NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Dit is goed om in stilheid te hoop op die hulp van die HERE... want die HERE sal nie vir ewig verstoot nie – Klaagliedere 3

AS STUKKENDE MENSE GEHEG WORD

Ds A.E. van den Berg

“... wil U dan hoor in die hemel en die sonde van u knegte en van u volk vergewe – want U leer hulle die goeie weg waarin hulle moet wandel...” (1 Kon.8:36).                            

Waarom bid so baie mense maar niks gebeur nie? Bid hulle verkeerd? Dis baie moontlik want egte gebed begin by dit wat in jou hart aangaan. Wanneer jy bid, moet jy jou lewe voor God oopgooi. Dawid skryf: “Deurgrond my, o God, en ken my hart; toets my en ken my gedagtes; en kyk of daar by my ʼn weg is van smart, en lei my op die ewige weg!” (Ps.139:23,24).

In ons gelese gedeelte bid Salomo tydens die inwyding van die tempel en begin reg – by die kwellinge van sy eie hart. Jy kan nie vir die geestelike genesing van jou volk bid as jou eie hart siek is nie. Dan praat Salomo oor die sondes wat Israel hul willens en wetens op die hals gehaal het, geestelik afvallig geword en God se straf daarvoor ontvang het.

God ondersoek harte en tree dienooreenkomstig op: Ek, die Here, deursoek die hart, toets die niere, om aan elkeen te gee na sy wee...” (Jer.17:10).   Salomo leer ons dat dit wat in mense se harte omgaan, ook hul volk se toekoms raak. Hierdie waarheid hoor ons al in Gen.6:5 waar God die mensdom straf oor “...die versinsels wat hy in sy hart bedink” en op agt na almal in die sondvloed laat omkom het.

God kan met mense wat hul harte ondersoek, ʼn omwenteling in hul land bring. Die Bybel het talle sulke voorbeelde. God gebruik selfs mense wat met die verdorwenheid van hul eie hart worstel om die gang van die geskiedenis te verander. Abraham, Josef, Josua, Dawid en Nehemia is voorbeelde hiervan.

Egte gebed begin by die bede dat God ons harte sal suiwer.   Daarom gee Jesus die dissipels opdrag om te bid dat God se koninkryk op aarde moet kom soos in die hemel. Soos wat Hy in die hemel regeer, moet Hy ook in gelowiges se harte regeer. En dis net moontlik indien hulle dit skoon hou. God regeer nie op ʼn vuil troon nie. Hy is egter meer as bereid om sondaars te help om vuil lewens op te ruim en selfs hul volk genadig te wees.  

Nehemia is een van die treffendste voorbeelde hiervan. Hy het in ʼn tyd geleef toe dit baie sleg met Israel gegaan het.   As hy bid, is hy ook van sy eie sonde bewus wat ook daartoe bygedra het dat Israel getug moes word. Hy doen die regte ding en pleit net so skuldig soos sy volk: “...laat u oor tog opmerksaam en u oë oop wees, om te luister na die gebed van u kneg wat ek vandag voor u aangesig bid.... terwyl ek die sondes van die kinders van Israel bely wat ons teen U gedoen het; ook ek en my familie het gesondig” (Neh.1:6).

Om die boosheid van jou eie hart te besef, is die begin van ʼn ommekeer. Daniël het dit geweet: “...ons het gesondig en verkeerd gedoen en goddeloos gehandel en in opstand gekom en van u gebooie en verordeninge afgewyk” (Dan.9:5). Hy wys nie ʼn vinger nie, maar erken dat selfs hy aan die geloofsverval aandadig is.

Die boek Rut leer die selfde waarheid. In hoofstuk een lees ons van Naomi wat alles verloor het en dan sê: “.... Noem my nie Naomi nie; noem my Mara. Want die Almagtige het my baie bitterheid aangedoen” (:20). Al klink dit of sy God verkwalik, worstel sy in werklikheid met die boosheid in haar eie hart.   Sy glo egter dat God haar nie verlaat het nie en sal help, wat ookal gebeur het.   Naomi het God se Woord toegelaat om haar in die regte rigting te stuur. Daarom het sy selfs in haar bitterheid Rut opdrag gegee om God se wet te bly gehoorsaam.

Dit gaan baie sleg met ons Boerevolk. Die verval is enorm. Die politiek, kerke en kultuur het alles in die spoelsloot van die lewe beland. Verlang jy nie na ʼn ommekeer in die toedrag van sake nie? Beslis! Wat doen jy daaraan?   Bid jy vir jou volk?   As jy daarvoor bid maar die herstel begin nie in jou eie lewe nie, bid jy tevergeefs. Niks gaan dan verander nie. Moet nooit bid en jouself daarna uit die voete maak nie. Laat die ommekeer waarna jy verlang eerste by jouself begin.  

Die vroeë Christene is geleer om eers hul eie lewens reg te kry voordat hulle die wêreld as getuies betree het. Moet nooit dink dat daar baie mense moet wees om verandering aan te bring nie.  Enkelinge het al groot veranderings teweeg gebring. Dink aan Maartin Luther, Johannes Calvyn en nog vele meer. Jesus sêmos dat ʼn klein bietjie suurdeeg ʼn hele brood kan deurtrek en dat die kleinste saadjie (mosterdboom) ʼn groot boom word.  

Jakobus som die hart van alle probleme op: “Waarvandaan kom oorloë en vegterye onder julle? Kom hulle nie hiervandaan, van julle welluste wat in julle lede stryd voer nie? Onderwerp julle dan aan God: weerstaan die duiwel en hy sal van julle wegvlug... Reinig die hande... en suiwer die harte.” (Jak.4:1, 7,8).

Die bron van die wêreld se probleme setel in die hart.   Die eerste predikers van die Evangelie het sterk klem op die suiwering van die hart gelê want dit was al hoe lewensomwentelings plaasgevind het.  

Soos wat roes yster verteer, is booshede besig om ons volk te verteer. Kan ons iets hieraan doen of staan ons magteloos daarteen?   Nee, ons kan iets hieraan doen – ondersoek jou eie hart en bid dat God vir jou geleenthede sal skep om tot die genesing van ons volk by te dra. Dit help bv. nie om van politieke party te verander maar nie van hart nie. As harte nie verander nie, sal niks verander nie!

God gee ons ʼn kragtige hulpmiddel waarmee ons ons harte skoon maak nl. die Heilige Gees.   Die stryd teen onreinheid kan slegs met sy hulp gestry word. En neem aan die helm van verlossing en die swaard van die Gees — dit is die woord van God —terwyl julle met alle gebed en smeking by elke geleentheid bid in die Gees, en daartoe waak met alle volharding en smeking vir al die heiliges” (Efes.6:17,18).

God is besorg oor verkeerde dinge in ons volkslewe. ʼn Beter land, gemeenskap en gesin begin op geen ander plek as in ons harte nie. As ons met opregte harte begin bid, sal ons verbaas wees oor wat God vir ons land gaan doen!   Die heidendom het ons land bitter vuil gemaak en moet skoon gevee word. Daardie besem staan in ons eie hart!  

By geleentheid moes ʼn predikant sy klein seuntjie vir ʼn paar uur oppas. Om hom besig te hou, het hy ʼn stuk deurskynende plastiek gevat, ʼn landkaart van Suid-Afrika uit ʼn tydskrif geneem en dit in stukkies geknip.   Daarna het hy die seuntjie gom gegee en aangesê om die kaart weer aan mekaar te kry.

Toe hy na ʼn paar minute die volledige kaart vir hom gee, vra die verbaasde pa: “Hoe het jy dit so gou reggekry?”   Die seuntjie het trots geantwoord: “Op die agterkant was daar ʼn foto van ʼn omie. Dit was makliker om hom aan mekaar te sit. Toe ek dit omdraai was die land ook aan mekaar!” Ja, as die stukkende mens geheg word, kom hul land vanself reg!

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

    TAKHARE EN JOINERS is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld Onskuldige bloed: Britse oorlogsmisdade 1899-1902, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1196 gaste aanlyn