NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Niks is so vernietigend as om nie te kan vergewe nie. As jy die skerp klip van wrok en haat in jou hart dra sal jy bedruk en magteloos voel. Om te vergewe is 'n vorm van kreatiwiteit. En dat jy kán vergewe, is genade, die bewys van oorwinning – oor die vlees, groter as alle ander soorte oorwinnings!

WITMAN, WAAR IS JOU VRYHEID? (9)

Dr Willie Lubbe

Lees reeks by Witman, waar is jou vryheid?

VRYHEID -  en kultuur

(Geskryf voor ANC-oorname)

"Daar is een prys wat ons Republiek nie mag betaal nie. Dit is die prysgawe van die Blankedom ... Die behoud van die blanke volk van Suid-Afrika is die uiteindelike doel waarvoor niks ons sal laat stuit nie." -Dr HF Verwoerd; Volksraad 25 Junie 1963.

Die Afrikaner se kultuur het in die sewentiger en tagtiger jare baie sterk gestaan. Party Afrikaners sou dalk selfs sê dat ons toe kulturele volwassenheid en miskien selfs onaantasbaarheid bereik het. En tog is dit gepas om Afrikanerkultuur onder die ontleedmes te plaas, veral nou. Daardeur mag ons dalk leer of ons tog nie op ’n verkeerde pad was nie. Wie weet, dalk sou so ’n betydse kritiese selfbeskouing ons in staat stel om ’n sekerder toekoms vir ons en ons nageslagte te beplan.

WAAROM ONSEKERHEID?

Waarom bestaan daar ’n gevoel van kulturele en politieke bedreiging? Is dit slegs die instel van ’n onbekende en vreemde staatsvorm wat ons ontwrig? Of is daar ook ander redes vir ons onsekerheid?

WAAKSAAMHEID NODIG

’n Klein kulturele groep soos die Afrikaner kan nooit sy waaksaamheid oor sy eie kulturele goedere laat verslap nie. Geen volk is te volwasse of te gekultiveerd om sy politieke en kulturele selfbeskikking te verloor nie. Dit geld in besonder vir die Afrikaner veral in hierdie tyd van magsdeling. Selfs ons waaksaamheid teenoor verdringing van ons eie kultuur deur die Engelse kultuur behoort nie verslap te word nie. ’n goeie voorbeeld van die dun lyn waarop ons dikwels beweeg in ons selfhandhawing teenoor Engels, is nou weer gesien in ons wetgewing. ’n Kommissie is ingestel om ons seereg te ondersoek. Daar was ook ’n Engelssprekende op die kommissie. Die wetgewing wat op die kommissie se werk gevolg het, het onder meer een interessante gevolg gehad: die Engelse reg soos ten tye van 1983 is net so in ons reg ingevoer en daar is ’n sterk moontlikheid dat die Romeinse-Hollandse reg, d.w.s. ons eie regserfenis, afgeskaf is. En dit het gebeur net twintig jaar na Republiekwording, en omdat daar ’n Engelssprekende op die kommissie was. Net na Republiekwording, toe die trots en nasionalisme nog hoog gebrand en die nuutgevonde onafhanklikheid ons koppe hoog laat lig het, het ons versigtig die invoering van vreemde reg by name probeer omseil. Maar nadat die vlam van Afrikanemasionalisme besig was om te versmoor in die kersvet van politieke magsdeling en akkomodering van vreemde gelowe, kon ’n mens dit nie net merk op die politieke terrein nie maar ook op die tegniese en die nie-politieke terrein.

WERKLIKE GEVAAR

Maar ek wil nie skryf oor werklike of gewaande kulturele bedreigings van Engelse kant nie. Nog minder wil ek probeer voorgee dat enige kulturele bedreiging uitsluitlik by die regering van die dag of die invoering van ’n nuwe staatsbestel gesoek moet word. Die gevaar waaroor ek wil skryf, bestaan onafhanklik van die nuwe staatsbestel wat ons gaan kry. Miskien is dit juis die nuwe staatsbestel van magsdeling met ander rasse wat ons bewus maak van die werklike kulturele gevaar. Ons word gedwing om ons eie lewenswyse met ’n kritiese oog te beskou. Het daar nie beroering op politieke gebied gekom wat ons uit ons rustige gang geskud het nie, sou ons dalk nooit eers wakker geskrik het nie.

KULTUUR

Ek is geen kulturele kenner nie en wil ook nie enige deskundigheid in hierdie verband opeis nie. Tog moet ek my siening van kultuur gee. Anders kan ek nie my gedagte oordra nie. Kultuur omsluit ’n mens en ’n volk se hele lewenswyse. Dit begin by bed-opmaak in die oggend en strek deur tot by slapenstyd in die aand. As ons almal in die aand met slaapmussies soos in die dae van toet in die kooi gespring het, sou dit deel van ons kultuur gewees het. Daaraan sou ons as volk dan uitgeken kon gewees het. Hoe ons ons ontbyt voorberei, hoe ons restaurante funksioneer, hoe ons ons huise bou, hoe ons ons stede beplan, dit alles is deel van ons kultuur. Dit onderskei ons van ander volke - of behoort ons van ander volke te onderskei.

EIE KULTUUR?

Het ons ’n eie kultuur? Het ons ’n eie onafhanklike kultuur? Staan ons kultureel op ons eie bene? Wil ons ’n eie kultuur hê? Miskien verspotte vrae, veral in hierdie tyd, mag u dink. Vir my is hulle egter belangrik en ongelukkig kan hulle nie almal positief beantwoord word nie.

Die Afrikaner het ’n eie kultuur. Dit wil ek ongetwyfeld toegee. Ons het ons braaivleis, ons rugby, ons biltong en ons ekslusiewe kenmerk van ons eiesoortige politiek. Natuurlik is ons beïnvloed deur die ander volke in Suid- Afrika, wit en swart, maar so moet dit ook wees want ’n statiese kultuur is ’n sterwende kultuur. Maar al eet ons soos die swartman pap, is ons pap in die oggend anders as syne en ook in die aand sal ons pap en braaivleis anders wees as syne.

ONAFHANKLIKE KULTUUR?

Ons moet ongelukkig ook vra of ons ’n onafhanklike kultuur het. Berei ons self ons eie ontbyt voor? Maak ons self ons eie bed op? Bou ons self ons eie stede? Gee ons aan ons restaurante ons eie karakter? Die antwoorde op hierdie vrae kan en sal ongelukkig slegs deels positief wees. Want ons steun by die uitoefening van ons kultuur te veel op ander rasse. Ons lewenswyse is nie ’n onafhanklike lewenswyse nie, daarom ook nie ons kultuur nie.

KULTUURKIERIES

By die skepping en uitoefening van ons kultuur het ons hulp nodig. Ons kultuur vertoon soos ’n ou man wat nie oor die weg kan kom sonder sy kierie nie. Somtyds het dit selfs die onbeholpenheid van ’n baba wat nie op sy knakkende bene kan staan sonder die hulp van ’n stoel of tafel nie. Ons kultuurkieries moet ons help ontbyt maak, ons beddens opmaak, die gras sny, ons huise aan die kant maak, ons plase bewerk, partykeer selfs help met die kinders se grootmaak, en so vorm hulle ’n deel van ons totale lewenswyse. En tog, as ons praat van kultuur wil ons hierdie hulp wegdink, eenvoudig ignoreer. Maar kan ons as ons eerlik wil wees? Kan ons ’n eie blanke Afrikanerkultuur propageer as ons eie huiskultuur ‘n anderskleurige kierie nodig het vir sy voortbestaanl

Dit is hierdie kulturele afhanklikheid wat ons polities en kultureel in die pekel plaas. Dit is nie net die oorsaak van die bedreigings teen ons politieke selfbeskikking nie, maar verarm ook ons eie kultuur, dit wat ons moet onderskei van ander volke en rasse en wat aan ons die aanspraak moet gee op politieke selfbeskikking.

OP EIE BENE?

Hoe sou Afrikanerkultuur op sy eie bene gelyk het? Sou ons ons beddens opgemaak het met so baie komberse, of sou ons soos die Duitsers ’n enkele duvet gebruik het? Hoe sou ons stede gelyk het? Sou ons erwe nog so groot gewees het, of sou ons kompakte woonbuurtes soos in Europa gehad het? Sou ons stede die netheid van die Duitsers of Oostenrykers gehad het, of die verslonsdheid en vervallendheid van die Franse stede? Of sou ons meer na die Amerikaners geneig het wat die beplanning van ons stede betref? Hoe sou ons tuine gelyk het? Ons Afrikaners hou van tuinmaak, het ’n vriend van my jare gelede gesê. Nee, het ek geantwoord, ons hou van mooi tuine, maar nie van tuinmaak nie. Ander mense as ons moet die maak in die tuin sit. As ons tuin moes maak, sou dit die verwaarlosing gehad het soos dit in Israel bestaan, volgens ’n ander vriend van my. Of sou dit so netjies soos die Duitser s’n wees? Miskien sal ons eendag die antwoorde op. hierdie vrae kan verskaf. Waarskynlik sal ons dit nooit weet nie.

AFGESKAAF

Hierdie kulturele afhanklikheid skaaf ons karaktereienskappe as afsonderlike volk af. Ons staan nie meer duidelik as afsonderlike kulturele groep uit nie. Ons vertoon dus nie die sterkste moontlike basis vir die aanspraak op volledige politieke selfbeskikking nie. Die wêreld wil ons nie so geredelik erken as ’n afsonderlike volk, geregtig op sy eie land en volkome politieke selfbeskikking nie. Want ons staan dan nie duidelik uit as een nie.

Dit was en is nog altyd ons strewe om as ’n afsonderlike volk erken te word. Ons het nog ’n eie strewe, ’n eie geskiedenis en ’n eie mikpunt. Dalk is ons net nooit die gevare van kulturele afhanklikheid ingeprent nie. Miskien omdat dit nie dienstig vir ons politieke en kulturele leiers was nie. Hulle het dalk ook ’n kierie verkies, juis omdat dit die maklikste manier was om oor die weg te kom.

Daar bestaan dus die behoefte aan ’n nuwe Afrikanerkultuurorganisasie. Maar slegs aan een wat hom beywer vir die skepping van ’n eie onafhanklike Afrikanerkultuur, 'n kultuur wat op sy eie bene kan staan. So ’n organisasie moet aangevuur word deur ’n versugting om te sien hoe lyk ’n stad vir en deur slegs Afrikaners gebou en bewerk - waar ons lewenswyse ’n spieëlbeeld van ons eie arbeid en skeppings sal wees. Sal ons daar dalk op ’n straathoek by ’n klein kafeetjie vinnig in die oggend ’n broodjie vir ontbyt eet? Sal ons kinders dalk daar laataand veilig op ’n fiets alleen van die teater na die huis mag ry sonder om aangeval te word? Sal in so ’n stad geen verdringing wees nie, en die sentrale deel miskien nie net ’n werksplek nie maar ’n plek wat ons rustig kan geniet, selfs in die aand?

Eers sal die droom by ons mense opgewek moet word. Dan sal die versugting moet ontstaan om hierdie droom nie net ’n droom te laat bly nie. Daarna sal die versugting in arbeidsugte omskep moet word. Dit sal die doel op die kulturele terrein moet wees van ’n sinvolle nuwe Afrikaner-kultuurorganisasie.

BEHOU BLANKE VOLK

"Daar is een prys wat ons Republiek nie mag betaal nie. Dit is die prysgawe van die Blankedom ... Die behoud van die blanke volk van Suid-Afrika is die uiteindelike doel waarvoor niks ons sal laat stuit nie."

(Dr HF Verwoerd - Volksraad 25 Junie 1963)

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1350 gaste aanlyn