelyk, wat daardie vier jaar sekerlik na 'n kinderpartytjie sal laat lyk, veral noudat hulle openlik praat oor die blankes se grond wat hulle met geweld en moord wil afneem.
2. 1898: Lees in hoofartikel oor oud-res FW Reitz as staatsekretaris van die ZAR.
3. 1900: Die Slag van Rooiwal vind op hierdie dag plaas. Meer hieroor in hoofartikel.
4. 1937: Die eerste FAK-Volksangbundel word oorhandig.
1931: 1e KOMITEE VIR FAK- VOLKSBUNDEL
KULTUURDAGBOEK 7 MAART
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die gedagte aan 'n Afrikaanse liederebundel het by die Afrikaanse Studentebond ontstaan. Gedurende 1929 is begin met die versameling van liedjies, maar aangesien die vordering stadig was, versoek die ASB die FAK in 1930 om die onderneming op groot skaal van stapel te laat loop. Op 'n vergadering van 7 Maart 1931 het die Uitvoerende Komitee van die FAK besluit om aan hierdie versoek gehoor te gee. Die Uitvoerende Komitee het 'n FAK-kommissie aangestel om'n FAK-liederebundel saam te stel.
Die kommissie het bestaan uit dr. Hugo Gutsche (voorsitter), prof. W.J. du P. Erlank (Eitemal) en mnr. Stephen Eyssen.Op 5 November 1932 het die Liederebundel-komitee sy eerste vergadering gehou en is daar met die opstel van die FAK-Volksangbundel begin. Dit was geen geringe taak nie, en baie probleme het opgeduik. Intussen het dit bekend geword dat 'n uitgewersfirma, J.H. de Bussy, van Pretoria, ook met die opstel van 'n soortgelyke bundel besig is. Die firma het die FAK om samewerking genader en het o.m. onderneem om die druk- en verspreidingskoste te dra. Hierdie voorstel is goedgunstig aanvaar, en so is die voltooiing van die FAK-Volksangbundel aansienlik bespoedig.
Met groot vreugde is die eerste eksemplare van die FAK-Volksangbundel amptelik op die FAK-kongres in Julie 1937 in Bloemfontein in ontvangs geneem. Op gepaste wyse het dr. A.J.R. van Rhijn namens die FAK by hierdie geleentheid gesê: “Hierdie bundel gaan baie beteken en sal van ons 'n singende volk maak. Ek beskou dit as een van die groot bakens wat die FAK in sy reusetaak ingeplant het. As die FAK niks anders sou doen nie, dan het hy al met hierdie bundel 'n monument opgerig wat ewig sal staan."
Sedertdien het die Sangbundel een van die bekendste Afrikaanse publikasies geword, het dit twee nuwe uitgawes en talle herdrukke beleef en is daar met insluiting van 'n volledige woorde-uitgawe sowel as 'n verkorte woorde-uitgawe, genoem die FAK-Feessangboekie, etlike honderdduisende eksemplare versprei.
In 1979 verskyn as deel van die FAK se halfeeufeesviering en onder leiding van prof. Anton Hartman, voorsitter van die redaksiekomitee, 'n vierde uitgawe wat heelwat van sy voorgangers verskil, aangesien daar nou baie meer oorspronklike Afrikaanse liedere opgeneem is en die ou liedere se woorde en musiek met groot nougesetheid hersien is.