Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Om afskeid te neem is dalk die moeilikste opdrag wat die mens voortdurend moet verwerk solank hy hier op aarde leef. Afskeid van geliefde mense sê: aanvaar die pyn en groei daardeur sonder om van binne te sterf en hou 'n dankbare herinnering oor om verder mee te leef sodat jy vir ander mense weer meer kan beteken.
MANDELA NOU KAPOET?
...EN SA-BELEGGERS SIEN DEUR ANC
Ou Kriewelkop
" Mnr Jaap Marais het eenmaal voor 'n afwagtende gehoor gesê: 'In daardie rewolusionêre klimaat gaan julle op 'n dag by die bank kom en 'n briefie op die geslote deur vind wat stel: 'Toe tot latere kennisgewing'. Dan moet julle nie verbaas wees nie; hierdie dinge is oor en oor gesê, dit sál gebeur. ' "
Die kommunistiese ANC-regime is so gewoond aan argelose korrupsie dat hy nie eers besef dat hy sy buitelandse beleggers met oop oë verjaag nie. Maar mens moet darem ook 'n sekere IK besit om dit te kan weet. Dit is maar soos ook Malema se uitgangspunt dat hulle die boere sal vermoor en die grond sommer net vat; die boere is nie nodig nie sê hy want Pick n Pay het heeltemal genoeg kos. Dit is dalk nie net vir houtwerk wat hy 'n F moes kry nie... As die ou spul maar kon sien hoe ons boere hier op die platteland woel om vir Pick n Pay te seëlverpak met bindende kontrakte wat meebring dat die boer wat soms kort van produk raak omdat sy oes op grootskaal van die land gesteel word of soms natuurskade opdoen, daardie beskrewe produk by ander boere moet uitkoop om aan Pick n Pay te bly lewer om sodoende nie kontrakbreuk te pleeg nie. Maar as Malema sê Pick n Pay het nie die boer nodig nie, wie is ons dommes nou om te stry.
Maar terug na beleggers se skokke: Dit was dan ook die geval met die ANC se onlangse poging om Johannesburgse Kelvin-kragstasie aan ‘n Amerikaanse kragvoorsiener, Globeleq, te verkoop. Eskom het homself sleg op 'n teer plek geskok met hierdie argeloosheid. Globeleq is glo hierheen gelok om Kelvin te koop en daar is aan hom voorgehou dat die kragstasie een van die grootstes in Suid-Afrika is, op volle sterkte loop en jaarliks reuse winste oplewer. Maar met die buitelanders se aankoms in Suid-Afrika moes hulle ontdek dat die Kelvin-kragstasie net 25% van sy kapasiteit lewer en ook op die punt is om in duie te stort. Soos die meeste ander stasies. (Vir diegene wat dit nog nie het nie, kry maar sommer gou vir julle die nodige gastoerusting en kragopwekkers).
VOORTREKKER-PIONIERS (15)
Dr JP Botha
Lees reeks by Voortrekker-pioniers
DIE BUITELANDSE HANDEL MISLUK (2)
Intussen het die volksraad, in weerwil van die mislukking van die ekspedisie van 1847, die hoop om ‘n vliegvrye pad na Delagoabaai te vind, nie laat vaar nie en onderwyl die Animo onderweg na die suide was, planne beraam om weer ‘n ekspedisie na die kus te stuur om met behulp van Joas se volk ‘n veilige pad na die baai te soek. Hulle was van plan om tot by Inhambane deur te dring, om ook die handelsmoontlikhede daar te ondersoek.
Die kommissie wat ook onder andere Jacobus Burger, Dawid Joubert en Carolus Trigardt ingesluit het, het aan die begin van 1848 op hulle reis vertrek en was so gelukkig om in Delagoabaai aan te kom op dieselfde tydstip waarop die Animo, van wie se koms hulle natuurlik geen kennis gedra het nie, aldaar anker gewerp het. Hulle kon dus eindelik persoonlik met Smellekamp in aanraking kom.
Van handel was daar egter geen sprake nie.
'N KERSNAGGEBED
Nog 'n pragtige gedigte by Gedigte
deur C Louis Leipoldt
Bedaar, O Heer, die hartstog wat tot haat
Teen broer en buur wil opbruis as ek vind
'n Vriend nie meer tot vriendewerk gesind,
'n Maat van ouds nie meer my troue maat;
Skenk my die krag om, wat ook wissel en kwyn,
Die jare deur as mens getrou te bly,
En sonder trots en sonder huigelary
My plig te doen voordat my dag verdwyn;
WIE IS DIE GROOTSTE RASSEHATERS?
VOLKSSTUDIES (1/4)
Lees reeks by Volksstudies
Ds. André van den Berg
4.1 Valse skulderkenning
Blankes is oor die algemeen katvoet vir die woord rassisme. As hulle daarvan beskuldig word, slaan baie soos 'n oester toe wat natuurlik op ‘n skulderkenning neerkom. Sulke misplaaste skulderkennings doen ons volk oneindige skade aan want daardeur maak ons sagte teikens van onsself.
Vir die ANC-regime is daar skynbaar geen groter oortreding as rassisme nie en skyn selfs erger as moord, roof of verkragting te wees. Gevolglik neem baie blankes 'n apologetiese houding in van: "Noem my enigiets anders, maar asseblief net nie 'n rassis nie! "
4.2 Geen gelyke nie!
Rassehaat is ‘n feit soos ‘n koei en swartes die skuldigste daaraan. Die ANC-regime is ‘n sprekende voorbeeld hiervan. Eendersyds vind hulle dit skynbaar moeilik om sekere misdadigers wat aan ‘n bepaalde ras behoort te eien. Andersyds vind hulle dit geensins moeilik om rassehaters uit te wys nie, want hulle is dan almal blank!
MALEMA DRYF REWOLUSIE NA PUNT
TLU SA
Grondbesettings
WEES BLY JY'T NIE GESPEEL!
KORSIES OP DIE RUGBYVELD (5)
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
In Skotland se wedstryd teen Engeland in 1938 het die Skotte ‘n roemryke oorwinning van 21-16 op die Engelse heiligdom, Twickenham, behaal. Die Skotse held van die dag was Wilson Shaw wat die span aangevoer het en boonop twee skitterende drieë gedruk het waarin die Engelse verdedigers op streep agter hom bly lê het. Hy was ongetwyfeld die man van die wedstryd en is na die eindfluitjie skouerhoog deur sy spanmaats van die veld gedra.
Na die wedstryd het Shaw gaan stort en aantrek, en toe hy die teekamer binnestap, het hy langs ‘n ou Engelse omie gaan sit. Hy het gedink hy sal maar die oom se dag maak en met hom ‘n geselsie aanknoop.
“By golly, it was really hot out there today,” begin hy met die ou oom gesels.
Waarop die oubaas antwoord: “Yes, but aren’t you lucky you weren’t playing!”
VOORTREKKER- PIONIERS (14)
Dr JP Botha
Lees reeks by Voortrekker-pioniers
Die buitelandse handel misluk (1)
Soos reeds vermeld, was een van die vernaamste oogmerke wat die Boere hulle met die verhuising na Ohrigstad gestel het, die opbou van gesonde en gereëlde betrekkinge met die buiteland oor die Portugese hawe Delagoabaai. Die 'vrye weg naar see', sodat hulle sonder enige belemmering met die nie-Britse wêreld, insonderheid hulle ou stamland Nederland, handels- en ander betrekkinge kon aanknoop, was hulle hoofdoel. Om dit te bereik, moes hulle egter ‘n goeie handelsweg na die baai vind en dit was juis die knoop: Die streek wat hulle van die baai geskei het, was besmet met malaria en tsetsevlieë en was bowendien bewoon deur vyandiggesinde naturellestamme wat vir hulle ‘n voortdurende bedreiging gevorm het. Vir die Boere het die daarstelling van ‘n gereelde verbinding met die buiteland dus in die eerste plek beteken die ontdekking van ‘n veilige en gesonde weg na die Portugese hawe, Lourenco Marques. Daaraan het hulle hul dan ook van die staanspoor af gewy.
PA-STAAN...
KORSIES OP DIE RYGBYVELD (5)
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
Een naweek, vroeg na 1900 gaan speel Petrusburg op Boshof en soos gewoonlik maak die manne sommer ‘n groot kuiergeleentheid daarvan. So twee maande later kry een van Petrusburg se manne opdrag van die landdros om hom te kom sien. Die landdros vertel hom dat ‘n meisie van Boshof laat weet het sy is swanger en dat die speler die pa van die baba is. Hy kry toe geleentheid om op Boshof sy saak te gaan stel.
Die speler beraadslaag met sy kaptein, en die dag met die hofsaak op Boshof is al sy spanmaats saam met hom in die hof om hom te ondersteun.
SKEIDING BRING VREDE
VOLKSSTUDIES (1/3)
Lees reeks by Volksstudies
Ds. André van den Berg
Swart Afrika se onverskillige sug na onafhanklikheid het hom nie net van sy eertydse koloniale bewind bevry nie, maar ook van vrede. Nadat die koloniste uit Afrika verdryf is, het burgeroorlog in die meeste lande uitgebreek en miljoene lewens geëis. Tot vandag toe nog ervaar min swart lande vrede. Vrede is net so skaars in Afrika as Nazi-sentimente in Jerusalem!
Suid-Afrika is ‘n sprekende voorbeeld hiervan. Die misdaadsyfer het in die eerste vyf jaar van swart bewind met 770 % gestyg! Dis alles te wyte aan die gewese Nasionale Party en huidige NG Kerk se aandrang om die ANC en sy onheilige bedmaats in 1990 te ontban. Dit was die begin van die einde van vrede vir ons! Die geweld en wanorde wat die swart bedeling gebring het, het die Boerevolk wreed ontnugter - presies die teenoorgestelde as wat vanaf ontspoorde kansels en verraderlike politieke podiums aan ons voorgehou is. Die blanke Eva is deur die politieke-kerklike slang verlei om haar rug op die paradyslewe te draai.
3.2 Vredesdemonstrasies
Die swart geweldsbedeling was vir baie van die verraderlike politici ‘n groot verleentheid waaraan hulle iets dringends moes doen. Veelrassige vredesdemonstrasies was die antwoord.
ERKEN RASSEVERSKILLE!
VOLKSSTUDIES (1/2)
Lees reeks by Volksstudies
Ds. André van den Berg
"Disraeli het ook gewaarsku dat elke ras wat toelaat dat sy bloed vermeng raak, verdien om ten gronde te gaan."
2.1 ‘n Teenstrydigheid
Rasse verskil nie net in velkleur van mekaar nie. Rasseverskille lê baie dieper as dit. Die miskenning van hierdie verskille is een van die hoofredes vir die voortslepende chaos en wanorde in ons land. Suid-Afrika is ‘n daaglikse toneel van verskeurdheid, onversetlikheid en rassehaat. Die ANC
Terwyl feitlik elke nuusberig oor die werklikheid van rasseverskille berig, bepaal die nuwe grondwet dat daar geen onderskeid op grond van ras gemaak mag word nie. Dit skep ‘n onhoudbare situasie. Selfs buitelandse nuusmedia berig toenemend oor die werklikheid van rasseverskille. Dis immers 'n Godgegewenheid waarmee deeglik rekening gehou moet word. Die minagting daarvan maak rassebotsings onafwendbaar.
2.2 Aanskouingslesse
RASSE- VERMENGING - ‘N DODELIKE VERGISSING
Die wêreld het al dikwels slimgeleerde mense opgelewer wat dom dinge aangevang het. Hierdie mense het ‘n sekere lewensrigting ingeslaan wat vir hulle reg gelyk het en hulle fout eers agtergekom toe dinge begin skeefloop het. Ongelukkig het baie van hulle soveel openbare aansien geniet, dat dit die dwaasheid van hulle mistastings verberg het! Daarbenewens was hulle ook te trots om hulle fout te erken en te red wat daar te redde was.
As ‘n mens nie met God se Woord rekening hou nie, is vergissings onvermydelik. As jy nie gaan bid en waak soos wat die Bybel sê nie, kan jy maklik gif vir ‘n geneesmiddel en ‘n anker vir ‘n reddingsgordel aansien! In Jer.17:9 waarsku die profeet nie verniet nie: "Bedrieglik is die hart bo alle dinge, ja, verdorwe is dit; wie kan dit ken?" .
Een van die dodelikste vergissings van alle tye word op die gebied van die staatkunde gevind. Baie mense glo dat ‘n staatsbeleid van rassevermenging ongekende vrede en voorspoed vir ‘n land bring. Die teenoorgestelde is eerder waar - oral waar rassevermenging as politieke model in die wêreld gevolg is, het vrede en voorspoed gewyk.
Ten spyte van al die aanskouingslesse deur die eeue ywer dwase politici en ontspoorde kerklui nog steeds vir ‘n rasvermengde hemel-op-aarde bedeling.
MALEMA DREIG BLANKES - AL WEER!
Soos aangedui op hierdie webwerf sit ons die politieke stryd hier voort op 'n nie-partypolitieke wyse om só kulturele mag vir ons volk te help bewerk sodat hy homself kan handhaaf in die hoop dat dié kulturele mag een of ander tyd in die toekoms sal oorvloei in politieke mag na die hande van ons volk. Daarom plaas ons soms mediaverklarings met aktuele inhoud van ander instansies in die hoop dat dit ons volk se ore sal bereik en hulle aanspoor om die stryd te bly stry.
Afrikaner Volksparty
MEDIAVERKLARING
MALEMA SE DREIGEMENT AAN BLANKES OP JEUGDAG
In Beeld van 16 Junie 2011 verskyn uitlatings wat die jeugleier Julius Malema gemaak het tydens sy toespraak op Jeugdag. Ons haal uit die berig aan:
“Hy het spesifiek verwys na wit mense se afkeer van grondhervorming en regstellende aksie. Volgens hom is wit mense van nature rassisties.
Die ANC-jeugleier het regeringsbeleid en die ANC-leiers se “politieke onwilligheid” om rykdom doeltreffend te herverdeel tydens die openingsrede van die ANC-jeugliga se nasionale konferensie in Gallagher Estate in Midrand fel gekritiseer.
Malema het twee keer gevra of die huidige ANC-leiers regtig die moed en ideologiese ingesteldheid het om wit kapitaal en mynhuise aan te pak.
"Ons weier om langer so te lewe. Grond moet sonder vergoeding afgeneem word, maar sonder geweld en oorlog en eerder met ons politieke mag".
VOORTREKKER-PIONIERS (13)
Dr JP Botha
Lees reeks by Voortrekker-pioniers
Die skeuring in die gemeenskap (4)
Ofskoon die hoofkommandant hom oënskynlik nie veel aan die lasterpraatjies gesteur het nie, het sy aanhangers soos JFS Tredoux ook nie geaarsel om die volksraad steeds by die publiek in ‘n slegte lig te stel nie, met ‘n ruime mate van sukses. Só min ondersteuners het die raad sedert die “vrede” geniet dat sy ledetal nooit weer na meer as 16 uitgebrei kon word nie. Die praatjies van persone soos JFS Tredoux, as sou die raad die publiek verraai het, het die aansien en gesag van die volksraad sodanig laat kwyn dat dit later moeilik geword het om kandidate vir die raadsverkiesings te vind. Gedurende die laaste dae van die bestaan van die volksraad te Ohrigstad, het lede selfs begin weier om langer diens te doen as gevolg van periodieke beledigings wat hulle van persone uit die publiek tydens sittings moes verduur.
Vir Potgieter was hierdie getwis hoogs onaangenaam. Hy het hom egter stil gehou en in afwagting van Smellekamp hom gereed gemaak om ‘n ekspedisie na die noorde te onderneem.
HEMEL OF HEL? MAAK JOU KEUSE! (6)
Ds AE vd Berg
Lees reeks by HEMEL OF HEL? MAAK JOU KEUSE!
HET JY 'N BRUILOFSKLEED AAN?
"In Milaan is daar ‘n katedraal met drie ingange en drie opskrifte. Bokant die eerste staan daar geskryf ALLES WAT BEHAAG, IS MAAR VIR ‘n OOMBLIK. Bokant die tweede ALLES WAT HINDER, IS MAAR VIR ‘n OOMBLIK. Bokant die hoofingang verskyn die woorde: SLEGS DIT WAT EWIG IS, IS BELANGRIK."
Skrif: Mt.22:1-14
“En hy sê vir hom: Vriend, hoe het jy hier ingekom sonder ‘n bruilofskleed aan? En hy kon geen woord sê nie. Toe sê die koning vir sy dienaars: Bind sy hande en voete, neem hom weg en werp hom in die buitenste duisternis. Daar sal geween wees en gekners van die tande” (:12,13).
As die mensdom net besef hoe vernietigend sonde is, sal geen mens die bekering as ‘n opsie oorweeg nie maar as ‘n vereiste beskou! Sonde verteer die mens soos ‘n kanker van binne.
TOTIUS SE DORINGBOOMPIE
Nog gedigte by Gedigte
Ons kan gerus wees 'n slag kennis neem van Totius se treffende beskrywing van wat die Britse ryk in die Tweede Vryheidsoorlog die Boerevolk aangedoen het:
Vergewe en vergeet
Daar het ‘n doringboompie
vlak by die pad gestaan,
waar lange ossespanne
met sware vragte gaan.
En eendag kom daarlangs
‘n ossewa verby,
wat met sy sware wiele
dwars-oor die boompie ry.
LEKKERLIEG
KLEINJAN SE STORIE
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
(Kennis van Engels is nie ‘n vereiste vir die lees hiervan nie maar u moet volkome tweetalig wees!)
Jy weet, many moons ago toe ek ‘n laaitie was het my outoppie met ‘n ’53 – Pontiac getravel. Dit was nog ‘n straight eight met agt merske groot pistons, amper die size van melkbottels se onderkante.
Nou op een van ons outings breek die Pontiac mos ‘n valve so 20 kys van die plaas af. Nou soos ek jou ge-tune het, was my toppie nie ‘n loser soos hierdie laaities van vandag nie, no ways ou tjom, hy was ‘n fighter! Hy het mos nie verniet agt laaities gehad voor my boet Giepie vir ‘n grand surprise gesorg het nie. Kyk ou Giepie was mos ‘n oorstootdrie in beseringstyd vir die outoppie en my oulady.
Anyway, die toppie stuur chop-chop twee van die oudste laaities in die bloekombos langs die pad in om vir ons elkeen ‘n lekker dropper te kap terwyl ons ander laaities help om die bonnet af te haal en op die carrier vas te maak.
Volgende is die tools by en ons remove die cylinder heads en pak hulle in die boot, sommer op die suitcases.
MY STRYD (7) SLOT
Lees reeks by My Stryd
Ds AE vd Berg
SWAK BESKERMINGSDIENSTE
1. Die SA Polisiediens (SAPD)
‘n Polisiemag wat sy sout werd is, sal daadwerklik misdaad beveg sodat wetsgehoorsames in rus en vrede
Ongewenste plante word nie uitgewis deur hul blare af te breek nie. Dit moet met wortel en tak uitgeroei word. Ongelukkig gebeur dit nie in my land nie. Die geweld wat ons nou al vir etlike jare teister, is deel van die regering se politieke mondering. Daarom word die misdaadepidemie nie hokgeslaan nie. Een van die hoofredes is die uiters swak mensemateriaal in ons beskermingsdienste. Kundiges word doelbewus oor die hoof gesien, terwyl onbevoegdes in deskundige poste aangestel word.
Baie van die onbevoegdes het nie eens hul hoërskoolopleiding voltooi nie en derhalwe nie in staat om ‘n verklaring af te neem nie. Selfs die SAPD se blitspatrollie met hul 10111 noodlyn wat eers die juweel van die ou polisiemag was, het ‘n bespotting geword. Dit word dikwels deur onbevoegdes beman wat beswaarlik die vermoë het om noodoproepe na die regte afdelings te herlei. Dis nou indien hulle dit wel beantwoord.
GENERAAL DE WET
Jan F.E. Cilliers
Nog pragtige gedigte by Gedigte
Stil, broers,
daar gaan 'n man verby,
hy groet,
en dis verlaas.
Daar's nog maar één soos hy;
bekyk hom goed.
Die oog,
nou dof en weggesink,
soos vuurvonk kon hy blink -
KRUGER
Jan F.E. Cilliers
Nog pragtige gedigte by Gedigte
Soos 'n berg, ongebuk,
breed en bonkig van stuk,
dis hy!
Die gelaat, hap vir hap
uit die kranse gekap,
elke kerf, elke knou
harde noodlot se hou;
elke moet, elke merk
vryheidsvyand se werk,
dis hy!
PRESIDENT STEYN
Jan F.E. Cilliers
Nog pragtige gedigte by Gedigte
Dis skoon vir 'n held om te val
aan die voete van wie hy gedien het,
skoon vir sy skeidende gees
dat moeders die laaste mog wees
wat sy sterwende oog gesien het.
Maak hom 'n graf op die grond
wat sy liefde gewy en geseën het:
dis skoon vir 'n held om te rus
aan die voete van wie hy beween het.