NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Ons sê dikwels ons het nie tyd gehad nie; jammer, ek kon dit of dat nie ook nog inpas nie. God het ons AL die tyd van ons lewe gegee, ure, dae, jare, alles om tot ons beskikking te vul. Bring jou tyd na Hom toe, en Hy sal sorg dat jy dit reg gebruik.

ADINA SE BRIEWE (13)

Dr JP Botha

Lees reeks by Adina se briewe

Was alles tevergeefs?

Net 'n dag nadat Adina haar vorige brief aan Rabbi Efraim geskryf het oor die kruisiging van die Here Jesus, het sy weer 'n volgende een aan hom geskryf.  Sy het nog nie geleentheid gehad om die vorige twee briewe, wat sy so kort na mekaar opgestel het, met 'n trekkaravaan na Alexandrië te pos nie.  Rabbi Efraim kon dus nog nie op sy dogter se vorige twee briewe antwoord nie.  Adina het, nadat die sabbat op die Saterdagaand verby was, weer aan hom geskryf:

Aan my hooggeagte Vader

Noudat die liewe en wonderlike Jesus se haatlike vyande hul sin gekry het en hul doel bereik het om Hom te vermoor, sal ek nooit weer enige agting koester of respek betoon of eerbied voel vir hierdie klomp priesterhoofde, skrifgeleerdes en Fariseërs van Jerusalem se Sanhedrin nie.  Ek sluit al die ou ongelowige Sadduseërs ook in.   Ons het hulle vroeër hoog geag as die godsdienstige leiers van ons volk, wat aan ons gewone mense koers en rigting moes gee in ons aanbidding van ons God, Jehova.  Pappa, sulke leiers moet eerlik, opreg, barmhartig, liefdevol en genadig teenoor hul minderes optree en hulle nie vals, oneerlik, leuenagtig en wreed behandel nie.  Jesus was reg toe Hy gesê het hulle gee voor dat hulle heilig en vroom is, maar dan doen hulle agteraf die agterbakste dinge.  Hulle is witgepleisterde grafte, vol doodsbeendere.  Hulle voel nou seker baie selfvoldaan en in hulle skik dat hulle daarin geslaag het om die goddelike Jesus  -  want ek glo nog dat Hy meer was as 'n mens  -  aan 'n Romeinse vloekhout te laat sterf.

Pappa, u wat hulle so hoog aanskryf, sal seker baie geskok voel om hierdie woorde van my te lees, maar ek glo nog u sal uiteindelik met my saamstem as ek vir u nog meer van hulle streke vertel.  Hulle het gedink dat toe hulle Jesus aan die kruis laat vasspyker het,  hulle heeltemal klaar met Hom was.  Daar is gelukkig een van hulle wat baie opreg is.  Sy naam is Josef en hy woon hier naby in die klein dorpie Arimatea.  Hy het na Pilatus toe gegaan met die vriendelike versoek dat die goewerneur moes toestem dat hy Jesus se liggaam van die kruis gaan afhaal en in 'n behoorlike graf gaan begrawe.

'n Endjie onderkant daardie moordkoppie lê 'n stuk grond met 'n mooi tuin daarop.  Dit behoort aan Josef.  Hy het vroeër hier in die sagte sandsteen vir homself 'n ruim graf laat uitkap.  Hy en sy helpers het Jesus se liggaam in hierdie nuwe graf neergelê.

Ek is seker goewerneur Pilatus se gewete het hom die vorige nag maar min rus gegun.  Hy het mos gister die dringende versoek van sy vrou verontagsaam, om tog niks te doen te hê met die regverdige Jesus nie.  Ek dink hy het Vrydag toe Jesus gekruisig is, al baie spyt gekry dat hy dit toegelaat het,  want hy het daardie middag 'n soldaat na Golgota gestuur, wat 'n naambordjie boaan Jesus se kruis geheg het.  Daarop staan in drie tale geskryf:  "Jesus die Nasarener, die Koning van die Jode."

Van die Fariseërs wat hulle daar by die kruis gaan verlekker het om Jesus daar te sien hang, het dadelik afgesit na die goewerneur toe en ewe astrant geëis dat die woorde op die naambordjie verander moes word.  Volgens hulle moes daar nie gestaan het, "Hy is die Koning van die Jode" nie, maar "Hy het gesê Hy is die Koning van die Jode."

Pilatus het glo vir hulle gesê:  "Kyk hier, wat ek geskryf het is finaal en klaar.  Ek is nou moeg vir julle klomp Jode se gesanik.  As julle maar 'n koning gehad het soos daardie Man; maar julle is dit nie werd nie."

Pappa sien die goewerneur weet baie goed dat hy toegelaat het dat Jesus gekruisig word, terwyl Hy geheel en al onskuldig is.  Daaom het hy vir Josef van Arimatea ewe vriendelik te woord gestaan en hom toestemming gegee om Jesus se gebroke liggaam van die kruis af te verwyder.  Toe Josef 'n rukkie later met hulp daar opdaag, was ons al weg.  Maria Magdalena en Maria was nog daar.  Hulle is saam met Josef na die nuwe graf 'n entjie laer af en het hom gehelp om Jesus se liggaam te versorg, voordat hulle Hom daarin neergelê het.  Daarna het Josef met hulp 'n groot ronde klip voor die ingang van die graf gerol.  Maria Magdalena en Maria het nog 'n rukkie by die graf vertoef en toe huis toe gekom en vir ons vertel wat daar gebeur het.

Josef het vir hulle vertel dat die dissipel, Judas Iskariot, wat vir Jesus verraai het, selfmoord gepleeg het.  Hy het glo, toe hy sien dat hulle Jesus gaan doodmaak, baie spyt gekry oor sy daad.  Hy het na die owerpriesters en die ouderlinge gegaan en vir hulle sy verraaiersloon teruggebring en gesê:  "Ek het 'n Man wat heeltemal onskuldig is, verraai.  Neem asseblief die geld terug en laat Hom los."  Maar hulle het hom toegesnou:  "Ag loop, jou verraaier!  Ons sal met Hom maak net wat ons wil.  Maak dat jy wegkom!"  Toe het Judas die geld net daar neergesmyt en homself in die veld gaan ophang.  Daar was vir hom geen genade meer nie.

Jesus se aartsvyande was na sy begrafnis nog nie met Hom klaar nie.  Hulle het vroeg die volgende môre  -  dit was Saterdag, die sabbatdag  -  weer met 'n deputasie by die goewerneur opgedaag.  Pappa, hoor net watter vroom storie dis hulle toe vir hom op:  "Geagte goewerneur, ons herinner ons dat toe daardie bedrieër nog geleef het, het hy meer as eenmaal vertel dat as hy doodgemaak word, hy na drie dae weer lewendig sal opstaan.  Sy dissipels weet goed dat hy so gesê het en ons is seker hulle gaan probeer om sy liggaam te steel, om dan rond te vertel dat hy opgestaan het.  Dink net daaraan watter groot bedrog dit dan nie sal wees nie.Ons vra asseblief dat u die graf moet laat verseël en dit vir drie dae lank deur wagte laat bewaak."   Pilatus het aan hulle versoek voldoen.  Die graf is verseël en word deur 'n paar soldate bewaak.

Die vier dissipels, Johannes, Jakobus, Petrus en Andreas, het vandag in die stad na die ander dissipels gesoek.  Hulle het met Jesus se gevangeneming gevlug en uit vrees vir die Fariseërs gaan wegkruip.  Johannes hulle het hulle almal opgespoor.  Oom Simon huisves hulle vannag in die groot bokamer, waar hulle saam met Jesus die paasfees gevier het en Hy die nagmaal ingestel het.

Pappa, ek het my vandag al menige kere afgevra of alles dan tevergeefs was.  Waarom is Jesus se geboorte dan deur 'n engel aangekondig?  Het dit nie iets spesiaals beteken nie?  Waarom moes Hy gister soos 'n misdadiger aan 'n kruis sterf, nadat Hy soveel wondere verrig en soveel goed aan mense gedoen het?  Het dit dan geen betekenis nie?  Hy was een van Jehova se grootste profete, maar Hy is deur die volksleiers verwerp.  Ek sal die Here altyd dank dat ek Hom ook 'n rukkie lank geken het en my in sy volmaakte liefde kon verbly.  Ek sal Hom nooit vergeet nie.

Van u hartseer dogter   Adina.

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 14103 gaste aanlyn