Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Christene is mense wat van die naglewe van sonde oorgegaan het na 'n lewe van lig in die HERE. Maar nou moet hulle ook lewe soos mense van die lig – dit bring mee om elke ding in jou lewe te ondersoek, of dit reg voor God is, of nie.
DIE BYBEL (20)
Dr JP Botha
Lees reeks by DIE BYBEL
Potte en Pottebakkers
Potte en kleiprodukte is van die oudste produkte in die mens se geskiedenis. Die eerste potte is waarskynlik net na 5 500vC gemaak. Dit is alles met die hand gemaak. Dit lyk of daardie vroeë pottebakkers die klei in slangetjies gerol het en dan die pot daarmee gevorm het. Die pottebakkerswiel het eers later op die toneel verskyn.
Teen die begin en gedurende die Hellenistiese periode (die derde eeu vC tot die eerste of tweede eeu nC) het die pottebakkersbedryf verfynd geraak. Van groot duursame potte tot fyn delikate potte is gemaak. Allerhande vorms is gemaak met verskillende motiewe wat daarop aangebring is.
Uit die verskillende tekenings op die potte leer ons natuurlik geweldig baie van hoe die mense in daardie tyd geleef het. Hulle het van oorlog, badkamer- en liefdestonele, tot sportbedrywighede en diere op die potte geverf. Hierdie tekenings is soos ‘n lopende kommentaar op die samelewing van destyds.
DIE ANTICHRIS SE VOETSTAPPE (6)
Lees reeks by Die Antichris se voetstappe
Ds AE vd Berg
FEDERAAL-SOSIALISTIES
1. ʼn Sameswering
In Februarie 2006 het Vladimir Bukovsky, ʼn kenner van Sosialisme, in Brussel gesê dat die EU in ʼn sosialistiese staat gaan verander; ʼn monster wat vernietig moes word! Bukovsky het in 1964 weens sy anders-denkendheid in ‘n Kommunistiese tronk beland waar hy vir 12 jaar aangehou is. Toe hy na die Weste verban is, het hy in Engeland gaan woon.
In 1992 het Rusland hom genooi om in ʼn saak teen die ou Sowjet Kommunistiese Party te kom getuig. Ter voorbereiding van sy getuienis het hy geheime dokumente onder oë gekry wat sy hare laat rys het – ʼn sameswering om van Europa ʼn federaal-sosialistiese staat te maak!
Die Sowjetunie wou ʼn nuwe mensdom skep - die Europeërs, waarna die staat moes verdwyn sodat die Europeërs alles kon word. Die teenoorgestelde het in Rusland gebeur - die staat het alles geword en die volk gewetensloos verdruk. Daarom het die onderskeie Oos-Europese volke so sterk na vore getree toe die Sowjetunie verkrummel het.
2. Die liberaliste
Dokumente wat van die eertydse Politburo en Sentrale Kommunistiese Komitee bekom is, spel die bose plan om van Europa ʼn federale staat te maak sonder omhaal van woorde uit. Feitlik al die liberale Europese politieke partye het in die geheim met Moskou saamgespan om Europa te verander en selfs van hul gemeenskaplike Europese huis gepraat.
Die liberaliste was by geleentheid erg bekommerd oor die veranderings wat Margaret Thatcher se instelling van privatisering en vrye handel aan die wêreldhandel gemaak het.
ONS LAND EN SY WATERSITUASIE
SKOOLPROJEK
RIVIERE, DAMME, WATERSKEMAS EN BESOEDELING
Hoewel die toestand van ons riviere veral die afgelope tien jaar volgens wêreldstandaarde glad nie juis indrukwekkend is nie, is water steeds belangrik om ons droë land wat dikwels ernstige waterskaarste as gevolg van droogtes ondervind.
Die grootste deel van Suid-Afrika is warm en droog. Net die smal strook langs die Suid- en Ooskus is taamlik waterryk. Binnelands is die reënval laag. Elke jaar kry Suid-Afrika net sowat die helfte van die gemiddelde reënval van ander lande.
Die afgelope seisoen tussen 2010 en 2011 waarin die reënval egter buitengewoon hoog teenoor vorige baie jare was, was daar net enkele streke wat groot en ernstige droogtes ondervind het. Die Kaapse gebied in die omgewing van Knysna deur George en Mosselbaai was onder streng waterbeperkings en vir nagenoeg 2 jaar mog geen tuinslang eers gebruik word nie as gevolg van die watertekort. Noudat die winter van 2011 begin aanbreek blyk dit asof daardie omgewing, wat 'n winterreënvalstreek is, heelwat hoër reënval sal ondervind met uitstekende metings van gemiddeld 120 ml in kort tye soos weer die laaste naweek in Meimaand.
Sowat 90 persent van die reën wat val bereik nooit die riviere nie maar verdamp in die atmosfeer of word deur die droë grond opgeneem.
DIE ANTICHRIS SE VOETSTAPPE (5)
Lees reeks by Die Antichris se voetstappe
Ds AE vd Berg
DIE VERENIGDE STATE VAN EUROPA
1. ʼn Droom
Die droom van ʼn Verenigde state van Europa, soos wat Winston Churchill dit jare gelede gemunt het, stem baie ooreen met die grondwetlike proses wat tot die vorming van die VSA gelei het. Dit kan egter nie sonder ʼn algemeen aanvaarde, werkbare grondwet verwerklik nie.
Die EU beskik tans oor twee wetgewende instansies – die Raad van Ministers en die Europese Parlement. Die Raad van Ministers bestaan uit lede wat ook lid van hul eie nasionale regerings is en deur elke lidland verteenwoordig word. Dan is daar ook die Europese Parlement. Beide het seggenskap oor wetlike en administratiewe sake asook die begroting.
Die EU se stigtingsverdrae lees baie anders as die meeste ander internasionale verdrae. Omdat lidlande baie van hul regeermag prysgegee het, tree die EU op sekere gebiede alreeds diktatoriaal op. Europese eenwording geniet altyd voorkeur en sosio-ekonomiese sake word aan politieke sake ondergeskik gemaak.
Internasionale wetgewing weeg swaarder as nasionale wetgewing. Daarom is EU wetgewing bo nasionale wetgewing verhewe en kan op enige lidland afgedwing word. Die Hof van Justisie is vir die uitvoering daarvan verantwoordelik. Benewens stewige boetes kan oortreders ook hul stemreg in die Raad verloor.
DIT NET OOR SPINASIE!
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
Daar was dié aand vir die gesin ‘n gekookte ete op die tafel en almal het aan die heerlike disse weggelê, ook klein Jannie, maar aan die skeppie spinasie in sy bord het hy nie geraak nie. Sy ma merk dit op en sê: “ Eet jou spinasie, Jannie!”.
“Ag ma, dis sleg; ek wil dit nie hê nie.”
“So? Wag maar, die Here gaan jou nog straf oor jy so maak.”
Daardie nag word Jannie se ma wakker van swaar weer en die weerlig wat aanhoudend blits. Sy raak bekommerd oor Jannie en gaan na sy kamer toe, maar hy is nie in sy bedjie nie. Toe sien sy lig in die kombuis en tref hom in die spens aan met ‘n groot bak spinasie en ‘n lepel in die hand. Elke keer as daar ‘n blits slaan en die weer dreun, dan druk hy ‘n lepelvol in sy mond en kou met mening, onderwyl hy kreun: “Al hierdie groot lawaai, en dit net oor ‘n ou bietjie spinasie!”
VOORTREKKER-PIONIERS (8)
Dr JP Botha
Lees reeks by Voortrekker-pioniers
Vestiging van die Ohrigstadse gemeenskap (4)
Ofskoon tot op dié tydstip die een groot doel wat die emigrante hulle gestel het naamlik die daarstelling van ‘n handel met Delagoabaai, nie verwesenlik kon word nie, het die emigrante nogtans nooit gebrek ondervind aan dié handelsware wat vir hulle lewensonderhoud en voortbestaan noodsaaklik was nie. Smouse wat dié goedere uit Natal en Kaapland gebring het, was daar voldoende. Vanaf die vroegste dae van die Groot Trek het handelaars vanuit Kaapland handelstogte na die Voortrekker-gebied onderneem en aanvanklik, solank die muntgeld wat die Trekkers besit het nog nie uitgeput was nie, veral in Natal goeie sake gedoen.
Hierdie handelaars, wie se vernaamste oogmerk was om soveel wins as moontlik te maak, het uiteindelik toe die muntgeld skaars geword en die koopkrag van die Voortrekkergemeenskap afgeneem het, ten gevolge waarvan wapens en ammunisie feitlik nog die enigste handelsware was wat ‘n redelike wins kon afwerp, ‘n vloek vir die gemeenskap geword. Van hulle het naamlik ter wille van ‘n groot wins nie geskroom om wapens en ammunisie ook aan die inboorlinge te verkoop nie en het hulle selfs beywer vir die anneksasie van die Voortrekkergebied deur die Britse owerheid, slegs met die oog op beter handelsgeriewe en meer winste!
DIE ANTICHRIS SE VOETSTAPPE (4)
Lees reeks by Die Antichris se voetstappe
Ds AE vd Berg
GEBIEDENDE MAG
1. Rampokkery
Talle lidlande is onder druk geplaas om by die EU aan te sluit en daarna by dinge ingeboelie wat hulle vrede erg versteur het. Denemarke het bv. in twee referendums teen die Verdrag van Maastricht gestem. Ierland het teen die Verdrag van Nice en daarna ook diè van Lissabon gestem. Switserland is gedwing om vyf referendums te hou ten einde die EU sy sin te gee. Dis wat in Engels shotgun marriages genoem word - politieke rampokkery!
2. Die stryd teen Amerika
Die EU dwing gedurig sy standaarde deur nuwe wette en regulasies op die wêreld af. Die EU se opspraakwekkende oorwinning oor Microsoft ‘n paar jaar gelede het die verhoog vir ʼn verenigde Europa begin regskuif. Benewens die magsvertoon op die wêreldverhoog, was dit ook ‘n bedekte oorlogverklaring teen Amerika!
Die EU en Amerika is van meet af aan in ʼn stryd om wêreldbeheer gewikkel. In Maart 2004 het die EU Microsoft ʼn reuse boete van 497 miljoen Euro vir die vermeende misbruik van sy plek op die wêreldmark opgelê. In Junie 2006 is ʼn verdere 280 miljoen Euro opgelê net omdat Microsoft hul nie by die EU se bevinding berus het nie, maar daarteen geappelleer het.
In Februarie 2008 is Microsoft ʼn derde keer beboet; diè keer met 899 miljoen Euro. Dit was egter nie die einde nie. In Mei 2009 is Intel, die grootste mikrorekenaar-skyfievervaardiger in Amerika, ʼn boete van $1,45 biljoen opgelê!
DIE ANTICHRIS SE VOETSTAPPE (3)
Lees reeks by Die Antichris se voetstappe
Ds AE vd Berg
WIE SWAAI DIE SEPTER?
1. Die Duitse droom
Net voor die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog het invloedryke Duitse sakelui en Nazi militariste geheime vergaderings met Roomse bankiers gevoer en hulle oorreed om die oorlog te help befonds. Baie van hierdie dokumente het ná die oorlog aan die lig gekom. Die Roomse Kerk het beslis ʼn vinger in die Duitse pastei gehad!
Die ideologie van die oppermagtige mens het miljoene Duitsers begeester en Adolf Hitler vinnig opgang laat maak. Hy het die Duitse volk aangespoor om die droom van ʼn Derde Duitse ryk te verwesentlik en ʼn oorlog ontketen waarin nagenoeg 50 miljoen mense hul lewe verloor het. Na die beëindiging van die Tweede Wêreldoorlog is daar teen Duitsland opgetree wat in 25 jaar se tyd twee bloedige oorloë in Europa ontketen het. Sy is gedemilitariseer.
2. Herbewapening
Hierdie demilitarisering was egter van korte duur. Met die aanvang van die Koue Oorlog was die Weste bevrees dat Rusland Wes-Europa kon binnedring en is die vorming van ʼn Europese Verdedigingsgemeenskap in die vooruitsig gestel. Toe daar niks van kom nie, het Brittanje en Amerika die besluit om Duitsland te demilitariseer ter syde gestel en in NAVO (Noord Atlantiese Verdragsorganisasie) opgeneem.
Gevolglik is Duitsland in 1955 herbewapen om Amerika in die prentjie en Rusland daar uit te hou. Terselfdertyd kon Duitsland onder die duim gehou word. Frankryk was egter teen die herbewapening van Duitsland gekant en haar van NAVO onttrek.
DIE ANTICHRIS SE VOETSTAPPE (2)
Lees reeks by Die Antichris se voetstappe
Ds AE vd Berg
DIE VERDRAE
"Volksnasionalisme moet met internasionalisme vervang word! Die EU moedig lidlande onbeskaamd aan om hul volksnasionalisme op die agtergrond te skuif en hul eerder vir ʼn federale staat en grondwet te beywer. Dis hoe ryksburgers gekweek word! "
1. Die Verdrag van Maastricht (1992)
Met die Verdrag van Maastricht is ʼn algemene Europese burgerskap geskep wat die grondslag vir samewerking op die gebied van buitelandse sake, landsveiligheid en regspleging gelê het. Daarbenewens het dit die Ekonomiese Monitêre Unie (EMU) tot stand laat kom wat onder andere toesien dat die Schengen Ooreenkoms eerbiedig word.
2. Die Verdrag van Amsterdam (1997)
Die Verdrag van Amsterdam het oor basiese besluitneming gegaan en die EU se buitelandse en veiligheidsbeleid duideliker uiteengesit. Daarbene-wens het dit riglyne teen ongebreidelde kapitalisme neergelê wat werkloosheid en openbare diensverlening insluit. Hierdie verdrag het egter een swakheid gehad – dit het die EU se buitelandse beleid deur ʼn horde van uitsonderings, verklarings en protokolle uitgehol.
3. Die Verdrag van Nice (2001)
DIE ANTICHRIS SE VOETSTAPPE (1)
Lees reeks by Die Antichris se voetstappe
Ds AE vd Berg
Voorwoord
Die mensdom staan op die vooraand van die ingrypendste verandering in sy ganse geskiedenis. Die Bybel noem dit die 'groot verdrukking' (Mt.24) en die ryk van die Antichris (2 Thess.2:4). Dit wat eers ver in die toekoms gelê het, is tans besig om voor ons oë te verwerklik. Die meeste mense sien dit egter nie raak nie. Namate dit verwerklik, word die naderende voetstappe van die Antichris al hoe duideliker gehoor.
God het dit wat aan die einde van die tyd gaan gebeur, deur die profeet Daniël en die apostel Johannes laat voorspel. Die Antichris gaan uit die Roomse Kerk (RK) opstaan. Rome is die regisseur en Europa die verhoog vir die laaste wêreldtoneel. (Sien my boeke 'Die Laaste Pous' en 'Die Derde Tempel').
Die Heilige Romeinse Ryk (HRR) herleef sewe keer. Ses van hierdie herlewings is reeds geskiedenis. Die laaste een is voor die deur. Dis ʼn magsblok van 10 nasies wat met die wederkoms van Christus skouspel-agtig vernietig gaan word.
Rome was lank die godsdienstige, politiese en ekonomiese middelpunt van die wêreld en ʼn versinnebeelding van Babilon. Die apostel Petrus groet sy medegelowiges vanuit Rome as ‘n mede-uitverkorene in Babilon” (1 Pet.5:13). Babilon hou van meet af aan met georganiseerde afgodery, laster en vervolging verband.
Die RK is soos ʼn duif met roofvoël-instinkte. Dit het ʼn bedenklike geskiedenis van gruweldade wat in die Naam van Christus gepleeg is. So anders as ons Here Jesus Christus, het Rome wel voor die Satan neergeval om “al die koninkryke en hul heerlikheid” te verkry (Mt.4:8,9). Daarvoor het sy vir meer as 1,200 jaar ʼn onheilige band met bose aardse heersers gesmee.
Dis besig om weer te gebeur. Alle paaie lei nie na Rome nie. Die een na die hemel loop baie ver by Rome verby!
HOE LYK DIE GROOT VERDRUKKING?
Lees meer by Aktuele vrae
WEGRAPING EN MERK VAN DIE DIER
Ds AE vd Berg
“En baie valse profete sal opstaan en baie mense mislei” (Mt.24:11)
Waarom is daar soveel dwaling in die wêreld? Jesus antwoord diè vraag in Mt.22:29 wanneer Hy vir die kerklui van sy tyd sê: “Julle dwaal, omdat julle die Skrifte nie ken nie....” Dis een ding om ‘n klomp Bybeltekste te kan aanhaal, maar ‘n ander saak om die Skrif te ken. Wie die Skrif nie ken nie, sien die leuen maklik vir die waarheid aan.
Dwaalleer is ‘n set van die Satan. Hy wil dat mense die oog van die waarheid moet wegneem en die leuen glo. Waarom? Om die Bybel kragteloos te probeer maak. Die Bybel is ‘n kragtige instrument in God se hand: Luister wat sê Paulus daarvan: “Want ek skaam my nie oor die evangelie van Christus nie, want dit is ‘n krag van God tot redding vir elkeen wat glo....” (Rom.1:16).
Satan weet dat die Evangelie ‘n ongekende krag is. Dit beroof hom van mense as hulle tot bekering kom. En hy wil dit verhoed! Daarom doen hy alles in sy vermoë om dit van krag te ontneem. Hy maak veral van twee metodes gebruik – vervolging en dwaallering. Dwaallering is die suksesvolste, soos bv. die leer van die wegraping.
WEGRAPING: FEIT OF DWALING?
Lees meer by Aktuele vrae
Ds AE vd Berg
“Want die Here sal self van die hemel neerdaal met ‘n geroep, met die stem van ‘n aartsengel en met die geklank van die basuin van God; en die wat in Christus gesterf het, sal eerste opstaan. Daarna sal ons wat in die lewe oorbly, saam met hulle in die wolke weggevoer word. Die Here tegemoet in die lug; en so sal ons altyd by die Here wees” (1 Thess.4:17)
Wat is die wegraping? Sommige noem dit ‘n 'geseënde hoop'. Dis ‘n leuen en gruwelike misleiding! Waarom? Omdat dit twee wederkomste leer. Met die eerste wederkoms sit Christus geen voet op die aarde nie, maar hang in lug terwyl Hy sekere gelowiges oppluk om vir ‘n tyd lank in die hemel te wees. Daarna kom Hy weer na die aarde vir die groot oordeel.
Waar kom mense aan hierdie dwaling? Ons leef in tyd waar mense kennis van die godsdiens tweedehands verkry. Hulle lees nie die Bybel nie, maar hoor wat ander sê. So word miljoene boeke met dwaalleringe jaarliks oor die wêreld heen verkoop. Mense laat vaar die persoonlike verantwoordelikheid om die Bybel te lees en hulle van die waarheid te vergewis. Daarom begin mense dinge wat nie in die Bybel staan nie te glo. Die wegraping is ‘n klassieke voorbeeld hiervan!
VOORTREKKER- PIONIERS (7)
Dr JP Botha
Lees reeks by Voortrekker-pioniers
Vestiging van die Ohrigstadse gemeenskap (3)
Met hierdie klein “amptenary” - ‘n hoofkommandant, ‘n volksraadsekretaris, ‘n paar veldkornette, huwelikskommissarisse en ‘n landdros, aangevul wanneer omstandighede dit vereis het met persone uit die publiek om spesiale take te verrig soos die inspeksie van plase, het die raad die taak wat op hom gerus het, aangepak.
Die eerste taak wat aandag vereis het, was die permanente vestiging van die mense wat getrek het in die nuwe gebied en daar is dus onverwyld ‘n aanvang gemaak met die uitgee van erwe in die nuwe dorp Andries-Ohrigstad en van plase in die nuwe distrik wat nou ontwikkel moes word.
BLITSIGE ELEKTRIESE BRAAIER
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
Ou “Grootmaat” is aan die woord met een van sy lekker-liegstories:
Hy sê hy dink vandag aan die klere-aanpassery tussen die kinders. “Jy moet weet, ek was van die laastes van die dertien daar in die Kalahari en teen die tyd dat die goed by my uitkom, kon jy al deur hulle kyk. Jy weet, ons het só swaar gekry; ek het my eerste onderbroek vir my matriekafskeid gekry! Maar daar was ook lekker dinge, soos die slagtery in die winter. Dan kom al die kinders ‘n slag huis toe en ons kuier ‘n hond uit ‘n bos.”
Hy vertel hulle was weer een jaar almal bymekaar en daar word vir die slagtery voorberei. In daardie jare was die beeste wild en hulle moes uitry veld toe waar hulle geskiet en die vleis sommer daar bewerk het.
REGVERDIGE BELASTINGS
Lees reeks by Aan Stille Waters - Langenhoven
'n Kostelike aantekening oor belastings, deur CJ Langenhoven geskryf op 20 Julie 1931
GEHEIME RAAD... EN RAAD AAN MY EIE RAAD
"Wat in belang van die Staat sou wees, was nie om 'n man op sy inkomste te belas nie maar om hom te belas op sy uitgawe."
Iemand vra my om tog ook my deeltjie by te dra tot die bespreking waarvan al die koerante vol is. Hy is al duiselig van verwarring en hy soek helderheid. Eintlik is die punte wat onder bespreking kan kom eenvoudig genoeg vir mense wat self eenvoudig is en nie aan die gebrek van slimmigheid van vernuf ly nie. Dus val dit binne my bestek.
Vooraf sou ek egter na regte self eers moes gaan regsgeleerde advies inwin om toegelig te word in hoevér dit my geoorloof is om so 'n hangende regsaak in die openbare pers te bespreek. As ek moet tronk-toe gaan weens minagting van die hof sou ek tenminste graag sien dat dit my eie tronk was en my eie hof. Die baie besprekers tot hiertoe het seker gesorg om die advies te kry of om dit self te hê. Miskien sal ék maar die risiko neem – straks vra ek 'n advokaat en dan raai hy my aan dat dit veiliger sou wees om liewer, soos die Hollander, te zwijge en God me te late hore bromme. Ek sal daaroor slaap.
Die Provinsiale Raad het my nie om raad gevra nie. (Natuurlik nie: hulle weet mos vooraf hulle sou dit nie volg nie).
DIE VERHAAL VAN JOHN COUTS
Dr JP Botha
Hy was ‘n rowwe, vloekende tiran van ‘n seekaptein, maar op een seereis het hy siek geword, en daar lê hy op sy rug op die groot oseaan wyl die dood hom in die aangesig staar. Hy het ineengekrimp in die teenwoordigheid van die dood en die vrees “vir die hiernamaals” het hom beetgepak.
Eindelik laat hy sy eerste stuurman roep en sê vir hom: “Williams, kniel neer en bid ‘n bietjie vir ‘n ou; ek voel vreeslik sleg; ek dink hierdie keer sterf ek.” “Ek is nie ‘n bidder nie, kaptein; kan nie bid nie.” “Wel, bring dan jou Bybel en lees vir my’n stukkie - my tou is omtrent op.” “Ek besit geen Bybel nie, kaptein.” “Nou stuur die tweede stuurman na my toe, miskien kan hy ‘n gebed doen.”
Die tweede stuurman kom daar by sy bed staan “Kyk Thomas, ek vrees my bestemming hierdie keer is die ewigheid; kniel neer en bid as jy kan.” “Ek sou dit graag wou doen, kaptein, as ek kon,” sê die tweede stuurman, maar vandat ek ‘n kind was, het ek nooit meer gebid nie.” “Het jy dan altemit ‘n Bybel?” vra die kaptein. “Nee meneer.” “Nou sê dan vir die derde stuurman ek wil hom spreek,” sê die kaptein.
VROU, JOU GELOOF KAN ONS RED!
Vrou, eer God in hierdie Tyd van Verwarrende Waardes
Ds Petrus Venter
Pinehas se vrou lewer in Ikabod die eer van God in verwarrende tye...: En (sy het) die seuntjie Ikabod genoem en gesê: Weggevoer is die eer uit Israel - met die oog op die wegneming van die ark (1 Sam 4:21a).
Ons ken nie eers haar naam nie. Hierdie skoondogter van Eli het gesterf toe daar op dieselfde dag 'n hele aantal manne gesterf het, ook haar eie man. Haar man Pinehas, haar swaer Hofni, haar skoonpa Eli, al hierdie manne om haar sterf en sy op haar kraambed, in haar barensnood, sterf ook.
Almal se dood is gehul in wat baie mense as verwarrende tye sou bestempel. Hoe het die weduwee-Pinehas haar eie huislike lewe moes beleef:
HOE MIKROBES VIR PLANTVOEDING SORG
DIE WÊRELD VAN DIE KLEINSTES (10)
SKOOLPROJEK
Lees reeks by Mikrobes - Wêreld van die kleinstes
Jac Schoonens
Die lug wat ons inasem bestaan grotendeels uit stikstof, en vir 'n kleiner deel uit suurstof. Daar is ook nog koolsuurgas aanwesig maar nie meer as slegs 0.03% nie.
Vir die plantegroei is koolsuur hoogs belangrik want deur die medewerking van sonlig en van die bladgroen (chlorofil) in die plant word die koolsuur saam met water gebruik om plantestowwe op te bou. So 'n klein koolsuurdeeltjie is maar baie nietig. Selfs met 'n mikroskoop sal dit nie te sien wees nie want dit is nog 'n paar duisend keer kleiner as die kleinste mikrobe. Maar ook sonder mikroskoop is dit bevind dat die kleinste koolsuurdeeltjies (molekuul) uit twee andere stowwe (elemente) bestaan, naamlik een deeltjie (atoom) koolstof en twee deeltjies suurstof.
Die koolstof is van groot betekenis in die natuur want die meeste stowwe waaruit mense, diere en plante opgebou is het koolstof as 'n bestanddeel. Laat ons dus 'n koolstof-atoom op sy pad deur die natuur volg:
Kringloop van die koolstof
DIE BYBEL (19)
Dr JP Botha
Lees reeks by DIE BYBEL
BOERDERY
Landbou het sentraal gestaan in die destydse samelewing. Daar word bereken dat omtrent die helfte van die heuwelgrond in Palestina destyds bewerk was. ‘n Groot deel van die land was natuurlik woestyn, maar daar is ook geboer. Die groot probleem was natuurlik water, maar die boere van destyds was meesters om die vier of vyf duim reën wat in vyf ure van die jaar geval het, só op te vang in damme en opgaarplekke dat dit genoeg was om mee te boer. Natuurlik was die opbrengs nie so goed nie. Vir elke sak koring wat gesaai is, is vyf gewoonlik geoes as die oes goed was.
Koring en hawer was die twee belangrikste gesaaides, want daarvan is brood gemaak. Hawer was meer vir die arm mense. Ander produkte waarmee geboer was, was dadels, vye, olywe, granate, druiwe en natuurlik groente, soos bone, lensies, uie of komkommers.
KORSIES OP DIE RUGBYVELD (4)
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
DIT WAS MAAR MOEILIK...
In die ou dae, voor die studente nog motors gehad het, het die Stellenboschspelers met die trein Nuweland toe gery en daarvandaan na die stadion gestap. Daar was altyd van die bruin ondersteuners wat hulle ingewag het om hulle toksakke te dra, voor en na die wedstryde. Na die Maties een Saterdag ‘n pak slae gekry het, was Craven oppad stasie toe. Hy was in ‘n slegte bui.
Daar stap toe een van die ondersteuners nader en vra: “Mister Danie, kan ek mister Danie se toksak vir jou dra?”
Craven was knorrig en ignoreer hom. Die kêrel vra toe weer of hy die toksak kan dra, maar Craven stap net aan. Hy vra toe ‘n derde keer, maar Craven ignoreer hom steeds.
Toe kom die antwoord vol begrip: “Mister Danie het op sy moer gekry vandag, né!”