Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Pyn en eensaamheid dryf my na gebed, en wanneer ek bid, verdryf dit my pyn en eensaamheid.
DIE MOORDVIRUS (6)
Lees reeks by Die Moordvirus
EJG Norval
VIGS IN SUID-AFRIKA (2)
In die Wes-Kaap het VIGS stadiger gegroei met 1,66% in 1995; 3,1% in 1996 en 6,2% in 1997, hoewel sekere areas soos Plettenbergbaai, Knysna en Guguletu-Khayalitcha in 1997 sowat 12% positiewe groei getoon het. Tuberkulose-gevalle het in die vorige dekade verdubbel vanweë MIV se bydrae en volgens Die Burger (Januarie 1997) het die voorkoms van MIV in die Wes-Kaap tussen Januarie 1996 en Januarie 1997 verdubbel van 3,09% tot 6,29%. Teen hierdie tempo sou 24% van die Wes-Kaapse bevolking twee jaar later MIV-draers wees. Op 2 Desember 1997 het Die Burger berig dat 13% van Khayalitsha se inwoners besmet is en dat 'n Wêreldbankverslag voorspel het dat die epidemie Afrika gaan verswelg.
VOORTREKKER- PIONIERS (6)
Dr JP Botha
Lees reeks by Voortrekker-pioniers
Vestiging van die Ohrigstadse gemeenskap (2)
Die besluit dat die gesag van die hoofkommandant onder dié van die volksraad sou staan, was vir die groot getal ondersteuners van Potgieter in die maatskappy soos ‘n rooi doek voor ‘n bul en nog dieselfde dag het hulle ‘n geskrif opgestel wat deur 122 persone onderteken is en waarin hulle op ondubbelsinnige wyse uiteengesit het wat hulle van Potgieter dink en wat hulle van die raad ten aansien van hom verlang.
In die skrifstuk roem hulle Potgieter se standvastigheid en ywer ten behoewe van die emigrante se welvaart en vryheid. Hulle noem die kommissies wat hy gemaak het in 1836 en weer in 1844 na die Portugese ter wille van die welvaart van die Trekkers en eis dat hy die hoogste gesag in die maatskappy sal beklee, wat die volksraad in tye van sy afwesigheid sal oorneem.
SATERDAG- SABBAT, OF SONDAG?
UIT DIE WOORD: OF CHRISTENE DIE SATERDAG OF DIE SONDAG AS SABBAT MOET ONDERHOU
Ons hoor gereeld vrae oor watter dag van die week ons as Christene nou eintlik soos 'n sabbat moet deurbring. Daar is talle teorieë wat groot verwarring onder ons hededaagse geslag skep. Daar word selfs beweer dat die Katolieke Kerk dit na die Sondag verander het om Christene te mislei, ander weer dat Konstantyn die Sondag as verering van die songod ingestel het, ens, ens. En heel dikwels is die uiteinde van die onbevredigende antwoorde 'n apatiese toestand in die gemoed wat meebring dat ons volk nie meer erns wil maak met die heiliging van ons sabbatte nie.
OUMA SE KIND
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
Prinses Ann van Brittanje se seun, Peter Phillips, is ‘n hele paar jaar gelede as kaptein vir Gordonstown Schools gekies. Net voor ‘n wedstryd waarin hulle sou speel, soos die gebruik is, moes ‘n munt opgeskiet word om te bepaal wie eerste keuse tot die rigting van spel het. Die skeidsregter het die munt geneem, na die jong Phillips gekyk en in plaas van die gewone head or tails aan hom gevra: “ Your grandmother or tails, sir?!”
SKAAM MY DOOD!
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
Klein Jannie was in die laerskool toe die onderwyser vra wat elkeen se pa doen om sy brood te verdien. Die gewone antwoorde is gegee soos brandweerman, polisieman, dokter, predikant, prokureur, ensovoorts. Jannie was maar baie stil en uiteindelik vra die onderwyser hom omtrent sy pa se werk.
“O, meneer, my pa is ‘n eksotiese danser in ‘n gay club.” Die onderwyser was ‘n bietjie uitgeboul deur die antwoord en sê dadelik die ander kinders aan om sommer inkleurwerk te doen.
Hierop neem hy Jannie eenkant en vra saggies: “Is dit regtig waar omtrent jou pa?”
"Nee, meneer, my pa speel rugby vir die Leeus maar ek was te skaam om dit voor almal te sê.”
VOORTREKKER-PIONIERS (5)
Dr JP Botha
Lees reeks by Voortrekker-pioniers
Vestiging van die Ohrigstadse gemeenskap (1)
Om aan die besluit wat op 6 Mei 1845 deur die vergadering te Potchefstroom geneem is, uitvoering te gee en klaarblyklik ook omdat die onmiddellike handhawing van wet en orde noodsaaklik was, is daar op 30 Julie 1845 op die nuwe dorp ‘n byeenkoms gehou om die regering weer te reorganiseer en ‘n nuwe volksraad op te rig. Die eerste nege lede wat deur die publiek gekies is, het die volgende dag vergader om die ampseed af te lê. Casper Kruger het as president of voorsitter gedien en Jacobus Burger as sekretarius, terwyl Potgieter self ook as volksraadslid ingesweer is.
Tevore is reeds ‘n skrifstuk Regulatien en Instruktien voor den Volksraad van het volk aan Andries Orieg Stad en omliggende land opgestel, wat aan die lede tydens die inswering voorgelees is.
Hierdie Regulatien en Instruktien is op enkele wysigings en ‘n paar toegoegings na ‘n afskrif van die Regulatien en Instruktien wat vanaf 1838 in die Natalse Republiek gegeld het.
PRAAT ASSEBLIEF!
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
Die afgrigter van die onder 9-rugbyspannetjie roep die knapie met rustyd nader en sê: “Luister Jannie, jy ken die beginsels van goeie sportmanskap. Geen geskree op die skeidsregter, geen gevloek op die opponente, geen rondskop van sandemmers of bankies of enigiets so onsportief nie. Verstaan jy my mooi?”
“Ja meneer.”
“Nou goed Jannie, sal jy dit dan nou ASSEBLIEF vir jou ma daar op die kantlyn gaan vertel !”
LEIDING VAN DIE HEILIGE GEES (11)
OPPAS VIR VERLEIERS!
(Lees reeks by Leiding van die Heilige Gees)
J.A. Loubser
Johannes skryf met 'n dringendheid, 'n gevoel dat die wêreld enige oomblik tot sy einde kan kom: "Kinders dit is die laaste uur. Julle het gehoor dat daar 'n antichris kom; en daar is nou reeds baie antichriste". ( 1 Joh 2:18).
Met die koms van Christus het die mens besef dat daar iets eenmaligs aan die gebeur was, dat die wêreldgeskiedenis sy beslissende fase betree het. Die teenstand van die Christendom sou hulle net meer hiervan oortuig. Jesus, en die profete voor hom, het die gelowiges van die begin af gewaarsku dat hulle teenstand sou kry.
As ons vandag na die wêreldhorlosie kon kyk sou ons dalk skrik as ons sien hoe naby ons wêreld aan sy einde is. Die kort uurwyser kon dalk al byna sy volle sirkel voltooi het. Ons weet nie wanneer alles in vervulling gaan nie maar dat daar 'n laaste dag kom, 'n laaste uur en laaste minuut, is seker.
Die ongeveer tweeduisend jaar sedert Johannes sy woorde geskryf het, was moontlik maar 'n vlietende oomblik in God se tydsberekening. Jesus en die Profete het egter gesê dat die laaste tyd herkenbaar sou wees aan die verskyning van antichriste wat sal probeer om die kerk te vernietig.
DIE BYBEL (18)
Lees reeks by DIE BYBEL
MUSIEK
Musiek is so oud soos die mens self. Ons mense sing graag en ons voorgeslagte het ook graag gesing. Ons weet egter net dat die Israeliete gesing het, maar aangesien ons nie opnames het nie, weet ons nie hoe hulle musiek geklink het nie. Dit was waarskynlik meer ritmies as melodies. Ons weet watter soort instrumente hulle gebruik het en kan daarom ‘n effense idee vorm van hoe dit moes klink.
Blaasinstrumente
Daar was natuurlik blaasinstrumente waarvan die bekendste seker die fluit is. Dan is daar die ramshoring wat van ‘n dier se horing gemaak is en ook die trompet wat uit metaal gemaak is.
Snaarinstrumente
Onder die snaarinstrumente het die luit getel. Dit het soos ‘n klein kitaar gelyk, maar was driehoekig onder, met drie snare. Die lier was ‘n soort primitiewe harp. Dan was daar ook die siter (Dan 3: 5, 7).
VOORTREKKER- PIONIERS (4)
VOORTREKKER-PIONIERS IN OOS-TRANSVAAL
Dr JP Botha
Lees reeks by Voortrekker-pioniers
Potgieter verhuis na Ohrigstad (4)
As leier was Potgieter vir hierdie nuwe groot trek by uitstek geskik want ofskoon konserwatief, koppig en afkerig van inmenging van persone van buite (DW Kruger) volgens die oordeel van een van ons vooraanstaande historici, was hy inderdaad ‘n pionier, ‘n beproefde leier op wie staat gemaak kon word, ‘n man van naam in hierdie verband. Niemand het dan ook beswaar gemaak teen sy leierskap by die verhuising self nie. Daar was egter mense, veral van die nuwe intrekkers uit Natal wat Potgieter net wou gebruik as “trekleier” totdat die verhuising sy bestemming bereik het en hom dan wou uitskakel. Hulle wou hom benut om die trek na die nuwe gebied te organiseer en deur te voer en hom dan later uit sy pos lig en deur iemand anders vervang. Hierdie praatjies het Potgieter ter ore gekom en hom diep verontrus. Hy wou nie graag op sy oudag so’n belediging aangedoen word nie en het van die publiek verlang om hom skriftelik te verseker dat so iets nie sou gebeur nie.
DIE MOTORFIETSRIT
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
Twee broers van Kimberley wat gereeld probeer het om al die brandewyn van die aardbol af te drink, kom een aand oorbedien, veral die jongste een, uit die hotel uitgestap.
Hulle moes huistoe ry met Ouboet se motorfiets, een van die modelle wat aan die brand geskop word. Jy moet dan wydsbeen oor die motorfiets staan en ‘n pedaal hard met jou regterbeen aftrap.
Toe Ouboet oor die motorfiets gaan staan, klim Kleinboet sommer dadelik agterop.
DIE MOORDVIRUS (5)
Lees reeks by Die Moordvirus
EJG Norval
VIGS IN SUID-AFRIKA (1)
In die boek 'Facing up to AIDS, the Socio-economic Impact in South Africa', skryf Cross en Whiteside die volgende:
"Whites have portrayed AIDS as a solution to the black population, while blacks regards it as a conspiracy to reduce their numbers. The psychological impact of AIDS in SA, with its divided an mutually suspicious sections, will cast a dark shadow over the era of post-apartheid reconstruction."
Tussen die jare 1986 – 1989 was daar in Suid-Afrika slegs 'n paar MIV-positiewe homoseksuele mans wat die siekte in die VSA opgedoen het, maar daarna het die siekte onder die swart bevolking in Soweto begin posvat. Dit is toegeskryf aan die 'freedom fighters' wat hierdie land geïnfiltreer het om basisse in swart woongebiede te vestig.
Die eerste HIV2-geval en die eerste gevalle van HIV1 het blykbaar in 1988-1989 in Suid-Afrika verskyn. Die NS: Nov 1987 berig dat daar 2 234 MIV-draers in 1987 opgeteken is, maar dat die werklike aantal toe eerder nader aan 15 000 kon wees. Die NS: Julie 1993 berig dat daar teen Julie 1993 sowat 300 000 draers in Suid-Afrika was en dat die getal elke twaalf maande verdubbel het.
KORSIES OP DIE RUGBYVELD (3)
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
SELFSUGTIG!
In ‘n wedstryd vir Transvaal teen Griekwas in 1943 het Hennie Muller, wat bekend was as “Windhond” weens sy geweldige spoed, op ‘n slag ‘n losbal opgepik, en sonder om links of regs te kyk, driekwart van die veld deurgenael vir ‘n skouspelagtige drie onder die pale.
Baie in sy skik met homself stap hy terug, maar die Transvaalse kaptein, Jan Lotz, kyk Muller ontevrede aan en berispe: “Mooi drie, Muller, maar onthou jy het maters by jou!”
18 MEI: WAAROM VERKIESINGS?
Jeanette Koekemoer
18 MEI 2011: 4e MUNISIPALE VERKIESING ONDER DIE ANC – 18 MEI 1938: ALGEMENE VERKIESING
Daar het vandag weer 'n verkiesingsirkus in ons land plaasgevind en mens wonder nie waarom daar niks was om voor te stem nie. Een telefoonkortboodskap wat vandag rondgesirkel het, het dalk in sy grappige gees die werklikheid vasgevang met dié woorde: "Ek het die hele dekselse dag in 'n ry gestaan om te stem en toe ek uiteindelik voor is toe sê die kluite vir my my party staan nie!" Nou ja, as ons nog vir onsself kan dink sal ons besef daar was nie 'n party by die stembus waarvoor gestem kon word nie; nie vir beginsels nie, en nie een vir positiewe ekonomiese omstandighede nie (waarsonder noodsaaklike dienste nie gelewer kan word nie) – die hoofredes waarom 'n verkiesing eintlik plaasvind. Buitendien sou die party wat tans dink hulle is besig om die land te regeer terwyl hulle daarvan niks weet nie, op hulle gewone trant deur middel van korrupsie sorg dat opposisiepartye nie 'n meerderheidstem bekom nie – onthou regter Kriegler se bekentenis oor die "verkiesingsbordeel" waarin hy moes werk toe die land ten alle koste aan die ANC gegee is (en volgens ons internasionale volksvyande wat die toutjies trek sal dit so moet bly, met goeie rede tot húlle voordeel).
DIE BYBEL (17)
Lees reeks by DIE BYBEL
HOE MENSE GEREIS HET
Mense het destyds ook gereis, maar dit het nie altyd so maklik gegaan nie. Ons weet dat Paulus ongeveer 14 000 kilometer hoofsaaklik te voet afgelê het. Jesus het ook heelwat so in sy omgewing rondbeweeg. Abraham het van Ur van die Galdeërs af sak en pak Israel toe gekom.
Daar is met die voet gestap
As jy nie ‘n donkie gehad het nie, was voetslaan jou voorland. Die meeste arm mense het gestap. Dit lyk ook of hulle in groepe gestap het as hulle byvoorbeeld feeste toe gegaan het. Josef en Maria het byvoorbeeld ‘n dag lank gereis voordat hulle agtergekom het dat Jesus nie in die groep is nie.
VOORTREKKER- PIONIERS (3)
VOORTREKKER-PIONIERS IN OOS-TRANSVAAL
Dr JP Botha
Lees reeks by Voortrekker-pioniers
Potgieter verhuis na Ohrigstad (3)
So tref ons dan die kommissie gedurende die winter van 1844 weer aan opreis op die lang ongebaande pad na Delagoabaai, met ‘n aantal ossewaens en gedeeltelik te perd. By Kommissiedrif, net anderkant Rooibokkop, is hulle die Olifantsrivier deur en daarvandaan het hulle in ‘n oostelike rigting getrek oor Magneetshoogte, deur die Steelpoortrivier, Joubertshoogte uit en toe links oor ‘n nek in die berg wat deur Casper Kruger ontdek is en vandag nog as Caspersnek bekend staan.
Ongeveer 24 kilometer verder is die waens onder toesig van sowat die helfte van die reisgeselskap agtergelaat omdat die terrein so moeilik begaanbaar was. Vandaar het Potgieter, Mocke en Vermeulen met die res van die geselskap die tog te perd voortgesit tot in Delagoabaai waar hulle in Julie 1844 aangekom het, gelukkig betyds om Smellekamp wat juis op die punt gestaan het om weer na Holland te vaar, te ontmoet.
KORSIES OP DIE RUGBYVELD (2)
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
ELKE TREE TEL
Hennie Muller se Transvaalspan speel een naweek teen die WP op Nuweland. Een van die WP-manne was Thys du Plessis, wat vroeër vir Wanderers in Transvaal gespeel het. Voor die wedstryd het van die Wanderersspelers in die Transvaalspan ou Thys skertsend gewaarsku dat hulle hom in die wedstryd sou “regsien.”
In een stadium kry Thys die bal en loop dat dit bars. Hy het al ‘n hele ent gevorder toe hy die onheilspellende gedoef van Hennie Muller se tokse agter hom hoor.
VOORTREKKER-PIONIERS (2)
VOORTREKKER-PIONIERS IN OOS-TRANSVAAL
Dr JP Botha
Lees reeks by Voortrekker-pioniers
Potgieter verhuis na Ohrigstad (2)
Toe dit duidelik geword het dat Natal permanent Engels sou bly, het ‘n aansienlike getal Trekkers gereed gemaak om hul gewese tuiste vir goed te verlaat om hulle in die omgewing van Winburg en Potchefstroom-Magaliesberg te gaan vestig. Veral na April 1845, met die aankoms van die Engelse landmetergeneraal in Natal, het die verhuising na die noordweste oor die Drakensberge ‘n algemene verskynsel geword as gevolg van die nuwe bepalings ten opsigte van uitgifte van plase in Natal. Vir die Trekkers het dit geskyn asof die Britse goewerment deur buitensporig hoë grondbelasting die emigrasie wou help bevorder. Stuart meen dat goed tweederdes van die Natalse Trekkers hierdie gebied na die anneksasie verlaat het. Hiervan het die oorgrote meerderheid hulle noord van die Vaalrivier gevestig.
KORSIES OP DIE RUGBYVELD (1)
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
Op die rugbyvelde word korsies gereeld rondgeskop voordat dit geniet word. Hier is ‘n paar daarvan:
Polla en Carel Fourie was twee Sprinbokbroers wat in Uitenhage in die Oos-Kaap groot geword het en onderskeidelik in Suidoos-Transvaal en die OP Springbok geword het. Polla was ‘n harde, vurige flank en Carel ‘n sterk vleuel.
Polla het vir Middelburg gespeel in welke distrik hy ook ‘n plaas gehad het, en op ‘n tyd is hy van beweerde veediefstal beskuldig.
Polla speel een Saterdag op Middelburg vir Suidoos-Transvaal en terwyl die wedstryd aan die gang is, skree ‘n toeskouer vir Polla: “Hei, Polla, jou veedief!”
DIE BYBEL (16)
Lees reeks by DIE BYBEL
GELD
Dr JP Botha
Ons hele ekonomie draai vandag om geld, maar hoe het die mense van destyds gemaak?
Aanvanklik het die hele ekonomie op ruilhandel berus, met ander woorde, mense het produkte geruil. Spoedig het dinge soos diervelle, diere self, skulpe of graan meer waarde as ander items begin kry. In ongeveer die sewende eeu vC is die eerste munt in Listre in Klein-Asië gemaak van ‘n allooi van goud en silwer. ‘n Merk van die koining het die gewig gewaarborg. Die beginsel was dat edelmetale soos goud, silwer en brons volgens hulle gewig as ruilmiddel gebruik kon word. Tot aan die einde van die Ystertydperk (die sesde eeu vC) was ruilhandel nog baie algemeen. Daarna het “geld” (stukkies edelmetaal) begin oorneem. Die eerste Joodse munte dateer terug tot die tweede eeu vC en was van koper en brons gemaak.