Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
As ‘n seiljagvaarder nie weet waarheen hy vaar nie, is geen wind vir hom die regte wind nie. ‘n Gelowige volksleier weet egter presies waarheen hy gaan. Daarom maak hy die beste van die lewe deur die meeste daarvan te maak. Dis nie vir hom ‘n kleedrepetisie nie. Daarom leef hy elke dag voluit vir God en sy volk.
JOPIE FOURIE
Jan F.E. Cilliers
Nog pragtige gedigte by Gedigte
Daar trek 'n koeël, met spoed, met spoed,
hy's nat van Afrikaner-bloed,
en smart die boodskap wat hy voer;
hy kom uit Afrikaner-roer,
hy kom deur Afrikaner-hart,
Maar met die rou en die smart
bring hy die hart se kragte oor.
Slaap sag, trou hart, so wreed deurboor,
want, trekkend, trekkend jaar en stond,
sal steeds die koeël sy boodskap sprei;
en waar hy tref, heel nooit sy wond;
en wat hy tref, dit heilig hy!
DIE LUG AS STIKSTOFBRON (1)
DIE WÊRELD VAN DIE KLEINSTES (11)
SKOOLPROJEK
Lees reeks by Mikrobes - Wêreld van die kleinstes
Jac Schoonens
Ons het verlede keer belowe om in hierdie aflewering oor die lug as stikstofbron te gesels en stikstofverbindings in die grond te bestudeer.
Elke plantselletjie is eintlik net 'n kamertjie van 'n groot laboratoriumgebou. In elke kamertjie word ingewikkelde stowwe skeikundig afgebreek en weer opgebou tot ander, wat soms nog meer ingewikkeld is. Buite die groot plantlaboratorium is die klomp medewerkers, die mikrobes, wat die grondstowwe vir die plant voorberei.
Ons het gesien hoe sommige mikrobes die dooie plantdeeltjies in die grond afbreek en daarna nitrate van maak. Die nitrate word deur die plant opgeneem en in die klein laboratoriumkamertjies verwerk tot eiwit en ook tot die protoplasma, die draer van die lewe.
So stel die afgestorwe plantdeeltjies in die grond hul eiwitte tot beskikking van die plante wat op hul plek sal groei.
Maar wat van die uitgeputte grond: van die grond waarin die nitrifikasie-bakterieë al die eiwitte gebruik het om nitrate van te maak, en hierdie nitrate deur die wortels as voedsel vir die lewende plant ingesuig is?
HEMEL OF HEL? MAAK JOU KEUSE! (5)
Ds AE vd Berg
Lees reeks by HEMEL OF HEL? MAAK JOU KEUSE!
WAARSKU MENSE BETYDS!
Skrif: Eseg.33:1-9
“En jy, o mensekind, Ek het jou as wag oor die huis van Israel aangestel; en as jy ‘n woord uit my mond hoor, moet jy hulle van my kant waarsku” (:7).
Wie gee God die reg om mense hel toe te stuur? Hyself. God oordeel alleen as Hy seën of straf uitdeel. “En die saligheid is in niemand anders nie, want daar is ook geen ander naam onder die hemel wat onder mense gegee is, waardeur ons gered moet word nie” (Hand.4:12). Elkeen word geoordeel volgens wat hy met Jesus doen. Wie die regte ding doen, gaan hemel toe en wie die verkeerde ding doen, gaan hel toe.
Gevolglik is Pilatus se vraag aan die skare wat hy met Jesus moes doen, ‘n universele vraag wat elkeen homself moet afvra: Wat doen ek met Jesus? Die antwoord daarop bepaal ons ewige eindbestemming. Ons erf nie die hemel deur goeie werke nie. Waar jy die ewigheid gaan deurbring, hang alles af van wat jy met Jesus in jou lewe doen.
ONS VOLKSLIED
Voordat ons dié pragtige, besielende woorde in al vier die strofes wat Langenhoven vir ons geskryf het heeltemal vergeet omdat ons dit nie meer sing nie want die Afrikaanse weergawe is nie deel van die volkslied van die huidige kommunistiese bedeling in Suid-Afrika nie, plaas ons weer hierdie besielende gedig en gebed van Langenhoven; eers so bietjie agtergrond daaroor:
Die woorde van ons Volkslied wat vandag nog, selfs onder die hiel van 'n swart kommunistiese regime, deur reggeaarde Afrikaners gehuldig en geëer en as enigste volkslied van ons volk beskou word, is geskryf deur ons onvergeetlike CJ Langenhoven en wel op 31 Mei 1918 in die eetkamer van 'Arbeidsgenot', sy woning op Oudsthoorn, terwyl sy vrou "soos gewoonlik aan die eenkant van die tafel haar werkies gesit en verrig het". In sy eerste poging het hy slegs die eerste drie verse voltooi.
Toe die drie verse kort daarna in 'Die Burger' verskyn onder die skuilnaam 'KNR' – letters geneem uit 'Kerneels', 'n geliefde skuilnaam van hom – het hulle dadelik groot byval gevind en in een van die briewe wat die gedig verwelkom het, is gepleit:
MY STRYD (6)
Ds AE vd Berg
MISDAAD
"Talle buitelanders erken vandag ruiterlik dat hulle nog nooit ‘n land met soveel geweld en wetteloosheid soos Suid-Afrika teëgekom het nie.
Die 1978/79 verslag van die SA Instituut vir Rasse-aangeleenthede toon dat 132 blankes in daardie tyd deur blankes vermoor is, 85 swartes deur blankes, 105 blankes deur swartes, en 7000 swartes deur swartes! ”
1. Nuwe wêreldrekords
Afrika se rassebotsings is hoofsaaklik beskawingsbotsings. Rassegelykstelling het bv. twee onversoenbare wêrelde lynreg met mekaar laat bots waarna miljoene swartes na die heidendom met sy kenmerkende wrede menseslagtings, rituele moorde en ongewenste sosiale elemente teruggekeer het.
Daarom neem misdaad epidemiese afmetinge in my land aan. Die misdaadsyfer het bv. binne die eerste vyf jaar van swart bewind met ‘n duiselingwekkende 770% gestyg. Gesien in die lig dat slegs 14% van alle aangemelde misdaad na beraming suksesvol vervolg word, is my volk as’t ware aan misdadigers uitgelewer! Watter bestaansreg het so ‘n regering? Dis geen demokrasie nie, maar eerder ‘n skrikbewind in die naam van demokrasie!
NOG ‘N STORMERS- BLOUBUL KORSIE
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
‘n Kaapse onderwyser verduidelik aan sy klas dat hy ‘n vurige Stormerondersteuner is. Hy vra toe sy leerlinge of hulle ook Stormerondersteuners is. Almal behalwe een knaap steek hulle hande op.
Verbaas kyk die onderwyser na hom. “Jannie, hoekom het jy nie jou hand opgesteek nie?”
“Want ek is nie ‘n Stormers-fan nie.”antwoord hy.
“Nou watse fan is jy dan?” vra die onderwyser.
HEMEL OF HEL? MAAK JOU KEUSE! (4)
Ds AE vd Berg
Lees reeks by HEMEL OF HEL? MAAK JOU KEUSE!
SONDE VEREIS DAT DAAR 'N HEL MOET WEES
Skrif: Rom.1:18-32
“Daarom het God hulle ook in die begeerlikhede van hulle harte oorgegee aan onreinheid....aan skandelike hartstogte....” (Rom1:24,26).
Sonde maak God kwaad. Dit word toorn genoem, ‘n Hollandse woord wat in ons taal gevestig geraak het – 'wrath of God' in Engels. Dis ‘n baie ernstige saak wat, elkeen wat God se redding in Christus verwerp, se ewige eindbestemming raak. “Hy wat in die Seun glo, het die ewige lewe; maar hy wat die Seun ongehoorsaam is, sal die lewe nie sien nie, maar die toorn van God bly op hom” (Joh.3:36).
Om God se toorn te verstaan, moet ons sy geregtigheid verstaan. Hy is volmaak en heilig. Ons is en bly sondig ongeag hoe hard ons probeer om reg te leef. “want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God” (Rom.3:23). Wie oortree, word gestraf. Hy het die volste reg en gesag om sy skepping te oordeel!
God het in Christus Jesus ‘n reddingsboei na die mens uitgegooi.
‘N STORMERS- BLOUBUL KORSIE
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
In die ou dae sou ons dit ‘n WP teen Noord-TVL-geveg genoem het...
‘n Gesin van Stormerondersteuners gaan een Saterdag voor Kersfees inkopies doen. Terwyl hulle in die winkel is, tel die jongste seun ‘n Bulletrui op en sê vir sy suster: “Ek het besluit ek ondersteun die Bulle en wil hierdie trui vir Kersfees hê.” Maar sy suster is sommer op die plek baie vies en met ‘n oorveeg vertel sy hom om met sy ma te gaan praat. Daar gaan hy toe en vertel dieselfde storie vir sy ma. Dié is net so kwaad oor sy versoek, gee hom nog ‘n oorveeg en beveel: “Gaan praat met jou pa!”
Hy loop toe druipstert na sy pa toe en huiwerig herhaal hy sy versoek. “Ek wil die bulle ondersteun en graag hierdie trui vir Kersfees hê.”
VOORTREKKER-PIONIERS (12)
Dr JP Botha
Lees reeks by Voortrekker-pioniers
Die skeuring in die gemeenskap (3)
Hierdie daad van die hoofkommandant het ten gevolg gehad dat sy teenstanders die volgende dag onder leiding van Hans van Rensburg gewapend op Strydfontein opgedaag het om die loslating van Burgers te eis.
Die gevaar van ‘n noodlottige burgeroorlog het twee dae gedreig om ‘n aaklige werklikheid te word, maar gelyk is op 13 Februarie aan albei kante besluit om vier verteenwoordigers aan te stel in ‘n poging om tot ‘n vergelyk te kom. Die agt afgevaardigdes het namens hul partye besluit dat al Potgieter se persoonlike dokumente en die oorspronklike notule van die volksraad die volgende Saterdag aan die hoofkommandant oorhandig sou word nadat daar behoorlike afskrifte van gemaak is. Jacobus Burger sou onmiddellik vrygestel word, waarna almal hul wapens sou neerlê en geen vyandelikhede meer sou pleeg nie. Daar is verder ook afgespreek om op 24 Februarie 1847 ‘n publieke vergadering by die raadsaal op die dorp te hou, waar die geskille verder uit die weg geruim sou word.
Op die afgespreekte dag het die hoofkommandant twee verteenwoordigers, Frans Pretorius en Louis van Wyk, gestuur om die papiere in ontvangs te gaan neem.
MY STRYD (5)
Lees reeks by My Stryd
Ds AE vd Berg
STAATSDIENSROOF
1. Dringende behoefte
Suid-Afrika het ‘n baie groot behoefte aan meer blankes in die land. Terwyl swart-aanwas die hoogte inskiet, neem blankes s’n onrusbarend af. Daarbenewens het bykans ‘n miljoen kundiges alreeds die land weens onreg en misdaad verlaat. Die staatsdiens word miskien die slegste hierdeur geraak. Leë staatsdiensposte word met onbevoegdes gevul waarna alles tot stilstand kom en daar noodgedwonge van blanke konsultante gebruik gemaak moet word om die werk te kom doen - alles met belastingbetalersgeld.
Duisende onbevoegdes beklee tans openbare betrekkinge waarvoor hulle allermins opgewasse of selfs opleibaar is. Transformasie-aanstellings het al die spot van die land en onbevoegdheid die Achilleshiel van die regering geword. Net so min as wat ‘n loodgieter ‘n opehartoperasie
LICHTENBURG SE SPOEL-DELWERYE 1926
LAND VAN ONS VADERS
(Lees reeks by Land van Ons Vaders)
H.S. van Blerk
"Ou neef, hier moet jy 'n donkie aan sy stert vashou as jy hom wil behou. En so wragtie, as jy partykeer weer jou oë uitvryf, sit jy net met die stert."
So het 'n oom aan my pa gesê min of meer die dag toe ons in 1926 op die delwerye aangekom het. En dit was ook so. Ek was toe 'n knaap van nege jaar. Ek moes die donkies aan hul sterte vashou. Ek het my bes gedoen maar na 'n paar dae was daar twee weg. Onderwyl ek na hulle gesoek het, het nog twee weggeraak. Toe het ek my bes gedoen om daardie ses te behou maar die dag toe ons na 'n maand terug Brits toe sou gaan om ons trek te gaan haal, was hulle net vier. Ek en my pa het drie dae na daardie verloopte ses donkies gesoek en intussen nog een kwytgeraak.
Die delwery was dan ook aan daardie beginjare 'n sameraapsel van alles onder die son: donkiewaens, ossewaens, model T-Fordvragmotors wat almal water aangery het vir die duisende delwers wat op daardie oomblik veral op Bakers en Elandsputte na diamante gesoek het.
HEMEL OF HEL? MAAK JOU KEUSE! (3)
Lees reeks by HEMEL OF HEL? MAAK JOU KEUSE!
Ds AE vd Berg
STUUR GOD MENSE WERKLIK HEL TOE?
Skrif: Openb.1:9-20
“En Ek het die sleutels van die doderyk en van die dood” (Openb.1:18).
Die Evangelie het twee kante: Wie glo sal gered word en hemel toe gaan. Wie nie glo nie, sal veroordeel word en hel toe gaan! Baie mense glo nie aan ‘n hel nie. Hulle sê dat ‘n God van liefde geen mens na so ‘n plek sal stuur nie. Ek wonder net hoe so ‘n persoon weet dat God ‘n God van liefde is? Dit kan net op grond van die Bybel wees. Die natuur leer ons dit nie. Net die Bybel. Dis ons enigste bron van kennis dat God ook liefde is. Leer dieselfde Woord ons dan nie ook dat daar ‘n hel is nie? Hoe glo mense een ding in die Bybel, maar ‘n ander ding nie? Waar is die konsekwentheid?
Die Bybel is die enigste gesaghebbende bron van inligting wat ons oor die hel het. Wie nie glo wat dit oor die hel sê nie, moet ook nie glo wat dit oor God, die hemel of redding sê nie!
Ons sou niks van die hel geweet het as Jesus ons nie daaroor ingelig het nie.
HEMEL OF HEL? MAAK JOU KEUSE! (2)
Ds AE vd Berg
Lees reeks by HEMEL OF HEL? MAAK JOU KEUSE!
HOE LYK DIT IN DIE HEL?
Skrif: Luk.16:19-31
“En by dit alles is daar tussen ons en julle ‘n groot kloof gevestig, sodat die wat hiervandaan wil oorgaan na julle, nie kan nie,; en die wat daar is, nie na ons kan oorkom nie” (26)
Baie mense glo nie aan die hel nie. Dit neem nie die bestaan daarvan weg nie, net so min as wat ek die bestaan van Amerika of Rusland sou wou ontken. Dit bestaan ongeag wat mense sê. Dis soos iemand wat kanker het, maar weier om dit te glo. Dit vat nie die siekte weg nie! Dit bestaan. So ook die hel!
MY STRYD (4)
Lees reeks by My Stryd
Ds AE vd Berg
GRONDROOF
1. Grondeise
Wanneer ‘n regering toelaat dat kosbare landbougrond vir onproduktiewe doeleindes gebruik word, is hy aan grondroof skuldig. In Februarie 2006 het Thabo Mbeki gesê dat grondhervorming deel van die transformasieproses in Suid-Afrika is en dat die Eurosentriese grondgebruik met ‘n Afrikasentriese een vervang gaan word. Daarom word kosbare landbougrond by wyse van geslaagde grondeise toenemend van produktiewe blanke boere weggeneem en aan onproduktiewe swartes gegee.
Gevolglik verval Suid-Afrika se landbougrond in dieselfde verhouding as wat sulke grondeise toegestaan word. Desondanks verwag die regering dat blanke boere in die behoeftes van die groter wordende swart verbruikerskorps moet bly voorsien. Dis nou so goed as om ‘n perd te kniehalter, maar van hom verwag om die wedren te wen!
Swartes se voedselbehoeftes was nog altyd groter as hul vermoë om self daarin te voorsien.
Daarom leef Afrika van meet af aan onder die broodlyn. Droewige tonele van hongersnood en ellende word gereeld wêreldwyd gebeeldsend met dringende oproepe om voedselhulp. In die meeste gevalle het daardie mense self die ellende geskep deur die gans wat die goue eiers lê, te slag. En dis presies wat met my land gaan gebeur indien die rampspoedige grondroofbeleid nie omgekeer gaan word nie.HEMEL OF HEL? MAAK JOU KEUSE! (1)
Ds AE vd Berg
Lees reeks by HEMEL OF HEL? MAAK JOU KEUSE!
IS DAAR WERKLIK 'N HEL?
Skrif: Luk.16:19-31
“En hy roep en sê: Vader Abraham, wees my barmhartig en stuur Lasarus, dat hy die punt van sy vinger in water kan insteek en my tong verkoel; want ek ly smarte in hierdie vlam” (:24)
Daar is min woorde wonderliker as 'redding.' Jy bevind jou bv. op ‘n skip wat sink en ‘n reddingsvaartuig daag ter elfder ure op. Jy word in ‘n brandende gebou vasgekeer en ter nouer nood deur brandweerpersoneel gered. Waarvan is jy gered? Van ‘n gewisse dood. Jy moes eintlik gesterf het, maar jy lewe - teen die verwagting in!
Wat is die wonderlikste redding denkbaar? Om van die ewige dood gered te word. Daar is drie tipes van dood.
(i) Die geestelike dood. Dis as mense nie in ‘n lewende verhouding met Jesus staan nie en soos geestelike lyke is.
(ii) Die tydelike dood. Dit gebeur as jy sterf en ‘n skeiding tussen liggaam en siel ontstaan.
(iii) Die ewige dood. Dis as die band finaal met God verbreek word en die ongeredde mens vir ewig en altyd in die hel beland sonder enige omdraaikans.
Watter een is die wonderlikste redding?
MY STRYD (3)
Lees reeks by My Stryd
Ds AE vd Berg
KORRUPSIE
1. ‘n Wêreldverskynsel
Korrupsie is ‘n wêreldverskynsel. Geen land is daarvan gevrywaar nie. Afrika gaan egter die swaarste daaronder gebuk. Waar dit in ander lande sporadies en by wyse van hoë uitsondering voorkom, is dit in Afrika eerder die reël. Dis wat die meeste swart leiers in die saal hou. Korrupsie vreet soos ‘n kanker aan die hart van elke swart staat.
Nadat die koloniale owerhede uit Afrika verdryf is, het korrupsie oorhand toegeneem.
Veral in Suid-Afrika. Apartheid was ‘n effektiewe keerwal teen die voortstuwende roofsug. Toe volkssaboteurs dit egter met die stootskrapers van hul misplaaste sentimente vernietig het, is Suid-Afrika deur ‘n siedende stroom van selfverryking-deur-plundering meegesleur met lelike gevolge. Sedertdien berig die nuusmedia feitlik daagliks van hooggeplaaste korrupsie en selfs pogings om dit toe te smeer.
Korrupsie is nie altyd eenders nie. Daar is produktiewe en vernietigende korrupsie. Produktiewe korrupsie kom sporadies in Asiatiese lande voor waar groot staatskontrakte dikwels met behulp van omkoopgeld verkry word.
MY STRYD (2): GEWETTIGDE ROOF
Lees reeks by My Stryd
Ds AE vd Berg
GEWETTIGDE ROOF
1. ‘n Ou vergryp met ‘n nuwe baadjie
In ‘n land met ‘n veelvolkige bevolkingsamestelling is die handhawing van goeie rasseverhoudings baie belangrik. Daarom sal ‘n verantwoordelike regering alles in sy vermoë doen om toe te sien dat rasse mekaar nie benadeel nie. Ongelukkig gebeur dit nie in my land nie waar die regering selfs strukture in werking stel waardeur swartes blankes op ‘n wettige wyse
Niks vertroebel rasseverhoudings soos diefstal nie. Swartes het my land voos gesteel. Waar eertydse blanke owerhede altyd daarin geslaag het om swartes se roofsug deur streng wetgewing en rasseskeiding in toom te hou, moedig die huidige dit as’t ware aan! Roof is ‘n onmisbare deel van hul polities-ekonomiese mondering.
2. Swart bemagtiging
Onbevoegdheid is so eie aan swart bewind soos die Suid-ooster aan die Kaap.
MY STRYD (1) ROOFSUG
Lees reeks by My Stryd
Ds AE vd Berg
Inleiding
Struggle is ‘n woord eie aan die Afrika-politiek en vir jare kwistig gebruik om plaaslike sowel as internasionale steun vir die vernietiging van blanke staatsgesag in Afrika te verkry. Swartes het geglo dat die beëindiging van blanke owerheid hemel op aarde vir hulle sou bring. Net die teenoorgestelde het gebeur toe die hel aan die voete van wetsgehoorsames losgebars en mense se dagdrome in nagmerries en lugkastele in puinhope verander het!
Sedertdien haal Suid-Afrika gereeld die wêreldnuus; hoofsaaklik vir die verkeerde redes. Op 18 Februarie 2007 het John Simpson van die BBC Nuus geen doekies omgedraai toe hy gesê het dat Suid-Afrika een van die allergevaarlikste plekke ter wêreld is nie. Die ANC het hom onmiddellik van rassehaat beskuldig; ‘n ou, geykte verdedigingsmeganisme wanneer swartes ‘n waarheid nie
Die einde van die plaaslike swartes se stryd was die begin van myne. My stryd is egter nie etnies of rassisties van aard nie, maar teen ‘n verbreking van die agtste gebod: “Jy mag nie steel nie” (Ex.20:15). Ek het ‘n stryd met rowers wat toegelaat word om my land in die naam van demokrasie van ‘n gehaltebestaan te beroof en die lewe uit die ekonomie te suig.
VOORTREKKER-PIONIERS (11)
Dr JP Botha
Lees reeks by Voortrekker-pioniers
Die skeuring in die gemeenskap (2)
Potgieter het op hierdie stadium ‘n veel groter aantal ondersteuners as die volksraad gehad. Die byeenkoms van 20 September 1846 is deur 222 persone bygewoon en die genome besluite is kort daarna deur ‘n totaal van 633 handtekeninge bekragtig.
Met die aanvang van die vergadering is JJ Burger aangeskryf om met alle volksraadstukke teenwoordig te wees sodat die ondersoek ‘n aanvang kon neem, dog hy het nie opgedaag nie.
Indien die griewe van die twee partye op hierdie vergadering behoorlik uitgepluis kon word en as daar ‘n gees van toenadering bestaan het, sou die breuk miskien in groot mate geheel kon word. Albei partye het egter ‘n styfhoofdige houding ingeneem wat enige samewerking onmoontlik gemaak het. Die Potgieter-volgelinge, bewus van hul krag, het die vergadering ‘n geleentheid gemaak om, met volle miskenning van die volksraad en bestaande bestuursinstellinge, ‘n splinternuwe grondwet op te stel waardeur die bestaande regeringsvorm totaal verander is en feitlik teruggekeer het tot die toestand wat tydens die Groot Trek bestaan het. Alle regeringsgesag is naamlik geplaas in die hande van die hoofkommandant.
HOE STAAN ONS VOLK BEKEND?
VOLKSSTUDIES (1)
Lees reeks by Volksstudies
Ds.André van den Berg
"Die Boerevolk is geen skurkevolk wat hom skaam omdat hy sy eie volksgenote voorop stel nie. Ander volke doen presies dieselfde."
1.1 ‘n Gawe van God
In Gen.25 lees ons hoe Esau sy eersgeboortereg verag en sy nageslag in onbeduidenheid laat verval het. God het lank voor ons geboorte bepaal dat ons aan ‘n spesifieke volk sou behoort. Derhalwe is volkskap kosbaar en mag ons nie ons erfenis versmaai nie - dis 'n gawe van God. Esau se nageslag het die gevolge van sy onverskilligheid gedra en 'n veragte volk geword wat gereeld goed op hul baadjie gekry het.
Verraderlike politici, ontspoorde kerke en ander volksvyandige instellings dring al jare lank daarop aan dat ons ons erfenis vir die verfoeilike lensiessop van internasionale erkenning verruil. Nee, ons sal eerder dit wat ons uit die hand van God ontvang het, bewaar omdat ons eendag ook daarvan rekenskap sal moet gee. Laat ons eerder soos koning Dawid van ouds in Ps.16:6 uitroep: "Die meetsnoere het vir my in lieflike plekke geval, ja, my erfenis is vir my mooi".
1.2 ‘n Eie volk