Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Jósafat waarsku in II Kronieke die regters van die volk teen partydigheid en "aanneming van geskenke" – omkopery. Dit sien ons deesdae elke dag in ons eie land. Calvyn verklaar indien regters iets verkeerd doen, is hulle nie alleen onregverdig teenoor die mense wat hulle wederregtelik krenk nie, hulle verag ook God. Wat word van 'n land waar die 'leiers' en regters God verag? Verwonder ons ons dan dat dit met Suid-Afrika so sleg gaan?
VERRADERLIKE DA SAL SA VERNIETIG, NIE RED NIE!
Almal het teen hierdie tyd die Demokratiese Alliansie se verkiesingsborde op bome en pale langs die paaie raakgesien waarop hulle ‘uitroep’: “Red Suid-Afrika!” Dit is ‘n kragtige wekroep wat talle Afrikaners weer eens verwar oor ‘n stem vir die DA. Maar kom lees hier en vind uit wie hierdie verraderlike Party werklik is.
Op hulle webblad maak die DA oa die regte geluide deur die ANC te kritiseer; elke aantuiging is die waarheid maar dit verwar mense nog meer. Die DA skryf tereg: “Ons land is in 'n krisis. Ná net 30 jaar in die regering het die ANC staatsinstellings geërodeer deur kaderontplooiing, korrupsie en misdaad. Gevolglik het ons nie meer 'n betroubare kragtoevoer nie, misdaad is buite beheer, te veel kinders kan nie lees en skryf op die vereiste vlak nie, daar is watertekorte oor die hele land, ons hawens faal, en ons dorpe en stede is in verval. Hierdie probleme het Suid-Afrika se ekonomiese groeivooruitsigte en vermoë om werk te skep vernietig.” Elkeen van hierdie stellings is in die kol, ons almal weet dit, maar nou moet mens kyk WAARMEE die DA die land wil red!
Die DA en ander “eendersdenkende” opposisiepartye het verlede jaar in Augustus 2023 saamgekom om die Veelpartyhandves (Multi-Party ) vir Suid-Afrika te vorm. Dit nogal in die Johannesburgse Konvensiesentrum, wat ook, simbolies, die verraderlike CODESA-onderhandelinge gehuisves het. Hulle wil glo 'n “lewensvatbare pad” na 'n nuwe nasionale regering om Suid-Afrika in 2024 te red, volg. Daar het John Steenhuisen, leier van die DA, die idee van 'n "Moonshot Pact" na vore gebring, en 'n beroep op “eendersdenkende” organisasies gedoen om persoonlike party-agendas opsy te sit, en “te verenig vir die beste belange van die land en sy kollektiewe toekoms”.
Tien lidpartye vorm die Veelpartyhandves vir SA: Die Veelpartyhandves vir SA se voorverkiesingsooreenkoms is onderteken deur die leiers van die Demokratiese Alliansie, die Inkatha Freedom Party, Freedom Front Plus, ActionSA, die African Christian Democratic Party, die United Independent Movement, die Spectrum National Party, die Onafhanklike Suid-Afrikaanse Nasionale Burgerlike Organisasie, die Ekhethu People's Party en die United Christian Democratic Party.
En hulle glo die gekombineerde magte van al die Handveslede sal genoeg stemme en parlementêre setels inbring om die ANC finaal te ontsetel – “en die EFF uit te hou en EERLIKE BESTUUR in te bring”.
Nou, indien die DA so eerlik wil word in belang van ons land, waarom het hulle in Mei 2016 in die Parlement gejuig oor Tsafendas dr Verwoerd vermoor het? Soos hulle hierbo sê dat die ANC in 30 jr die land vernietig het, moet hulle mos erken dat die land laas in sy heel beste toestand as Eerste Wêreldland was toe dr Verwoerd Eerste Minister was, almal weet dit. Waarom dan so huigel en terwille van wie huigel hulle (om die ANC te beïndruk terwyl hulle die ANC hierbo uitmekaar trek?) met hierdie stelling: “In dié einste vertrek, is Verwoerd doodgesteek deur ’n parlementêre bode. En daar was niks tragies hieraan nie. Die enigste tragiese ding van daardie dag was dat Verwoerd se beleid nie saam met hom gesterf het nie.” Almal met ‘n paar breinselle weet dat die beleid van apartheid of dan afsonderlike ontwikkeling saam met dr Verwoerd begrawe is – waarom lieg en bedrieg die DA die publiek so? Omdat hulle nog altyd bedrieërs was!
Netso het die DA al wat ‘n Afrikaner is blameer vir die mislukte swart onderwysstelsel. Bid jou dit aan! Die Afrikaners het vir 30 jaar geen sê meer oor enigiets in die huidige ANC onderwysstelsel nie. Toe ons dit nog gehad het in die tyd van apartheid, was daar ‘n uiters suksesvolle sisteem wat homself bewys het met slaagsyfers wat die toestand van vandag se leerlinge na ‘n bomontploffing laat lyk!
Daar is nuus vir die DA: julle plan in die Veelpartyhandves is presies die laaste strooi wat die kameel se rug gaan laat ingee – julle veelrassige onderduimsheid sal nog erger gevolge meebring as die swart ANC-regime. En aan die Onafhanklike Suid-Afrikaanse Nasionale Burgerlike Organisasie wil ons sê: dankie dat julle betyds jul ware kleure gewys het, sodat ware Afrikaners nou weet om nie deur julle leuens mislei te word en dalk daarom sou gaan stem nie. En aan elke ware Afrikaner wil ons sê: BLY WEG VAN DIE STEMBUS! Julle is nie deel van hierdie ontwettige bestel nie. Hierdie land is onwettig deur De Klerk en sy bende aan die ANC gegee, sonder ‘n wettige verkiesing. Geen verkiesing daarna is wettig nie en sal uiteindelik ongeldig verklaar word. Net God ken die tyd wanneer Hy hierdie onreg sal regstel, maak dus klaar, raak paraat, beveilig uself en bly gereed want dit kan nie meer lank wees nie!