Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Niks is so vernietigend as om nie te kan vergewe nie. As jy die skerp klip van wrok en haat in jou hart dra sal jy bedruk en magteloos voel. Om te vergewe is 'n vorm van kreatiwiteit. En dat jy kán vergewe, is genade, die bewys van oorwinning – oor die vlees, groter as alle ander soorte oorwinnings!
WITMAN, WAAR IS JOU VRYHEID? (9)
Dr Willie Lubbe
Lees reeks by Witman, waar is jou vryheid?
VRYHEID - en kultuur
(Geskryf voor ANC-oorname)
"Daar is een prys wat ons Republiek nie mag betaal nie. Dit is die prysgawe van die Blankedom ... Die behoud van die blanke volk van Suid-Afrika is die uiteindelike doel waarvoor niks ons sal laat stuit nie." -Dr HF Verwoerd; Volksraad 25 Junie 1963.
Die Afrikaner se kultuur het in die sewentiger en tagtiger jare baie sterk gestaan. Party Afrikaners sou dalk selfs sê dat ons toe kulturele volwassenheid en miskien selfs onaantasbaarheid bereik het. En tog is dit gepas om Afrikanerkultuur onder die ontleedmes te plaas, veral nou. Daardeur mag ons dalk leer of ons tog nie op ’n verkeerde pad was nie. Wie weet, dalk sou so ’n betydse kritiese selfbeskouing ons in staat stel om ’n sekerder toekoms vir ons en ons nageslagte te beplan.
WAAROM ONSEKERHEID?
Waarom bestaan daar ’n gevoel van kulturele en politieke bedreiging? Is dit slegs die instel van ’n onbekende en vreemde staatsvorm wat ons ontwrig? Of is daar ook ander redes vir ons onsekerheid?
WAAKSAAMHEID NODIG
’n Klein kulturele groep soos die Afrikaner kan nooit sy waaksaamheid oor sy eie kulturele goedere laat verslap nie. Geen volk is te volwasse of te gekultiveerd om sy politieke en kulturele selfbeskikking te verloor nie. Dit geld in besonder vir die Afrikaner veral in hierdie tyd van magsdeling. Selfs ons waaksaamheid teenoor verdringing van ons eie kultuur deur die Engelse kultuur behoort nie verslap te word nie. ’n goeie voorbeeld van die dun lyn waarop ons dikwels beweeg in ons selfhandhawing teenoor Engels, is nou weer gesien in ons wetgewing. ’n Kommissie is ingestel om ons seereg te ondersoek. Daar was ook ’n Engelssprekende op die kommissie. Die wetgewing wat op die kommissie se werk gevolg het, het onder meer een interessante gevolg gehad: die Engelse reg soos ten tye van 1983 is net so in ons reg ingevoer en daar is ’n sterk moontlikheid dat die Romeinse-Hollandse reg, d.w.s. ons eie regserfenis, afgeskaf is. En dit het gebeur net twintig jaar na Republiekwording, en omdat daar ’n Engelssprekende op die kommissie was. Net na Republiekwording, toe die trots en nasionalisme nog hoog gebrand en die nuutgevonde onafhanklikheid ons koppe hoog laat lig het, het ons versigtig die invoering van vreemde reg by name probeer omseil. Maar nadat die vlam van Afrikanemasionalisme besig was om te versmoor in die kersvet van politieke magsdeling en akkomodering van vreemde gelowe, kon ’n mens dit nie net merk op die politieke terrein nie maar ook op die tegniese en die nie-politieke terrein.
WERKLIKE GEVAAR
Maar ek wil nie skryf oor werklike of gewaande kulturele bedreigings van Engelse kant nie. Nog minder wil ek probeer voorgee dat enige kulturele bedreiging uitsluitlik by die regering van die dag of die invoering van ’n nuwe staatsbestel gesoek moet word. Die gevaar waaroor ek wil skryf, bestaan onafhanklik van die nuwe staatsbestel wat ons gaan kry. Miskien is dit juis die nuwe staatsbestel van magsdeling met ander rasse wat ons bewus maak van die werklike kulturele gevaar. Ons word gedwing om ons eie lewenswyse met ’n kritiese oog te beskou. Het daar nie beroering op politieke gebied gekom wat ons uit ons rustige gang geskud het nie, sou ons dalk nooit eers wakker geskrik het nie.
KULTUUR
Ek is geen kulturele kenner nie en wil ook nie enige deskundigheid in hierdie verband opeis nie. Tog moet ek my siening van kultuur gee. Anders kan ek nie my gedagte oordra nie. Kultuur omsluit ’n mens en ’n volk se hele lewenswyse. Dit begin by bed-opmaak in die oggend en strek deur tot by slapenstyd in die aand. As ons almal in die aand met slaapmussies soos in die dae van toet in die kooi gespring het, sou dit deel van ons kultuur gewees het. Daaraan sou ons as volk dan uitgeken kon gewees het. Hoe ons ons ontbyt voorberei, hoe ons restaurante funksioneer, hoe ons ons huise bou, hoe ons ons stede beplan, dit alles is deel van ons kultuur. Dit onderskei ons van ander volke - of behoort ons van ander volke te onderskei.
EIE KULTUUR?
Het ons ’n eie kultuur? Het ons ’n eie onafhanklike kultuur? Staan ons kultureel op ons eie bene? Wil ons ’n eie kultuur hê? Miskien verspotte vrae, veral in hierdie tyd, mag u dink. Vir my is hulle egter belangrik en ongelukkig kan hulle nie almal positief beantwoord word nie.
Die Afrikaner het ’n eie kultuur. Dit wil ek ongetwyfeld toegee. Ons het ons braaivleis, ons rugby, ons biltong en ons ekslusiewe kenmerk van ons eiesoortige politiek. Natuurlik is ons beïnvloed deur die ander volke in Suid- Afrika, wit en swart, maar so moet dit ook wees want ’n statiese kultuur is ’n sterwende kultuur. Maar al eet ons soos die swartman pap, is ons pap in die oggend anders as syne en ook in die aand sal ons pap en braaivleis anders wees as syne.
ONAFHANKLIKE KULTUUR?
Ons moet ongelukkig ook vra of ons ’n onafhanklike kultuur het. Berei ons self ons eie ontbyt voor? Maak ons self ons eie bed op? Bou ons self ons eie stede? Gee ons aan ons restaurante ons eie karakter? Die antwoorde op hierdie vrae kan en sal ongelukkig slegs deels positief wees. Want ons steun by die uitoefening van ons kultuur te veel op ander rasse. Ons lewenswyse is nie ’n onafhanklike lewenswyse nie, daarom ook nie ons kultuur nie.
KULTUURKIERIES
By die skepping en uitoefening van ons kultuur het ons hulp nodig. Ons kultuur vertoon soos ’n ou man wat nie oor die weg kan kom sonder sy kierie nie. Somtyds het dit selfs die onbeholpenheid van ’n baba wat nie op sy knakkende bene kan staan sonder die hulp van ’n stoel of tafel nie. Ons kultuurkieries moet ons help ontbyt maak, ons beddens opmaak, die gras sny, ons huise aan die kant maak, ons plase bewerk, partykeer selfs help met die kinders se grootmaak, en so vorm hulle ’n deel van ons totale lewenswyse. En tog, as ons praat van kultuur wil ons hierdie hulp wegdink, eenvoudig ignoreer. Maar kan ons as ons eerlik wil wees? Kan ons ’n eie blanke Afrikanerkultuur propageer as ons eie huiskultuur ‘n anderskleurige kierie nodig het vir sy voortbestaanl
Dit is hierdie kulturele afhanklikheid wat ons polities en kultureel in die pekel plaas. Dit is nie net die oorsaak van die bedreigings teen ons politieke selfbeskikking nie, maar verarm ook ons eie kultuur, dit wat ons moet onderskei van ander volke en rasse en wat aan ons die aanspraak moet gee op politieke selfbeskikking.
OP EIE BENE?
Hoe sou Afrikanerkultuur op sy eie bene gelyk het? Sou ons ons beddens opgemaak het met so baie komberse, of sou ons soos die Duitsers ’n enkele duvet gebruik het? Hoe sou ons stede gelyk het? Sou ons erwe nog so groot gewees het, of sou ons kompakte woonbuurtes soos in Europa gehad het? Sou ons stede die netheid van die Duitsers of Oostenrykers gehad het, of die verslonsdheid en vervallendheid van die Franse stede? Of sou ons meer na die Amerikaners geneig het wat die beplanning van ons stede betref? Hoe sou ons tuine gelyk het? Ons Afrikaners hou van tuinmaak, het ’n vriend van my jare gelede gesê. Nee, het ek geantwoord, ons hou van mooi tuine, maar nie van tuinmaak nie. Ander mense as ons moet die maak in die tuin sit. As ons tuin moes maak, sou dit die verwaarlosing gehad het soos dit in Israel bestaan, volgens ’n ander vriend van my. Of sou dit so netjies soos die Duitser s’n wees? Miskien sal ons eendag die antwoorde op. hierdie vrae kan verskaf. Waarskynlik sal ons dit nooit weet nie.
AFGESKAAF
Hierdie kulturele afhanklikheid skaaf ons karaktereienskappe as afsonderlike volk af. Ons staan nie meer duidelik as afsonderlike kulturele groep uit nie. Ons vertoon dus nie die sterkste moontlike basis vir die aanspraak op volledige politieke selfbeskikking nie. Die wêreld wil ons nie so geredelik erken as ’n afsonderlike volk, geregtig op sy eie land en volkome politieke selfbeskikking nie. Want ons staan dan nie duidelik uit as een nie.
Dit was en is nog altyd ons strewe om as ’n afsonderlike volk erken te word. Ons het nog ’n eie strewe, ’n eie geskiedenis en ’n eie mikpunt. Dalk is ons net nooit die gevare van kulturele afhanklikheid ingeprent nie. Miskien omdat dit nie dienstig vir ons politieke en kulturele leiers was nie. Hulle het dalk ook ’n kierie verkies, juis omdat dit die maklikste manier was om oor die weg te kom.
Daar bestaan dus die behoefte aan ’n nuwe Afrikanerkultuurorganisasie. Maar slegs aan een wat hom beywer vir die skepping van ’n eie onafhanklike Afrikanerkultuur, 'n kultuur wat op sy eie bene kan staan. So ’n organisasie moet aangevuur word deur ’n versugting om te sien hoe lyk ’n stad vir en deur slegs Afrikaners gebou en bewerk - waar ons lewenswyse ’n spieëlbeeld van ons eie arbeid en skeppings sal wees. Sal ons daar dalk op ’n straathoek by ’n klein kafeetjie vinnig in die oggend ’n broodjie vir ontbyt eet? Sal ons kinders dalk daar laataand veilig op ’n fiets alleen van die teater na die huis mag ry sonder om aangeval te word? Sal in so ’n stad geen verdringing wees nie, en die sentrale deel miskien nie net ’n werksplek nie maar ’n plek wat ons rustig kan geniet, selfs in die aand?
Eers sal die droom by ons mense opgewek moet word. Dan sal die versugting moet ontstaan om hierdie droom nie net ’n droom te laat bly nie. Daarna sal die versugting in arbeidsugte omskep moet word. Dit sal die doel op die kulturele terrein moet wees van ’n sinvolle nuwe Afrikaner-kultuurorganisasie.
BEHOU BLANKE VOLK
"Daar is een prys wat ons Republiek nie mag betaal nie. Dit is die prysgawe van die Blankedom ... Die behoud van die blanke volk van Suid-Afrika is die uiteindelike doel waarvoor niks ons sal laat stuit nie."
(Dr HF Verwoerd - Volksraad 25 Junie 1963)